Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en
'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs al maak jy die eksamen vroeg klaar, jy NIE toegelaat sal
word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe take wat
met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die
eksamen sal die normale eksamenreëls oor die verlating van die
eksamenlokaal geld.
2. As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is,
moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word.
3. Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan
jou verduidelik is.
4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
nie, verwyder NIE.
5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NÁ AFLOOP
VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die
einde van die eksamen by die toesighouer in.
6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar
wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n
ander kopie vra.
7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.
11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word.
12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings
en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.
13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.
14. Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
15. Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as 'n punt ('.') gestel is
en die lys-skeikarakter ('list separator') as 'n komma (',') gestel is. Nov
16. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat
formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
aan die bestaande data gemaak word.
17. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
HTML-vraag te beantwoord NIE.
18. Die rame ('borders') wat rondom prente en skermkopieë in hierdie vraestel
verskyn, is bedoel vir duidelikheid. MOENIE rame invoeg NIE, tensy daar 'n
instruksie is om dit te doen.
19. Gebruik die korrekte instellings of eienskappe in die toepassingsprogram
('app') soos deur 'n vraag vereis.
20. Die datalêers wat jy nodig het om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee
op die skyf/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken
is. Die lêers word in die vorm van 'n wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer
verskaf.
Doen die volgende:
Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer:
CAT P1 Nov 2024 DATA.exe
Klik op die 'Extract'-knoppie.
Klik die 'Show Password'-merkblokkie.
Sleutel die volgende wagwoord in: N#24@
Nadat dit onttrek ('extracted') is, verifieer die inhoud van die lêergids ('folder')
deur een of meer lêers oop te maak.
Vee die .exe-lêer uit.
Sodra die inhoud van die lêers geverifieer is, hernoem ('rename') die gids
('folder') CAT P1 Nov 2024 DATA met jou eksamennommer.
Die lys met lêers ('files') op die volgende bladsy sal in die lêergids ('folder')
beskikbaar wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1Back Prent
1Solar Woordverwerkingslêer
2Moon Woordverwerkingslêer
3Sales Sigblad
4Shows Sigblad
5Events Sigblad
5Inventory Databasis
5Logo Prent
6_1Button Prent
6_1Galaxy Prent
6_1Gift Prent
6_1Star HTML
6_2Mars HTML
6_2Planet Prent
7Chart Woordverwerkingslêer
7Envelope Woordverwerkingslêer
7Inventory Sigblad
7Members Sigblad
7Stock Sigblad
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
SCENARIO
Daar is baie sterre en planete in die sonnestelsel, onder andere asteroïede, komete en
meteoriete. Die buitenste ruimte is die area direk buite die Aarde se atmosfeer. Baie
mense het na die ruimte en na die maan gereis.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
Maak die 1Solar-woordverwerkingsdokument oop, wat inligting oor ons sonnestelsel
bevat.
Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van die dokument in.
1.1 Redigeer die outeureienskap ('author properties') om jou eksamennommer te
vertoon. (1)
1.2 Verander die skaduwee-effek ('shadow effect') vir die styl 'Solar' na enige blou
kleur en verander die afstand ('distance') na 50 pt vanaf die teks. (3)
1.3 Maak seker dat die opskrif '4. The solar system …', paragraaf en prent altyd
bymekaar bly. (1)
1.4 Voeg 'n kruisverwysing ('cross-reference') in op die teks 'Question/Vraag 1.4'
wat na die 'Venus'-boekmerk gaan. (2)
1.5 Vind die woord 'NASA' en voeg 'n eindnota ('endnote') soos volg op die
woord in:
Pas die 'a, b, c, …'-nommerformaat toe.
Voeg die eindnota-teks 'America' by. (3)
1.6 Redigeer die prent onder die opskrif 'Planets:' om soos volg te vertoon.
LET WEL:
Die dikte van die prent se raam is 3 pt.
Ignoreer die kleur.
(4)
1.7 Skakel die teks onder die opskrif 'Differences between the …' na 'n tabel om
en pas enige List Tables-styl daarop toe. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.8 Formateer en verander die huidige lysstyl ('current list style'), 'Planets', van die
lys wat met '1. Mercury: …' begin en met '… 14 known moons.' eindig, om soos
in die voorbeeld hieronder te vertoon.
(3)
1.9 Voeg bladsynommering soos volg by die bladsyonderskrif ('footer'):
Voeg outomatiese bladsynommers in die formaat Page X of Y in.
Stel ongelyke ('odd') bladsynommers links in lyn en gelyke ('even')
bladsynommers regs. (4)
1.10 Voeg die 1Back-prent as 'n watermerk op slegs die laaste bladsy in. (2)
Stoor en maak die 1Solar-dokument toe. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Maak die 2Moon-woordverwerkingsdokument oop, wat inligting oor die maan bevat.
Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van die dokument in.
2.1 Voeg die Slice (Dark)-voorblad ('cover page') in en verwyder die addisionele
inhoudskontrole ('content control'), behalwe die titel. (2)
2.2 Verander die lynspasiëring van die paragrawe wat met 'Introduction' begin en
met '… Moon since then.' eindig na presies ('exactly') 20 pt met 'n hangende
inkeping ('hanging indent') van 1 cm. (3)
2.3 Soek en vervang al die voorkomste van die presiese woord 'planet' met 'n
kleinbokas('small caps')-effek-formatering en lig ('raise') die posisie van die teks
met 3 pt. (3)
2.4 Voeg 'n outomatiese bibliografie onder die teks 'Question/Vraag 2.4' in die
APA-styl in. (2)
2.5 Vind die teks onder die opskrif 'Moon Phases for 2024' en formateer die teks
om soos hieronder te verskyn.
(4)
2.6 Verander die bladsyoriëntering ('page orientation') van slegs die laaste bladsy
na landskap ('landscape'). (2)
2.7 Vervang die tekswatermerk met die-simbool (Webdings-karakterkode 224)
met 'n 800 pt-grootte. (3)
2.8 Voeg die lêerpad ('file path') by bladsyonderskrif ('footer') van die dokument. (1)
Stoor en maak die 2Moon-dokument toe. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3: SIGBLAD
LET WEL:
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander waardes in die bestaande data.
Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
datalêer toegeken is.
Maak die 3Sales-sigblad oop, wat inligting bevat oor die gewildste produkte wat
gedurende September 2024 deur die SPACE OUT-winkel verkoop is.
Werk in die Target-werkblad.
3.1 Skuif die Target-werkblad na 'n nuwe werkboek. Stoor die nuwe werkboek as
3Target in jou eksamenlêergids. (2)
Stoor en maak die 3Target-sigblad toe.
Werk in die Sales-werkblad.
3.2 Voeg kommentaar ('comment') in sel A1 in met die teks 'Popular'. (1)
3.3 Voeg 'n funksie in sel D3 in om die prys te vertoon van die goedkoopste produk
wat verkoop is. (1)
3.4 Voeg 'n COUNTIFS-funksie in sel D5 in om te bepaal hoeveel produkte 'n
'delivery'-versendingsmetode met 'n totale koste van R1 000 of meer het. (4)
3.5 Voeg 'n kombinasie van funksies in sel A12 in om 'n kwitansienommer vir die
'Galaxy (T-shirt)'-produk te skep.
Die kwitansienommer word soos volg geskep:
Die dag van die maand waarop die produk gekoop is, gevolg deur
Die eerste drie letters van die produk, gevolg deur
@SO (5)
3.6 Voeg 'n formule in sel F11 in om die totale BTW (15%) betaalbaar op die prys
van die produk wat verkoop is, te bereken. (3)
3.7 Pas 'n sigbladeienskap op kolom G toe om al die selle met 'n geel agtergrond-
vulkleur ('fill') te vertoon, waar die versendingsmetode dieselfde is as die keuse
wat in sel H3 gemaak is. (5)
Stoor en maak die 3Sales-sigblad toe. [21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: SIGBLAD
LET WEL:
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander waardes in die bestaande data.
Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
datalêer toegeken is.
Maak die 4Shows-sigblad oop, wat inligting bevat oor die planetariumvertonings wat vir
November 2024 tot Desember 2024 by die SPACE OUT-winkel bespreek is.
Werk in die Sheet1-werkblad.
4.1 Hernoem Sheet1 tot Shows. (1)
4.2 Voeg 'n funksie in sel D3 in om die vierde hoogste getal mense te bepaal wat
'n vertoning sal bywoon. (2)
4.3 Voeg 'n funksie in sel D5 in om die totale getal mense te bereken wat die
'Milky Way'-vertonings sal bywoon. (3)
4.4 Voeg 'n funksie in sel C10 in om die sessie van Pieterse, B te bepaal. Gebruik
die vertoningtyd en die Session-werkblad. (4)
4.5 Voeg 'n formule in sel D12 in om die getal dae vanaf die huidige datum totdat
die vertoning begin, te bepaal. (2)
4.6 Die finale koste word bereken deur die koste per persoon met die getal mense
te vermenigvuldig, en dan afslag te gee, indien van toepassing.
Afslag word soos volg gegee:
Indien die sessie 'n 'morning'-sessie is en die organisasie 'n 'school' is, word
5%-afslag gegee.
Indien die organisasie 'n 'business' is, word 3%-afslag gegee.
Geen afslag word in alle ander gevalle gegee nie.
Voeg 'n geneste IF in sel J10 om die finale koste te bereken. (7)
Stoor en maak die 4Shows-sigblad toe. [19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 5: DATABASIS
Die databasis bevat inligting oor die SPACE OUT-winkel se werknemers, klante en
voorraad.
Maak die 5Inventory-databasis oop.
5.1 Maak die tbl5_1-tabel in ontwerpaansig ('Design View') oop en redigeer dit
soos volg:
5.1.1 Redigeer die veldeienskappe ('field properties') van die Name-veld
sodat die naam in hoofletters sal vertoon. (1)
5.1.2 Verander die IDNo-veld soos volg:
Maak seker dat 'n werknemer slegs een keer ingevoer kan word.
Redigeer die veldgrootte ('field size') om 'n Suid-Afrikaanse
ID-nommer sonder spasies te aanvaar. (2)
5.1.3 Voeg 'n valideringsreël ('validation rule') vir die StartDate-veld in om
seker te maak dat slegs geldige datums soos volg ingevoer word:
Die maatskappy het op 1 Junie 2021 begin.
Werknemers kan nie ná die huidige datum aangestel word nie.
Voeg 'n gepaste valideringteks ('validation text') by. (4)
5.1.4 Verander die opsoek-eienskappe ('lookup properties') vir die
Designation-veld sodat die waardes soos in die voorbeeld hieronder
vertoon wanneer dit in databladaansig ('Datasheet View') besigtig
word.
(2)
Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe.
5.1.5 Voer ('Import') die 5Events-sigblad as 'n nuwe tabel tblEvents in die
databasis in. Maak seker dat daar geen primêre sleutel ('primary key')
in die tabel is nie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.2 Verander die vorm frm5_2, wat op die tblMembers-tabel gebaseer is, om te
vertoon soos in die voorbeeld hieronder.
LET WEL:
Die grootte van die prent ('image') 5Logo is 5 cm x 3 cm.
'n Toevoermasker ('input mask') is by die CellNo-veld gevoeg sodat data in
die korrekte formaat ingevoer word.
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (6)
5.3 Maak die navraag met die naam qry5_3, wat op die tblStock-tabel gebaseer
is, in ontwerpaansig oop.
Voeg 'n berekende veld Profit in om die bedrag wins wat op elke produk
gemaak sal word, te bereken.
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (3)
5.4 Maak die qry5_4-navraag, wat op die tblStock-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig oop.
Skep 'n lys om die 'T-shirt'-produkte wat minder as vyf items in voorraad het of
enige ander produk met 15 of meer items in voorraad, te vertoon.
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.5 Maak die qry5_5-navraag, wat op die tblStock-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig oop.
Verander die navraag om soos die voorbeeld hieronder te vertoon.
qry5_5
Category SumOfInventoryValue
Puzzle R15 020.00
Coffee Mug R16 400.00
Building Blocks R16 791.00
Bedding R17 964.00
Astronomy R29 234.00
Clothing R29 935.00
Toys R59 000.00
Decorative R76 774.00
Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (5)
5.6 Maak die rpt5_6-verslag, wat op die tblStock-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig oop en verander dit soos volg:
Vervang die verslagboskrif ('report header') met die teks 'Stock'.
Voeg 'n funksie by die Category-onderskrif ('footer') om die aantal produkte
per kategorie te vertoon.
Voeg 'n gepaste etiket ('label') by die funksie.
Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. (4)
Stoor en maak die 5Inventory-databasis toe. [35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
LET WEL:
Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
vrae te beantwoord NIE.
'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids
gevind word.
'n Webblad is geskep om die inisiatief te bevorder om 'n ster 'n naam te gee.
6.1 Maak die onvolledige 6_1Star-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks/HTML-
redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE).
Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
LET WEL:
Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn wanneer jy hierdie
vraag beantwoord.
Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om
aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie
kommentaar uitvee NIE.
6.1.1 Voeg jou eksamennommer as kommentaar in die webblad in. (1)
6.1.2 Voeg die prent 6_1Gift in sodat dit verskyn soos in die voorbeeld op
die vorige bladsy. (2)
6.1.3 Formateer die tabel soos volg:
Stel die spasie tussen die teks en die selle op 15 pt.
Redigeer die kolomme en die lys om soos in die voorbeeld op die
vorige bladsy te verskyn. (6)
6.1.4 Voeg merkers ('tags') in op die prent 6_1Button wat dit met die 'URL'
onderaan die webblad koppel. (2)
Stoor en maak die 6_1Star-lêer toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.2 Maak die onvoltooide 6_2Mars-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks/HTML-
redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word nie).
Verander die bestaande HTML-kode sodat jou finale webblad soos die
voorbeeld hieronder vertoon.
LET WEL: MOENIE die agtergrondkleur verander NIE.
Stoor en maak die 6_2Mars-lêer toe. (3)
EEN punt sal vir sluitingsmerkers en korrekte nesting in beide webblaaie
toegeken word. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 7: ALGEMEEN
Maak die 7Envelope-dokument oop.
7.1 Berei koeverte ('envelopes') voor en gebruik possamevoeging ('mail merge')
soos volg:
Slegs nuwe lede van die SPACE OUT-winkel sal 'n brief ontvang.
Gebruik die 7Members-sigblad as die databron ('data source') vir die
7Envelope-dokument.
Vervang die teks <<ADDRESS>> met die Address-veld.
Stoor die 7Envelope-dokument in jou eksamenlêergids, maar MOENIE dit
toemaak NIE.
Voltooi die samevoeging en stoor die dokument as 7Merged. (5)
Maak die 7Envelope-dokument toe.
Maak die 7Chart-dokument oop.
7.2 Verander die grafiek in die 7Chart-dokument om soos volg te verskyn:
(4)
7.3 Voeg 'n gekoppelde ikoon ('linked icon') na die 7Stock-sigblad in, onder die
teks 'Question/Vraag 7.3', wat outomaties opdateer. (2)
Stoor en maak die 7Chart-dokument toe.
Maak die 7Inventory-sigblad oop.
7.4 Werk in die Total-werkblad.
Pas 'n sigbladeienskap toe wat die totale voorraadwaarde vir elke kategorie
vertoon. Maak seker dat elke kategorie op 'n nuwe bladsy vertoon. (4)
Stoor en maak die 7Inventory-sigblad toe. [15]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
Definieer die liggaam van die Word voor elke lys-item ingevoeg,
<body></body>
webblad en voeg 'n nommer of simbool by
<li></li>
<body Stel die agtergrondkleur van die afhangende van die tipe lys wat
bgcolor="pink"> webblad geselekteer is
<img src="name" Stel 'n prent inlyn, kan " right";
<body text="black"> Stel die kleur van die liggaamteks
align="left"/> "bottom", "top" wees
<head></head> Bevat inligting oor die webblad <img src="name"/> Voeg 'n prent in
Skep 'n HTML-dokument – begin <p align="center"><img Stel 'n prent "center" inlyn, kan ook
<html></html>
en eindig 'n webblad src="name"/></p> "middle" wees
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title> Definieer 'n titel vir die webblad
border="1"/> rondom 'n prent
<br/> Voeg 'n reëlbreuk in ('line break') <img src="name"
Stel die hoogte en breedte van 'n
width="200" height
<!-- --> Kommentaar prent
="200"/>
Teksmerkers ('Text Tags') Vertoon alternatiewe teks wanneer
Merker ('Tag') Beskrywing <img src="name" die muis oor 'n prent gehou word of
alt="alternative text"/> wanneer die prent nie gevind kan
<h1></h1> Skep die grootste opskrif word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n reël
<i></i> Skep teks in skuinsdruk
Stel die breedte van 'n lyn, in
<u></u> Skep onderstreepte teks <hr width=”80%”/>
persentasie of absolute waarde
<font size="3"></font> Stel fontgrootte van "1" tot "7" "
<font color= "green">
Stel fontkleur <hr color= "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
</font>
<font face="Times New Tabelmerkers ('Tabel Tags')
Stel fonttipe
Roman"></font> Merker ('Tag') Beskrywing
Skakelmerkers ('Links Tags') <table></table> Skep 'n tabel
Merker ('Tag') Beskrywing <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
<a href="URL"><img
Skep 'n prentskakel
src="name"></a> Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
<th></th>
Skep 'n teikenarea in die vetgedrukte, gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a>
dokument
Skakel na 'n teikenarea wat
<a href= "#NAME"></a> <table width="50"> Skep die breedte van die tabel
elders in die dokument geskep is
<a href= Stel die breedte van die raam
Skakel na 'n e-posadres <table border="1">
"mailto:#NAME"></a> rondom die selle van die tabel
Stel die spasie tussen die selle van
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') <table cellspacing="1">
die tabel
Stel die spasie tussen die selraam
Merker ('Tag') Beskrywing <table cellpadding="1">
en die inhoud daarvan
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf Stel die inlynstelling vir die sel(le)
Stel 'n paragraaf "left" inlyn <tr align="left"> ("left", kan ook "center" of "right"
<p align="left"> (verstek); kan ook ''right'' of wees)
''center'' wees Stel die vertikale inlynstelling vir
<center></center> Sentreer teks, 'n seksie, 'n tabel <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle" of
of 'n prent horisontaal "bottom" wees)
<ol></ol> Skep 'n genommerde lys
Stel die getal kolomme waaroor 'n
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat <td colspan="2">
sel moet strek
"I","i","1"></ol> gebruik word
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
Stel die getal rye waaroor 'n sel
<ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat <td rowspan="4">
moet strek
"square","circle"> </ul> gebruik word
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD
KARAKTER BESKRYWING
Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie toegelaat
0
nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens nie
9
toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke
vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word
#
verwyder wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens
toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters. (Die
.,:;-/ werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings
Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.)
Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel
<
word
> Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word
Veroorsaak dat die toevoermasker van regs na links, eerder as van links
na regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van
!
links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker
invoeg.
Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon
\
word (bv. \A word slegs as A vertoon)
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Eksamenplakker
150
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2024
INLIGTINGSBLAD (moet NÁ die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER _______________________________________________________
EKSAMENNOMMER _______________________________________________________
WERKSTASIENOMMER ____________________________________________________
SUITE GEBRUIK
Microsoft Microsoft Microsoft
(Maak 'n kruisie in die Office 365
Office 2016 Office 2019 Office 2021
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander
Mozilla Google Internet Microsoft (Spesifiseer)
(Maak 'n kruisie in die
Firefox Chrome Explorer Edge
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM __________________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien
gestoor en/of gepoog.
Nasiener
Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum Punt
Lêernaam Voorletters/
nommer () () Punt Verdien
Kode
1 1Solar 25
2 2Moon 20
3Sales
3 21
3Target
4 4Shows 19
5 5Inventory 35
6_1Star
6 15
6_2Mars
7Envelope
7Chart
7 15
7Inventory
7Merged
TOTAAL 150
Kommentaar: (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata

Memorandum