Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
NOVEMBER 2018
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye,
'n HTML-merkersblad, 'n toevoermasker-karakterblad en 'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 











View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2018 QP
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018, 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 967.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal
word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies
wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Die normale reëls
oor die verlating van die eksamenlokaal sal gedurende die eksamen geld.
2. As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die
instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders sal
die toesighouer 'n CD/DVD/flitsskyf ('flash drive') met al die lêers wat vir die
eksamen benodig word, aan jou gee. Indien 'n CD/DVD/flitsskyf ('flash drive')
aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die
CD/DVD/flitsskyf ('flash drive') skryf.
3. Aan die einde van die eksamen moet jy die gegewe CD/DVD/flitsskyf ('flash
drive') inlewer met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker
maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat
deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is.
4. Maak absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers verwyder waarop jy nie
gewerk het NIE.
5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP
VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD en aan die
toesighouer oorhandig word.
6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar
wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n
ander kopie vra.
7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.
11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien 'n vraag vereis dat die
antwoord in sel F3 in 'n sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel G4
in, sal dit NIE nagesien word NIE.
12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheid-
instellings korrek ingestel is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2018
NSS
13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.
14. Gebruik formules en/of funksies vir ALLE sigbladberekeninge. Gebruik
absolute selverwysings slegs waar nodig om seker te maak dat formules korrek
is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die
bestaande data.
15. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
HTML-vraag te beantwoord NIE.
16. Die eksamenlêergids/CD/DVD/flitsskyf ('flash drive) wat jy saam met hierdie
vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat
jy AL die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.
• 1Impression Woordverwerkingslêer
• 2Pic Prent
• 2Vote Woordverwerkingslêer
• 3Flowers Prent
• 3Paintings Sigblad
• 4Famous Sigblad
• 5ArtWorld Databasis
• 5Girl Prent
• 6Michelangelo Prent
• 6PabloPicasso Prent
• 6Quirks HTML-lêer
• 6Salvadore Prent
• 7ArtForm Sigblad
• 7Guests Databasis
• 7Lecture Woordverwerkingslêer
• 7Summary Sigblad
• 7Timeline Sigblad
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2018
NSS
SCENARIO
Impressionisme is 'n kunsbeweging wat fokus op die gebruik van lewendige kleure.
Impressioniste het dikwels in die buitelug geskilder om 'n sekere kleur en lig vas te
vang.
Jy moet help om sommige dokumente oor Impressionisme te finaliseer.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
Maak die 1Impression-woordverwerkingsdokument, wat inligting oor Impressionisme
bevat, oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of
bladsyonderskif ('footer') in.
1.1 Verander die font van die opskrif 'Welcome to Impressionism' na Wide Latin. (1)
1.2 Vind die paragraaf onder die opskrif 'What is Impressionism' en doen die
volgende:
1.2.1 Justeer ('Justify') die paragraaf. (1)
1.2.2 Stel die paragraafspasiëring ('paragraph spacing') sodat daar geen
spasie na ('after') die paragraaf verskyn nie. (2)
1.3 Voeg 'n boekmerk ('bookmark') by die teks 'history' wat in die paragraaf onder
die subopskrif 'Impressionist Art Roots' gevind word.
Noem die boekmerk 'Monet'. (2)
1.4 Vind die teks wat met 'Impression …' begin en met '… scene.' eindig en
formateer die teks soos hieronder getoon.
Impression – I was certain of it. I was just telling myself that, since I
was impressed, there had to be some impression in it ... and what
freedom, what ease of workmanship! Wallpaper in its embryonic
state is more finished than that scene. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2018
NSS
1.5 Formateer die SmartArt soos hieronder getoon.
• Voeg nog 'n kunsvorm, 'Futurism', in.
• Voeg 'Analytical' as 'n sub-kunsvorm vir 'Cubism' in.
• Rangskik die verskillende kunsvorme om te vertoon in die volgorde
hieronder getoon.
• Pas enige kleurvolle variasie ('colourful variation') op die vorme toe.
Suprematism
Futurism
Cubism
•Analytical
Post-Impressionism
Impressionism
(4)
1.6 Vervang alle verskynings van die teks 'colours' met 'n rooigekleurde simbool,
(Wingdings-karakterkode 122). (4)
1.7 Verander die 'Artistic'-styl soos volg:
• Verander die font na verkleinde hoofletters ('small caps').
• Stel die breedte ('width') van die raam ('border') na 3 pt.
• Dateer al die verskynings van die styl op. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2018
NSS
1.8 Twee prente verskyn onder die subopskrif 'Themes of Impressionism'.
Verander die prente sodat dit soos hieronder vertoon.
• Verstel die grootte van die tweede prent sodat dit dieselfde grootte as die
eerste prent is.
• Plaas die twee prente langs mekaar, soos hieronder getoon.
• Voeg 'n byskrif ('caption') 'A Meadow in Springtime' by die tweede prent en
maak seker dat die byskrif se posisie dieselfde as dié van die eerste prent
is.
Figure 1: Le Pont de L'Europe Figure 2: A Meadow in Springtime
(6)
1.9 Vind die teks wat met 'The Painting of Modern Life' begin en met '… the blue
sky.' eindig en doen die volgende:
• Verander die oriëntering ('orientation') van die geselekteerde teks na
Landskap ('Landscape'). Die res van die dokument moet in Portret
('Portrait') bly.
• Plaas die teks in twee kolomme.
• Gebruik 'n woordverwerkingseienskap om seker te maak dat die opskrif
'En Plein Air – The Passing Moment' altyd aan die begin van die tweede
kolom sal verskyn. (4)
1.10 Vind die teks wat met 'Composition and Content' begin en met '… up to
Cubism.' eindig en voeg bladsynommers by in die bladsyonderskrif ('footer')
van SLEGS die bladsye van die geselekteerde teks in die formaat a, b, c, ens. (5)
1.11 Voeg 'n outomatiese figuurtabel ('table of figures') onder die teks 'Table of
Figures' in. (1)
1.12 Dateer die indeks onder die teks 'Index' op die laaste bladsy van die dokument
op. (1)
Stoor en maak die 1Impression-dokument toe. [36]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Maak die 2Vote-woordverwerkingsdokument, waar mense vir hulle gunstelingskildery
kan stem, oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of
bladsyonderskif ('footer') in.
2.1 Verander die teksrigting ('text direction') van die uitroepvorm ('callout shape')
langs die opskrif 'VOTE FOR YOUR FAVOURITE PAINTING', soos hieronder
getoon.
ONE
VOTE
(1)
2.2 Voeg 'n voetnoot ('footnote'), wat die teks 'Impression.org' bevat, op die teks
'works' in.
Gebruik die verstekvoetnoot-nommerformaat ('default footnote number format'). (2)
2.3 Verander die kolpunte ('bullets') in die kolpuntlys onder die opskrif 'Voting
Rules:' na die 2Pic-prent wat in jou eksamenlêergids gevind word. (1)
2.4 Vind die teks 'Vote by completing the details below:' en doen die volgende:
• Stel die formaat van die teksvormveld ('text form field') langs die teks
'Name' in sodat dit altyd in hoofletters sal verskyn.
• Vervang die teks 'Current date here' met 'n geskikte vormveld ('form field')
om altyd die huidige datum in die formaat yy/MM/dd te vertoon.
• Voeg die opsie 'Critic' by die aftrekvormveld ('drop-down form field') langs
die teks 'Voting as' in. (5)
2.5 Vind die teks 'Voting as' en die aftrekvormveld ('drop-down form field') langs
hierdie teks.
Pas die voorkoms van hierdie teks by die vorige twee reëls deur die tabel-
instelling ('tab setting') van die teks en die aftrekvormveld te verander. (3)
2.6 Vind die twee tabelle onderaan die bladsy en doen die volgende:
• Voeg die twee tabelle saam ('merge') in EEN tabel.
• Pas 'n skakering ('shading') van jou keuse op die opskrifry (eerste ry) van
die tabel toe. (2)
Stoor en maak die 2Vote-dokument toe. [14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3: SIGBLAD
LET WEL:
• Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
• Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar dit nodig is, om seker te maak dat
formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer
(afkopieer).
• Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
• Indien jy boublokke moet gebruik, gebruik die toegekende spasie in die sigblad.
Maak die 3Paintings-sigblad, wat 'n lys van skilderye uit die Impressionistiese
Beweging bevat, oop.
Werk in die Impress-werkblad.
3.1 Formateer die saamgevoegde ('merged') selle A1:J1 soos volg:
• Verander die raamkleur ('border colour') na rooi.
• Stel die vulkleur ('fill colour') op swart. (2)
3.2 Voeg 'n funksie in sel G3 in om die vroegste jaar (kolom C) waarin 'n skildery
geskilder is, te bepaal. (2)
3.3 Voeg 'n funksie in sel G4 in om die aantal skilderye te bepaal waarvoor die plek
waar die skildery geskilder is (kolom G), nie gegee is nie. (2)
3.4 Die funksie in sel G5 vertoon die gemiddelde breedte van al die skilderye in die
werkblad.
Voeg nog 'n funksie by sel G5 sodat die gegewe formule 'n waarde vertoon
wat tot die naaste hoogste desimale waarde geformateer is, bv. 271.32 word
271.40.
LET WEL: TWEE desimale plekke moet steeds vertoon word. (2)
3.5 Voeg 'n SUMIFS-funksie in sel G6 om die totale versekeringswaarde (kolom J)
te bepaal van al die skilderye wat voor 1900 geskilder is EN waar die stad waar
dit uitgestal word, Chicago, is. (5)
3.6 Selle B9:B120 bevat die volle name van die kunstenaars van die skilderye.
Gebruik 'n sigbladeienskap om 'n tweekleurige geskakeerde vulkleur ('two-
coloured gradient fill') outomaties op unieke waardes in hierdie selle toe te pas. (4)
3.7 Kolom C bevat die jaar waarin die skilderye geskep is.
Voeg 'n formule in sel D9 om die ouderdom van 'n skildery te bepaal deur die
huidige jaar te gebruik.
Die formule moet vir enige jaar werk. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2018
NSS
Werk in die Dupl-werkblad.
3.8 Gebruik enige sigbladeienskap om al die duplikaatkunstenaars uit die lys te
verwyder. (1)
Werk in die Chart_Grafiek-werkblad.
3.9 Volg die instruksies hieronder om die grafiek te verander om soos die voorbeeld
hieronder te vertoon.
• Verander die grafiek om SLEGS die data in te sluit van al die plekke
waarvan die name met die letters 'L' tot 'P' begin.
• Verander die vertikale as se vertooneenhede ('vertical axis display units')
na biljoene ('billions').
• Vertoon 'Location' as die horisontale as ('horizontal axis') se titel.
• Voeg enige 'moving average'-tendenslyn ('trend line') by die grafiek.
• Verander die verklaring ('legend') se teks 'Series 1' om as 'Value' te lees.
• Vul die stiparea('plot area')-agtergrond met die 3Flowers-prent wat in jou
eksamenlêergids gevind word.
Insurance Value per Current Location of Paintings
3.5
Billions 3
2.5
Insurance Value
2
1.5
1
0.5
0 Value
Musee d'Orsay
National Gallery of Art
Princeton University Art Museum
Metropolitan Museum of Art Philadelphia Museum of Art
Museum of Fine Arts
Minneapolis Institute of Art Musee Marmottan Monet National Museum of Serbia
Private Collection
Musee des Beauz-Arts
Louvre Museum Musee Maltraux
Museum of Modern Art
New Art Gallery
2 per. Mov. Avg. (Value)
Location
(7)
Stoor en maak die 3Paintings-sigblad toe. [28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4: SIGBLAD
LET WEL:
• Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
• Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar dit nodig is, om seker te maak dat
formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer
(afkopieer).
• Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
• Indien jy boublokke moet gebruik, gebruik die toegekende spasie in die sigblad.
Maak die 4Famous-sigblad, wat die besonderhede van bekende Impressionistiese
kunstenaars bevat, oop.
Werk in die Art_Kuns-werkblad.
4.1 Sentreer die ry-opskrifte in ry 7 vertikaal. (1)
4.2 Die getal kunswerke wat deur elke kunstenaar geskep is, word in kolom K
gestoor.
Voeg 'n funksie in sel H3 om die totale getal kunswerke wat geskilder is, te
bepaal. (2)
4.3 'n Kunstenaar se nasionaliteit word in kolom H gestoor.
Voeg 'n formule in sel H4 in, om te bepaal watter persentasie kunstenaars NIE
van Franse nasionaliteit (kolom H) is NIE. Verwys na die formule hieronder.
Getal nie-Franse kunstenaars/Totale getal kunstenaars x 100
(6)
4.4 Die kunsvorme wat deur elke kunstenaar beoefen is, word as 'n kunsvormkode
in kolom I gestoor. Die eerste letter van die kunsvormkode verwys na die
kunstenaar se voorkeurkunsvorm.
Voeg 'n VLOOKUP-funksie in sel J8 in om 'n kunstenaar se voorkeurkunsvorm
te vertoon, deur die eerste letter van die kunsvormkode in kolom I en die
opsoektabel in die Code_Kode-werkblad te gebruik. (5)
4.5 Kolom L toon die getal 'for'-stemme wat 'n kunstenaar vir sy/haar kunswerk
gekry het.
Voeg 'n funksie in sel N8 in om te bepaal of die kunstenaar een van die drie
hoogste tellings vir 'Stemme Vir' (kolom L) het.
Vertoon die boodskap 'Top3' as die kunstenaar in die topdrie is, of anders laat
die sel leeg.
Maak seker dat die funksie na die ander selle in die reeks afgekopieer kan word. (8)
Stoor en maak die 4Famous-sigblad toe. [22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5: DATABASIS
Maak die 5ArtWorld-databasis, wat besonderhede oor kunstenaars en skilderye bevat,
oop.
5.1 Maak die tblPaintings-tabel in ontwerpaansig ('Design View') oop.
5.1.1 Verander die formaat van die Painting-veld sodat die teks in
hoofletters vertoon. (1)
5.1.2 Verander die veldeienskappe van die YearPainted-veld sodat:
• Die veld 'n jaar van 1494 tot 1970 aanvaar
• Geskikte valideringsteks ('validation text') ingevoeg word (4)
5.1.3 Skep 'n toevoermasker ('input mask') op die ID-veld om seker te
maak dat die gebruiker 'n skildery-ID in die volgende formaat invoeg:
• Die letters 'IMP'
• Gevolg deur enige verpligte karakter of spasie
• Gevolg deur 'n verpligte getal in die reeks 0 tot 9
• Gevolg deur TWEE opsionele getalle
Voorbeelde van 'n geldige ID: IMP@4, IMP$34, IMP 78 of IMP#135 (4)
5.1.4 Voeg 'n nuwe veld met die naam Area as die laaste veld in en doen
die volgende:
• Verander die datatipe van die Area-veld sodat dit die berekening
van die area (oppervlakte) van die skildery sal stoor.
• Voeg die berekening vir die Area-veld in:
[Height] * [Width] (4)
Verander die tblPaintings-tabel na databladaansig ('Datasheet View').
5.1.5 Maak seker dat die Age-veld in databladaansig ('Datasheet View')
vertoon. (1)
Stoor en maak die tblPaintings-tabel toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2018
NSS
5.2 Maak die frm5_2-vorm, wat op die tblArtists-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig ('Design View') oop.
• Voeg die 5Girl-prent wat in jou eksamenlêergids gevind word, in die
vormboskrif ('form header') by. Maak seker dat die prent tot die grootte van
die prentblokkie ('image box') rek.
• Skakeer ('Shade') die agtergrond van die 'Detail'-afdeling met 'n liggroen
kleur.
• Voeg die opsie 'Poor' by die lys van items in die Rating-veld-kombinasielys
('combo box').
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (6)
5.3 Maak die qry5_3-navraag in ontwerpaansig ('Design View') oop.
Verander die navraag om die totale getal skilderye te vertoon wat deur manlike
kunstenaars, per geboorteland (BirthCountry-veld), geskep is, soos hieronder
getoon.
BirthCountry Gender SumOfNumberOfPaintings
France Male 7230
Germany Male 476
Great Britain Male 407
Italy Male 235
Lithuania Male 474
Netherlands Male 2100
Puerto Rico Male 356
Romania Male 843
Russia Male 1166
Spain Male 243
United States Male 4989
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (3)
5.4 Maak die qry5_4-navraag in ontwerpaansig ('Design View') oop.
Verander die kriteria sodat die navraag die rekords vertoon van skilderye waar
die ID-veld ses of meer karakters lank is en die Place-veld geen data het nie.
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (4)
5.5 Maak die qry5_5-navraag in ontwerpaansig ('Design View') oop.
• Voeg 'n berekende veld met die naam Diff by om die verskil tussen die
For-veld en die Against-veld te bepaal.
• Vertoon slegs kunstenaars wie se nasionaliteit NIE 'French' of 'American' is
nie.
Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2018
NSS
5.6 Skep 'n verslag met die naam rpt5_6, wat op die tblArtists-tabel gebaseer is,
om soos in die uittreksel van die verslag hieronder te vertoon.
• Groepeer die verslag volgens die jaar waarin die kunstenaar gebore ('born')
is EN die geboorteland ('country of birth').
• Maak seker dat die Born-veld per jaar gegroepeer is.
• Voeg 'n funksie in om die totale getal kunstenaars per land per jaar te bepaal.
rpt5_6
Born by Year BirthCountry ArtistName ArtistSurname
1452
Italy
Leonardo da Vinci
1
1824
France
Eugene Boudin
Pierre-Purvis de Chavannes
2
Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. (6)
Stoor en maak die 5ArtWorld-databasis toe. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
Jy moet 'n webblad oor die giere van kunstenaars voltooi.
Maak die onvolledige 6Quirks-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n
teks-/HTML-redigeerder oop. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word
gebruik om die HTML-vraag te beantwoord NIE.
LET WEL:
• Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om jou te lei
waar om die antwoord(e) in te voeg. MOENIE hierdie kommentaar uitvee NIE.
• 'n HTML-merkersblad is vir jou verwysing aangeheg.
Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2018
NSS
LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou te lei om die
vrae hieronder te beantwoord.
EEN punt sal vir die korrekte gebruik van sluitingsmerkers, driehoekige hakies en
nesvorming ('nesting') toegeken word. (1)
6.1 Verander die font van die vlak 1-opskrif na 'Vivaldi'. (1)
6.2 Stel die breedte ('width') van die horisontale lyn op 60% en stel die inlynstelling
('alignment') op regs. (2)
6.3 Vertoon die teks 'Believe it or Not!!!' as 'n vlak 2-opskrif EN in kursief ('italics'). (2)
6.4 Skep 'n skakel op die teks 'ECCENTRICITY' om met 'n teikenarea te skakel
wat reeds naby die einde van die webblad geskep is. (3)
6.5 Voeg merkers ('tags') by om die items 'Stealing pens', 'Carrying around guns' en
'Making time capsules' in 'n lys met die nommerformaat A., B., C. te vertoon. (3)
6.6 Verander die tabel soos volg:
• Stel die selspasiëring ('cell spacing') op 6.
• Die eerste sel moet oor drie rye strek en die teks 'Weird Quirks' bevat.
• Die prent 6Michelangelo wat in jou eksamenlêergids gevind word, moet
korrek vertoon.
• Die teks 'Stole pens', 'Never bathed' en 'Carried a gun' moet in die derde ry
van die tabel vertoon. (6)
6.7 Verander die kode van die teks 'SHOCKING BUT TRUE' om in vetdruk ('bold')
te vertoon.
Maak seker dat die teks onder die tabel in plaas van bo die tabel sal verskyn. (2)
Stoor en maak die 6Quirks-webblad toe. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 7: ALGEMEEN
Kunsinstellings dra gereeld tot die kunswêreld by deur lesings en kunsvertonings te
hou.
7.1 Maak die 7Lecture-woordverwerkingsdokument oop.
7.1.1 Volg die instruksie in die kommentaar ('comment') in die dokument
EN verwyder dan die kommentaar. (2)
7.1.2 Verwerp ('Reject') al die veranderingspore ('track changes') in die
dokument. (1)
7.1.3 Uitnodigings na die lesing moet aan die gaste gestuur word.
Voltooi 'n possamevoeging ('mail merge') soos volg:
• Gebruik die 7Guests-databasis as 'n databron ('data source') vir
die 7Lecture-possamevoegingsdokument.
• Redigeer die ontvangerlys ('recipient list') van die databron om
SLEGS die data van daardie lede wat 'Painting' as 'n kunsvorm
het en wat meer as 60 skilderye geskilder het, in te sluit.
• Vervang die teks '<<Name>>' met die saamvoegveld Name.
• Vervang die teks '<<Surname>>' met die saamvoegveld Surname.
Stoor die dokument, maar moet dit NIE toemaak NIE. (5)
7.1.4 Voltooi die samevoeging ('merge') en stoor die saamgevoegde
('merged') dokument as 7LectureMerge. (1)
Stoor en maak die 7Lecture-dokument en die 7LectureMerge-dokument toe.
7.2 Maak die 7ArtForm-sigblad oop.
Gebruik 'n sigbladeienskap om die data wat in kolom A gestoor is, in
verskillende kolomme te verdeel. Die komma (',') moet gebruik word om die
data in kolomme te verdeel.
WENK: Gebruik die sigbladeienskap 'Text to Columns' op die Data-
oortjie ('tab') in die Data Tools-groep. (2)
Stoor en maak die 7ArtForm-sigblad toe.
7.3 Maak die 7Summary-sigblad oop.
Gebruik die SUBTOTAL-eienskap om die grootste getal kunswerke wat deur 'n
kunstenaar geskilder is, volgens die geboorteland te bepaal. (3)
Stoor en maak die 7Summary-sigblad toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/November 2018
NSS
7.4 Maak die 7Timeline-sigblad oop.
Die kunsgalerybestuurder wil weet watter skilderye deur dieselfde kunstenaar
in opeenvolgende jare (waar een jaar op die vorige jaar volg) geskep is.
Gebruik die volgende stappe om die kunsgalerybestuurder te help:
Stap 1: Sorteer die data alfabeties volgens kunstenaar EN dan van die
vroegste tot die laatste jaar waarin die skildery voltooi is.
Stap 2: Voeg 'n formule in kolom D in om die volgende toetse uit te voer:
• Toets 1: Begin by ry 2 en toets of die kunstenaar in die huidige ry dieselfde
kunstenaar as die een in die vorige ry is.
• Toets 2: Toets of die kunstenaar 'n skildery in die vorige jaar geskilder het
deur te toets of die verskil tussen die jaar in die huidige ry en die jaar in die
vorige ry, 1 is.
• Indien Toets 1 en Toets 2 albei WAAR is, vertoon dan 'True', of anders
moet 'False' vertoon word.
Voorbeeld van afvoer:
Painting Artist Year Completed Question 7.4
Skildery Kunstenaar Jaar Voltooi Vraag 7.4
Molesey Weir Alfred Sisley 1874
Street in Moret Alfred Sisley 1877 FALSE
Sand Heaps Alfred Sisley 1878 TRUE
View of the Seine Armand Guillaumin 1871 FALSE
Grain Field Bethe Morisot 1875 FALSE
The Artistist's Daughter Bethe Morisot 1884 FALSE
Two Women Chatting by the Sea Camille Pissarro 1856 FALSE
Self Portrait Chaim Soutine 1918 FALSE
View of Ceret Chaim Soutine 1919 TRUE
View in Montmartre Paris Childe Hassam 1889 FALSE
Late Afternoon Childe Hassam 1900 FALSE
John Singer Sargent Dennis Miller Bunker 1888 FALSE
The Pool, Medfield Dennis Miller Bunker 1889 TRUE
Woman with Chrysanthemums Edgar Degas 1865 FALSE
The Bellelli Family Edgar Degas 1867 FALSE (6)
Stoor en maak die 7Timeline-sigblad toe. [20]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2018
NSS
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
<body></body>
Definieer die liggaam van Word voor elke lysitem
die webblad ingevoeg, en voeg 'n nommer of
<li></li>
<body Stel die agtergrondkleur simbool by afhangende van die
bgcolor="pink"> van die webblad tipe lys wat geselekteer is
<body Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in
text="black"> liggaamteks
Stel 'n prent inlyn, kan "left","
<img src="name"
<head></head> Bevat inligting oor die align="left"> right"; "bottom", "top", "middle"
webblad wees
<p align=
"center"><img Stel 'n prent "center" inlyn
<html></html> Skep 'n HTML-dokument – src="name"></p>
begin en eindig 'n webblad
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title>
Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent
webblad
<br/> Voeg 'n reëlbreuk in <img src="name"
<!-- --> width="200"
Stel die hoogte en breedte van
Kommentaar
height ="200"> 'n prent
Teksmerkers ('Text Tags')
Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks
<img src="name"
<h1></h1> Skep die grootste opskrif wanneer die muis oor 'n prent
alt="alternative
text"> gehou word of wanneer die
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif prent nie gevind kan word nie
<hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n
Skep teks in vetdruk
reël
<hr width= Stel die breedte van 'n lyn, in
<i></i> Skep teks in skuinsdruk "80%"/> persentasie of absolute waarde
<font Stel fontgrootte van "1" tot <hr color=
size="3"></font> "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
"7"
<font Tabelmerkers ('Tabel Tags')
color="green"> Stel fontkleur
</font> Merker ('Tag') Beskrywing
<font face="Times <table></table> Skep 'n tabel
New Roman"></font> Stel fonttipe
<tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
Beskrywing Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
<th></th>
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel vetgedrukte, gesentreerde teks)
<a href="URL"><img <table
src="name"></a> Skep 'n prentskakel width="50"> Stel die breedte van die tabel
<a Skep 'n teikenarea in die <table Stel die breedte van die raam
name="NAME"></a> dokument border="1"> rondom die selle van die tabel
Skakel na 'n teikenarea <table Stel die spasie tussen die selle
<a
wat elders in die dokument cellspacing="1"> van die tabel
href="#NAME"></a>
geskep is <table Stel die spasie tussen 'n
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan
Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die
<tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook "center" of
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf
"right" wees)
Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling vir
<p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle"
''center'' wees of "bottom" wees)
<br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line
<td colspan="2">
Stel 'n getal kolomme waaroor 'n
break') in
sel moet strek
<ol></ol> Skep 'n genommerde lys
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel
<td rowspan="4">
"I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
<ul type="disc",
"square","circle">
Definieer die tipe kolpunte
</ul> wat gebruik word
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2018
NSS
TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD
KARAKTER BESKRYWING
0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens nie
9
toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon
# terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word verwyder
wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter
.,:;-/ hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie
in die 'Windows Control Panel' af.)
< Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lowercase') omgeskakel word
> Veroorsaak dat alle karakters na bokas ('uppercase') omgeskakel word
Veroorsaak dat invoermasker van regs na links, in plaas van links na regs
! vertoon word. Karakters in die invoermasker getik, vul altyd van links na regs.
Jy kan die uitroepteken op enige plek in die invoermasker invoeg.
Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
\
(bv. \A word slegs as A vertoon).
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2018
NSS
Eksamenplakker 180
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2018
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER__________________________________________________________
EKSAMENNOMMER __________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________
SUITE GEBRUIK
Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office
(Maak 'n kruisie in die Office 365
2010 2013 2016
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER VIR Ander
VRAAG 6 GEBRUIK Internet Explorer (Spesifiseer)
Mozilla Firefox Google Chrome
(Maak 'n kruisie in die
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________
Maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of gepoog is.
Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum
Lêernaam Nasiener SN HN IM/EM
nommer () () punt
1 1Impression 36
2 2Vote 14
3 3Paintings 28
4 4Famous 22
5 5ArtWorld 40
6 6Quirks 20
7Lecture
7LectureMerge
7 7ArtForm 20
7Summary
7Timeline
TOTAAL 180
Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
__________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP
Related documents

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2018 QP

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 Memo

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 QP
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP

Question paper