Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 542.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25)
AFDELING B (75)
AFDELING C (50)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.
7. Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; 'n 2 punt-vraag sal dus
TWEE feite vereis, ens.
8. Lees die vrae sorgvuldig en MOENIE meer inligting gee as wat die vraag
vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.
9. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.
10. Antwoorde soos 'goedkoper', 'vinniger/stadiger', 'makliker', ens. sal SLEGS
aanvaar word indien dit gemotiveer word.
11. MOENIE handelsname in antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek vereis
word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.
1.1 'n SVE ('CPU') kan maklik op 'n ... verander word.
A klankkaart ('sound card')
B hardeskyf ('hard drive')
C geheueskyfie ('memory chip')
D moederbord ('motherboard') (1)
1.2 Watter EEN van die volgende tipes sagteware stel jou in staat om 'n program
uit te toets voordat jy dit koop?
A Gratisware ('Freeware')
B Kwaadwillige sagteware ('Malware')
C Deelware ('Shareware')
D Advertensieware ('Adware') (1)
1.3 Daar word na enige dokument wat op 'n rekenaar gestoor word, as
'n ...-kopie verwys.
A harde
B sagte
C rugsteun
D wolk (1)
1.4 Wanneer 'n gebruiker 'n kombinasie sleutels op 'n sleutelbord druk om
'n aksie uit te voer, word dit 'n ... genoem.
A hiperskakel ('hyperlink')
B kortpad ('shortcut')
C funksie
D paragraaf (1)
1.5 'n … word benodig om na 'n gesimuleerde wêreld in 3D te kyk.
A VR-kopstuk ('VR headset')
B Webkamera ('webcam')
C 3D-drukker ('3D printer')
D GPS-toestel ('GPS device') (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/November 2019
NSS
1.6 'n Lêernaam wat met die lêeruitbreiding ... eindig, is 'n tipe lêer wat data in
teks-alleen('text only')-formaat stoor.
A .exe
B .zip
C .pdf
D .csv (1)
1.7 'n Neiging in tegnologie wat huishoudelike toestelle toelaat om aan die
internet te koppel:
A https
B VoIP
C IoT
D IM (1)
1.8 Watter EEN van die volgende opsies is NIE noodsaaklik om samewerking
gedurende M-leer toe te laat NIE? Leerders ...
A kan in reële tyd hulle werk deel en terugvoering daaroor kry.
B moet oor die nodige rekenaarvaardighede beskik.
C kan te alle tye toegang tot die internet kry en daaraan koppel.
D moet die jongste duur draagbare tegnologieë hê. (1)
1.9 'n Sigbladeienskap of 'n kombinasie van eienskappe wat gebruik word om
waardes of data, wat aan sekere kriteria voldoen, te vertoon, staan as ...
bekend.
A datavalidering ('data validation')
B soek en selekteer ('find and select')
C formateer en redigeer ('format and edit')
D sorteer en filtreer ('sort and filter') (1)
1.10 Watter EEN van die volgende opsies sal die simbool 'A' vir 'n leerderpunt van
80 vertoon wat in sel A1 van die sigblad gevind word?
A = IF (A1=80, "A", "")
B = IF (A1=80, "", "A")
C = IF (A1<80, "A", "")
D = IF (A1>80, "A", "") (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 2: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.
KOLOM A KOLOM B
2.1 'n Toestel wat 'n rekenaar toelaat om A eiendomsregtelik ('proprietary')
aan 'n netwerk te koppel
B kuberafknouery ('cyberbullying')
2.2 Die praktyk waar 'n IDV ('ISP')
voorkeur gee aan sekere C vorm
netwerkdienste, bv. e-pos
D VPN
2.3 Sagteware waar al die kode vrylik
beskikbaar is E NKK ('NIC')
2.4 Die gebruik van IKT's ('ICTs') om van F onderhoud ('interview')
die huis af te werk in plaas daarvan
om werk toe te reis G verslag
2.5 'n Program wat mense in staat stel H meningsopname ('survey')
om die Wêreldwye Web te verken
I smoring ('throttling')
2.6 'n Openbare koppeling aan die
internet in restaurante en winkels J sleutelvaslegging ('keylogging')
2.7 Om 'n gebruiker te kul om 'n K deurblaaier ('browser')
versteekte skakel op 'n webtuiste te
volg L oopbron ('open-source')
2.8 'n Persoonlike ontmoeting waar 'n M sleutelbord
persoon navorsingsvrae beantwoord
N telekonferensie
2.9 'n Databasisobjek wat een rekord op
'n keer vertoon O vorming ('shaping')
2.10 Die handeling om aanlyn voor te gee P koppelkol ('hotspot')
om iemand anders te wees
Q HTML-redigeerder
R identiteitsdiefstal
S telependel ('telecommuting')
T klikkaping ('click-jacking')
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte
woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE' gebruik om
die stelling te verander NIE.)
GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR geskryf word NIE.
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Die aanvanklike laai-instruksies vir 'n
Waar
rekenaar word in LAG ('ROM') gestoor.
NVK('NFC')-toestelle kan tot op 'n afstand
Onwaar – Bluetooth
van 10 meter met mekaar koppel.
3.1 'n LAN is 'n tipe netwerk wat kantore in Durban en Kaapstad kan koppel. (1)
3.2 BJET ('BYOD') is 'n konsep waar werknemers toegelaat word om hulle
persoonlike toestelle op 'n maatskappy se netwerk te gebruik. (1)
3.3 'n Trojaan is 'n sagtewareprogram wat die bedryfstelsel in staat stel om met 'n
hardewaretoestel te kommunikeer. (1)
3.4 Die defragmenteer('defragment')-nutsprogram kan gebruik word om tydelike
of ongebruikte lêers uit te vee. (1)
3.5 Spraak-na-teks ('Speech-to-text') stel 'n gehoorgestremde gebruiker in staat
om toegang tot 'n stempos ('voice note') te kry. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Noem TWEE toevoertoestelle wat op 'n skootrekenaar gevind kan word,
buiten 'n raakskerm. (2)
4.2 Die gebruiker kan nie die volle teks sien terwyl 'n e-pos op 'n
raakskermtoestel getik word nie.
Gee TWEE redes waarom dit gebeur. (2)
4.3 Gee TWEE funksies van 'n OKT ('UPS'). (2)
4.4 Bespreek TWEE redes waarom 'n aanbieder tydens 'n aanbieding eerder 'n
dataprojektor as 'n monitor sal gebruik. (2)
4.5 Noem TWEE voordele van 'HDMI'-kabels bo 'VGA'-kabels om 'n televisie aan
'n rekenaar te koppel. (2)
4.6 Gee TWEE redes waarom 3D-drukkers nie algemeen in 'n tuiskantoor gebruik
word nie, behalwe koste. (2)
4.7 Die volgende stelselvereistes is nodig om 'n kantoorsuite te installeer:
1 GHz of vinniger SVE ('CPU')
2 GG ('GB') of meer ETG ('RAM')
3 GG ('GB') beskikbare skyfspasie
1024x768 of hoër
Windows 7 of nuwer
4.7.1 Verduidelik waarom dit VERKEERD is om te sê dat 1024x768 die
grootte van die monitor is. (1)
4.7.2 Gee die term wat gebruik word om die rede te beskryf waarom
hierdie kantoorsuite nie op 'n vroeër weergawe van die bedryfstelsel
hierbo gespesifiseer, sal uitvoer nie. (1)
4.8 Gee TWEE redes waarom jy sal kies om 'n kantoorsuite te koop eerder as om
verskillende toepassings by verskillende sagteware-ontwikkelaars te koop,
behalwe koste. (2)
4.9 Gee TWEE moontlike oorsake waarom 'n toepassing ophou reageer. (2)
4.10 'n Prentjie is in 'n grafiese redigeerder ('graphics editor') gemanipuleer en toe
gestoor.
Gee TWEE redes waarom die gestoorde prentjie nou dof vertoon of
onduidelik is. (2)
4.11 Verduidelik hoe konvergensie ('convergence') tot groen rekenarisering ('green
computing') bydra. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/November 2019
NSS
4.12 'n Televisiestasie beplan om ouer analoogtegnologie met tegnologie vir
digitale uitsending te vervang.
4.12.1 Skryf die algemene term neer vir die proses waar uitsaaidienste van
analoog- na digitale tegnologie verander word. (1)
4.12.2 Noem TWEE voordele van digitale uitsaaitegnologie vir die kykers. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Gee TWEE voordele van die koppeling van rekenaars in 'n netwerk eerder as
om losstaande rekenaars te gebruik. (2)
5.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
← Poort A
← Poort B
5.2.1 Watter poort moet iemand gebruik om 'n rekenaar aan 'n gekabelde
netwerk te koppel? (1)
5.2.2 Verduidelik hoe om 'n rekenaar aan 'n draadlose netwerk te koppel
deur een van die poorte te gebruik. (1)
5.3 Noem die tipe internetkonneksie wat lig vir dataoordrag gebruik. (1)
5.4 Alle gebruikers op 'n LAN het geldige toegangsregte, maar wanneer hulle
probeer om met hulle korrekte wagwoorde aan te teken, is hulle onsuksesvol.
Stel EEN oplossing vir hierdie probleem voor. (1)
5.5 Waarom vries ('buffer') 'n video partymaal terwyl dit vanaf die internet stroom? (1)
5.6 Wat is die doel van die tuisbladinstelling in 'n webblaaier? (1)
5.7 Noem TWEE uitkomste wat bereik kan word deur op 'n webtuiste-hiperskakel
te klik. (2)
5.8 Stel TWEE maniere voor waarop jy beter privaatheid op sosiale media, soos
Facebook of Whatsapp, kan verseker. (2)
5.9 Gee TWEE beperkings van e-handel. (2)
5.10 Noem die tegnologie wat deur banke en ook die skeppers van
afkoopsagteware ('ransomware') gebruik word om die uitruil van inligting oor
die internet te beveilig. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Verwys na 'n formele geskrewe verslag, soos jou PAT, en verduidelik die doel
van 'n:
6.1.1 Uittreksel ('Abstract') (1)
6.1.2 Inleiding ('Introduction') (1)
6.2 Toe jy navorsing vir jou PAT gedoen het, het jy inligting oor die onderwerp
gevind wat gelyk het asof dit geskik is.
Gee TWEE redes waarom jy sommige van hierdie inligting NIE in jou verslag
kan gebruik NIE. (2)
6.3 Geslote vrae het 'n stel antwoorde waaruit gekies kan word.
6.3.1 Bespreek EEN beperking van die gebruik van geslote vrae in
'n vraelys. (1)
6.3.2 Gee TWEE voordele vir 'n navorser wanneer geslote vrae
elektronies beantwoord word. (2)
6.4 Bestudeer die grafiek hieronder wat die finale uitkoms van 'n nasionale
verkiesing toon en beantwoord die vraag wat volg.
80.7%
80.6%
Nasionale
80.5%
Verkiesingsuitslae
80.4%
80.3% 80.6% Series1
80.2% 80.4%
80.1% 80.2%
80.0%
Party 1 Party 2 Party 3
Gee DRIE redes waarom dit moeilik is om die grafiek te interpreteer. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Daar word baie gevalle van internetverslawing gerapporteer.
7.1.1 Noem TWEE aktiwiteite waaraan gebruikers op die internet
deelneem wat tot verslawing kan lei. (2)
7.1.2 Gee TWEE tekens wat jou kan waarsku dat iemand dalk 'n internet-
of speletjieverslawing kan hê. (2)
7.2 Noem TWEE potensiële etiese probleme wat kan ontstaan wanneer
maatskappye toegang tot groot data ('big data') het. (2)
7.3 Hoe kan wetstoepassingsowerhede vermeende kubermisdadigers
ondersoek? (1)
7.4 Gee EEN manier waarop sosiale media openbare menings kan beïnvloed. (1)
7.5 Noem TWEE negatiewe invloede van sagtewareroofkopiëring ('software
piracy') vir die skeppers van sagteware. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 Gee EEN voordeel van die gebruik van style vir opskrifte in 'n lang
woordverwerkingsdokument. (1)
8.2 Stel TWEE redes voor vir die gebruik van seksiebreuke ('section breaks') in 'n
woordverwerkingsdokument. (2)
8.3 Noem TWEE woordverwerkingseienskappe wat 'n nasiener ('reviewer') kan
gebruik om voorgestelde veranderings vir die outeur van 'n dokument aan te
dui. (2)
8.4 Bestudeer die skermkopie van 'n woordverwerkingsdokument hieronder.
8.4.1 Waarom word die nie-druk('non-printing')-simbole in die dokument
vertoon? (1)
8.4.2 Waarom verskyn die woord 'Shelter' sonder 'n kolpunt ('bullet')? (1)
8.5 Hoe sou jy die bladsy-onderbrekingvoorskou ('Page Break Preview') van
'n sigblad gebruik om die getal rye of kolomme wat per bladsy gedruk word, te
manipuleer? (1)
8.6 Wat dui die uitroepteken (!) in die formulestaaf ('formula bar') vir sel E1 in die
skermkopie hieronder aan?
(1)
8.7 Bestudeer die skermkopie hieronder. Die formule wat in sel D3 gebruik word
om die tyd gewerk ('Time worked') te bereken, is korrek, alhoewel dit nie die
regte antwoord vertoon nie.
Watter selformatering moet op sel D3 toegepas word om die korrekte
antwoord van 2 ure te verkry? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/November 2019
NSS
8.8 Die formule in sel B2 is afgekopieer ('copied down') om die BTW ('VAT')
(sel E1) vir alle bedrae in kolom A te bereken.
Identifiseer TWEE foute in die formule wat voorkom dat die waardes in die
selreeks B3 tot B5 korrek vertoon. (2)
8.9 Beskou die formule =[Price]*[Markup], wat in 'n berekening in 'n databasis-
navraag of -verslag gebruik is.
Waarom word vierkantige hakies in hierdie formule gebruik? (1)
8.10 Wat sal gebeur as 'n =COUNT(*)-funksie vanaf die groeponderskrif
('group footer') na die verslagonderskrif ('report footer') in 'n databasis verskuif
word? (1)
8.11 Wat moet gedoen word sodat die teks 'December holidays' op 'n webblaaier-
oortjie ('web browser tab') vertoon?
<html>
<head> December holidays
<title> </title>
</head>
<body> </body>
</html>
(1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/November 2019
NSS
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Jou skool is die gasheer vir 'n kookkompetisie waar leerders in spanne sal kook en
deur professionele sjefs beoordeel sal word. Mobiele ('mobile') kombuise sal op die
sportveld opgestel word.
9.1 Rekenaartoestelle sal gebruik word om die resepte te vertoon en om die
resultate vas te lê.
Bestudeer die spesifikasies van die volgende twee toestelle:
TAFELBLADREKENAAR TABLET
('DESKTOP COMPUTER')
2.4 GHz-SVE ('CPU') 1300 MHz-SVE ('CPU')
8 GG('GB')-DDR4 2 GG('GB')-ETG ('RAM')
256 GG ('GB') Vaste Toestand 16 GG ('GB') interne stoor
4 GG('GB')-videokaart Raakskerm ('Touch screen')
21" Monitor 25.6 cm (10.1")-vertoon
4 x USB-poorte Agterste ('Rear') kamera 8 MP
Geïntegreerde 10/100/1000- 4G standaard LTE, Wi-Fi
netwerkpoort Bluetooth-weergawe BT 4.0
Geïntegreerde HDMI-poort 2G standaard, GSM, 4G
FHD-webkamera, 1920x1080 SD-kaartgleuf
SD-kaartgleuf
Perseelwaarborg ('On-site
warranty')
9.1.1 Wat is die spoed van die vinniger verwerker wanneer die twee
toestelle vergelyk word? (1)
9.1.2 Waarom is die tablet meer geskik vir buitenshuise gebruik? (1)
9.1.3 Noem TWEE maniere waarop die stoorplek van die tablet vergroot
kan word. (2)
9.1.4 Verduidelik waarom die tafelbladrekenaar beter is vir grafika-
verwerking deur na die spesifikasies daarvan te verwys, behalwe vir
die SVE ('CPU'). (1)
9.1.5 Verduidelik wat 'n perseelwaarborg ('on-site warranty') is EN
waarom 'n tablet gewoonlik nie 'n perseelwaarborg het nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/November 2019
NSS
9.2 Deelnemers kan kundige sjefs in reële tyd ('real time') vir bystand kontak.
9.2.1 Wat is die voordeel daarvan dat deelnemers in reële tyd met
kundige sjefs kan kommunikeer? (1)
9.2.2 Noem TWEE tipes internetkonneksies wat geskik sal wees om
gedurende hierdie kompetisie te gebruik. (2)
9.2.3 Noem TWEE hardewaretoestelle wat nodig is vir 'n video-/
webkonferensie met 'n kenner, behalwe netwerktoestelle. (2)
9.3 'n Video wat gedurende die kompetisie geneem is, sal ná die gebeurtenis
aanlyn gepubliseer word.
9.3.1 Noem TWEE e-kommunikasiedienste (aanlyn platforms) waar
hierdie video's gepubliseer kan word. Jy mag handelsname gebruik. (2)
9.3.2 Verduidelik hoe 'n mens 'n soekenjin kan gebruik om 'n video van
hierdie kookkompetisie te vind. (2)
9.3.3 Noem TWEE kameraspesifikasies wat die gehalte van die video's
beïnvloed, behalwe die sensor. (2)
9.3.4 Gee TWEE redes vir die gebruik van lêerkompressie om die
lêergrootte kleiner te maak. (2)
9.4 Die punte van verskeie beoordelaars sal in 'n sigblad vasgelê word.
9.4.1 Noem TWEE eienskappe van 'n sigblad wat die gebruiker sal help
om die punte akkuraat vas te lê. (2)
9.4.2 Die totale punt vir elke span kan bereken word deur die volgende
formule te gebruik:
=A1+A2+A3+A4
Watter sigbladfunksie kan gebruik word om dieselfde resultaat te
bereik? (1)
9.4.3 Watter sigbladfunksie of kombinasie van funksies kan op die data
hieronder gebruik word om die punt te onttrek wat deur 'n spesifieke
beoordelaar (bv. Beoordelaar 2) aan 'n spesifieke span (bv. Span 2)
gegee is?
(1)
9.4.4 Hoe kan 'n beoordelaar seker maak dat die formatering wat op die
sigblad toegepas is, nie verander nie, selfs al word dit op 'n ander
rekenaar met 'n ander bedryfstelsel of sonder 'n sigbladprogram
bekyk? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 16 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Jy werk gedurende die vakansie as 'n assistent by die weerburo.
10.1 Die weerburo moet 'n drukker vir kantoorgebruik aankoop.
Noem TWEE spesifikasies om in aanmerking te neem wanneer 'n drukker
aangekoop word, behalwe koste. (2)
10.2 Die rekenaars by die weerburo moet teen kragstuwings ('power surges')
beskerm word.
10.2.1 Watter tipe skade kan 'n kragstuwing aan 'n rekenaar aanrig? (1)
10.2.2 Stel TWEE omgewingsvriendelike maniere voor waarop jy van
'n beskadigde rekenaar ontslae kan raak. (2)
10.3 Streng sekuriteitsmaatreëls moet deur die netwerkadministrateur ingestel
word sodat nie alle werknemers toegang tot die bediener van die weerburo
sal hê nie.
10.3.1 Noem die tipe gebruiker wat met hoëvlak('high-end')hardeware en
-sagteware werk. (1)
10.3.2 Die netwerkadministrateur stel toegangsregte en 'n netskans
('firewall') op.
Gee TWEE redes waarom fisiese toegang tot die bedienerkamer
ook beperk moet word. (2)
10.3.3 Gee TWEE redes waarom die netwerkadministrateur die
ongebruikte USB-poorte op die werknemers se rekenaars buite
werking gestel het. (2)
10.4 Bespreek TWEE voordele van ruitnetrekenarisering ('grid computing') vir die
weerburo. (2)
10.5 Die netwerkadministrateur moet altyd die sagteware op die rekenaars van die
weerburo opgedateer hou.
10.5.1 'n Weeranalisetoepassing stuur ná 'n onlangse opdatering
verkeerde resultate terug.
Gee 'n term vir die oorsaak van die probleem EN stel 'n oplossing
voor. (2)
10.5.2 Gee TWEE redes waarom die netwerkadministrateur moontlik nie
wil hê dat 'n bedryfstelsel outomaties opdaterings ('updates') op die
genetwerkte rekenaars aflaai en installeer nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 17 DBE/November 2019
NSS
10.6 Rugsteun is belangrik sodat data nie verloor word nie.
10.6.1 Gee TWEE redes waarom die weerburo outomatiese rugsteunlêers
moet maak. (2)
10.6.2 Stel TWEE riglyne voor om by die beleid oor die maak van
rugsteulêers by die weerburo in te sluit, behalwe om gereelde
rugsteune te maak of outomatiese rugsteune op te stel. (2)
10.7 Elke weerstasie moet die plek waar foto's geneem is, in dié foto's vaslê
('embed').
10.7.1 Watter tegnologie laat die verkryging van akkurate liggingsdata
toe? (1)
10.7.2 Gee die term vir die data wat in 'n prentlêer vasgelê word wat die
ligging van waar 'n foto geneem is, verskaf. (1)
10.8 Die volgende databasistabelstruktuur is geskep om daaglikse temperature
vas te lê:
StasieID Short Text
StasieNaam Short Text
Koördinate Short Text
Datum Date/Time
GemidTemperatuur Number
Reënval Number
10.8.1 Slegs getalle sal in die StasieID-veld verskyn, bv. 3452, 0198, 187.
Waarom is die datatipe vir hierdie veld Short Text en nie Number
nie? (1)
10.8.2 Die volgende skerm het gedurende die skep van 'n verslag verskyn:
Watter stappe moet geneem word om 'n lys van die
reënvalwaardes vir elke stasie in stygende orde te toon? (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2014 QP (Afr)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper