Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
NOVEMBER 2013
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentMemorandum 











View all





Dance Studies Grade 12 NSC November 2013 Memo
Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC November Exam 2013, 21 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 329.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 21
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
NOTA AAN NASIENERS/ONDERWYSERS
• In die inhoudsmemorandum is meer inligting verskaf as wat van kandidate verwag
word.
• Die inligting deur kandidate verskaf kan verskil van die memorandum maar steeds
korrek wees. Gebruik professionele oordeel in die assessering van inligting
verskaf.
• Kolpunte ('Bullets') is in die memo gebruik om nasien te vergemaklik.
• Verwys na die vermoënsvlakke in die 'Fokusvraag'-tabel onder elke vraag om die
hoë, medium en lae kognitiewe vlakke, wat in die antwoord verwag word, te
bepaal.
• Nasieners moet nie kandidate vir verkeerde gebruik van grammatika of spelling
penaliseer nie, solank die kandidaat se antwoord duidelik en verstaanbaar is en
aan die nasienkriteria voldoen.
• Anatomiese terminologie, name van choreograwe, komponiste en danswerke moet
korrek gespel wees.
• Hulle mag egter nie volpunte vir opstel-/paragraaftipe vrae kry as daar
grammatika- en spelfoute is en die antwoord nie in die regte formaat geskryf
is nie of nie betekenisvol die vraag beantwoord nie.
• In baie van die kwalitatiewe vrae, waar volledige verduidelikings vereis word, is
een regmerkie nie altyd aan een punt gelyk nie. Halwe punte kan toegeken word.
• Vermy die toekenning van volpunte waar die antwoord oppervlakkig en
minimaal is. Hierdie eksamen is die hoogtepunt van 'n 3 jaar-opleidingsperiode,
van graad 10 tot 12, en die vlak van inspanning wat vereis word, is dieselfde as vir
ander matriekvakke.
• Waar kandidate agterlosige foute gemaak het, bv. nommering, moet die nasiener
en moderator besluit of die kandidaat die betrokke vraag korrek beantwoord het.
• Soek na dit wat die kandidaat weet, nie wat hy/sy nie weet nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING A: DANSGESKIEDENIS EN TEORIE
VRAAG 1
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Funksies van dans LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Noem 4 funksies √ 2
Motivering √ 3
NOTA AAN NASIENERS:
Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van die kandidaat se antwoord
geassesseer word. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat
weet en ken daarvolgens punte toe. Trek 1 punt af in 1.2 indien nie in die korrekte
brief-/notaformaat met ‘n begin en einde geskryf is nie. Dit moet gemotiveer word.
Vermy om volpunte toe te ken as daar grammatika- en spelfoute is.
KRITERIA VIR NASIEN:
Ken ½ punte toe vir elk van die vier funksies genoem – 2 punte. (2)
Ken 3 punte toe vir die motivering van die belangrikheid van dans vir plaaslike politici.
Ten minste drie motiverende redes moet ingesluit word. (3)
[5]
MOONTLIKE FEITE WAT INGESLUIT MOET WORD:
1.1 Funksies:
• Onderwys/Opleiding
• Vermaak
• Fiksheid
• Terapie/Helend
• Ekonomiese bemagtiging
• Viering (Verheerliking)
• Politieke uitdrukking
• Werkverskaffing
• Kommunikasie
(2)
• Uitdrukking van emosies/gedagtes/idees
1.2 Motivering. Baie moontlike antwoorde kan gegee word:
• Sal die gemeenskap 'n plek gee om te oefen – dans en fiksheid
• Sal die gemeenskap 'n plek gee om kreatief hulle emosies deur beweging uit te
druk helend/terapie
• Sal die gemeenskap leer om hulle liggame veilig te gebruik en om selfrespek en
selfvertroue te ontwikkel – fiksheid/onderwys/opleiding
• Sal 'n vorm van vermaak verskaf – hou jongmense besig en van die strate af (3)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 2
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Internasionale danswerk LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Verhalend/abstrak √ 2
Sinopsis/tema/bedoeling √ 3
Styl/gebruik van √ √ 5
ruimte/bewegingswoordeskat
Produksie-elemente, √ √ 6
simboliek
Effektiwiteit 4
NOTA AAN NASIENERS:
Die puntetoekenning sal verskil afhangende van die danswerk wat die kandidaat
gekies het. Die punte wat in die fokusvraagtabel ingesluit is, is 'n riglyn oor hoe om die
20 punte toe te ken. Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van die
kandidaat se antwoord geassesseer word. Kandidate kan meer inligting in een afdeling
as in 'n ander gee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat
weet en ken daarvolgens punte toe. Alle areas moet ingesluit wees vir die kandidaat
om volpunte te verwerf.
KRITERIA VIR NASIEN:
In baie van die kwalitatiewe vrae wat gedetailleerde verduidelikings vereis, is een
regmerkie nie gelyk aan een punt nie. Halfpunte kan toegeken word.
VRAAG 2.6 is 'n hoëvlakvraag. Dit moet ten minste 4 punte toegeken word.
Nasieners moet vermy om volpunte vir 'n antwoord te gee as dit oppervlakkig en
minimaal is.
Kolpunte ('Bullets') is gebruik om nasien te vergemaklik. Nie alle kolpunte sal deur
die kandidaat ingesluit wees nie, afhangende van die danswerk wat die
kandidaat gekies het.
MOONTLIKE FEITE WAT KANDIDATE KAN INSLUIT:
2.1 Geen punte toegeken vir die noem van die werk nie. (1)
2.2 Noem of die werk abstrak of verhalend is.
Verhalend: Apollo, Revelations, Applachian Spring, Ghost Dances, Rooster,
Swan Lake, Le Sacre du Printemps
Abstrak: Agon, Lamentation, Esplanade
• Verhalend – dit het 'n duidelike storielyn (½)
• Abstrak – daar is geen tema of storie/kan die simboliese betekenis wees,
bv. rou ensovoorts. (½)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
2.3 Sinposis/tema/bedoeling. Afhangende van die werk kan dit die volgende
insluit:
• Verduideliking van die choreograaf se bedoeling met die skep van hierdie
werk.
• Agtergrondstimulus vir die skep van die danswerk, soos politieke
stelling/godsdienstige stelling/emosionele stelling, ens. Konteks.
• Tema van die werk.
• Kort beskrywing van die aksie/beweging. (3)
2.4 Styl/gebruik van ruimte/patroonwerk/bewegingswoordeskat:
• Die style gebruik, soos klassieke ballet/kontemporêr/Afrika/volksdanse,
ens.
• Hoe hierdie styl(e) gebruik is noem spesifieke bewegings bv. Dieragtige
bewegings/gebare/mimiek/wieg/stamp/komedie, ens.
• Hoe die verhoogruimte gebruik is, bv. Lamentation – die danser verlaat
nooit die bankie nie/Ghost Dances – die gebruik van die 7 rotsagtige
strukture agter op die verhoog/Swan Lake – patroonwerk is baie
simmetries. (5)
2.5 Produksie-elemente/effektiwiteit en simboliek gebruik afhangende van die
werk gekies.
• Rekwisiete ('Props') – wat dit was/geen gebruik van rekwisiete, bv. leë
verhoog/simboliek, indien enige.
• Stelle – beskryf dit, waar dit geplaas is en watter effek hulle moes
skep/simboliek, indien enige.
• Beligting – die gebruik van ligte/kleur/posisie en die atmosfeer wat dit
geskep het/simboliek, indien enige.
• Kostuums – beskryf en noem die effek wat die kostuums veronderstel was
om te skep/simboliek, indien enige.
• Spesiale effekte indien enige/simboliek, indien enige.
• Musiek – hoe dit die werk versterk. (6)
2.6 Motiveer/Staaf hoe effektief die produksie-elemente was en gee spesifieke
voorbeelde, bv.
• Versterk die atmosfeer
• Skep 'n visuele/ouditiewe beeld van die choreograaf se bedoeling.
• Skep emosionele reaksies by die gehoor.
Neem kennis dat 2.5. en 2.6 mag oorvleul. Ken ‘n ½ punt toe vir elke
produksie-element en ‘n ½ punt vir gedetaileerde beskrywing en 1 punt vir die
simboliese waarde of effektiwiteit indien voorbeelde ingesluit word. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 3
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Suid-Afrikaanse choreograaf LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Inleiding √ 1
Agtergrond/opleiding/invloede √ 4
Herkenbare kenmerke √ 4
Loopbaan √ 3
Samevatting √ 3
NOTA AAN NASIENERS:
Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van die kandidaat se antwoord
geassesseer word. Kandidate kan meer inligting in een afdeling as in 'n ander gee en
in verskillende volgorde. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die
kandidaat weet en ken daarvolgens punte toe.
KRITERIA VIR NASIEN:
Die antwoord moet as 'n prysuitdelingstoespraak geskryf word. Trek ‘n ½ punt van die
inleiding en ‘n ½ punt van die samevatting af as dit nie in hierdie formaat geskryf is nie.
Nommering is aanvaarbaar.
In baie van die kwalitatiewe vrae wat gedetailleerde verduidelikings vereis, is een
regmerkie nie gelyk aan een punt nie. Halfpunte kan toegeken word.
Nasieners moet vermy om volpunte vir 'n antwoord te gee as dit oppervlakkig en
minimaal is.
Kolpunte ('Bullets') is gebruik om nasien te vergemaklik. Nie alle kolpunte sal deur
die kandidaat ingesluit wees nie, afhangende van die choreograaf wat vereer
word.
MOONTLIKE FEITE WAT KANDIDATE KAN INSLUIT:
3.1 Inleiding – noem die choreograaf – geen puntetoekenning
• Waar hy/sy gebore is.
• Waar hy/sy tans gebaseer is.
• Enige ander relevante agtergrondinligting. (1)
3.2 Opeleiding en invloede:
• Sy/Haar dansopleiding – wanneer/waar.
• Style waarin hy/sy opgelei is.
• Geleenthede/tekort aan geleenthede as 'n kind.
• Geselskappe waar hy/sy gewerk het.
• Persoonlike invloede/artistieke invloede. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
3.3 Die dansstyl(e), herkenbare kenmerke/temas wat hierdie choreograaf gebruik:
• Dansstyle gebruik, soos kontemporêr/Afro-fusie/Afrika-/Ballet, ens.
• Kombineer verskillende style in een opvoering/tegniek.
• Tipiese beweging gebruik, bv. mimiek/gebare, kontakwerk, ens.
• Gebruik improvisasie – betrek dansers in die choreografiese proses of
choreografeer op hulle eie – dansers nie betrokke in proses.
• Gebruik van verhoogruimte/onkonvensionele opvoeringsruimtes, ens.
• Tipe musiek/begeleiding gebruik.
• Gebruik van dansers.
• Temas verkies/inspirasiebedoeling.
(4)
3.4 Professionele loopbaan:
• Professionele dansloopbaan.
• Danswerke, geselskappe waar hy/sy opgetree het.
• Choreografiese werke/dansrepertoire en sy/haar belangrikheid om te
dans.
• Affiliasies met ander dansgeselskappe.
• Ander belangrike projekte.
• Adverteer/Bevorder dans in Suid-Afrika en in buiteland.
• Hoe hy/sy die gehoor vermaak het.
• Hoe sy/haar werke 'n verskil aan dans gemaak het.
• Hoe die choreograaf se choreografiese styl die ontwikkeling van dans in
Suid-Afrika beïnvloed het.
• Hoe die choreograaf se werke ander choreograwe geïnspireer het. (3)
3.5
Samevatting: Leerders moet motiveer waarom hierdie choreograaf hierdie
toekenning moet ontvang.
• Prestasies
• Uitreikprogramme – opheffing van gemeenskappe/dans in Suid-Afrika.
• Ontwikkeling van dansgeselskappe
• Ontwikkeling van dansers
• Opleiding in die skole
• Opleidingsprogramme vir jong dansers
• Verskaf loopbane vir dansers
• Ontwikkel nuwe dansstyle
• Maak politieke stelling deur dans
• Ontwikkeling en bydrae tot dans in Suid-Afrika, ens.
• Ander toekennings. (3)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 4
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Inheemse dans LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Noem plek van oorsprong √ √ 1
Proses/doel/deelnemers/waar √ √ 5
en wanneer
Kostuums √ √ 2
Musiek/begeleiding √ √ 2
Simboliese betekenis van die √ √ 4
dans
Besinning √ √ 2
NOTA AAN NASIENERS:
Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van die kandidaat se antwoord
geassesseer word. Kandidate kan meer inligting in een afdeling as in 'n ander gee.
Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en ken
daarvolgens punte toe.
KRITERIA VIR NASIEN:
Kandidate moet oor 'n inheemse Afrika klassieke seremoniële rituele dans
antwoord. Geen punte sal toegeken word as kandidate oor populêre dansvorms, soos
die rubbersteweldans/Pantsula/Kwaito, ens. skryf nie.
In baie van die kwalitatiewe vrae wat gedetailleerde verduidelikings vereis, is een
regmerkie nie gelyk aan een punt nie. Halfpunte kan toegeken word.
Nasieners moet vermy om volpunte vir 'n antwoord te gee as dit oppervlakkig,
minimaal en vaag is/kan na vele verskillende danse verwys.
Kolpunte ('Bullets') is gebruik om nasien te vergemaklik. Nie alle kolpunte sal deur
die kandidaat ingesluit wees nie, afhangende van die danswerk waaroor hulle
antwoord.
MOONTLIKE FEITE WAT KANDIDAAT KAN INSLUIT:
4.1 Noem van dans.
4.2 Plek van oorsprong/area of stam. (1)
.
4.3 Verduideliking van die seremonie:
• Die proses van die rituele seremonie.
• Hoe lank dit duur.
• Doel bv. vrugbaarheid/mondigwording/troue, ens.
• Betekenis van die seremonie vir die gemeenskap
• Deelnemers aan die seremonie.
• Waar en wanneer dit plaasvind. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
4.4 Kostuums/Uitrustings: (ken ‘n ½ punt per item toe)
• Die ontwerp van die uitrustings, bv. kort geplooide rompies, ibeshu
gemaak van diervel, ens.
• Die kleur van die kostuums.
• Bykomstighede, bv. krale, vlieëplak, skild en assegaai, hooftooisel, ens.
• Liggaamsverf/gaatjies, ens. (2)
4.5 Musiek/begeleiding: (ken ‘n ½ punt per instrument toe)
• Die klanke/instrumente gebruik, bv. tromme, enige ander instrumente
gebruik, sang, ululering.
• Die komposisie van die musiek, bv. ritmiese patroon, melodie, vraag en
antwoord, ens.
• Stamp/voetratels/liggaamsperkussie, ens.
(2)
4.6 Leerders moet die gebruik van simboliek identifiseer en die betekenis
verduidelik, bv.:
• Kleure gebruik
• Wat is gedra/items gebruik
• Uitrusting(s) gedra
• Bewegings en die betekenis wat hulle oordra
• Woorde in die liedjies
• Liggaamsverf/versierings/bykomstighede
• Waar die ritueel gehou word/tyd van die ritueel, ens.
(4)
4.7 Besinning – antwoorde moet gemotiveer wees:
• Onderwys/Onderrig as 'n funksie van dans.
• Optrede met die doel om op te voed/op te lei.
• Trots op diverse kulture in Suid-Afrika.
• Verbinding met jou wortels.
• Identifiseer, maak sin uit kontinuïteit
• Blootstelling aan kulture behalwe jou eie. (2)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 5
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Hoofdans/Choreografie LO1 LO2 LO3 LO4 LAAG MEDIUM HOOG
Kenmerke – hoofdans √ √ 7
Beskrywing/voorbereiding van √ √ 3
werk
Choreografiese proses, √ √ 4
elemente en strukture
NOTA AAN NASIENERS:
Leerders sal baie verskillende antwoorde gee. Alle antwoorde moet spesifiek wees en
in besonderhede verduidelik/met duidelikheid.
Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van die kandidaat se antwoord
geassesseer word. Kandidate kan meer inligting in een afdeling as in 'n ander gee.
Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat ken/weet en ken
daarvolgens punte toe.
KRITERIA VIR NASIEN:
Nasieners moet die toeken van volpunte vir 'n antwoord vermy as 'n antwoord
oppervlakkig en minimaal is.
Kolpunte ('Bullets') is gebruik om nasien te vergemaklik. Nie alle kolpunte sal deur die
kandidaat ingesluit wees nie. Hulle is daar om die tipe antwoord wat 'n kandidaat kan
gee, te help lei.
MOONTLIKE FEITE WAT KANDIDATE KAN INSLUIT:
5.1 Stilistiese kenmerke/beginsels van die hoofdans. Sewe faktore wat beskryf
moet word, byvoorbeeld: (Indien gelys ken ‘n ½ punt per kenmerk/beginsel
toe)
• Naam van die hoofdans (geen puntetoekenning nie)
• Beginsels van die hoofdans, bv. gebruik van swaartekrag, uitdraai van die
bene, ens.
• Stilistiese kenmerke, bv.
o Tipe musiek gebruik
o Tipe opvoeringsruimte gebruik
o Tipe kostuums/skoene gedra
o Tipe choreografiese struktuur gebruik, bv.
Klassieke ballet gebruik dikwels verhalende temas
Kontemporêre dans gebruik dikwels abstrakte temas
Afrikadans gebruik dikwels seremoniële inhoud.
Plasing, postuur en liggaamslyn is een beginsel, houding is ‘n
ander beginsel (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
5.2 Waaroor die choreografie gaan, noem bv.:
• Die tema/bedoeling van die werk.
• Wat het die werk geïnspireer?
• Die persoonlike betekenis van die werk.
• Hoe hulle die volgende voorberei het, bv.:
o Idee/bedoeling nagevors
o Werk uit persoonlike ondervinding
o Vind prentjies/gedigte/teks, ens. om idees te stimuleer
o Skryf verskillende idees in die joernaal om te help met beplanning en
voorbereiding
o Oudisies vir dansers
o Bespreek die idee met die dansonderwyser/dansers, ens. om meer
kennis oor die idee/bedoeling/tema te ontwikkel.
• Die musiek, bv.
o Die titel van die musiek was die vertrekpunt.
o Gesoek vir musiek wat pas/idee van die werk versterk, bv.
snaaks/dramaties/liries/jazzy, ens.
• Wat het die idee geïnspireer:
o Beelde uit die natuur kan 'n bron van inspirasie en metafoor wees
o 'n Gedig of storie kan die vertrekpunt verskaf. Beelde wat beweging
genereer kan uit mitologie, klassieke of kontemporêre verhale kom en
selfs uit lewensverhale van dansers.
o Werke van visuele kuns, soos skilderye of foto's. (3)
5.3 Die choreografiese prosesse, elemente en strukture gebruik, bv.
• Elemente van ruimte, tyd, krag:
o Hoe en waar ruimte in die danswerk gebruik is
o Konvensionele/onkonvensionele opvoerruimte gebruik en waarom
o Spasiëring en dansers se formasies
o Hoe musiek gebruik is – die spoed van die bewegings
o Hoe dinamika gebruik is – die krag van die bewegings, soos
sag/sterk/aggressief, ens. en waarom.
o Aanvaar produksie-elemente, bv. beligting, kostumering, rekwisiete,
dekor, musiek
• Die gebruik van improvisasie:
o Eksperimentering met nuwe bewegingswoordeskat.
o Bou vertroue om nuwe maniere van dansmateriaal aanbied,
te probeer.
o Gebruik ruimte op verskillende maniere.
o Dansers werk saam en eksperimenteer deur improvisasie.
• Die gebruik van gebare of mimiek om die betekenis/bedoeling van die
werk te versterk.
• Die gebruik van choreografiese elemente, soos kanon, spieëlbeeld, vraag
en antwoord, eenheid, simmetriese of asimmetriese patroonwerk, rondo, (4)
ens. en verduidelik waarom. [14]
TOTAAL AFDELING A: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 12 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING B: MUSIEKTEORIE
VRAAG 6
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Musiekinstrumente/ LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
kategorieë
Toepassing √ 4
6.1 A of E (1)
6.2 D of F of E (1)
6.3 B (1)
6.4 C (1)
[4]
VRAAG 7
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Musiek van 'n Suid-Afrikaanse LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
danswerk
Instrumentasie/begeleiding √ 2
Genre/styl √ 1
Versterking van danswerk √ 4
7.1 Geen puntetoekenning vir noem van danswerk nie.
7.2 Leerders moet spesifieke instrument(e) (‘n ½ punt per instrument, volle orkes
verdien 1punt)/vokalebegeleiding/liggaamsperkussie/stilte/
spesiale effekte/orkestrasie in die werk gebruik, identifiseer. (2)
7.3
Styl of genre van die musiek, bv. klassiek/jazz/perkussie/volks/
Afrika tradisioneel/spiritueel/gospel, ens. (1)
7.4
Antwoorde moet 'n analise van die volgende insluit:
• Hoe die musiekkwaliteit die bewegings gebruik, beïnvloed.
• Hoe die klankeffekte/stilte die werk versterk.
• Hoe sang/woorde die betekenis van die werk versterk het.
• Hoe die gebruik van musiekelemente die werk versterk. (4)
[7]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 8
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Musieknote LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Waardes √ 4
8.1 (1)
8.2
(1)
8.3
(1)
8.4
(1)
[4]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 9
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Musikaliteit LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Versterk opvoering √ √ √ √ 5
NOTA AAN NASIENERS:
Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Evalueer die antwoord en verduideliking
deur die leerders gegee. Moenie punte toeken vir laevlakantwoorde nie. Die punt word
slegs toegeken indien die antwoord verduidelik hoe die musiek die dans versterk.
Definisie van die elemente is nie noodsaaklik nie. Leerders word gevra om in
besonderhede die musiekelemente in verhouding tot die dans te verduidelik.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
TEMPO
• Verwys na die spoed van die musiek wat die spoed van bewegings sal beïnvloed.
DINAMIEK
• Hoe hard of sag die musiek gespeel word wat die stemming en energie van die
bewegings sal beïnvloed.
• Dit sal die danser lei oor waar om die klem op spesifieke bewegings te plaas.
RITME
• Die gereelde of ongereelde ritmiese patroon van die musiek sal die ritmiese
patroon van die dans beïnvloed.
• Sinkopasie is 'n aksent op die swak-/tussenslag.
• Poliritmiese strukture waar verskeie ritmes gelyktydig gebruik word kan die gehalte
van die beweging beïnvloed aangesien hierdie kruisritmes vreemde of ongereelde
aksente en beklemtoning in die musiek skep.
TOONKLEUR
• Verskillende klankkwaliteite – toonkleur van verskillende instrumente sal help sodat
'n danser die stemming/emosie van die musiek in sy/haar bewegings interpreteer.
FRASERING
• Die tel/groepering van musieknote, soos 3/4, 6/8, 4/4, ens. sal help met ritmiese
interpretasie/groepering van die bewegings uitgevoer.
[5]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 15 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING C: ANATOMIE EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 10
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Terminologie LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Algemene kennis √ √ 6
10.1 Waar (1)
10.2 Femur/Dybeen (1)
10.3 Onwaar (1)
10.4 Enige EEN van die volgende antwoorde:
• Dorsi-fleksie
• Plantaar-fleksie
• Inversie
• Eversie (1)
10.5 Goeie postuur kan insluit: Sametrekking van die abdominale spiere/sterk
kern/kernstabiliteit, scapula word afgetrek/skouers ontspanne, ken parallel
met die vloer.
Verleng die ruggraat om die kop oor die skouers in lyn te stel, die skouers oor
die heupe, die heupe oor die knieë en die knieë oor die middelste toon in lyn
te stel (om 'n reguit lyn te maak).
‘Tucking’ die heupe en plat rug is verkeerd. (2)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 16 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 11
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Voeding LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Voordele van √ √ √ √ 5
voedselgroepe
Voordele van water √ √ √ √ 3
NOTA AAN NASIENERS:
Leerders moet die voedselgroepe noem en verduidelik hoe elke voedselgroep (‘n ½
punt) tot 'n gesonde liggaam bydra en die danser se uitvoering versterk (‘n ½ punt).
MOONTLIKE ANTWOORDE:
11.1 • Proteïene (vleis, vis, eiers) is noodsaaklik vir spierherstel en -groei om die
danser sterk spiere te gee wat nodig is vir uithouvermoë tydens klasse,
ens.
• Komplekse koolhidrate (pasta, brood, rys, ens.) is effektief aangesien
hulle energie stadig en stabiel vrystel wat 'n danser deur baie ure se klas,
repetisies en opvoerings krag gee.
• Vitamiene (groente en vrugte) help om die metabolisme te reguleer en om
vet en koolhidrate in energie om te skakel. Dit is noodsaaklik vir groei en
lewenskrag/energie en gesondheid – deur die danser benodig om siekte
en afwesigheid te voorkom.
• Minerale (groente en vrugte) word benodig vir gesondheid en kan krampe
en moegheid voorkom.
• Vette (olies) – vetweefsel is nodig om noodsaaklike organe, soos die
niere, te beskerm en om die liggaam te isoleer.
• Suiwel (melk, kaas, yogurt) - opbou van bene en gewrigte.
Nota: Vesel en water is nie voedselgroepe nie. (5)
11.2 • Water voorkom dat 'n danser dehidreer wat kan lei tot naarheid, diarree en
braking, duiseligheid en verwardheid, ens.
• 72% van die lenige spier is uit water opgemaak – dit is dus noodsaaklik
dat dansers hulle liggame nie ontwater nie, sodat hulle spiermoegheid kan
voorkom.
• Indien moegheid intree, kan 'n danser nie ten volle konsentreer nie en dit
is dan wanneer beserings meesal voorkom. (3)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 17 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 12
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Omgewingsfaktore/ LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
behandeling van beserings/
voorkoming/komplikasies
Korrekte vloer √ √ 4
Swak tegniek √ √ 2 2
Behandeling – RYKE √ √ 4
Komplikasies √ √ 4
KRITERIA VIR NASIEN:
VRAAG 12.1 Ken ½ punt toe vir elke verkeerde vloer genoem en ½ punt vir hoe dit
beserings sal veroorsaak.
VRAAG 12.2 Ander moontlike antwoorde moet aanvaar word as hulle relevant is.
VRAAG 12.3 RYKE moet in besonderhede verduidelik word om volpunte te verdien.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
12.1 • 'n Betonvloer/Sementvloer tree nie as 'n skokabsorbeerder op nie.
Beserings wat kan voorkom is:
o Daar sal impak op die gewrigte en ruggraat wees elke keer as die
danser spring en land en dit sal lei tot gewrigs- en spinale beserings.
o Skeenbeensplinters
o Gekneusde hakke
o Achilles tendonitis
• 'n Nat vloer skep die gevaar van gly. 'n Danser kan sy/haar enkel
verstuit/breek.
• Te veel hars kan taai plekke op die vloer veroorsaak wat draai moeilik
maak en kan lei tot verstuite knieë of enkels.
• Krake en gate in die vloerplanke kan die vel op die voete oopskeur. (4)
12.2 Baie verskillende voorbeelde kan ingesluit word:
• Tekort aan opleiding – as jy nie 'n goeie kennis het van hoe die liggaam
werk nie, sal jy nie kan verstaan watter bewegings veilig of onveilig is om
te doen nie, soos forsering van die uitdraai van die voet, rol die voete,
verkeerd land na 'n sprong.
• Swak onderrigmetodologie – as jou onderwyser nie jou foute kan sien
en regmaak nie, sal jy dit herhaal en dit kan tot 'n besering lei.
• Gebrek aan voldoende toesighouding – om dansoefeninge uit te voer
sonder 'n bekwame onderwyser kan tot beserings lei want jy sal nie weet
wat is veilig of onveilig nie.
• Weerstand teen verandering – dansers wat nie korreksies kan aanvaar
of wat dit nie wil toepas nie, se risiko vir beserings is groot want hulle sal
die verkeerde tegniek te herhaal.
• Gebrek aan goeie postuur – dit sal die ruggraat en gewrigte strem.
• Gebrek aan komponente van fiksheid – nie in staat om
bewegings/liggaam te beheer nie
• Verkeerde skoene – mag enkel- of voetbeserings veroorsaak
Nota: ‘n relevante voorbeeld van ‘n spesifieke besering behoort gegee te
word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 18 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
12.3 Ken ½ punt vir benoeming en ½ punt vir verduideliking toe.
Die aanbevole behandeling vir die besering sal RYKE wees.
• Rus – help die liggaam met die helingsproses aangesien die energie op
heling gefokus is.
• Ys – moet op die area gesit word so gou as moontlik om swelling te laat
sak. Die koue verminder die pyn, versnel die sirkulasie en help die
helingsproses.
• Kompressie – word gebruik in die vorm van verbande wat vasgedraai
word wat die akkumulasie van vloeistof in die beseerde area voorkom. Dit
is noodsaaklik om die kompressie gereeld te verlig.
• Elevasie – word gedoen om swelling en opdam van bloed in die beseerde
area te voorkom. Dit help ook met die verwydering van vloeistowwe uit die
beseerde area.
• Salf – om die inflamasie te verminder.
Nota: Indien kandidaat slegs RYKE skryf en nie verduidelik, ken slegs 1 punt (4)
toe.
12.4 • Styfheid in die beseerde area – dit kan voorkom dat die danser op die vlak
waar hy/sy voor die besering was, presteer en dat hulle agterraak met
tegniek.
• Wederkerende pyn in die beseerde area – dit kan voorkom dat die danser
gereeld klasse bywoon.
• Verlies aan fiksheid a.g.v. afwesigheid – die danser sal bykomende klasse
moet doen om op te vang en dit kan tot verdere komplikasies lei as die
besering oorwerk word.
• Verlies aan nuwe bewegingsoefeninge – raak agter met tegniek en
bewegingswoordeskat.
• Gewigstoename a.g.v. geen oefening – kan emosionele ontsteltenis en
spanning teweeg bring.
• Verlies aan selfvertroue – raak agter met werk.
• Algemene spiervermindering/spieratrofie – verloor spierkrag. (4)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 19 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 13
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Fiksheidskomponente LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Definisie – uithouvermoë √ √ 1
Kardiorespiratoriese √ √ 2
Spier √ √ 2
Ontwikkel uithouvermoë √ √ 3
Ander komponente √ √ 4 4
13.1 Die vermoë om oor 'n lang tyd te werk (sonder om moeg te word). (1)
13.2 KRU (Kardiorespiratoriese uithouvermoë):
• Die basis van opleiding
• Lewer suurstof aan spierweefsel oor lang tydperke
• 'n Goed gekondisioneerde hartspier pomp 'n groter volume bloed na die
algemene sirkulasie wat die vervoer van suurstof na die spiere en organe
verbeter.
• Verbeter die afbreek van brandstof vir gebruik deur die liggaam. (2)
13.3 SU (Spieruithouvermoë):
• Die vermoë om baie spiersametrekkings in 'n sekere tyd te deurstaan.
• Aktiewe spiere het genoeg suurstof en voedingstowwe nodig om optimaal
te werk.
• Uithouvermoë sal die danser se optrede verbeter omdat alle bewegings
moeiteloos sal lyk. (2)
13.4 Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Party voorbeelde word hieronder
genoem.
KRU (Kardiorespiratoriese uithouvermoë):
• Aërobiese tipes oefeninge wat spronge en bewegings oor die dansvloer
behels.
• Spronge – sal al die spiere van die been behels om swaartekrag uit te
daag.
• Gebruik die oorlaaibeginsel/vergroot die lengte van volgehoue bewegings
in elke sessie.
SU (Spieruithouvermoë):
• Adage-oefeninge – behels die lig en hou van bene in verskillende
posisies.
• Oplig ('Rises')/Pliés – sal die dy- en kuitspiere inspan om krag te ontwikkel
vir spronge en balansering.
• Vloeroefeninge – om spesifieke spiere te teiken, soos om bene te
lig/fleksie en strek van enkels.
• Battements tendus/'brushes'/om bene te lig/grands battements – sal al die
beenspiere in strekposisies behels.
• Armoefeninge/port de bras – sal die krag in die arms en rug ontwikkel om
te help met beheer en vloeiendheid.
• Gebruik die oorlaaibeginsel/vergroot die lengte van volgehoue bewegings
in elke sessie.
• Ander oefeninge, byvoorbeeld aërobiese oefeninge, sport, hardloop (ken
slegs 1 punt toe vir hierdie antwoord). (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 20 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
13.5 • Soepelheid – 'n wye reeks bewegings rondom 'n gewrig (2)
• Krag – die vermoë van 'n spier om krag teen swaartekrag uit te oefen. (2)
• Kernstabiliteit – sterk spiere van die torso om goeie houding/postuur te
handhaaf. (2)
• Neuromuskulêre vaardighede – senuwee-impulse vanaf die brein na die
spiere gestuur om die liggaam te beweeg. (2)
Nota: Ken 1 punt toe vir die benoeming van die komponent en 1 punt vir die
beskrywing.
[16]
VRAAG 14
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Spiere LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Identifisering √ 6
Nota: Indien die anatomiese term nie 100% reg gespel word nie, maar erkenbaar is,
trek 1 punt af vir Vraag 14.
A Sternocleidomastoid (1)
B Deltoid (1)
C Trapezius (1)
D Latissimus dorsi (1)
E Gluteus maximus (1)
F Gastrocnemius (1)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 21 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 15
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE
Gewrigsbewegings/-aksies LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
Analise van beweging √ √ 2 6
15.1 Bal-en-potjie-gewrig (1)
15.2 • Inwaartse/mediale rotasie (waar slegs rotasie ken ½ punt toe) (1)
• Abduksie (1)
15.3 • Uitwaartse/laterale rotasie (waar slegs rotasie ken ½ punt toe) (1)
• Abduksie (1)
15.4 Skarniergewrig (1)
15.5 Ekstensie/strekking (1)
15.6 Fleksie (1)
[8]
TOTAAL AFDELING C: 60
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Dance Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dance Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Dance Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Dance Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2023 Memo (English)
Related documents

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2013 Memo

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2013 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2013 Question Paper

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2023 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2020 Memo
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (English)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper