Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGS-
TEGNOLOGIE
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentExam guideline 











View all





Computer Application Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com
Computer Applications Technology · Grade 12 · Computer Applications Technology · 2021. Exam guideline, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Computer Applications Technology
- Paper
- 2
- Pages
- 17
- File size
- 600.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoespassingstegnologie 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. KOGNITIEWE EISE EN MOEILIKHEIDSVLAKKE 4
2.1 Kognitiewe eise 4
2.2 Moeilikheidsvlakke 4
3. ASSESSERING IN VRAESTEL 1 (PRAKTIES) 5
3.1 Sagteware 5
Omvang (soos volgens die Januarie 2021 Verkorte Afdeling 4 ('Abridged 6
3.2
Section 4)-wysigings van die KABV
3.3 Inhoud 6
4. ASSESSERING IN VRAESTEL 2 (TEORIE) 8
4.1 Aksie-/Werkwoorde wat in eksamenvraestelle gebruik word 8
4.2 Omvang 10
4.3 Inhoud 11
4.3.1 Uitklaring van 'n paar bestaande konsepte en nuwer tegnologieë vir 12
Vraestel 2
4.3.2 Tegnologieë/Konsepte wat nie meer geëksamineer gaan word nie 15
4.3.3 Uitklaring van onduidelike tegnologieë/konsepte 15
5. SLOT 15
BYLAE A: HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET') 16
BYLAE B: TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD 17
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
1. INLEIDING
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Rekenaartoepassingstegnologie
beskryf die aard en doel van die vak Rekenaartoepassingstegnologie. Dit gee leiding aan die
filosofie wat die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyne, wat alle vroeër weergawes vervang, is om:
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders voldoende vir die eksamens voor te berei
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Rekenaartoepassingstegnologie geassesseer gaan word
Die inhoud van die Verkorte Afdeling 4 ('Abridged Section 4')-wysingings van die KABV uit te
brei
Inligting te verskaf oor wat nie meer eksamineerbaar is nie
Aan te dui wat in die onderwerpe wat 'Nuwe Neigings en Tegnologieë' noem, ingesluit sal
word
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens en nie aan die SBA of
PAT op sigself nie. Daar word egter sterk aanbeveel dat die beginsels en die nuwe inhoud in
hierdie riglyne vir die SBA en die PAT, waar van toepassing, gebruik word.
Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
(KABV): Rekenaartoepassingstegnologie, spesifiek
o Afdeling 3 – Inhoud en omvang per onderwerp
o Afdeling 4 – Januarie 2021 Verkorte Afdeling 4 ('Abridged Section 4') wysigings van die
NKS KABV: Rekenaartoepassingstegnologie
Bylae G: Staatskoerant ('Government Gazette') Nr. 37651, 16 Mei 2014 (voorheen in
Staatskoerant ('Government Gazette') Nr. 31337 van 29 Augustus 2008): 'Regulations
pertaining to the conduct, administration and management of assessment for the National
Senior Certificate'.
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
Kurrikulumstelling, graad R–12
Onderwysers moet kennis neem dat hierdie riglyne is. Veranderinge en ontwikkelinge in die
tegnologiese omgewing moet in ag geneem word wanneer onderwerpe onderrig word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
2. KOGNITIEWE EISE EN MOEILIKHEIDSVLAKKE
In beide die Praktiese en die Teorie-vraestelle word elke vraag beoordeel in terme van die
kognitiewe eise en die moeilikheidsvlak daarvan.
2.1 Kognitiewe eise
VLAK TAKSONOMIE BESKRYWING
Kennis, Herroep feitelike/proses-kennis afsonderlik, m.a.w. een
Onthou/Herroep stap/stel basiese stappe/instruksie/proses op 'n slag.
V1/K1
Roetineprosedures Byvoorbeeld definisies in die teoriegedeelte en eenvoudige
Inligtinginsameling prosedures wat in die toepassingspakkette gevind word
Demonstreer begrip van stappe/prosesse/afsonderlike
stukke, soos die wysiging van een vorm van voorstelling na 'n
Verstaan, Toepas ander, bv. wysiging van prente, simbole, diagramme,
skermskote, 'woorde'/wiskundige vergelykings na,
Multistap-
byvoorbeeld, sigbladformules. Hierdie vrae kan herskepping
V2/K2 prosedures
van aspekte van dokumente insluit.
Verwerking van
inligting/Bou begrip Dit vereis ook die gebruik van bekende roetines/stappe/
prosesse in 'n bekende konteks om 'n taak, waar al die
nodige inligting onmiddellik aan die leerder beskikbaar is,
te voltooi.
Vereis redenasie/ondersoek/ontwikkeling van 'n plan of
volgorde van stappe; bevat sekere kompleksiteit waar
kandidate moet kan sien hoe dele met 'n geheel verband hou
en die voltooiing van 'n taak wat meer as een moontlike
Analiseer, Evalueer, benadering kan hê.
Skep Dit kan ook die opweeg van moontlikhede vereis,
Probleemoplossing besluitneming oor die geskikste oplossing en toets om
V3/K3
Produktiewe denke/ foute/probleme op te los, asook patroonherkenning en
Toepassing van veralgemening.
begrip Die vrae sal aksies/strategieë/prosedures insluit waar daar
van kandidate verwag kan word om hul eie oplossings vir
uitdagings te skep, wat anders mag wees as dit wat leerders
in die klaskamer teëgekom het. Hierdie vrae kan die analise
van dokumente of data en besluitneming insluit.
2.2 Moeilikheidsvlakke
Moeilikheidsvlakke word in die volgende kategorieë ingedeel:
M1: Maklik vir die gemiddelde1 graad 12-kandidaat om te beantwoord
M2: Matige uitdaging vir die gemiddelde graad 12-kandidaat om te beantwoord
M3: Moeilik vir die gemiddelde graad 12-kandidaat om te beantwoord
M4: Baie moeilik vir die gemiddelde graad 12-kandidaat om te beantwoord. Die vaardighede en
kennis wat vereis word om vrae op hierdie vlak te beantwoord, maak dit moontlik om 'n
A-graad kandidaat (besondere hoë-prestasie-/vermoë-leerder) van ander hoë-vermoë-/
vaardigheid-kandidate te onderskei.
1
Die term gemiddelde graad 12-kandidaat verwys na 'n gemiddelde Graad 12 kandidaat in Suid-Afrika aan wie die
hele kurrikulum deur ’n gekwalifiseerde onderwyser onderrig is met gebruik van die korrekte hulpbronne en nie na die
gemiddelde leerder in 'n skool of klas nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
In die beoordeling van die moeilikheidsgraad van elke vraag word beide die eise wat elke vraag
op die kognitiewe vermoë van 'n gemiddelde graad 12-RTT leerder stel en die intrinsieke
moeilikheid van die vraag of taak in ag geneem. Tydens die beoordeling word die moeilikheid of
maklikheid van 'n bepaalde vraag geïdentifiseer. 'n Vier-kategorie-raamwerk2 vir denke oor die
vraag- of item-moeilikheid, aangepas uit Leong (2006), is in hierdie identifikasieproses gebruik.
Hierdie raamwerk bestaan uit die volgende vier algemene kategorieë van moeilikheid:
Inhoud-moeilikheid: Dit verwys na die moeilikheidsgraad van die onderwerp, tema of
konseptuele kennis; sekere inhoud is inherent moeiliker as ander inhoud.
Stimulus-moeilikheid: Dit hou verband met die taalkundige kenmerke van die vraag en die
uitdaging wat kandidate in die gesig staar by die lees, interpretasie en begrip van die vraag.
Taak-moeilikheid: Dit verwys na die moeilikheidsgraad wat kandidate in die gesig staar
wanneer hulle probeer om 'n antwoord te formuleer of te gee. In hierdie verband is antwoorde
wat paragrawe vereis, inherent moeiliker as vrae wat 'n eenwoord/frase-antwoord vereis.
Verwagte-antwoord-moeilikheid: Dit verwys na moeilikheidsgraad as gevolg van die
nasienskema of memorandum/nasienriglyne, met ander woorde hoe punte toegeken gaan
word. Dus kan antwoorde op meervoudigekeuse-vrae oor 'n spesifieke onderwerp makliker
wees as vrae waar 'n kandidaat 'n koherente antwoord moet saamstel.
Die beraamde persentasies vir elke moeilikheidsvlak binne elke kognitiewe vlak soos in die
Januarie 2021 Verkorte Afdeling 4-wysigings van die KABV word in die tabel hieronder getoon.
M1 M2 M3 M4 TOTAAL
K1 ±10% ±10% ±10% - ±30%
K2 ±10% ±15% ±13% ±2% ±40%
K3 ±10% ±10% ±7% ±3% ±30%
TOTAAL ±30% ±35% ±30% ±5% 100%
3. ASSESSERING IN VRAESTEL 1 (PRAKTIES)
3.1 Sagteware
Toepassingsagteware
o In Omsendbrief S9 van 2015 staan die volgende: 'As from January 2016, the DBE will
only use Microsoft Office to implement and assess the CAT curriculum.'
o Die volgende drie weergawes van MS Office sal gebruik word: MS Office 2019/Microsoft
365, MS Office 2016 en MS Office 2013.
o Indien nuwer weergawes van MS Office vrygestel word, sal die uitfasering van ouer
weergawes en die implementering van nuwe weergawes deur die DBE aan alle
belanghebbendes oorgedra word.
Webontwerpsagteware
o 'n Teksredigeerder, verkieslik Notepad++, MOET gebruik word om die webontwikkeling-
vraag in die vraestel te beantwoord.
o ENIGE HTML-VRAAG WAT BEANTWOORD IS DEUR GEBRUIK TE MAAK VAN 'N
WOORDVERWERKER, OF ENIGE ANDE ANDER WEBONTWERPSAGTEWARE (BV.
DREAMWEAVER, WIX, WORDPRESS) SAL NIE NAGESIEN WORD NIE.
2
Verwys na die 'Exemplar Book on Effective Questioning: Computer Applications Technology' wat by
https://www.umalusi.org.za/documents/reports/#1558861306122-1980558e-2e8a gevind kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
Verwys na Bylae G: Staatskoerant ('Government Gazette') Nr. 37651, 16 Mei 2014 (voorheen in
Staatskoerant ('Government Gazette') Nr. 31337 van 29 Augustus 2008) ('Regulations pertaining
to the conduct, administration and management of assessment for the National Senior Certificate')
met betrekking tot die afneem van 'n praktiese rekenaargebaseerde eksamen en die
veiligheidsprosedures wat gereed moet wees.
3.2 Omvang (soos volgens die Januarie 2021 Verkorte Afdeling 4 ('Abridged Section 4)-
wysigings van die KABV
ONDERWERP PUNTE INHOUD/FOKUS
Woord- Een of meer hoofvrae wat subvrae bevat, wat betrekking het op
verwerking ±45 die inhoud, konsepte en vaardighede in woordverwerking
Een of meer hoofvrae wat subvrae bevat, wat betrekking het op
Sigblaaie ±40
die inhoud, konsepte en vaardighede in sigblaaie
Een of meer hoofvrae wat subvrae bevat, wat betrekking het op
die inhoud, konsepte en vaardighede in databasisse
Databasisse ±35
'n Toevoermasker-karakterblad sal ingesluit word om saam met
die vrae oor die databasistoepassing te gebruik.
Een of meer hoofvrae wat subvrae bevat, wat betrekking het op
Web- die inhoud, konsepte en vaardighede in webontwikkeling
±15
ontwikkeling 'n Inligtingsblad met HTML-merkers sal ingesluit word om saam
met die vrae oor webontwikkeling te gebruik.
Integrasie en toepassing van tegnieke, kennis en prosedure-
Algemeen ±15
vaardighede wat al die toepassings wat bestudeer is, kan insluit
TOTAAL 150 punte
3.3 Inhoud
Verdere verduideliking van bestaande en bykomende inhoud vir Vraestel 1:
Lêerbestuur
Daar kan van leerders verwag word om lêers uit saamgeperste lêers te onttrek, óf as deel van die
eksamen, óf daar kan van hulle verwag word om al die lêers wat in die eksamen gebruik gaan
word, uit 'n saamgeperste lêer te onttrek ('unzip'). Dit beteken dat die data in die vorm van 'n
uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm is, versprei kan word, bv. RTTV1DataNov2022.exe.
Leerders moet die volgende doen:
Maak die wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêer oop.
Klik op die onttrek('extract')-knoppie.
Voer die wagwoord in wat in die eksamenvraestel gegee word, bv. #@Nb!”.
Wanneer die lêers onttrek is, sal die datalêers wat in die eksamen gebruik moet word, in die
lêergids RTTP1DataNov20xx gevind word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
Woordverwerking
Samel data via elektroniese/aanlyn vorms in, bv. Microsoft-vorms, Google-vorms, ens.
(KABV bl. 31 en bl. 41).
Die gebruik van woordverwerking elektroniese vorms: Oorgeërfde kontroles ('Legacy
controls') moet gebruik word om vrae met betrekking tot elektroniese vorms te beantwoord.
Sluit radioknoppies ('radio buttons') as deel van die GGK ('GUI') in. (KABV bl. 31 en bl. 41).
Verwysingeienskappe ('Referencing features'), insluitend Indeks ('Index') en Figuurtabel
('Table of Figures') (KABV bl. 36).
Sigblaaie
Sigbladfunkisies teenoor sigbladformules: Vir eksamendoeleindes in RTT word 'n funksie
gesien as 'n enkele ingeboude of voorafgedefinieerde formule in Excel wat argumente tussen
hakies ontvang. 'n Formule word deur die gebruiker gedefinieer en mag twee of meer
ingeboude funksies bevat.
'n Formule of 'n formule wat bestaan uit 'n kombinasie van meer as een funksie mag nodig
wees om meer ingewikkelde probleme op te los.
Basiese datum- en tydfunksies (KABV p. 40): YEAR, MONTH, DAY, DATE, DAYS, HOUR,
MINUTE, SECOND, TIME, TODAY, NOW
Benoemde reekse ('Named ranges') in sigblaaie, d.w.s. die benoeming van selle en selreekse
Variasies van bekende funksies: COUNTIFS, SUMIFS (KABV bl. 40)
Funksies soos IFS en XLOOKUP is opsioneel (vir skole wat Microsoft 365 gebruik) en kan
gebruik word wanneer vrae in die praktiese vraestel beantwoord word.
Opsoek ('Lookup') en verwysingsfunksies: VLOOKUP, HLOOKUP
Bykomende sigbladfunksies: (ER 2017)
o RANDBETWEEN
o UPPER, LOWER
o AND, OR
Bykomende sigbladeienskap: SUBTOTAL-eienskap ('feature') (nie funksie nie)
Databasisse
Kandidate moet data en inligting in databasistabelle kan interpreteer en aflei. Byvoorbeeld,
hulle moet die datatipe of valideringsreëls van sekere velde kan aflei sonder dat hulle
presiese instruksies ontvang oor die datatipe wat gebruik moet word.
HTML (Verwys na Bylae A: HTML-merkersblad ('HTML tag sheet')
Die onderstreep-merker ('underline tag'): <u> </u>
Skakels ('Links') na boekmerke, e-pos, webtuistes en lêers
Die aanhalingsmerker ('cite tag') om bronne vir die PAT te erken: <cite>
Algemeen
Oordrag van vaardighede – vaardighede wat in een toepassing geleer is, kan in 'n ander
toepassing getoets word. Byvoorbeeld, voorwaardelike formatering of datavalidering wat in
Excel onderrig word, kan ook in Access gevra word, en so kan lyste/kombinasielyste oor al
die toepassings geëksamineer word, Find and Select wat in Word onderrig word, kan in
Access en Excel voorkom, ens.
Kandidate moet kan onderskei tussen vaardighede wat baie dieselfde is, bv. skakeer
('shade') en skaduwee ('shadow'), ens.
Soos in 3.2, is die totale punt vir die praktiese eksamen (Vraestel 1) 150 punte en nie meer
180 punte nie.
Hierdie verandering sal soos volg in die vraestel geakkommodeer word:
Die aantal subvrae sal verminder word om meer leerders tyd toe te gee om die vraestel te
voltooi.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
Akkuraatheid in die demonstrasie van vaardighede is geleidelik oor die afgelope paar jaar
ingebring en moet nou in alle vrae toegepas word. Met ander woorde, geen punt sal
toegeken word as 'n vaardigheid onakkuraat gedemonstreer word nie, bv. waar die
vaardigheid op die teks op die verkeerde plek toegepas word, of die voorgeskrewe kleur nie
by voorwaardelike formatering gebruik word nie. Waar 'n vraag egter meer as een punt tel,
sal gedeeltelike punte toegeken word waar die vaardigheid wat gedemonstreer moet word,
meervoudige aksies vereis en net 'n gedeelte van die antwoord korrek gegee word.
4. ASSESSERING IN VRAESTEL 2 (TEORIE)
4.1 Aksie-/Werkwoorde wat in eksamenvraestelle gebruik word
Woorde, soos definieer, beskryf, bespreek en noem word vir 'n rede gebruik: verskillende
kognitiewe vlakke word getoets. 'n Baie hoër kognitiewe vlak word getoets wanneer 'n mens iets
moet bespreek as wanneer jy slegs iets moet noem of 'n lys van items moet verskaf.
In 'n eksamenvraestel kan aksie-/werkwoorde die leerders lei in presies wat om in hulle antwoorde
in te sluit. Kennis van die betekenis van die aksiewoorde in die vrae sal leerders lei om te weet
wat van die vrae verwag word. Die lys hieronder is omvattend, maar nie volledig nie, en gee 'n
algemene riglyn oor wat verwag word wanneer die aksiewoorde gebruik word.
Aksiewoord Betekenis Voorbeeld Notas
Vind die kernidees, Analiseer die Verdeel in dele/seksies.
watter verband tussen korrekte gebruik van Bestudeer elke deel/seksie –
Analiseer hul bestaan en waarom woordverwerkings- kyk na die besonderhede.
hul belangrik is. funksies in die
volgende skermkopie:
Orden die items deur Rangskik die Rangskik van klein na groot,
verskeie items (terme of stoormedia volgens min na baie, stadig na vinnig,
Rangskik gebeurtenisse) in die hul kapasiteit. skryf die stappe neer in die
korrekte volgorde te regte volgorde, ens
plaas.
Groepeer Kategoriseer die Watter kategorieë kan die
konsepte/idees wat volgende rekenaar- funksies/kenmerke die beste
dieselfde is/dieselfde toestelle: sleutelbord, beskryf?
Kategoriseer/
kenmerke/funksies het SVE (CPU), drukker, Verstaan verhoudings
Klassifiseer
of by mekaar hoort. muis, hardeskyf, SSD
na gelang van hul
hooffunksie.
Toon beide die verskille Vergelyk ROM en Vind 'n verwantskap tussen
Vergelyk / en die ooreenkomste RAM. twee konsepte.
Onderskei van spesifieke konsepte. Watter kenmerke/funksies/
gebruike is dieselfde/verskil?
Gee 'n duidelike, Definieer die term Gebruik kort, bondige
bondige formele klikkaping ('phishing'). beskrywing van belangrikste
Definieer
betekenis van 'n term of funksies, fokus op feite – in 'n
konsep. sin of twee.
Gee die hooffunksies Beskryf klikkaping Toon dat jy die konsep
Beskryf deur op die stelling uit te ('phishing'). begryp.
brei.
Skep 'n grafiek of maak Maak 'n diagram om Visuele aanbieding van die
'n skets. Maak seker 'n generiese IKT- hoof-idees/konsepte/
Maak 'n
daar is byskrifte en voeg stelsel te illustreer. gedeeltes van iets
diagram
'n kort verduideliking
by, indien nodig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
Aksiewoord Betekenis Voorbeeld Notas
Bied argumente vir en Bespreek die gebruik Kyk na die voordele en
teen 'n standpunt aan en van 'n PAN in 'n nadele, besluit wat sal
Bespreek kom tot 'n tuiskantoor. werk/nie werk nie, verduidelik
gevolgtrekking. waarom dit 'n goeie idee is of
nie.
Gee 'n mening, wys die Evalueer die Hoekom sal rekenaar X beter
voordele en die nadele. verdienste van die wees as rekenaar A?
Evalueer
koop van rekenaar X Beoordeel die waarde van 'n
vir persoon Y. situasie/raad/konsep.
Gee volledige redes of Verduidelik hoe Verduidelik dinge oor die
regverdiging vir iets, of klikkaping (phishing) onderwerp soos:
hoe en hoekom iets werk. Wat is dit? Waar/Wanneer
gebeur het of werk. word dit gevind/gebruik? Hoe
Verduidelik
word dit gebruik?
Verduidelikings moet kort
wees en sal nie noodwendig
tegniese detail vereis nie.
Gee EEN of meer Gee TWEE redes om Gebruik wanneer redes of
Gee rede(s) of voorbeeld(e) 'n ISP te gebruik. voorbeelde benodig word.
in 'n volsin.
Herken en noem of Identifiseer die poort Soortgelyk aan noem
voorsien 'n feit. wat gebruik word om
Identifiseer
Sonder uit tussen ander die drukker te koppel.
inligting.
Maak 'n stelling oor Regverdig die Wat is die situasie?
waarom jy dink iets is gebruik van 'n tabel Waarom is die een beter as
Regverdig soos dit is. eerder as die ander?
('Justify') Gee redes vir jou tabelstoppunte in die
stelling of volgende geval:
gevolgtrekking.
Noem – gee een woord Noem EEN Gebruik vir alle eenwoord-
vir 'n term of 'n konsep.
stoortoestel. antwoorde of antwoorde wat
Maak 'n lys – wanneer Maak 'n lys van die uit lyste van items bestaan.
Noem/
twee of meer items tipe inligtingsbronne
Maak 'n lys
vereis word wat jy kan gebruik
wanneer jy navorsing
doen.
Verskaf 'n rede of Motiveer die gebruik Waarom sê jy so/stel jy dit
regverdiging vir 'n van lyn- en paragraaf- voor? Hoekom het dit gebeur,
Motiveer
antwoord of stelling. spasiëring wanneer jy Hoekom is hierdie beter as
in Word werk. daardie?
Analiseer of ondersoek Stel 'n rekenaar- Wat is die situasie/wat is
'n probleem/saak en gee konfigurasie vir mnr. X gegee?
Gee 'n
moontlike redes/idees/ voor. Wat is nodig? Wat sal die
voorstel
oplossings. beste wees?
Hoekom dit?
WAAR/ONWAAR-antwoord vrae
Daar word van leerders verwag om die woord ONWAAR te skryf en die term te gee wat om die
onwaar stelling WAAR te maak. Wanneer 'n leerder egter slegs die term verskaf om die stelling
WAAR te maak, behoort hy/sy nie gepenaliseer te word nie. Geen punt sal toegeken word as
slegs die woord ONWAAR verskyn nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
4.2 Omvang
ONDERWERP PUNTE INHOUD/FOKUS
AFDELING A
Hierdie afdeling sal al/sommige van die volgende insluit:
Kortvrae 25 Meervoudigekeuse-vrae wat al die onderwerpe dek
Pasitem-vrae wat al die onderwerpe dek
Aangepaste Waar/Onwaar-vrae wat al die onderwerpe dek
AFDELING B
Vrae met betrekking tot die inhoud, konsepte en vaardighede in
die onderwerp soos in die KABV-dokument gelys, insluitend (maar
NIE beperk NIE tot):
Rekenaarhardeware in al die verskillende vorme en
konfigurasies
Stelseltegnologieë ±25 Randapparatuur, bv. drukkers, roeteerders, skandeerders
Stelsel- en toepassingsagteware
Instandhoudingstake en bestuur van rekenaartoestelle
Basiese foutopsporing, ens.
Verwys na die KABV-dokument vir 'n gedetailleerde lys van
onderwerpe wat in hierdie afdeling gevra kan word.
Vrae met betrekking tot die inhoud, konsepte en vaardighede in
die onderwerp soos in die KABV-dokument gelys, insluitend (maar
NIE beperk NIE tot):
Wat is 'n netwerk en waarom sal 'n mens 'n netwerk wil
gebruik?
Netwerkhardeware en -sagteware
Internet- en ±15 Tipes netwerke, bv. PAN, LAN, WAN
Netwerktegnologieë Die internet en internetdienste en die Wêreldwye Web
Webtuistes/-blaaie, webtegnologieë en webblaaiers
E-kommunikasie, insluitend e-pos, kitsboodskappe ('instant
messaging')
Verwys na die KABV-dokument vir 'n gedetailleerde lys van
onderwerpe wat in hierdie afdeling gevra kan word.
Vrae met betrekking tot die inhoud, konsepte en vaardighede in
die onderwerp soos in die KABV-dokument gelys, insluitend (maar
NIE beperk NIE tot):
Formulering van sleutelvrae om data te vind en
probleemoplossing te rig
Inligtingsbestuur ±10 Kies, vind en toegang kry tot toepaslike databronne
Die nagaan van die gehalte en akkuraatheid van data
Dataverwerking
Interpretasie van data en inligting, ens.
Verwys na die KABV-dokument vir 'n gedetailleerde lys van
onderwerpe wat in hierdie afdeling gevra kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 11 DBE/2021
Eksamenriglyne
ONDERWERP PUNTE INHOUD/FOKUS
Vrae met betrekking tot die inhoud, konsepte en vaardighede in
die onderwerp soos in die KABV-dokument gelys, insluitend (maar
NIE beperk NIE tot):
Die impak van IKT's op die samelewing
Wetlike, etiese en sekuriteitskwessies wat verband hou met
Sosiale implikasies ±10 die gebruik van IKT's
Opvoedkundige en ergonomiese kwessies
Omgewingskwessies, insluitend groenrekenarisering, ens
Verwys na die KABV-dokument vir 'n gedetailleerde lys van
onderwerpe wat in hierdie afdeling gevra kan word.
Vrae wat fokus op die kennis, begrip en ontwikkeling van
oplossings deur toepassingsagteware te gebruik. Hierdie vrae sal
Oplossingsontwikkeling ±15
in wese handel oor die teoretiese aspekte van die toepassings wat
bestudeer is.
AFDELING C
Kandidate sal TWEE waarheidsgetroue scenario's kry waaroor
vrae, wat al die onderwerpe dek, gevra sal word. Die vrae sal
3 2 x ±25 kandidate se begrip toets oor tegnologieë, hul vermoë om ingeligte
Geïntegreerde Scenario
= ±50 besluite te neem, wat strek van die keuse van tegnologie,
toepassingsagteware wat gebruik gaan word, netwerke, ens., tot
die verantwoordelike gebruik van sulke tegnologieë.
LET WEL:
Die inhoud in die tabel hierbo is NIE 'n volledige lys van al die inhoud NIE – verwys ook na
die KABV-dokument wat 'n lys van alle moontlike inhoud wat gedek moet word, bevat.
Sommige van die onderwerpe kan in twee of meer fokusareas val, dus mag onderwerpe van
jaar tot jaar in verskillende afdelings/vrae geëksamineer word, afhangend van eksaminator-
diskresie.
Operasionele kennis uit Vraestel 1 in terme van waar, hoe en waarom verskeie funksies,
tegnieke en konsepte in probleemoplossingskontekste toegepas word, kan ook in enige van
die afdelings van hierdie vraestel geëksamineer word. Dit sluit ook die interpretasie van
eenvoudige foutboodskappe en evaluering van die beste opsies en strategieë in 'n gegewe
situasie, in.
4.3 Inhoud
Die KABV (bl. 18) stel voor dat nuwer tegnologie ingesluit word en ou tegnologieë
uitgefaseer word omdat daar 'n vinnige ontwikkeling in die vak plaasvind wat weerspieël
moet word in dit wat die leerders onderrig word en wat geëksamineer word. Hierdie
Eksamenriglyne-dokument bevat 'n lys van die nuwe tegnologieë wat in die eksamen-
vraestel verwag kan word en beskryf in breë trekke die diepte van die kennis wat vir 'n
eindgebruiker vereis word.
Die diepte van kennis wat vir al die bestaande konsepte en terminologie hieronder vereis
word, sluit in, inter alia:
Definisie – wat dit is
Doel/Funksie – wat dit doen, waarom dit nodig is
Voordele/Nadele
Voordele/Beperkings
Toepassing in 'n IKT-omgewing
3
Die twee vrae in Afdeling C kan elkeen 'n ander scenario hê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 12 DBE/2021
Eksamenriglyne
4.3.1 Uitklaring van 'n paar bestaande konsepte en nuwer tegnologieë vir Vraestel 2
Die meeste van die tegnologieë en konsepte hieronder is in die KABV gelys. Die diepte van
kennis wat vereis word, is soos in 4.2 hierbo gelys, maar sommige aspekte ten opsigte van
hierdie tegnologieë/konsepte word hieronder uitgeklaar.
Stoortoestelle en media:
Vastetoestand-aandrywer ('Solid-state drive'): 'n Aandrywer wat geen bewegende dele het
nie, wat dit stiller en sterker maak. Dit werk baie vinniger as die tradisionele hardeskyf
aangesien dit data elektronies stoor en nie magneties nie, soos met 'n tradisionele hardeskyf.
(KABV bl. 22)
Kaartleser ('Card reader'): 'n Toestel wat aan 'n rekenaar gekoppel word wat ontwerp is om
data uit verskillende soorte stoormedia, soos SIM- en SD-kaarte en flitsskywe, te aanvaar en
te lees. (KABV bl. 22)
Toevoer- en afvoertoestelle:
Multi-aanrakingskerm ('Multi-touch screen'): Eienskap van 'n skerm wat dit toelaat om
meer as een punt wat gelyktydig aangeraak word, te registreer. (KABV bl. 22)
HDMI: Hoë-definisie- multimedia koppelvlak ('High-definition multimedia interface') is 'n
standaard/poort vir die koppeling van hoë-definisie-videotoestelle, soos rekenaarmonitors,
videoprojektors en digitale televisie. HDMI dra hoë-gehalte-video- en klankseine, en daar is
geen behoefte vir aparte klankkabels nie, soos met VGA. (KABV bl. 30)
3D-druk/-drukkers ('3D printing/printers'): 3D-drukkers kan driedimensionele soliede
objekte (bv. motoronderdele, menslikeweefsel-vervanging, juwele, klere, klein geboue, klein
bote) vanaf 'n digitale model van die item skep deur opeenvolgende lae materiaal bo-op
mekaar te plaas. (KABV bl. 20)
Kommunikasie en kommunikasietoestelle:
Standaarde vir draadlose kommunikasie wat hoëspoed-dataoordrag tussen sellulêre
toestelle (soos slimfone en tablette) en IDV's verskaf. Elke generasie, bv. 5G of 6G,
vermeerder die kapasiteit en spoed van vorige mobiele koppelings. (KABV bl. 35)
NVK ('NFC'): Naby-veld-kommunikasie ('Near field communication') (NVK/'NFC') is 'n
standaard wat toestelle, soos slimfone, toelaat om kabelloos te kommunikeer deur die
toestelle aan mekaar te laat raak of naby aan mekaar te bring, om byvoorbeeld lêers uit te ruil
deur twee slimfone aan mekaar te laat raak of 'n lêer kabelloos van 'n slimfoon na 'n drukker
te stuur. (KABV bl. 35)
Video-kommunikasie – sluit ook platforms soos Zoom, Microsoft Teams en Google Meet in.
Internettegnologieë:
URL-verkorter ('URL shortener'): Dit is 'n instrument of diens, soos TinyURL.com, wat 'n
lang URL na 'n korter weergawe omskakel. Hierdie korter weergawe van die URL sal die
gebruiker na dieselfde webadres neem, maar dit is makliker om te onthou of te tik.
(KABV bl. 25)
Internet van Dinge ('Internet of Things') (IoT): Dit verwys na die tendens waarvolgens
allerhande voorwerpe en toestelle toenemend met mekaar verbind word deur middel van die
internet. Dit kan strek van bewaking-/toesigstelsels tot geisers, wasmasjiene, 'slim' motors en
verkeersligte, ens. Verskeie sensors in die toestelle kan data vir allerhande doeleindes
verskaf, insluitend die meer doeltreffende diagnose en bestuur van stelsels. (ER 2017)
Outonome voertuie: 'n Selfbesturende ('self-driving') motor, wat ook as outonome voertuie
bekend staan, of 'robo-car', is 'n voertuig wat sy omgewing kan waarneem en veilig met min
of geen menslike toevoer rondbeweeg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 13 DBE/2021
Eksamenriglyne
Hommeltuig('drone')-tegnologie: 'n Hommeltuig is 'n onbemande vliegtuig. In wese is 'n
hommeltuig 'n vlieënde robot wat op 'n afstand beheer kan word of wat outonoom deur
sagtewarebeheerde vlugplanne in hulle ingeboude stelsel kan vlieg, in samewerking met
sensors aan boord en GPS. Dit word dikwels in landbou, fotografie, wildbewaring, die
aflewering van pakkies, ens. gebruik.
Drabare toestelle en tegnologieë ('Wearable devices and technologies'): Drabare
tegnologieë, soos elektroniese mobiele toestelle wat as bykomstighede of deel van klere
gedra word, bv. slimhorlosies of fiksheid-/gesondheid-spoortoestelle, ('smart glasses'), wat
voordurend data van verskeie omgewings genereer en met ander toestelle/PR's/netwerke
kommunikeer.
Vorming ('Shaping/Network tuning'): 'n Tegniek waarvolgens aan sekere netwerk-
(internet)-dienste, bv. e-pos, voorkeur gegee word, terwyl ander, soos sosiale netwerke, laer
prioriteit kry sodat uitvoering vir die meer kritieke dienste volgehou kan word. (ER 2017)
Vertraging (Polisiëring) ('Throttling (Policing)'): Dit vind plaas wanneer jou ISP jou
internetverbinding stadiger maak. Dit kom meestal voor as jou ISP jou aansien as iemand wat
oormatige hoeveelhede data aflaai. Elke diensverskaffer het 'n aanvaarbare gebruikskode
('acceptable use policy'/'AUP') wat spesifiseer hoe dit bepaal en geïmplementeer word.
(ER 2017)
Eienskappe/Metadata:
Geo-etikettering ('Geo-tagging'): 'n Proses waar 'n geografiese posisie van waar 'n foto
geneem is, by die metadata van 'n lêer gevoeg word, soos om die lengte- en breedtegraad by
te voeg. (KABV bl. 40)
Kubersekuriteitskwessies:
Klikkaping ('Click-jacking'): Gebruikers word om die bos gelei om op 'n item op 'n webblad,
wat as 'n versteekte skakel optree, te klik. (KABV bl. 42)
Lospryssagteware ('Ransomware'): 'n Tipe skadelike sagteware wat ontwerp is om
toegang tot jou rekenaarstelsel en lêers te blokkeer totdat jy 'n som geld/losprys ('ransom')
betaal. (ER 2017)
Skermsluitpatroon ('Screen lock pattern'): 'n Manier om 'n toestel te sluit deur 'n patroon te
skep wat jy op die skerm moet teken of natrek om die toestel oop te sluit. (ER 2017)
Verifikasie (Internetveiligheid): Twee-faktor(twee-stap)-verifikasie: sluit die gebruik van
CAPTCHA, OTP ('one time pin/password'), ApproveIt-boodskappe, ens. In.
Hoe tegnologie die samelewing kan bevoordeel/sosiale implikasies
Skarebefondsing ('Crowd funding'): 'n Proses waar 'n enkele idee of besigheidspraktyk
deur 'n menigte klein donasies van vrywillige bydraers befonds word, gewoonlik voordat die
sakeonderneming begin word. Die bydraers ontvang dan die produk wanneer dit uiteindelik
vervaardig word. Voorbeelde: www.indiegogo.com en www.kickstarter.com. (KABV bl. 45)
BJET ('BYOD'): 'Bring jou eie toestel' ('Bring your own device') verwys na 'n konsep waar
werknemers/studente toegelaat word om op hul eie draagbare toestelle, soos slimfone,
skootrekenaars, tablette, te werk en toegang tot die netwerk te kry, in plaas daarvan om 'n
toestel wat deur die maatskappy/instelling besit/verskaf word, te gebruik. (KABV bl. 32)
Groot data ('Big data'): Baie groot gestruktureerde en ongestruktureerde datastelle wat met
behulp van rekenaars ontleed word om tendense en assosiasies te onthul. Dit bied
uitdagings, soos stoor, kurasie, bevraagtekening, visualisering. (ER 2017)
Kripto-geldeenhede ('Cryptocurrencies') (bv. Bitcoin, Ethereum, Luno): Dit is 'n vorm van
'n virtuele, digitale geldeenheid. Bitcoins kan geruil word vir ander geldeenhede, produkte en
dienste. Dit het kommer gewek aangesien dit dikwels gebruik word vir betaling in kriminele
aktiwiteite soos afkoop-sagteware('ransomware')-eise. Al hoe meer wettige maatskappye
aanvaar dit egter as betaalmiddel. (ER 2017)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 14 DBE/2021
Eksamenriglyne
E-Leer ('E-learning'): Die skep van 'n leeromgewing waar individue hulle rekenaars gebruik
om aan onderrig en leer deel te neem om hulle opleiding te verbeter.
Mobiele of M-Leer ('Mobile or M-Learning'): 'n Vorm van onderwys en opleiding verskaf en
uitgevoer met behulp van mobiele toestelle, soos tablette en slimfone, deur die internet. Dit is
ontwerp om buigsaam te wees, sodat leerders/werkers/studente altyd en oral toegang tot
onderrig het (ER 2017)
Virtuele werklikheid ('Virtual reality')/(VR): Dit verwys na die gebruik van tegnologie om 'n
simulasie van 'n 3D-omgewing te skep waarmee 'n persoon op 'n oënskynlik werklike of
fisieke manier in wisselwerking kan tree. Dit word bereik deur die gebruik van toerusting, soos
helms met skerms en handskoene wat sensors het. (ER 2017).
Vergrote werklikheid ('Augmented reality')/(AR) gebruik 'n soortgelyke tipe tegnologie,
maar skep nie 'n totale virtuele omgewing soos VR nie. In plaas daarvan neem dit die fisiese
wêreld en voeg voorwerpe by ('augment'), bv. grafika binne-in die regte wêreld. Beide VR en
'augmented reality' word op gebiede gebruik wat wissel van vermaak (bv. die 'augmented'
realiteitspeletjie Pokémon GO), opleiding in vliegtuigsimuleerders en gesondheidsorg (bv. 'n
toep wat gebruik word om are te verhelder wanneer 'n drup ingesit word of chirurge wat in
staat is om afstandsoperasies op pasiënte uit te voer.
Kunsmatige intelligensie ('AI/Artificial Intelligence'): Verwys na die simulasie van
menslike intelligensie in masjiene wat geprogrammeer word om soos mense te dink en hulle
aksies na te boots, veral eienskappe wat met die menslike verstand verband hou, soos leer
en probleemoplossing. Masjien-leer is die studie van rekenaar-algoritmes wat outomaties
deur ondervinding en deur die gebruik van data verbeter word. Dit word gesien as 'n deel van
kunsmatige intelligensie.
4IR (die vierde industriële revolusie): 4IR is 'n manier om die vervaende (onduidelike)
grense tussen die fisiese, digitale en biologiese wêreld te beskryf. Dit is 'n mengsel van die
vordering in kunsmatige intelligensie ('AI'), robotika, die Internet van Dinge ('IoT'), 3D-druk,
genetiese ingenieurswese, kwantumrekenarisering en ander tegnologieë. Dit skep baie
produkte en dienste wat vinnig besig is om noodsaaklik vir die moderne lewe te word en is die
gesamentlike krag wat omtrent elke besigheidsektor ontwrig.
5IR (die vyfde industriële revolusie): 5IR ontwikkel tegelyk en langs 4IR en gebruik die
voordele wat 4IR het om die fokus terug op mense en menslike strewe te plaas, deur die
etiek en die impak van tegnologie wat in die 4IR ontwikkel is, te definieer.
Blokketting ('Blockchain'): Die naam vir 'n hele nuwe tegnologie. Dit is 'n volgorde van
blokke of groepe transaksies wat saamgeketting word en onder gebruikers versprei word.
'The blockchain is an incorruptible digital ledger of economic transactions that can be
programmed to record not just financial transactions, but virtually everything of value.'
– Don & Alex Tapscott
Dit werk as 'n onbetwisbare rekord van transaksies wat nie op 'n eksterne outoriteit
berus om die outentiekheid en integriteit van die data te valideer nie. Transaksies is tipies
ekonomies, maar 'n mens kan enige tipe inligting in die blokke stoor.
[Aangepas uit https://medium.com/swlh/blockchain-for-dummies-d3daf2170068]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 15 DBE/2021
Eksamenriglyne
4.3.2 Tegnologie/Konsepte wat nie meer geëksamineer gaan word nie
Soos tegnologie verbeter, word baie tegnologieë verouderd of sal nie meer relevant wees nie en
sal om daardie rede nie meer geëksamineer word nie.
Konsepte/Tegnologieë wat nie meer vanaf 2021 geassesseer word nie:
CRT-monitors PDA
Digitale migrasie RSS-voere ('RSS feeds') (sosialemedia-
Encarta platforms en e-possubskripsies blyk om
Faks/Faks-modems dit deesdae 'n tegnologie te maak wat
FireWire minder gebruik word.)
'Freeware'/'Shareware'-sagteware Second Life
FTP Alleenstaande teenoor geïntegreerde
MIKH ('MICR') sagteware in terme van kantoorpakkette
Myspace ('Office Suites')
OMH ('OMR') Bal('Trackball')-muis
Hulptuie ('Widgets')
4.3.3 Uitklaring van onduidelike tegnologieë/konsepte
In ander gevalle kan die gestelde verskille tussen toestelle/tegnologieë onduidelik word, met die
gevolg dat sommige van hierdie konsepte/toestelle nie geëksamineer sal word nie om verwarring
vir die kandidate en tydens die nasienproses te voorkom.
Toestelle soos drukkers SAL geëksamineer word, maar die vergelykings tussen verskillende
drukkertipes sal NIE geëksamineer word NIE.
802.11 a/b/g/n – Kandidate moet weet dat 802.11 na Wi-Fi-konnektiwiteitstandaarde verwys.
Die details van die spesifieke standaarde (d.w.s. a/b/g/n, sal NIE eksamineerbaar wees NIE.
(KABV bl. 35)
Die konsep van 'n inpropprogram ('plug-in') as 'n manier om die webblaaier te pasmaak, is
grotendeels deur 'n byvoeging ('add-on') vervang, wat 'n uitbreiding van die sagteware is.
Daar sal NIE van kandidate verwag word om tussen die twee konsepte te onderskei NIE. Die
term byvoeging ('add-on') sal verkies word.
Daar sal nie meer van kandidate verwag word om tussen 'n tablet en 'n phablet te onderskei
nie. 'n Phablet is 'n kleinskerm-tablet of 'n grootskerm-selfoon.
Modem en roeteerder ('router'): Onderskei tussen die funksie van 'n modem en die funksie
van 'n roeteerder, selfs as dit een gekonvergeerde toestel is.
Differensiasie tussen LCD- en LED-monitors sal NIE geëksamineer word NIE.
5. SLOT
Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.
Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoespassingstegnologie 16 DBE/2021
Eksamenriglyne
BYLAE A: HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
Definieer die liggaam van die Word voor elke lys-item
<body></body>
webblad ingevoeg, en voeg 'n nommer
<li></li>
<body stel die agtergrondkleur van die of simbool by afhangende van
bgcolor="pink"> webblad die tipe lys wat geselekteer is
Stel die kleur van die
<body text="black"> <img src="name"> Voeg 'n prent in
liggaamteks
Stel 'n prent inlyn, kan "left","
<img src="name"
<head></head> Bevat inligting oor die webblad right"; "bottom", "top", "middle"
align="left">
wees
Skep 'n HTML-dokument – <p align="center"><img Stel 'n prent "center" inlyn. Kan
<html></html>
begin en eindig 'n webblad src="name"></p> ook "middle" wees
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title> Definieer 'n titel vir die webblad
border="1"> rondom 'n prent
Voeg 'n reëlbreuk in ('line <img src="name"
<br/> Stel die hoogte en breedte van
break') width="200" height
'n prent
<!-- --> Kommentaar ="200">
Teksmerkers ('Text Tags') Vertoon alternatiewe teks
Merker('Tag') Beskrywing <img src="name" wanneer die muis oor 'n prent
alt="alternative text"> gehou word of wanneer die
<hl></hl> Skep die grootste opskrif prent nie gevind kan word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
Stel die grootte (hoogte) van 'n
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/>
reël
<i></i> Skep teks in skuinsdruk
Stel die breedte van 'n lyn, in
<u></u> Skep onderstreepte teks <hr width=”80%”/>
persentasie of absolute waarde
<font size="3"></font> Stel fontgrootte van "1" tot "7" "
<font color= "green">
Stel fontkleur <hr color= "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
</font>
<font face="Times New Tabelmerkers ('Tabel Tags')
Stel fonttipe
Roman"></font> Merker ('Tag') Beskrywing
Skakelmerkers ('Links Tags') <table></table> Skep 'n tabel
Merker ('Tag') Beskrywing <tr></tr> Skep 'n ry 'n tabel
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel <td></td> Skep 'n sel 'n tabel
<a href="URL"><img
Skep 'n prentskakel Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
src="name"></a>
<th></th> vetgedrukte, gesentreerde
Skep 'n teikenarea in die
<a name="NAME"></a> teks.)
dokument
Skakel na 'n teikenarea wat
<a href= "#NAME"></a> elders in die dokument geskep <table width="50"> Skep die breedte van die tabel
is
Definieer die titel van 'n Stel die breedte van die raam
<cite></cite> <table border="1">
kreatiewe werk rondom die selle van die tabel
Stel die spasie tussen die selle
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') <table cellspacing="1">
van die tabel
Stel die spasie tussen die
Merker('Tag') Beskrywing <table cellpadding="1">
selraam en die inhoud daarvan
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf Stel die inlynstelling vir die
Stel 'n paragraaf "left" inlyn <tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook "center"
<p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of of "right" wees)
''center'' wees
Stel die vertikale inlynstelling vir
<ol></ol> Skep 'n genommerde lys <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle"
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat of "bottom" wees)
"I","i","1"></ol> gebruik word
Stel 'n getal kolomme waaroor
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys <td colspan="2">
'n sel moet strek
<ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat Stel die getal rye waaroor 'n sel
<td rowspan="4">
"square","circle"> </ul> gebruik word moet strek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 17 DBE/2021
Eksamenriglyne
BYLAE B: TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD
KARAKTER BESKRYWING
0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-teken nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-teken nie
9
toegelaat nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke
# ('blanks') in Redigeringsmodus ('Edit mode') vertoon, maar oop plekke word
verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-teken toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike
karakter wat gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die 'Regional
.,:;-/
Settings Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control
Panel' af.)
< Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word
> Laat alle karakters na bokas ('upper case') omgeskakel word
Laat die toevoermasker van regs na links, eerder as van links na regs,
vertoon. Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van
!
links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker
invoeg.
Laat die karakter wat volg as die letterlike karakter vertoon word (byvoorbeeld
\
\A word slegs as A vertoon)
Karakters wat in dubbele aanhalingstekens geplaas word, sal letterlik vertoon
""
word.
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG

Memorandum
CAT P2 GR12 MEMO September 2025 AFR

Question paper
CAT P2 GR12 QP September 2025 ENG

Memorandum
Computer Applications Technology P1 May June 2025 MG Eng

Memorandum
CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English hlayiso.com

Question paper
CAT P1 QP GR12 SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
CAT P2 GR12 QP SEPT2021 English hlayiso.com

Question paper
Computer Application Technology P2 May June 2021 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Computer Application Technology P2 May June 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Computer Application Technology P2 May June 2021 MG Afr hlayiso.com

Memorandum
Computer Application Technology P2 Nov 2020 Memo Eng hlayiso.com

Memorandum
CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 Afr D hlayiso.com
More from Grade 12 Computer Applications Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
CAT P1 QP GR12 SEPT 2024 English hlayiso.com

Question paper
CAT P2 GR12 QP SEPT 2024 English hlayiso.com

Question paper
Computer Applications Technology P1 Nov 2024 Afr

Question paper
Computer Applications Technology P1 Nov 2024 MG Afr

Question paper
Computer Applications Technology P1 May June 2023 MG Eng hlayiso.com

Question paper