You're offline
Skip to content
Question paper

CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Subject: Consumer StudiesGrade 11202017 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 VERBRUIKERSTUDIES (EKSEMPLAAR) PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. INHOUD PUNTE TYD (min) Vraag 1: Kortvrae (Alle onderwerpe) 35 35 Vraag 2: Die Verbruiker 25 25 Vraag 3: Voedsel en Voeding 30 30 Vraag 4: Kleding 10 10 Vraag 5: Behuising 25 25 Vraag 6: Entrepreneurskap 25 25 TOTAAL 150 150 2. ALLE vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs in swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 3 VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoorde en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D. 1.1.1 Die praktyk van insameling en analisering van numeriese inligting word na as … verwys. A data B stastistiek C ʼn sensus D ʼn model (1) 1.1.2 Watter van die volgende is NIE ʼn uitgawe op ʼn begroting NIE: A ʼn Gimnasiumkontrak B Versekering C Wi-Fi-kontrak D Rente op besparing (1) 1.1.3 Indien ʼn persoon kredietwaardig is, sal hulle waarskynlik … A ʼn kredietkaart slegs in een winkel gebruik. B geld elektronies oordra. C goedere en dienste op krediet koop. D finansiële verpligtinge nakom. (1) 1.1.4 ʼn Kredietburo … A gee inligting oor kredietgraderings van individue. B luister en besluit oor sake wat die verbruiker en kredietverskaffers insluit. C beskerm die verbruiker in die kredietmark en maak krediet meer toeganklik. D beskerm en bevorder verbruikersregte en opper verwante kwessies. (1) 1.1.5 ʼn Persoon wat ʼn tekort aan water het kan die volgende simptome toon: A Edeem en hardlywigheid B Sweet en ʼn hoofpyn C Moegheid en dehidrasie D Nierversaking en swakheid (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020) 1.1.6 Die hoofsuiker in melk: A Laktose B Glukose C Sukrose D Fruktose (1) 1.1.7 Die wetenskaplike name vir vitamien B2 en vitamien C is: A Niasien en retinol B Tiamien en kalsiferol C Riboflavien en askorbiensuur D Riboflavien and foliensuur (1) 1.1.8 ʼn Tekort aan joduim veroorsaak … A tandbederf. B te min tiroksien. C verswakking van spiere. D vertraagde groei. (1) 1.1.9 Nagblindheid is ʼn simptoom van ʼn tekort aan … A vitamien A. B vitamien E. C vitamien B1. D vitamien B3. (1) 1.1.10 Wanneer alles in ʼn uitrusting lyk asof dit saam behoort, is/het die ontwerp … A gebalanseerd. B goeie ritme. C goeie proporsie. D harmonieus. (1) 1.1.11 ʼn Geskikte voorstel vir ʼn vrou met ʼn driehoekige / peervormige liggaamsvorm: A Gebruik horisontale lyne in die onderste gedeelte van die liggaam B Dra klokvormige-rompe om die heupe slanker te laat vertoon C Dra ʼn lang v-neklyn en ʼn lang halssnoer D Gebruik vertikale lyne bo die middel om breedte te skep (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 5 1.1.12 Die veselkonstruksie-tegniek wat die geskikste vir gimnasiumdrag is … A geweefde tekstielstof. B gebonde tekstielstof. C gebreide tekstielstof. D hitte-gebonde tekstielstof. (1) 1.1.13 ʼn Statiese-beheer afwerking beteken dat die materiaal … A nie maklike kreukel nie. B bestand is teen aan die brand slaan. C nie aan die liggaam sal vaskleef nie. D nie vullis aantrek nie. (1) 1.1.14 Deur gebruik te maak van ʼn dominante horisontale lyn sal ʼn kamer … A hoër vertoon en stabiliteit oordra. B langer vertoon wat grasieuse beweging skep. C ʼn gevoel van hoogte en informaliteit skep. D wyer vertoon en ʼn gevoel van kalmte skep. (1) 1.1.15 Die dekor in ʼn leefkamer is vuilpienk en varingroen. Die kleurharmonie is dus … A komplementerend. B analogies. C dubbel-komplementerend. D monochromaties. (1) 1.1.16 Hierdie kleur sal ʼn gevoel van ruimte en warmte in ʼn klein vertrek skep: A Lig oranje B Donker oranje C Donker rooi D Rooi oranje (1) 1.1.17 ʼn ‘Hue’ word ligter gemaak deur wit by te voeg en dit staan as ʼn … bekend. A skakering B toon C spektrum D tint (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020) 1.1.18 ʼn Besigheid word as suksesvol beskryf, indien dit … kan oorleef. A uitgawes B standaarisasie C prakties D veranderinge (1) 1.1.19 ʼn Produkspesifikasie is ... A besigheidstelling van ʼn unieke idee. B produk se vereiste eienskap. C hoeveelheid produk wat ʼn besigheid verkoop. D rig van jou produk na ʼn spesifieke persoon. (1) 1.1.20 Wanneer werkgewers staak, is die faktor wat die produksiekoste beïnvloed: A Elektrisiteit B Arbeid C Kapitaal D Natuurlike hulpbron (1) 1.2 Kies die funksie in KOLOM B wat by die nutriënt in KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 H. KOLOM A KOLOM B NUTRIЁNT FUNKSIE 1.2.1 Water A ʼn Gekonsentreerde vorm van energie 1.2.2 Vitamien K B Nodig vir senuweefunksionering 1.2.3 Vet C Beheer die liggaamstemperatuur 1.2.4 Vitamien C D Voorkom selbeskadiging 1.2.5 Foliensuur E Noodsaaklik vir die instandhouding van bindweefsel F Nodig vir bloedstolling G Vorm genetiese materiaal/ DNA/DNS (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 7 1.3 Identifiseer DRIE voorbeelde van chemiese besmetting in voedsel word in die onderstaande illustrasies getoon word. Skryf slegs letters (A–F) langs die vraagnommer (1.3) in die ANTWOORDEBOEK. A B C D E F [Bron: Google images] (3) 1.4 Gee EEN woord vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.4.1–1.4.4) in die ANTWOORDE- BOEK neer. 1.4.1 Finansiële hulp van die regering om die lewenstandaard van mense wat kwesbaar vir armoede is, te verbeter 1.4.2 ʼn Werwingskema wat goeie opbrengste belowe indien meer mense gewerf word 1.4.3 ʼn Sentrale stuk van die ontwerp wat as aandagtrekker in ʼn leefarea dien om ʼn interessante punt te skep 1.4.4 Dit word beskryf as die saampas regdeur die ontwerp wat ʼn gevoel van eenheid skep (4 x 1) (4) 1.5 Identifiseer DRIE voorbeelde wat die kernbeginsels van bemarking uitbeeld. Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Bereik meer mense deur elektronies te adverteer. B Wanneer die besigheid mense moet aflê. C ʼn Oorsese maatskappy sal in die besigheid belê. D Sluiting van die besigheid gedurende die grendeltyd wat deur die regering ingestel is. E Vyf werkers is nie baie stiptelik nie. F ʼn Nuwe vleuel van die fabriek is gebou om uitbreiding moontlik te maak. (3 x 1) (3) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Bestudeer die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Nwabisa deel ʼn woonstel met twee vriende. Sy volg ʼn begroting om haar persoonlike finansies te organiseer. Sy beoog om R4 800,00 gedurende die jaar te spaar want sy wil op ʼn Kersfeesvakansie gaan. Tot dusver het sy R3 600,00 gespaar. Die volgende tabel toon haar beplande en werklike syfer vir die maand van Oktober. Begroting Werklike Inkomste Rand Rand Salaris (Werk voltyds) 7 500,00 7 500,00 Lone (Deeltydse werk oor naweke) 500,00 650,00 TOTAAL R8 000,00 R8 150,00 Uitgawes Spaar vir Kersfees 400,00 400,00 Huurbydrae vir gemeenskaplike woning 2 500,00 2 500,00 Water en elektrisiteit (deel) 275,00 300,00 Terugbetaling van haar studielening 2 000,00 2 000,00 Bydrae vir gemeenskaplike kruideniersware 1 600,00 1 600,00 Selfoonkontrak 340,00 340,00 Bydrae vir petrol vir pendelvoertuig 330,00 300,00 Toiletware 230,00 230,00 Onthaal/Vermaak 325,00 375,00 Aanlyn-klere-aankope 300,00 2.1.1 Definieer die term begroting. (2) 2.1.2 Gee TWEE ander bronne van inkomste vir huishoudings, uitsluitend salaris. (2) 2.1.3 Bespreek hoe die huishoudelike samestelling / die tipe huishouding haar uitgawepatroon beïnvloed het. (4) 2.1.4 Identifiseer TWEE vaste uitgawes en TWEE veranderlike uitgawes. Tabuleer soos volg. Vaste Veranderlike (2) (2) (4) 2.1.5 Evalueer die begroting. Vergelyk die beplande uitgawes met die werklike uitgawes en gee TWEE regstellende stappe om die begroting te balanseer. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 9 2.2 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Shane gebruik sy kredietkaart om vir baie van sy goedere en dienste te betaal. Hy het na die plaaslike elektroniese winkel gegaan om ʼn televisie met sy kredietkaart te koop. Hy het weer oor sy kredietperk gegaan en sal rente op die uitstaande bedrag aan die bank skuld. Hy sal nie die rente vir ʼn paar maande kan betaal nie, want hy het nog skuld op twee winkelkaarte. Hy besluit om hulp by een van die skuldberaders te soek. 2.2.1 Gee TWEE nadele aan Shane vir die gebruik van ʼn kredietkaart vir sy aankope. (2) 2.2.2 Identifiseer die kredietvoorsiener in die gevallestudie. (1) 2.2.3 Die Nasionale Kredietwet (NKW) dien om die verbruiker te beskerm. Noem EEN area wat die NKW in die geval van kredietkaarte stipuleer. (1) 2.2.4 Verduidelik hoe die skuldberader se diens Shane sal help. (3) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Sardyntjies is bekend as ʼn gesonde dierlike proteïen voedselbron. 3.1.1 Gee TWEE ander dierlike proteïenbronne. (2) 3.1.2 Noem die vitamien wat slegs in dierlike produkte gevind word. (1) 3.1.3 Gee ʼn essensiële vetsuur wat in vis voorkom en gee EEN funksie van hierdie vetsuur. (2) 3.1.4 Verduidelik hoe sardyntjies hoë biologiese waarde het. (3) 3.2 Verwys na die onderstaande illustrasies en beantwoord die vrae wat volg. A – Advokadopeer B – Room [Bron: Google images] Vergelyk die tipe vet wat in die voedsel gemerk A en B gevind word. Tabuleer jou antwoord soos volg. A – Advokadopeer B – Room Tipe vet (1) (1) Effek op bloed cholesterolvlakke (1) (1) ʼn Ander voedsel-item voorbeeld van hierdie tipe vet (1) (1) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 11 3.3 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. Voldoende voeding is belangrik vir genoegsame groei en ontwikkeling gedurende die jong volwasse jare. Vandag se tieners eet meer as die aanbevole hoeveelhede vet, bygevoegde suikers, eenvoudige koolhidrate en onvoldoende hoeveelheid vesel, yster en kalsuim. Die fokus op die insluiting van belangrike nutriënte in die dieet van jong volwassenes sal hulle help om meer energiek en gesonder te wees. [Aangepas uit healthyeating.sfgate.com] 3.3.1 Meld die hooffunksie van kalsuim en lys TWEE nutriënte wat saam met kalsium werk om dit meer effektief te maak. (4) 3.3.2 Verduidelik waarom ʼn jong volwasse vrou meer yster benodig as ʼn man van dieselfde ouderdom. (2) 3.3.3 Beskryf die rol van yster in die voorkoming van moegheid wat ʼn simptoom van ystertekort (anemie) is. (4) 3.3.4 Bespreek die implikasies wanneer jong volwassenes meer bygevoegde suiker, eenvoudige koolhidrate en onvoldoende hoeveelheid volgraan in hul dieet inneem. (3 x 2) (6) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4: KLEDING 4.1 Verwys na die onderstaande illustrasies en beantwoord die vrae wat volg. Vertikaal gestreepte hemp Lang jas Lospassende tapered broek [Bron: Google images] 4.1.1 Meld TWEE tekstielafwerkings wat gebruik kan word om die voorkoms van die katoen-materiaal waarvan die hemp gemaak is, te verbeter. (2) 4.1.2 Die jas is van wol gemaak. Bespreek EEN veseleienskap wat die jas gemaklik sal maak om te dra. (2) 4.1.3 Identifiseer die dominante lyn in die hemp en gee die effek wat dit op die liggaam sal hê. (3) 4.1.4 Bespreek hoe ritme in die uitrusting verkry is. (3) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 13 VRAAG 5: INTERIEUR 5.1 Verwys na die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: Google images] 5.1.1 Definieer die term tekstuur. (2) 5.1.2 Bespreek die effek wat die tekstuur van die kopstuk van die bed op die kamer sal hȇ. (2) 5.1.3 Die bedlamp in die prent is ʼn soortgelyke styl as die lamp in die voorbeeld hieronder getoon. Bespreek hoe die ontwerpbeginsel proporsie op die lamp toegepas is. (3) [Bron: Google images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020) 5.2 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. Betty het beperkte spasie in haar hangkas. Sy moet ʼn houer vir haar kamer aankoop waarin sy al haar winterklere kan wegpak. Sy wil ʼn verantwoordelike omgewingsvriendelike verbruiker wees wanneer sy ʼn keuse maak. Sy het haar keuses tot die volgende drie opsies beperk. A – Houtkis B – Rottang C – Plastiek Vergelyk die drie houers volgens die geskiktheid van haar behoefte en of dit van ʼn ekovriendelik materiaal vervaardig is. Tabuleer jou antwoord soos volg. Kriteria A – Houtkis B – Rottang C – Plastiek Geskiktheid vir behoefte (1) (1) (1) Ekovriendelik (1) (1) (1) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 15 5.3 Bestudeer die onderstaande meubelplan en beantwoord die vrae wat volg. 5.3.1 Noem die sone wat deur die sitkamer verteenwoordig word. (1) 5.3.2 Identifiseer EEN ander aktiwiteit behalwe die geselsarea waarvoor daar in die kamer voorsiening gemaak word. (1) 5.3.3 Bespreek die verskillende soorte beligtingstipes wat in die vertrek sigbaar is. (4) 5.3.4 Evalueer die meubelrangskikking van die vertrek. (6) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020) QUESTION 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Toe Angie in graad 8 was het haar ouma haar die basiese grondslag/vaardigheid van naaldwerk geleer. Oor die afgelope jare het sy ʼn basiese patroon gebruik om klere te maak. Met die uitbreek van die coronavirus in Suid-Afrika het sy besluit om gesigsmaskers te maak. Sy het navorsing op die internet gedoen en het twee ontwerpe geskep. Die een ontwerp is waar die masker, met rek oor die ore gaan en die ander een is waar die masker met rek oor die kop gaan. Sy het ou kussingslope gehad vir die materiaal wat opgesny kan word, en dit was ʼn goeie kwaliteit styfgeweefde katoen. Sy het dit uitgetoets om seker te maak dat dit gemaklik is en dat dit maklik is om deur die materiaal asem te haal. Haar vriend het haar gevra om vir haar ʼn masker te maak. Sy het gou met die toename van die pandemie besef dat daar ʼn behoefte aan maskers is. Deur maskers te verkoop kon sy ʼn finansiële bydrae tot die familie inkomste lewer. Sy was vol vertroue en het haar maskers op sosiale media bemark. Sy was oorweldig met mense wat maskers wou bestel. Sy wou hȇ die maskers moet herbruikbaar, wasbaar, die verspreiding van COVID-19 beperk, sowel as om mense teen stof te beskerm en met sinus- lyers help. Sy moet haar produksiekoste dek maar die verkoopprys moet bekostigbaar wees. Sodra die ou kussingslope opgebruik is om herbewonne maskers te maak, sal sy haar winste gebruik om goeie kwaliteit katoen te koop. Sy het ook besluit om haar gemeenskap te help deur een masker vir elke twee maskers wat sy verkoop, aan behoeftiges te skenk. Sy was seker dat daar in die toekoms nog ʼn aanvraag vir die maskers sal wees, omdat sy dit ʼn stylvolle modebykomstigheid sal maak. [Eksaminator se eie teks] 6.1.1 Noem TWEE eienskappe wat Angie besit, wat positiewe sterkpunte van ʼn entrepreneur is. (2) 6.1.2 Identifiseer TWEE groepe mense waarby die maskers sal aanklank vind, behalwe die mense wat beskerming teen die virus wil hȇ. (2) 6.1.3 Noem enige DRIE P’s in die bemarkingsamestelling en gee ʼn voorbeeld vanuit die gevallestudie vir elkeen. (6) 6.1.4 Identifiseer die stadium waar die maskers in produklewensiklus sal wees in die volgende voorbeelde uit die gevallestudie: (a) Sy het haar maskers op sosiale media bemark (1) (b) Daar sal nog ʼn groot aanvraag wees en sy kan hulle as ʼn stylvolle modebykomstigheid maak (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 17 6.1.5 Bespreek hoe haar maskers ʼn mededingende voordeel tydens die pandemie toe maskers vereis was, gehad het. (4) 6.2 Angie se vereistes en die koste van die materiaal en die verpakking van tien maskers is soos volg. VEREISTES KOSTES Materiaal: benodig 1 meter R79,99 per meter Garing benodig: ¼ tol R15,65 per tol Rek: 3 meters R5,95 per meter Etiket: pak van 10 R2,70 Verpakking: pak van 10 R10,00 6.2.1 Bereken die produksiekoste vir 10 maskers. (3) 6.2.2 Bereken die wins op 10 maskers as sy 75% wins maak. (3) 6.2.3 Bereken die verkoopprys van EEN masker. Rond tot die naaste rand af. (3) [25] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Consumer Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all