Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)




View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2
Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.
6. Laat ʼn reël oop na ELKE subvraag.
7. Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; ʼn 2 punt-vraag sal dus TWEE
feite vereis, ens.
8. Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer antwoorde gee as wat die vraag
vereis nie, aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.
9. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.
10. Tensy dit anders gespesifiseer word, sal antwoorde soos ‘goedkoper’,
‘stadiger/vinniger’, ens. NIE aanvaar word NIE.
11. MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik nie, tensy dit spesifiek vereis
word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Watter EEN van die volgende toepassingsagteware sal die geskikste wees
om ʼn biblioteekbestuurstelsel te skep?
A Woordverwerker
B Aanbieding sagteware
C Sigblad
D Databasis (1)
1.2 Die URL van ʼn webwerf verwys na ...
A die relatiewe rangorde van die webwerf deur ʼn soekenjin.
B die wagwoord wat nodig is om toegang tot die webwerf te verkry.
C die e-posadres van die webmeester van die webwerf.
D ʼn adres wat ʼn webwerf op die internet identifiseer. (1)
1.3 Watter EEN van die volgende hardeware-komponente sal waarskynlik die
werkverrigting van ʼn rekenaar die meeste verbeter?
A Monitor
B DVD-aandrywer
C RAM
D Grafiese kaart (1)
1.4 ‘Safe mode’ is …
A gebruik om te verhoed dat ongemagtigde gebruikers toegang tot
vertroulike lêers kry.
B die modus waarop die rekenaar gestel is na ʼn volledige
virusskandering.
C ʼn metode om ʼn bedryfstelsel met basiese drywers en instellings te laai.
D geaktiveer wanneer jy Ctrl+Alt+Delete druk. (1)
1.5 Wanneer jy ʼn bladsy op Facebook bekyk, is jy gevra om ʼn byvoeging te
installeer. Watter EEN van die volgende verwys na die funksie van ʼn
byvoeging in hierdie konteks?
ʼn Byvoeging …
A voeg meer ondersteuning en funksies vir multimedia-effekte op die
bladsy by.
B skep ʼn nuwe virtuele poort om ʼn flitskyf (‘flash drive’) in te prop.
C opgradeer outomaties die drywers vir jou grafiese kaart.
D aktiveer die inprop-en-speel (‘plug-and-play’)-vermoëns van jou
bedryfstelsel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
4
Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.6 ʼn Komponent wat ʼn integrale deel van die moederbord vorm.
A DVD ROM
B DIMM-gleuwe
C USB-drywers
D HDD (1)
1.7 ... is ʼn oorheersstring karakter (‘wild card character’) wat gebruik kan word
wanneer daar na ʼn lêer met behulp van ʼn bedryfstelselhulpmiddel gesoek
word.
A %
B #
C *
D $ (1)
1.8 Hierdie is ʼn werk reëling waar werknemers weg van hul kantore werk en via die
internet met die kantoor kommunikeer.
A Telependel
B Groen rekenaars
C Groepware rekenarisering
D Virtuele rekenarisering (1)
1.9 … mag NIE as ʼn databron in ʼn possamevoeging gebruik word NIE.
A ʼn Werkblad in ʼn sigblad
B ʼn Verslag in ʼn databasis
C ʼn Tabel in ʼn woordverwerkingsdokument
D ʼn Navraag in ʼn databasis (1)
1.10 Die ... toepassing sal die geskikste wees om ʼn YouTube-video te kyk.
A Media-speler
B MP3-speler
C Verf (‘Paint’)
D Klankopnemer (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
VRAAG 2: PASITEMS
Kies ʼn term/konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 2.11 U.
KOLOM A KOLOM B
2.1 ʼn Kenmerk van ʼn woordverwerkingsprogram wat A Sjabloon (Template)
gebruik kan word om wysigings aan ʼn dokument
te wys wat deur ʼn redakteur of ʼn resensent B Makro
gemaak is
C Firewire
2.2 ʼn Dokument wat ʼn spesifieke uitleg en
formatering bevat wat nodig is om ander D ‘Pharming’
soortgelyke dokumente te skep
E Bedryfstelsel
2.3 ʼn Stelsel wat gebruik word om toegang tot en
vanaf die internet op ʼn rekenaar te monitor en te F Uitvissing (Phissing)
beheer
G GIGU
2.4 ʼn Program wat gebruik kan word om ʼn
rugsteunprogram op te stel om elke aand om H Afteller
middernag uit te voer.
I Konvergensie
2.5 ʼn Program wat al die aktiwiteite in ʼn rekenaar
bestuur en beheer J Wys/Versteek
2.6 ʼn Toestel wat as ʼn tydelike kragbron vir K Veranderingspoor
rekenaars gebruik kan word as daar ʼn
kragonderbreking is L GGK (‘GUI’)
2.7 Die klein prentjies op die werkskerm wat M ‘Spooler’
programme of plekke op die rekenaar voorstel
N Netskans (‘Firewall’)
2.8 Verkeerde invoer of ongeldige data in ʼn
rekenaarstelsel wat verkeerde of betekenislose O E-rommel
resultate sal lewer
P Ikone
2.9 ʼn Tendens waar verskillende tegnologiese
stelsels en ander funksies of stelsels in een V Tema
rekenaar of rekenaartoestel gekombineer word
R OKT (‘UPS’)
2.10 Pogings om gebruikers te mislei om vertroulike
data, soos wagwoorde, uit te gee S Skeduleerder
T SVE
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
6
Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs
die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Indien die stelling
waar is, skryf ‘WAAR’. Indien die stelling onwaar is, skryf ‘ONWAAR’ en verander die
onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord
“NIE” gebruik om die stelling te verander NIE.)
GEEN punt sal toegeken word indien ONWAAR sonder ʼn korrekte antwoord geskryf
is nie.
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
ʼn Sleutelbord is ʼn insettoestel. Waar
Sosiale ingenieurswese is die studie van die Onwaar, Ergonomie
ontwerp van toerusting vir die gerief en veiligheid
van mense in ʼn werksomgewing.
3.1 Maatskappye stel dikwels die deelware-weergawes van hul sagteware vry vir
toetsdoeleindes voordat die sagteware te koop aangebied word.
3.2 Afdelingsbreke (‘Section breaks’) maak dit moontlik om verskillende
bladsyoriëntasies binne dieselfde woordverwerkingsdokument te hê.
3.3 Ruitnetrekenarisering (‘Grid computing’) verwys na die deel van hulpbronne
soos programme en databerging wat as ʼn diens oor die internet aangebied word.
3.4 Die ‘snipping tool’ is sagteware wat die gebruiker toelaat om ʼn gedeelte van
wat op die skerm verskyn, vas te vang of te kopieer.
3.5 Die sigbladfunksies LEFT en RIGHT kan deur die CONCATENATE-funksie
vervang word om dieselfde resultaat te kry. [5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Die skoolhoof het ʼn IKT-komitee gestig om nuwe rekenaars vir die skool se nuwe
IKT-sentrum aan te koop.
4.1.1 Gee EEN motivering waarom die komitee draadlose toestelle vir die nuwe
IKT-sentrum moet koop. (1)
4.1.2 Gee TWEE foutopsporingstappe wat jy kan neem om te probeer om ʼn
draadlose (Bluetooth)-sleutelbord wat skielik ophou werk het, weer te laat
werk. (2)
4.2 Die nuwe IKT-sentrum moet met drukkers en ʼn skandeerder toegerus word.
4.2.1 Beveel ʼn tipe drukker aan wat vir groot volumes drukwerk geskik sal
wees. (1)
4.2.2 3D-drukkers het baie gewild geword in die wêreld van ontwerp en
produksie.
Beskryf die funksie van ʼn 3D-drukker en verduidelik hoe dit werk. (2)
4.2.3 Bespreek TWEE voordele van die aankoop van ʼn skandeerder om in die
nuwe IKT-sentrum te gebruik. (2)
4.3 Vir ʼn rekenaar om behoorlik te funksioneer, benodig dit ʼn bedryfstelsel sowel as
ʼn toepassingsagteware.
4.3.1 Die meeste bedryfstelsels moet van tyd tot tyd opgedateer word.
Noem TWEE moontlike voordele van sulke opdaterings. (2)
4.3.2 Bespreek TWEE sagtewareverwante probleme wat die verwerking-
spoed van ʼn rekenaar kan verminder. (2)
4.4 Die komitee moet maniere oorweeg waarop fisies gestremde leerders toegang
tot die rekenaars in die IKT-sentrum kan verkry.
4.4.1 Noem EEN hardeware-toestel om die siggestremde (blinde) leerders in
die IKT-sentrum by te staan. (1)
4.4.2 Verduidelik hoe ʼn spraakherkenningsprogram gebruik kan word om
leerders wat fisies gestremd is by te staan. (1)
4.5 Verduidelik die verskil tussen ʼn terreinlisensie en ʼn ‘creative commons’-lisensie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
8
Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
4.6 Die komitee wil ʼn digitale kamera vir die nuwe IKT-sentrum koop. In ʼn
advertensie het hulle gesien dat die resolusie van die kamera verkeerdelik
as 12 spd (‘dpi’) gelys is.
4.6.1 Noem die korrekte eenheid om die resolusie van beelde wat deur ʼn
digitale kamera geneem is, te meet. (1)
4.6.2 Gee ʼn voorbeeld van waar spd (‘dpi’) as ʼn spesifikasie gebruik word. (1)
4.6.3 Watter effek het lae resolusie op ʼn digitale beeld? (1)
4.7 Die skoolhoof het ʼn ouer rekenaar by die huis. Hy het die skyf-eienskappe
oopgemaak en die venster hieronder het verskyn.
4.7.1 Wat wys die venster hierbo vir jou oor die toestand van die
hardeskyf? (1)
4.7.2 Hoe sal die hoeveelheid beskikbare stoorspasie beïnvloed word as
die skoolhoof ʼn skyfdefragmentasie op hierdie hardeskyf uitvoer?
Motiveer jou antwoord. (2)
4.7.3 Behalwe om die skyfskoonmaak (‘Disk Cleanup’)-nutsprogram te
gebruik en ʼn skyfdefragmentasie uit te voer, gee DRIE wenke aan
die skoolhoof sodat hy sy rekenaar in ʼn goeie toestand kan hou. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Die gemeenskapsentrum sal geriewe verskaf vir mense om LAN-speletjies te
speel.
5.1.1 Verduidelik wat LAN-speletjies is. (1)
5.1.2 Wat is die verskil tussen aanlyn-speletjies en LAN-speletjies? (2)
5.2 Die mense wat die gemeenskapsentrum gaan gebruik, het die komitee gevra
om internettoegang te verskaf.
5.2.1 Noem die tipe sagteware wat hulle benodig om bladsye vanaf die
internet te lees. MOENIE handelsname gee NIE. (1)
5.2.2 Bespreek DRIE kwessies om te oorweeg wanneer jy op ʼn IDV (‘ISP’)
besluit. (3)
5.2.3 Behalwe vir koste, noem TWEE voordele van ʼn breëband verbinding. (2)
5.3 Die skoolhoof het gehoor dat sommige webwerwe lewende videostroming (‘live
streaming’) bied.
Verduidelik kortliks wat lewende videostroming (‘live streaming’) beteken. (1)
5.4 Wat is die doel van die digitale sertifikaat wat op sommige webwerwe gevind
word? (1)
5.5 Wanneer jy die internet gebruik, stoor die webbediener klein lêers wat as
koekies bekend staan op ʼn rekenaar.
Gee TWEE redes waarom e-handel en ander webtoepassings koekies gebruik. (2)
5.6 Die skoolhoof het ʼn webwerf besoek en ʼn opwipvenster het verskyn wat hom
vertel het dat hy ʼn nuwe iPad gewen het.
Verduidelik hoe hy kan keer dat dit weer gebeur. (1)
5.7 Gee die term wat gebruik word om die reëls uiteen te sit en beperk die maniere
waarop die gemeenskapsentrum gebruik mag word. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
10
Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Inligtingsbestuur is veral belangrik wanneer leerders aanlyn navorsing doen. Met
verwysing na URL-verkorting:
6.1.1 Verduidelik wat ʼn URL-verkortingsdiens doen. (1)
6.1.2 Motiveer hoe ʼn gebruiker voordeel kan trek uit die gebruik van ʼn URL-
verkortingsdiens. (2)
6.2 Noem TWEE kriteria wat jy sal gebruik wanneer jy inligting op ʼn webwerf
evalueer. (2)
6.3 Noem TWEE algemene kenmerke van ʼn sigbladprogram wat dit vir data-analise
geskik maak. (2)
6.4 Verduidelik waarom dit nodig is om ʼn bibliografie aan die einde van ʼn formele
dokument/verslag by te voeg. (1)
6.5 Verduidelik die verskil tussen ʼn aanhaling (‘citation’) en ʼn onderskrif (‘caption’). (2)
[10]
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Groot data is baie groot gestruktureerde en ongestruktureerde datastelle wat met
behulp van rekenaars ontleed word om tendense en patrone te openbaar wat
veral met menslike gedrag en interaksie verband hou.
7.1.1 Bespreek TWEE vaardighede wat vereis word deur mense wat ʼn
loopbaan in groot data analise wil volg. (2)
7.1.2 Verduidelik kortliks die term skarebefondsing. (2)
7.2 Wanneer jy nuwe sagteware koop en/of installeer, is daar ʼn ooreenkoms wat
aanvaar moet word.
Verduidelik die doel van die EULA-ooreenkoms. (2)
7.3 Verduidelik kortliks wat geo-etikettering is. (2)
7.4 Verduidelik aan die hand van ʼn voorbeeld hoe die Internet van Dinge (IvD) in ʼn
slim huis gebruik kan word. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING
8.1 Verduidelik die doel van die Toeganklikheidskontroleerder (‘Accessibility
Checker’). (2)
8.2 Jy stel ʼn databasis van al die boeke in die biblioteek op. Die Book_Table bevat
die velde hieronder.
Veldnaam Beskrywing
Strepiekode-nommer Strepiekode-nommer om elke boek te identifiseer
Skrywer Skrywer se naam
Titel Titel van die boek
Jaar Jaar gepubliseer
Fiksie Fiksie of nie-fiksie
Aantal_kopieë Aantal kopieë in voorraad
8.2.1 Noem die veld wat die geskikste is om as die primêre sleutel gebruik
te word en meld hoekom jy hierdie veld gekies het. (2)
8.2.2 Noem die mees geskikte datatipe (behalwe teks) vir die Fiksie veld wat
aandui of die boek fiksie is of nie. (1)
8.2.3 Noem die mees geskikte datatipe vir die Aantal-kopieë veld. (1)
8.2.4 Watter kenmerk van ʼn databasisverslag sal jy gebruik om ʼn lys te skep
om die fiksie van die nie-fiksieboeke te skei? (1)
8.2.5 Watter kenmerk van ʼn woordverwerkingsprogram sal jy gebruik om
persoonlike briewe te skep om aan elke leerder met uitstaande boeke
te stuur? (1)
8.3 Watter kenmerk van ʼn sigblad sal jy gebruik om ʼn funksie afwaarts na selle te
kopieer sonder om die ‘kopieer en plak’-metode te gebruik? (1)
8.4 Bestudeer die sigbladskermkopie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
12
Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
8.4.1 Verduidelik wat die oorsaak is van die fout wat in sel C5 gevind is EN
verduidelik hoe om hierdie fout reg te stel. (2)
8.4.2 ʼn VLOOKUP-funksie is in sel H2 gebruik om die totale koste van
toerusting per departement te bereken. Die volgende formule wat in
sel H2 gevind word, word af na sel H8 gekopieer:
=VLOOKUP(F2;$A$1:$C$5;3;FALSE)*G2
Maak die funksie reg OF verduidelik hoekom die funksie nie werk nie. (2)
8.5 Gee TWEE moontlike redes waarom hiperskakels nie op ʼn gestoorde HTML-
bladsy werk nie. (2)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Bitcoin-mynwerkers ontvang Bitcoin as ʼn beloning vir die skep van nuwe ‘blokke’ wat
by die blokketting gevoeg word. Die skool beplan om in crypto geldeenhede
(digitale geldeenheid) te belê.
9.1 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
ALTCOIN MYN INSTALLASIES – R69 999,00
✓ Moederbord (6 kaart ondersteuning)
✓ Intel G3900 @ 3,15 Ghz
✓ 16 GG RAM
✓ Kingston 240 GG A400 VTA (‘SSD’)
✓ 6 x NVIDIA 8 GG 1070 GVE (‘GPU’)
✓ 6 x aangedrewe styger
✓ 1 x myntuigraam
✓ 1600 Watt KTE (‘PSU’)
✓ Sluit moederbordsamestelling, VTA
(‘SSD’)-installasie en ʼn gratis 18” vol
HD-skerm in
9.1.1 Watter soort rekenaargebruiker sal heel waarskynlik ʼn rekenaar met
hierdie spesifikasies gebruik? (1)
9.1.2 Noem die vervaardiger van die grafiese verwerker. (1)
9.1.3 Hoe word die grootte van monitors normaalweg gemeet? Gee die naam
van die eenheid waarin die grootte gemeet word. (2)
9.1.4 Myninstallasies (rekenaarstelsels) word gebruik om bitcoins te myn deur
komplekse wiskundige prosesse te voltooi.
Verduidelik kortliks wat ʼn bitcoin is. (2)
9.1.5 Bespreek TWEE beperkings van bitcoin. (2)
9.1.6 Bespreek DRIE voordele van die gebruik van ʼn vaste-
toestandaandrywer (VTA) (‘SSD’). (3)
9.1.7 Verduidelik die funksie van ʼn kragtoevoereenheid (KTE) (‘PSU’). (2)
9.2 Die skool het besluit om ʼn ‘chatbot’ te gebruik om navrae van ouers te hanteer
en om met ouers in die gespreksfunksie op hul webwerf te kommunikeer.
9.2.1 ʼn ‘Chatbot’ is ʼn vorm van kunsmatige intelligensie (KI).
Definieer kunsmatige intelligensie (KI). (2)
9.2.2 Noem EEN voordeel van die gebruik van ʼn ‘chatbot’ om
gebruikersnavrae in hierdie scenario te hanteer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
14
Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
9.2.3 Gee TWEE redes waarom dit meer gepas sal wees om ʼn regte persoon
eerder as ʼn ‘chatbot’ te gebruik om gebruikergesprekke te hanteer. (2)
9.3 Daar is ʼn paar bekommernisse oor die internetverbinding by die skool sowel as
oor kwaadwillige sagteware (‘malware’).
9.3.1 Verduidelik kortliks wat ‘pharming’ is. (2)
9.3.2 Verduidelik kortliks die term e-pos flousery (‘spoofing’) en meld wie
gewoonlik flousery (‘spoofing’) gebruik. (2)
9.3.3 Noem DRIE sosiale gevolge van kwaadwillige sagteware (‘malware’). (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15
VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
10.1 Digitale kommunikasie vorm baie deel van ʼn e-leer inisiatief.
10.1.1 Noem TWEE beperkings of swakhede van digitale kommunikasie. (2)
10.1.2 Gee TWEE goeie praktyke wat jy moet volg wanneer jy digitale
kommunikasie gebruik. (2)
10.2 Onderskei tussen e-leer en m-leer. (2)
10.3 Ergonomie moet in ag geneem word wanneer rekenaartoestelle gebruik word.
10.3.1 Verduidelik kortliks die term ergonomie. (2)
10.3.2 Hoekom is dit raadsaam om ʼn ergonomies ontwerpte sleutelbord en
muis te koop? (1)
10.4 Daar is ʼn groeiende neiging in die gebruik van vergrote werklikheid (VR)
tegnologie tydens leer.
Verduidelik wat vergrote werklikheid (AR) is deur ʼn relevante leer voorbeeld te
gee. (1)
10.5 Al hoe meer mense ly aan inligtingsoorlading.
10.5.1 Verduidelik kortliks wat inligtingoorlading is. (2)
10.5.2 Behalwe om vinniger en akkurater te leer lees, gee DRIE strategieë wat
jou kan help om te voorkom dat jy ʼn slagoffer van inligtingoorlading
word. (3)
10.6 Verduidelik kortliks die verskil tussen ʼn drywer en fermware. (2)
10.7 In ʼn dokument het die skrywer die Enter-sleutel herhaaldelik gebruik om
opskrifte na die bokant van elke bladsy te skuif.
10.7.1 Hoekom is dit nie ʼn goeie keuse om die opskrifte op hierdie manier te
skuif nie? (1)
10.7.2 Stel ʼn manier voor om dit korrek te doen. (1)
10.8 Verduidelik wat elk van die volgende foutboodskappe in ʼn sigblad sou aandui
en verduidelik die oplossing vir elk.
10.8.1 #VALUE! (2)
10.8.2 #DIV/0! (2)
10.9 Verduidelik wanneer jy van absolute selverwysing in ʼn sigblad gebruik gaan
maak. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)
Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Exam guideline
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 Guideline

Memorandum