Skip to content
Question paper

Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Afr)

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12201720 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit: AFDELING A (25 punte) AFDELING B (75 punte) AFDELING C (50 punte) 2. Beantwoord AL die vrae. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die 3. vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Moenie in die regterkantruimte skryf nie. 6. Laat ʼn reël na elke sub-vraag oop. 7. Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ʼn 2 punt- vraag TWEE feite vereis, ensovoorts. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A VRAAG 1: PASITEMS Kies ʼn term/begrip uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–P) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 Q. KOLOM A KOLOM B 1.1 ʼn Toets om te bepaal of dit ʼn mens is wat met die A CSV rekenaar ʼn interaksie het 1.2 Aanvullende data oor ʼn lêer wat die inhoud van die B SVE (CPU) lêer beskryf, soos die naam van die skrywer 1.3 ʼn Meeteenheid wat gebruik word om die helderheid C DIGG van die beeld van ʼn dataprojektor te beskryf 1.4 ʼn Voorbeeld van ʼn aanlyn-stoorfasiliteit of diens D FAT 1.5 ʼn Tekslêer wat kommas gebruik om die waardes in E CAPTCHA elke reël te skei 1.6 ʼn Tabel wat intern deur die bedryfstelsel gebruik F Dropbox word om die werklike fisiese ligging van lêers op ʼn disket aan te dui 1.7 ʼn Pynlike drukking op die gewrigsenuwees wat deur G En-streep herhalende handbewegings soos tik veroorsaak word 1.8 ʼn Sosiale nuus webtuiste wat gekenmerk word deur H Metadata nuusberigte wat deur gebruikers geplaas word 1.9 Die hardeware komponent van die rekenaar wat al I PDF die instruksies van programme verwerk 1.10 ʼn Aandagstreep wat net langer as ʼn koppelteken is J KTS (CTS) en veral by getalintervalle en tussenopmerkings gebruik word K Lumen L RSI M WAP N Moederbord O Intranet P Em-streep (10 x 1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1– 2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 E. 2.1 Die tegnologie wat gebruik word om inligting van verskeie webtuistes af outomaties te ontvang, word ... genoem. A RSI B EULA C RSS D FAT (1) 2.2 Watter EEN van die volgende sal die mees geskikste wees om ʼn biblioteekbestuurstelsel te skep? A Woordverwerker B Databasis C Sigblad D Aanbiedingsprogram (1) 2.3 Watter EEN van die volgende Internetwebruimtes vereis NIE ʼn wagwoord, gebruikersnaam en/of ʼn pinkode om sy funksies te gebruik NIE? A Facebook B Internetbankwebruimte C Twitter D Wikipedia (1) 2.4 Baie biblioteke spaar geld deur goedkoop genetwerkte rekenaars, bekend as dun kliënte (‘thin clients’) te installeer. Watter hoofrekenaarkomponent het hierdie rekenaars dikwels NIE? A Moederbord B Hardeskyf C Kragbron (‘Power supply’) D LSG (‘RAM’) (1) 2.5 Die skoolbiblioteek bevorder groenrekenaarstelselgebruik (‘green computing’). Watter EEN van die volgende word NIE direk met groenrekenaarstelselgebruik verbind NIE? A Herwinning van papier B Slaapmodus (‘sleep mode’) C Sekuriteitswebkamera D Papierlose kantoor (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5 2.6 ʼn Leerder het ʼn Google-websoektog gedoen en inligting op ʼn webblad gevind. Watter EEN van die volgende sal die beste opsie vir die bibliografie wees? A Gates, Bill. The future of technology. http://microsoft.gates.htm. Accessed 20 October 2016. B Google C Gates, Bill. The future of technology. D http://microsoft.gates.htm. Gates, Bill. The future of technology. (1) 2.7 ʼn Publieke plek waar koordlose Internet toegang verkry kan word deur persone met skootrekenaars word ʼn ... genoem. A Wi-Fi B Woelkol (Hot spot) C MySpace D Cyber café (1) 2.8 ʼn Kode in Access wat data-invoerders dwing om data in ʼn bepaalde formaat in te voer, word ʼn ... genoem. A valideringsreël B primêre sleutel C toevoermasker (input mask) D valideringsteks (1) 2.9 Watter EEN van die volgende spesifikasies sal die waarskynlikste aandui dat ʼn rekenaar ʼn skootrekenaar is? A 1 TB HDD B Raakpaneel (‘Touchpad’) C Windows 10 Home (64 bis) D USB 3.0 (1) 2.10 Watter EEN van die volgende komponente vorm ʼn integrale deel van die moederbord? A DIMM gleuwe B DVD-ROM C USB-drywers D HDD (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woorde(e) om die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.) VOORBEELDE: VRAAG ANTWOORD Google is die wêreld se gewildste Waar soekenjin. ʼn NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware Onwaar − moederbord komponente soos die SVE (‘CPU’). 3.1 Deel van lêers is ʼn stelsel waar die hulpbronne van verskeie rekenaars saamgevoeg en op dieselfde tyd gebruik word om ʼn enkele probleem op te los. (1) 3.2 Aspect ratio is die verskil tussen die donkerste swart en die witste wit wat die skerm kan weergee. (1) 3.3 ʼn Regstelling (Patch)is ʼn versameling van programopdaterings oor ʼn sekere tydsperiode wat in een eenheid vir makliker installasie gestoor word. (1) 3.4 DOTX is die lêeruitbreiding vir ʼn Microsoft Word-templaat. (1) 3.5 ʼn Skakeltoestel (Switch) is ʼn netwerktoestel wat gebruik word om twee of meer netwerke aan mekaar te koppel. (1) [5] TOTAAL AFDELING A: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING B VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË 4.1 Die bestuurders by Spar kon een van die volgende twee toestelle kies om hulle take te verrig gedurende die landswye ‘Angry Birds’ kompetisie. TOESTEL SPESIFIKASIES Skootrekenaar - Intel Core i7 2.4 GHz SVE (‘CPU’) - 8 GG LSG (‘8 GB RAM’) - 1.5 TG HSS (‘1.5 TB HDD’) Tablet - nVidia Tegra 1.2 GHz SVE (‘CPU’) - 1 GG LSG (‘1 GB RAM’) - 32 GG SSD (‘32 GB SSD’) 4.1.1 Gee TWEE redes waarom die bestuurders gevra het om eerder die skootrekenaar as die tablet te ontvang. (2) 4.2 ʼn Tablet gebruik ʼn SSD vir die stoor van data en lêers. 4.2.1 Waarvoor staan die akroniem SSD? (1) 4.2.2 Noem DRIE vergelykbare verskille tussen die eienskappe en werkverrigting van ʼn SSD en ʼn HSS (‘HDD’) in tabelformaat. (3) 4.2.3 Hoekom is SSDs nog nie heeltemal deur HSS (‘HDD’) vervang nie, aangesien dit soveel voordele inhou nie? MOENIE na koste verwys in jou antwoord nie. (1) 4.3 Beide ʼn tablet en ʼn skootrekenaar gebruik kasgeheue. Verduidelik die doel van kasgeheue in ʼn rekenaarstelsel. (3) 4.4 Gee TWEE redes waarom ʼn tablet en ʼn skootrekenaar nie dieselfde tipe LSG (‘RAM’) kan gebruik nie. (2) 4.5 Die bestuurders is meegedeel dat hulle FireWire 800 of USB 3.0 kan gebruik om videomateriaal van die deelnemers se optredes op die kompetisie se webtuiste te laai. 4.5.1 Noem TWEE voordele van USB bo FireWire. (2) 4.5.2 Sal die programmatuur wat vir die redigering van video’s gebruik word as toepassingsprogrammatuur of stelselprogrammatuur beskou word? (1) 4.6 Sellulêre modems word gebruik om met die Internet te koppel en elke week die uitslae van die kompetisie op te laai. Die uitslae word in ʼn wolk (‘cloud’) gestoor. 4.6.1 Noem die tipe verbinding wat die modem met die oplaai van die uitslae sal gebruik. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 4.6.2 Verduidelik wat met die term wolk (‘cloud’) in hierdie konteks bedoel word. (2) 4.7 Die bestuurders hou elke week ʼn groepkonferensie-oproep om uitslae en sommige van die uitstaande vertonings te bespreek. Daar word voorgestel dat hulle VoIP gebruik om koste te bespaar. 4.7.1 Verduidelik kortliks die basiese konsep VoIP. (2) 4.7.2 Noem ʼn VoIP-kliënt wat die bestuurders kan gebruik om die konferensie-oproep te hou. (1) 4.7.3 Noem EEN ander manier (buiten ʼn konferensie-oproep), waarop die bestuurders besprekings kan hou en aanlyn kan saamwerk. (1) 4.8 Identifiseer die onderstaande prentjie wat op Spar se nuusbrief verskyn EN verduidelik hoe dit gebruik kan word, deur na ʼn spesifieke voorbeeld te verwys. (3) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9 VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Vriende en familie het die bestuurders versoek om die videomateriaal as ʼn aanhangsel per e-pos aan hulle stuur. Gee TWEE redes waarom hierdie versoek waarskynlik nie prakties is nie. (2) 5.2 Die bestuurders het die video's as potsendings (‘podcasts’) beskikbaar gestel. 5.2.1 Verduidelik die konsep van potsending (‘podcasting’) (1) 5.2.2 Noem TWEE voorbeelde van ʼn elektroniese medium wat gebruik kan word om vriende en familie in kennis te stel wanneer daar ʼn nuwe potsending ('podcasting') beskikbaar is. (2) 5.3 Vriende en familie wat multimedialêers van al die optredes wil aflaai, moet verkieslik ʼn breëband Internetkoppeling hê. 5.3.1 Verduidelik die term breëband. (1) 5.3.2 ADSL is ʼn voorbeeld van ʼn kabelbreëbandkoppeling. (a) Is ADSL ʼn digitale of ʼn analoogverbinding? (1) (b) Gee ʼn voorbeeld van ʼn ander kabelbreëbandkoppeling. (1) 5.4 Een van die bestuurders is nie bekend met die gebruik van ʼn e-pos nie en het enkele vrae aangaande die e-pos venster. 5.4.1 Wat is die funksie van die skuifspeld ikoon langs die “send” ikoon? (1) 5.4.2 Hy merk ook op dat daar ʼn keuse is tussen Plain Text en Rich Text. Verduidelik die verskil tussen hierdie twee keuses. (2) 5.5 Hoe maak ʼn sosiale netwerk soos byvoorbeeld Facebook, die meeste van hulle geld? (1) 5.6 Verduidelik TWEE voordele van e-boeke in vergelyking met gedrukte weergawes van boeke. (LET WEL: Kostefaktore moet NIE deel van jou antwoord wees NIE.) (2) 5.7 Wat is die doel van die ‘History’ ikoon of tab in ʼn webblaaier? (1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR 6.1 Die streeksbestuurder van Spar moet ʼn aantal vergaderings met plaaslike Spar-bestuurders rakende die kompetisie koördineer. Hy ondervind dat daar baie administrasie betrokke is rakende die kompetisie en dat dit nogal moeilik is om die vergaderings gereël te kry. 6.1.1 Noem TWEE maniere hoe die kalenderfunksie van e-pos- programmatuur hiermee kan help. (2) 6.1.2 Die bestuurder skryf gereeld vir homself boodskappe op stukkies papier om hom aan take te herinner wat hy moet voltooi. Gee ʼn algemene naam vir die e-posfunksie wat gebruik kan word om ʼn gebruiker te herinner aan take wat nog gedoen moet word en wat die sperdatums van die take is. (1) 6.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van ʼn elektroniese vorms wanneer data tydens ʼn opname ingesamel word. (2) 6.3 Noem EEN rede vir die gebruik van ʼn tabel op ʼn vorm om syfers in te vul, byvoorbeeld ʼn ID-nommer, soos hieronder aangedui. (1) 6.4 Noem EEN kenmerk van ʼn sigblad wat jy sal gebruik om groot hoeveelhede data betekenisvol te rangskik. (1) 6.5 Gee TWEE voorbeelde waar jy ʼn databasis in plaas van ʼn sigblad sou gebruik om data te verwerk. (2) 6.6 Verduidelik die konsep van plagiaat kortliks. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11 VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES 7.1 Noem EEN wettige aanvaarbare manier om lêers met ʼn toepassing soos BitTorrent, te deel. (1) 7.2 Gee jou mening oor die volgende stelling deur TWEE redes of voorbeelde te noem wat jou antwoord staaf: 'Die Internet bied ʼn mate van beskerming (privaatheid) aan sy gebruikers.' (2) 7.3 Baie kameras het die vermoë om foto’s te geomerk/geo-etiketteer (‘geotag’). 7.3.1 Verduidelik die term geomerking/geo-etikettering (‘geotagging’). (1) 7.3.2 Waarom ontmoedig sommige wildreservate hul besoekers om geomerkte/geo-etiketteerde (‘geotagged’) foto’s van renosters op sosiale media te plaas? (1) 7.4 Noem EEN moontlike manier om ander gebruikers te verhoed om jou in foto’s op Facebook te merk. (1) 7.5 Noem TWEE voordele van motors wat aan die Internet gekoppel is. (2) 7.6 Noem TWEE tipiese metodes hoe jou rekenaar deur kubermisdadigers misbruik kan word, as hulle jou rekenaar as deel van hul botnet gebruik. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING 8.1 Sommige leerders in jou skool beplan ʼn uitstappie na ʼn boekuitstalling. Hieronder is ʼn sigblad van hulle begroting. 8.1.1 In die berekening van die Totale koste vir vervoer, in sel C4, was die formule: =B4*$E$1. Die formule is toe gekopieer ('Autofill') na die ander items. Noem die TWEE tipes selverwysings wat in die formule gebruik is en verduidelik die verskil tussen die twee. (4) 8.1.2 Toe die data vir geldeenheid (‘currency’) geformateer is, het die $-simbool verskyn in plaas van die R-simbool. Verduidelik TWEE maniere waarop dit reggestel kan word. (2) 8.1.3 Die sirkelgrafiek verteenwoordig die ontleding van koste vir elke leerder vir die uitstappie. Noem DRIE items wat by die sirkelgrafiek gevoeg moet word om dit betekenisvol te maak, asook maklik om te interpreteer. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13 8.2 Baie moderne besighede maak gebruik van databasisse. 8.2.1 Dui aan in watter gedeelte van ʼn databasisverslag die funksie =Count(*) geplaas moet word, sodat die hoeveelheid rekords vir elke groepering van rekords in die verslag getel kan word. (1) 8.2.2 Identifiseer die tipe databasisvoorwerp waarin jy heel moontlik die formule hieronder sou gebruik: Totaal:[Prys]*[Hoeveelheid] (1) 8.2.3 Die databasisformule BTW:[Prys*0.14] gee tans ʼn foutboodskap. Korrigeer die formule sodat dit reg werk. (1) 8.3 Wat is ʼn aanhaling ('citation') in ʼn dokument, en wanneer moet dit gebruik word? (2) 8.4 Noem die woordverwerkings kenmerk wat eers toegepas en gebruik moet word, voordat ʼn automatiese inhoudsopgawe sal werk. (1) [15] TOTAAL AFDELING B: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING C VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO Tydens die eindrondte van die Idols-kompetisie stem die gehoor in die Staatsteater vir deelnemers om ʼn wenner te bepaal. Die gehoor ontvang afstandbeheerde stemtoestelle wat hulle in staat stel om ʼn knoppie te druk om hulle stemme met Bluetooth-tegnologie na ʼn lokale bediener by die teater te stuur. 9.1 Is Bluetooth ʼn geskikte tegnologie om in hierdie scenario te gebruik? Motiveer jou antwoord. (2) 9.2 ʼn Lid van die gehoor se stemtoestel koppel nie met die kabellose netwerk nie, hoewel die lid binne reikafstand van die bediener is. Noem TWEE moontlike foutopsporingstappe wat gevolg kan word om die probleem op te los. Dit is nie ʼn opsie om die stemtoestel te vervang nie. (2) 9.3 Die regstreekse uitsending van die eindrondte van die geleentheid kan gestroom (‘stream’) word. 9.3.1 Verduidelik wat met stroom (‘stream’) bedoel word. (2) 9.3.2 Noem TWEE komponente wat nodig is om ʼn regstreekse geleentheid te kan stroom (‘stream’). (2) 9.3.3 Noem EEN moontlike nadeel van die gebruik van lewende stroming (‘live streaming’). (1) 9.3.4 Watter tipe sagteware kan vir toevoer deur siggestremde gebruikers gebruik word? (1) 9.4 ʼn Kabelnetwerk word deur die beoordelaar by die teater gebruik om hulle punte elektronies na die bediener te stuur. Die organiseerders beplan om in die toekoms ʼn kabellose netwerk vir hierdie doel te gebruik. 9.4.1 Noem TWEE voordele van ʼn kabellose netwerk bo ʼn kabel- netwerk. (2) 9.4.2 Noem TWEE addisionele apparatuurkomponente wat nodig is om die kabellose netwerk te skep. (2) 9.4.3 Watter opgegradeerde weergawe van Wi-Fi sal geskik wees om vir die kabellose netwerk te gebruik? (1) 9.4.4 Gee TWEE voorbeelde waarvoor NVK (naby veld kommunikasie) NFC (‘near field communication’) gebruik kan word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15 9.4.5 Verduidelik TWEE maniere waarop die organiseerders kan voorkom dat ongemagtigde programmatuur toegang tot hulle rekenaars verkry. (2) 9.4.6 Wat is die funksie van ʼn drywerprogram? (1) 9.5 IKT verskaf meer doeltreffende oplossings vir die vaslegging van data en skep van uitslae as ʼn papiergebaseerde stemstelsel. 9.5.1 Motiveer waarom die stelling hierbo geldig is deur na TWEE van die volgende aspekte te verwys: (a) Vinniger en beter dataverwerking (2) (b) Beter stoor van data (2) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 10 Die organiseerders van die Idols-kompetisie sal vir die akkuraatheid van alle inligting, sowel as die ontwerp van opnames verantwoordelik wees. 10.1 Verduidelik die verskil tussen ʼn opname en ʼn onderhoud. (2) 10.2 Noem TWEE redes hoekom ʼn mens altyd die betroubaarheid en akkuraatheid van inligting op die Internet moet nagaan. (2) 10.3 Verduidelik die term inligtingsoorlading. (1) 10.4 Watter sosiale netwerkdiens word met die term ‘hash-tags’ geassosieer? (1) 10.5 Een van die organiseerders het die volgende e-pos ontvang, wat blykbaar deur ʼn ampteneaar by Empire bank gestuur is. Bestudeer die e-pos noukeurig en beantwoord die vrae wat volg: From: Empire Bank [mailto:john@empirebank.co.za] Sent: 17 May 02:38 PM To: Sibu_100@gmail.com Subject: Empire Bank Verifikasie - Sibu_100@gmail.com Beste gewaardeerde Empire Bank lid Hierdie e-pos is deur Empire bank gestuur om jou e-pos adres te verifieer. Jy moet hierdie proses voltooi deur op die onderstaande skakel te klik en jou wagwoord in die spasie in te tik. Hierdie is vir jou eie beskerming. Om jou details te verifieer, klik op die onderstaande skakel: Klik hier om jou data by te werk. 10.5.1 Wat is die algemene naam vir hierdie slenter? (1) 10.5.2 Moet die organiseerder op die skakel klik? Motiveer jou antwoord deur te verduidelik wat sal gebeur indien hy daarop klik. (2) 10.5.3 Wat is die generiese naam van hierdie tegniek, waar mense oorreed word om inligting te gee, deur iemand wat maak of hulle die reg het om hierdie inligting te bekom? (1) 10.5.4 Banke stel hul kliënte gerus deur ʼn aantal sekuriteitsmaatreëls beskikbaar te stel om aanlyn bankdienste so veilig moontlik te maak. Noem TWEE sulke maatreëls, buiten enkripsie. (2) 10.5.5 Verduidelik wat ʼn rekenaarvirus is deur na TWEE doelwitte van ʼn rekenaarvirus in jou antwoord te verwys. (2) 10.5.6 Wat is ʼn ʽTrojan’?- (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 17 10.6 Die organiseerders van die Idols het probeer om ʼn basiese webwerf te skep om die geleentheid vir volgende jaar al te adverteer. Bestudeer die onderstaande HTML-kode. <title> Idols <hr /> </title> <body> <h1> DATUMS VIR DIE IDOLS OUDISIES </h1> <font colour=”red”> </font> <br /> </body> Oudisies skop af in Kaapstad! Verduidelik hoe jy die volgende foute sal korrigeer: 10.6.1 Die horisontale lyn word nie vertoon nie. (1) 10.6.2 Die opskrif ‘DATUMS VIR DIE IDOLS OUDISIES’ moet kleiner vertoon. (1) 10.6.3 Die teks ‘Oudisies skop af in Kaapstad!’ moet in rooi font vertoon, maar dit vertoon in swart. (1) 10.7 ʼn Databasis is geskep om tred te hou met die huidige inskrywings vir die kompetisie. 10.7.1 Bestudeer die onderstaande skermkopie en benoem die data tipe wat gebruik moet word vir die Spesifikasie veld sodat ʼn groot hoeveelheid data ingesleutel kan word. (1) 10.7.2 Hoekom is die ‘AutoNumber’ data tipe altyd geskik om as ʼn primêre sleutelveld te gebruik? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 10.7.3 Die onderstaande navraag is ontwerp om al die name wat met ʼn S begin, sowel as ouderdomme kleiner as 20 en groter as 30 aan te toon. (2) Identifiseer TWEE foute in die ontwerp van die navraag wat veroorsaak dat dit die verkeerde inligting vertoon. 10.8 Verduidelik kortliks waarvoor elk van die volgende in ʼn woordverwerkings- dokument gebruik sal word: 10.8.1 Kontinue seksie-onderbreking (‘continuous section break’) (2) 10.8.2 Boekmerk (‘bookmark’) (1) [26] TOTAAL AFDELING C: 50 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all