Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
VERBRUIKERSTUDIES
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*ICNSTA*
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)
Grade 11 Consumer Studies memorandum from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 729.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 32
This exam
National Exemplar November Exam 2020
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
INHOUD PUNTE TYD (min)
Vraag 1: Kortvrae (Alle onderwerpe) 35 35
Vraag 2: Die Verbruiker 25 25
Vraag 3: Voedsel en Voeding 30 30
Vraag 4: Kleding 10 10
Vraag 5: Behuising 25 25
Vraag 6: Entrepreneurskap 25 25
TOTAAL 150 150
2. ALLE vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ƌ NUWE bladsy.
5. Jy mag ƌ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs in swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 3
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoorde en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.
1.1.1 Die praktyk van insameling en analisering van numeriese inligting
word na as … verwys.
A data
B stastistiek
C ƌ sensus
D ƌ model (1)
1.1.2 Watter van die volgende is NIE ƌ uitgawe op ƌ begroting NIE:
A ƌ Gimnasiumkontrak
B Versekering
C Wi-Fi-kontrak
D Rente op besparing (1)
1.1.3 Indien ƌ persoon kredietwaardig is, sal hulle waarskynlik …
A ƌ kredietkaart slegs in een winkel gebruik.
B geld elektronies oordra.
C goedere en dienste op krediet koop.
D finansiële verpligtinge nakom. (1)
1.1.4 ƌ Kredietburo …
A gee inligting oor kredietgraderings van individue.
B luister en besluit oor sake wat die verbruiker en
kredietverskaffers insluit.
C beskerm die verbruiker in die kredietmark en maak krediet
meer toeganklik.
D beskerm en bevorder verbruikersregte en opper verwante
kwessies. (1)
1.1.5 ƌ Persoon wat ƌ tekort aan water het kan die volgende simptome toon:
A Edeem en hardlywigheid
B Sweet en ƌ hoofpyn
C Moegheid en dehidrasie
D Nierversaking en swakheid (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.6 Die hoofsuiker in melk:
A Laktose
B Glukose
C Sukrose
D Fruktose (1)
1.1.7 Die wetenskaplike name vir vitamien B2 en vitamien C is:
A Niasien en retinol
B Tiamien en kalsiferol
C Riboflavien en askorbiensuur
D Riboflavien and foliensuur (1)
1.1.8 ƌ Tekort aan joduim veroorsaak …
A tandbederf.
B te min tiroksien.
C verswakking van spiere.
D vertraagde groei. (1)
1.1.9 Nagblindheid is ƌ simptoom van ƌ tekort aan …
A vitamien A.
B vitamien E.
C vitamien B1.
D vitamien B3. (1)
1.1.10 Wanneer alles in ƌ uitrusting lyk asof dit saam behoort, is/het die
ontwerp …
A gebalanseerd.
B goeie ritme.
C goeie proporsie.
D harmonieus. (1)
1.1.11 ƌ Geskikte voorstel vir ƌ vrou met ƌ driehoekige / peervormige
liggaamsvorm:
A Gebruik horisontale lyne in die onderste gedeelte van die
liggaam
B Dra klokvormige-rompe om die heupe slanker te laat vertoon
C Dra ƌ lang v-neklyn en ƌ lang halssnoer
D Gebruik vertikale lyne bo die middel om breedte te skep (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.12 Die veselkonstruksie-tegniek wat die geskikste vir gimnasiumdrag
is …
A geweefde tekstielstof.
B gebonde tekstielstof.
C gebreide tekstielstof.
D hitte-gebonde tekstielstof. (1)
1.1.13 ƌ Statiese-beheer afwerking beteken dat die materiaal …
A nie maklike kreukel nie.
B bestand is teen aan die brand slaan.
C nie aan die liggaam sal vaskleef nie.
D nie vullis aantrek nie. (1)
1.1.14 Deur gebruik te maak van ƌ dominante horisontale lyn sal ƌ
kamer …
A hoër vertoon en stabiliteit oordra.
B langer vertoon wat grasieuse beweging skep.
C ƌ gevoel van hoogte en informaliteit skep.
D wyer vertoon en ƌ gevoel van kalmte skep. (1)
1.1.15 Die dekor in ƌ leefkamer is vuilpienk en varingroen.
Die kleurharmonie is dus …
A komplementerend.
B analogies.
C dubbel-komplementerend.
D monochromaties. (1)
1.1.16 Hierdie kleur sal ƌ gevoel van ruimte en warmte in ƌ klein vertrek
skep:
A Lig oranje
B Donker oranje
C Donker rooi
D Rooi oranje (1)
1.1.17 ƌ ‘Hue’ word ligter gemaak deur wit by te voeg en dit staan as ƌ …
bekend.
A skakering
B toon
C spektrum
D tint (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.18 ƌ Besigheid word as suksesvol beskryf, indien dit … kan oorleef.
A uitgawes
B standaarisasie
C prakties
D veranderinge (1)
1.1.19 ƌ Produkspesifikasie is ...
A besigheidstelling van ƌ unieke idee.
B produk se vereiste eienskap.
C hoeveelheid produk wat ƌ besigheid verkoop.
D rig van jou produk na ƌ spesifieke persoon. (1)
1.1.20 Wanneer werkgewers staak, is die faktor wat die produksiekoste
beïnvloed:
A Elektrisiteit
B Arbeid
C Kapitaal
D Natuurlike hulpbron (1)
1.2 Kies die funksie in KOLOM B wat by die nutriënt in KOLOM A pas. Skryf slegs
die korrekte letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 H.
KOLOM A KOLOM B
NUTRIȬNT FUNKSIE
1.2.1 Water A ƌ Gekonsentreerde vorm van
energie
1.2.2 Vitamien K B Nodig vir senuweefunksionering
1.2.3 Vet C Beheer die liggaamstemperatuur
1.2.4 Vitamien C D Voorkom selbeskadiging
1.2.5 Foliensuur E Noodsaaklik vir die instandhouding
van bindweefsel
F Nodig vir bloedstolling
G Vorm genetiese materiaal/
DNA/DNS
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.3 Identifiseer DRIE voorbeelde van chemiese besmetting in voedsel word in
die onderstaande illustrasies getoon word. Skryf slegs letters (A–F) langs die
vraagnommer (1.3) in die ANTWOORDEBOEK.
A B C
D E F
[Bron: Google images] (3)
1.4 Gee EEN woord vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.4.1–1.4.4) in die ANTWOORDE-
BOEK neer.
1.4.1 Finansiële hulp van die regering om die lewenstandaard van mense
wat kwesbaar vir armoede is, te verbeter
1.4.2 ƌ Werwingskema wat goeie opbrengste belowe indien meer mense
gewerf word
1.4.3 ƌ Sentrale stuk van die ontwerp wat as aandagtrekker in ƌ leefarea
dien om ƌ interessante punt te skep
1.4.4 Dit word beskryf as die saampas regdeur die ontwerp wat ƌ gevoel
van eenheid skep (4 x 1) (4)
1.5 Identifiseer DRIE voorbeelde wat die kernbeginsels van bemarking uitbeeld.
Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Bereik meer mense deur elektronies te adverteer.
B Wanneer die besigheid mense moet aflê.
C ƌ Oorsese maatskappy sal in die besigheid belê.
D Sluiting van die besigheid gedurende die grendeltyd wat deur die
regering ingestel is.
E Vyf werkers is nie baie stiptelik nie.
F ƌ Nuwe vleuel van die fabriek is gebou om uitbreiding moontlik te
maak. (3 x 1) (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Bestudeer die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Nwabisa deel ƌ woonstel met twee vriende. Sy volg ƌ begroting om haar
persoonlike finansies te organiseer. Sy beoog om R4 800,00 gedurende die
jaar te spaar want sy wil op ƌ Kersfeesvakansie gaan. Tot dusver het sy
R3 600,00 gespaar. Die volgende tabel toon haar beplande en werklike syfer
vir die maand van Oktober.
Begroting Werklike
Inkomste Rand Rand
Salaris (Werk voltyds) 7 500,00 7 500,00
Lone (Deeltydse werk oor naweke) 500,00 650,00
TOTAAL R8 000,00 R8 150,00
Uitgawes
Spaar vir Kersfees 400,00 400,00
Huurbydrae vir gemeenskaplike
woning 2 500,00 2 500,00
Water en elektrisiteit (deel) 275,00 300,00
Terugbetaling van haar studielening 2 000,00 2 000,00
Bydrae vir gemeenskaplike
kruideniersware 1 600,00 1 600,00
Selfoonkontrak 340,00 340,00
Bydrae vir petrol vir pendelvoertuig 330,00 300,00
Toiletware 230,00 230,00
Onthaal/Vermaak 325,00 375,00
Aanlyn-klere-aankope 300,00
2.1.1 Definieer die term begroting. (2)
2.1.2 Gee TWEE ander bronne van inkomste vir huishoudings, uitsluitend
salaris. (2)
2.1.3 Bespreek hoe die huishoudelike samestelling / die tipe huishouding
haar uitgawepatroon beïnvloed het. (4)
2.1.4 Identifiseer TWEE vaste uitgawes en TWEE veranderlike uitgawes.
Tabuleer soos volg.
Vaste Veranderlike
(2) (2) (4)
2.1.5 Evalueer die begroting. Vergelyk die beplande uitgawes met die
werklike uitgawes en gee TWEE regstellende stappe om die
begroting te balanseer. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 9
2.2 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Shane gebruik sy kredietkaart om vir baie van sy goedere en dienste te betaal.
Hy het na die plaaslike elektroniese winkel gegaan om ƌ televisie met sy
kredietkaart te koop. Hy het weer oor sy kredietperk gegaan en sal rente op
die uitstaande bedrag aan die bank skuld. Hy sal nie die rente vir ƌ paar
maande kan betaal nie, want hy het nog skuld op twee winkelkaarte. Hy besluit
om hulp by een van die skuldberaders te soek.
2.2.1 Gee TWEE nadele aan Shane vir die gebruik van ƌ kredietkaart vir sy
aankope. (2)
2.2.2 Identifiseer die kredietvoorsiener in die gevallestudie. (1)
2.2.3 Die Nasionale Kredietwet (NKW) dien om die verbruiker te beskerm.
Noem EEN area wat die NKW in die geval van kredietkaarte stipuleer. (1)
2.2.4 Verduidelik hoe die skuldberader se diens Shane sal help. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Sardyntjies is bekend as ƌ gesonde dierlike proteïen voedselbron.
3.1.1 Gee TWEE ander dierlike proteïenbronne. (2)
3.1.2 Noem die vitamien wat slegs in dierlike produkte gevind word. (1)
3.1.3 Gee ƌ essensiële vetsuur wat in vis voorkom en gee EEN funksie
van hierdie vetsuur. (2)
3.1.4 Verduidelik hoe sardyntjies hoë biologiese waarde het. (3)
3.2 Verwys na die onderstaande illustrasies en beantwoord die vrae wat volg.
A – Advokadopeer B – Room
[Bron: Google images]
Vergelyk die tipe vet wat in die voedsel gemerk A en B gevind word.
Tabuleer jou antwoord soos volg.
A – Advokadopeer B – Room
Tipe vet (1) (1)
Effek op bloed
cholesterolvlakke (1) (1)
ƌ Ander voedsel-item
voorbeeld van hierdie tipe
vet (1) (1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 11
3.3 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Voldoende voeding is belangrik vir genoegsame groei en ontwikkeling
gedurende die jong volwasse jare. Vandag se tieners eet meer as die
aanbevole hoeveelhede vet, bygevoegde suikers, eenvoudige koolhidrate en
onvoldoende hoeveelheid vesel, yster en kalsuim. Die fokus op die insluiting
van belangrike nutriënte in die dieet van jong volwassenes sal hulle help om
meer energiek en gesonder te wees.
[Aangepas uit healthyeating.sfgate.com]
3.3.1 Meld die hooffunksie van kalsuim en lys TWEE nutriënte wat saam
met kalsium werk om dit meer effektief te maak. (4)
3.3.2 Verduidelik waarom ƌ jong volwasse vrou meer yster benodig as ƌ
man van dieselfde ouderdom. (2)
3.3.3 Beskryf die rol van yster in die voorkoming van moegheid wat ƌ
simptoom van ystertekort (anemie) is. (4)
3.3.4 Bespreek die implikasies wanneer jong volwassenes meer
bygevoegde suiker, eenvoudige koolhidrate en onvoldoende
hoeveelheid volgraan in hul dieet inneem. (3 x 2) (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Verwys na die onderstaande illustrasies en beantwoord die vrae wat volg.
Vertikaal
gestreepte
hemp
Lang jas
Lospassende
tapered broek
[Bron: Google images]
4.1.1 Meld TWEE tekstielafwerkings wat gebruik kan word om die voorkoms
van die katoen-materiaal waarvan die hemp gemaak is, te verbeter. (2)
4.1.2 Die jas is van wol gemaak. Bespreek EEN veseleienskap wat die jas
gemaklik sal maak om te dra. (2)
4.1.3 Identifiseer die dominante lyn in die hemp en gee die effek wat dit op
die liggaam sal hê. (3)
4.1.4 Bespreek hoe ritme in die uitrusting verkry is. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 13
VRAAG 5: INTERIEUR
5.1 Verwys na die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: Google images]
5.1.1 Definieer die term tekstuur. (2)
5.1.2 Bespreek die effek wat die tekstuur van die kopstuk van die bed op die
kamer sal h۶. (2)
5.1.3 Die bedlamp in die prent is ƌ soortgelyke styl as die lamp in die
voorbeeld hieronder getoon. Bespreek hoe die ontwerpbeginsel
proporsie op die lamp toegepas is. (3)
[Bron: Google images]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
5.2 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Betty het beperkte spasie in haar hangkas. Sy moet ƌ houer vir haar kamer
aankoop waarin sy al haar winterklere kan wegpak. Sy wil ƌ verantwoordelike
omgewingsvriendelike verbruiker wees wanneer sy ƌ keuse maak. Sy het haar
keuses tot die volgende drie opsies beperk.
A – Houtkis B – Rottang
C – Plastiek
Vergelyk die drie houers volgens die geskiktheid van haar behoefte en of dit
van ƌ ekovriendelik materiaal vervaardig is. Tabuleer jou antwoord soos volg.
Kriteria A – Houtkis B – Rottang C – Plastiek
Geskiktheid vir
behoefte (1) (1) (1)
Ekovriendelik (1) (1) (1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 15
5.3 Bestudeer die onderstaande meubelplan en beantwoord die vrae wat volg.
5.3.1 Noem die sone wat deur die sitkamer verteenwoordig word. (1)
5.3.2 Identifiseer EEN ander aktiwiteit behalwe die geselsarea waarvoor
daar in die kamer voorsiening gemaak word. (1)
5.3.3 Bespreek die verskillende soorte beligtingstipes wat in die vertrek
sigbaar is. (4)
5.3.4 Evalueer die meubelrangskikking van die vertrek. (6)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
QUESTION 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Toe Angie in graad 8 was het haar ouma haar die basiese
grondslag/vaardigheid van naaldwerk geleer. Oor die afgelope jare het sy ƌ
basiese patroon gebruik om klere te maak. Met die uitbreek van die
coronavirus in Suid-Afrika het sy besluit om gesigsmaskers te maak. Sy het
navorsing op die internet gedoen en het twee ontwerpe geskep. Die een
ontwerp is waar die masker, met rek oor die ore gaan en die ander een is
waar die masker met rek oor die kop gaan. Sy het ou kussingslope gehad vir
die materiaal wat opgesny kan word, en dit was ƌ goeie kwaliteit
styfgeweefde katoen. Sy het dit uitgetoets om seker te maak dat dit gemaklik
is en dat dit maklik is om deur die materiaal asem te haal. Haar vriend het
haar gevra om vir haar ƌ masker te maak. Sy het gou met die toename van
die pandemie besef dat daar ƌ behoefte aan maskers is. Deur maskers te
verkoop kon sy ƌ finansiële bydrae tot die familie inkomste lewer. Sy was vol
vertroue en het haar maskers op sosiale media bemark. Sy was oorweldig
met mense wat maskers wou bestel.
Sy wou h۶ die maskers moet herbruikbaar, wasbaar, die verspreiding van
COVID-19 beperk, sowel as om mense teen stof te beskerm en met sinus-
lyers help. Sy moet haar produksiekoste dek maar die verkoopprys moet
bekostigbaar wees. Sodra die ou kussingslope opgebruik is om herbewonne
maskers te maak, sal sy haar winste gebruik om goeie kwaliteit katoen te
koop. Sy het ook besluit om haar gemeenskap te help deur een masker vir
elke twee maskers wat sy verkoop, aan behoeftiges te skenk.
Sy was seker dat daar in die toekoms nog ƌ aanvraag vir die maskers sal
wees, omdat sy dit ƌ stylvolle modebykomstigheid sal maak.
[Eksaminator se eie teks]
6.1.1 Noem TWEE eienskappe wat Angie besit, wat positiewe sterkpunte
van ƌ entrepreneur is. (2)
6.1.2 Identifiseer TWEE groepe mense waarby die maskers sal aanklank
vind, behalwe die mense wat beskerming teen die virus wil h۶. (2)
6.1.3 Noem enige DRIE P’s in die bemarkingsamestelling en gee ƌ
voorbeeld vanuit die gevallestudie vir elkeen. (6)
6.1.4 Identifiseer die stadium waar die maskers in produklewensiklus sal
wees in die volgende voorbeelde uit die gevallestudie:
(a) Sy het haar maskers op sosiale media bemark (1)
(b) Daar sal nog ƌ groot aanvraag wees en sy kan hulle as ƌ
stylvolle modebykomstigheid maak (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 17
6.1.5 Bespreek hoe haar maskers ƌ mededingende voordeel tydens die
pandemie toe maskers vereis was, gehad het. (4)
6.2 Angie se vereistes en die koste van die materiaal en die verpakking van tien
maskers is soos volg.
VEREISTES KOSTES
Materiaal: benodig 1 meter R79,99 per meter
Garing benodig: ¼ tol R15,65 per tol
Rek: 3 meters R5,95 per meter
Etiket: pak van 10 R2,70
Verpakking: pak van 10 R10,00
6.2.1 Bereken die produksiekoste vir 10 maskers. (3)
6.2.2 Bereken die wins op 10 maskers as sy 75% wins maak. (3)
6.2.3 Bereken die verkoopprys van EEN masker. Rond tot die naaste rand
af. (3)
[25]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
VERBRUIKERSTUDIES
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
Hierdie nasieriglyn bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 1.1.1 B3
1.1.2 D3
1.1.3 D3
1.1.4 A3
1.1.5 C3
1.1.6 A3
1.1.7 C3
1.1.8 B3
1.1.9 A3
1.1.10 D3
1.1.11 B3
1.1.12 C3
1.1.13 C3
1.1.14 D3
1.1.15 A3
1.1.16 A3
1.1.17 D3
1.1.18 C3
1.1.19 B3
1.1.20 B3 (20 x 1) (20)
1.2 1.2.1 C3
1.2.2 F3
1.2.3 A3
1.2.4 E3
1.2.5 G3 (5 x 1) (5)
1.3 B, C, E 999 (Enige volgorde) (3 x 1) (3)
1.4 1.4.1 Sosiale- (sekuriteit) toelae 9
1.4.2 Piramiede skema 9
1.4.3 Beklemtoning / Fokuspunt 9
1.4.4 Harmonie 9 (4 x 1) (4)
1.5 A C F 999 (3 x 1) (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSSTUDIES 3
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 2.1.1 Definisie van begroting
ƌ Uitgawe plan / gedetaillerde uiteensetting vir ƌ spesifieke periode
oor tyd waar 9 die inkomste en uitgawes geskat / beplan word. 9 (2)
2.1.2 Twee ander bronne van inkomste
Tydelike lone, sosiale toelae, pensioen, WVF, staatspensioen,
beleggings / besigheidswins, byvoordele, inkomste vanuit
produkte 99 (Enige 2) (2)
2.1.3 Bespreek hoe die huishoudelike samestelling / tipe huis-
houding haar uitgawepatroon beïnvloed het
Nwabisa deel met 2 ander vriende / daar is 3 van hulle wat deel. 9
Al 3 verdien ƌ inkomste 9 daarom sal daar meer besteebare
inkomste wees. 9
Haar uitgawes sal op vakansies, sosiale aktiwiteite en
klere 9 wees want sy het geen afhanklikes nie. 9 (Enige 4) (4)
2.1.4 Vaste Veranderlike
Huur 9 Water en elektrisiteit 9
Studielening 9 Kruideniersware 9
Selfoonkontrak Petrol
Toiletware
Onthaal
(Enige 2) (2) (Enige 2) (2) (4)
2.1.5 Evalueer die begroting
x Sy het R8 150 9 en sy spandeer R8 355 9
x Sy het ƌ tekort van R345 9
x Sy spandeer meer as wat sy beplan het op water en op
elektrisiteit/ R25 meer 9 en R50 meer op onthaal/vermaak 9
x Sy spandeer R300 op aanlyn-aankope (klere) wat sy nie voor
begroot het nie 9
x Sy spandeer minder op petrol / R30 minder 9 (Mak. 4)
Regstellende stappe
x Sy moes nie aanlyn klere gekoop het nie want dan sou haar
begroting gebalanseer het 9
x As sy moes klere gekoop het, dan moes sy minder op
onthaal/vermaak gespandeer het 9/ kyk of sy luukshede in
plaas van kruideniersware koop 9
x Sy moet beoog om R800 (10%) te spaar 9
x Sy het nie geld weggesit vir die onverwagte / noodgevalle
nie 9
x Mag ƌ bietjie meer spaar deur ƌ fliek by die huis te kyk in plaas
van om uit te gaan / uiteet 9 (Mak. 2) (6)
LET WEL: Die vraag stel dat TWEE regstellende stappe gegee
moet word – GEEN volpunte tensy stappe ingesluit
is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
2.2 2.2.1 Nadele van kredietkaarte
x Hy sal rente betaal as hy nie die bank op die gegewe datum van
die maand betaal nie 9
x Rente is hoër op ƌ kredietkaart / dit is duurder 9
x Maklik om oor te bestee 9
x Onverantwoordelik gebruik van die kaart lei tot skuld/ finansiële
las 9 (Enige 2) (2)
2.2.2 Kredietvoorsiener
Die bank 9 (1)
2.2.3 NKW stipulasie
Hulle stipuleer die maksimum rente/koste van krediet wat gevra kan
word. 9 (1)
2.2.4 Verduidelik hoe die skuldberader se diens Shane sal help
x Hulle sal ƌ assessering doen om te bepaal of hy in skuld is 9
x Hulle sal hom bystaan om ƌ terugbetalingsooreenkoms met die
bank te maak 9
x Hulle sal hom help om ƌ begroting te beplan 9
x Hy sal ƌ uitklaringsertifikaat ontvang as sy skuld klaar betaal
is 9 (Enige 3) (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSSTUDIES 5
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 3.1.1 TWEE ander dierlike produkte
Vleis, pluimvee, eiers, melk en melkprodukte/kaas 99 (Enige 2) (2)
3.1.2 Vitamien slegs in dierlike proteïen
Vitamien B12 9 (1)
3.1.3 Vetsure en funksie
Omega-3 / linoliensuur OF Omega-6 / linoliensuur 9
Noodsaaklik vir groei / breinontwikkeling /nodig vir goeie gesondheid 9 (2)
3.1.4 Hoë biologiese waarde
Die proteïn in die sardyntjies kan die liggaamsweefsel onderhou / herstel
en verskaf groei. 9 Dit is hoog wanneer die proteïene al 8 / die essensiële
aminosure 9 bevat wat ƌ beter kwaliteit proteïene maak / volledige
proteïene. 9 (Enige 3) (3)
3.2 Tipe vette
A – Advokadopeer B – Room
Tipe vet Mono-onversadige 9 Versadigde 9
Effek op die bloed- Verlaag die bloed- Verhoog die bloed-
cholesterolvlakke cholesterolvlakke 9 cholesterolvlakke 9
Ander voedsel- Visolie Vleis, hoender, sekere vis-
items voorbeeld Olyfolie, canolia-olie, olie, spek, eiers en botter,
van hierdie tipe vet grondboontjie-olie, Versteek in melk en kaas
grondboontjie,
pekanneute, amandels
Enige 1 voorbeeld 9 (1) Enige 1 voorbeeld 9 (1) (6)
LET WEL: Minus -1 punt indien nie getabuleer nie.
3.3 3.3.1 Hooffunksie van kalsuim
Help met die vorming van sterk bene 9en tande 9
TWEE nutriënte wat saam met kalsuim werk
Fosfor 9 en Vitamiene D 9 (4)
3.3.2 Vrou – meer yster nodig
Met menstruasie 9 yster gaan verlore / vergoed vir ysterverlies 9 (2)
3.3.3 Bespreek die rol van yster in die voorkoming van moegheid wat ƌ
simptoom van ystertekort (anemie) is
Yster is nodig vir die vorming van haemoglobien 9wat suurstof
na die selle/weefsels dra 9
As suurstof nie die selle bereik nie sal hulle nie energie hê nie / kan nie
goed funksioneer nie 9 en moegheid skop in.
Hemoglobien word in rooibloedselle gevind. 9 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
3.3.4 Bespreek die implikasies wanneer jong volwassenes meer
bygevoegde suiker, eenvoudige koolhidrate en onvoldoende
hoeveelheid volgraan in hul diet inneem.
Te veel suiker lei tot tandverrotting,9 en veroorsaak oorgewig 9 omdat
die oortollige energie in vet omgesit word. 9 Dit sal na ƌ gevoel van
versadiging lei wat veroorsaak dat minder voedsame voedsel geeët sal
word. 9 (Mak. 2)
Oortollige koolhidrate word eers na glikogeen omgesit. 9 As dit nie
gebruik word nie, dit na die vet omgesit word. 9
Eenvoudige koolhidrate is verfynd daarom bevat dit nie vesel nie 9
(Mak. 2)
ƌ Gebrek aan volgraan in ƌ dieet lei na ƌ gebrek in vesel 9 wat nodig
is vir maagbeweging daarom sal hulle aan hardlywigheid, 9
haemorrhoids/aambeie en kolonkanker lei 9
Vesel verhoog die gevoel van versadiging / Daarom sal minder
versnaperinge geëet word.
Kontroleer die bloedglukose-vlakke 9
Speel ƌ rol in die verlaging van cholesterolvlakke 9 (Mak. 2) (3 x 2) (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSSTUDIES 7
VRAAG 4: KLEDING
4.1 4.1.1 TWEE tekstielafwerkings
x Kalendering 9
x Mericerisering 9
x Saniforisering 9 (Enige 2) (2)
4.1.2 Veseleienskappe
Absorpsie. 9 Wol is ƌ natuurlike vesel wat beteken dat dit meer vog
opneem / sweet. 9
OF
Hitte-retensie / swak geleier van hitte. 9 Wol behou liggaams-
temparatuur / voorkom hitteverlies so dit sal warmer wees 9 (2)
4.1.3 Identifiseer die dominante lyn en gee die effek
Vertikale lyn. 9 Verslankingseffek 9 – formele gevoel 9 (3)
LET WEL: Moenie hoogte merk nie omdat strepe slegs in die hemp
voorkom.
4.1.4 Hoe ritme verkry word
Deur herhaling 9 van knope 9 in die jas en die hemp 9
OF
Strepe / vertikale lyne op die hemp
En aanvaar – dit gee beweging van die oog 9 (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 5: INTERIEUR
5.1 5.1.1 Definisie van tekstuur
Tekstuur beskryf die oppervlak-eienskap / kwaliteit van ƌ voorwerp 9
Tekstuur kan visueel (sien) of taktiel (voel) wees 9 (2)
5.1.2 Effek van die tekstuur van die kopstuk op die kamer
Gee ƌ visuele interesantheid / interressante voorkoms 9
Gee informele 9 manlike 9 gevoel (Enige 2) (2)
5.1.3 Bespreek die ontwerpbeginsel proporsie wat op die lamp toegepas
is
Die lamp is in ƌ goeie proporsie, 9 dit is 2 : 3 9
Die basis en die skerm is in aanvaarbaar met mekaar en ander 9
Die basis neem 3 dele 9en die skerm 2 9 op wanneer die totale
hoogte in 5 gelyke dele verdeel word (Enige 3) (3)
5.2 Meubel afwerking
Kriteria A – Hout B – Rottang C – Plastiek
Geskiktheid Het ƌ deksel om Geen deksel – stof Het ƌ deksel om stof
van behoefte stof uit te hou/ kan op klere uit te hou 9
groot genoeg / vergader 9 Kan klere plat pak /
kan klere vorm 9 Delikate klere kan reghoekig vorm 9
platpak / aan growwe rante Ligte boks as sy dit
vierkantig vorm 9 haak wil beweeg 9
sterk 9 Reghoekige vorm
beperkinge om die
klere plat te l۶
(Enige 1)
(Enige 1) (Enige 1)
Ekovriendelik Her-gebruikbaar / Riet groei vinnig 9 Nie bio-afbreekbaar
herwinbaar / Gebruik min water Wanneer gebrand
hernubaar 9 om te groei 9 word stel dit toksiese
vlamme vry so dit
besoedel dit die lug 9
(Enige 1) (Enige 1) (Enige 1) (6)
LET WEL: Vir geskiktheid merk ENIGE logiese antwoord.
5.3 Meubelplan
5.3.1 Zone
Sosiale sone / publiek 9 (1)
5.3.2 EEN Aktiwiteite
Studeer / werkarea 9
Ontspanning / leeshoekie 9 (Enige 1) (1)
5.3.3 Verskillende soorte beligtingstipe
Natuurlike beligting: 9 Voorsiening gemaak – twee groot vensters en ƌ
skuifdeur 9
Kunsmatige beligting: Daar is een enkele lamp by die 2-sitplek
rusbank en 2 lampe agter die 3-sitplek
rusbank 9
(Enige 4) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSSTUDIES 9
5.3.4 Evaluering van meubelrangskikking
x Die rusbanke is maklik toeganglik / bereikbaar na die koffietafel, 9
die enkele stoel is egter ver van koffietafel af 9
x Die enkele stoel is op sy eie, so die plasing van die meubel is nie
snoesig nie / bevorder nie maklik geselskap nie 9
x Oogkontak is beperk/ mense op die 2-sitplek rusbank sal hul
koppe moet draai om oogkontak met mense op die ander
rusbank te maak 9
x Die mense op die 2-sitplek rusbank kan nie die televisie sien
nie 9
x Die 2-sitplek rusbank blokkeer die toegang tot die venster / oop
en toemaak van gordyne 9
x Die groot 3-sitplek is goed vir die vertrek se vorm geplaas
aangesien daar geen lang muur is waarteen dit staan nie 9
x Spasie tusen die armleunings van die 2 banke is te naby 9
x Die meubels is op die regte skaal / grootte vir die vertrek se
grootte 9
x Voldoende beligting is nie by die lessenaar verskaf nie 9
x Lessenaar moet nader aan die venster vir natuurlike beligting
wees en ƌ studielamp vir werk in die aand 9
x Verkeersvloei; daar is spasie om van deur tot deur te beweeg;
geen obstruksie nie 9
x Daar is ƌ spasie om die middel van die vertrek te beweeg, nie
oorvol nie 9
x Oor die algemeen kan die kamer meer funksioneel wees om die
aktiwiteite in die kamer te akkomodeer 9
(5 punte + 1 gevolgtrekking) (6)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 6.1.1 TWEE eienskappe
x Die vermoë om naaldwerk te doen / ƌ patroon volg 9
x Kreatief 9(maak eie ontwerp en gebruik ou kussingslope)
x Risiko-nemer 9 (Sy het ƌ kans geneem en op sosiale media
geadverteer) 9
x Selfvertroue 9 (Enige 2) (2)
6.1.2 TWEE groepe mense
x Die wat waarde heg aan beskerming teen stof 9
x Die wat met sinus sukkel 9 (2)
6.1.3 Enige 3P’s in die bemarkingsamestelling
Produk 9– Masker 9
Plek 9– Huis 9
Promosie 9– Sosiale media 9
People 9– Teikenmark / die wat maskers gekoop het of mense wil
hulle beskerm teen stof /sinus / coronavirus.
Prys 9– Bekostigbaar 9
(Enige 3 P’s + gepaste 3 voorbeelde) (6)
6.1.4 Produklewensiklus
(a) Bekendstelling 9
(b) Volwasse staduim 9 (2)
6.1.5 Mededingende voordeel
x Vir elke 2 maskers gaan sy een vir ƌ behoeftige gee 9
x Hulle is herbruikbaar en wasbaar 9
x Dit is bekostigbaar 9
x Was nie in winkels beskikbaar nie 9
x Pas goed, beskerm mense teen stof / sinus 9
x Tuisgemaak so moontlik beter kwaliteit 9
x Sy gebruik ƌ dig geweefde katoen / goeie kwaliteit katoen 9
(Enige 4) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) VERBRUIKERSSTUDIES 11
6.2 Berekeninge
6.2.1 Produksiekoste vir tien maskers
Materiaal – R79,99
Garing – R3,91 9 (R15,65 ÷ 4)
Rek – R17,85 9 (R5,95 x 3)
Etikette – R2,70
Verpakking – R10,00
TOTAAL = R114,45 9 (3)
6.2.2 Wins op tien maskers met 75% winsmarge
R114,45 x 75% = R85,84 9
R85,84
R11,45 + 9 9 (3)
R200,29
6.2.3 Verkoopprys van een masker
R200,29 ÷ 10 9 = R20,03 9 = R20,00 9 (3)
LET WEL: As die antwoord nie korrek is in 6.2.1 nie – dra dit oor
en gaan voort om 6.2.2 en 6.2.3 te merk.
-1 as die R-waarde nie in die finale antwoord verskyn
nie. [25]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 11 National Exemplar November 2020 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 11 National Exemplar November 2020 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2020 QP

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 Memo
More from Grade 11 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Con Stu ATP 2023 24

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 QP

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper