Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
VERBRUIKERSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*ICNSTE*
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 QP
Grade 11 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape November 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
TYD
INHOUD PUNTE
(minute)
Vraag 1: Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20
Vraag 2: Die Verbruiker 30 30
Vraag 3: Voedsel en Voeding 40 40
Vraag 4: Kleding 30 30
Vraag 5: Behuising 30 30
Vraag 6: Entrepreneurskap 30 30
TOTAAL 200 180
2. Alle vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs in swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 3
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoorde en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.21 D.
1.1.1 Die eerste stap van ʼn huishoudelike begroting is om …
A die begroting te evalueer.
B ʼn lys van die voorsiene inkomste te maak.
C die uitgawes te beraam.
D inkomste en uitgawe te vergelyk. (1)
1.1.2 ʼn Wenk om bankkoste te verlaag:
A Gaan in die banktak vir oor-die-toonbankdienste
B Trek gereeld klein bedrae
C Gebruik bank oortrokke fasiliteite vir debietorders
D Gebruik jou eie bank OTM of internet-bankdienste (1)
1.1.3 Die Nasionale Verbruikerstribunaal:
A Is ʼn informele verbruikerskrediethof
B Dek alle aspekte van krediet
C Bied krediet aan ʼn verbruiker wat dit nie kan bekostig nie
D Is toegewyd om verbruikersregte te bevorder (1)
1.1.4 … is die proses wat help om die verbruiker se skuldverpligtinge te
assesseer en om hulp te verleen aan die kredietvoorsiener om die
skuld te betaal.
A Mikrolener
B Rehabilitasie
C Skuldberading
D Roekelose lening (1)
1.1.5 Koolhidrate word in monosakkaried … in die verteringstelsel
afgebreek.
A fruktose
B sukrose
C glukose
D laktose (1)
1.1.6 Die tipe vet wat in sonneblomolie gevind word en die bloed
cholesterolvlakke verlaag:
A Poli-onversadigde
B Mono-onversadigde
C Versadigde
D Transvetsure (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
1.1.7 ʼn Goeie bron van jodium is …
A volgraanontbytkos.
B eiers.
C groen blaargroentes.
D sardyntjies. (1)
1.1.8 Suiker word gesien as ʼn ‘leë kilojoules’ voedsel omdat dit …
A kilojoules, vitamiene en minerale bevat.
B energie verskaf, maar min voedingswaarde het.
C bevat koolhidrate maar geen kilojoules.
D tot tandverrotting en oorgewig lei. (1)
1.1.9 ʼn Gereg wat … bevat sal geskik wees vir ʼn persoon wat aan
hipertensie ly.
A min sout
B neute
C baie room
D sojasous (1)
1.1.10 ʼn Antibakteriese afwerking sal mees geskik wees op die volgende
klere item:
A Baadjie
B Trui
C Kleefbroek (‘Gym tights’)
D Serp (1)
1.1.11 ʼn Voordeel van die gebruik van ʼn kleedstof geweef in ʼn keper-
binding vir jeans:
A Voorsien ʼn blink voorkoms
B Is sterk en meer duursaam
C Sal meer dekoratief wees
D Sal meer elasties wees dus gemaklik om te dra (1)
1.1.12 Die eienskap van ʼn vesel wat bestand is teen wrywingsweerstand,
is …
A baie gemaklik.
B maklik om te versorg.
C hoogs drapeerbaar.
D meer duursaam. (1)
1.1.13 Ontwerpbeginsels:
A Lyn, vorm en kleur
B Nadruk, proporsie en tekstuur
C Ritme, balans en harmonie
D Vorm, kleur en ritme (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.14 Swart, wit en grys kleure staan as die … bekend.
A tersiêre
B warm
C monochromaties
D neutrale (1)
1.1.15 ʼn Voordeel van geslote vloerplanne:
A Die vertrekke mag baie klein wees
B Is meer geskik vir gestremdes
C Voorsien privaatheid vir verskillende aktiwiteite
D Skep ʼn gevoel van ruimte (1)
1.1.16 Kies ʼn volhoubare verbruikerskeuse by die keuse van meubels:
A ʼn Ingevoerde hout-en-glas eetkamertafel
B ʼn Gerestoureerde antieke geelhout eetkamertafel
C ʼn Swakker kwaliteit sitkamerstel want dit is goedkoper
D ʼn Ultramoderne plastiekstoel (1)
1.1.17 Die eindproduk sal altyd dieselfde lyk en smaak as die …
A resep gestandaardiseer is.
B besigheidsidee geformuleer is.
C besigheidsidee geïdentifiseerd is.
D die konsep stelling geskryf is. (1)
1.1.18 Moontlike oorhoofse kostes in ʼn besigheid:
A Elektrisiteit, water en huur
B Water, aflewering en grondstowwe
C Bestanddele, verpakking en elektrisiteit
D Koste van die materiaal, aflewering en huur (1)
1.1.19 ʼn Doelstelling van advertering om ʼn nuwe produk se verkope te
bevorder:
A Om werk te skep
B Om kliënte van mededingers bewus te maak
C Help kliënte om vergelykings te maak
D Kliënte van die produk bewus te maak (1)
1.1.20 ʼn Voorbeeld van implementering in die bemarkingsproses:
A Om die oorspronklike berekening van die verkoopprys te doen
B Die sweetpakbroek is uitgeknip en aanmekaar gestik
C Die bemarkingsdee was om sweetpakbroeke te ontwerp
D Kies ʼn teikenmark (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
1.2 Kies ʼn nutriënt in KOLOM B wat by die funksie in KOLOM A pas. Skryf slegs
die korrekte letters (A–K) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer byvoorbeeld: 1.2.9 L.
KOLOM A KOLOM B
FUNKSIE NUTRIËNT
1.2.1 Voorsien 38 kJ vir elke gram A Water
1.2.2 Instandhouding / groei van B Fosfor
liggaamsweefsel
1.2.3 Voorkom hardlywigheid C Lipiede
1.2.4 Help om sterk bene en tande te D Vitamien A
vorm
1.2.5 Vir hemoglobien in rooibloedselle E Proteïene
1.2.6 Belangrik vir goeie visie F Sink
1.2.7 Vir normale senuwee- en spier G Vesel
funksionering
1.2.8 Om spina bifida in babas te H Yster
voorkom
I Vitamien B3
J Magnesium
K Foliensuur (8)
1.3 Kies DRIE faktore wat die produksiekoste beïnvloed uit onderstaande lys en
skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer 1.3 in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Kennis
B Passie
C Arbeid
D Rou materiale (grondstowwe)
E Wins
F Vervoer (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.4 Identifiseer DRIE riglyne vir goeie beligting in die huis uit die onderstaande lys
en skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Ingange moet goed belig wees.
B Ligskakelaars moet by alle deure voorsien word.
C Posisioneer die ligte so dat dit die blink oppervlakke reflekteer, soos
byvoorbeeld ʼn spieël en televisie.
D Belig een area van ʼn vertrek om donker kolle te skep.
E Badkamers moet goeie algemene beligting hê.
F Het slegs ʼn skakelaar by die onderkant van die trappe. (3)
1.5 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.5.1 Die byvoeging van spesifieke vitamiene en minerale by voedsel
1.5.2 Die hoeveelheid energie wat jy benodig om aan die lewe te bly as die
liggaam in rus is
1.5.3 Die oordra van skadelike bakterieë van een voedsel na die ander
1.5.4 Kontaminasie van voedsel-item deur skadelike chemikalieë
1.5.5 Opsionele uitgawes op ʼn begroting wat nie nodig is nie
1.5.6 Totale inkomste voor aftrekkings of belasting (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Nonsindiso wou haar ma op Moedersdag verras. Sy het blomme wat sjokolade
in die rangskikking het van ʼn aanlyn-blommewinkel bestel. Die blomme was
veronderstel om op die Sondag afgelewer te word, maar het ʼn dag later, op die
Maandag gekom. Party van die blommestingels was gebuig en ʼn paar
sjokolades was weg.
Nonsindiso het gevoel dat haar ma se spesiale dag bederf was; dus het sy ʼn
e-pos na die aanlynwinkel gestuur en oor die laat aflewering van die geskenk
en die vermiste sjokolade van die rangskikking gekla. In haar e-pos het sy ʼn
terugbetaling geëis en ʼn foto ingesluit wat sy kort ná die aflewering van die
blomme geneem het.
[Eie teks]
2.1.1 Is Nonsindiso se klag verwant aan die produk of die diens of beide?
Verduidelik jou antwoord. (3)
2.1.2 Noem EEN voordeel vir Nonsindiso omdat sy ʼn aanlynwinkel
gebruik. (1)
2.1.3 Nonsindiso het vir die bestelling met haar debietkaart betaal, wat
beteken dit was K.M.B.
(a) Waarvoor staan K.M.B.? (1)
(b) Waarom is ʼn debietkaart ʼn geskikte vorm van betaling vir
K.M.B.? (2)
2.1.4 Bespreek hoe Nonsindiso binne haar regte was om te kla. (2)
2.1.5 Op watter TWEE maniere het die Verbruikersbeskermingswet (VBW)
van 2008 Nonsindiso as ʼn verbruiker in die bogenoemde
gevallestudie beskerm? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 9
2.2 Statistiek SA en uitgawe patrone van Suid-Afrikaanse huishoudings.
Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
STATISTIEK SUID AFRIKA 2019
Verbruikersinflasie verhoog aan die begin van die jaar. Wat bygedra het tot
hierdie verhoging was die verhoging in mediese en vervoerkoste. Mediese
hulpskemas verhoog hul tariewe met 8,3%. Mediesepraktisyns verhoog hulle
kostes met 5,7% en dokters rapporteer ’n verhoging van 5,8% gevolg deur
tandartse 5,5% en hospitale 4,5%.
Vervoerprys het ʼn verhooging in die prys van brandstof 0,3%, motorhuur met
7,3%, motorbande met 0,8% en motorpryse met 3,5%, gesien.
[Aangepas uit www.statssa.gove.za]
2.2.1 Gee TWEE redes waarom ons land statistieke van analise van Suid-
Afrikaanse huishoudings benodig. (2)
2.2.2 Huishoudelike uitgawe-opnames is deur Stats SA gedoen.
Wanneer die uitslae van die ondersoek geassesseer word, sal die
mediese voorbeelde onder ʼn uitgawe groep genoem gesondheid val.
Gebruik die mediese inligting gegee en ontleed waarom ons kan
voorspel dat gesondheid een van die laagste uitgawe-items vir die
gemiddelde Suid-Afrikaner sal wees. (5)
2.2.3 Vervoer is gewoonlik een van die hoogste uitgawe groepe vir
Suid-Afrikaanse huishoudings. Bespreek hoe die verhogings beide die
hoër en laer inkomstegroepe sal beïnvloed. (4)
2.3 Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Shanice en Denver Daniels werk beide. Hulle het twee tienerdogters, Tertia en
Kelly. Shanice hou van klere en geniet dit om vir elke maand haarself en haar
dogters klere te koop. Sy het winkelkaarte by twee verskillende klerewinkels
waar sy kan koop. Denver het ʼn nuwe TV en ʼn DSTV ‘explorer’ op krediet
gekoop, want hy geniet dit om sport te kyk. Aan die einde van elke jaar sê hulle
altyd dat hulle graag ʼn gesinsvakansie wil hê, maar nie die geld daarvoor het
nie.
[Eie teks]
2.3.1 Noem DRIE voordele wat die Daniels gesin sal hê as hulle ʼn
begroting volg. (3)
2.3.2 Beide Shanice en Denver is in skuld. Bespreek DRIE gevolge vir hulle
afhanklikheid om op krediet te koop. (3)
2.3.3 Een van die beginsels van begroting is assesseering van behoeftes
en doelwitte. Adviseer die gesin in verband met die beginsels van
begroting. (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Angeline, ʼn graad 11-leerder lees ʼn artikel in ʼn tydskrif genoem “Tips to
kickstart your health’. Die artikel gee ʼn paar voorstelle hoe om meer
gesonder te eet. Sy het ʼn nuwe doel vir haarself gestel en dit was om die
advies te volg waarvan sy gelees het.
Hier is ʼn paar punte uit die artikel:
x Drink ʼn groen drankie vir ontbyt om die liggaam van baie nutriënte en
vesel te voorsien.
x Die drankie bestaan uit krulkool (kale), spinasie, veselperske (mango),
piesang en gewone jogurt.
x Gaan vleisloos een keer per week om te help om jou risiko van
chroniese, voorkombare siektes soos kanker, kardiovaskulêre siekte,
diabetes en vetsug te verminder.
x Beperk jou suikerinname. Breek die gewoonte van versoete tee en
koffie, koekies, beskuit en koek. In plaas daarvan kry gesonde suikers
van vrugte.
3.1.1 (a) Die groen drankie bevat donker-groen blaargroente. Noem
EEN mineraal en TWEE vitamiene wat in groen blaargroentes
gevind word. (3)
(b) Identifiseer ʼn vrug uit die lys in die drankie wat ʼn goeie bron is
van vitamien A. (1)
3.1.2 Die drankie is ʼn goeie bron van vloeistof in die dieet.
Gee die funksie van water in die liggaam vir elk van die volgende
dele in die liggaam:
(a) Die bloed (1)
(b) Die liggaamstemperatuur (1)
3.1.3 (a) Noem die tipe suiker wat in vrugte voorkom (ʼn tipe koolhidraat). (1)
(b) Gee TWEE ander voorbeelde van voedsel wat nie in die artikel
genoem word nie, maar wat ʼn baie hoë suikerinhoud bevat en
in ʼn dieet beperk moet word. (2)
3.1.4 (a) Gee TWEE geskikte plantproteïene wat dierlike proteïne, om
vleis in ʼn maaltyd uit te skakel, kan vervang. (2)
(b) Klassifiseer die plantproteïene hierbo genoem as ʼn proteïn
groep en verduidelik waarom dit so geklassifiseer word. (3)
(c) Verduidelik hoe te veel proteïene in ʼn dieet tot
kardiovaskulêre / hartsiektes en vetsug kan bydra? (6)
3.1.5 Noem TWEE gevalle waar Angeline dalk ʼn vitamienaanvulling wil
gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 11
3.2 Melissa is verwagtend. Bestudeer die TWEE ontbytspyskaarte hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
SPYSKAART 1 SPYSKAART 2
Rysvlokkies (rice crispies) met laevet Omelet met ʼn maalvleisvulsel
melk
Geroosterde witbrood met botter en Geroosterde volgraanbrood met
konfyt maaskaas
Koffie met melk Lemoensap
Rooibostee met melk
3.2.1 Kies die beste spyskaart vir Melissa en analiseer die voedsel-items
in die spyskaart met betrekking tot die voedingsbehoeftes wat die
behoefte van swanger vrouens sal vervul. (7)
3.2.2 Gee redes vir die volgende stellings:
(a) ʼn Swanger vrouens moet alkohol vermy al is dit ʼn klein
hoeveelheid (2)
(b) Lakterende moeders verloor aanvanklik gewig (2)
3.3 Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.
BEURTKRAG VEROORSAAK VOEDSELVERGIFTIGING ANGS
ʼn Gebrek aan elektrisiteit, veral in die somermaande, kan veroorsaak dat kos
afgaan en as jy die voedsel eet kan jy die gevaar loop om voedselvergiftiging
op te doen. Kragonderbrekings kan veroorsaak dat kos in die vrieskas bederf
as die produkte net effens ontdooi. Beurtkrag kan vars voedsel laat afgaan
as dit vir meer as 5 uur teen kamertemperatuur gehou word.
Vermy om voedsel te eet as jy vermoed dat dit ʼn lang tyd teen ʼn te warm
temperatuur gehou is. Enige persoon wat dink dat hulle voedsel geëet het
wat afgegaan het, moet op die uitkyk wees vir die volgende waarskuwing-
simptome. Dit sluit koors, kopseer, maagpyn en ʼn risiko van dehidrasie
(ontwatering) in. As jy of jou kinders enige van die tekens toon, gaan na die
naaste dokter, hospitaal of kliniek vir behandeling.
[Aangepas uit health24.]
3.3.1 Gee DRIE ander simptome van voedselvergiftiging wat nie in die
artikel genoem word nie. (3)
3.3.2 Waarom sê die artikel dat dehidrasie (ontwatering) ʼn risiko is? (2)
3.3.3 Wat is die hoof oorsaak van voedselvergiftiging wat in die artikel
beklemtoon word. (1)
3.3.4 Gee EEN voorbeeld van mediese behandeling vir
voedselvergiftiging wanneer mense na ʼn hospitaal, dokter of kliniek
gaan. (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Verwys na die onderstaande sketse en beantwoord die vrae wat volg.
A B
4.1.1 Identifiseer die tipe balans in skets A en B geïllustreer. (2)
4.1.2 Verduidelik volledig die balans in skets A deur na beide die definisie
vir hierdie tipe balans EN na items in die baadjie om die definisie te
verduidelik te verwys. (6)
4.2 Bestudeer die onderstaande prente wat die element teksture uitbeeld.
A B
4.2.1 (a) Beskryf die tekstuur van die baadjie in prent A en die hemp in
prent B. (2 x 2) (4)
(b) Hoe word die tekstuur van die hemp in prent B deur lig
geaffekteer? (2)
4.2.2 Gee die definisie vir die ontwerpelement tekstuur. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 13
4.3 Verwys na die onderstaande liggaamsvorms en beantwoord die vrae wat
volg.
A B C D
4.3.1 Identifiseer die liggaamsvorm in skets C. (1)
4.3.2 Bestudeer die onderstaande prent.
Bespreek waarom die uitrusting nie geskik is vir ʼn persoon met
liggaamsvorm D nie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
4.3.3 Kies die beste bloes om saam met ʼn langbroek te dra vir liggaamsvorm
A en verduidelik die rede vir jou keuse. (3)
A B C
4.4 Vergelyk die twee veseleinskappe, hittesensitiwiteit en hittegeleiding. Verwys
na die onderstaande illustrasies in jou bespreking.
A B
Woltrui Katoenrok (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 15
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Bestudeer die onderstaande vloerplan en beantwoord die vrae wat volg.
5.1.1 Noem die TWEE argitektoniese simbole wat soortgelyk is aan die
wat op die vloerplan uitgebeeld is.
A B
(2)
5.1.2 Identifiseer TWEE negatiewe aspekte van die verkeersvloei soos
wat jy van die dek-ingang deur die leefkamer na die kombuis stap. (2)
5.1.3 Noem TWEE areas op die vloerplan wat na die werkarea verwys kan
word. (2)
5.1.4 Identifiseer die stoorplek voorsien op die vloerplan in die slaapkamer
en wat jy sal byvoeg om die stoorplek in die kamer te verbeter. (3)
5.1.5 Watter kant van die huis (links, regs, bo of onder) sal die beste wees
vir ʼn noordaansig, veral in die winter? Motiveer jou antwoord. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
5.2 Bestudeer die onderstaande skets en beantwoord die vrae wat volg.
5.2.1 Die kamer is geskep met ʼn koel kleurskema.
(a) Gee TWEE redes waarom koel kleure gekies is. (2)
(b) Noem TWEE ander kleure wat met die kleur blou, vir ʼn
analogiese kleurskema vir hierdie kamer, sal pas. (2)
5.2.2 Identifiseer die dominante vorm in die kamer en vind DRIE plekke
waar die vorm gebruik word. (4)
5.2.3 Bespreek hoe die gebruik van vertikale lyne ritme in die vertrek skep. (4)
5.2.4 Die kamer het ʼn hoë plafon. Gee TWEE moontlike voorstelle om die
probleem op te los. (2)
5.2.5 Die ouers moet ʼn kindertafel en stoele wat in die kamer gebruik gaan
word, koop. Hulle moet besluit tussen ʼn plastiek- of houtstel.
(a) Gee TWEE voordele wat beide plastiek en hout as geskikte
materiaal bied. (2)
(b) Gee EEN nadeel van die gebruik van plastiek as materiaal. (1)
(c) Stel EEN verbruikersverantwoordelikheid voor wat hulle in
aanmerking moet neem voor hierdie meubels aangekoop
word. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 17
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Lees die onderstaande gevallestudie en antwoord die vrae wat volg.
Lesley wou produkte as ʼn addisionele inkomste om haar oggendwerk aan te
vul, maak en verkoop. Sy redeneer dat as sy haar produk by ʼn vlooimark
verkoop, moet sy ʼn stalletjie huur, maar dit sal goedkoper as winkelspasie
uitwerk. Sy besluit om by ʼn plaaslike maandelikse mark te verkoop.
Lesley glo om ʼn suksesvolle besigheid op te bou moet jy passievol oor jou
werk bly. Sy voel dat dit belangrik is om ʼn langtermyn verhouding met die
verskaffers en kliënte op te bou en om produkte, wat van die gewone uitstaan,
te verskaf.
Sy het na een van die markte gegaan om ʼn vraelyste uit te deel. Na die
analisering van die antwoorde het sy besluit om ʼn broodstalletjie te hê waar
sy net ‘meng-jouself’ gesondheid brood pakke sal verkoop.
Sy het haar berekening gemaak en uitgewerk dat die bestanddele en
verpakking haar R65,00 sal kos.
[Eksaminatoe se eie teks]
6.1.1 Behalwe die vraelyste en haar gekose produk, watter faktor bepaal
dat dit ʼn goeie besigheidsidee is? (1)
6.1.2 Verduidelik die konsep toetsing. (2)
6.1.3 Noem en beskryf die DRIE P’s van die bemarkingsamestelling in die
gevallestudie. (6)
6.1.4 Bespreek hoe Lesley die volgende kernbeginsels van bemarking
oorweeg het en hoe dit positief vir haar besigheidsonderneming kan
wees.
(a) Spesifieke teikenmark (2)
(b) Groei netwerke en opbou van verhoudings (2)
6.1.5 Identifiseer en verduidelik die stadium in die produklewensiklus wat
haar broodmengsel in die gevallestudie verteenwoordig (3)
6.1.6 In die beste scenario sal ʼn nuwe besigheid groei en floreer. Skryf ʼn
paragraaf waar jy Lesley goeie raad gee oor hoe sy kan verhoed dat
haar produk in die afname-stadium gaan. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
6.2 Lesley se koste om vyf houers gesonde broodmengsel te produseer is:
x Bestanddele en verpakking = R65,00
x Brandstof = R25,00
6.2.1 As watter tipe uitgawe word brandstof geklassifiseer? (1)
6.2.2 Bereken die verkoopprys van een houer as sy 65% wins wil maak.
Toon ALLE berekeninge. (5)
6.2.3 Bereken die wins wat sy sal maak as sy 20 houers in een dag
verkoop. (2)
[30]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 QP

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP
More from Grade 11 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)

Memorandum