Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*CATNA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 429.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantruimte skryf NIE.
6. Laat ʼn reël na elke subvraag oop.
7. Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ʼn 2-punt vraag
TWEE feite vereis, ensovoorts.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Watter EEN van die volgende is ʼn komponent van die SVE (‘CPU’)?
A NIC
B GNU
C RLE (‘ALU’) (1)
D SCSI
1.2 Watter EEN van die volgende koppelvlakke word gebruik om krag aan
randapparatuur te gee?
A SCSI
B USB
C Parallel
D Infrarooi (1)
1.3 Waarmee word die ikoon wat hier vertoon word verbind?
A OKH (‘OCR’)
B RSS
C XTML
D OSS (1)
1.4 Watter EEN van die volgende is ʼn protokol wat ʼn mate van beskerming
verleen aan gebruikers van webtuistes waarop banksake gedoen word?
A HTML
B HSDPA
C HTTP
D HTTPS (1)
1.5 Watter EEN van die volgende verwys na ʼn tegniek waar oudiolêers,
gewoonlik gratis, op die Internet vrygestel word en die gebruikers hulle
outomaties ontvang?
A HDTV
B ‘Blogging’
C ‘Webcasting’
D ‘Podcasting’ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.6 Watter EEN van die volgende ikone (‘icons’) verteenwoordig ʼn netwerk-
aandrywer?
A
B
C
D
(1)
1.7 ʼn Klein prentjie wat ʼn voorskou van ʼn lêer verskaf sonder om die lêer oop te
maak.
A Posseël (‘Thumbnail’)
B Spioenware
C Towenaar (‘Wizard’)
D Mikrogolf (1)
1.8 Vasteware (‘Firmware’) is ...
A programmatuur wat ontfout en stabiel is.
B programmatuur wat ingebed is en wat nie opgedateer kan word nie.
C programmatuur wat deur ʼn groot multinasionale firma geprogrammeer is.
D programmatuur wat ingebed is en wat opgedateer kan word. (1)
1.9 Watter EEN van die volgende verteenwoordig toegangspoed in dalende
volgorde?
A Magnetiese band, hardeskyf, ETG (‘RAM’), kasgeheue
B ETG (‘RAM’), kasgeheue, magnetiese band, hardeskyf
C Kasgeheue, ETG (‘RAM’), hardeskyf, magnetiese band
D ETG (‘RAM’), kasgeheue, hardeskyf, magnetiese band (1)
1.10 Multiprosessering is wanneer ...
A die rekenaar meer as een verwerker het.
B baie programme gelyktydig op een verwerker loop.
ʼn program in verskillende stukke opgebreek is om afsonderlik uitgevoer te
C
word.
D die verwerker vinnig tussen toepassings wissel. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
VRAAG 2: PASITEMS
Kies ʼn term/begrip uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–P) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 Q.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Toestel wat gebruik word om rekenaars teen A enkripsie
kragstuwings en ook teen kragonderbrekings te
beskerm
2.2 Die ‘deurmekaarklits’ van teks of data volgens ʼn B gratis programmatuur
spesifieke stel reëls om privaatheid van data (‘freeware’)
gedurende kommunikasie of vir sekuriteits-doeleindes
te verseker
2.3 ʼn Tipe rekenaarkoppelvlak wat ontwerp is om met C LTE
toestelle soos ʼn raakblad gebruik te word
2.4 ʼn Beleid wat die regte en verantwoordelikhede van D URL
rekenaargebruikers in ʼn organisasie uitstippel
2.5 ʼn Wettige kontrak tussen ʼn rekenaargebruiker en ʼn E oorverhitting
programmatuurmaatskappy (‘overheating’)
2.6 Om ongemagtigde toegang te verkry tot ʼn konneksie F oorklok (‘overclocking’)
in ʼn onbeveiligde Wi-Fi netwerk en dit te gebruik
2.7 Die tipe sagteware wat gratis deur ʼn maatskappy G protokol
verskaf word en waar die maatskappy alle regte op
die sagteware behou
2.8 Vermeerdering van die spoed van die stelselbus om H UPS
daardeur die spoed van al die komponente van ʼn
rekenaarstelsel te vermeerder en om werkverrigting
te verbeter
2.9 Laat gebruikers toe om video’s te kyk, ʼn radiostasie te I EULA
stroom (‘stream’), aanlyn speletjies te speel en in
reële tyd (‘real time’) op die Internet rond te blaai
2.10 ʼn Eenheid waarvolgens die resolusie van ʼn J SVE (‘CPU’)
skandeerder gemeet word
K GUI
L DPI
M AUP
N piggybacking
O DIMM
P filter
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’
langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die
stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling
WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te
verander NIE. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf
word NIE.)
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin. Waar
ʼn NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware
komponente soos die SVE (‘CPU’). Onwaar − moederbord
3.1 Maatskappye stel dikwels deelware (‘shareware’) weergawes van hul
programmatuur vir toetsdoeleindes vry voor die programmatuur te koop
aangebied word. (1)
3.2 Breëband verwys na die totale hoeveelheid data wat in ʼn gegewe tydsduur
via ʼn Internetkonneksie oorgedra word. (1)
3.3 Die term DDR word met die LSG (‘RAM’) van ʼn rekenaar geassosieer. (1)
3.4 Die datatipe OLE-object kan gebruik word om ʼn prentjie by ʼn rekord in ʼn
Access tabel te voeg. (1)
3.5 Die afbeelding hieronder is ʼn voorbeeld van ʼn PIN-kode.
(1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Rekenaars is uit baie dele saamgestel.
4.1.1 Wat is die term wat gebruik word om rekenaars waarvan die kas en
die skerm as ʼn enkele eenheid kom, te beskryf? (1)
4.1.2 Noem TWEE redes waarom dit makliker is vir rekenaars om uit baie
dele te bestaan, eerder as om een funksionerende geheel te wees. (2)
4.2 Die SVE (‘CPU’) doen byna al die werk in ʼn rekenaar.
4.2.1 Daar is TWEE faktore van die SVE (‘CPU’) wat die werksverrigting
van die rekenaar kan beïnvloed. Noem elkeen van die TWEE faktore
en beskryf elkeen kortliks. (4)
4.2.2 Verduidelik kortliks hoekom die SVE (‘CPU’) kasgeheue nodig het. (2)
4.3 Bestudeer die beeld oor VTA (‘SSD’) hieronder, wat deel van ʼn advertensie
was en beantwoord die vrae wat volg.
4.3.1 Waarvoor staan die afkorting VTA (‘SSD’)? (1)
4.3.2 Verduidelik hoekom die volgende, eienskappe van ʼn VTA (‘SSD’) sal
wees:
(a) Geluidlose werking (1)
(b) Vinniger werkverrigting (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
4.4 Jou rekenaar vertoon af en toe die volgende boodskap.
4.4.1 Verduidelik wat virtuele geheue is. (1)
4.4.2 Wanneer sal die bedryfstelsel virtuele geheue gebruik? (1)
4.5 Daar is baie ekonomiese oorwegings wanneer rekenaars in ʼn reisagentskap
gebruik word.
4.5.1 Behalwe om al die rekenaars saans af te skakel, noem TWEE ander
maniere waarop die elektrisiteitgebruik van rekenaartoestelle
verminder kan word. (2)
4.5.2 Verduidelik TWEE maniere waarop die gebruik van rekenaars vir die
reisagentskap finansieel voordelig sal wees. (2)
4.6 ʼn Foutiewe stelling is gemaak dat die gebruik van ʼn doeltreffende rugsteun-
instandhoudingsprogram sal voorkom dat die hardeskyf gedefragmenteer raak.
4.6.1 Beskryf TWEE aspekte van ʼn doeltreffende rugsteuninstandhoudings-
program. (2)
4.6.2 Watter tipe stoortoestelle sal gebruik word wanneer ʼn rugsteun
gemaak word van die lêers op die bedieners? (1)
4.6.3 Definieer die term skyffragmentasie. (1)
4.7 Gee DRIE redes hoekom dit nodig is om ʼn bedryfstelsel op ʼn rekenaar te
installeer deur na die funksies van ʼn bedryfstelsel te verwys. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
Phishing against banks hits
all time high
Anti-Phishing Working Group warns of relentless
increase
5.1 Meer en meer misdadigers maak gebruik van die Internet en
uitvissingsbedrog (‘phishing’) word ʼn ernstige probleem.
5.1.1 Skryf die URL in die bogenoemde voorbeeld neer. (1)
5.1.2 Verduidelik, deur ʼn voorbeeld te gee, hoe uitvissingsbedrog
(‘phishing’) gebruik word om misdaad te pleeg. (2)
5.2 Vandag word meeste rekenaartoestelle aan een of ander netwerk
gekoppel, van ʼn Persoonlike Area Netwerk (PAN) tot ʼn Wye Area Netwerk
(WAN).
5.2.1 Verduidelik wat ʼn Persoonlike Area Netwerk (PAN) is. (2)
5.2.2 Verduidelik kortliks wat ʼn Virtuele Privaatnetwerk (VPN) is. (2)
5.2.3 Wi-Fi-netwerke is teikens vir kuberkrakers. Stel EEN
doeltreffende manier voor om ʼn Wi-Fi-netwerk te beskerm. (1)
5.3 Webdeurblaaiers gebruik ʼn tegnologie met die naam webberging ('web
caching').
5.3.1 Noem TWEE moontlike voordele van webberging ('web caching'). (2)
5.3.2 Beskryf TWEE maniere waarop beskikbare bandwydte ʼn rol sou
speel wanneer jy video’s sou kyk vanaf aanlyndienste soos
YouTube. (2)
5.3.3 Definieer die term protokol in ʼn netwerk. (1)
5.3.4 Watter protokol sal gebruik word vir die stuur van lêers tussen
verafgeleë rekenaars wat Internetkonneksie het? (1)
5.4 Watter tipe netwerk sal ʼn 3G-modem gebruik? (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Die skool moet inligting versamel oor waarom so baie leerders hul vakke in
graad 11 wil verander.
Bestudeer die vraelys hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.1.1 Identifiseer enige EEN geslote vraag in die vraelys.
Skryf net die vraagnommer as jou antwoord neer. (1)
6.1.2 Waarom kan die antwoorde vir Vraag 2 in die vraelys moeilik wees om
in ’n sigblad te ontleed? (1)
6.1.3 Verduidelik waarom Vraag 4 in die vraelys nie ʼn goeie menings-
opnamevraag is nie. (1)
6.1.4 Die vraelys het nie ʼn inleiding nie.
Noem EEN element wat in die inleiding van ʼn meningsopname
ingesluit behoort te word. (1)
6.2 Gee EEN nadeel daarvan verbonde om ’n meningsopname aanlyn te doen, dit
is om ’n webtuiste te gebruik sodat mense hulle antwoorde op die vrae kan
gee. (1)
6.3 Wat is metadata? Verskaf ook ʼn geskikte voorbeeld van metadata in jou
antwoord. (2)
6.4 Kwaliteitdata word benodig om bruikbare inligting uit ʼn databasis te kan onttrek.
Noem DRIE eienskappe van kwaliteitdata. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Die Sea Shepherd Conservation Society (SSCS) oorweeg om ʼn webtuiste te
skep om die beskerming van oseaan ekosisteme te help bemark.
Verskaf EEN potensiële voordeel en EEN potensiële nadeel deur gebruik te
maak van ʼn webtuiste vir bemarking. (2)
7.2 Die webwerf wat geskep is vir die beskerming van oseaan ekosisteme het ʼn
Privaatheidsbeleid. Hieronder is ʼn uittreksel daaruit.
Kids and Privacy
For children, who visit our site, special rules apply. We do not request personal
information about children, such as first and last name or street address and city.
When kids send e-mail to us, their online contact information (e-mail address) is
not used to re-contact them and is not maintained in retrievable form.
Bespreek die gevare wat dit vir kinders inhou as hulle privaatheid nie
gewaarborg is nie. (2)
7.3 Die Sea Shepherd Conservation Society (SSCS) het ʼn antivirusprogram
aangekoop. Kan hulle dit op al die rekenaars installeer, siende dat al die
rekenaars aan dieselfde besigheid behoort?
Motiveer jou antwoord kortliks. (2)
7.4 Noem TWEE negatiewe implikasies van 3D-drukkers wat al hoe meer algemeen
word. (2)
7.5 Baie kameras het die vermoë om foto’s te geomerk/geo-etiketteer (‘geotag’). (2)
7.5.1 Verduidelik die term geomerking/geo-etikettering (‘geotagging’). (1)
7.5.2 Waarom ontmoedig die SSCS leerders om geomerkte/geo-etiketteerde
(‘geotagged’) foto’s van walvisse op sosiale media te plaas? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 Die elektroniese vorm hieronder is ontwerp om deur uitstallers vir aanlyn-
registrasie gebruik te word.
8.1.1 Lewer krities kommentaar op die uitleg van die komponente op die
vorm, deur TWEE maniere aan te dui waarop die uitleg verbeter kan
word. (2)
8.1.2 Evalueer krities die komponente op die vorm wat gebruik word om data
van die gebruiker te verkry. Identifiseer EEN komponent wat swak
gekies is en stel ʼn geskikter komponent voor. (2)
8.2 Bestudeer die sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
8.2.1 Gee slegs die naam van die funksie wat in kolom B gebruik is om die
posisie van die spasie tussen die voornaam en die van te gee. (1)
8.2.2 Gee die mees waarskynlike rede waarom dit nodig kan wees om die
posisie van die spasie tussen die voornaam en die van te verkry. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13
8.3 Die funksie hieronder is gebruik in ʼn sigblad om die aantal selle in die reeks
B3:B10 wat ʼn bedrag minder as R100.00 bevat, te tel.
COUNTA(B3:B10,>R100)
Gee TWEE redes hoekom hierdie funksie NIE reg sal werk NIE en dui in elke
geval aan wat korrek sou wees. (2)
8.4 Bestudeer die volgende skermkopie, ʼn uittreksel uit ʼn databasistabel en
beantwoord die vrae wat volg.
8.4.1 Watter kriteria sou jy in ʼn navraag gebruik om woonbuurtes (‘suburbs’)
wat met ‘A’ begin te onttrek? (2)
8.4.2 Sê watter datasoort vir die veld DwellingNumber gebruik is. (1)
8.4.3 Watter kriteria sal jy in ʼn navraag voeg om die rekords te vind waarvoor
daar nie ʼn waarde in die DwellingNumber-veld gevoeg is nie? (1)
8.5 ʼn Leerder het ʼn webblad geskep deur hypertext markup language (HTML) te
gebruik. Toe hy die lêer in Windows Explorer dubbelklik om die bladsy in ’n
webblaaier te sien, het die lêer in Notepad oopgemaak.
Verduidelik kortliks watter fout gemaak is toe die lêer gestoor is, en hoe om die
fout reg te maak sodat die webblad in ʼn webblaaier gesien kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
8.6 Bestudeer die skermkopie hieronder. Dit toon ʼn tabel wat in ʼn webblad
geskep is deur middel van HTML. Antwoord dan die daaropvolgende vraag.
Net die woord ‘malware’ (in die tweede kolom) behoort in skuinsdruk te wees.
Al die teks ná hierdie woord is egter ook in skuinsdruk.
Wat is die mees waarskynlike oorsaak van hierdie fout? (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Die skool sal die gasheer van ʼn webtuiste en deel van ʼn sosiale netwerk wees sodat
spelers kan registreer en speletjies aanlyn speel.
9.1 Vir die huidige speletjiesgeleentheid is spelers in kennis gestel dat hulle die
instellings op hulle rekenaars kan konfigureer om die speel van speletjies te
optimaliseer.
Verduidelik wat gedoen kan word om bandwydte te spaar terwyl daar
gestroom (‘stream’) word. (1)
9.2 Die RTT-leerders sal die spelers bewus maak van die NVK (naby-veld-
kommunikasie)-eienskap ('NFC: near field communication') wat op hulle
tablette en ander handtoestelle beskikbaar is.
9.2.1 Gee TWEE voorbeelde waarvoor NVK (naby-veld-kommunikasie)
NFC (‘near field communication’) (2)
9.2.2 NVK (‘NFC’) het sy oorsprong in ʼn kommunikasiestandaard wat
radiogolwe gebruik. Wat word hierdie kommunikasiestandaard
genoem? (1)
9.3 Aparte weergawes van sommige van die toepassingsagteware vir speletjies
is ontwikkel om voorsiening te maak vir verskillende bedryfstelsels, soos
Android en IOS.
9.3.1 Motiveer hoekom dieselfde toepassing verskillend vir verskillende
bedryfstelsels geprogrammeer moet word. (2)
9.3.2 ʼn Belangrike eienskap van ʼn bedryfstelsel is om terugwaarts
aanpasbaar te wees.
Gebruik ʼn voorbeeld om die konsep van terugwaartse
aanpasbaarheid te verduidelik. (2)
9.3.3 Om die muis aan te pas vir die spelers, waar sal jy die muis-ikoon
na ʼn perd verander?
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
9.4 Een van die spelers sal die kopstuk in die illustrasie hieronder gebruik.
[Bron: http://www.bestbuy.com/site/ video-games-accessories/gaming-headset]
9.4.1 Die kopstuk ondersteun inproptoestelle (‘plug-ins’). Verduidelik wat ʼn
inproptoestel ('plug-in') is. (1)
9.4.2 Hoe bevoordeel die feit dat die kopstuk inproptoestelle (‘plug-ins’)
ondersteun, die speler? (1)
9.5 Hierdie tipes toestelle bevat gewoonlik sensors.
Noem TWEE moontlike tipes sensors wat in speletjietoestelle voorkom. (2)
9.6 Daar sal van spelers verwag word om op een of ander stadium tydens die
speletjiesgeleentheid ten minste een Pokémon op te spoor.
ʼn Mobiele toestel met GPS-tegnologie is nodig om aan
die Pokémon GO-plekgebaseerde vergrote ('augmented')
werklikheid-speletjie deel te neem.
9.6.1 Waarvoor staan die afkorting GPS? (1)
9.6.2 Noem TWEE nadele verbonde aan Vergrote (‘augmented’)
Werklikheid (AR). (2)
9.7 Sommige spelers kan nie hulle hande gebruik nie. Alternatiewe maatreëls is
ondersoek. Motiveer TWEE alternatiewe toevoertoestelle vir spelers wat
fisies gestrem is om hulle in staat te stel om van rekenaars gebruik te maak. (2)
9.8 Sommige van die leerders is nie gemaklik met die gebruik van rekenaars nie
of het nie rekenaars by die huis nie, terwyl ander baie gemaklik is en werk al
van ʼn baie jong ouderdom op rekenaars.
Wat word hierdie ‘gaping’ genoem? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 17
9.9 Die Internet van Dinge ('Internet of Things') is een oplossing vir oorlading
('overloading') van inligting.
9.9.1 Verduidelik kortliks die term Internet van Dinge. (2)
9.9.2 Noem TWEE voordele van die Internet van Dinge. (2)
9.9.3 Wat word bedoel met oorlading van inligting en wat is die effek
daarvan op die gebruiker? (2)
[25]
VRAAG 10
Die skool hou ʼn uitstalling om ʼn verskeidenheid onderwerpe en nuwe tegnologieë
ten toon stel. ʼn Aparte hulptoonbank sal beskikbaar wees om hulp met enige
navrae te verleen.
10.1 ʼn Armband wat ʼn RFID-etiket bevat, sal aan elke uitstaller uitgereik word om
aan die uitstaller toegang tot die eetsaal vir middagete te gee.
Motiveer die gebruik van RFID-etikette in plaas van kaartjies met
strepieskodes. (2)
10.2 Een van die uitstallers sal ʼn aanbieding oor die vermoëns van intelligente
selfgedrewe voertuie doen.
10.2.1 Noem EEN belangrike intelligente taak wat die sagteware wat vir ʼn
selfgedrewe voertuig ontwerp is, moet kan uitvoer. (1)
10.2.2 Selfgedrewe voertuie gebruik GPS-toestelle.
Noem TWEE ander hardewaretoestelle wat hierdie tipe voertuie
moet hê om die vereiste intelligente take te kan verrig. (2)
10.2.3 Daar is beweer dat daar minder ongelukke met selfgedrewe voertuie
sal plaasvind omdat menslike foute uitgeskakel sal word.
Noem EEN nadeel van selfgedrewe voertuie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
10.3 ʼn Kenner in kubermisdaad sal ʼn plakkaat saamstel oor rekenaarmisdade wat
deur middel van IKT ('ICT') as instrument gepleeg word.
10.3.1 Bespreek TWEE maniere waarop kubermisdaad ʼn negatiewe
uitwerking op ʼn besigheid kan hê. (2)
10.3.2 Verduidelik wat ʼn diensontsegging-aanval (‘denial-of-service attack’)
is. (2)
10.4 ʼn Omgewingsagentskap het ʼn stalletjie aangevra om die verantwoordelike
gebruik van rekenaars in die omgewing te bevorder.
Stel TWEE maniere voor waarop die negatiewe invloed van rekenaars op die
omgewing tot die minimum beperk kan word. (2)
10.5 Daar is verskeie gratis openbare Wi-Fi-woelkolle (‘hotspots’) met ʼn limiet op
die data wat uitstallers kan gebruik.
10.5.1 Wat is ʼn openbare Wi-Fi-woelkol (‘hotspot’)? (2)
10.5.2 Motiveer die rede vir die limiet op die data per dag vir die uitstallers
van hierdie Wi-Fi-woelkolle. (1)
10.6 Die maatskappy het sekuriteitskonsultante gehuur om raad te gee oor verskeie
sekuriteitsaspekte om die uitstallers teen rekenaardiefstal te beskerm.
10.6.1 Noem DRIE items van persoonlike inligting wat NIE op sosiale
netwerke uitgegee moet word NIE. (3)
10.6.2 Lys TWEE tipes rekenaarkriminele. (2)
10.7 Alle registrasie inligting van die uitstallers is in ʼn databasis-tabel vasgevang.
Watter veld-eienskappe (‘properties’) van die datatipes moet verander word
om:
10.7.1 Die Voorname-veld tot 15 karakters te beperk. (1)
10.7.2 Stel die status as “Voltooid” vir alle uitstallers. (1)
10.7.3 Beperk toevoer in die Geslag-veld tot “manlike” en “vroulik” alleen. (1)
10.7.4 Laat slegs twee letters en twee syfers toe om gebruik te word as
registrasie- nommer. (1)
10.7.5 Verseker dat die UitstallersID-veld nie leeg gelos kan word nie. (1)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper