Skip to content

Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 12201821 pages

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n HTML-merkersblad, 'n toevoermasker-karakterblad en 'n aparte inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die eksamen geld die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal. 2. Sleutel jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskrif ('footer') van ELKE dokument wat jy skep of stoor, waar toepaslik. 3. Die toesighouer sal 'n CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') met al die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n CD/DVD aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die CD/DVD skryf. Indien jy op die netwerk werk, moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. 4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. 6. Beantwoord AL die vrae. 7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 8. Lees elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheuestokkie wat die toesighouer aan jou gegee het, inlewer, met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik het. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. Moet NIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE. Moet NIE duplikaat- antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE. 10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf is, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 11. Gedurende die eksamen mag jy die aflyn hulpfunksies van die programme wat jy gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 12. Tensy anders aangedui, gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in sigbladvrae. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. 13. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die data. 14. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg. 15. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. 16. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheid- instellings korrek ingestel is. 17. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.  1Luck Prentlêer  1Pat Woordverwerkingslêer  1StPat Prentlêer  2Place Woordverwerkingslêer  3Cost Sigbladlêer  4Dublin Sigbladlêer  5Data Databasislêer  6Button Prentlêer  6Eye Prentlêer  6Flag Prentlêer  6Lep Prentlêer  6Quiz HTML-lêer  6Rip Prentlêer  6Three Prentlêer  7New Databasislêer  7Old Databasislêer  7St Woordverwerkingslêer  7Top Woordverwerkingslêer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS SCENARIO Alle lande het feeste om spesiale gebeurtenisse te vier. Die St. Patrick-dag-fees ('St. Patrick's Day festival') word wêreldwyd gevier. Jou klas is gevra om navorsing oor feite oor die St. Patrick-dag-vieringe te doen. VRAAG 1: WOORDVERWERKING Maak die 1Pat-woordverwerkingsdokument, wat agtergrondinligting oor St. Patrick-dag bevat, oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of die bladsyonderskrif ('footer') in. 1.1 Verander die fontgrootte van die hele dokument na 12 pt EN stel die teks vol inlyn ('fully justify'). (2) 1.2 Maak die volgende veranderinge aan die opskrif 'ST. PATRICK'S DAY HISTORY AND TRADITIONS' boaan die eerste bladsy:  Verander hierdie opskrif na enige WordArt.  Vul ('Fill') die teks met enige groen kleur.  Verander die teksbuitelyn ('text outline') na 3 pt. (3) 1.3 Sekere woorde in die dokument bevat die simbole '㜀' wat nie Engelse teks is nie. Vervang hierdie simbole in elke geval waar dit voorkom met die letters 'fi' sodat die woorde sin maak. (3) 1.4 Vind die teks 'insert citation' in die tweede paragraaf. Vervang hierdie teks soos volg met 'n aanhaling ('citation'):  Die aanhaling ('citation') moet na die bestaande webtuiste-bron ('website source') 'Happy St. Patrick's Day' verwys. Kies 'Yes' indien 'n waarskuwingsboodskap verskyn.  Vertoon slegs die titel van die webtuiste. (3) 1.5 Vind die teks 'soda bread' in die tweede paragraaf. Voeg 'n voetnoot ('footnote') soos volg by hierdie teks in:  Gebruik die '♣'-simbool (Symbol, karakterkode 167) as die doelgemaakte voetnootmerker ('footnote custom mark').  Voeg die teks 'Bread without yeast' as die voetnootteks ('footnote text') in. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.6 Vind die teks op die eerste bladsy wat met 'Parades …' begin en met '… (prime pea-planting conditions).' eindig en pas kolpunte ('bullets') soos volg op die teks toe:  Voeg die 1StPat-prent as 'n kolpunt in.  Stel ('Align') die kolpunt 0.5 cm vanaf die kantlyn inlyn.  Stel die teksinkeping ('text indent') op 2 cm. (3) 1.7 Vind die teks wat met 'Boston …' begin en met '… streets.' onder die opskrif 'Worldwide St. Patrick's Day Parades and Celebrations' eindig en doen die volgende:  Skakel die geselekteerde teks om ('convert text') na 'n tabel met 2 kolomme.  Verander die breedte ('width') van die eerste kolom na 3 cm.  Verander die paragraafinstelling ('paragraph setting') van die tabel om te keer dat die tabel na die volgende bladsy oorvloei. (3) 1.8 Verander die 'Heading 1'-styl soos volg:  Verander die font na kleinbokas ('small caps') EN die fontkleur na enige skakering van groen.  Verander die paragraafspasiëring sodat die instelling vir 'ná' ('after:') dieselfde waarde as dié vir 'voor' ('before;') het.  Pas die veranderinge outomaties toe op al die gevalle waar 'Heading 1' in die dokument gebruik is. (4) 1.9 Gebruik 'n woordverwerkingseienskap om die woord 'celebrations' aan die einde van die dokument met 'n sinoniem ('synonym') uit die woordverwerker se lys van voorstelle te vervang. (1) 1.10 Voeg 'n skakel ('link') na die 1Luck-lêer in die eksamenlêergids in sodat dit as 'n ikoon ('icon') aan die einde van die dokument verskyn. (2) 1.11 Verander die datumformaat van die 'current date'-veld in die bladsyonderskrif ('footer') na dd MMM yyyy. (1) Stoor en maak die 1Pat-dokument toe. [28] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 2: WOORDVERWERKING Maak die 2Place-woordverwerkingsdokument wat toeriste-aantreklikhede bevat wat vir St. Patrick-dag groen gemaak word oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of die bladsyonderskrif ('footer') in. 2.1 Voeg 'n outomatiese inhoudsopgawe ('automatic table of contents') soos volg op die eerste bladsy van die dokument in:  Vertoon slegs een vlak.  Maak seker dat die opskrif '2. The Leaning Tower of Pisa, Italy' by die inhoudsopgawe ingesluit word. (4) 2.2 Verander die prent onder die opskrif '1. The Empire State Building …' soos volg:  Redigeer ('Edit') die prent om soortgelyk aan die een hierbo te vertoon.  Pas enige skaduwee-effek ('shadow effect') van jou keuse op die prent toe. (2) 2.3 Vind die prent onder die opskrif '6. Selfridges Department Store, …' en doen die volgende:  Gebruik die inligting in die kommentaar ('comment') as 'n byskrif ('caption') vir die prent.  Vee die kommentaar ('comment') by die opskrif uit ('delete'). LET WEL: Die etiket van die byskrif moet 'Figure 4' wees. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 2.4 Vind die teks wat met die opskrif '7. Table Mountain, Cape …' begin en met '… Table Mountain National Park.' eindig en doen die volgende:  Verander slegs die geselekteerde teks na landskaporiëntering ('landscape orientation') EN laat dit op 'n aparte bladsy verskyn.  Voeg die teks 'Table Mountain' by die bladsyonderskrif ('footer') van slegs die landskapbladsy in. (4) 2.5 Voeg 'n hiperskakel ('hyperlink') op die teks 'Day' by die laaste paragraaf van die dokument in om met die boekmerk ('bookmark') 'March' te koppel. (2) 2.6 Verander die bibliografie onder die opskrif 'Bibliography' naby aan die einde van die dokument soos volg:  Verander die bron ('source') 'History of St. Patrick's Day' sodat die maand waarin toegang tot die webtuiste verkry is, 'July' in plaas van 'August' is.  Verwyder die bron 'Tourism Ireland announces Global Greening line-up for St. Patrick's Day' uit die dokument.  Dateer die bibliografie op. (3) 2.7 Vind die opskrif 'Table of figures' en doen die volgende onder die opskrif:  Voeg 'n outomaties gegenereerde figuurtabel ('table of figures') in.  Moenie die etikette ('labels') en figuurnommers ('figure numbers') in die figuurtabel vertoon nie. (2) 2.8 Vind die teks 'Total number of words:' aan die einde van die dokument. Voeg 'n veld langs die teks in om die getal woorde in die dokument te vertoon. (2) Stoor en maak die 2Place-dokument toe. [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 3: SIGBLAD LET WEL:  Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.  Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om te verseker dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer).  Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data. Maak die 3Cost-sigblad wat die bestedingsgewoontes van mense wat St. Patrick-dag vier bevat, oop. Werk in die Spending-werkblad. 3.1 Sentreer ('Centre') die data in sel A1 vertikaal. (1) 3.2 Verander die bladsy-uitleg ('page setup') soos volg:  Verander die linkerkantlyn ('left margin') na 2 cm.  Sentreer ('Centre') die werkblad horisontaal op die bladsy.  Herhaal ('Repeat') ry 2 aan die bokant van elke bladsy. (3) 3.3 Kolom A bevat 'n identifikasiekode vir elke deelnemer, waar die eerste deelnemer se identifikasiekode 'STP 1' sal wees, die tweede deelnemer se identifikasiekode 'STP 2' sal wees, ensovoorts. Gebruik 'n sigbladeienskap om die nommering van die identifikasiekode in kolom A voort te sit sodat elke deelnemer 'n identifikasiekode sal hê. (1) 3.4 Die rand/dollar-wisselkoers (aantal rand wat 1 dollar koop) vir Desember 2017 word in sel I1 aangedui. Die waarde in kolom G word in dollar verskaf. Voeg 'n formule in sel H3 in om die randwaarde van die items wat aangekoop is, te bepaal (sel G3).  Maak seker dat die korrekte antwoorde vertoon sal word indien die formule na die res van die selle in kolom H gekopieer word.  Vertoon die bedrag in sel H3 in die Suid-Afrikaanse geldeenheid ('currency'). (5) 3.5 Voeg 'n funksie in sel I4 in om die woord 'Green' te vertoon slegs as 'n deelnemer die dag gevier het deur groen klere te dra (kolom D) EN geld op bykomstighede ('accessories') (kolom E) gespandeer het, andersins moet niks vertoon word nie. (6) 3.6 Voeg 'n funksie in sel M3 in om die gemiddelde bedrag wat deur die deelnemers gespandeer is (kolom G), te bepaal. LET WEL: Die bedrag vertoon in dollar. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 3.7 Voeg 'n funksie in sel M4 in om die totale bedrag (kolom G) wat gedurende die St. Patrick-dag-vieringe deur die deelnemers op versnaperinge ('snacks') (kolom E) gespandeer is, te bepaal. LET WEL: Die bedrag vertoon in dollar. (4) 3.8 'n Funksie is in sel M5 ingevoeg as 'n poging om die getal deelnemers te bepaal wat op St. Patrick-dag 'n partytjie ('party') ('n privaat partytjie ('private') of 'n partytjie in 'n kroeg/restaurant ('bar/restaurant')) bygewoon het. Die funksie gee nie die korrekte antwoord nie. Korrigeer die funksie. (2) 3.9 Kopieer al die inligting oor deelnemers wat produkte aanlyn ('online') (kolom F) gekoop het om St. Patrick-dag te vier, na die Green-werkblad. LET WEL: MOENIE enige data uit die Spending-werkblad uitvee NIE. (2) Stoor en maak die 3Cost-sigblad toe. [26] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 4: SIGBLAD LET WEL:  Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.  Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om te verseker dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer).  Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data. Maak die 4Dublin-sigblad oop wat 'n groep St. Patrick-dag-besoekers bevat wat die 2017 Dublin-feesvieringe bygewoon het. Werk in die List-werkblad. 4.1 Voeg 'n formule in sel E3 in om die getal dae te bepaal wat Miriam Paterno vir die St. Patrick-dag-vieringe in Dublin bestee het. (2) 4.2 Die twee letters in 'n e-posadres, wat die land waarvandaan die e-pos kom aandui en algemeen as die domein-uitbreiding bekend is, verskyn in die Codes-werkblad. Gebruik die land in kolom G en voeg 'n gepaste LOOKUP-funksie by sel H4 in om die domein-uitbreiding vir Korea te bepaal. (4) 4.3 Pas die formule in sel I5 aan om 'n onderkas ('lower case')-e-posadres vir Lucian Bradford te skep deur die volgende te kombineer:  Die eerste letter van haar naam in kolom B  Gevolg deur die laaste vier letters van haar van in kolom A  Gevolg deur die teks '@stp.co.' (dit is alreeds in die formule in sel I5 geplaas)  Gevolg deur die domein in kolom H VOORBEELD: Miriam Paterno sal merno@stp.co.uk wees. (6) Werk in die Summary-werkblad. 4.4 Die funksie om die totale getal besoekers uit al die stede te bepaal, verskyn in sel C1. Verander die funksie in sel C1 om 'True' te vertoon as die totale getal besoekers na al die stede in sel A2:B21 dieselfde is as die totale getal van al die besoekers in die List-werkblad, vertoon andersins 'False'. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 4.5 Die totale getal besoekers vir elke land word in sel A23:E43 vertoon. Sommige van die lande en hulle totale word herhaal. Gebruik 'n sigbladeienskap om al die ekstra inskrywings te verwyder. (1) 4.6 Verander die 'USA Cities Represented'-grafiek om soos hieronder te verskyn: USA Cities Represented Washington 3 New York 4 Chicago 4 0 0.5 1 1.5 2 2.5 3 3.5 4 4.5  Verander die grafiek-tipe na die een wat in die voorbeeld hierbo getoon word.  Vertoon slegs die 'USA'-stede (Chicago, New York en Washington).  Verander die gapingbreedte ('gap width') tussen die datastelle ('data sets') na 40%.  Gebruik 'n grafiekeienskap ('chart feature') om die kleure volgens stad te varieer ('vary').  Vertoon die data-etikette ('data labels') met enige stippellynraam ('dashed line border'). (6) Stoor en maak die 4Dublin-sigblad toe. [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 5: DATABASIS Maak die 5Data-databasis oop wat musiek en kunstenaars vir St. Patrick-dag stoor. 5.1 Inligting oor kunstenaars wat vir besprekings vir die St. Patrick-dag-vieringe beskikbaar is, is in die tbGroups-tabel gestoor. Maak die tbGroups-tabel oop. 5.1.1 Hernoem die ID-veld na GroupID. (1) 5.1.2 Verander die veldeienskappe ('field properties') van die Artist-veld om 'n aftreklys ('drop-down list') met die volgende opsies te vertoon: Soloist Group Band (2) 5.1.3 Verstel die veldeienskappe ('field properties') van die Manager-veld sodat dit altyd in hoofletters ('upper case ') sal vertoon. (1) 5.1.4 Verander die veldeienskappe ('field properties') van die CellNo-veld om data slegs in die volgende formaat te aanvaar:  '+27'  Gevolg deur TWEE syfers en 'n spasie  Gevolg deur SEWE syfers (3) 5.1.5 Verander die Available-veld na 'n meer geskikte datatipe. (1) 5.1.6 Stel die veldeienskappe ('field properties') van die DateBooked-veld in sodat:  Die gebruiker slegs datums vanaf 14 Maart 2018 tot 17 Maart 2018 kan insleutel  Die gebruiker gedwing word om data vir hierdie veld in te sleutel (4) Stoor en maak die tbGroups-tabel toe. 5.2 Maak die frm5_2-vorm oop. Verander die vorm soos volg:  Formateer die Artist-veld om in vetdruk ('bold') te vertoon.  Voeg 'n etiket ('label') langs die ReleaseDate-veld in om die gebruiker te lei om data vir die ReleaseDate-veld in die MMM-yy-formaat in te sleutel.  Verwyder die NoOfCDsInShop-veld EN sy etiket ('label'). Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 5.3 Maak die qry5_3-navraag oop.  Sorteer die data in alfabetiese volgorde volgens die titel.  Vertoon slegs die rekords wat NIE 'n vrystellingsdatum ('release date') het NIE OF vertoon al die rekords waar geen kopieë van die CD in die winkel beskikbaar is nie. Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (5) 5.4 Maak die qry5_4-navraag oop. Verander die navraag om soos die voorbeeld hieronder te vertoon.  Vertoon kunstenaars ('artists') wat meer as een titel vrygestel ('release') het.  Vertoon die kunstenaar, die getal titels vrygestel en die LAASTE vrystellingsdatum ('release date') waarop 'n kunstenaar 'n titel vrygestel het. LET WEL:  Die CountOfTitle-veld gebruik die Title-veld en die LastOfReleaseDate- veld gebruik die ReleaseDate-veld. Hierdie velde sal bereken word deur funksies te gebruik.  Die name van die velde CountOfTitle en LastOfReleaseDate kan verskil. Artist CountOfTitle LastOfReleaseDate Abbey Ceili Band 3 2011-02-01 Brian Boru Ceili Band 2 2012-02-01 Ceili Time 2 Heather Breeze 4 Matt Cunningham Ceili Band 22 2016-01-01 Michael Sexton Ceili Band 2 2004-01-01 Michéal Sexton and Pat Walsh 2 2005-01-01 PJ Hernon 2 2006-01-01 Rise The Dust 2 2015-07-01 Shaskeen 4 2004-01-01 Swallow's Tail 2 2011-09-01 Temple House Ceili Band 2 2003-01-01 Tommy McCarthy 5 1998-01-01 Various Artists 4 2002-01-01 Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 5.5 Maak die qry5_5-navraag oop.  Verander die navraag om al die titels wat in 'Tape'- of 'DVD'-formaat is, te vertoon.  Vertoon slegs die Title-, Format- en Price-velde.  Gebruik 'n funksie in datablad-aansig ('datasheet view') om die totaal van die pryse soos hieronder getoon, te vertoon. Title Format Price Irish Set Dancing Made Easy Volume 1 DVD € 9.00 Buail Cois A Tape € 4.00 Buail Cois Eile Air Tape € 5.00 House At Home Tape € 12.00 Set Dances of Ireland Vol 1 Tape € 8.00 Set Dances of Ireland Vol 2 Tape € 7.00 Set Dances of Ireland Vol 3 Tape € 6.00 Set Dances of Ireland Vol 4 Tape € 6.00 Total € 57.00 Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (6) 5.6 Maak die rpt5_6-verslag oop en verander die verslag soos volg:  Verander die databron ('data source') van die verslag vanaf die tbCD-tabel na die qry5_6-navraag.  Voeg die ZARPrice-veld in die besonderhede('detail')-afdeling van die verslag.  Vertoon die etiket ('label') 'ZARPrice' boaan elke bladsy.  Groepeer ('Group') die verslag volgens kunstenaar ('artist').  Voeg 'n funksie in om die totale getal titels per groep te bepaal. Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. (8) Stoor en maak die 5Data-databasis toe. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) 'n Webtuiste is vir 'n vasvra oor St. Patrick-dag geskep. Maak die onvolledige 6Quiz-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teks-/HTML- redigeerder (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE) oop. LET WEL:  Vraagnommers word as kommentaar ('comments') by die kodering ingevoeg as riglyne om aan te dui waar die antwoord(e) ongeveer ingevoeg moet word.  'n HTML-merkersblad ('tag sheet') is as verwysing aangeheg. Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vraag te help. 6.1 Verander die font van die opskrif 'St. Patrick's Day' na 'Forte' EN die fontgrootte na 10 pt. (3) 6.2 Verander die boonste ry van die tabel wat die teks 'Quiz for St. Patrick's Day' bevat soos volg:  Voeg die selle oor die vier kolomme saam ('merge').  Stel die data vertikaal inlyn ('vertically align') na die bokant van die sel. (2) 6.3 Verander die skakering van die kolomopskrifte in die tweede ry na wit ('white'). (2) 6.4 Verander die kolpunte ('bullets') van die antwoorde op die eerste vraag, '1. St. Patrick's Day is celebrated …', na nommering in die formaat A, B en C. (2) 6.5 Die merker <input type="text"> word gebruik om 'n spasie te verskaf om data in te sleutel. 'n Spasie om antwoorde in te sleutel word vir elke vraag, behalwe die eerste vraag, verskaf. Voeg die merkers in om 'n spasie te verskaf om die antwoord op die eerste vraag in te sleutel. (2) 6.6 Voeg 'n hiperskakel in op die woord 'Look' in die derde ry en vierde kolom om met die 6Rip-prent in die eksamenlêergids te skakel. (1) 6.7 Verander die HTML-kode vir die tweede vraag, '2. Where was St. Patrick born?', om in dieselfde formaat as al die ander vrae te verskyn. (2) 6.8 Korrigeer die merkers sodat die prent in die vierde kolom van die vierde vraag, '4. What does leprechaun mean?', korrek sal vertoon. (2) 6.9 Al is al die elemente vir die sesde vraag in die HTML-lêer ingevoeg, vertoon dit nie in die deurblaaier ('browser') nie. Voeg die nodige merkers by om die sesde vraag korrek te vertoon. (2) 6.10 Vind die 6Button-prent onderaan die webblad. Stel die hoogte en breedte van die prent op 30. (2) Stoor en maak die 6Quiz-dokument toe. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 7: ALGEMEEN 7.1 Maak die 7St-woordverwerkingsdokument, wat baie interessante tradisies oor St. Patrick-dag bevat, oop en doen die volgende: 7.1.1 Verwerp ('Reject') AL die veranderingspore ('track changes') in die dokument. (1) 7.1.2 Voeg 'n kommentaar ('comment') op die woord 'Biography' in. Die kommentaar moet 'See Source' lees. (2) 7.1.3 Vind die prent op die derde bladsy, wat uit sewe prente bestaan, en doen die volgende:  Redigeer ('Edit') die prent sodat slegs ses prente as 'n enkele prent verskyn, soos hieronder getoon.  Stoor die oorblywende sewende prent as 'n lêer met die naam Saint in jou eksamenlêergids en verwyder hierdie prent uit die dokument. (4) 7.1.4 Vind die 'Entry form' op die laaste bladsy van die dokument en redigeer dit soos volg:  Vind die teksvormveld ('text form field') langs die teks 'Name and Surname' en stel die maksimum lengte op 30.  Vind die aftrekvormveld ('drop down form field') langs die teks 'Category'. Voeg die opsie 'Dance' by en vertoon die lys in alfabetiese orde.  Verander die verstekwaarde ('default value') van die merkblokkievormveld ('check box form field') langs die teks 'Male' om nie gemerk te wees nie.  Voeg 'n teksvormveld ('text form field') langs die teks 'Date of Birth' in sodat dit 'n geboortedatum in enige datumformaat aanvaar. (6) Stoor en maak die 7St-dokument toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 7.2 Maak die 7New- en 7Old-databasisse oop. Voer die data in vanaf die tbDanceArticles-tabel in die 7Old-databasis na die 7New-databasis. Stoor en maak die 7New- en 7Old-databasisse toe. (2) 7.3 Die 7Top-dokument bevat 'n tabel met inligting oor St. Patrick-dag- organiseerders wat geld vir liefdadigheid insamel. Maak die 7Top-dokument oop en doen die volgende:  Bepaal die TOP TIEN VROULIKE liefdadigheidsinsamelaars jonger as 30 wat die grootste bedrag ingesamel het.  Vertoon SLEGS die rekords van die top tien vroulike liefdadigheidsinsamelaars, gerangskik van die grootste bedrag na die kleinste bedrag. LET WEL:  Jy kan enige metode/toepassing gebruik om die inligting te verkry.  Die inligting van die top tien vroulike insamelaars vir liefdadigheid moet in die 7Top-dokument gestoor word. Stoor en maak die 7Top-dokument toe. (5) [20] TOTAAL: 180 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET') Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing <body></body> Definieer die liggaam van Word voor elke lysitem ingevoeg, die webblad en voeg 'n nommer of simbool by <li></li> <body Stel die agtergrondkleur afhangende van die tipe lys wat bgcolor="pink"> van die webblad geselekteer is <body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in liggaamteks Stel 'n prent inlyn, kan "left", <img src="name" <head></head> Bevat inligting oor die align="left"> "right"; "bottom", "top", "middle" webblad wees <p align= "center"><img Stel 'n prent "center" inlyn <html></html> Skep 'n HTML-dokument – src="name"></p> begin en eindig 'n webblad <img src="name" Stel die grootte van die raam <title></title> Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent webblad <br/> Voeg 'n reëlbreuk in <img src="name" <!-- --> width="200" height Stel die hoogte en breedte van 'n Kommentaar ="200"> prent Teksmerkers ('Text Tags') Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks <img src="name" <hl></hl> Skep die grootste opskrif wanneer die muis oor 'n prent alt="alternative text"> gehou word of wanneer die prent <h6></h6> Skep die kleinste opskrif nie gevind kan word nie <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in <b></b> <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n Skep teks in vetdruk lyn <i></i> <hr width="80%"/> Stel die breedte van 'n lyn, in Skep teks in skuinsdruk persentasie of absolute waarde <font Stel fontgrootte van "1" tot <hr size="3"></font> color="ff0000"/> Stel die kleur van die lyn "7" <font Tabelmerkers ('Tabel Tags') color="green"> Stel fontkleur </font> Merker ('Tag') Beskrywing <font face="Times <table></table> Skep 'n tabel New Roman"></font> Stel fonttipe <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel Merker ('Tag') Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met <th></th> <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel vetgedrukte, gesentreerde teks) <a href="URL"><img Skep 'n prentskakel <table width="50"> Stel die breedte van die tabel src="name"></a> <a name="NAME"></a> Skep 'n teikenarea in die <table border="1"> Stel die breedte van die raam dokument rondom die selle van die tabel Skakel na 'n teikenarea <table Stel die spasie tussen die selle <a wat elders in die dokument cellspacing="1"> van die tabel href="#NAME"></a> geskep is <table Stel die spasie tussen 'n selraam Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> en die inhoud daarvan Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die sel(le) <tr align="left"> ("left", kan ook "center" of "right" <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf wees) Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling vir <p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle" of ''center'' wees "bottom" wees) <br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line <td colspan="2"> Stel 'n getal kolomme waaroor 'n break') in sel moet strek <ol></ol> Skep 'n genommerde lys <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel <td rowspan="4"> "I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys <ul type="disc", "square","circle"> Definieer die tipe kolpunte </ul> wat gebruik word Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD KARAKTER BESKRYWING 0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis; plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; plus- en minustekens nie toegelaat 9 nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon # terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word verwyder wanneer data gestoor word; plus- en minustekens toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter .,:;-/ hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.) < Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word > Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word Veroorsaak dat invoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, ! vertoon word. Karakters in die invoermasker ingesleutel, vul altyd van links na regs. Jy kan die uitroepteken enige plek in die invoermasker invoeg. Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word \ (byvoorbeeld,\A word slegs as A vertoon) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS Eksamenplakker 180 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – FEBRUARIE/MAART 2018 INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word) SENTRUMNOMMER ___________________________________________________________ EKSAMENNOMMER ___________________________________________________________ WERKSTASIENOMMER ________________________________________________________ SUITE GEBRUIK Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office (Maak 'n kruisie in die Office 365 2010 2013 2016 toepaslike blokkie (X)) WEBBLAAIER GEBRUIK Ander (VRAAG 6) (Spesifiseer) Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer (Maak 'n kruisie in die toepaslike blokkie (X)) LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________________ Maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of gepoog is. Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum Punt Lêernaam Nasiener SN HN IM/EM nommer () () punt behaal 1 1Pat 28 2 2Place 22 3 3Cost 26 4 4Dublin 24 5 5Data 40 6 6Quiz 20 7St 7 7New 20 7Top TOTAAL 180 Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik) __________________________________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all