Skip to content

Dance Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)

Question paperDance StudiesGrade 12202212 pages

Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DANSSTUDIES NOVEMBER 2022 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal. 2. AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)  Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2.2 en VRAAG 2.3. Indien jy albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)  Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.4 en VRAAG 5.5. Indien jy albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word. 5. Lees die AKSIEWERKWOORD aan die begin van elke vraag om te sien wat verlang word. VOORBEELDE VAN AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS: LAEVLAK-VRAE: kies, vind, noem, pas, definieer, waar of onwaar MEDIUMVLAK-VRAE: beskryf, verduidelik, brei uit HOËVLAK-VRAE: analiseer/ontleed, evalueer, beredeneer, gee mening 6. Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 7. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:  Slegs in een taal te skryf  Inligting te organiseer en duidelik oor te dra  Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik  Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/November 2022 NSS AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: DANSBESERINGS 1.1 Verander die onderstreepte woord(e) in die volgende sinne om die stellings WAAR te maak. Skryf die toepaslike woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Afkoeling versnel die hartklop. (1) 1.1.2 Statiese strekking word gewoonlik as opwarming gedoen. (1) 1.1.3 Om veilig te land na 'n sprong, moet jy deur jou voete land en jou knieë reguit maak. (1) 1.2 1.2.1 Noem EEN manier waarop die verkoeling van 'n beseerde area van die liggaam met behandeling kan help. (1) 1.2.2 Noem EEN manier waarop 'n verband met die behandeling van beserings kan help. (1) 1.3 Zina het haar enkel in die dansklas verstuit terwyl sy haar solo geoefen het. Identifiseer en verduidelik TWEE moontlike oorsake vir Zina se besering onder ELK van die opskrifte hieronder: Zina se enkelbesering Vloer Klere Ruimte Onderrig Toewyding (5 x 2) (10) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/November 2022 NSS VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID 2.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (AE) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 2.1.1 Ratsheid A persoonlike kennis van hoe die liggaam in die ruimte beweeg 2.1.2 Musikaliteit B 'n onmiddellike reaksie op 2.1.3 Aanpasbaarheid verskillende en veranderende omstandighede 2.1.4 Kinestetiese bewustheid C interpretering van verskillende 2.1.5 Koördinasie eienskappe en emosies van 'n musiekstuk D twee liggaamsdele wat op dieselfde tyd effektief werk E om vinnig en effektief deur die ruimte te beweeg (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/November 2022 NSS LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2.2 en VRAAG 2.3. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. 2.2 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: https://i.pinimg.com/564x/2d/c0/91/2dc091e2eb6cb92af02ecc3adf1b5155.jpg] 2.2.1 Ontleed hoe soepelheid deur die danser in die foto hierbo gebruik word. (4) 2.2.2 Beskryf EEN oefening wat 'n danser kan doen om soepelheid te ontwikkel sodat die beweging hierbo uitgevoer kan word. (3) OF 2.3 2.3.1 Ontleed hoe spierkrag deur die danser in die foto hierbo gebruik word. (4) 2.3.2 Beskryf EEN oefening wat 'n danser kan doen om spierkrag te ontwikkel sodat die beweging hierbo uitgevoer kan word. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/November 2022 NSS LET WEL: VRAAG 2.4 is VERPLIGTEND. 2.4 As 'n dansleerder word daar van jou verwag om gereeld oor jou praktiese proses te besin. Lees die joernaalinskrywing hieronder en beantwoord die volgende vraag. 19 April 2022 Vandag se klas was opwindend omdat ek nuwe oefeninge geleer het. Ek het dit baie geniet, maar sekere dinge was moeilik. Dinge wat werk nodig het:  Ek was aan die einde van die dansklas uitasem.  Ek het gesukkel om posisies te beheer en het aanhoudend omgeval.  Ek het teen my vriend gestamp terwyl ons die draai-oefening gedoen het.  Om my tone tydens die spronge te punt, was uiters uitdagend. NOTA AAN SELF: VIND UIT WAT OM VOOR DIE VOLGENDE KLAS TE DOEN! Skryf 'n antwoord aan hierdie leerder. Identifiseer in jou antwoord die areas waaraan aandag gegee moet word en maak voorstelle om die probleme wat hy/sy in die dansklas ondervind, te verbeter. (8) [20] VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Te danke aan my voedingkundige, het ek begin om reg te eet. Nou is ek desperaat om my negatiewe selfbeeld te verbeter. My vriende sê ek lyk goed, maar ek glo hulle nie. Ek is behep met elke fout en vind die klas neerdrukkend. Wat moet ek doen?  Crappy Body Image, Hoboken, NJ [Bron: https://www.dancemagazine.com/mirror-body-image/] 3.1 Watter moontlike advies het die voedingkundige vir hierdie danser gegee sodat hy/sy kon begin om 'reg te eet'? Gee VYF idees/voorbeelde. (5) 3.2 Stel maniere voor waarop hierdie danser se portuurgroep hom/haar kan help om sy/haar liggaamsbeeld binne en buite die dansklas te verbeter. (5) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/November 2022 NSS VRAAG 4: DANSOPVOERING 4.1 Bespreek VYF verhoog- en/of klaskonvensies wat jy in Dansstudies geleer het. (5) 4.2 Jou klas het opdrag gekry om oor die volgende onderwerp 'n debat te voer: Dit of Dat: Tegniek vs Uitvoerende Vaardighede Oorweeg in jou argument die waarde of belangrikheid van tegniek vs uitvoerende vaardighede. Staaf jou argument. (10) [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/November 2022 NSS AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE 5.1 Kies EEN woord/term uit die lys hieronder vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. asimmetrie; kanon; positiewe ruimte; duur; negatiewe ruimte; klimaks; eenheid (unisoon beweging) 5.1.1 'n Leë ruimte met niks daarin nie (1) 5.1.2 Baie dansers wat op dieselfde tyd dieselfde beweging opvoer (1) 5.1.3 Alle dansers voer op verskillende tye dieselfde beweging uit (1) 5.1.4 Wanneer bewegings aan die regterkant en die linkerkant van die liggaam verskil (1) 5.1.5 Hoe lank dit neem om 'n beweging uit te voer (1) 5.1.6 Die hoogtepunt of onvergeetlike oomblik van 'n dans (1) 5.2 Jy het gedurende jou choreografie PAT verskillende vaardighede ontwikkel. Identifiseer TWEE vaardighede en verduidelik hoe dit tot die sukses van jou PAT bygedra het. (2 x 2) (4) 5.3 In Dansstudies het jy van konvensionele en nie-konvensionele opvoerruimtes geleer. Verduidelik die effek wat hierdie verskillende ruimtes op 'n danswerk kan hê. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/November 2022 NSS LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.4 en VRAAG 5.5. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. 5.4 Simboliek word in die foto hieronder gebruik. [Bron: https://www.theguardian.com/stage/2018/aug/05/stoel-chair-review-zoo-southside- edinburgh-compagnie-nyash] 5.4.1 Verduidelik jou interpretasie van die simboliek wat in die foto hierbo gebruik word. (3) 5.4.2 Skep 'n titel en 'n kort sinopsis wat op jou interpretasie van VRAAG 5.4.1 gebaseer is. (4) OF 5.5 Gebruik die aanhaling hieronder as inspirasie en verduidelik hoe jy dit simbolies sou interpreteer wanneer jy 'n choreografie skep. Sluit 'n titel in wat by jou choreografie sal pas. 'Apho igazi lenu lithe lathontsizela khona, Komila intyatyambo evumba limnandi, Eliya kuthwala ngamaphiko empepho, Zithi zonke izizwe zilirhogole.' 'Wherever your blood has dropped, will Blossom a flower of exceeding sweetness, Whose scent will be carried on the wings Of the air, and all the nations will inhale it.' 'Waar ook al jou bloed geval het, sal 'n blom bloei van buitengewone soetheid, Wie se geur op die vlerke van die lug gedra sal word, en al die nasies sal dit inasem.'  JJR Jolobe [Bron: https://www.poemsearcher.com/topic/isixhosa#&gid=1&pid=3] (7) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/November 2022 NSS VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID 6.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (6.1.1. tot 6.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 6.1.1 Die (verhoogbestuurder/kostuumontwerper) is in beheer van die tegniese personeel, geselskap en span vir 'n verhoogproduksie. (1) 6.1.2 Die (stelontwerper/danser) onthou roetines/sekwense en het 'n goeie vlak van tegniek en selfvertroue tydens optrede. (1) 6.1.3 Die (danskritikus/choreograaf) konseptualiseer en skep 'n dans wat op 'n tema/idee gebaseer is. (1) 6.1.4 Die (dansonderwyser/videograaf) beplan en bied geskikte lesse aan en verstaan hoe studente leer. (1) 6.1.5 Die (klankbestuurder/fisioterapeut) het goeie kennis van anatomie en gesondheidsorg om die liggaam na 'n besering te behandel/rehabiliteer. (1) 6.1.6 Die (persoonlike fiksheidsinstrukteur/kunsadministrateur) motiveer mense om hul fiksheid te verbeter en ontwikkel geskikte oefenprogramme. (1) 6.2 Gee jou mening oor hoe die funksies van dans vir die samelewing voordelig is. (6) 6.3 Noem jou hoofdansvorm. Bespreek AGT feite oor die geskiedenis van jou hoofdansvorm. (8) 6.4 Skryf 'n paragraaf waarin jy evalueer of kulturele danse tot onlangs ontwikkel het of dieselfde gebly het. Staaf jou antwoord met voorbeelde. (5) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/November 2022 NSS VRAAG 7: DANSWERK Kies EEN danswerk wat jy in die klas bestudeer het uit die lys hieronder. INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE George Balanchine Apollo Alvin Ailey Revelations Martha Graham Lamentations Christopher Bruce Ghost Dances SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE Veronica Paeper Orpheus in the Underworld Vincent Mantsoe Gula Matari Alfred Hinkel Bolero OF Cargo Sylvia Glasser Tranceformations Mavis Becker Flamenco de Africa Hazel Acosta Blood Wedding Gregory Maqoma Four Seasons OF Skeleton Dry 7.1 Ontwerp 'n breinkaart in die ANTWOORDEBOEK. Jy moet 'n dubbelbladsy gebruik, maar jy hoef nie verskillende kleure in jou ontwerp te gebruik nie. Sluit die volgende inligting by jou breinkaart in:  Die naam van die danswerk  Storielyn/Tema/Sinopsis/Doel  Produksie-elemente  Musiek/Begeleiding (15) 7.2 Ontleed die bewegingswoordeskat en simboliek wat in die danswerk in VRAAG 7.1 gebruik is. Gee spesifieke voorbeelde van bewegings in jou antwoord. (10) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 12 DBE/November 2022 NSS VRAAG 8: CHOREOGRAAF Kies EEN choreograaf wat jy in die klas bestudeer het uit die lys hieronder. SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE INTERNASIONALE CHOREOGRAWE Alfred Hinkel Alvin Ailey Gregory Maqoma Martha Graham Sylvia Glasser George Balanchine Veronica Paeper Christopher Bruce Vincent Mantsoe Mavis Becker Hazel Acosta Skryf 'n artikel vir 'n danstydskrif oor hierdie choreograaf. Begin jou artikel met die volgende titel: DIE LEWE EN WERK VAN … [15] TOTAAL AFDELING B: 90 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all