Skip to content

Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Question paperConsumer StudiesGrade 11201816 pages

Grade 11 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 VERBRUIKERSTUDIES PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. INHOUD PUNTE TYD (minute) VRAAG 1: Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20 VRAAG 2: Die Verbruiker 30 30 VRAAG 3: Voedsel en Voeding 40 40 VRAAG 4: Kleding 30 30 VRAAG 5: Behuising 30 30 VRAAG 6: Entrepreneurskap 30 30 TOTAAL 200 180 2. Alle vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy mag ʼn sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs in swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 3 VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde gegee vir die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die ooreenstemmende letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld: 1.1.21 D. 1.1.1 … is ʼn voorbeeld van ʼn krediettransaksie. A Tjek B Posorder C Bêrekoop D Debietkaart (1) 1.1.2 Die belangrikste doelwit van ʼn begroting is om ... A voorsiening vir finansiële sekuriteit te maak. B rekord te hou van daaglikse uitgawes. C rekord te hou van besittings en verantwoordelikhede. D binne die beperkings van die inkomste te bly. (1) 1.1.3 Een van die volgende is ʼn faktor wat die bestedingspatrone van Suid- Afrikaanse gesinne beïnvloed. A Totale inkomste en totale uitgawes B Bedrag vir begeertes wat maandeliks gespaar moet word C Getal mense wat in dieselfde huis woon en die besteebare inkomste beskikbaar D Ligging en krediet wat beskikbaar is (1) 1.1.4 ’n Gesin wat vind dat hulle begroting nie balanseer nie, behoort … A te besnoei op die bedrag wat aan primêre behoeftes bestee word. B geld van ʼn stokvel te leen. C te bespaar in alle areas deur oordeelkundige aankooppraktyke. D kredietfasiliteite te gebruik om deur die krisis te kom. (1) 1.1.5 Die vitamien wat verantwoordelik is vir die stolling van bloed: A Vitamien B B Vitamien A C Vitamien K D Vitamien D (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) 1.1.6 Dieetkundige verwysingstabelle was ontwikkel om … A die gemiddelde nutriëntvereistes te bepaal. B verskeie nutriënte vir individue van verskillende geslagte aan te dui. C nutriënt inligting van spesifieke voedselprodukte op die etiket van die produk te voorsien. D die verskille tussen proteïene en vitamiene te bepaal. (1) 1.1.7 … is faktore wat ʼn rol in die individuele basale metaboliese tempo (BMT) speel. A Ouderdom, kultuur en geslag B Ouderdom, geslag en gesondheidstoestand C Liggaamstipe, kultuur en voedselallergieë D Voedselallergieë, gesondheidstoestand en groei (1) 1.1.8 Die mineraal wat help met die vorming van sterk tande veral in klein kinders: A Fluoried B Magnesium C Yster D Sink (1) 1.1.9 … is ʼn oranje-gekleurde metaal wat gebruik word vir meubels wat vinnig oksideer en gepoleer moet word om die kleur te behou. A Yster B Koper C Chroom D Aluminium (1) 1.1.10 Identifiseer die primêre kleure: A Oranje, groen, pers B Rooi, blou, oranje C Geel, pers, groen D Blou, rooi, geel (1) 1.1.11 Verkeerspatrone is … A spasies toegeken aan elke sone op die vloerplan. B aktiwiteite wat in elke sone van die vloerplan plaasvind. C areas wat genoeg spasie op die vloerplan voorsien. D natuurlike roetes wat mense gebruik wanneer hulle in ʼn vertrek gaan of die vertrek verlaat. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 5 1.1.12 Wanneer die twee helftes aan beide kante van ʼn middelpunt nie dieselfde is nie, maar wel dieselfde visuele gewig het staan dit bekend as: A Simmetriese balans B Asimmetriese balans C Radiale balans D Straling (1) 1.1.13 … afwerking verminder die kleef-effek van kledingstukke. A Krimpwerend B Antistaties C Pluising D Mercerisering (1) 1.1.14 Identifiseer die ongewenste eienskap van katoenvesel: A Nie-vlambestand nie B Absorberend en laat sweet deur C Goeie geleier van hitte D Kan nie gekleur word in verskillende kleure nie (1) 1.1.15 Komplekse veelkleurige ontwerpe, geweef met gekleurde inslaggaring en wit skering garing: A Keper-weef B Mandjieweef C Dobbie-weef D Jacquard-weef (1) 1.1.16 ʼn Dosyn muffins kos R9,99. Wat is die eenheidsprys? A R1,67 B R4,50 C R19,98 D R0,83 (1) 1.1.17 Die bedrag wat by die kosprys bygevoeg word om alle uitgawes te dek en nog steeds ’n wins te maak staan as die … bekend. A verkoopprys B produksiekoste C bedryfskoste D winsopslag (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) 1.1.18 Die totale bedrag wat betaal word vir materiaal, arbeid, oorhoofse koste verteenwoordig die … van die items wat vervaardig is. A netto prys B produksiekoste C ontwikkelingskoste D eenheidsprys (1) 1.1.19 ʼn Belangrike faktor wat ʼn entrepreneur moet oorweeg wanneer ’n geskikte produk vir kleinskaalse produksie gekies word: A Vervul die behoeftes van die teikenmark B Afleweringstrategie C Proses van gehalte D Verpakkingstrategie (1) 1.1.20 Die … is al die uitgawes wat die totale koste van die produksie van ’n produk bepaal. A verkoopprys B kosprys C produksieprys D teikenprys (1) 1.2 Pas die simptoom van die gebrek van in KOLOM A by die voorbeeld van nutriënte in KOLOM B en die funksies van die nutriënte in KOLOM C. Skryf slegs die korrekte letters van KOLOM B (A–E) en die Romeinse syfer (i–v) in KOLOM C langs die ooreenstemmende vraagnommer van KOLOM A (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld: 1.2.6 H (vi). KOLOM A KOLOM B KOLOM C Gebrek Nutriënte Funksie 1.2.1 Ragitis A Onvoldoende (i) Dit is noodsaaklik vir vitamien C die opname van kalsium in die ingewande 1.2.2 Skeurbuik B Onvoldoende (ii) Verhoog die liggaam vitamien D se weerstand teen infeksie 1.2.3 Hoë bloeddruk C Onvoldoende yster (iii) Vervoer suurstof van die weefsel na die longe 1.2.4 Goiter D Oormatige natrium (iv) Benodig vir die sintese van tiroksien wat metaboliese tempo reguleer 1.2.5 Anemie E Onvoldoende (v) Reguleer die jodium vloeistofbalans in die selle (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 7 1.3 Kies TWEE voorbeelde uit KOLOM B wat pas by die kleedstof-eienskap in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letters (A–G) langs die ooreenstemmende nommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.4 H en I. KOLOM A KOLOM B Kleedstof Eienskap Voorbeelde 1.3.1 Dimensionele stabiliteit A Grootte 1.3.2 Visuele en tasbare eienskappe B Drapeer gehalte 1.3.3 Duursaamheid C Elastisiteit D Frummeling E Vorm F Kleurvastheid G Sterkte (3 x 2) (6) 1.4 Die Nasionale Kredietwet het veroorsaak dat kredietverskaffers meer verantwoordelikheid neem vir hul aksies. Uit die lys hieronder, identifiseer VIER doelwitte van hierdie Wet. Skryf slegs die korrekte letter (A–H) langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer. A Verseker dat verbruikers presies weet wat in hulle kredietkontrakte ingesluit is. B Gee advies aan die regering oor beleid en wetgewing oor krediet. C Beskerm verbruikers van onregverdige besigheidspraktyke waar krediet betrokke is. D Bevorder die sosiale en finansiële belange van Suid-Afrikaanse verbruikers. E Ondersoek klagtes van kredietverskaffers, kredietburo’s en verbruikers. F Verseker dat die regte van die verbruikers beskerm word. G Bevorder regverdige maar mededingende kredietmark. H Neem aksie teen mense/besighede wat nie reëls en regulasies van NKW volg nie. (4 x 1) (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Lys VIER voordele daarvan om deur middel van die internet te bank. (4) 2.2 Bespreek VYF maniere om bankkoste te verlaag. (5) 2.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. Justine het ʼn stofsuier van ʼn plaaslike winkel gekoop. Terwyl sy dit gebruik het, het sy gevind dat dit nie die vullis opsuig nie. Sy het die stofsuier teruggeneem en het haar geld teruggeëis. 2.3.1 ʼn Produk wat nie geskik vir die taak was nie is aan Justine verkoop. Motiveer die stelling. (2) 2.3.2 Bespreek die TWEE verbruikersregte wat van toepassing is op Justine soos in die Verbruikersbeskermingswet uiteengesit. (4) 2.3.3 Stel die prosedure voor wat Justine sal moet volg om haar klagte in te dien. (5) 2.4 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Mnr. Ringani is ʼn skoolhoof by ʼn hoërskool. Hy betaal nog af aan sy huis en bestuur die nuutste model motor wat hy op huurkoop (afbetalings-koop) transaksie gekoop het. Hy koop slegs klere met bekende handelsname op krediet. Aan die einde van die maand het hy nie ʼn sent van sy salaris oor nie. Sy leefstyl het hom diep in die skuld laat beland, tot die punt waar hy selfmoord oorweeg het. Hy was van raad voorsien om ʼn skuldberader te gaan sien. 2.4.1 Identifiseer mnr. Ringani se bron van inkomste. (1) 2.4.2 Bespreek die nadele wat mnr. Ringani sal ervaar omdat sy motor op huurkoop gekoop is. (3) 2.4.3 Verduidelik die prosedure wat kredietverskaffers moet volg voordat krediet aan verbruikers soos vir mnr. Ringani aangebied word. (3) 2.4.4 Bespreek hoe ʼn skuldberader mnr. Ringani sal kan help. (3) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 9 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Noem DRIE funksies van water. (3) 3.2 Noem TWEE redes waarom ʼn swanger vrou foliensuur gedurende swangerskap moet inneem. (2) 3.3 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Beulah was besig om hoender op te sny om kerrie voor te berei, toe haar vriendin haar geskakel het. Sy het toe uitgegaan om met haar te gesels. Dit was in die middag en die kombuis was baie warm. Na ʼn uur het sy voortgegaan met die kookproses. Aandete was aangenaam, maar twee ure later het haar spiere gepyn, en sy het koorsig begin voel. Sy het maagkrampe gekry, was naar, het gebraak en het diarree gehad. 3.3.1 Identifiseer TWEE simptome van voedselvergiftiging in die gevallestudie. (2) 3.3.2 Onderskei tussen fisiese en chemiese voedselkontaminasie. Tabuleer jou antwoord soos volg: Fisiese voedselkontaminasie Chemiese voedselkontaminasie (2) 3.3.3 Bespreek VYF riglyne om te volg wanneer ʼn persoon vir voedsel- vergiftiging behandel word. (5) 3.3.4 Die hoender was die oorsaak van die voedselvergiftiging. Verduidelik waarom hoender deur patogene bakterieë aangeval word. (3) 3.4 Bespreek die rol wat die volgende nutriënte in die groeiproses van jong volwassenes speel. 3.4.1 Yster (2) 3.4.2 Vitamien B1 (2) 3.4.3 Vitamien B2 (2) 3.4.4 Vitamien C (2) 3.4.5 Kalsium (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) 3.5 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. Thando het vetsug en woon met sy ouma wat soms probleme en komplikasies met hoë bloeddruk en osteoporose het. Thando bedien die volgende ontbyt: Volgraanbrood met botter; gebraaide eiers; aartappelskyfies met sout, spekwors (‘Russians’), uie en tamaties. 3.5.1 Noem die mineraal wat ontbreek in die dieët van Thando se ouma wat osteoporose veroorsaak. (1) 3.5.2 Identifiseer TWEE voedselsoorte uit die scenario wat tot die ouma se hoë bloeddruk kan bydra. (2) 3.5.3 Verduidelik hoe Thando en sy ouma voordeel kan trek uit die volgraanbrood wat hulle eet. (5) 3.5.4 Behalwe die gebraaide eiers, kies TWEE voedsel-items en voorspel die negatiewe impak wat dit op Thando en sy ouma se gesondheid kan hê. (5) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 11 VRAAG 4: KLEDING 4.1 Verduidelik die volgende: 4.1.1 Kleurvastheid (2) 4.1.2 Hittegeleiding (2) 4.2 Noem VIER afwerkings wat die voorkoms van tekstielstowwe verander. (4) 4.3 Waarom word sokkies dikwels met ʼn antibakteriese afwerking behandel? (4) 4.4 Vergelyk waterdigte en waterwerende afwerkings wat in kleedstowwe gebruik word. Tabuleer jou antwoord soos volg: Waterdigte afwerking Waterwerende afwerking (4) 4.5 Bestudeer die onderstaande prente A en B en beantwoord die vrae wat volg. A B 4.5.1 Identifiseer die soort lyn wat in prent A gebruik is. (1) 4.5.2 Verduidelik die illusie wat deur die lyn in prent A geskep word. (2) 4.5.3 Die uitrusting in prent B sal vorm gee aan ʼn dame met ʼn reghoekige liggaamsvorm. Gee VIER riglyne vir persone met hierdie tipe liggaamsvorm wat sal help om hulle liggame nader aan die ideale liggaamsverhouding te laat vertoon. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) 4.6 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. Nelson dra ʼn geel-oranje broek, ʼn persT-hemp en ʼn blou baadjie. 4.6.1 Beskryf die kleurkombinasie wat in die uitrusting gebruik is. (2) 4.6.2 Evalueer die geskiktheid van die uitrusting vir ʼn persoon met ʼn omgekeerde, driehoekige figuurtipe. (5) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 13 VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR 5.1 Definieer die volgende: 5.1.1 Graveerwerk (2) 5.1.2 Estetika (2) 5.2 Gee DRIE riglyne wat in gedagte gehou moet word wanneer ʼn beligtingsplan opgetrek moet word. (3) 5.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. Mev. Madigo het rottangstoele vir haar sitkamer gekoop. Sy het die afleweringsnota onderteken wat aangedui het dat die stoele in ʼn goeie toestand is. ʼn Dag later het sy ontdek dat die rottang op die stoele los was. Sy het probeer om dit self reg te maak, maar dit het dinge net vererger. Sy het die stoele terug winkel toe geneem weens die waarborg se stipulasie, maar die verkoopsbestuurder het geweier dit terug te neem. 5.3.1 Die stoele is van omgewingsvriendelike bamboes gemaak. Verduidelik omgewingsverantwoordelikheid by die aankoop van meubels. (5) 5.3.2 Verduidelik hoe mev. Madigo die rottangstoele behoort te versorg. (3) 5.3.3 Beskryf wat mev. Madigo se verantwoordelikhede as ʼn ingeligte verbruiker was toe die stoele afgelewer was. (5) 5.3.4 Verduidelik waarom die verkoopsbestuurder binne sy regte was toe hy geweier het om die stoele terug te neem. (3) 5.4 Bestudeer die onderstaande vloerplan en beantwoord die vrae wat volg. 5.4.1 Noem die DRIE basiese sones op die bogenoemde vloerplan. (3) 5.4.2 Identifiseer die tipe vloerplan in die prent. (1) 5.4.3 Noem DRIE voordele van die vloerplan in VRAAG 5.4.2. (3) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Definieer die volgende terme: 6.1.1 Marksegmentasie (2) 6.1.2 Produkspesifikasies (2) 6.2 Noem TWEE faktore wat produksiekoste affekteer. (2) 6.3 Bestudeer die grafiek hieronder en verduidelik die stadiums van die produkte se lewensiklus vanaf A–D. (8) 6.4 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg: DIE PASTEI DAME Tannie Yvette is ʼn hardwerkende en kreatiewe vrou met ʼn passie vir voedsel. Sy verkoop daagliks pasteie aan personeel van ʼn plaaslike skool. Sy het ʼn vaste daaglikse bestelling van 800 pasteie en sy bereik altyd haar gelykbreekpunt. Die inkomste van haar verkope dek haar koste en sy het soms ʼn ekstra inkomste beskikbaar. Sy gebruik brosjures en vertel mense mondelings as maniere om haar produk te adverteer. Sy maak die produkte by die huis en vervoer dit na die plaaslike skool om dit te verkoop. 6.4.1 Identifiseer, met voorbeelde uit die gevallestudie, TWEE vereistes van ʼn potensieel winsgewende besigheidsgeleentheid. (4) 6.4.2 Bespreek hoe tannie Yvette DRIE van die 5 P’s van marksamestelling toepas. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 15 6.5 Tannie Yvette maak 800 klein pasteie per dag. Die koste van haar grondstowwe is R220,00 met R120,00 vir oorhoofsekostes. Sy het ʼn 75% winsopslag. 6.5.1 Bereken die verkoopprys van een pastei. Toon ALLE berekeninge. (4) 6.5.2 Bereken die wins van 800 pasteie. Toon ALLE berekeninge. (2) [30] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

More from Grade 11 Consumer Studies

View all