Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 385.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1: PASITEMS
1.1 E (1)
1.2 H (1)
1.3 K (1)
1.4 F (1)
1.5 A (1)
1.6 D (1)
1.7 J (1)
1.8 C (1)
1.9 B (1)
1.10 G (1)
[10]
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-
VRAE
2.1 C (1)
2.2 B (1)
2.3 D (1)
2.4 B (1)
2.5 C (1)
2.6 A (1)
2.7 B (1)
2.8 C (1)
2.9 B (1)
2.10 A (1)
[10]
VRAAG 3: GEMODIFISEERDE WAAR/ONWAAR-ITEMS
3.1 Onwaar – Ruitnetrekenarisering (Grid computing) (1)
3.2 Onwaar − Kontrasverhouding (‘contrast ratio’) (1)
3.3 Onwaar – Dienspakket (Service pack) (1)
3.4 Waar (1)
3.5 Onwaar – Roeteerder (Router) (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1. 4.1.1 Enige TWEE van
Die skootrekenaar sal om die volgende redes verkies word:
- Kragtiger SVE/Kan verwerking vinniger doen/Hoër
verwerkingspoed/2.4 GHz SVE/Enige geldige rede wat
ʼn kragtiger SVE impliseer.
- Meer LSG (RAM)/8GB RAM/enige geldige rede wat
meer RAM impliseer.
- Groter hardeskyf (HDD)/1.5TB HDD/Dit het meer
spasie om videomateriaal te stoor.
- Benodig ʼn sleutelbord vir baie tikwerk/enige geldige
rede wat die behoefte aan ʼn sleutelbord impliseer.
- ʼn Groter skerm om op te werk.
Aanvaar ook enige ander korrekte sinvolle rede.
LET WEL: * Indien ʼn leerder slegs Vinniger/Beter
beantwoord mag slegs EEN PUNT toegeken
word maar enige ander antwoord mag dus nie
vinniger impliseer nie.
* MOENIE KOSTE of sagteware as antwoord
aanvaar nie. 2 2
4.2 4.2.1 SSD: Soliede-staat aandrywer/disk ('Solid State Drive') OF
Statiese-staat aandrywer 1
4.2.2 Enige DRIE vergelykbare verskille
Moenie koste as ʼn antwoord aanvaar nie.
SSD HARDESKYF (HDD)
Beide kante moet genoem wees vir een punt
Elektronies Magneties
Vir die volgende word slegs regter-/linkerkant van die
tabel verlang:
Het geen bewegende dele Het bewegende dele soos
nie en werk dus stiller plate en lees-en-skryf-kop
en kan dus gehoor word as
dit werk
Vinniger data oordragtempo Stadiger data oordragtempo
Kleiner stoorkapasiteit Groter stoorkapasiteit
Fisies kleiner afmetings Fisies groter afmetings
Meer robuus/betroubaar Minder robuus/betroubaar
Minder kraggebruik/meer Meer kraggebruik/minder
energiebesparend energiebesparend
3
4.2.3 Tans/In die algemeen is SSD nie geredelik beskikbaar met so
ʼn groot stoorkapasiteit as ʼn tradisionele hardeskyf nie. 1 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
4.3 4.3.1 Enige EEN vir DRIE punte:
Kasgeheue is hoëspoed/vinniger geheue wat instruksies en
data stoor wat waarskynlik volgende deur die SVE benodig
gaan word.
OF
Kasgeheue verhoog die spoed van die stelsel deur gebruik
te maak van hoëspoed geheue wat instruksies en data stoor
wat waarskynlik volgende deur die SVE benodig gaan
word.
OF
Kasgeheue verhoog die spoed van die stelsel deur te
voorkom dat die SVE moet wag vir die data vanaf die
stadiger RAM. 3 3
4.4 Enige TWEE redes:
Die LSG (RAM) van ʼn tablet is nie verwyderbaar (vas) van die
moederbord af nie.
LSG van ʼn skootrekenaar is opgradeerbaar.
Moederborde verskil.
Fisiese spasie vir LSG is verskillend/Die LSG van ʼn tablet is
gespesialiseerde geheue wat ontwerp is om so klein as moontlik te
wees en is uniek tot die toestel aangesien dit fisies deel is van die
logiese bord.
LSG van ʼn skootrekenaar is generies en kan in verskillende tipe
skootrekenaars gebruik word. 2 2
4.5 4.5.1 Enige TWEE voordele van USB bo Firewire
USB kan op feitlik enige rekenaar gebruik word, omdat
almal USB-poorte bevat.
Daar is nie ʼn vorm van skyfiehouer (‘chipset’)
onversoenbaarheid met USB-toestelle nie.
USB is meer algemeen/word beter ondersteun/meer
toestelle maak van USB gebruik.
USB is meer koste-effektief as die gebruik van Firewire. 2
4.5.2 Toepassingsprogrammatuur. 1 3
4.6 4.6.1 Enige EEN van:
3G
EDGE
GPRS
LTE/4G
Radio
Moet nie Wi-Fi; kabelloos aanvaar nie. 1
4.6.2 Die wolk (‘cloud’') verwys na stoorspasie/dienste /spasie
gevind op die Internet/aanlyn/afgeleë/ekstern. 2 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
4.7 4.7.1 VoIP skakel (analoog) stemdata/video/prente om na (digitale)
data wat oor ʼn netwerk/Internet gestuur kan word.
OF
VoIP kan ʼn standaard Internetkonneksie gebruik om ʼn
telefoonoproep te maak.
LET WEL: VoIP is ‘voice over Internet protocol’ – SLEGS
EEN PUNT 2
4.7.2 Enige EEN van:
Skype
Google Hangouts/Google Talk ens. 1
4.7.3 Enige EEN van:
Besprekingsgroepe soos geselskamers, nuusgroepe,
forums.
IM boodskappe.
Sosiale netwerktuistes en blogs soos Facebook, Twitter,
MySpace, FaceTime, IRC ens. 1 4
4.8 QR/2D-strepieskode.
Dit word geskandeer (deur ʼn slimfoon) om die teks/inligting wat
dit bevat, bloot te lê.
Enige geskikte voorbeeld soos die URL van die skool, ens. 3 3
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 5: INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Enige TWEE redes hoekom nie prakties nie:
Die lêers wat die videomateriaal bevat is groot.
Netiket vereis dat groot aanhangsels nie uitgestuur word nie/Moenie
groot lêers e-pos nie.
Groot e-pos aanhangsels kan geblok word/gemerk as spam.
Bandwydte beperkings/stadig om op te laai en/of af te laai.
Data koste per MB/GB
(Moenie enige antwoord oor privaatheid/roof/formaat van die video
aanvaar nie.) 2 2
5.2 5.2.1 Potsending (Podcasting) is wanneer video-/oudio-opnames aanlyn
beskikbaar gemaak/gepubliseer word vir aflaai-doeleindes. Die
formaat leen hom vir mobiele mediatoestelle. 1
5.2.2 Enige TWEE van:
RSS 'feeds’
SMS
Plaas van ʼn blog
Dateer die webtuiste op
E-pos
Instant message (IM) 2 3
5.3 5.3.1 Breëband is enige hoë-spoed/hoë bandwydte verbinding met die
Internet. 1
5.3.2 (a) Digitaal 1
(b) Enige EEN breëband alternatief
ISDN
Diginet
Fibre/FTTH/FTTx 1 3
5.4 5.4.1 Klik op hierdie ikoon indien jy enige lêers aan die e-pos boodskap
wil aanheg. 1
5.4.2 Rich text opsie: Laat jou toe om die e-pos boodskap te formateer.
Plain text: Boodskap word gestuur sonder enige formatering. Ook
formattering wat wel gedoen is, sal verlore wees. 2 3
5.5 (Aanlyn) Advertensies 1 1
5.6 E-boeke kan maklike opdateer/versprei word.
Dra by tot die omgewing/groen omgewing.
Kan die druk grootte verander/font kan verander word.
Maklik om te vervoer/stoor groot hoeveelhede boeke.
Vinniger toegang/bron boeke/word omtrent onmiddellik afgelewer.
Het addisionele kenmerke behalwe teks, bv. videogrepe, ens.
Baie e-boeke word verkoop met bonusse wat jy nie gewoonlik kry met
gedrukte boeke nie. Dit voeg waarde tot jou aankoop.
E-boeke neem minder spasie.
(Moenie antwoorde oor koste aanvaar nie.) 2 2
5.7 Bly op hoogte van die bladsye wat besoek is. 1 1
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR
6.1 6.1.1 Enige TWEE van:
Die kalender opsie stel jou in staat om-te-doen-lysies
aangaande gebeure afsprake op te stel.
Hierdie vergaderings kan outomaties gesinkroniseer word
sodat dit al die deelnemers kan insluit.
Die kalenders kan met al die deelnemers gedeel word en
hulle kan herinner word aan vergaderings en afsprake ens. 2
6.1.2 A to-do lys. (Te-doen-lysie) 1 3
6.2 Enige TWEE van:
Verbeterde akkuraatheid/Data validering kan gedoen word/Geen
kwessies met betrekking tot handskrif nie/Maklik om op rekenaar die
antwoord vas te lê.
Minder tyd word vir datavaslegging benodig/Respondente sal meer
waarskynlik die vraelys makliker en vinniger voltooi/beantwoord.
Data kan direk vir analise uitgevoer word (bv. na ʼn sigblad toe).
Makliker om die opname te versprei/kan meer respondente bereik.
Groenrekenarisering (bespaar papier).
Onnodige antwoorde kan uitgeskakel word omdat opsies gekies
word. 2 2
6.3 Enige EEN:
Netheid/Leesbaarheid
Dit gee ʼn manier aan gebruikers om te kontroleer dat hulle die
korrekte hoeveelheid syfers ingevul het. 1 1
6.4 Enige EEN:
Sortering
Groepering
Filtrering
‘Pivot tables’
(Moenie funksies of enige besondere voorbeeld van ʼn funksie
aanvaar nie.) 1 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
6.5 Enige TWEE van:
Wanneer data met ander data moet inskakel.
Makliker om navrae te gebruik om spesifieke inligting te onttrek.
Om verslae te skep.
Wanneer grafiese voorstelling van resultate nie benodig word nie.
Om ʼn eenvoudiger formaat te skep om data in te lees deur ʼn vorm
te gebruik/Beter datavasleggings vorms kan gebruik word.
Veelvoudige gebruikers kan die databasis op dieselfde tyd gebruik.
Databasisse het die kapasiteit om meer data as ʼn sigblad te stoor.
Wanneer die groter hoeveelheid inligting wat ingelees word, nie
numeries is nie, ens.
Geskep om met gestruktureerde rekords te werk.
Beter data geldigheidsfunksies.
Kan data na verskeie formate uitvoer. 2 2
6.6 Die gebruik van ʼn ander outeur se uitdrukking, gedagtes en idees as
jou eie, sonder enige toestemming. 1 1
[10]
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Enige EEN:
Mag gebruik word vir die wettige aflaai van data, bv.
oopbronsagteware.
Mag gebruik word om dokumente of lêers waarop daar geen
kopiereg is nie, te versprei, ens. 1 1
7.2 Enige TWEE van:
Antwoorde wat verwysing het tot privaatheid:
Koekies
Gesigherkenning
Opskryf van IP-adresse
Plekgebaseerde dienste
Geteikende advertensies
Datatoesig, ens.
EN/OF
Antwoorde met betrekking tot die beskerming van privaatheid:
Die gebruik van instaanbedieners (proxy servers)
Skoonmaak van geskiedenis
Enkripsie
Die gebruik van ʼn VPN
Deurblaaier-opsies, soos 'Incognito' of 'Do Not Track
(DNT)', ens. 2 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
7.3 7.3.1 Die GPS-koördinate van waar die foto geneem is, is in die
foto se metadata bygevoeg. 1
7.3.2 Die insluiting van die GPS-koördinate mag aan stropers ʼn
wenk gee waar om die renoster te vind. 1 2
7.4 Pas die privaatinstellings van jou Facebook-rekening aan om te
voorkom dat jy (sonder toestemming) in foto’s gemerk word. 1 1
7.5 Enige TWEE van:
Gebruik van GPS-tegnologie bv. aanwysings.
Gebruik van die Internet, bv. vir die vermaak van die passasiers.
Opdatering van die motor se sagteware.
Verkeersopdaterings/inligting direk na die motor.
Afstandsmonitering vir sekuriteit/voertuigsporing.
Afstandsmonitering van werkverrigting/onderhoud van die motor,
ens. 2 2
7.6 Enige TWEE van:
Stuur van gemorspos
'Distributed Denial-of-Service'-aanvalle
Brute-krag-woordeboek-aanvalle op bedieners
Ongemagtigde banier word gewys
Klikkaping ('Clickjacking'), ens. 2 2
[10]
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 8.1.1 ʼn Relatiewe/normale (gewone) selverwysing.
Dit verander soos die formule afgekopieër is.
ʼn Absolute selverwysing.
Dit bly dieselfde soos die formule afgekopieër is. 4
8.1.2 Verander die streeksverstellings na Suid-Afrikaans via die
beheerkonsole (‘control panel’) OF verander die
verstellings van die beheerkonsole (‘control panel’).
Formateer as geldeenhede (‘Currency’). 2
8.1.3 Titel/opskrif
Onderskrifte/byskrifte (‘Legend’)
Data opskrifte/persentasies/waardes 3 9
8.2 8.2.1 Groep-onderskrif of Groep-boskrif 1
8.2.2 Navraag 1
8.2.3 BTW:[Price]*0.14
BTW:[Price]/100*14 (Enige EEN)
Nota aan nasiener: Net die veldnaam moet tussen hakies
wees. 1 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
8.3 ʼn Eienskap wat inligting rakende ʼn verwysing na ʼn boek of
akademiese werk wys.
Aanvaar enige van die onderstaande:
Gebruik wanneer jy na iemand anders se werk in ʼn
verduideliking wil verwys.
Om te wys dat bronne vermeld is om plagiaat te vermy. 2 2
8.4 Style 1 1
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
9.1 NOTA: Enige EEN korrekte motivering
Indien Ja geantwoord is:
Bluetooth het ʼn reikafstand van 100 m as seinversterkers
gebruik word.
In sig nie vereiste nie.
Indien Nee geantwoord is:
Bluetooth het ʼn beperkte reikafstand (ongeveer 10 m), wat sal
veroorsaak dat die stemme van baie lede van die gehoor nie
deur die bediener ontvang sal word nie. 2 2
9.2 Enige TWEE van:
Die toestel moet met die bediener ge-'pair' word.
Die beheerder kan nie deur die bediener opgespoor word nie.
Dit mag nodig wees om ʼn wagwoord te voorsien om die twee
toestelle te 'pair'.
Die batterye van die beheerder moet vervang word.
Maak seker dat die toestel/bediener aangeskakel is.
Herlaai (reset) die toestel/bediener.
Bluetooth moet op beide die ge-‘pairde’ toestelle geaktiveer word. 2 2
9.3 9.3.1 Enige EEN van:
Kyk van video aanlyn terwyl dit in die agtergrond afgelaai
word.
OF
Media-inhoud/video word aanhoudend oor die Internet
gelewer.
OF
Stroming is die gebruik maak van ʼn hoë bandwydte
konneksie om aaneenlopende datavloei moontlik te
maak.
OF
Versending van aaneenlopende stroom terwyl vroeëre dele
gebruik word, bv. kyk van ʼn wedstryd wat intyds gekyk
word. 2
9.3.2 (Breëband) Internetkonneksie
Digitale video-kamera/rekenaar 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
9.3.3 Dataverbruik kan hoog wees.
Slegte konneksiespoed kan veroorsaak dat die video
hang/buffer. (Enige EEN)
(Nota aan nasiener: Aanvaar antwoorde wat verband
hou met koste van hoë data gebruik soos benodig deur ʼn
vinniger konneksie of vir beter kwaliteit video.) 1
9.3.4 Spraak-na-teks/spraakherkenning 1 6
9.4 9.4.1 Enige TWEE voordele van ʼn kabellose netwerk teenoor ʼn
bekabelde netwerk:
Goedkoper om te installeer/maklik om op te stel.
Nie nodig om kabels te gebruik nie.
Geriefliker omdat kliënte nie nodig het om by ʼn
netwerkpunt te wees om toegang tot die netwerk te kry nie.
Maklik om ʼn ander toegangspunt/rekenaar/toestel by te
voeg.
Mobiliteit van toestelle. 2
9.4.2 Kabellose toegangspunt/Kabellose ‘router’ met
toegangspunt.
Wi-Fi adapter/Wi-Fi-netwerkkaart. 2
9.4.3 WiMAX
NOTA: Moenie Wi-Fi aanvaar nie. 1
9.4.4 Enige TWEE:
Deel/oordra van lêers.
Identiteit verifikasie/Verifikasie doeleindes.
Plek gebaseerde profiel verifikasie.
Kan by betaalstelsels gebruik word.
Skakel toestelle aan of af. 2
9.4.5 Enige TWEE van:
Gebruik anti-virus programmatuur (wat op datum is
geïnstalleer is).
Gebruik ʽanti-spyware’ (wat op datum is geïnstalleer is).
Gebruik ʽanti-malware’ (wat op datum is geïnstalleer is).
Moenie enige verdagte aanhangsels in e-posse oopmaak
nie.
Skansmuur (Firewall).
Skandeer rekenaar met enige gereelde intervalle.
Wagwoord (password).
Enkripsie.
(Aanvaar ook enige ander korrekte alternatiewe antwoord
om die rekenaar te beskerm teen ongemagtigde
sagteware.) 2 10
9.4.6 Drywerprogram vertaal instruksies van die bedryfstelsel na
elektroniese seine wat die hardeware van die toestel beheer./
Programmatuur wat jou rekenaar in staat stel om met jou
apparatuur te kommunikeer. 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13
9.5 9.5.1 Enige TWEE aspekte:
(a) VINNIGER EN VERBETERDE DATAVERWERKING
Tel van stemme – vinniger elektronies met klikkers
teenoor per hand.
Meer akkuraat – skakel menslike foute met die tel van
stemme uit.
Gebruik van IKT teenoor die gebruik van slakkepos.
Enige TWEE aspekte: 2
(b) VERBETERDE STOOR VAN DATA
Groot hoeveelhede data kan in ʼn klein spasie/CD/
DVD’s gestoor word teenoor die stoorspasie/kamers
wat nodig is om papierstemme/verslae, ens. te stoor.
Duplikate (rugsteunkopieë) van data kan dadelik
geskep word − tydrowend met papiergebaseerde
stemme. 2 10
[24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 10
10.1 Opname – ʼn Stel geskrewe/getikte vrae wat vir baie of ʼn groep mense
gegee word.
EN
Onderhoud – ʼn Stel vrae wat verbaal toegepas word en gewoonlik vir
slegs een persoon bedoel is. 2
10.2 Enige TWEE:
Daar is geen kontrolering van buite af ten opsigte van wat op die
Internet geplaas word nie/Enigeen kan enigiets plaas, so dit kan
verkeerd wees.
Inligting kan met vooroordeel aangebied word.
Inligting mag verouderd wees. 2
10.3 Inligtingsoorlading is wat gebeur wanneer mense nie die hoeveelheid
inligting waaraan hulle daagliks blootgestel word, kan hanteer nie. 1
10.4 Twitter 1
10.5 10.5.1 Uitvissingsbedrog (‘Phishing’) 1
10.5.2 Nee, hy moenie op die skakel klik nie. As hy daarop klik,
sal hy heel moontlik na ʼn webblad gestuur word wat ʼn
replika van die bank se werklike webblad is, waar hy gevra
sal word om aan te teken en so persoonlike en vertroulike
inligting, soos PIN-nommers en wagwoorde, te gee. 2
10.5.3 Sosiale manipulasie (‘Social engineering’) 1
10.5.4 Enige TWEE van die volgende:
Aantekenwagwoorde/PIN-kodes.
‘Eenmalige wagwoorde’ vir elke e-banksessie, wat aan ʼn
selfoon of e-posadres gestuur word.
Staking van die e-banksessie as dit vir ʼn sekere tyd lank
onaktief is.
Boodskappe na die gebruiker se selfoon toe, wat die
gebruiker laat weet dat ʼn e-banksessie begin is, ens. 2
10.5.5 ʼn Rekenaarvirus is ʼn skadelike tipe program (malware) wat
geskryf is om die normale werking van iemand se rekenaar te
belemmer, sonder die persoon se toestemming of
medewete.
Dit kan ʼn rekenaar in ʼn bot verander (die rekenaar kan dan
oor ʼn afstand, via die Internet beheer word) om skadelike
programmatuur te versprei of om ʼn sekuriteitsgaping vir ʼn
ander program te skep. 2
10.5.6 ʼn Trojan is skadelike programmatuur wat homself as ʼn
nuttige toepassing/program voordoen. Dit kan gebruik word
om ander skadelike programmatuur op ʼn rekenaar te
installeer. 2 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15
10.6 10.6.1 Plaas die <hr /> merker in die ‘body’ van die HTML-
dokument. 1
10.6.2 Enige EEN van:
Gebruik ʼn fontmerker.
Verander die <h1> merkers na verskillende (kleiner
grootte) merkers soos <h2> of <h3>, ens. 1
10.6.3 Colour moet color wees. 1
10.7 10.7.1 Memo/Long Text 1
10.7.2 Unieke nommers word outomaties toegeken sodat daar
geen duplikaatwaardes sal wees nie. 1
10.7.3 S* moet S* wees/S* moet gevolg word deur ʼn
oorheersstring (‘wild card’).
S* moet in beide kriterialyne verskyn./Kriteria vir die
Ouderdom moet in dieselfde lyn verskyn en gegee word
as <20 Or >30. 2
10.8 10.8.1 Begin ʼn nuwe seksie wat verskillende bladsyformatering/
verstellings op dieselfde bladsy toelaat. 2
10.8.2 Ken ʼn naam toe/skakel na ʼn spesifieke punt in die dokument
vir vinniger toegang/waarheen ʼn hiperskakel gekoppel kan
word. 1 10
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2023 QP (Eng)

Errata