Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitend ʼn invoermasker-
karakterblad, ʼn HTML-merkersblad en ʼn inligtingsblad.
Hosted by www.ecexams.co.za.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all



CAT P1 QP GR12 SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 20
- File size
- 1.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Weens die aard van hierdie praktiese eksamen, is dit belangrik om daarop te let
dat, selfs al voltooi jy die eksamen vroeg, jy NIE toegelaat sal word om die
eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe take wat met die
eksamen gepaard gaan afgehandel is NIE. Gedurende die eksamen normale
reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld.
2. As jy op die netwerk werk, of die datalêers is vooraf op jou stelsel gelaai, moet
jy die instruksies volg wat deur die opsiener/opvoeder verskaf is.
3. Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
op die netwerk/rekenaar gestoor is soos deur die toesighouer/opvoeder aan jou
verduidelik is.
4. Maak absoluut seker dat alle lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor nie en MOENIE duplikaat antwoordlêers/lêergidse inhandig
nie. MOENIE enige oorspronklike lêers uitvee waaraan jy nie gewerk het nie
5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel voorsien is, MOET NA DIE DRIE-
UUR EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD. Gee dit aan die toesighouer aan die
einde van die eksamen.
6. ʼn Afskrif van die meesterlêers (‘Master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
wees. Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, kan jy ʼn ander kopie van die
toesighouer aanvra.
7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
meer doen as wat deur die vraag vereis word nie.
9. Maak seker dat jy elke dokument stoor met die lêernaam wat in die vraestel
gegee word. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen moontlike
kragonderbrekings.
10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.
11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ʼn vraag vereis dat die
antwoord in sel F3 in ʼn sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel G4 in,
sal dit NIE nagesien word NIE.
12. Maak seker dat die streekinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’ ingestel
is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheidinstellings
(‘currency settings’) korrek ingestel is.
13. In alle vrae wat woordverwerking behels, moet jy die taal op English (‘South
Africa’) stel. Die papiergrootte word aanvaar as A4 Portret (‘Portrait’), tensy
anders aangedui. Gebruik sentimeters as meeteenheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3
14. Maak seker dat die “Developer’-oortjie en Liniaal (‘Ruler’) geaktiveer is.
15. Maak seker dat die desimale simbool (‘decimal symbol’) as ʼn punt (‘.’) ingestel
is en dat die lys-skeikarakter (‘List separator’) as ʼn komma (‘,’) ingestel is.
16. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word.
Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat
formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ʼn sigblad kopieer.
LET WEL: Alle formules en/of funksies moet so ingevoeg word dat die korrekte
resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die
bestaande data gemaak word.
17. Jy mag NIE ʼn woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-vraag
te beantwoord NIE.
18. Die eksamendata-lêergids wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die
lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy
met hierdie eksamen begin.
19. Gebruik die wagwoord Game123 om die lêers te onttrek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
SCENARIO
E-Sport word al hoe meer gewild. Jy is deur die spankaptein gevra om ʼn dokument
te wysig wat aan leerders gestuur sal word om belangstelling in ʼn spesifieke
rekenaarspeletjie te lok.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
Maak die Q1_Overview-woordverwerkingsdokument oop en doen die volgende.
1.1 Vind die teks “Let the games begin” op die dekblad en doen die volgende:
• Verander die sin na alle-bokas ('All caps').
• Pas enige buite afset regs onder skaduwee-effek ('outer offset bottom right
shadow effect') op die sin toe. (2)
1.2 Vind die opskrif “Table of content” op die tweede bladsy en voeg ʼn
inhoudsopgawe (‘table of contents‘) in soos in die skermkopie hieronder:
LET WEL:
• Gebruik die formele (formal) inhoudsopgawe-styl met ʼn soliede gidslyn.
• Die styl wat gebruik is om die inhoudsopgawe te skep, is Esport1.
• Die bladsynommering.
• Die Multiplayer-opskrif in die inhoudsopgawe. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.3 Vind die tabel op bladsy 3 onder die opskrif ‘Dota 2’ en wysig dit soos volg:
1.3.1 Voeg ʼn nuwe ry boaan die tabel in en skuif die opskrif “Top 10 Dota 2-
Teams in the world” na die nuwe ry soos in die skermkopie hieronder:
(3)
1.3.2 Voeg ʼn formule en raam om die laaste ry van die tabel in soos in die
voorbeeld hieronder:
(2)
1.4 Vind die teks op bladsy 5 onder die opskrif ‘Multiplayer’ wat begin met ‘Dota 2’
en eindig met ‘base’ (in geel uitgelig).
Verander die paragraaf om in twee kolomme te wees met ʼn lyn tussenin.
Gebruik ʼn breuk om te verseker dat die woord “Each” boaan die tweede kolom
verskyn soos in die voorbeeld hieronder.
(2)
1.5 Spoor die woord “Steam” op wat in blou uitgelig is onder die opskrif
“Development” en doen die volgende:
• Skakel die voetnoot ('footnote') om na ʼn eindnota (‘endnote’).
• Verander die getalle-formaat na A, B, C ... (2)
1.6 Vervang die teks (Question1.6/Vraag1.6) onder die opskrif “The
International” met ʼn bronaanhaling ('citation') na die bron Gwabeni, Z. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.7 Spoor die prent onder die opskrif “Carry” op en stel die prent terug na sy
oorspronklike voorkoms.
LET WEL: MOENIE die grootte terugstel nie. (1)
1.8 Maak seker dat wanneer die indeks opgedateer word die woord “creeps” nie
meer uitgelig sal wees nie. (1)
1.9 Soek die woord “WarcraftIII” wat in geel uitgelig is onder die opskrif
“Development” en voeg ʼn sub-indeksinskrywing (‘index subentry’)
“Blizzard” by die woord.
Dateer die indeks aan die einde van die dokument op. (2)
1.10 Gebruik ʼn woordkenmerk om alle voorkomste van die presiese woord
“IceFrog” te vervang met “Gabe” in vetdruk, en onderstreep dit in rooi. (4)
1.11 Voeg ʼn byskrif ('caption') “Hero 2: Crystal Maiden” tot die prent onder die
opskrif “Heroes” by.
Maak seker dat hierdie byskrif in die figure-tabel op bladsy 2 weerspieël
word. (3)
1.12 Vind die slim-kuns (‘SmartArt’) onder die opskrif “Road to Victory”.
1.12.1 Wysig dit om soos volg te vertoon:
(1)
1.12.2 Verander die kleur van die slim-kuns (‘SmartArt’) na enige kleurvolle
(‘colourful’) opsie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7
1.13 Vind die frase wat met ‘player eligibility’ begin en met ‘misconduct’ eindig,
in blou uitgelig is, en voeg ʼn veelvlak-lys (‘multilevel list’) in op die 2de laaste
bladsy soos gedeeltelik hieronder vertoon:
LET WEL:
• Die eerste vlak moet ʼn hoofletter met ʼn hakie wees, byvoorbeeld A)
• Wingdings-karakterkode 176 is vir die 2de vlak gebruik.
• Die 2de vlak begin op 1 cm en die teks is 1 cm weg van die kolpunt
(‘bullet’). (4)
1.14 Voeg die volgende bron by:
(2)
Stoor en maak die dokument toe. [36]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Die skool sal ʼn E-sport geleentheid aanbied en jy is gevra om ʼn registrasievorm
hiervoor aan te pas.
Maak die dokument Q2_Application oop en doen die volgende:
2.1 ʼn Leerder kan slegs deel van 5 spanne wees:
• Blue
• Green
• Red
• Orange
• Grey
Verander die aftrekvormveld (‘drop down form field’) langs die spannaam
(‘team name’) om alle opsies in hierdie spesifieke volgorde in te sluit. (2)
2.2 Verander die teksformaat van die “Game Title”-veld sodat al die teks in
hoofletters vertoon. (1)
2.3 Verander die “Name” teksvormveld om ʼn maksimum van 20 karakters te
aanvaar. (1)
2.4 Verander die merkblokkievormveld (‘check box form field’) "Terms and
Conditions" om by verstek (‘by default’) gemerk te wees. (1)
2.5 Vind die handtekeningreël (‘signature line’) onderaan bladsy een, en wysig dit
om hierdie instruksie aan die ondertekenaar (‘Instruction to the signer’) in te
sluit: Please ensure that this information is accurate. (1)
2.6 Voeg ʼn teks-watermerk slegs op bladsy 1 in. Die teks van die watermerk moet
‘Registration form’ lees. (3)
2.7 Voeg die tabelstoppunte op die laaste bladsy in soos in die voorbeeld
hieronder:
(4)
Stoor en maak die dokument toe. [13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9
VRAAG 3: SIGBLAD
ʼn Lys van topspelers in die toernooi is in Excel aangeteken en jy is gevra om met die
resultate verslag te help.
Maak die Q3_IDplayer-sigblad oop en doen die volgende:
Werk in die players-werkblad.
3.1 Gebruik die outovul-funksie (‘autofill’) om die spelers outomaties van 1 tot 50 in
kolom A te nommer. (1)
3.2 Selle A1:P2 is reeds saamgevoeg (‘merged’). Brei die saamgevoegde sel uit om
ry 3 in te sluit. (1)
3.3 Bepaal in sel D4 die hoogste aantal wedstryde (Kolom D) deur ʼn individuele
speler gespeel. (1)
3.4 Bereken in sel G4 hoeveel spelers meer as 1 000 doodskote (‘kills’) (Kolom H)
gekry het en 2 000 keer of minder dood is (‘died’) (Kolom I). (5)
3.5 ʼn Speler sal goue status ontvang as ʼn speler aan die volgende vereistes
voldoen:
• ʼn Speler se eerste wedstryd moet voor 2020/01/01 wees (Kolom M) en
• ʼn Speler moes 2 000 of meer wedstryde gewen het (Kolom E) en
• ʼn Speler moet minder as 1 500 keer verloor het (Kolom F).
Gebruik ʼn kombinasie van funksies in sel O8 om die woord “Yes” te vertoon
indien die speler aan hierdie vereistes voldoen. Die sel moet leeg gelaat word
indien ʼn speler nie aan hierdie vereistes voldoen nie. (6)
3.6 ʼn Speler sal ʼn geskenk ontvang gebaseer op die aantal wedstryde wat hy/sy
gespeel het. ʼn Poging is in sel P8 aangewend om die geskenk van Ethan
Thompson te bepaal.
Verander die funksie en die tabel om die korrekte antwoord te vertoon. (3)
3.7 Werk in die Travel-werkblad.
Sommige spelers sal vanaf ʼn spesifieke hotel vertraag word om na die lokaal te
reis.
Die vertraagde status word in kolom C vertoon. Indien ʼn speler vertraag word
moet die vertraagde tyd in sel D2 by die aankomstyd gevoeg word. Indien die
speler nie vertraag word nie, moet die oorspronklike aankomstyd vertoon word.
Gebruik ʼn kombinasie van funksies en formules in sel E4 om te bepaal wat die
nuwe aankomstyd sal wees. Maak seker dat wanneer dit af gekopieer word,
die korrekte resultaat vertoon sal word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.8 Werk in die graph-werkblad.
Formateer die grafiek om soos die voorbeeld hieronder te lyk. ʼn Prent van die
finale grafiek is in die werkblad bygevoeg om jou te help.
LET WEL:
Gebruik die prentjie Q3Chart as die grafiek agtergrond en stel die
deursigtigheid (‘transparency’) op 70%. (6)
Stoor en maak die sigblad toe. [27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11
VRAAG 4: SIGBLAD
Die uitslae van die toernooi moet verwerk word en jy is gevra om daarmee te help.
Maak die Q4_Players-sigblad oop en doen die volgende:
Werk in die Ranking-werkblad.
4.1 Voeg die lêernaam as ʼn veld in die middel van die bladsyboskrif (‘header’) in. (1)
4.2 Gebruik ʼn sigbladkenmerk om die naam en van (Kolom A) met ʼn blou
agtergrondkleur te formateer, as ʼn speler in die top 5-rangorde (Kolom D) is. (4)
4.3 Voeg ʼn kombinasie van teksfunksies in sel E4 in om ʼn nuwe GamerTag vir
Sophie Adams te skep.
Die ‘GamerTag’ bestaan uit:
• Die eerste letter van die van gevolg deur
• Die tweede karakter van hul ID-nommer gevolg deur
• Die woord Pro of Amateur in Kolom C (8)
4.4 Werk in die Details-werkblad.
Beskerm die werkblad sodat ʼn persoon slegs in sel B2:B4 data kan invoer.
MOENIE ʼn wagwoord op die beskermde blad invoeg nie. (2)
4.5 Hernoem Sheet1 na ‘Game’ toe. (1)
Stoor en maak die sigblad toe. [16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 5: DATABASIS
Jy word versoek om die databasis van ʼn groep spelers te wysig.
Maak die Q5_GameStats-databasis oop.
5.1 Maak die tabel 5_1Table-tabel in die databladaansig (‘datasheet view’) oop en
doen die volgende:
• Voeg ʼn versonke sel-effek (‘sunken cell effect’) tot die tabel toe
• Verander die alternatiewe ry kleur (‘alternative row colour’) na enige groen
kleur (2)
5.2 Skakel nou die tabel na die ontwerpaansig (‘design view’) oor en wysig die tabel.
5.2.1 Kies ʼn toepaslike veld as ʼn primêre sleutel. (1)
5.2.2 Verander die PlayerName veldgrootte na 50. (1)
5.2.3 Verseker dat die GamesPlayed-veld nie leeg gelaat kan word nie. (1)
5.2.4 Maak seker dat ʼn persoon slegs ʼn waarde tussen 30 en 500 (beide
ingesluit) in die Distance traveled-veld kan invoeg. (3)
5.2.5 Verander die formaat van die Skins-veld na waar/onwaar (true/false). (1)
Stoor en maak die 5_1Table-tabel toe.
5.3 Maak die Qry5_3-navraag oop en verander dit om soos die skermkopie
hieronder te lyk.
(3)
Stoor en maak die Qry5_3-navraag toe.
5.4 Maak die Qry5_4-navraag oop en voeg ʼn berekende veld genaamd AccountAge
by wat die ouderdom van die rekening in maande sal bereken. (5)
Stoor en maak die Qry5_4-navraag toe.
5.5 Maak die Qry5_5-navraag oop.
Vertoon slegs die ‘Username’ van al die spelers wat meer as 30 000
aanhangers het en wat ʼn telling (‘score’) hoër as hul ervaring (‘experience’) het.
Sorteer die ‘usernames’ in dalende volgorde. (5)
Stoor en maak die Qry5_5-navraag toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13
5.6 Maak die Frm5_6-vorm oop en verander dit soos volg:
• Verander die teksblokkie van die “Geograpic location”-veld na ʼn
kombinasielys (‘combo box’).
• Gebruik die Q5_6 tabel as die rybron vir die kombinasielys.
• Voeg ʼn knoppie in die vorm onderskrif ('form footer') in wat die vorm sal
toemaak.
• Gebruik die 5_6Close prentjie vir die knoppie. (5)
Stoor en maak die Frm5_6-vorm toe.
5.7 Maak die verslag Rpt5_7 oop en wysig die verslag om soos die skermkopie
hieronder te lyk.
Neem kennis van die volgende:
• Die opskrif wat bygevoeg is.
• Die groepering wat toegepas is, en die verskuiwing van velde.
• Die berekende veld wat bygevoeg is.
• Die skakering wat toegepas is. (7)
Stoor en maak die Rpt5_7 verslag toe.
Stoor en maak die Q5_GameStats databasis toe. [34]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
LET WEL:
• Jy mag NIE ʼn woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
HTML-vrae te beantwoord NIE.
• ʼn HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
EEN punt sal vir die sluit-merkers (‘closing tags’) en driehoekige hakies
(‘triangular brackets’) toegeken word. (1)
Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk. Die agtergrondprent mag
anders vertoon op jou skerm as die skermkopie afhangende van jou rekenaar se
skermresolusie-verstellings.
6.1 Maak die onvoltooide Q6_1Esport-lêer in ʼn webblaaier asook ʼn teks/HTML-
redigeerder oop (NIE ʼn woordverwerkerprogram soos Word NIE).
6.1.1 Maak seker dat die opskrif “Esport” in die oortjie (‘tab’) van die
webblad vertoon. (1)
6.1.2 Verander die fontkleur van die opskrif “Dota 2 TI10” na rooi en
vergroot die fontgrootte na 10. (2)
6.1.3 ʼn Poging is aangewend om die lettertipe van die lys van gebeure
van 2023 na ‘Arial’ te verander. Stel die fout reg. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 15
6.1.4 Verander die kolpuntlys na ʼn genommerde lys.
Gebruik die A, B, C-formaat soos in die skermkopie en maak seker
dat daar geen leë reëls in die lys is nie. (3)
6.1.5 Verseker dat die naam “No Tail” soos die res van die name in die
kolom vertoon. (2)
Stoor en maak die Q6_1Esport-lêer toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
6.2 Maak die Q6_2Ranking-webblad oop en verander dit soos volg.
6.2.1 Maak seker dat al die prente in die tabel korrek vertoon. (1)
6.2.2 Formateer die opskrif om soos volg te vertoon:
(2)
Stoor en maak die Q6_2Ranking-lêer toe. [13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 17
VRAAG 7: ALGEMEEN
Gebruik die volgende lêers vir hierdie vraag: Q7_Cardtype, Q7_Data,
Q7_MergeLetter.
7.1 Maak die dokument Q7_MergeLetter oop.
7.1.1 Aanvaar alle veranderinge wat aan die dokument gemaak is. (1)
7.1.2 Al die spelers met ʼn visa-kaart sal ʼn brief van die bank kry om hulle oor
ʼn lojaliteitsprogram in te lig. Gebruik die Q7_Cardtype en
Q7_MergeLetter en berei ʼn possamevoeging (‘mail merge’) voor vir al
die visa tipe kaarthouers.
• Gebruik die Q7_Cardtype as bron.
• Vervang <<First Name>> en <<Surname>> met die velde
‘First_Name’ en ‘Surname’.
• Stoor die Q7_MergeLetter voor die voltooiing van die
possaamvoeging.
• Voltooi die possamevoeging en stoor die nuwe dokument as
Q7Merged. (4)
Maak die Q7_MergeLetter- en Q7Merged-dokumente toe.
7.2 Maak die Q7_Data Excel-lêer oop en werk in die IP-werkblad.
7.2.1 Gebruik data-validering (‘data validation’) om ʼn lys te skep wat verseker
dat ʼn persoon slegs ‘Male’ of ‘Female’ in Kolom E kan kies. (2)
7.2.2 Werk in die Dup-werkblad en verwyder al die duplikaat items. (1)
7.2.3 Werk in die Company-werkblad en gebruik ʼn sigbladkenmerk om ʼn
opsomming te skep, soos die skermkopie hieronder:
LET WEL: Gebruik die CompanyExample-werkblad as ʼn gids. (3)
Stoor en maak die Q7_Data-sigblad toe. [11]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
HTML-MERKERSBLAD (‘HTML TAG SHEET’)
Basiese Merkers (Basic Tags) Formateringsmerkers (‘Formatting Tags’) vervolg
Merker (Tag) Beskrywing Merker (Tag) Beskrywing
<body></body> Definieer die liggaam van die <li></li> Word voor elke lysitem
webblad ingevoeg, en voeg dan ʼn
<body Stel die agtergrondkleur van die nommer of simbool by
bgcolor=“pink”> webblad afhangende van die tipe lys
wat geselekteer is
<body text=“black”> Stel die kleur van die liggaamteks <img src=“name”> Voeg ʼn prent in
<head></head> Bevat inligting oor die dokument <img src=“name” Stel ʼn prent inlyn: kan ook
align=“left”> “right”, “center”; “bottom”,
“top”, “middle'' wees
<html></html> Skep 'n HTML-dokument – begin <img src=“name” Stel die grootte van die
en eindig ʼn webblad border=“1”> raam rondom ʼn prent
<title></title> Definieer ʼn titel vir die dokument <img src=“name” Stel die hoogte en breedte
<!-- --> Kommentaar width=“200” van ʼn prent
height
=“200”>
Teksmerkers (Text Tags) <img src=“name” Vertoon alternatiewe teks
Merker (Tag) Beskrywing alt=“alternative wanneer die muis oor ʼn
<hl></hl> Skep die grootste opskrif text”> prent gehou word of
wanneer die prent nie
gevind word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size=“3”/> Stel die grootte (hoogte)
van ʼn reël
<i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width=“80%”/> Stel die breedte van ʼn lyn,
in persentasie of absolute
waarde
<font Stel fontgrootte van “1” tot “7” <hr Stel die kleur van die lyn
size=“3”></font> color=“ff0000”/>
<font Stel fontkleur Tabelmerkers (Table Tags)
color=“green”></font>
<font face=“Times Stel fonttipe Merker (Tag) Beskrywing
New Roman”></font>
Skakelmerkers (Link Tags) <table></table> Skep ʼn tabel
Merker (Tag) Beskrywing <tr></tr> Skep ʼn ry in ʼn tabel
<a href=“URL”></a> Skep ʼn hiperskakel <td></td> Skep ʼn sel in ʼn tabel
<a href=“URL”><img Skep ʼn prentskakel <th></th> Skep ʼn tabelopskrif (in ʼn
src=“URL”></a> sel met algemene
vetgedrukte, gesentreerde
teks)
<a name=“NAME”></a> Skep ʼn teikenarea <table Stel die breedte van die
width=“50”> tabel
<a href=“#NAME”></a> Skakel na ʼn teikenarea wat elders <table Stel die breedte van die
in die dokument geskep is border=“1”> raam rondom die selle van
die tabel
Formateringsmerkers (Formating Tags) <table Stel die spasie tussen die
cellspacing=“1”> selle van die tabel
Merker (Tag) Beskrywing <table Stel die spasie tussen ʼn
cellpadding=“1”> selraam en die inhoud
daarvan
<p></p> Skep ʼn nuwe paragraaf <tr align=“left”> Stel die inlynstelling vir die
sel(le) (kan ook “centre” of
''right'' wees)
<p align=“left”> Stel ʼn paragraaf links inlyn <tr valign=“top”> Stel die vertikale
(verstek), kan ook “right'' of inlynstelling vir sel(le) (kan
“centre” wees ook “middle” of “bottom”
wees)
<br/> Voeg ʼn reëlbreuk (‘line break’) in <td colspan=“2”> Stel die getal kolomme
waaroor ʼn sel moet strek
<ol></ol> Skep ʼn genommerde lys <td rowspan=“4”> Stel die getal rye waaroor
ʼn sel moet strek
<ol type=“A”,”a”, Definieer die tipe nommers wat
“I”,”i”,”1”></ol> gebruik is
<ul></ul> Skep ʼn kolpuntlys
type=“disc”, Definieer die tipe kolpunte wat
“square”,”circle”></ul> gebruik word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 19
TOEVOERMASKER (‘INPUT MASK’)-KARAKTERBLAD
KARAKTER BESKRYWING
Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie
0
toegelaat nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-
9
tekens nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop
plekke (‘blanks’) in Redigeringsmodus (‘Edit mode’) vertoon, maar
#
oop plekke word verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en
minus [–]-tekens toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike
karakter wat gebruik word, hang van die instellings (‘settings’) in die
.,:;-/
‘Regional Settings Properties’-dialoogblokkie (‘dialog box’) in die
‘Windows Control Panel’ af.)
< Laat alle karakters na onderkas (‘lower case’) omgeskakel word
> Laat alle karakters na bokas (‘upper case’) omgeskakel word
Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs,
vertoon. Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit
!
altyd van links na regs.
Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg.
Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
\
(byvoorbeeld, \A word slegs as A vertoon)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
20 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – SEPTEMBER 2024
INLIGTINGSBLAD(moet deur die kandidaat voltooi word NA die sessie van 3 uur)
SKOOL:
NAAM:
WERKSTASIE-NOMMER:
SUITE GEBRUIK Microsoft Microsoft Microsoft Office 365
(Merk toepaslik boks met ʼn Office 2013 Office 2016 Office 2019
kruis (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Mozilla Firefox Google Internet Ander
(VRAAG 6) Chrome Explorer (Spesifiseer)
(Merk toepaslike (Edge)
boks met ʼn kruis (X))
LÊERNAAM:
Merk indien gestoor en/of probeer het.
Vraag Lêernaam Gestoor Poging Maksimum Maksimum Merker HOD Groepe- EM
Nommer (✓) (✓) merk behaal ring
1 Q1_Overview 36
2 Q2_Application 13
3 Q3_IDplayer 27
4 Q4_Players 16
5 Q5_GameStats 34
Q6_1Esport
6 13
Q6_2Ranking
Q7_Cardtype
Q7_Data
7 11
Q7_Mergeletter
Q_7Merged
TOTAAL: 150
Kommentaar (slegs vir merkergebruik)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
CAT P2 GR12 QP September 2025 ENG_watermark.pdf

Question paper
Computer Applications Technology P1 Nov 2024 Afr.pdf

Question paper
Computer Applications Technology P1 Nov 2024 MG Afr.pdf
Question paper
Computer Applications Technology P2 May-June 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Computer Applications Technology P2 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
CAT P1 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CAT P1 GR12 MEMO SEPT 2020 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
CAT P2 GR12 SEPT2022 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
CAT P2 GR12 QP SEPT2019 Afrik_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Computer Application Technology P1 Nov 2021 MG Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Computer Applications Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG_watermark.pdf

Memorandum
CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR_watermark.pdf
Memorandum
CAT P2 Oct-Nov 2023 ENG MEMO_hlayiso.com_.pdf

Errata
ERRATA CAT P1_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Computer Applications Technology P2 May June 2022 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper