Skip to content

Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 12201920 pages

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2019 PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 'n HTML-merkersblad, 'n toevoermasker-karakterblad en 'n inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld. 2. As jy op die netwerk werk, of die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders sal die toesighouer 'n CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') met al die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee. Indien 'n CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') skryf. 3. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. 4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het nie, verwyder NIE. 5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae. 8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Lees die vraag noukeurig deur aangesien akkuraatheid in berekening gebring sal word. 10. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 11. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE. 12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op 'South Africa' ingestel is; datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheid- instellings ('currency settings') moet korrek ingestel wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2019 NSS 13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. Gebruik sentimeter as meeteenheid. 14. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word veranderinge aan die bestaande data gemaak. 15. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML- vraag te beantwoord NIE. 16. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheueskyf ('flash drive) wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.  1Mahal Woordverwerkingslêer  1Town Woordverwerkingslêer  2Back Prent  2Time Sigblad  2Visit Woordverwerkingslêer  3Stats Sigblad  3Taj Prent  4Tourists Sigblad  5Survey Databasis  6_1Wonder HTML-lêer  6_2Tourism HTML-lêer  6City Prent  7Calculations Sigblad  7Half HTML-lêer  7Numbers Databasis  7Protect Woordverwerkingslêer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2019 NSS SCENARIO Die Taj Mahal, 'n voorbeeld van Mughal-argitektuur, is 'n UNESCO-Wêrelderfenis- terrein in die stad Agra. Jy word gevra om dokumente oor die Taj Mahal te finaliseer. VRAAG 1: WOORDVERWERKING Maak die 1Mahal-woordverwerkingsdokument, wat inligting vir toeriste oor die Taj Mahal bevat, oop. Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in. 1.1 Bring die volgende veranderinge op die eerste bladsy aan: 1.1.1 Vind die teks 'A Marvel' en pas die volgende tekseffek ('text effect') toe:  Stel 'n rooi teksomlyning ('text outline').  Stel die breedte van die teksomlyning ('text outline') op 1.5 pt. (3) 1.1.2 Verander die grootte van die prent deur die skaalhoogte ('scale height') op 60% en die skaalbreedte ('scale width') op 40% te stel. (2) 1.1.3 Sentreer die inhoud van slegs die eerste bladsy vertikaal ('vertically'). (1) 1.2 Voeg enige outomatiese inhoudsopgawe ('table of contents') onder die opskrif 'Table of Contents' op die tweede bladsy in. (1) 1.3 Verander die Heading 1-styl om soos volg te vertoon:  Taj Mahal, Agra Overview What is widely considered as the most beautiful building in the world, the Taj Mahal is located in the historical city of Agra. Called the "symbol of love", it was built by the Mughal LET WEL:  Voeg die  (Wingdings, karakterkode 118)-kolpunt ('bullet') by die styl.  Vertoon die linkerinkeping ('left indent') van die kolpunte, soos hierbo.  Dateer al die gevalle van die Heading 1-styl op. (4) 1.4 Vind die paragraaf wat met die teks 'What is widely …' begin. Formateer die eerste letter van die paragraaf om presies soos hieronder te vertoon: W hat is widely considered as the most beautiful building in the world, the Taj Mahal is located in the historical city of Agra. Called the "symbol of love", it was built by the Mughal Emperor, Shah Jahan, as a memorial for his third wife, Mumtaz Mahal. "Taj Mahal" means "Crown of Palaces" in the Persian language. It rises from the dust- (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2019 NSS 1.5 Verander die hiperskakel ('hyperlink') op die teks 'Agra' in die eerste paragraaf sodat dit skakel met die 1Town-dokument, wat in jou eksamenlêergids gevind word. (1) 1.6 Voeg die teks 'Indian poet' by die voetnoot ('footnote') wat op die teks 'Rabindranath Tagore' gevind word. (1) 1.7 Vind die paragraaf wat met 'Over 20 000 people …' begin en met '… early 20th century' eindig. Pas 'n woordverwerkingseienskap op die paragraaf toe om seker te maak dat dit nie oor 'n bladsy sal verdeel nie. (1) 1.8 Selekteer die teks 'Paradise Garden' onder die opskrif 'Taj Mahal Garden'. Hierdie teks bevat reeds 'n indeks ('index'). Merk hierdie teks met 'n subinskrywing ('subentry'), 'Multiples of 4'. (2) 1.9 Vind die prentjie onder die opskrif 'Photos of Taj Mahal' en voeg die objekte langs die prentjie by, soos hieronder getoon. Splendid workmanship (5) 1.10 Steek die teks 'Adapted from https://www.holidify.com/', wat aan die einde van die dokument gevind word, weg ('hide'). LET WEL: Moet NIE die teks uitvee NIE. (1) 1.11 Voeg die teks 'Taj Mahal' in die bladsyonderskrif ('footer') van slegs die laaste bladsy van die dokument in. (3) Stoor en maak die 1Mahal-dokument toe. [27] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2019 NSS VRAAG 2: WOORDVERWERKING Maak die 2Visit-woordverwerkingsdokument, wat opnamedata oor besoekers se tevredenheid ná 'n besoek aan die Taj Mahal bevat, oop. Voeg jou eksamennommer in die bladsyonderskrif ('footer') in. 2.1 Verander die reëlspasiëring ('line spacing') van die eerste paragraaf na dubbel ('double'). (1) 2.2 Pas outomatiese woordafkapping ('automatic hyphenation') op die dokument toe. (1) 2.3 Verander die styl van die bladsynommer ('page number') na enige Accent Bar-styl. (1) 2.4 Vervang die teks 'crowds' op die eerste bladsy met 'n kruisverwysing ('cross reference') na die opskrif 'Tourist influx at the Taj Mahal'. (2) 2.5 Voeg die teks 'India Tourism' as die gesamentlike outeur ('corporate author') by die bron 'Visit Wonderful India (2018)'. (2) 2.6 Vind die sitaat ('citation') aan die einde van die eerste paragraaf onder die opskrif 'Tourist influx at the Taj Mahal'. Redigeer die sitaat om die bladsye waarna verwys word, '43–49', in te sluit. (1) 2.7 Vind die tabel onder die opskrif 'Short facts about the Taj Mahal' en redigeer die tabel om soos volg te vertoon: Interesting facts 1 The false tombs are the only non-symmetrical aspects of the Taj Mahal. 2 The Taj Mahal was declared a World Heritage Site in 1983. 3 The influx of tourists poses many challenges for the upkeep of the site. LET WEL: Die tabel moet oor die bladsy pas. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2019 NSS 2.8 Vind die genommerde lys onder die opskrif 'Taj Mahal Timings and Tickets'. Definieer 'n nuwe veelvlak('multilevel')-lys, wat op die genommerde lys gebaseer is, sodat dit presies soos volg vertoon: 1) Agra Taj Mahal a) Adult – INR 750 b) Child – INR 350 c) Family of 4 – INR 2000 2) Agra Fort 3) Akbar's Tomb 4) Fatehpur Sikri LET WEL:  Moet NIE die inkeping ('indent') en teksposisie ('text position') van die eerstevlaknommering verander NIE.  Stel die inlynstelling ('alignment') van die tweedevlaknommering op 0.7 cm.  Stel die inkeping ('indent') van die teks van die tweedevlaknommering op 1.5 cm. (5) 2.9 Voeg 'n sirkelgrafiek ('pie chart') in die spasie wat op die laaste bladsy verskaf is, soos volg in:  Gebruik die data in die 2Time-sigblad, wat in jou eksamenlêergids gevind word.  Maak seker dat die grafiektitel ('chart title') 'Time spent at the Taj Mahal' verskyn. (4) 2.10 Verander die bladsykleur sodat die 2Back-prent, wat in jou eksamenlêergids gevind word, as die agtergrond ('background') verskyn. LET WEL: Moet NIE 'n watermerk ('watermark') gebruik NIE. (2) Stoor en maak die 2Visit-dokument toe. [23] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2019 NSS VRAAG 3: SIGBLAD LET WEL:  Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.  Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer/'copy down').  Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.  Gebruik die toegekende spasie in die sigblad indien jy boublokke wil gebruik. Maak die 3Stats-sigblad, wat inligting bevat oor buitelandse toeriste wat die Taj Mahal besoek het, oop. Werk in die Foreign-werkblad. 3.1 Formateer selle A1:I3 soos volg:  Voeg selle A1 tot I3 saam ('merge'). Moet NIE die opskrif sentreer NIE.  Vergroot die fontgrootte van die opskrif tot 26. (2) 3.2 Verander die oortjiekleur ('tab colour') van die Foreign-werkblad na die standaard pers kleur. (1) 3.3 'n Mens kan 1 Suid-Afrikaanse rand vir 5 Indiese roepees ruil. Voeg 'n formule in sel B17 in om die bedrag in roepees in sel C17 na 'n bedrag in Suid-Afrikaanse rand om te skakel. (2) 3.4 Verander die funksie in sel C74 om die 'Grand Total' wat deur toerisme verdien is, korrek te bereken deur die totale inkomste per kontinent/ subkontinent in kolom C bymekaar te tel. (1) 3.5 Voeg 'n formule in sel D8 in om te bepaal hoeveel toeriste van die 'USA' die Taj Mahal in 2016 besoek het. (2) 3.6 Kolom G en H bevat die verandering in die getal toeriste uit elke land van een jaar (bv. 2016) na die volgende (bv. 2017) wat as 'n persentasie vertoon word. Pas voorwaardelike formatering ('conditional formatting') toe op slegs selle H17:H32 om die getal outomaties in 'n groen fontkleur te vertoon indien die 2017/2018-persentasie(kolom H)-verandering groter is as die 2016/2017- persentasie(kolom G)-verandering. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2019 NSS 3.7 Indië Toerisme sal 'n advertensieveldtog in ander lande implementeer, gebaseer op die getal toeriste wat in 2016 (kolom D), 2017 (kolom E) en 2018 (kolom F) die Taj Mahal besoek het. Die advertensieveldtog sal soos volg geïmplementeer word:  'REGULAR' indien daar tussen 2016 en 2017 EN tussen 2017 en 2018 'n toename in die getal toeriste was  'STRONG' indien daar 'n afname in enige van die jare was Voeg 'n geneste IF-funksie in sel I7 in om te bepaal of daar 'n 'Regular' of 'Strong' advertensieveldtog in Kanada geïmplementeer moet word. (5) Werk in die Country-werkblad. 3.8 Verander die grafiek in die werkblad om soos volg te vertoon: South America 35 000 30 000 Number of Tourists 25 000 20 000 15 000 10 000 5 000 0 Argentina Brazil Mexico Other Country 2016 2018  Verwyder die 2017-reeks ('series').  Formateer die klein gidslyne ('minor gridlines') na 'n deursigtigheid ('transparency') van 60%.  Verander die verklaring ('legend') se teks van 'Series1' na '2016'.  Vul en stapel ('Fill and stack') die 2018-reeks met die 3Taj-prentjie wat in die eksamenlêergids gestoor word. (6) Stoor en maak die 3Stats-sigblad toe. [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2019 NSS VRAAG 4: SIGBLAD LET WEL:  Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.  Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer/'copy down').  Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.  Gebruik die toegekende spasie in die sigblad indien jy boublokke wil gebruik. Maak die 4Tourists-sigblad oop. Die sigblad bevat data wat verkry is uit 'n opname wat voltooi is deur toeriste wat in Agra bly en die Taj Mahal besoek. Werk in die Info-werkblad. 4.1 Omvou ('Wrap') die kolomopskrite in ry 6. (1) 4.2 Voeg 'n funksie in sel E2 in om die meeste dae (kolom F) te bepaal wat enige toeris in Agra gebly het om die Taj Mahal te besoek. (2) 4.3 Voeg 'n funksie in sel E3 in om die getal toeriste te bepaal wat die tipe reaksie wat hulle gehad het (kolom J) toe hulle die Taj Mahal gesien het, aangedui het. (2) 4.4 Die geslagkode vir 'n toeris word soos volg in kolom K gestoor:  2 vir vroulik  3 vir manlik Die bedrag wat elke toeris spandeer het, is in kolom L gestoor. Voeg 'n funksie in sel E4 in om die totale bedrag te bepaal wat deur alle vroulike toeriste gespandeer is. (4) 4.5 Voeg 'n funksie in sel E5 in om te bepaal hoeveel toeriste uit 'Spain' (kolom D) aangedui het dat hulle sou terugkeer (kolom M) om die Taj Mahal te besoek. (5) 4.6 Gebruik die HOUR-funksie in sel I7 om slegs die getal ure tussen die tyd wat toeriste ingeteken het (kolom H) en die aankomstyd (kolom G) te vertoon. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2019 NSS 4.7 Die uitslae van die opname toon dat toeriste oor die algemeen verskillende bedrae per persoon gespandeer het, afhangend van hulle geslag en land van oorsprong. Die opsoektabel ('lookup table') in die Countries-werkblad dui die geskatte bedrag aan wat manlike en vroulike toeriste uit verskillende lande per dag per land van oorsprong gespandeer het. Voeg 'n formule/funksie in sel L7 in om die totale geskatte bedrag wat deur die toeris, Nelle Moran, gespandeer is vir die getal dae (kolom F) wat hy in Agra gebly het. WENK: Gebruik 'n VLOOKUP-funksie om die geskatte bedrag wat manlike of vroulike toeriste per dag gespandeer het, te bepaal, gebaseer op hulle land van oorsprong. Die geslagkode vir 'n toeris word in kolom K gestoor:  2 vir vroulik  3 vir manlik Die formule moet korrek werk as dit na die ander selle afgekopieer ('copied down') word. (5) 4.8 Toeriste by die Taj Mahal moet drie maande voor hulle aankoms toestemming kry om die terrein te besoek. Die datum waarop 'n toeris by die Taj Mahal aankom, verskyn in kolom E. Verander die funksie in sel N7 om die datum te bereken waarop die toeris toestemming verkry het. (5) Stoor en maak die 4Tourists-sigblad toe. [26] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2019 NSS VRAAG 5: DATABASIS Maak die 5Survey-databasis, wat data bevat wat verkry is uit 'n opname wat deur besoekers aan Agra voltooi is, oop. 5.1 Redigeer die tblInfo-tabel in ontwerpaansig ('Design View') soos volg: 5.1.1 Skuif die primêre sleutel van die Code-veld na die SurveyNo-veld. (1) 5.1.2 Skuif die Name-veld sodat dit ná die Surname-veld verskyn. (1) 5.1.3 Skep 'n toevoermasker ('input mask') op die Code-veld om seker te maak dat die gebruiker 'n kode in die vereiste formaat invoeg. LET WEL: Bestudeer die data in die Code-veld in databladaansig ('Datasheet View') voordat die toevoermasker geskep word. (4) 5.1.4 'n Valideringsreël ('validation rule') is op die DateIn-veld gestel. Voeg geskikte valideringsteks ('validation text') vir die DateIn-veld in. (2) 5.1.5 Die Days-veld bevat 'n berekening wat poog om die aantal dae wat 'n toeris in Agra spandeer het, te bepaal. Maak die berekening reg sodat die dae NIE negatief is NIE. (1) 5.1.6 Verander die formaat van die WillReturn-veld na 'True/False'. (1) Stoor en maak die tblInfo-tabel toe. 5.2 Maak die frm5_2-vorm oop, wat op die tblInfo-tabel in ontwerpaansig ('Design View') gebaseer is, en doen die volgende:  Voeg jou eksamennommer by die vormboskrif ('form header').  Maak seker dat die DateIn-veld NIE 'n datumkieser ('DatePicker') in vormaansig ('Form View') vertoon nie.  Voeg 'n kombinasielys ('combo box') in om die reisigertipes te vertoon: o Gebruik die opsies wat in tabel tblOptions gestoor is. o Skakel die kombinasielys ('combo box') met die TravellerType-veld. o Ignoreer die teks in die etiket ('label').  Moet NIE die bladsyboskrif ('page header') en die bladsyonderskrif ('page footer') vertoon NIE. Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2019 NSS 5.3 Maak die qry5_3-navraag in ontwerpaansig ('Design View') oop en verander dit soos volg:  Vertoon slegs graderings ('ratings') van '5'.  Groepeer die navraag op die gemiddeld ('average') van die EstimateAmount-veld.  Maak seker dat die bedrae in die EstimateAmount-veld TWEE desimale plekke vertoon. Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (5) 5.4 Maak die qry5_4-navraag in ontwerpaansig ('Design View') oop en doen die volgende: Vertoon die rekords van die toeriste wie se:  Kode met die letter 'S' begin en met die syfer 0 eindig; en  Reaksie enigiets anders as 'Unmoved' was Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (5) 5.5 Maak die qry5_5-navraag in ontwerpaansig ('Design View') oop en doen die volgende:  Vertoon slegs vroulike ('female') toeriste.  Verander die Reaction-veld in die navraag om 'n berekende veld met die naam CodeLetter te word. Hierdie berekende veld moet slegs die eerste karakter van die Reaction-veld vertoon.  Vertoon slegs die Name- en Surname-veld en die berekende veld CodeLetter. Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (7) 5.6 Maak die rpt5_6-verslag in ontwerpaansig ('Design View') oop en doen die volgende:  Verwyder die EstimateAmount-groepering.  Voeg 'n funksie in die TravellerType-groepvoetskrif ('group footer') om die totale geskatte bedrag per TravellerType te vertoon.  Voeg 'n geskikte etiket ('label') vir die funksie by.  Verander die font van die EstimateAmount-veld na kursief ('italic'). Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. (6) Stoor en maak die 5Survey-databasis toe. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2019 NSS VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) LET WEL:  'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg.  Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids gevind word. EEN punt sal vir die korrekte sluiting van alle merkers en die korrekte nesting van albei webblaaie toegeken word. (1) 6.1 Maak die onvolledige 6_1Wonder-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teks-/HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE). LET WEL: Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. Moet NIE hierdie kommentaar verwyder NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2019 NSS LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn wanneer jy hierdie vraag beantwoord. 6.1.1 Stel die agtergrondkleur van die webblad op beige. (1) 6.1.2 Formateer die opskrif 'Agra' soos volg:  Verander die fontgrootte na 50.  Verander die font na 'Century'. (2) 6.1.3 Voeg die 6City.jpg-prent, wat in jou eksamenlêergids gevind word, ná die opskrif 'Agra' in. Stel die hoogte ('height') van die prent op 350 en die breedte ('width') op 600. Maak seker dat die prent onder die opskrif verskyn, soos in die voorbeeld op die vorige bladsy getoon. (5) 6.1.4 Verander die lys aan die einde van die webblad om te vertoon soos in die voorbeeld op die vorige bladsy getoon. (1) Stoor en maak die 6_1Wonder-webblad toe. 6.2 Maak die onvolledige 6_2Tourism-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teks-/HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE). Voltooi die webblad om presies soos die voorbeeld hieronder te lyk. Stoor en maak die 6_2Tourism-webblad toe. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2019 NSS VRAAG 7: ALGEMEEN Die bewaring van die Taj Mahal is 'n dringende prioriteit. 7.1 Maak die 7Protect-woordverwerkingsdokument oop en doen die volgende: 7.1.1 Voeg 'n outomatiese byskrif ('caption') by die prent. Gebruik die sin onder die prent as die byskrifteks ('caption text'). (2) 7.1.2 Aanvaar slegs die veranderinge wat deur outeur ABC gemaak is. (2) Stoor en maak die 7Protect-dokument toe. 7.2 Maak die 7Calculations-sigblad oop. 7.2.1 Werk in die Countries-werkblad. Voeg 'n formule/funksie in sel B2 in om te bepaal of daar twee of meer woorde in 'n land se naam (kolom A) is.  Woorde word deur 'n #-karakter geskei.  Vertoon die boodskap 'More' indien daar twee of meer woorde in 'n land se naam is.  Vertoon die boodskap 'One' indien die naam van die land slegs een woord is. WENK: Gebruik 'n funksie om die posisie van die eerste #-karakter te bepaal. (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/November 2019 NSS 7.2.2 Werk in die Sub-werkblad. Gebruik die 'SUBTOTAL'-eienskap om die data soos volg te vertoon: LET WEL: Die data is volgens Traveller Type en Gender gesorteer. Tourist No_ Name_ Surname_ Traveller Type_ Gender_ Days_ Amount_ Country_Land Toerisno Naam Van Reisigertipe Geslag Dae Bedrag 1194 Mpho Babela Budget Female South Africa 219 374709 1046 Odette Beasley Budget Female Ireland 344 829040 1061 Farrah Becker Budget Female Japan 89 257744 1097 Jael Bender Budget Female United Kingdom 207 602163 1051 Dora Mohale Budget Female Zimbabwe 392 558600 1000 Nelle Moran Budget Female New Zealand 488 923784 1077 Irma Scott Budget Female Thailand 200 512800 1110 Rhoda Walters Budget Female Russian Federation 221 638911 1136 Linda Watkins Budget Female Iraq 291 628560 1159 Dacey Wood Budget Female Nepal 664 1716440 Budget Count 10 1059 Hannah Baker Luxury Female Russian Federation 171 494361 1177 Adrienne Barnett Luxury Female Kenya 169 257894 1102 Leandra Benton Luxury Female Germany 73 129502 1117 Leila Brennan Luxury Female Italy 410 756860 1075 Eugenia Diaz Luxury Female Republic of Korea 367 884837 1076 Dorothy Forbes Luxury Female Brazil 26 38402 1053 Adena Skinner Luxury Female Nepal 425 1098625 1164 Brittany Sutton Luxury Female Denmark 215 637260 1004 Veda Talley Luxury Female Egypt 417 645933 1154 Jasmine Terrell Luxury Female Afghanistan 159 363633 Luxury Count 10 (3) Stoor en maak die 7Calculations-sigblad toe. 7.3 Maak die 7Numbers-databasis oop en doen die volgende:  Voer die data in ('import') wat in die 7Half-HTML-lêer gestoor is in 'n nuwe tabel met die naam In in die databasis.  Gebruik die eerste ry van die data as die veldname.  Moenie 'n primêre sleutel skep nie.  Stel 'n geskikte veldgrootte vir die eerste veld. Stoor en maak die 7Numbers-databasis toe. (6) [20] TOTAAL: 180 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2019 NSS HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET') Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing <body></body> Definieer die liggaam van Word voor elke lysitem die webblad <li></li> ingevoeg, en voeg 'n nommer of <body Stel die agtergrondkleur simbool by afhangende van die bgcolor="pink"> van die webblad tipe lys wat geselekteer is <body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in liggaamteks Stel 'n prent inlyn, kan "left"," <img src="name" <head></head> Bevat inligting oor die align="left"> right"; "bottom", "top", "middle" webblad wees <p align= "center"><img Stel 'n prent "center" inlyn <html></html> Skep 'n HTML-dokument – src="name"></p> begin en eindig 'n webblad <img src="name" Stel die grootte van die raam <title></title> Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent webblad <br/> Voeg 'n reëlbreuk in ('line <img src="name" break') Stel die hoogte en breedte van 'n width="200" height <!-- --> Kommentaar prent ="200"> Teksmerkers ('Text Tags') Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks <img src="name" <h1></h1> Skep die grootste opskrif wanneer die muis oor 'n prent alt="alternative text"> gehou word of wanneer die prent <h6></h6> Skep die kleinste opskrif nie gevind kan word nie <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in <b></b> <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n Skep teks in vetdruk reël <i></i> <hr width= "80%"/> Stel die breedte van 'n lyn, in Skep teks in skuinsdruk persentasie of absolute waarde <font Stel fontgrootte van "1" tot <hr color= size="3"></font> "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn "7" <font Tabelmerkers ('Tabel Tags') color="green"> Stel fontkleur </font> Merker ('Tag') Beskrywing <font face="Times <table></table> Skep 'n tabel New Roman"></font> Stel fonttipe <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel Beskrywing Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met <th></th> <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel vetgedrukte, gesentreerde teks) <a href="URL"><img Skep 'n prentskakel <table width="50"> Stel die breedte van die tabel src="name"></a> <a name="NAME"></a> Skep 'n teikenarea in die <table border="1"> Stel die breedte van die raam dokument rondom die selle van die tabel Skakel na 'n teikenarea wat <table Stel die spasie tussen die selle <a elders in die dokument cellspacing="1"> van die tabel href="#NAME"></a> geskep is <table Stel die spasie tussen 'n selraam Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> en die inhoud daarvan Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die <tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook "center" of <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf "right" wees) Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling vir <p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle" of ''center'' wees "bottom" wees) <ol></ol> <td colspan="2"> Stel 'n getal kolomme waaroor 'n Skep 'n genommerde lys sel moet strek <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel <td rowspan="4"> "I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys <ul type="disc", "square","circle"> Definieer die tipe kolpunte </ul> wat gebruik word Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2019 NSS TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD Karakter Beskrywing 0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie toegelaat nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens nie 9 toegelaat nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon # terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word verwyder wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter .,:;-/ hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.) < Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lowercase') omgeskakel word > Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('uppercase') omgeskakel word Veroorsaak dat invoermasker van regs na links, in plaas van links na regs ! vertoon word. Karakters in die invoermasker getik, vul altyd van links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die invoermasker invoeg. Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word \ (bv. \A word slegs as A vertoon). Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2019 NSS Eksamenplakker 180 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2019 INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word) SENTRUMNOMMER__________________________________________________________ EKSAMENNOMMER __________________________________________________________ WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________ SUITE GEBRUIK Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office (Maak 'n kruisie in die Office 365 2013 2016 2019 toepaslike blokkie (X)) WEBBLAAIER GEBRUIK Ander (Maak 'n kruisie in die Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer (Spesifiseer) toepaslike blokkie (X)) LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________ Kandidaat maak 'n regmerkie langs lêername indien dit gestoor en/of gepoog is. Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum Lêernaam Nasiener SN HN IM/EM nommer () () Punt 1 1Mahal 27 2 2Visit 23 3 3Stats 24 4 4Tourists 26 5 5Survey 40 6.1 6_1Wonder 20 6.2 6_2Tourism 7Calculations 7 7Numbers 20 7Protect TOTAAL 180 Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik) __________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all