Skip to content

Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paperDance StudiesGrade 12202414 pages

Grade 12 Dance Studies question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DANSSTUDIES NOVEMBER 2024 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal. 2. AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)  Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4.2.1 en VRAAG 4.2.2. Indien jy albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)  Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.2 en VRAAG 5.3. Indien jy albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Lees elke vraag aandagtig deur en neem kennis van wat vereis word. 5. By vrae waar 'n nasienrubriek verskaf word, neem kennis van wat vereis word. 6. Lees die AKSIEWERKWOORD in elke vraag om te sien wat vereis word. AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS: LAEVLAK-VRAE: kies, definieer, verskaf, beskryf, identifiseer, bespreek, maak 'n lys van MEDIUMVLAK-VRAE: verduidelik, staaf, bespreek, skep, skryf, beskryf, voorstel HOËVLAK-VRAE: evalueer, verduidelik, staaf, analiseer, bespreek, skep, skryf, beskryf in hooftrekke, verskaf 7. Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 8. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:  Slegs in een taal te skryf  Inligting te organiseer en duidelik oor te dra  Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik  Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: BESERINGS Nov 1.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Fraktuur A inflammasie in die tendons 1.1.2 Gebarste vel B 'n haarbreukie in die been 1.1.3 Tendonitis C 'n ligament wat buite sy omvang gedwing word 1.1.4 Verstuiting D skeurtjies in die spiere in die voorkant 1.1.5 Skeenbeensplinters van die onderbeen E skeurtjies in die vel wat deur droogheid veroorsaak word (5 x 1) (5) 1.2 Verduidelik hoe ELK van die volgende veilige danspraktyke beserings voorkom: 1.2.1 Toepassing van korrekte tegniek(e) (3) 1.2.2 Volg klaskonvensies (3) 1.3 Evalueer hoe die volg van 'n langtermynbehandelingsplan, gedurende die herstel van 'n besering, 'n danser kan beïnvloed. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID 2.1 Definieer ELK van die komponente van fiksheid hieronder: 2.1.1 Krag (1) 2.1.2 Spieruithouvermoё (1) 2.1.3 Soepelheid (1) 2.1.4 Neuromuskulȇre vaardighede (1) 2.2 Maak 'n lys van VIER maniere waarop 'n danser soepelheid, deur middel van strekking, kan verhoog. (4) 2.3 Verduidelik hoe die komponente van fiksheid vir goeie danstegniek voordelig is. Staaf jou antwoord met voorbeelde. (4) 2.4 Verwys na die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: https://twitter.com/NZschoolofdance/status/1592020957681848322] 2.4.1 Analiseer hoe die dansers kinestetiese bewustheid en ruimtelike bewustheid in die foto hierbo gebruik. (4) 2.4.2 Verduidelik hoe die dansers krag kon ontwikkel het om die beweging(s) wat in die foto hierbo getoon word, uit te voer. Staaf jou antwoord met voorbeelde. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG 3.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 3.1.1 Watter voedsel is 'n hoofbron van proteïene? A Aartappelskyfies B Lemoene C Bone D Witbrood (1) 3.1.2 Watter EEN van die volgende word as 'n komplekse koolhidraat beskou? A Hoender B Bruinrys C Olyfolie D Tuna (1) 3.1.3 Watter voedselgroep verskaf noodsaaklike voedingstowwe vir gesonde bene? A Suiwel B Koolhidrate C Groente D Graan (1) 3.1.4 Watter bron reguleer liggaamstemperatuur? A Avokado's B Kafeïen C Sjokolade D Water (1) 3.1.5 Watter voedselgroep isoleer en beskerm die lewensbelangrike organe van die liggaam? A Proteïene B Vette C Vrugte en groente D Vesel (1) 3.2 Stel maniere voor waarop inklusiwiteit en diversiteit in die dansklas bevorder kan word. (5) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 4: DANSOPVOERING 4.1 Bespreek hoe toewyding, fokus en/of konsentrasie dansopvoering beïnvloed. (5) 4.2 Jy is gevra om jou skool se sosialemedia-rekeninge vir 'n komende talentvertoning te bestuur. Jou eerste taak is om opvoeringsvaardighede wat vir 'n dansoudisie benodig word, te beklemtoon. LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4.2.1 en VRAAG 4.2.2. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. 4.2.1 Skep 'n visuele sosialemedia-plasing wat die belangrikheid van ELK van die opvoeringsvaardighede hieronder beklemtoon.  Dinamiek  Verpersoonliking  Akuraatheid/Duidelikheid van beweging (10) LET WEL: Jy hoef NIE kleur in jou ontwerp te gebruik NIE. NASIENRUBRIEK KRITERIA  Kreatiewe ontwerp, visueel geskik vir sosiale media HOЁ VLAK  Diepgaande begrip van die opvoeringsvaardighede 7–10  Uitstekende voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings- vaardighede is verskaf  Voldoende/Goeie ontwerp, sommige visuele aspekte geskik vir MEDIUM sosiale media VLAK  Voldoende/Goeie begrip van die opvoeringsvaardighede 4–6  Voldoende/Goeie voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoeringsvaardighede word verskaf  Minimale/Geen ontwerp en minimale/geen begrip van visuele aspekte wat vir sosiale media geskik is (nie) LAE VLAK  Minimale/Geen begrip van die opvoeringsvaardighede (nie) 0–3  Minimale/Geen voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings- vaardighede word verskaf (nie) OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 4.2.2 Skryf 'n teks vir 'n sosialemedia-video wat die belangrikheid van ELK van die opvoeringsvaardighede hieronder beklemtoon.  Oorgang/Vloei  Uitdrukking  Teenwoordigheid/Projeksie (10) NASIENRUBRIEK KRITERIA  Uitstekende vloei van teks met geskikte taalgebruik vir sosiale media HOЁ  Diepgaande begrip van die opvoeringsvaardighede VLAK 7–10  Uitstekende voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings- vaardighede word verskaf  Voldoende/Goeie vloei van teks met taalgebruik wat tot 'n mate geskik MEDIUM is vir sosiale media VLAK  Voldoende/Goeie begrip van die opvoeringsvaardighede 4–6  Voldoende/Goeie voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoeringsvaardighede word verskaf  Minimale/Geen vloei van teks met minimale/geen begrip van LAE taalgebruik vir sosiale media (nie) VLAK  Minimale/Geen begrip van die opvoeringsvaardighede (nie) 0–3  Minimale/Geen voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings- vaardighede word verskaf (nie) [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE 5.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 5.1.1 (Kanon/Asimmetrie) behels dat dansers dieselfde beweging- sekwens, die een na die ander, uitvoer. (1) 5.1.2 (Stilte/Oorgang) is 'n oomblik wat in 'n dans gebruik word om spanning of fokus te skep. (1) 5.1.3 (Ineengevlegte vorms/Motiewe) is vorms wat geskep word waar twee of meer dansers mekaar se negatiewe ruimte vul. (1) 5.1.4 (Klimaks/Simmetrie) is die hoogste punt van intensiteit, emosie of energie in 'n dansstuk. (1) 5.1.5 (Patroonvorming/Unisoon) behels dat alle dansers gelyktydig dieselfde bewegings uitvoer. (1) 5.1.6 (Herhaling/Sekwensie) verwys na die volgorde waarin bewegings, motiewe en frases saamgevoeg word. (1) LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.2 en VRAAG 5.3. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. 5.2 Bespreek hoe improvisasie jou vaardighede en vermoёns as 'n danser en/of choreograaf kan verbeter. (5) OF 5.3 Bespreek hoe konvensionele en/of niekonvensionele opvoerruimtes choreografie affekteer. (5) LET WEL: VRAAG 5.4 en VRAAG 5.5 is VERPLIGTEND. 5.4 Verduidelik die rol van navorsing wanneer 'n choreografie beplan word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 5.5 Die Departement van Onderwys is die gasheer vir 'n geleentheid wat op die belangrikheid van kunsopvoeding in skole sal fokus. In reaksie op die advertensie hieronder, beskryf in hooftrekke jou idee vir 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre opvoeringstuk om vir kunsopvoeding voorspraak te maak. (10) LET WEL: Die nasienrubriek vir VRAAG 5.5 is op bladsy 10. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik NASIENRUBRIEK KRITERIA  Diepgaande begrip van 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre opvoeringstuk HOЁ  Uitstekende vermoё om 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre VLAK opvoeringstuk, wat vir kunsopvoeding voorspraak maak, in hooftrekke 7–10 te bespreek  Verskaf 'n wye verskeidenheid innoverende/kreatiewe voorbeelde om die idee te ondersteun  Voldoende/Goeie begrip van 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre opvoeringstuk MEDIUM  Voldoende/Goeie vermoё om 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre VLAK opvoeringstuk, wat vir kunsopvoeding voorspraak maak, in hooftrekke 4–6 te bespreek  Verskaf 'n paar innoverende/kreatiewe voorbeelde om die idee te ondersteun  Minimale/Geen begrip van 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre opvoeringstuk (nie) LAE  Minimale/Geen vermoё om 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre VLAK opvoeringstuk, wat vir kunsopvoeding voorspraak maak, in hooftrekke 0–3 te bespreek (nie)  Verskaf minimale/geen voorbeelde om die idee te ondersteun (nie) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID 6.1 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur 'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. choreograaf; dansterapeut; dansnavorser; danskritikus; dansvideograaf; professionele danser 6.1.1 Voer gechoreografeerde roetines in verskillende omgewings uit (1) 6.1.2 Skep danswerke om 'n bedoeling oor te dra (1) 6.1.3 Gebruik dans om mense te help om probleme wat verband hou met fisiese, emosionele en/of geestesgesondheidskwessies, op te los (1) 6.1.4 Woon dansvertonings by, evalueer en skryf resensies oor dansvertonings (1) 6.1.5 Raadpleeg argiewe, voer onderhoude met dansers en skryf artikels wat tot die akademiese begrip van dans bydra (1) 6.1.6 Neem visuele inhoud van dans op, redigeer dit en deel dit op digitale platforms (1) 6.2 Verduidelik die belangrikheid van die vaardighede wat nodig is om 'n dansonderwyser/dansinstrukteur te wees. Staaf jou antwoord met voorbeelde. (4) 6.3 As 'n Dansstudies-leerder het jy oor verskillende dansvorme geleer. 6.3.1 Identifiseer TWEE dansvorme. (2) 6.3.2 Beskryf hoe die volgende dansbeginsels verskillend gebruik word in die TWEE dansvorme wat in VRAAG 6.3.1 geïdentifiseer is:  Gebruik van die kop  Gebruik van die arms  Swaartekrag  Liggaamshouding (4 x 2) (8) 6.4 Gee 'n mening oor of die fusie/samesmelting van dansvorme vir dans voordelig is. Staaf jou antwoord. (5) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 7: DANSWERK Kies EEN danswerk wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder. INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE Alvin Ailey Revelations Christopher Bruce Ghost Dances George Balanchine Apollo Martha Graham Lamentation SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE Alfred Hinkel Bolero OF Cargo Gregory Maqoma Four Seasons OF Skeleton Dry Hazel Acosta Blood Wedding Mavis Becker Flamenco de Africa Sylvia Glasser Tranceformations Veronica Paeper Orpheus in the Underworld Vincent Mantsoe Gula Matari Noem die danswerk wat jy gekies het en beantwoord die vrae wat volg. 7.1 Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe die choreograaf produksie-elemente gebruik het om die simboliese betekenis van die danswerk te kommunikeer. (15) LET WEL: Die nasienrubriek vir VRAAG 7.1 is op bladsy 13. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 13 DBE/November 2024 NSS Vertroulik NASIENRUBRIEK KRITERIA  Uitstekende vloei en organisering van inligting UITSTEKEND  Diepgaande begrip van hoe produksie-elemente simboliese 12–15 betekenis oordra  Verskaf 'n wye verskeidenheid voorbeelde wat gestaaf is  Goeie vloei en organisering van inligting BEDUIDEND  Goeie begrip van hoe produksie-elemente simboliese betekenis 10–11 oordra  Verskaf 'n verskeidenheid voorbeelde wat gestaaf is  Voldoende vloei en organisering van inligting VOLDOENDE  Voldoende begrip van hoe produksie-elemente simboliese 8–9 betekenis oordra  Verskaf 'n aantal voorbeelde wat gestaaf is  Basiese vloei en organisering van inligting BEVREDIGEND  Basiese begrip van hoe produksie-elemente simboliese 5–7 betekenis oordra  Verskaf 'n aantal voorbeelde wat gestaaf is/nie gestaaf is nie  Minimale/Geen vloei en organisering van inligting (nie) NIE BEHAAL  Minimale/Geen begrip van hoe produksie-elemente simboliese NIE betekenis oordra (nie) 0–4  Minimale/Geen voorbeelde word verskaf (nie) 7.2 Verduidelik hoe die choreograaf ruimte en/of krag gebruik het om die tema(s) of idee(s) in die danswerk uit te beeld. (5) 7.3 Gee 'n mening oor of die danswerk 'n positiewe invloed in die hedendaagse konteks het. Staaf jou antwoord. (5) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 14 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 8: CHOREOGRAAF Kies EEN choreograaf wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder. SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE INTERNASIONALE CHOREOGRAWE Alfred Hinkel Alvin Ailey Gregory Maqoma Christopher Bruce Hazel Acosta George Balanchine Mavis Becker Martha Graham Sylvia Glasser Veronica Paeper Vincent Mantsoe Noem die choreograaf wat jy gekies het en beantwoord die vrae wat volg. 8.1 Verskaf inligting oor die agtergrond en vroёe dansopleiding van die choreograaf. (5) 8.2 Bespreek die choreograaf se persoonlike en artistieke invloede regdeur sy/haar professionele loopbaan. (5) 8.3 Evalueer die choreograaf se impak op die funksies van dans in die samelewing. (5) [15] TOTAAL AFDELING B: 90 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all