Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2017
VERBRUIKERSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*ICNSTA*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP
Grade 11 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 921.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
AFDELING PUNTE TYD (mins.)
VRAAG 1: Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20
VRAAG 2: Die Verbruiker 30 30
VRAAG 3: Voedsel en Voeding 40 40
VRAAG 4: Kleding 30 30
VRAAG 5: Behuising 30 30
VRAAG 6: Entrepreneurskap 30 30
TOTAAL 200 180
2. Alle vrae is VERPLIGTEND en moet beantwoord word in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs in swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) VERBRUIKERSTUDIES 3
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies
die antwoord en skryf slegs die korrekte letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.21 D.
1.1.1 Die … kollekteer inligting i.v.m. persone wat nie hul skuld betaal nie.
A Kredietburo
B Nasionale Kredietreguleerder
C Verbruikerstribunaal
D Verbruikersforum (1)
1.1.2 Die verbruiker ontvang slegs die goedere nadat die volle bedrag
daarvoor betaal is.
A Winkelrekening
B Bêrekoop
C Kredietkaart
D Krediet (1)
1.1.3 Identifiseer EEN voordeel deur ’n huishoudelike begroting te gebruik.
A ’n Persoon ontvang rente omdat hy skuld het
B Dit help jou om die geld wat jy spandeer te kontroleer
C Dit laat jou toe om te koop wat jy wil hê
D ’n Persoon kom in aanmerking vir ’n toelaag (1)
1.1.4 … is ’n voorbeeld van ’n krediettransaksie:
A Bêrekoop
B Debietkaart
C Tjek
D Posorder (1)
1.1.5 Watter nutriënt bevat meer kilojoules per gram?
A Vette
B Proteïene
C Koolhidrate
D Vitamiene (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
1.1.6 Die eet van voldoende groen blaargroentes en volgraan ontbyte sal
… voorkom.
A anemie
B pellagra
C skeurbuik
D ragitis (1)
1.1.7 Identifiseer die mikroörganisme wat hoë temperature kan weerstaan.
A Gis
B Muf
C Bakterieë
D Ensieme (1)
1.1.8 Wanneer gekontamineerde voedsel drup of spat op ander voedsel,
word dit … genoem.
A chemiese kontaminasie
B kruiskontaminasie
C natuurlike kontaminasie
D fisiese kontaminasie (1)
1.1.9 Hoeveel sekondêre kleure is daar op die kleurwiel?
A Vyf
B Ses
C Drie
D Vier (1)
1.1.10 Die ontwerp bestaan uit verskillende voorwerpe wat in ’n sirkel om ’n
sentrale punt gerangskik is.
A Simmetriese balans
B Asimmetriese balans
C Straling
D Radiale balans (1)
1.1.11 Daar is ’n geleidelike verandering in grootte van groot na klein.
A Progressie
B Afwisseling
C Herhaling
D Aanhoudend (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.12 Komplekse veelkleurige ontwerpe in die tekstielstof ingeweef met
gekleurde inslag en wit skeringsdrade.
A Dobbie-weef
B Jacquard-weef
C Mandjie-weef
D Keper-weef (1)
1.1.13 Sanforisering is ’n proses wat …
A frummeling verminder.
B statiese elektrisiteit opwek.
C tekstielstof kreukeltraag maak.
D keer dat kledingstowwe krimp tydens die wasproses. (1)
1.1.14 Wol word dikwels gebruik vir stoffeerwerk omdat dit …
A vuilheid weerstaan en liggewig is.
B verswak in sonlig en kreukel maklik.
C kleurvas en maklik is om te was.
D redelik sterk en vlam weerstand. (1)
1.1.15 Wanneer ’n kleedstof met ’n krimp afwerking afgewerk is beteken dit
dat …
A voorkom krimping van meer as 1% wanneer versorging
instruksies gevolg word.
B sal nie krimp nie.
C sal verhoed dat kleedstof rek
D voorkom krimping van meer as 5% wanneer die versorging
instruksies gevolg word. (1)
1.1.16 Prys in die markmengsel sluit in …
A kliënte ruil hul geld vir wat hulle wil hê.
B die prys is hoër as die mark se prys wat hulle wil hê.
C onderprysing wat die goedkoopste is.
D mark afskakeling benadering. (1)
1.1.17 ’n Persoon wat oor die vermoë beskik om ’n besigheidsgeleentheid
sien en die moed het om ’n geleentheid in ’n suksesvolle besigheid te
omskep is ’n …
A bemarker.
B finansiële bestuurder.
C entrepreneur.
D besigheidsbestuurder. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
1.1.18 … wys die spesifieke eienskappe op ’n etiket.
A Logo’s
B Handelsname
C Embleme
D Replikas (1)
1.1.19 ’n Groep mense met gemeenskaplike behoeftes en belangstellings is
’n …
A organisasie.
B produsent.
C teikenmark.
D veldwerker. (1)
1.1.20 Die … is die bedrag wat by die kosprys van goedere gevoeg is om
oorhoofse koste te dek en ’n wins te maak.
A produksiekoste
B eenheidsprys
C winsmarge
D voorbereidingskoste (1)
1.2 Kies ’n kategorie uitgawe in KOLOM A wat by ’n voorbeeld van die uitgawes in
KOLOM B pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 G.
KOLOM A KOLOM B
Kategorie van uitgawes Voorbeeld van tipe uitgawes
1.2.1 Paaiemente op huislening A Spaarrekening
1.2.2 Selfoonrekening B Opsionele rekening
1.2.3 Verjaarsdaggeskenk C Vaste uitgawes
1.2.4 Vervanging van ’n D Tydelike uitgawes
beskadigde wiel
1.2.5 Geld wat rente verdien E Veranderlike uitgawes
oor ’n tydperk
F Nooduitgawes
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.3 Kies die nutriënt in KOLOM A wat by die gebrek in KOLOM B pas. Skryf slegs die
letter (A–H) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.
KOLOM A KOLOM B
Nutriënte Gebrek
1.3.1 Vitamien A A Lae weerstand teen infeksie
1.3.2 Vesel B Kwasjiorkor
1.3.3 Yster C Ragitis
1.3.4 Proteïen D Hardlywigheid
1.3.5 Vitamien D E Gebrek aan energie
F Spierkrampe
G Skildklier
H Nagblindheid
(5 x 1) (5)
1.4 Gee EEN woord vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs die korrekte
woord langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die logo wat vertoon word op produkte wat in Suid-Afrika vervaardig is.
1.4.2 Die koste van goedere vermeerder en die waarde van geld verminder oor ʼn
sekere tydperk.
1.4.3 Die skaaltekening van al die vertrekke in ʼn gebou.
1.4.4 Die natuurlike pad wat mense gebruik om ʼn vertrek binne en uit te gaan.
1.4.5 Dit gebeur wanneer ongewenste items in aanraking kom met voedsel of
binne-in voedsel beland.
1.4.6 Die term gebruik wanneer wit by ʼn ander kleur gevoeg word. (6 x 1) (6)
1.5 Identifiseer VIER riglyne vir meubelrangskikking uit die onderstaande lys en skryf
slegs die letters (A–G) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
A Moenie die vertrekke beknop nie.
B Verkeersvloei moet nie geblokkeer word nie.
C Voldoende beligting.
D Gebruik meubels wat pas by die grootte van die kamer.
E Verhoog die watt van gloeilampe.
F Laat genoeg spasie vir vrye beweging toe.
G Plaas klein meubelstukke teen die muur. (4 x 1) (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Lys DRIE voordele en nadele deur gebruik te maak van debietkaarte in aankope.
Tabuleer jou antwoord soos volg:
Voordele Nadele
(3) (3) (6)
2.2 Noem DRIE aftrekkings wat deur werkgewers se bruto salaris afgetrek word. (3)
2.3 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord en beantwoord die vrae
wat volg.
Mnr. Prince het sy huis opgegradeer. Hy wou nuwe meubels op krediet koop,
om die nuwe slaapkamer te meubeleer by ʼn meubelwinkel in sy plaaslike
gemeenskap. Sy aansoek was sonder verduideliking afgekeur.
2.3.1 Verduidelik mnr. Prince se verbruikersregte kragtens die weiering van
die krediettransaksie. (3)
2.3.2 Gee TWEE redes waarom mnr. Prince sy klag direk aan die Nasionale
Verbruikerstribunaal moet rig. (2)
2.4 Skryf ʼn paragraaf aan ʼn verbruikerstydskrif vir verbruikers oor veilige maatreëls
vir internetbank. (6)
2.5 Bestudeer die onderstaande begroting van Aubrey.
Inkomste Uitgawes
Sakgeld R200,00 Klere R150,00
Loon vir was van motors R300,00 Selfoon R200,00
Vermaak R150,00
TOTAAL A: R500,00 TOTAAL B: R500,00
R0,00
R0,00
Stel VIER maniere voor hoe om die begroting te balanseer en ook nog te
spaar. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) VERBRUIKERSTUDIES 9
2.6 Lees die gevallestudie en beantwoord en die vrae wat volg.
Danielle het ʼn stoomyster by Bay West winkel in haar plaaslike gemeenskap
gekoop. Voordat sy die yster vir die eerste keer gebruik het, het sy die instruksies
gevolg. Sy het begin met die artikel wat ’n matige yster benodig. Toe sy die
knoppie draai het dit afgeval. Gevolglik kon sy nie die artikel behoorlik stryk nie,
want dit het ʼn warm yster vereis. Die volgende dag het sy terug na die winkel vir
ʼn terugbetaling gegaan. Die winkelbestuurder het haar ʼn kennisgewing gewys
dat geen goedere omgeruil of terugbetalings gemaak sal word nie.
Evalueer die probleem en gee redes waarom Danielle geldige redes het vir
terugbetaling. (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Definieer die volgende terme:
3.1.1 Voedselfortifikasie (2)
3.1.2 Basale metabolisme (2)
3.2 Noem TWEE voordele van borsvoeding. (2)
3.3 Bestudeer die inligting wat op die onderstaande etiket van ʼn pak aartappel-
skyfies (potato chips) en beantwoord die vrae wat volg.
BESTANDDELE
Gehidreerde aartappels, gemodifiseerde voedsel stysel, mielie olie (corn oil)
suiker, sout, soja, lesitien, fosfaat, natrium, koeksoda en dekstrose. Geen
preserveermiddels. Totale vet 3 g (5%), Versadigde vette 0 g (0%).
Cholesterol 0 mg (0%). Totale koolhidrate 21 g (7%), Dieetvesel 2 g (6%),
Suiker 2 g, Proteïene 2 g.
3.3.1 Watter bestanddeel is die grootste persentasie teenwoordig? (1)
3.3.2 Noem die funksies van die volgende nutriënte wat in die bostaande
produk gevind is.
(a) Dieetvesel (1)
(b) Vitamien A (1)
(c) Proteïene (2)
3.3.3 Bespreek die belangrikheid van geen versadigde of transvet in die
produk. (2)
3.3.4 Die produk bevat 200 mg natrium (sout). Verduidelik waarom die
hoeveelheid sout in die dieet beperk moet word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) VERBRUIKERSTUDIES 11
3.4 Lees die onderstaande verslag en beantwoord die vrae wat volg.
Vyftig vrywilligers is gister behandel vir voedselvergiftiging nadat hulle
middagete by OBR Lodge geëet het.
Sommige het gevomeer terwyl ander aan diarree gely het. ʼn Ondersoek is
geloods om te bepaal watter voedsel hulle geëet het en of dit gekontamineer
was, indien so hoe dit gekontamineer geraak het.
3.4.1 Lys VIER tekens om na uit te kyk in voedsel wat deur
mikroörganismes gekontamineer is. (4)
3.4.2 Identifiseer, uit die verslag, TWEE simptome van voedselvergiftiging. (2)
3.4.3 Stel DRIE maniere voor hoe om die simptome van voedselvergiftiging
te behandel (3)
3.4.4 Verduidelik TWEE maniere hoe voedsel fisies gekontamineer kan
word. (2)
3.4.5 Bespreek VIER riglyne vir mense wat in ʼn kombuis werk om fisiese
kontaminasie te voorkom. (4)
3.5 Bestudeer die onderstaande spyskaart en beantwoord die vrae wat volg.
Spyskaart
Aandete
Vrugtekelkie (pynappel, aarbeie, veselperske)
*****
Beesvleisbredie volgraan kluitjies
Gestoomde spinasie
Verglansde wortels
*****
Malvapoeding met room
3.5.1 Verduidelik die voordele van die vrugte in die vrugtekelkie vir ʼn siek
en herstellende individu. (2)
3.5.2 Analiseer die geskiktheid van die spyskaart vir ʼn persoon wat aan hoë
cholesterol en anemie ly. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Verduidelik die volgende terme:
4.1.1 Primêre kleurskema (2)
4.1.2 Toon van kleur (1)
4.1.3 Waarde van kleur (2)
4.2 4.1.2 Identifiseer en noem die weef konstruksiemetode in Skets B hieronder.
(2)
4.2.2 Tekstielvesels se afwerkings word gedoen om die voorkoms van
materiale te verander en te verbeter. Verduidelik hoe merserisering
(‘mercerising’) die voorkoms van ʼn stof verbeter. (3)
4.3 Verduidelik hoe die volgende veseleienskappe van tekstielstowwe die stof
gemakliker maak om te dra.
4.3.1 Absorbeervermoë (2)
4.3.2 Elastisiteit (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) VERBRUIKERSTUDIES 13
4.4 Beskryf TWEE eienskappe van elk van die volgende liggaamsvorms. Tabuleer
jou antwoord soos volg. (1)
Liggaamsvorm Eienskappe
4.4.1 Driehoekig / A-lyn (2)
4.4.2 Uurglas (2)
4.4.3 Appel / ovaal (2) (6)
4.5 Bestudeer prente A en B en beantwoord die vrae wat volg.
PRENT A PRENT B
4.5.1 Verduidelik hoe ritme by prent A waargeneem is. (2)
4.5.2 Evalueer die geskiktheid van die uitrusting in prent A vir ʼn lang en baie
maer man. (5)
4.5.3 Analiseer die geskiktheid van die uitrusting in Prent B vir ʼn kort en
gesette dame. (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Verduidelik die volgende:
5.1.1 Dimensie (2)
5.1.2 Renoveer (2)
5.1.3 Psigologiese spasiebehoeftes (2)
5.2 Noem DRIE basiese sones in ’n huis. (3)
5.3 Gee DRIE tipes kunsmatige beligting. (3)
5.4 5.4.1 Vergelyk die verkeerspatrone in Vloerplanne A en B. (4)
5.4.2 Identifiseer die mees suksesvolle vloerplan. (1)
VLOERPLAN A VLOERPLAN B
5.5 Lys DRIE faktore wat met die evaluering van ’n bestaande huisplan oorweeg
moet word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) VERBRUIKERSTUDIES 15
5.6 Bespreek die geslote vloerplan onder die volgende opskrifte:
5.6.1 Verduideliking (1)
5.6.2 TWEE voordele (2)
5.6.3 EEN nadeel (1)
5.7 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Die Filander gesin het besluit om die stoel vir hul sitkamer te koop. Hulle het
beperkte fondse en twee kinders, Sheryl-Ann is ses jaar en Taryn drie jaar.
Evalueer die stoel volgens die kriteria hieronder.
5.7.1 Ekonomie (2)
5.7.2 Sterkte en duursaamheid (2)
5.7.3 Esteties (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Verduidelik die volgende terme:
6.1.1 Winsmarge (2)
6.1.2 Situasie ontleding (2)
6.2 Lys DRIE faktore wat ʼn winsgewende besigheid beïnvloed. (3)
6.3 Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Ingrid en haar vriend Cheryl is universiteitstudente. Hulle is beide geïnspireer
deur hul liefde vir kuns en versiering van gebruikte koeldrank-plastiekbottels
met krale te verkoop. Tien maande terug het hulle begin om die bottels teen
ʼn mededingende prys by die plaaslike markte en taxi-staanplekke te verkoop.
Hulle het hul produkte op sosiale media geadverteer. Hulle het ook self hul
produkte na die verkooppunt vervoer.
Bottel gratis
Krale vir 500 mℓ bottel R5,00
Verpakking per bottel R5,00
Verpakkingsmateriaal R1,20
Winsgrens is 55%
6.3.1 Ingrid en Cheryl adverteer hul produkte op sosiale media. Verduidelik
kortliks wat ’n bemarkingstrategie is. (2)
6.3.2 Noem en verduidelik die 4P’s van die bemarkingsmengsel wat in die
gevallestudie gebruik is. (8)
6.3.3 Verduidelik TWEE oorhoofse koste uit die gevallestudie. (2)
6.3.4 Lys die VIER stadiums van die lewensiklus waardeur Ingrid en
Cheryl se produk moet gaan. (4)
6.4 Bereken:
6.4.1 Die produksiekoste van EEN bottel. (2)
6.4.2 Die verkoopprys van 150 bottels. Toon alle berekeninge. (5)
[30]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP
More from Grade 11 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Eng)

Memorandum