You're offline
Skip to content
Question paper

Computer Application Technology P1 Nov 2021 Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12202021 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n HTML-merkersblad, 'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en en 'n aparte inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld. 2. As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is, moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. 3. Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. 4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het nie, verwyder NIE. 5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae. 8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE. 11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word. 12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika ('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is. 13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2021 NSS 14. Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is. 15. Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as ʼn punt ('.') gestel is en die lys-skeikarakter ('List separator') as 'n komma (',') gestel is. 16. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die bestaande data gemaak word. 17. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-vraag te beantwoord NIE. 18. Die eksamendata-lêergids wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.  1Clean Prent  1Health Woordverwerkingslêer  2Marine Woordverwerkingslêer  3Logo Prent  3Projects Sigblad  4Air Sigblad  5Save Databasis  6_1Clean HTML-lêer  6_1Plastic Prent  6_2Pollute HTML-lêer  7Company Sigblad  7Date Sigblad  7Letter Woordverwerkingslêer  7Picture Saamgeperste lêer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2021 NSS SCENARIO Besoedeling is tans een van die grootste omgewingsaangeleenthede. Afvalprodukte kan land-, water- en lugbesoedeling veroorsaak. 'n Groeiende bewustheid van die negatiewe invloed van besoedeling moedig mense aan om betrokke te raak by projekte om besoedeling te keer en die omgewing skoon te maak. VRAAG 1: WOORDVERWERKING Maak die 1Health-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif ('footer') in. 1.1 Verander die bladsygrootte van die dokument na A4. (1) 1.2 Verander die lynspasiëring van die paragraaf wat met 'The following is …' begin en met '… by air pollution.' eindig om dieselfde te wees as die lynspasiëring van die eerste paragraaf. (1) 1.3 Vervang al die gevalle van die presiese teks 'ozone' om in Arial Narrow, vetdruk ('bold') en skuinsdruk ('italic') te vertoon. (3) 1.4 Voeg 'n teksblokkie van 9 cm hoog by 8 cm wyd in en skuif die teks wat met 'Nitrogen dioxide …' begin en met '… from heart disease.' eindig in die teksblokkie in. Die teksblokkie moet vertoon soos hieronder getoon. Die bokant van die teksblokkie is relatief tot die woord 'air' en die onderkant van die teksblokkie is relatief tot die woord 'Ground'. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2021 NSS 1.5 Vind die teks wat met die opskrif 'DOES IT MAKE A DIFFERENCE WHERE I LIVE?' begin en met '… fuels and vehicles.' eindig.  Verander die uitleg van die teks om in twee kolomme te vertoon.  Stel die breedte van die eerste kolom op 8 cm.  Stel die spasie tussen die kolomme op 1 cm. (3) 1.6 Vind die teks wat met die opskrif 'On the road' begin en met '… keeping windows closed.' eindig. Pas veelvlak-lysnommering ('multilevel list numbering') op die teks om te vertoon soos hieronder getoon. (7) 1.7 Verander die 'UK Health Departement'-bron na 'n webtuiste-bron met die URL http://www.airquality.co.uk. (2) 1.8 Voeg 'n outomatiese bibliografie onder die opskrif 'Bibliography' aan die einde van die dokument by. (1) 1.9 Voeg die prent 1Clean as 'n watermerk by die dokument in. Stel die skaal van die watermerkprent na 150%. (2) 1.10 Ondersoek die dokument vir enige kwessies ('issues') en verwyder alle versteekte teks ('hidden text') uit die dokument. (1) Stoor en maak die 1Health-dokument toe. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2021 NSS VRAAG 2: WOORDVERWERKING Maak die 2Marine-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif ('footer') in. 2.1 Verander die font van die dokumenttitel 'UNESCO: Marine Pollution' na kleinbokas ('Small caps'). (1) 2.2 Formateer die opskrifte van die dokument sodat jy 'n inhoudsopgawe ('table of contents') onder die opskrif 'TABLE OF CONTENTS' kan invoeg, om soos hieronder te vertoon. (3) 2.3 Verwyder die outomatiese woordafbreking ('automatic hyphenation') uit die dokument. (1) 2.4 Voeg 'n byskrif ('caption') by die prent onder die opskrif 'What is polluting our Oceans?'. Die byskrifteks kan in die prent se alternatiewe teks gevind word. (2) 2.5 Verwyder die hiperskakel op die prent deur Chris Deacutis. (1) 2.6 Herstel (Restore') die prent onder die opskrif 'What can I do?' na die oorspronklike kleur. (1) 2.7 Vind die teks 'Question 2.6' onder die opskrif 'What is IOC UNESCO doing?'. Vervang die teks 'Question 2.6' met 'n kruisverwysing ('cross-reference') na die IOC UNESCO-prent en vertoon slegs die bladsynommer. (2) 2.8 Voeg 'n voetnota soos volg in op die teks 'UNEP' wat op die laaste bladsy van die dokument gevind word:  Stel die voetnota-nommeringformaat na A, B, C, …  Stel die voetnota-nommering om op elke bladsy weer te begin.  Voeg die voetnotateks 'Environment Programme' by. (4) 2.9 Voeg 'n veld in onder die teks 'INSERT HERE' om die aantal woorde in die dokument te vertoon. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2021 NSS 2.10 Voeg outomatiese bladsynommering in die bladsyonderskrif van die dokument soos volg in:  Gebruik die Tildes-formaat.  Maak seker dat nommering nie op die voorblad ('cover page') en 'Table of Contents'-bladsy verskyn nie.  Maak seker dat die nommer '~1~,' op die bladsy ná die 'Table of Contents' verskyn.  Maak seker dat die bladsynommering op al die bladsye wat volg, voortgesit word. (4) Stoor en maak die 2Marine-dokument toe. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3: SIGBLAD LET WEL:  Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.  Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ʼn sigblad kopieer.  Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.  Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie daarvoor in die sigblad-datalêer toegeken. Maak die 3Projects-sigblad oop wat besonderhede bevat oor skoonmaakprojekte wat in 2019 begin het, insluitend 'n paar projekte wat vir die toekoms beplan word. Werk in die Sheet1-werkblad. 3.1 Voeg die 3Logo-prent, in jou eksamenlêergids gevind, in sel A1 in sodat dit die hele sel bedek. (2) 3.2 Vul sel A3 om soos sel A2 te lyk. (1) 3.3 Hernoem die werkblad Sheet1 na Missions. (1) 3.4 Gebruik 'n COUNTIF-funksie in sel F3 om te bepaal hoeveel projekte 'n begroting groter as R 55 000.00 (kolom F) het. (2) 3.5 Die data in kolom G vertoon verkeerdelik waardes vir die herwinning van lugbesoedeling. Pas 'n sigbladeienskap op kolom G toe om die selle met 'n kleur van jou keuse te vul wanneer die geteikende besoedeling (kolom C) as lugbesoedeling aangedui is. (5) 3.6 'n Projek word as klein, medium of groot gekategoriseer, afhangend van die aantal deelnemers (kolom D) wat by die projek betrokke is. Voeg 'n geskikte LOOKUP-funksie in sel J6 in om die projek-kategorie vir die eerste projek te bepaal, gebaseer op die aantal deelnemers (kolom D) en die lys in die Categories-werkblad. (4) 3.7 Die projekkoördineerder sal kennisgewings aan voornemende deelnemers stuur vir projekte wat binne die volgende 60 dae (kolom E) sal begin, die huidige datum ingesluit. Gebruik 'n geneste IF-funksie/-formule in sel K6 om die volgende boodskappe te vertoon:  'Notify' as 'n projek binne 60 dae vanaf die huidige datum sal begin, OF  '*' as die projek ná 60 dae vanaf die huidige datum begin, OF  'Complete' as die projek voltooi is. Pas die funksie/formule op die res van die kolom K toe. (6) Stoor en maak die 3Projects-sigblad toe. [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2021 NSS VRAAG 4: SIGBLAD LET WEL:  Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.  Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ʼn sigblad kopieër.  Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.  Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie daarvoor in die sigblad-datalêer toegeken. Die sigblad bevat inligting oor die lugkwaliteit-indeks (LKI) by verskillende meetstasies in Suid-Afrika gemeet, asook verwante gesondheidsinsidente vanaf 2012 tot 2019. Maak die 4Air-sigblad oop en werk in die Quality-werkblad. 4.1 Voeg 'n funksie in sel D3 in om die tweede kleinste lugkwaliteit-indeks(LKI)- telling per jaar (kolom E) te bepaal. (3) 4.2 Voeg die opsie 'Urban' by die bestaande datavalideringsreël in sel B7 deur die lys in selle J7:J8 te gebruik. (1) 4.3 'n Risikogradering (kolom G) word aan die meetstasie gegee, afhangend van die LKI-vlak in kolom F, bv. 'n LKI-vlak van L1 sal 'n risikogradering van een uitroepteken (!) vertoon. Voeg 'n kombinasie van teksfunksies in sel G7 in om die aantal uitroeptekens (!) te vertoon deur die LKI-vlak in kolom F en die data in sel D4 te gebruik. (4) 4.4 Stel die drukarea na selle A6:H40. (1) Werk in die Graph-werkblad. 4.5 Gebruik 'n SUMIFS-funksie in sel H2 en die data in die Quality-werkblad om die totale aantal gesondheidsinsidente van al die meetstasies in 2018 in die Oos- Kaap ('Eastern Cape') te bepaal. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2021 NSS 4.6 Skep 'n grafiek om soos volg te vertoon: (5) Stoor en maak die 4Air-sigblad toe. [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2021 NSS VRAAG 5: DATABASIS Die munisipaliteit hou rekord van maatskappye wat tot die besoedelingsprobleem bydra. As deel van die poging het hulle ook die inwoners se herwinningsgewoontes ten opsigte van die oplossing van die besoedelingsprobleem ondersoek. Maak die 5Save-databasis oop. 5.1 Maak die tbl5_1-tabel in ontwerpaansig ('Design View') oop en redigeer soos volg: 5.1.1 Verander die veldgrootte van die Coverage-veld na 'Decimal'. (1) 5.1.2 Voeg 'n kombinasielys ('combo box') vir die PollutionType-veld in met die waardes 'Air', 'Land' en 'Water'. (2) 5.1.3 Waardes wat vir die Level-veld ingevoer word, moet strek vanaf 100 tot 1 000. Voeg 'n geskikte valideringsreël in om seker te maak dat die data wat ingevoer word, geldig is. (3) 5.1.4 Voeg 'n veld met die naam Evidence met 'n geskikte datatipe in sodat dokumente/lêers met bewyse van aksies in hierdie veld ingesluit kan word. (2) Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe. 5.2 Verander die vorm met die naam frm5_2, wat op die tblData-tabel gebaseer is, in ontwerpaansig ('Design View'), soos volg:  Verander die opskrif in die vormboskrif na 'Survey'.  Voeg 'n datumkontrole in die vormonderskrif in sodat slegs die datum vertoon.  Pas die Ion-tema ('Ion theme') op die vorm toe.  Verander die formaat van die YearBorn-veld na 'Medium Date'. Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (5) 5.3 Maak die navraag qry5_3, wat op die tbl_Data-tabel gebaseer is, in ontwerpaansig ('Design View') oop. Vertoon die gemiddelde aantal kere wat items vir elke soort herwinningsaktiwiteit afgelaai is ('DropOff'). Maak seker dat die gemiddeld ('average') 'n heelgetalwaarde ('integer value') sal vertoon. Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2021 NSS 5.4 Verander die qry5_4-navraag, wat op die tbl_Data-tabel gebaseer is, in ontwerpaansig ('Design View') oop.  Vertoon slegs die velde Name, Surname, YearBorn, Knowledge, RecyclingActivity en DropOff.  Sorteer die navraag alfabeties op Surname.  Vertoon slegs die rekords waar inwoners aangedui het dat hulle oor kennis van herwinning beskik OF waar die RecyclingActivity-veld 'n waarde van 'Very Active' EN 'n DropOff-getal van 15 het. Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (7) 5.5 Maak die qry5_5-navraag, wat op die tbl_Data-tabel gebaseer is, in ontwerpaansig ('Design View') oop.  Vertoon slegs die rekords van mense wat na 1990 gebore is.  Voeg 'n berekende veld met die naam NewDrop in om 'n toename van 10% in die getal kere wat herwinbare materiaal afgelaai is ('DropOff') te bepaal. Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (5) 5.6 Maak die rpt5_6-verslag oop, op die qry5_4-navraag in ontwerpaansig ('Design View') gebaseer en verander dit om soos hieronder te vertoon. Gebruik enige agtergrondkleur vir die verslagboskrif. (7) Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. Stoor en maak die 5Save-databasis toe. [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2021 NSS VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) LET WEL:  Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML- vraag te beantwoord NIE.  'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.  Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids gevind word. 'n Webblad is geskep om meer inligting oor 'n moontlike toekoms sonder besoedeling te gee. 6.1 Maak die onvolledige 6_1Clean-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks-/HTML-redigeerder oop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2021 NSS LET WEL:  Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn om jou met hierdie vraag te help.  Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie kommentaar verwyder NIE. 6.1.1 Voeg jou eksamennommer in sodat dit in die oortjie van die webblad vertoon. (2) 6.1.2 Verander die fontkleur van die opskrif 'The Global Crisis of Plastic Pollution' na rooi. (1) 6.1.3 Verander die kode sodat die prent vertoon. (2) 6.1.4 Verander die tabel sodat dit vertoon soos in die prent van die webblad op die vorige bladsy getoon word. (3) Stoor en maak die 6_1Clean-lêer toe. 6.2 Maak die involledige 6_2Pollute-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks-/HTML-redigeerder oop. Voltooi die webblad om presies soos in die voorbeeld hieronder te vertoon. Stoor en maak die 6_2Pollute-lêer toe. (6) EEN punt sal vir korrekte sluitingsmerkers en korrekte nesting in beide lêers toegeken word. (1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2021 NSS VRAAG 7: ALGEMEEN Besoedeling wek kommer by baie maatskappye en die verantwoordelikheid om dit te beheer, hang van die bestuur van die maatskappye af. 7.1 Nadat die besoedeling in 'n spesifieke gebied gemonitor is, moet 'n brief vir die maatskappye met 'n kommerwekkende besoedelingsgeskiedenis voorberei word. Maak die 7Letter-dokument oop om vir 'n possamevoeging te gebruik. 7.1.1 Verander die vormkontroles in die brief soos volg:  Verander die vormveldkontrole ('form field control') onder die teks 'Date:' om die huidige datum te vertoon.  Voeg die opsie '14' in die aftrekvormveldkontrole ('drop-down form field control') langs die teks 'Reply required within:'. Stoor die 7Letter-dokument, maar moet dit NIE toemaak NIE. (2) 7.1.2 Berei die possamevoeging soos volg voor:  Skakel die 7Letter-dokument met die databron, die 7Company- sigblad.  Kies slegs die maatskappye wat 'n 'high'- en 'very high'-vlak het.  Vervang die teks '<Company>' en '<Level>' om die 'company' en die 'level' vanuit die 7Company-sigblad te vertoon. Stoor die 7Letter-dokument, maar moet dit NIE toemaak NIE. Voltooi die possamevoeging en stoor die saamgevoegde dokument as 7Merge. (6) Maak die 7Letter-dokument toe. Die Besoedelingsbeheerraad ('Pollution Control Board') sal sertifikate aan maatskappye met 'n konsekwente lae vlak van besoedeling gee. Die sertifikate sal uitgereik word in die maand wat met die monitordatum ooreenstem. Maak die 7Date-sigblad oop. Werk in die Monthly-werkblad. 7.2 Voltooi die funksie/formule in sel D3 om die name te vertoon van die maatskappye wat 'n lae vlak (kolom B) van besoedeling het en waar die monitordatum (kolom C) in November was. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2021 NSS Werk in die 7.3-werkblad. 7.3 Vertoon 'n alfabetiese lys van name van al die maatskappye met 'n 'Very high'- vlak van besoedeling en waar die monitordatum in 2021 was. (3) Stoor en maak die 7Date-sigblad toe. 7.4 Onttrek die prentlêer uit die wagwoordbeskermde lêergids met die naam 7Picture deur wagwoord 'November' te gebruik. (1) [15] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2021 NSS HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET') Basiese merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing Definieer die liggaam van die Word voor elke lys-item <body></body> webblad ingevoeg, en voeg 'n nommer <li></li> <body stel die agtergrondkleur van die of simbool by afhangende van bgcolor="pink"> webblad die tipe lys wat geselekteer is Stel die kleur van die <body text="black"> <img src="name"> Voeg 'n prent in liggaamteks <img src="name" Stel 'n prent inlyn, kan " right"; <head></head> Bevat inligting oor die webblad align="left"> "bottom", "top", "middle" wees Skep 'n HTML-dokument – <p align="center"><img Stel 'n prent "center" inlyn, kan <html></html> begin en eindig 'n webblad src="name"></p> ook "middle" wees <img src="name" Stel die grootte van die raam <title></title> Definieer 'n titel vir die webblad border="1"> rondom 'n prent Voeg 'n reëlbreuk in ('line <img src="name" <br/> Stel die hoogte en breedte van break') width="200" height 'n prent <!-- --> Kommentaar ="200"> Teksmerkers ('Text Tags') Vertoon alternatiewe teks Merker('Tag') Beskrywing <img src="name" wanneer die muis oor 'n prent alt="alternative text"> gehou word of wanneer die <hl></hl> Skep die grootste opskrif prent nie gevind kan word nie <h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in Stel die grootte (hoogte) van 'n <b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> reël <i></i> Skep teks in skuinsdruk Stel die breedte van 'n lyn, in <u></u> Skep onderstreepte teks <hr width=”80%”/> persentasie of absolute waarde <font size="3"></font> Stel fontgrootte van "1" tot "7" " <font color= "green"> Stel fontkleur <hr color= "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn </font> <font face="Times New Tabelmerkers ('Tabel Tags') Stel fonttipe Roman"></font> Merker ('Tag') Beskrywing Skakelmerkers ('Links Tags') <table></table> Skep 'n tabel Merker ('Tag') Beskrywing <tr></tr> Skep 'n ry 'n tabel <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel <td></td> Skep 'n sel 'n tabel <a href="URL"><img Skep 'n prentskakel Skep 'n tabelopskrif ('n sel met src="name"></a> <th></th> vetgedrukte, gesentreerde Skep 'n teikenarea in die <a name="NAME"></a> teks.) dokument Skakel na 'n teikenarea wat <a href= "#NAME"></a> elders in die dokument geskep <table width="50"> Skep die breedte van die tabel is <a href= Stel die breedte van die raam Skakel na ʼn e-posadres <table border="1"> "mailto:#NAME"></a> rondom die selle van die tabel Stel die spasie tussen die selle Formateringsmerkers ('Formatting Tags') <table cellspacing="1"> van die tabel Stel die spasie tussen die Merker('Tag') Beskrywing <table cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf Stel die inlynstelling vir die Stel 'n paragraaf "left" inlyn <tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook "center" <p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of of "right" wees) ''center'' wees Stel die vertikale inlynstelling vir <ol></ol> Skep 'n genommerde lys <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle" <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat of "bottom" wees) "I","i","1"></ol> gebruik word Stel 'n getal kolomme waaroor <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys <td colspan="2"> 'n sel moet strek <ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat Stel die getal rye waaroor 'n sel <td rowspan="4"> "square","circle"> </ul> gebruik word moet strek Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2021 NSS TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD Karakter Beskrywing Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]- tekens nie 0 toegelaat nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus [+]- en minus [–]- tekens 9 nie toegelaat nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke # word verwyder wanneer data gestoor word, plus [+]- en minus [–]- tekens toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters. (Die .,:;-/ werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.) Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel < word > Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word Veroorsaak dat toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van links ! na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg. Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon \ word (bv. \A word slegs as A vertoon) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2021 NSS JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2021 NSS JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2021 NSS Eksamenplakker 150 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2021 INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word) SENTRUMNOMMER _________________________________________________________ EKSAMENNOMMER _________________________________________________________ WERKSTASIENOMMER ______________________________________________________ SUITE GEBRUIK Microsoft Microsoft Microsoft (Maak 'n kruisie in die Office 365 Office 2013 Office 2016 Office 2019 toepaslike blokkie (X)) WEBBLAAIER GEBRUIK Ander Mozilla Google Internet Microsoft (Spesifiseer) (Maak 'n kruisie in die Firefox Chrome Explorer Edge toepaslike blokkie (X)) LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________ Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien gestoor en/of gepoog. Gestoor Gepoog Vraag- Maksimum Punt Nasiener Voorletters/ Lêernaam () () nommer Punt Verdien Kode 1 1Health 25 2 2Marine 20 3 3Projects 21 4 4Air 19 5 5Save 35 6_1Clean 6 15 6_2Pollute 7Letter 7Merge 7 15 7Date 7Picture TOTAAL 150 Kommentaar: (Slegs vir kantoor/nasiener se gebruik) ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all