Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
VERBRUIKERSTUDIES
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 QP
Grade 11 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape November Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape November Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae:
VRAAG INHOUD PUNTE TYD
(minute)
SECTION A (SHORT QUESTION)
1 Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20
SECTION A (LONG QUESTION)
2 Die Verbruiker 40 40
3 Voedsel en Voeding 40 40
4 Kleding 30 30
5 Behuising 20 20
6 Entrepreneurskap 30 30
TOTAAL: 200 180
2. Al die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
beantwoord word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs met swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1:
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.
1.1.1 ʼn Basiese beginsel van begroting is …
A om ʼn kredietkaart te gebruik om aan basiese behoeftes te
voldoen.
B spandeer meer as wat jy verdien om jou doelwitte te bereik.
C kontrolering en hou ʼn rekord van geld wat spandeer word.
D koop luukses om die geld vir jou te maak werk. (1)
1.1.2 Veranderlike uitgawes sluit in:
A Klere, vermaak en voedsel
B Huur, assuransie/versekering en petrol
C Water, elektrisiteit en mediese fonds
D Skoolfooie, arbeid en juweliersware (1)
1.1.3 Die Nasionale Kredietreguleerder ...
A is ʼn Instelling wat krediet aan verbruikers verskaf.
B registreer kredietvoorsieners en skuldberaders.
C het die Nasionale Verbruikerstribunaal gestig.
D maak seker dat die verbruikers krediet kan bekostig. (1)
1.1.4 ʼn Voordeel van debietkaarte:
A Moeilik om tred van uitgawes te hou
B Die rente wat gevra word is baie hoog
C Fooie word vir OTM-onttrekkings gevra
D Geld word dadelik na gebruik afgetrek (1)
1.1.5 Oortollige vet in die dieet kan lei na …
A moegheid en tandverrotting.
B hartsiekte en aansit van gewig.
C sekere kankers en ʼn tekort aan energie.
D hardlywigheid en kolonkanker. (1)
1.1.6 Die vet in plantolies wat die cholesterolvlakke verlaag.
A Transvet-sure
B Dieetvette
C Poli-onversadigde
D Versadigde (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2022)
1.1.7 Die gereg sal geskik wees vir ʼn persoon wat aan hoë bloeddruk lei,
want …
A geen sout is bygevoeg nie.
B dit bevat versadigde vette.
C dit bevat ʼn hoë persentasie water.
D dit het plantproteïene. (1)
1.1.8 Voedselbronne wat moontlik vesel bevat:
A Melk, hawermout en vrugte
B Hawermout, vrugte en peulgroente
C Vis, vleis en vrugte
D Melk, vis en peulgroente (1)
1.1.9 ʼn Bestanddeel wat ʼn persoon met osteoporose sal help.
A Botterskorsie
B Aarbeie
C Peulplante/peulgewasse/legumiene
D Laevet joghurt (1)
1.1.10 ʼn Bestanddeel wat die meeste sal bydra tot ʼn tiener/jong volwassene
se groei.
A Hoender en groen blaargroente
B Tamaties en brokkoli
C Rooivleis en kool
D Geblikte vis en laevet joghurt (1)
1.1.11 Merserisering is ʼn proses wat …
A ʼn gladde oppervlak voorsien.
B ʼn verhewe patroon skep.
C maak kledingstowwe kreukelbestand.
D krimping van kledingstowwe voorkom. (1)
1.1.12 ʼn Chemiese kledingstof-afwerking wat verhoed dat die kledingstof
aan die liggaam vasklou.
A Waterbestand
B Antibakteries
C Dripdroog
D Statiese beheer (1)
1.1.13 Wanneer swart by ʼn kleur gevoeg word is die gevolg:
A Tint
B Skadu
C Toon
D Neutrale kleur (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.14 ʼn Ligbron wat ʼn hele kamer verlig staan as … -beligting bekend.
A funksionele
B dekoratiewe
C algemene
D taak (1)
1.1.15 Goeie oriëntasie ten opsigte van die son vir ʼn huis in Suid-Afrika.
A Suid-aansig kamers ontvang minimum sonlig in die winter.
B Suid-aansig kamers is koel in die winter wanneer die son hoog
is
C Noord-aansig kamers kry maksimum son in die winter.
D Noord-aansig kamers is koel in die somer wanneer die sonlig
laag is. (1)
1.1.16 ʼn Voordeel van ʼn geslote vloerplan:
A Het ʼn gevoel van ruimte
B Is meer geskik vir mense met gestremdhede
C Laat maksimum interaksie toe
D Bied privaatheid vir verskillende aktiwiteite (1)
1.1.17 Die entrepreneur moet die produkte en dienste identifiseer wat …
A deur massaproduksie vinnig geproduseer kan word.
B in kliënte se behoeftes voorsien.
C goedkoop arbeid benodig om te produseer.
D semi-vaardighede arbeid vereis. (1)
1.1.18 Promosie in die bemarkingstrategie/-samestelling behels:
A Advertering en verkoopspromosie
B Vaardige, hardwerkend mense
C Finansiële beplanning om oorhoofse koste te dek en ʼn wins
te maak
D Produk-ontwikkeling en mededingende prysvasstelling (1)
1.1.19 Die winsgrens is die bedrag wat by die produksiekoste gevoeg is
om …
A die verbruiker ʼn afslag te bied.
B die totale koste aangegaan te dek.
C die wins en die verkoopprys te bereken.
D opbrengs van die belegging te verseker. (1)
1.1.20 Oorhoofse koste in ʼn besigheid verwys na …
A die deurlopende/operasionele uitgawes om ʼn besigheid te
bedryf.
B uitgawes aangegaan wanneer ʼn besigheid begin word.
C kostes wat van die verkoopsvolume afhanklik is.
D onveranderlike koste in die besigheid aktiwiteit. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2022)
1.2 Kies die kleurkombinasie uit KOLOM B wat pas by ʼn kleurharmonie in
KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.5 H.
KOLOM A KOLOM B
(KLEURHARMONIE) (KLEURKOMBINASIES)
1.2.1 Triadies A geel, lemmetjie-geel
1.2.2 Komplimentêre B geel, geelgroen, pers, rooi-pers
1.2.3 Analogies C geel, blou-pers, rooi-pers
1.2.4 Dubbel komplimentêre D geel en pers
E geel, groen, pers, rooi
F geel, blou en rooi
G geel, geelgroen, groen
(4 x 1) (4)
1.3 Kies die stadium van KOLOM B en die beskrywing in KOLOM C wat pas by ʼn
skets in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A–D) van KOLOM B en die
korrekte nommer (1–4) van KOLOM C langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.5 E.
KOLOM A KOLOM B KOLOM C
PRODUK-LEWENSSIKLUS STADIUM BESKRYWING
1.3.1 1.3.2 1.3.3 1.3.4 A Groei 1. Aanvraag teen laer
koers maar nog
winsgewend.
B Afname 2. Wins verhoog soos
aanvraag vermeerder.
C Bekendstelling 3. Afname in verkope
met min of geen wins
gemaak.
D Volwassenheid 4. Klem op kliënt-
werwing want die
produk is nuut.
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.4 Gee EEN woord/term vir elk van die onderstaande beskrywing. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDE-
BOEK neer.
1.4.1 ʼn Verbruiker wie se rekord toon dat hulle gesukkel het om hul skuld oor
ʼn gegewe tydperk te betaal
1.4.2 Wanneer ʼn persoon of klein besigheid fondse van individue in plaas
van ʼn banke ontvang
1.4.3 Wanneer ʼn kredietvoorsiener krediet aan ʼn verbruiker gee sonder om
ʼn bekostigbare assessering te doen
1.4.4 ʼn Bedrogsisteem om geld te maak gebaseer om lede te werf waar die
aantal lede in elke vlak vermeerder (4 x 1) (4)
1.5 Identifiseer VIER korrekte stellings in die onderstaande lys. Identifiseer die
korrekte vitamien se funksie met betrekking tot bloed. Skryf slegs die korrekte
letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Vitamien A is hoofsaaklik verantwoordelik vir die vorming van hemoglobien.
B Vitamien B12 is essensieel vir die vorming van rooibloedselle.
C Vitamien C bevorder die absorpsie van yster.
D Vitamien D speel ʼn rol in bloedverdunning.
E Foliensuur is nodig om rooibloedselle te produseer
F Vitamien B1 voorkom bloeiende tandvleis
G Vitamien K is belangrik vir bloedstolling
H Vitamien B2 voorkom die skeuring van bloedselle (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING B: LANGVRAE
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Gee die naam van die organisasie wat rekord hou van ʼn individu se krediet
inligting. (1)
2.2 Noem die hoofverskille tussen kontant- en krediettransaksies. (2)
2.3 Lys DRIE verbruikersregte met betrekking tot krediettransaksies. (3)
2.4 Lys VIER maniere hoe om bankkoste te verlaag. (4)
2.5 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg:
Data gepubliseer deur Stats SA op 08/06/2021 toon dat huishoudelike finale
verbruiksuitgawes verhoog het in die eerste kwartaal van die jaar in vergelyking
met die vierde kwartaal van 2020. Dit wys dat huishoudings weer stadig hulle
voete na die finansiële probleem van die pandemie vind. Die verhoging was
hoofsaaklik gedryf deur ʼn verskeidenheid goedere en dienste (9,8%) klere en
skoene (22,2%) en meubels (8,9%). Daar was ʼn afname in besteding by
restaurante en hotelle.
[Aangepas uit https/businesstech.co.za news/finances, 8 Junie 2021]
2.5.1 Haal ʼn sin aan wat die rede gee waarom huishoudelike uitgawes ʼn
verhoging toon. (1)
2.5.2 Noem die kategorie in huishoudelike uitgawes wat die meeste gegroei
het. (1)
2.5.3 Skryf ʼn volledige naam vir die afkorting Stats SA. (2)
2.5.4 Beskryf die term uitgawepatrone. (2)
2.5.5 Verduidelik waarom die uitgawegroep, restaurante en hotelle, ʼn afname
toon. (4)
2.6 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Lae inkomste en Hoër middel inkomste en
Laer middel- welgestelde groep
inkomstegroep
SA huishoudelike
samestelling 60% 40%
Behuising begrotings-
uitgawes 24% 34%
Voedsel begrotings-
uitgawes 37% 14%
[Aangepas en vertaal uit https://www.grainsa.co.za. Toegang op 23 Maart 2020 verkry.]
2.6.1 Verduidelik waarom daar ʼn groot verskil in die persentasie van die
huishoudelike inkomste wat op voedsel gespandeer word is, wanneer
die twee inkomstegroepe vergelyk word. (3)
2.6.2 Analiseer waarom die hoë inkomstegroep ʼn groter persentasie van hul
inkomste aan behuising as die laer inkomstegroep spandeer. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 9
2.7 Bestudeer die inligting van die beplande finansies van Ted, ʼn student aan ʼn
tersiêre opvoedkundige kollege. Beantwoord die vrae wat volg.
Geld – verblyfsuitgawes van ʼn beursfonds R8 000,00
Huur vir studentekamer R3 500,00
Selfoonkontrak R425,00
Vermaak R550,00
Vervoer R575,00
Beraamde koste vir drukwerk van take R350,00
Deeltydse werk R1 500,00
Spaar (10% van inkomste) R950,00
Voedsel R2 000,00
Klere en sport-apparaat R1 150,00
2.7.1 Identifiseer die uitgawes in die begroting wat eenkant gesit word om ʼn
langtermyn doelwit te bereik. (1)
2.7.2 Identifiseer TWEE bronne van inkomste in die begroting. (2)
2.7.3 Bereken die totale uitgawes van die vaste koste. (2)
2.7.4 Bespreek hoe sy finansiële hulpmiddels die uitgawes in sy begroting
beïnvloed het. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Gee die naam van die strukturele eenhede waaruit proteïene bestaan. (1)
3.2 Noem TWEE tipes koolhidrate wat energie aan die liggaam verskaf. (2)
3.3 Lys TWEE gesondheidsprobleme wat ontstaan as te veel vette geëet word. (2)
3.4 Voltooi die onderstaande tabel. Vir elke vitamien wat genoem word, Kies EEN
goeie voedselbron van die voorsiende illustrasies. Klassifiseer die vitamiene as
water- of vetoplosbaar. (Moenie die tabel oorteken nie.) Skryf SLEGS die letters
(A–D) langs die vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer.
ʼn Goeie bron van die prente Water- of vet oplosbare
vitamien
Vitamien C (a) _________ (b) ___________
Vitamien A (c) __________ (d) __________
A B C
(4)
[Bron: google images]
3.5 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Nutriënt-inhoud van peulgroente
Nutriënt Suikerbone Keker-ertjies Lensies Sojabone
Proteïen (g) 7,1 8,9 8,6 16,6
Koolhidrate (g) 19,5 20,8 13,7 4,8
Magnesium (mg) 32 49 27 102
Kalium (mg) 55 48 27 86
Yster (mg) 368 291 270 515 (6)
[Bron: https://foodfacts.org.za/proteien-alternatives-pulses-legumes]
3.5.1 Identifiseer die peulgroente wat die hoogste styselinhoud het. (1)
3.5.2 Onderskei tussen die klassifikasie van nutriënte as makro-nutriënte en
mikro-nutriënte deur na die inligting in die nutriënte-kolom te verwys. (4)
3.5.3 Verduidelik volledig die term, biologiese waarde en sy funksie in die
dieet. Verwys na die peulgroente in die tabel in jou antwoord. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 11
3.6 Identifiseer die DRIE tipe voedselbesmetting in die onderstaande illustrasie.
A B C
[Source: google images] (3)
3.7 Beskryf DRIE moontlikhede hoe kruisbesmetting kan plaasvind as brokkoli en
hoender voorberei word, soos in die onderstaande prent gesien.
(3)
[Source: google images]
3.8 Beskryf waarom ʼn persoon wat voedselvergiftiging opgedoen het die risiko loop
van dehidrasie en hoe dit vermy kan word. (4)
3.9 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
In Maart 2019 het Danone begin met die fortifisering van Nutriday joghurt met
sink en het voortgegaan met ysterfortifisering vanaf Mei 2020. Die
handelsnaam beoog om van net ʼn joghurt na ʼn gerieflike, bekostigbare
gefortifiseerde nutriënteryke produk te ontwikkel. Die gefortiseerde produk sal
nutriënt-tekorte aanspreek deur middel van ‘n nutriënt-oplossing wat ons
kinders kan bevoordeel.
[Aangepas uit https//ww.danone com integrated annual-reports/]
3.9.1 Definieer die term voedselfortifikasie. (2)
3.9.2 Analiseer hoe die inisiatief deur Danone, die huidige bestaande
Nasionale Voedselfortifikasie-program in Suid-Afrika komplimenteer. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.
A B
[Bron: google images]
4.1.1 Identifiseer die dominante tipe lyn wat in die rokke gebruik word. (1)
4.1.2 Gee die optiese illusie wat in elk van die prente geskep word en gee
‘n rede vir elk van die antwoorde. (4)
4.1.3 Meld TWEE ander effekte wat deur die gebruik van die tipe lyn
geskep word. (2)
4.2 Verduidelik waarom skets A verwys word as fatsoen en B ʼn voorbeeld van
vorm is.
A B
[Bron: google images] (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 13
4.3 Verwys na die onderstaande skets en beantwoord die vraag wat volg.
4.3.1 Identifiseer TWEE verskillende maniere hoe ritme verkry is.
Verduidelik hoe elkeen verkry is. Tabuleer jou antwoord as volg:
Manier verkry Verduideliking
(i) (1) (2)
(ii) (1) (2) (6)
4.4 Beskryf hoe die ontwerpbeginsel ʼn voorbeeld van radiale balans kan wees.
(2)
[Bron: google images]
4.5 Skryf ʼn paragraaf oor die ontwerpbeginsel tekstuur. Begin met die definisie
van tekstuur, noem die twee tipes teksture en onderskei tussen die twee. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2022)
4.6 Bestudeer die onderstaande skets van twee jasstyle. Beantwoord die vrae
wat volg.
A B
[Source: Pinterest]
ʼn Liggaamsvorm wat as rond veral om die middellyf-area beskryf word.
4.6.1 Gee die naam van die liggaamsvorm wat hierbo beskryf word. (1)
4.6.2 Evalueer die twee jasse om die beste een vir die bogenoemde
liggaamsvorm te kies. (5)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 15
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Bestudeer die onderstaande meubelplan en beantwoord die vrae wat volg.
[Source: google images]
5.1.1 Gee die naam van die sone wat deur die kombuis verteenwoordig
word. (1)
5.1.2 Noem wat die onderstaande argitektoniese simbool op die vloerplan
verteenwoordig.
[Bron: google images] (1)
5.1.3 Noem hoeveel taakbeligtings in die huis voorsien is. (1)
5.1.4 Identifiseer DRIE moontlike probleme met betrekking tot die plasing
van die voordeur in verband met die sone in die regterhelfte van die
huis. (3)
5.1.5 Bespreek hoe in hierdie huis voorsiening vir ʼn werk-van-die-
huisomgewing gemaak is. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2022)
5.1.6 Motiveer watter lessenaarstoel ʼn beter keuse sal wees vir die gebruik
by die lessenaar-area met betrekking tot die materiaal wat vir die raam
gebruik is.
A B
Polimeer-plastiekraam, pote en Aluminiumpote met metaalrollers
rollers vir die wiele. vir die wiele.
[Bron: google images] (3)
5.1.7 Kies TWEE kriteria wat jy sal oorweeg wanneer hierdie slaapbank
gekoop word en bespreek elke kriteria.
[Bron: google images]
(2 x 3) (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 17
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Gee die term vir ʼn geskrewe dokument met instruksies vir die konstruksie van
in item. (1)
6.2 Definieer die term marksegmentasie. (3)
6.3 Verduidelik hoe ʼn besigheid ʼn mededingende voordeel kan ontwikkel. (3)
6.4 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
TSHEPO, DIE JEAN-MAKER
TSHEPO is ʼn oorspronklike, eerbare Suid-Afrikaanse handelsnaam en een van
Suid-Afrika se mees populêre denim-etikette.
Tshepo Mohlala het in ʼn huishouding saam met sy ouma groot geword en sy het
sy besluit om ʼn beroep in mode te volg, beïnvloed. Hy het ʼn kursus in Mode-
ontwerp begin, maar in 2011 opgehou as gevolg van finansiële probleme. Hy het
die basiese beginsels van naaldwerk en patroon-ontwerp geleer. Hy het sy
kennis verbreed deur navorsing oor denim op die internet te doen. Tshepo het
begin om spesiale (‘custom’) jeans vir kliënte te maak en so het hy ʼn kliëntebasis
opgebou. Hy het die jeans van ʼn rugsak verkoop. Toe verkoop hy die jeans van
ʼn motorfiets en sy besigheid het begin groei. Hy het ʼn lening van R8000
aangegaan en mansjeans genaamd ‘Presidential slimfit’ ontwerp. Hy het ʼn 100
paar jeans ontwerp en so het sy handelsnaam begin. In 2015 het hy sy produk
‘Tshepo’ met ʼn kroonbeeld-logo geloods. Hy het sy kuns vervolmaak, omdat hy
in een paar gespesialiseer het. Hy het dit in vier verskillende kleure beskikbaar
gemaak. Hy het ʼn winkel in Johannesburg oopgemaak. Hulle bied spesiaal
gemaakte jeans aan, waar die kliënte se mates geneem word. ʼn Verskeidenheid
van jeans-style kan gemaak word.
Tshepo bied nou ʼn reeks denimklere van jeans tot hemde aan. Hy verkoop ook
golf t-hemde wat meer bekostigbaar is.
Hy sal daarvan hou om uit te brei en kleredrag vir dames aan te bied.
[Bron: https://www.businessinsider.co.za/take-a-look-famed-jean-maker-]
6.4.1 Gee die faktor wat Tshepo oorweeg het toe hy sy produk gekies het om
jeans te ontwerp as gevolg van sy liefde vir denim-materiaal en mode. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2022)
6.4.2 Meld hoe Tshepo die volgende bereik het voordat hy 100 paar jeans
gemaak het:
(a) Begin met ʼn lae kapitaaluitleg
(b) Verkry vaardighede voordat jy begin
(c) Het ʼn vorm van vervoer (3)
6.4.3 Identifiseer watter P in die bemarkingstrategie/-samestelling deur die
volgende verteenwoordig word:
(a) ‘Die Presidential Slim fit’ (1)
(b) Verkoop sy jeans uit ʼn rugsak (1)
6.4.4 Kies TWEE aanhalings uit die gevallestudie voordat Tshepo sy winkel
in Johannesburg oop gemaak het, om te bewys dat Tshepo die
kernbeginsels van bemarking, genaamd teiken spesifieke markte
toegepas het. (2)
6.4.5 Analiseer hoe Tshepo aangehou het om aan sy kliënte se behoeftes
te voldoen, nadat hy sy handelsnaam bekend gestel het wat die groei
van sy besigheid verseker het. (6)
6.4.6 Bereken die verkoopprys van een paar mansjeans as die produksie-
koste R475,00 en 80% wins bygevoeg is. Toon alle berekeninge. (3)
6.4.7 Bereken die wins as hy 10 paar jeans verkoop. (2)
6.4.8 Bereken die produksiekoste van 10 paar damesjeans as die
produksiekoste 20% hoër per paar as die van mansjeans is. (4)
[30]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo
More from Grade 11 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Eng)

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Eng)

Question paper