Skip to content

Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 12202519 pages

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2025 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitend ʼn invoermasker-karakterblad, ʼn HTML-merkersblad en ʼn inligtingsblad. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Weens die aard van hierdie praktiese eksamen, is dit belangrik om daarop te let dat, selfs al voltooi jy die eksamen vroeg, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe take wat met die eksamen gepaard gaan afgehandel is nie. Gedurende die eksamen normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld. 2. As jy op die netwerk werk, of die datalêers is vooraf op jou stelsel gelaai, moet jy die instruksies volg wat deur die opsiener/opvoeder verskaf is. 3. Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is soos deur die toesighouer/opvoeder aan jou verduidelik is. 4. Maak absoluut seker dat ALLE lêers gelees kan word. MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor nie en MOENIE duplikaat antwoordlêers/lêergidse inhandig nie. MOENIE enige oorspronklike lêers uitvee waaraan jy nie gewerk het nie. 5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel voorsien is, MOET NA DIE DRIE- UUR EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD. Gee dit aan die toesighouer aan die einde van die eksamen. 6. ʼn Afskrif van die meesterlêers (‘Master files’) sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, kan jy ʼn ander kopie van die opsiener aanvra. 7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae. 8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat deur die vraag vereis word nie. 9. Maak seker dat jy elke dokument stoor met die lêernaam wat in die vraestel gegee word. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE. 11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ʼn vraag vereis dat die antwoord in sel F3 in ʼn sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel G4 in, sal dit NIE nagesien word NIE. 12. Maak seker dat die streekinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’ ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheidinstellings (‘currency settings’) korrek ingestel is. 13. In alle vrae wat woordverwerking behels, moet jy die taal op English (‘South Africa’) stel. Die papiergrootte word aanvaar as A4 Portret (‘Portrait’), tensy anders aangedui. Gebruik sentimeters as meeteenheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3 14. Maak seker dat die “Developer’-oortjie en Liniaal (‘Ruler’) geaktiveer is. 15. Maak seker dat die desimale simbool (‘decimal symbol’) as ʼn punt ('.') ingestel is en dat die lys-skeikarakter ('List separator') as ʼn komma (',') ingestel is. 16. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ʼn sigblad kopieer. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet so ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die bestaande data gemaak word. 17. Jy mag NIE ʼn woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-vraag te beantwoord NIE. 18. Die eksamendata-lêergids wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin. 19. Gebruik die wagwoord R@ptor om die lêers te onttrek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) SCENARIO Die Ridgeview Raptors Rugbyklub brei na ʼn franchise-onderneming uit, en die span administrateur het die taak gekry om ʼn amptelike dokument saam te stel om die klub se franchise-onderneming uitbreidingsplanne te kommunikeer. Hulle het jou hulp nodig om ʼn professionele, goed georganiseerde Word-dokument te skep om alle noodsaaklike inligting rakende die franchise-onderneming saam te stel. VRAAG 1: WOORDVERWERKING Maak die Q1Rugby-woordverwerkingsdokument oop en doen die volgende: 1.1 Vind die inhoudsopgawe op die 2de bladsy. Maak seker dat die woord “BoxSmart” nie in geel uitgelig (highlighted) word nie, selfs wanneer die inhoudsopgawe opgedateer word. (1) 1.2 Maak seker dat die opskrif “Legacy” soos in die skermskoot in die inhoudsopgawe hieronder vertoon: (2) 1.3 Vind die woord wat in blou uitgelig is onder die opskrif “The Journey Begins”. Die woord word nie as ʼn spelfout gemerk nie, al is “behavior” verkeerd gespel. Pas ʼn woordverwerkingsinstelling toe om te verseker dat "behavior” as ʼn spelfout aangedui word. (1) 1.4 Soek die teks “(Q1.4/V1.4)” wat in groen uitgelig is onder die opskrif “The Journey Begins.” Vervang hierdie teks met ʼn bronaanhaling (citation) na die bron deur Smith, John, met spesifieke verwysing na bladsy 10, en maak seker dat die jaartal uit die aanhaling weggelaat word. (3) 1.5 Vind die paragrawe wat begin met “The” en eindig met “rugby” onder die opskrif “Building the Culture” wat in geel uitgelig is en sorteer die paragrawe in dalende volgorde. (1) 1.6 Vervang die woord “stadium” wat in grys uitgelig is, onder die opskrif “Rapid Expansion and Success”, met ʼn geskikte sinoniem. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5 1.7 Inspekteer (inspect) die dokument en verwyder alle versteekte teks. (1) 1.8 Kies die opskrif “After math” wat in rooi uitgelig is en skep ʼn styl genaamd Ball1: • Die styl moet op die “Heading 1”-styl gebaseer wees. • Verander die lettertipe-kleur na Pers. (4) 1.9 Vind die paragraaf onder die opskrif “Looking Ahead” en formateer die inhoud daarvan om by die skermskoot hieronder te pas. LET WEL: Versadiging (Saturation) is 20%. (3) 1.10 Gebruik ʼn woordverwerkingsfunksie om alle harde spasies met ʼn asterisk (*) te vervang. (2) 1.11 Vind die teksblokkie onder die opskrif Jack Stonebridge (Fly-half). Skuif die teks wat in geel uitgelig is na die teksblokkie. Verwyder die uitlig (highlight) van die teks. Verseker dat die teks oorvloei na die volgende teksblokkie. (3) 1.12 Soek die tabel onder die opskrif Liam Hawthrone (Scrum-half) en wysig die tabel om soos die skermskoot hieronder te lyk. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 1.13 Vind die paragraaf onder die opskrif Ethan Lockhart (Center), wat begin met “Ethan” en eindig met “field” (in groen uitgelig), en wysig dit om by die voorbeeld hieronder te pas. (3) 1.14 Wysig die bladsyboskrif (header) om soos die voorbeeld hieronder te lyk: LET WEL: Q1Logo-prent is gebruik. Voeg die lêernaam as ʼn veld in. Die bladsyboskrif van die laaste bladsy moet Raptors Index wees. (enige inlynstelling) (3) 1.15 Voeg ʼn aanloop-indeks (run-in index) in, in een kolom op die laaste bladsy van die dokument. (2) Stoor en maak die dokument toe. [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7 VRAAG 2: WOORDVERWERKING Die Ridgeview Raptors Rugbyklub het ʼn liedjie gekomponeer en vra jou hulp met die redigering van die dokument. Maak die dokument Q2Song oop en doen die volgende: 2.1 Verander die bladsy grootte na A4. (1) 2.2 Voeg ʼn 3 pt soliede raam om die hele dokument. (2) 2.3 Aanvaar die verandering wat aan die dokument gemaak is. (1) 2.4 Voeg tabelstoppunte by om soos die skermskoot hieronder te lyk. (3) 2.5 Voeg reëlnommering (line numbering) by die volkslied wat begin by “(Verse 1)” en eindig met “all!” albei in geel uitgelig. Maak seker dat die reëlnommering op elke bladsy oorbegin. (3) Stoor en maak die dokument toe. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 3: SIGBLAD Die span wil verbeter op sleutel statistieke—soos speler fiksheid, wedstryd strategieë en algehele span prestasie—hulle besef hulle het professionele hulp nodig om sin te maak uit die data wat hulle ingesamel het. Maak die sigblad Q3Games oop en doen die volgende: Werk in die BattleStats-werkblad. 3.1 Verander die vertikale inlynstelling van sel A1 na middel. (1) 3.2 Verander die kolom wydte van kolom R na 10. (1) 3.3 Gebruik ʼn sigblad-kenmerk om die Vanne van die Naam kolom te skei. Die vanne moet in kolom B verskyn. LET WEL: Jy behoort nie van enige funksies in hierdie taak gebruik te maak nie. (1) 3.4 Voeg ʼn funksie in sel C2 in om te bepaal hoeveel spelers in hierdie seisoen meer as 100 meter (Kolom G) behaal het. (2) 3.5 Bepaal in sel C3 die persentasie van spelers wat nie hierdie seisoen ʼn geelkaart ontvang het nie. (3) 3.6 Voeg ʼn funksie in sel H2 om die 2de laagste gradering (rating) te bepaal. (2) 3.7 Bereken in sel H3 die totale aantal drieë (tries) wat gedruk is deur spelers van Kanada en wat meer as 60 wedstryde (matches) gespeel het. (6) 3.8 Bepaal die fiksheidsvlak (fitness level) van Jordan Blank gebaseer op sy “bleep test time” in sel Q5. Maak seker dat wanneer die funksie af gekopieer word, die korrekte resultate vertoon sal word. (5) 3.9 Voeg ʼn geneste IF-funksie in sel R6 in om “Yes” te wys as die speler aan die volgende voorwaardes voldoen, en “No” indien hy dit nie doen nie: • Die speler moet van Suid-Afrika óf Kanada wees. • Die speler moes nie enige rooi kaarte ontvang het nie. • Die speler moet 3 ure of meer speeltyd (game time) hê. (7) 3.10 Werk nou in die Double-werkblad. Maak seker dat wanneer die gebruiker ondertoe rol, die eerste drie rye bo vas bly, en wanneer jy van links na regs rol, die eerste twee kolomme aan die linkerkant bly. (2) Stoor en maak die sigblad toe. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9 VRAAG 4: SIGBLAD Maak die Q4Detail-werkblad oop en doen die volgende: Werk in die General-werkblad. 4.1 ʼn Poging is in sel I3 aangewend om “true” of “false” te vertoon, as die dominante hand dieselfde is as die dominante voet. Maak die fout reg. (1) 4.2 Pas voorwaardelike formatering (conditional formatting) op kolom A toe om die drie swaarste spelers uit te lig deur hul selle rooi te kleur. (3) 4.3 Die spelers moet ʼn unieke aanmeldkode hê vir hul registrasieproses. Skep ʼn unieke aanmeldkode met die volgende: • Die string moet in hoofletters wees • Laaste letter van Naam gevolg deur • ʼn Lukraak (randomly) gegenereerde aantal letters van die bynaam wat van links begin, gevolg deur • Die ouderdom LET WEL: Die aantal karakters van die bynaam sal waarskynlik verander elke keer wanneer die berekening opgedateer word en dus ook die uitvoer. (6) Stoor en maak die sigblad toe. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 5: DATABASIS ʼn Databasis van al die spelers wat gaan deelneem aan die nuwe uitdaagbeker is saamgestel. Jy is gevra om te help om dit te verbeter en met die uitvoering van navrae, vorms, verslae en datavalidering. Maak die Q5Ridgeview databasis oop en doen die volgende: 5.1 Maak die tabel Tbl5_1 in datablad aansig (datasheet view) oop en doen die volgende: 5.1.1 Verander die raam (border) na kolom boskrif onderstreep met kolle (column header underline with dots). (2) 5.1.2 Wis (Delete) die rekord van Cristiano Cubbin uit. (1) 5.1.3 Sorteer die tabel op die ‘year joined’ kolom in stygende volgorde, van die kleinste (vroegste) jaar tot die grootste (mees onlangse) jaar. (1) Stoor en skakel oor na die ontwerp sig (design view) van Tbl5_1. 5.1.4 Verander die datatipe en formaat van die “Date”-veld na kort datum (short date). (2) 5.1.5 Skep ʼn valideringsreël (validation rule) vir die “Rugby Boots (Pair)”- veld om te verseker dat die waarde wat ingevul word tussen 1 en 10 pare is. (1) 5.1.6 Voeg ʼn toevoermasker (input mask) in op die “position”-veld om te verseker dat ʼn persoon slegs een of twee getalle in die veld kan invul. Voorbeelde: 1, 22, 14, 5, 6, 20 (2) Stoor en maak die tabel toe. 5.2 Maak die Qry5_2 -navraag oop en doen die volgende: Vertoon slegs die Eerste Naam van al die spelers wat ʼn paspoort en polisieklaring het en verkies om per lug (A) eerder as per pad (R) te reis. (4) Stoor en maak die navraag toe. 5.3 Maak die Qry5_3 -navraag oop en voeg ʼn berekende veld genaamd NewDonate by wat die opgedateerde skenkingsbedrag bereken deur R500 by die aanvanklike skenkingsbedrag by te tel. Wysig die navraag om slegs voorspelers (Posisie 1 tot 8) te vertoon, en formateer die “NewDonate”-veld om waardes in Suid-Afrikaanse Rand te wys. Sorteer die resultate op die “Surname”-veld in dalende volgorde. (5) Stoor en maak die navraag toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11 5.4 Maak die navraag Qry5_4 oop en skep ʼn opsomming wat lyk soos die skermskoot wat verskaf is. LET WEL: Die skermskoot wys slegs ʼn gedeelte van die voltooide uitset. (3) Stoor en maak die navraag toe. 5.5 Maak die vorm Frm5_5 oop en wysig dit om soos die skermskoot hieronder te lyk: LET WEL: Gebruik die Q5Picture-prentjie. Erf (Inherit) die waardelys (value list) van die veld “how often do you exercise” vanaf die tabel. (8) Stoor en maak die vorm toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 5.6 ʼn Poging is deur die admin klerk aangewend om die nuwe aangepaste salaris te bepaal. Maak die verslag met die naam Rpt5_6, wat op die “Open” tabel gebaseer is, oop en wysig dit om soos volg te vertoon: LET WEL: Die nuwe aangepaste salaris (“New Adjusted Salary”) word bepaal deur die huidige salaris (“Salary”) met 10% te verhoog. Maak seker dat die nuwe opskrif konsekwent met die ander opskrifte geformateer is. Stoor en maak die verslag toe. (6) Stoor en maak die databasis toe. [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13 VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) LET WEL: • Jy mag NIE ʼn woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML- vrae te beantwoord NIE. • ʼn HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg. EEN punt sal vir die sluit-merkers (‘closing tags’) en driehoekige hakies (‘triangular brackets’) toegeken word. (1) ʼn Webtuiste is geskep om die klub se inligting te vertoon. Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 6.1 Maak die Q6_1Home webblad oop en doen die volgende: 6.1.1 Voeg spasie aan die bokant van die webblad om die tabel af te skuif. Wenk: Kyk na die skermskoot hierbo. (1) 6.1.2 Verander die agtergrond kleur van die eerste ry in die tabel na rooi. (2) 6.1.3 Maak seker dat die woord “MainPage” slegs in die HTML redigeerder vertoon en dat dit nie in die webblaaier vertoon nie. (1) 6.1.4 ʼn Poging is aangewend om ʼn hiperskakel (hyperlink) na die Q6_4Rugby lêer te skep. Verseker dat die skakel na die regte blad sal gaan. (1) Stoor en maak die webblad toe. 6.2 Maak die Q6_2Open webblad oop en doen die volgende: 6.2.1 Vertoon die opskrif “Player Spotlight: Jane Doe” as ʼn vlak 2 (“level 2”)-opskrif. (1) 6.2.2 Wysig die lys onder die opskrif “Players of the season” om soos die skermskoot hieronder te vertoon: (4) 6.2.3 Verseker dat die opskrif “Rugby Club” saamgesmelt is oor die 3 kolomme. (2) Stoor en maak die webblad toe. 6.3 Maak die Q6_3Info webblad oop en doen die volgende: 6.3.1 Verander die oortjie (tab) van die webblaaier om “Contact Us Raptors” te lees. (1) 6.3.2 Wysig die bestaande kode om die Q6_3Pic prentjie te wys. (1) Stoor en maak die webblad toe. [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 15 VRAAG 7: ALGEMEEN Maak die Excel-sigblad genaamd Q7Red oop en werk in die Score-werkblad. 7.1 Gebruik ʼn sigblad kenmerk om slegs die spelers wat twee rooikaarte ontvang het, te vertoon. (2) 7.2 Verseker dat wanneer die werkblad gedruk word kommentaar aan die einde van die blad sal verskyn. (1) Stoor die sigblad maar moenie dit toemaak nie. 7.3 Maak die Q7Graph-dokument oop. Voeg die sirkelgrafiek van die “Yellow Card”-werkblad in die dokument en verseker dat dit gekoppel bly sodat enige opdatering aan die grafiek automaties in die dokument gereflekteer sal word. (2) Stoor en maak beide die sigblad en die dokument toe. 7.4 Maak die Q7Warning-sigblad oop en werk in die “RedCard”-werkblad. Pas datavalidering (data validation) tot kolom B toe om te verseker dat ‘n persoon nie meer as 5 rooi kaarte kan ontvang nie. Omkring die ongeldige data. Neem ʼn skermskoot van die data en plak die resultaat in die Q7Screenshot- dokument. Stoor en maak die Q7Screenshot-dokument toe. (4) 7.5 Voeg jou naam en van by as die outeur (author) van die Q7Warining-sigblad. (1) Stoor en maak die sigblad toe. 7.6 Maak die Q7Founders-dokument oop en doen die volgende: (2) Voeg die dokument titel “Ridgeview raptors” tot die dekblad (cover page). Verseker dat hierdie titel kontrole (control) nie uitgevee kan word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 7.7 Vind die vier prentjies onder die opskrif “Founding members”, voeg ʼn onderskrif by die laaste prentjie. Die onderskrif moet Founder 4 wees en die teks behoort Simon Fairbanks te wees. (3) Stoor en maak die lêer toe. [15] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 17 BYLAE A ‒ HTML MERKERSBLAD Basiese Merkers (Basic Tags) Formatting Tags continued Merker (Tag) Beskrywing Merker (Tag) Beskrywing <body></body> Definieer die liggaam van die webblad <li></li> Word voor elke lysitem <body Stel die agtergrondkleur van die ingevoeg, en voeg dan ʼn bgcolor="pink"> webblad nommer of simbool by afhangende van die tipe lys wat geselekteer is <body text="black"> Stel die kleur van die liggaamteks <img src="name"> Voeg ʼn prent in <head></head> Bevat inligting oor die dokument <img src="name" Stel ʼn prent inlyn: kan ook border="1"> ''right”, “center”; “bottom”, “top”, “middle'' wees <html></html> Skep ʼn HTML-dokument – begin en <img src="name" Stel die grootte van die raam eindig ʼn webblad border="1"> rondom ʼn prent <title></title> Definieer ʼn titel vir die dokument <img src="name" Stel die hoogte en breedte <!-- --> Kommentaar width="200" height van ʼn prent ="200"> Teksmerkers (Text Tags) <img src="name" Vertoon alternatiewe teks Tag Description alt="alternative wanneer die muis oor ʼn prent <hl></hl> Skep die grootste opskrif text"> gehou word of wanneer die prent nie gevind word nie <h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg ʼn horisontale lyn in <b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van ʼn reël <i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width="80%"/> Stel die breedte van ʼn lyn, in persentasie of absolute waarde <font Stel fontgrootte van “1” tot “7” <hr color="ff0000"/> Stel die kleur van die lyn size="3"></font> <font Stel fontkleur Tabelmerkers (Table Tags) color="green"></font> <font face="Times Stel fonttipe Merker (Tag) Beskrywing New Roman"></font> Skakelmerkers (Link Tags) <table></table> Skep ʼn tabel Merker (Tag) Beskrywing <tr></tr> Skep ʼn ry in ʼn tabel <a href="URL"></a> Skep ʼn hiperskakel <td></td> Skep ʼn sel in ʼn tabel <a href="URL"><img Skep ʼn prentskakel <th></th> Skep ʼn tabelopskrif (in ʼn sel src="URL"></a> met algemene vetgedrukte, gesentreerde teks) <a name="NAME"></a> Skep ʼn teikenarea <table width="50"> Stel die breedte van die tabel <a href="#NAME"></a> Skakel na ʼn teikenarea wat elders in <table border="1"> Stel die breedte van die die dokument geskep is raam rondom die selle van die tabel Formateringsmerkers (Formating Tags) <table Stel die spasie tussen die cellspacing=“1”> selle van die tabel Merker (Tag) Beskrywing <table Stel die spasie tussen ʼn cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan <p></p> Skep ʼn nuwe paragraaf <tr align="left"> Stel die inlynstelling vir die sel(le) (kan ook ''center'' of ''right'' wees) <p align="left"> Stel ʼn paragraaf links inlyn (verstek), <tr valign="top"> Stel die vertikale inlynstelling kan ook ''right'' of ''center'' wees vir sel(le) (kan ook ''middle'' of ''bottom'' wees) <br/> Voeg ʼn reëlbreuk ('line break') in <td colspan=“2”> Stel die getal kolomme waaroor ʼn sel moet strek <ol></ol> Skep ʼn genommerde lys <td rowspan=“4”> Stel die getal rye waaroor ʼn sel moet strek <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat gebruik "I","i","1"></ol> is <ul></ul> Skep ʼn kolpuntlys <ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat gebruik "square","circle"></ul> word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
18 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2025) TOEVOERMASKER (‘INPUT MASK’)-KARAKTERBLAD KARAKTER BESKRYWING Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie 0 toegelaat nie) Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]- 9 tekens nie toegelaat nie) Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke (‘blanks’) in Redigeringsmodus (‘Edit mode’) vertoon, maar # oop plekke word verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter wat gebruik word, hang van die instellings (‘settings’) in die .,:;-/ 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control Panel' af.) < Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word > Laat alle karakters na bokas (‘upper case’) omgeskakel word Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon. Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit ! altyd van links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg. Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word \ (byvoorbeeld, \A word slegs as A vertoon) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 19 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – SEPTEMBER 2025 INLIGTINGSBLAD (moet deur die kandidaat voltooi word NA die sessie van 3 uur) SKOOL: NAAM: WERKSTASIE NOMMER: SUITE GEBRUIK Microsoft Microsoft Office Microsoft Office 365 (Merk toepaslik boks Office 2016 2019 Office 2021 met ʼn kruis (X)) WEBBLAAIER Mozilla Google Chrome Internet Ander GEBRUIK Firefox Explorer (Spesifiseer) (VRAAG 6) (Edge) (Merk toepaslik boks met ʼn kruis (X)) LÊERNAAM: Merk indien gestoor en/of probeer. Vraag Lêernaam Gestoor Poging Maksimummerk Maksimum Merker HOD Groepering EM Nommer (√) (√) behaal 1 Q1Rugby 35 2 Q2Song 10 3 Q3Games 30 4 Q4Detail 10 5 Q5Ridgeview 35 Q6_1Home 6 Q6_2Open 15 Q6_3Info Q7Red Q7Graph 7 Q7Warning 15 Q7Screenshot Q7Founders TOTAAL: 150 Kommentaar (slegs vir merkergebruik) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all