Skip to content

Dance Studies Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paperDance StudiesGrade 12202012 pages

Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DNCE.1 DANSSTUDIES NOVEMBER 2020 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. MIDDAGSESSIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/November 2020 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met 12 vrae in totaal. Beantwoord slegs AGT vrae soos volg: AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)  Beantwoord VIER van die VYF vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3. Indien jy albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)  Beantwoord VIER van die SEWE vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen: o VRAAG 7 en VRAAG 8. Kies slegs EEN. o VRAAG 9 en VRAAG 10. Kies slegs EEN. o VRAAG 11 en VRAAG 12. Kies slegs EEN.  Indien jy albei opsies van die keusevrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 3. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word. 4. Skryf jou antwoord in volsinne indien jy gevra word om te verduidelik/ breedvoerig te skryf/te beskryf/te ontleed/te evalueer/te vergelyk, ens. Eenwoordantwoorde sal NIE aanvaar word NIE. 5. Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:  Slegs in een taal te skryf  Inligting te organiseer en duidelik oor te dra  Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word  Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: OPWARMING EN AFKOELING (VERPLIGTEND) 1.1 Identifiseer VYF redes vir 'n afkoelroetine. (5) 1.2 Ontleed die voordele van die gebruik van 'n dinamiese opwarmingsroetine as voorbereiding vir 'n dansklas. (5) [10] LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. VRAAG 2: DANSOPVOERING (KEUSEVRAAG) Dans is meer as die aanleer van 'n tegniek. Baie vaardighede en bewegingskwaliteite word vereis wanneer daar in die klas of op 'n verhoog opgetree word. 2.1 Noem VYF dansopvoeringvaardighede/-kwaliteite wat van 'n danser vereis word. (5) 2.2 Ontleed ELK van die vaardighede/kwaliteite wat jy in VRAAG 2.1 genoem het. Verduidelik hoe dit jou dansoptrede sal verbeter. (5) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 3: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG) Kies EEN van die dansers in die foto hieronder, Danser A of Danser B. Beantwoord VRAAG 3.1 as jy Danser A kies. Beantwoord VRAAG 3.2 as jy Danser B kies. A B [Bron: www.peddecordphoto.com/galleries/portfolio-studio] 3.1 Danser A: Identifiseer enige VYF spiere wat Danser A gebruik om die posisie van sy bolyf en skouergewrigte te bereik. Sluit spiere van albei areas in. Langs ELKE spier wat jy geïdentifiseer het, ontleed watter anatomiese aksie plaasvind. (5 + 5) [10] OF 3.2 Danser B: Identifiseer enige VYF spiere wat Danser B gebruik om die posisie van sy opgeligte been te bereik. Langs ELKE spier wat jy geïdentifiseer het, ontleed watter anatomiese aksie plaasvind. (5 + 5) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 4: ALGEMENE OORSAKE VAN BESERINGS (VERPLIGTEND) Berei STUDIENOTAS voor vir die graad 10-dansleerders wat die volgende insluit: Identifiseer VYF algemene oorsake van beserings in die dansklas. Verduidelik hoe ELKE oorsaak tot 'n besering kan lei. [10] VRAAG 5: FIKSHEIDSKOMPONENTE (VERPLIGTEND) Teken die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en verskaf die inligting hieronder. 5.1 Noem EEN oefening wat 'n danser kan gebruik om ELK van die VYF fiksheidskomponente te ontwikkel (5.1.1–5.1.5). (5) 5.2 Verduidelik die voordeel van ELKE oefening wat in VRAAG 5.1 genoem is en hoe dit die liggaam ontwikkel. FIKSHEIDS- 5.1 5.2 KOMPONENT NAAM VAN OEFENING VOORDEEL Kernstabiliteit 5.1.1 5.2.1 Uithouvermoë 5.1.2 5.2.2 Neuromuskulêre 5.1.3 5.2.3 vaardighede Soepelheid 5.1.4 5.2.4 Krag 5.1.5 5.2.5 (5) [10] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID VRAAG 6: HOOFDANSVORM (VERPLIGTEND) Noem jou hoofdansvorm (die dansgenre wat jy op skool bestudeer het). 6.1 Beskryf die eienskappe van jou hoofdansvorm/-genre onder die volgende opskrifte: 6.1.1 Kostuums/Kleredrag (3) 6.1.2 Musiek/Begeleiding (3) 6.2 Noem DRIE verskillende bewegingsbeginsels/-tegnieke wat in jou hoof- dansvorm/-genre gebruik word. (3) 6.3 Verduidelik hoe ELKE beginsel/tegniek wat jy in VRAAG 6.2 genoem het, in jou hoofdansvorm/-genre gebruik word. (3) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/November 2020 SS/NSS LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 7 en VRAAG 8. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. VRAAG 7: DANSELEMENTE (KEUSEVRAAG) [Bron: www.theaileyschool.edu] 7.1 Gee 'n duidelike verduideliking van hoe die danselement, RUIMTE, in die foto van die dansers hierbo gebruik word. (4) 7.2 Evalueer hoe die danselement, KRAG, in die foto hierbo gebruik word. Staaf jou antwoord met duidelike voorbeelde. (4) [8] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 8: CHOREOGRAFIESE STRUKTURE EN CHOREOGRAFIE (KEUSEVRAAG) 8.1 Kies enige VIER choreografiese strukture uit die opsies hieronder. Noem en verduidelik die doel van ELKE struktuur wat jy gekies het. Simmetrie Motief Sekwensie Choreografiese Klimaks strukture Herhaling Stilheid Kans (4) 8.2 Evalueer VIER verskillende maniere waarop 'n choreograaf tegnologie as 'n choreografiese hulpmiddel kan gebruik om oorspronklike danswerke te skep. (4) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/November 2020 SS/NSS LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. VRAAG 9: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF (KEUSEVRAAG) INTERNASIONALE CHOREOGRAWE Alvin Ailey Martha Graham George Balanchine Christopher Bruce Mathew Bourne Pina Bausch William Forsythe Mats Ek Rudi van Dantzig Jiří Kylián Kies EEN internasionale choreograaf uit die voorgeskrewe lys hierbo. Gee die naam van die internasionale choreograaf wat jy gekies het. Skryf 'n PROGRAMNOTA waarin jy die volgende inligting in enige volgorde organiseer en oordra:  Korrekte formaat (2)  Interessante feite oor die choreograaf se opleiding en professionele loopbaan (10)  Die bewegingswoordeskat wat die choreograaf gebruik (2)  Invloede op die choreograaf se dansstyl (3)  Die choreograaf se bydrae tot dans as 'n kunsvorm (3) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF (KEUSEVRAAG) SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE Alfred Hinkel Gregory Maqoma Sylvia Glasser Veronica Paeper Vincent Mantsoe Dada Masilo Gary Gordon Mavis Becker Hazel Acosta Carolyn Holden Kies EEN Suid-Afrikaanse choreograaf uit die voorgeskrewe lys hierbo. Gee die naam van die Suid-Afrikaanse choreograaf wat jy gekies het. Skryf 'n TOESPRAAK vir graad 10-Dansstudies-leerders waarin jy die volgende inligting, in enige volgorde, oordra:  Korrekte formaat (2)  Die choreograaf se dansopleiding en professionele loopbaan (10)  Die bewegingswoordeskat wat die choreograaf gebruik (2)  Die choreografiese eienskappe wat die choreograaf in sy/haar danswerke gebruik (3)  Evalueer die impak wat die choreograaf se professionele loopbaan op die Suid- Afrikaanse dansgemeenskap gemaak het (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/November 2020 SS/NSS LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 11 en VRAAG 12. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. VRAAG 11: INTERNASIONALE DANSWERK (KEUSEVRAAG) INTERNASIONALE DANSWERKE CHOREOGRAWE Alvin Ailey Revelations Martha Graham Lamentations OF Errand into the Maze George Balanchine Apollo OF Jewels Christopher Bruce Ghost Dances OF Rooster Mathew Bourne Swan Lake OF Cinderella Pina Bausch The Rite of Spring William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated Mats Ek Giselle OF Swan Lake OF Carmen Rudi van Dantzig Four Last Songs Jiří Kylián Wings of Wax OF Stamping Ground Kies EEN internasionale danswerk uit die voorgeskrewe lys hierbo. Skryf 'n ARTIKEL vir 'n danstydskrif oor die danswerk wat jy gekies het. Gee die naam van die danswerk en die choreograaf. Organiseer en dra die volgende inligting in enige volgorde oor:  Korrekte formaat (3)  Bronne van inspirasie (3)  Die bewegingswoordeskat wat in die danswerk gebruik is (4)  Hoe produksie-elemente gebruik is. Gee voorbeelde uit die danswerk om jou antwoord te versterk. (5)  Jou opinie oor die belangrikheid van hierdie danswerk, asook die betekenis en toepaslikheid daarvan vandag (5) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 12 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 12: SUID-AFRIKAANSE DANSWERK (KEUSEVRAAG) SUID-AFRIKAANSE DANSWERKE CHOREOGRAWE Alfred Hinkel Bolero – Last Dance OF Rain in a Dead Man's Footprint OF Cargo Gregory Maqoma Four Seasons OF Beauty Trilogy OF Skeleton Dry OF Somehow Delightful Sylvia Glasser Tranceformations Veronica Paeper Orpheus in the Underworld OF Carmen Vincent Mantsoe Gula Matari Dada Masilo Swan Lake OF Romeo and Juliet Gary Gordon Bessie's Head Mavis Becker Flamenco de Africa Hazel Acosta Blood Wedding Carolyn Holden Imagenes Kies EEN Suid-Afrikaanse danswerk uit die voorgeskrewe lys hierbo. Skryf 'n ARTIKEL vir 'n danstydskrif oor die danswerk wat jy gekies het. Gee die naam van die danswerk en die choreograaf. Organiseer en dra die volgende inligting in enige volgorde oor:  Korrekte formaat (3)  Identifiseer bronne van inspirasie wat deur die choreograaf gebruik is (3)  Verduidelik hoe die bewegingswoordeskat wat in die danswerk gebruik is die tema/bedoeling van die danswerk oordra (4)  Hoe gebruik hierdie werk produksie-elemente om tot die tema/bedoeling van die danswerk by te dra? Sluit voorbeelde in om jou antwoord te motiveer. (5)  Na jou mening, hoe dra hierdie danswerk tot dans en die samelewing by? Motiveer jou standpunt. (5) [20] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all