Skip to content

Dance Studies Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paperDance StudiesGrade 12202211 pages

Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2022

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN DANSSTUDIES 2021 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/2021 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met NEGE vrae in totaal. Beantwoord slegs AGT vrae soos volg: AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)  Beantwoord VIER van die vyf vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 3 en VRAAG 4. Indien jy albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)  Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 7.3(a) en VRAAG 7.3(b). Beantwoord slegs EEN van die vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 3. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word. 4. Skryf jou antwoord in volsinne indien jy gevra word om te verduidelik/ breedvoerig te skryf/te beskryf/te ontleed/te evalueer/te vergelyk, ens. Eenwoordantwoorde sal NIE aanvaar word NIE. 5. Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:  Slegs in een taal te skryf  Inligting te organiseer en duidelik oor te dra  Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word  Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/2021 SS/NSS AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: DANSBESERINGS (VERPLIGTEND) 1.1 Noem EEN besering wat in die danser se kniegewrig kan voorkom. (1) 1.2 Kies EEN van die letters in R Y K E. Verduidelik hierdie letter en hoekom dit in die onmiddellike behandeling van 'n besering gebruik word. (1) 1.3 Om 'n kniegewrigbesering in die dansklas te voorkom, verduidelik DRIE veilige danspraktyke. (3) 1.4 Beskryf hoe jy fisies en geestelik aktief in die dansklas kan bly terwyl jy van 'n besering herstel. (5) [10] VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID (VERPLIGTEND) 2.1 Gee 'n definisie vir ELK van die komponente van fiksheid (2.1.1–2.1.3): 2.1.1. Kernstabiliteit (1) 2.1.2 Neuromuskulêre vaardighede (1) 2.1.3 Spieruithouvermoë (1) 2.2 Gee die neuromuskulêre vaardigheid wat die beste by die definisies hieronder pas: 2.2.1 Die vermoë om vinnig en effektief te beweeg (1) 2.2.2 Die vermoë om op veranderende omstandighede te reageer (1) 2.3 Verduidelik VYF maniere waarop 'n danser sy/haar kardiovaskulêre uithouvermoë/fiksheid kan verbeter. (5) 2.4 Ontleed watter komponente van fiksheid die danser in die foto hieronder gebruik om hierdie posisie te bereik. [Bron: www.peddecordphoto.com] (5) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/2021 SS/NSS LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 3 en VRAAG 4. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. VRAAG 3: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES (KEUSE) 3.1 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die volgende vrae. A [Bron: www.stack.com] 3.1.1 Identifiseer spier A. (1) 3.1.2 Beskryf TWEE maniere waarop spier A 'n danser kan help om 'n goeie postuur en liggaamsbelyning in die dansklas te handhaaf. (2) 3.2 Bestudeer die tabel hieronder. Gee 'n voorbeeld van 'n dansbeweging (3.2.1–3.2.3). ANATOMIESE BESKRYWING VAN VOORBEELD VAN 'N AKSIE BEWEGING DANSBEWEGING Fleksie Verklein die hoek van 'n 3.2.1 kniegewrig (1) Rotasie 'n Beweging wat rotasie insluit 3.2.2 (1) Abduksie Beweging weg van die 3.2.3 middellyn van die liggaam af (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/2021 SS/NSS 3.3 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die volgende vrae. [Bron: www.dailynebraskan.com] 3.3.1 Noem TWEE anatomiese aksies wat in die danser se romp plaasvind. (2) 3.3.2 Identifiseer die hoofspiergroep wat vir die anatomiese aksie in die danser se regterkniegewrig verantwoordelik is. (1) 3.3.3 Noem die hoofspiergroep wat vir die anatomiese aksie in die danser se linkerkniegewrig verantwoordelik is. (1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 4: ALGEMENE GESONDHEIDSORG (KEUSE) 4.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is. 4.1.1 Proteïene is noodsaaklik vir die herstel van beseerde spiere. (1) 4.1.2 'n Danser se hoofbron van energie behoort van energiedrankies of energiestafies af te kom. (1) 4.1.3 Dehidrasie het geen uitwerking op 'n danser se konsentrasievermoë in die dansklas nie. (1) 4.2 Verduidelik hoekom dit belangrik is om ontspanningstegnieke aan te leer. (3) 4.3 Ontleed hoe 'n gesonde leefstyl 'n danser se opvoering/uitvoering kan bevoordeel. (4) [10] VRAAG 5: DANSOPVOERING/-UITVOERING (VERPLIGTEND) Noem jou hoofdansvorm. Verduidelik die korrekte tegniek in jou hoofdansvorm om 'n draai uit te voer. [5] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/2021 SS/NSS AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID VRAAG 6: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE (VERPLIGTEND) 6.1 Gee EEN woord vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. simmetrie; duur; asimmetrie; krag; motief; vlakke; gebaar; rigting; tempo 6.1.1 Hoe lank 'n frase of beweging duur (1) 6.1.2 'n Vorm wat deur 'n danser se liggaam gemaak word wat identies aan die regter- en linkerkant van die liggaam is (1) 6.1.3 Die verskillende hoogtes waarop 'n danser kan beweeg om aandag te trek (1) 6.1.4 Die hoeveelheid energie wat tydens beweging gebruik word (1) 6.1.5 Gebruik 'n alledaagse beweging om 'n idee, betekenis of 'n emosie oor te dra (1) 6.2 Gee DRIE gedetailleerde wenke om in gedagte te hou wanneer dansers tydens kontakimprovisasie saamdans. (3) 6.3 Verduidelik DRIE voordele van improvisasie in dans. (3) 6.4 Na jou mening, verduidelik hoe tegnologie die dansbedryf beïnvloed het. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 7: GESKIEDENIS VAN HOOFDANSVORM (VERPLIGTEND) 7.1 Die stellings hieronder beskryf die vaardighede wat nodig is vir sommige loopbane in die dansbedryf. Gee die naam van die loopbaan wat die beste by ELKE stelling pas. 7.1.2 Jy is georganiseerd en werk goed onder druk. Jy is tydens 'n uitvoering in beheer van die tegniese span, dansers en agterverhoog-spanlede. 7.1.3 Jy sien om na die fisiese en emosionele welstand van mense. Jy gebruik dansbeweging om mense te help om kwessies/probleme te hanteer. (1 x 5) (5) 7.2 Kies TWEE dansgenres waarvan EEN Afrika-dans moet wees. Noem die TWEE dansgenres wat jy gekies het. Vergelyk die herkenbare eienskappe hieronder. Verduidelik ELKE kenmerk volledig. 7.2.1 Musiek/Begeleiding (2) 7.2.2 Kostuums/Kleredrag (2) 7.2.3 Geslagspesifieke rolle (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/2021 SS/NSS LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 7.3(a) en VRAAG 7.3(b). Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. 7.3 (a) Jou plaaslike gimnasium wil dansklasse aanbied. Skryf 'n kort motivering oor hoe kliënte uit dansklasse by die gimnasium sal voordeel trek. (4) OF (b) In 'n dansopvoering, verduidelik hoe dans en musiek mekaar komplementeer. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 8: VOORGESKREWE CHOREOGRAAF (VERPLIGTEND) Kies EEN van die choreograwe wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder. Skryf 'n ARTIKEL vir 'n kunstetydskrif oor die lewensverhaal van die choreograaf wat jy bestudeer het. Sluit die volgende in:  Die naam van die choreograaf wat jy gekies het  Skryf in artikelformaat  Interessante feite oor die choreograaf se lewensverhaal  Bydrae tot die daansbedryf en/of samelewing [10] SUID-AFRIKAANSE DANSWERKE CHOREOGRAWE Bolero – Last Dance OF Rain in a Dead Man's Footprint OF Alfred Hinkel Cargo Four Seasons OF Beauty Trilogy OF Skeleton Dry OF Gregory Maqoma Somehow Delightful Sylvia Glasser Tranceformations Veronica Paeper Orpheus in the Underworld OF Carmen Vincent Mantsoe Gula Matari Dada Masilo Swan Lake OF Romeo and Juliet Gary Gordon Bessie's Head Mavis Becker Flamenco de Africa Hazel Acosta Blood Wedding Carolyn Holden Imagenes INTERNASIONALE DANSWERKE CHOREOGRAWE Alvin Ailey Revelations Martha Graham Lamentations OF Errand into the Maze George Balanchine Apollo OF Jewels Christopher Bruce Ghost Dances OF Rooster Mathew Bourne Swan Lake OF Cinderella Pina Bausch The Rite of Spring William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated Mats Ek Giselle OF Swan Lake OF Carmen Rudi van Dantzig Four Last Songs Jiri Kylián Wings of Wax OF Stamping Ground Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 9: VOORGESKREWE DANSWERK (VERPLIGTEND) Kies EEN danswerk wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys op bladsy 10. Skryf 'n OPSTEL en sluit die volgende in:  Die naam van die danswerk wat jy gekies het  Skryf in opstelformaat  Oorsig oor/Tema van/Inspirasie vir die danswerk  Musiek/Begeleiding wat gebruik is  Simboliek/Bedoeling wat in die danswerk gebruik is  Gee 'n kritiese ontleding van hoe die choreograaf betekenis aan die bewegings in die danswerk gegee het [20] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all