Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
NOVEMBER 2020
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Dance Studies Grade 12 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 394.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC November Exam 2020
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
NOTA VIR NASIENERS:
Hou streng by hierdie nasienriglyne wanneer nagesien word.
Die standaardiseringsproses tydens nasienriglynbesprekings verseker dat die
nasienriglyne die meeste moontlike antwoorde deur kandidate dek.
Elke nasiener moet dit op konsekwente wyse toepas. Die nasienriglyne mag onder
geen omstandighede verander word nie.
In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel
uitoefen.
Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-beamptes/-adviseurs
nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis.
By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate albei vrae beantwoord
het, sien slegs die EERSTE vraag na. Trek 'n streep deur die vraag wat nie
nagesien word nie.
Kandidate mag korrekte inligting insluit wat nie in die handboek verskyn nie.
Professionele oordeel moet gebruik word. Indien daar onsekerheid is oor die
inligting moet dit eers d.m.v. navorsing geverifieer word.
Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word bo
elke moontlike antwoord gegee. Hou streng by hierdie vlakke wanneer nasien. Die
beskrywende werkwoord/opdragwoord in elke vraag en die taalvereistes moet die
toeken van punte bepaal.
Nasieners moet die hele vraag nasien en daarna moet die vraag geevalueer
word om seker te maak dat die vraag die ware standaard van die kandidaat se
antwoord weerspieël
Nasieners moet NIE volpunte vir 'n antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is,
toeken NIE, of waar al die vereistes op 'n sekere moeilikheidsvlak nie nagekom is
nie.
Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.
Ken EEN regmerkie toe vir EEN punt vir die inhoud gegee tot by die maksimum
punte.
Geen ½ punte mag toegeken word vir HOË vlak vrae nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: OPWARMING EN AFKOELING – VERPLIGTEND
LAE VLAK 1.1 Identifiseer 5 punte
HOË VLAK 1.2 Analiseer 5 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE VIR IDENTIFISEER:
1.1 Afkoelingsroetine:
Dit laat jou harttempo na normaal terugkeer
Dit laat jou bloedvloei na normaal terugkeer
Dit laat jou suurstof inname na normaal terugkeer.
Verminder die liggaamstemperatuur.
Kalmeer die gedagtes
Om na te dink oor die uitvoering/wat geleer was.
Verhoed dat bloed in die bene opdam.
Verwyder afvalprodukte uit die spiere.
Verhoed lighoofdigheid
Verhoed Floute
Verhoed Krampe
Verhoed styfheid
Voorkom beserings
Word blootgestel aan ontspanningstegnieke.
Sodat stadige, beheersde strekke gedoen kan word om soepelheid te
verbeter
Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met die redes vir 'n
afkoelroetine. (5)
1.2 MOONTLIKE ANTWOORDE VIR ANALISEER:
Dinamiese opwarmingsroetine:
NOTE: Antwoorde kan die voordele van opwarming of dinamiese
strekking insluit. Antwoorde moet gemotiveer word.
Bestaan uit ononderbroke beweging wat die hitte in jou liggaam en spiere
konstant hou.
Berei die gewrigte voor deur die vrylating van sinoviale vloeistof, vanuit die
sinoviale membraan tot in die gewrigte, wat hulle smeer/olie en wrywing
voorkom.
Verbeter koördinasie van liggaamsdele en die danser kan fokus op die
manier waarop hulle hul liggaam hou en postuur en belyning verbeter.
Stimuleer die motoriese senuwee wat met jou spiere verbind is, dus
vermeerder die elastisiteit van die spiere en raak hulle meer soepel/kan
vrylik beweeg.
Kan vir 'n spesifieke dansvorm aangepas word om gedeeltes van die
liggaam in te sluit wat spesifiek in die dansvorm gebruik word.
Spaar tyd en stel 'n danser in staat om meer aandag te skenk aan
vaardighede in die dansklas.
Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met die voordele van 'n
dinamiese opwarmingsroetine. (5)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
Sien slegs die EERSTE vraag na as albei vrae beantwoord word.
VRAAG 2: DANSOPVOERING – KEUSE
LAE VLAK 2.1 Noem 5 punte
HOË VLAK 2.2 Analiseer 5 punte
2.1 MOONTLIKE ANTWOORDE VIR NOEM:
Enige VYF van die volgende dansvaardighede/kwaliteite kan ingesluit
word:
NOTA: verwys na 2.2 indien daar onduidelikheid is oor antwoorde wat in
2.1 verskaf is. Merk die hele vraag holisties.
Komponente van fiksheid (1 punt) gee 1 punt vir elke komponent van
fiksheid wat genoem word.
Liggaamshouding en-belyning en
Selfvertroue
Gesigsuitdrukings
Toewyding aan beweging.
Toewyding aan ander/die uitvoering.
Leierseienskappe
Musikaliteit
Fokus
Projeksie
Vloeiendheid
Dinamiese variasie
Toegewydheid
Kunssinnigheid/interpretasie
Vlotheid
Frasering
Kontrole
Akkuraatheid
Tydsberekening
(5)
Enige ander geskikte dansvaardighede/kwaliteite/verhoogkonvensies.
2.2 MOONTLIKE ANTWOORDE VIR ANALISEER:
LET WEL: Geen punte moet toegeken word as 'n definisie van 'n
dansvaardigheid/kwaliteit verskaf word nie. Kandidate moet ontleed hoe
dit hul dansoptrede verbeter.
Hieronder is voorbeelde van VYF dansvaardighede/kwaliteite:
Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.
Musikaliteit:
Verbeter opvoering deur die interpretasie van die dinamiek/kwaliteit/toon-
kleur/timbre van elke instrument binne die musiek/spoed van die musiek.
Fokus:
Die danser se fokus kan die gehoor se aandag trek na 'n spesifieke
beweging/bewegings idee/oomblik in die dans.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Projeksie:
'n Danser sal in staat wees om met meer duidelikheid die boodskap/
karakters van die choreograaf weer te gee/uit te beeld/die bedoeling oor te
dra.
Vloeiendheid:
Verbeter die oorgang van beweging/bewegings idees wat 'n gevoel van
moeiteloosheid skep.
Dinamiese variasie/energie:
Energie verbeter die opvoering deur die kwaliteit van die beweging meer
interessant en gevarieerd te maak, bv. skerp bewegings in 'n stadige dans
kan vir die gehoor opwindend wees.
Enige ander geskikte antwoord wat verwant hou met dansvaardighede/
kwaliteite/verhoogkonvensies en hoe dit 'n danser se opvoering verbeter. (5)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES – KEUSE
LAE VLAK 3.1 of 3.2 Identifiseer 5 punte
HOË VLAK 3.1 of 3.2 Analiseer 5 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
LET WEL: Kandidate moet kies tussen Danser A OF Danser B.
Vraag 3.1 verwys na Danser A.
Vraag 3.2 verwys na Danser B.
Kandidate se antwoord moet slegs oor EEN danser wees. Indien albei
beantwoord word, moet slegs die eerste antwoord nagesien word.
3.1 Danser A:
LET WEL: Kandidate mag meer insluit in een area as die ander. Albei
areas moet ingesluit word om vol punte te kry.
Kandidate moet identifiseer of hulle antwoord oor die anterior of
posterior spier/skapula. Moontlike spiere geïdentifiseer vir die posisie
van die romp/bolyf:
Eksterne obliques is verantwoordelik vir:
Laterale fleksie van die werwelkolom
Rotasie van die werwelkolom
Interne obliques is verantwoordelik vir:
Laterale fleksie van die werwelkolom
Rotasie van die werwelkolom
Erector spinae:
Laterale fleksie van die werwelkolom
Rectus abdominis:
Fleksie van die werwelkolom
Laterale fleksie van die werwelkolom
Quadratus lumborum:
Laterale fleksie van die werwelkolom
Transversus abdominis:
Trek die buik in
Kandidate moet identifiseer of hulle antwoord oor die regter- of
linkerarm of beide. Moontlike spiere geïdentifiseer vir die posisie van die
skouergewrig:
Trapesius:
Retraksie van die scapula
Depressie van die scapula
Stabilisering van die scapula
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Latissimus dorsi:
Ekstensie van die skouergewrig
Adduksie van die skouergewrig
Interne rotasie van die skouergewrig
Pectoralis major:
Fleksie van die skouergewrig
Interne rotasie van die skouergewrig
Adduksie van die skouergewrig
Deltoid:
Fleksie van die skouergewrig
Interne rotasie van die skouergewrig
Adduksie van die skouergewrig
Ekstensie van die skouergewrig
Abduksie van die skouergewrig
Draaiskyf:
Subscapularis:
Adduksie van die skouergewrig
Ekstensie van die skouergewrig
Stabiliseer humerus in skouergewrig
Teres minor:
Ekstensie van die skouergewrig
Stabiliseer humerus in skouergewrig
Infraspinatus:
Ekstensie van die skouergewrig
Stabiliseer humerus in skouergewrig
Supraspinitus:
Stabiliseer die arm in die skouergewrig
Assisteer ininwaardse draaing
Assisteer met ekstensie van die humerus (5+5) [10]
OF
3.2 Danser B:
Moontlike spiere geïdentifiseer vir die posisie van die opgeligte been:
Iliopsoas:
Eksterne rotasie van die heupgewrig
Sartorius:
Eksterne rotasie van die heupgewrig
Abduksie van die heupgewrig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Gluteus maximus:
Eksterne rotasie van die heupgewrig
Agterdyspiere (hamstrings):
Fleksie van die kniegewrig
Gracilis:
Fleksie van die kniegewrig
Gastrocnemius:
Plantaarfleksie van die enkelgewrig
Fleksie van die kniegewrig
Soleus:
Plantaarfleksie van die enkelgewrig
Flexor digitorum longus:
Plantaarfleksie van die enkelgewrig
Fleksie van die 4 laterale tone
Flexor hallucis longus:
Plantaarfleksie van die enkelgewrig
Fleksie van die groottoon
Tibialis posterior:
Plantaarfleksie van die enkelgewrig
Tensor fasciae latae:
Abduksie van die heupgewrig (5 +5) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: ALGEMENE OORSAKE VAN BESERINGS – VERPLIGTEND
LAE VLAK Identifiseer 5 punte
MEDIUM VLAK Verduidelik 5 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE VIR IDENTIFISEER EN VERDUIDELIK
LET WEL: Kandidate mag enige formaat gebruik om hulle studienotas voor te
berei wat kort en tot die punt moet wees.
Kandidate moet VYF algemene oorsake van beserings in die dansklas
identifiseer vir 5 punte, en verduidelik hoe elke oorsaak kan lei tot 'n besering in
die dansklas vir nog 5 punte. As kandidate meer as VYF oorsake gee, sien slegs
die eerste vyf antwoorde wat verskaf word, na. Baie moontlike antoorde kan
verskaf word. Kandidate mag oor een area antwoord en menigte voorbeelde gee.
½ Punte mag toegeken word vir onvolledige inligting tot en met „n maksimum
van 5 punte.
Hieronder is voorbeelde van algemene oorsake van beserings en hul
verduidelikings:
(1)
Klere/uitrusting/hare/juwele, ens: (1)
Moet kan verduidelik hoe dit beserings kan veroorsaak
Swak dieet: (1)
Moet kan verduidelik hoe dit beserings kan veroorsaak (1)
Vorige beserings (1)
Moet kan verduidelik hoe dit verdere beserings kan veroorsaak (1)
Ongeveerde vloer: enige ander onveilige vloer (1)
Kan impak hê op gewrigte, spiere en tendons wat besering veroorsaak omdat die
vloer hard is/het geen toegee/sprong nie. (1)
Onveilige fasiliteite/dansomgewing: (1)
Wanorde in die dansklas of glyerige vloere kan 'n val of gly risiko wees wat die
danser kan laat val. (1)
Swak tegniek/mag na „n spesifieke tegniek verwys. (1)
Besering kan veroorsaak word deur nie veilige danspraktyke toe te pas nie, bv.
verkeerde gewigsplasing, landings, postuur en liggaamsbelyning. Dit plaas (1)
onnodige spanning op gewrigte, spiere en tendons.
Swak onderrig: (1)
Ongekwalifiseerde onderwysers kan die verkeerde danspraktyke aan dansers leer
of nie foutiewe tegniek korrigeer nie. Dit kan lei tot beserings. (1)
Oorgebruik/oormatige oefening: (1)
Lang ure van repetisies of herhalende bewegings sonder 'n ruskans kan
oormoegheid van die liggaam en brein veroorsaak en dit kan lei tot beserings (1)
Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met hoe algemene oorsake van
besering kan lei tot beserings in die dansklas. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: FIKSHEIDSKOMPONENTE – VERPLIGTEND
MEDIUM VLAK 5.1 Benoem 5 punte
5.2 Verduidelik 5 punte
LET WEL: Kandidate mag baie verskillende oefeninge/bewegings en die
voordele daarvan verskaf.
5.1 Kandidate mag die woord “beweging” gebruik in plaas van “oefening”.
Kandidate hoef nie die oefeninge te beskryf nie.
KANDIDATE KAN 1 PUNT TOEGEKEN WORD VIR DIE VERDUIDELIKING VAN
DIE VOORDELE VAN DIE KOMPONENT VAN FIKSHEID OF DIE OEFENING EN/OF
HOE DIT DIE LIGGAAM ONTWIKKEL.
½ punte mag toegeken word in 5.2 indien antwoorde nie volledig verduidelik is
nie tot en met „n maksimum van 2 ½ punte.
Gebruik professionele oordeel om die antwoorde na te sien.
LET WEL: indien kandidate slegs die kompononte van fiksheid herhaal in die
antwoord vir 5.2 mag geen punte toegeken word nie, bv. Versterk die
kern/verbeter uithoevermoë/verbeter soepelheid, ens.
MOONTLIKE ANTWOORDE VIR NOEM EN VERDUIDELIK
5.1 5.2
NAAM VAN VOORDEEL
FIKSHEID-
OEFENING/BEWEGING (Kandidate moet verduidelik HOE die
KOMPONENT
liggaam ontwikkel/bevoordeel sal word
om volpunt te kry)
Kernstabiliteit 5.1.1 Reguitbeen-optelle – 5.2.1 Voordeel van kerstabiliteit of die
terwyl op die vloer oefening:Sal liggaamsbelyning, -
lê. postuur en -houding verbeter.
OF
Ontwikkeling van liggaam:Die
beweging word beheer deur die
abdominale spiere wat die
liggaamshouding kan verbeter.
Uithouvermoë 5.1.2 Drietal beweging wat 5.2.2 Voordeel:sal die hart en longe
vanuit die hoek versterk.
gedoen word. OF
Ontwikkeling van liggaam: Dit
gee die danser die vermoë om vir
lank aktief te bly teen 'n hoër
kwaliteit van beweging,
Neuromuskulêre 5.1.3 Herhalende 5.2.3 LET WEL: Kandidate mag
vaardighede bewegings antwoord oor individuele
met ‘n voorbeeld neuromuskulêre vaardighede of
Enige aktiwiteite sal in die algemeen.
aanvaar word bv. Voordeel:Sal die stuur van
Swem boodskappe, oor hoe om te
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Bewegende beweeg, vanaf die brein na die
oefeninge spiere verbeter.
OF
Ontwikkeling van liggaam:
Deur herhalende bewegings te
doen of deur 'n oefening oor en
oor te herhaal, sal die spiergeheue
van die brein ontwikkel om die
bewegings te onthou/verbeter die
boodskappe wat van die brein na
die spiere gestuur word.
Soepelheid 5.1.4 Wydsbeen-'muursit' 5.2.4 Voordeel:Sal die omvang van
beweging in die gewrigte verbeter.
OF
Ontwikeling van liggaam:
die elastisiteit van die spiere
verbeter, wat sal lei tot soepelheid
in die heupe.
Krag 5.1.5 Stadig bewegende 5.2.5 Voordeel: Sal die vermoë van die
oefeninge/ spiere om sametrekkings uit te
bewegings voer, verbeter.
Bv. adage OF
Ontwikkeling van
liggaam:beheer kan ontwikkel
word deur stadige bewegings te
oefen.
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 12 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 6: HOOFDANSVORM – VERPLIGTEND
LAE VLAK 6.1 Beskryf 6 punte
6.2 Benoem 3 punte
MEDIUM VLAK 6.3 Verduidelik 3 punte
LET WEL: Geen punte word toegeken vir die benoeming van
die hoofdansvorm nie.
Kandidate mag nie klas kleredrag beskryf nie.
Spesifieke beskrywende woorde wat aanvaar kan word vir 1
punt is:
Kaalvoet, spesifieke skoene,kastenette, pink sykouse, tutus,
ens.
In vraag 6.1.1 and 6.1.2 moet die kandidate SPESIFIEKE
EIENSKAPPE van die hoofdansvorm beskryf (wat dit
herkenbaar maak.)
½ punte mag toegeken word tot en met „n maksimum van 6
punte vir onvolledige beskrywings en verduideliking.
6.1 6.1.1 MOONTLIKE ANTWOORDE VIR BESKRYF:
Afrika-dans:
Kostuums:
Die klere word gemaak uit natuurlike materiale soos dierevelle.
Danse word kaalvoet gedoen of met sandale wat van
motorbande gemaak is of tekkies.
Verskillende tipe kostuums word gebruik vir verskillende danse.
Kontemporêre dans:
Kostuums:
Gewone, alledaagse klere word gedra.
Kontemporêre dans word meestal kaalvoet gedoen.
Die kostuum weerspieël gewoonlik die tema/bedoeling van die
werk.
Ballet:
Kostuums:
Balletskoene word deur beide mans en vroue gedra.
Puntskoene word deur die vrouens gedra.
Styfpassende, gedetailleerde kostuums word gewoonlik gebruik
om die belyning van die liggaam te wys.
Enige ander geskikte antwoord wat die kostuum van die
hoofdansvorm verduidelik. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
6.1.2 MOONTLIKE ANTWOORDE VIR BESKRYF:
Afrika-dans:
Musiek:
Die dansers maak gebruik van poliritmes en kan op maat van
verskillende ritmes binne die musiek beweeg.
Baie of meeste Afrika-danse maak gebruik van tromme.
Sang/stemme en liggaamsperkussie word ook gebruik.
Kontemporêre dans:
Musiek:
Choreograwe en dansers maak gebruik van 'n wye
verskeidenheid musiek.
Verskillende klanke word gebruik asook stilte en
liggaamsperkussie.
Die gesproke woord, gedigte en stemoorklanking kan ook
gebruik word.
Ballet:
Musiek:
Ballet maak gebruik van klassieke musiek wat gespeel word
deur 'n pianis of 'n orkes.
Musiek kan ook spesifiek geskryf word vir sekere dansstukke,
bv. Swanemeer.
Neoklassieke balletwerke gebruik 'n wye verskeidenheid van
musiek.
Enige ander geskikte antwoord wat die musiek van die
hoofdansvorm beskryf. (3)
MOONTLIKE ANTWOORDE VIR NOEM:
6.2
LET WEL: Baie voorbeelde word hieronder verskaf. Kandidate
moet slegs DRIE beginsels noem. As meer as DRIE verskaf
word, moet slegs die eerste DRIE nagesien word.
Beginsels van Afrika-dans: (3)
Ritme
Gebruik van nabootsing
Danselemente
Liggaamsbelyning, -houding en -postuur.
OF
Beginsels van Kontemporêre dans: (3)
Sentrering
Spiraal
Swaartekrag
Liggaamsbelyning, -houding en -postuur.
OF
Beginsels van Klassieke Ballet: (3)
Liggaamsbelyning, -houding en -postuur.
Basiese reëls van die kop, bene, arms en liggaam
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Puntwerk
Enige ander geskikte dansbeginsels/tegnieke wat in jou
hoofdansvorm gebruik word.
6.3 MOONTLIKE ANTWOORDE VIR VERDUIDELIK:
LET WEL: EEN punt word toegeken vir die verduideliking van
hoe elke beginsel in die hoofdansvorm gebruik word. Die
beginsel moet spesifiek van toepassing wees tot die
hoofdansvorm.
Afrika-dans:
Ritme:
Danse gebruik basiese en komplekse ritmiese patrone wat
gebruik word in die bewegings van die arms en die bene. (1)
Gebruik van nabootsing:
Danse gebruik die nabootsing en dramatisering van die natuur
om ons (diere, insekte of plante) of elemente van vuur, water,
grond en lug in die bewegings/gebare wat opgevoer word. (1)
Danselemente:
Afrika-danse gebruik herhalings, kontras, oorgange, sekwensie,
klimaks, balans en harmonie in hul bewegings. (1)
OF
Beginsels van Kontemporêre dans:
Sentrering:
Die danser moet die kern van die liggaam vind wat help met
balans.
Bewegings moet beheer word deur die kern; 'n sterk kern laat
die arms, bene, kop en nek toe om vrylik te beweeg. (1)
Spiraal:
Dit beskryf die beweging van die liggaam om sy eie as ('n
draaibeweging om die werwelkolom).
Dit word gebruik vir balans, beheer en draaibewegings. (1)
Swaartekrag:
As jy regop staan, werk jy teen swaartekrag.
Wanneer jy spring moet jy harder werk om swaartekrag te
oorkom.
Jy sal neerval as jy saam met swaartekrag werk. (1)
OF
Beginsels van Klassieke Ballet:
Liggaamshouding:
Die romp word stewig gehou en ondersteun. Die bene is
uitgedraai vanuit die heupe en geronde arms word gebruik om
(1)
die vasgestelde arm posisies te wys.
Basiese reëls van die kop, bene, arms en liggaam:
Daar is spesifieke reëls wat die kop moet volg in verhouding
(1)
met die bene, arms en liggaam gedurende bewegings.
Puntwerk:
Intensiewe opleiding word vereis om dansers voor te berei om
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 15 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
op hulle tone te dans. (1)
Enige ander geskikte dansbeginsels/tegnieke wat in jou
hoofdansvorm gebruik word. [12]
LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 7 en VRAAG 8.
Merk slegs die eerste vraag as albei vrae beantwoord word.
VRAAG 7: DANSELEMENTE – KEUSE
MEDIUM VLAK 7.1 Verduidelik 4 punte
HOË VLAK 7.2 Evalueer 4 punte
7.1 MOONTLIKE ANTWOORDE VIR VERDUIDELIK:
LET WEL: Die kandidate moet VIER duidelike verduidelikings verskaf
oor hoe RUIMTE gebruik word in die foto van die dansers. As meer as
VIER antwoorde verskaf word, moet slegs die eerste VIER nagesien
word. Die lys van antwoorde word nie aanvaar nie.
½ punte mag toegeken word in 7.1 as die element geidentifiseer word
maar nie verduidelik is nie, bv. die dansers maak gebruik van
verkillende vlakke = ½ punt.
Ken slegs ½ punte toe tot en met „n maksimum van 2 punte.
Alle vlakke word in hierdie beeld gebruik: die sprong is op 'n hoë vlak/die
knie-skarnierbeweging is op 'n lae vlak/die medium vlak word gedoen deur
die danser met die geronde arms.
Hierdie vlakke skep interessantheid in die beeld en beklemtoon die
samestelling.
Die dansers dans naby mekaar sodat hulle die ruimte deel.
Die dansers kyk almal in verskillende rigtings.Een danser kyk ondertoe,
twee dansers kyk boontoe.
Die bewegings het almal verskillende patrone, bv. buigings/reguit lyne/
hoeke.
Al die dansers fokus hul bewegings na die middel van die beeld.
Die dansers skep groot vorms met hulle liggame soos wat hulle baie
spasie weg van hulle liggaamskern gebruik.
Die beeld is asimmetries; nie een van die drie posisies is dieselfde nie.
Lokomotoriese beweging word bereik deur die danser wat opwaarts
spring.
Nie-lokomotoriese bewegings word bereik wanneer die middel en lae vlak
dansers hul posisie hou.
Enige ander verduideliking wat verband hou met hoe RUIMTE gebruik is
in die beeld. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 16 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
7.2 MOONTLIKE ANTWOORDE VIR EVALUEER:
LET WEL: Kandidate moet evalueer hoe KRAG in die beeld gebruik
word. Duidelike voorbeelde moet gegee word om volpunte te behaal.
As meer as VIER antwoorde verskaf word, moet slegs die eerste VIER
nagesien word.
Baie energie word benodig om die sprong te doen en teen swaartekrag te
werk.
Die onderste danser gebruik baie krag/sterkte om die posisie te behou en
nie in te gee aan swaartekrag nie.
Die sagte rondings van die arms van die middelste danser is in
teenstelling met die sterk posisies van sy bene.
Daar is 'n verskil tussen die sagte armposisies en die sterk posisies van
die bene wat gesien word in die danser wat spring.
Die geronde arms kan gesien word as egalige/ligte bewegings.
Die sprong kan gesien word as 'n skerp/sterk beweging.
Enige ander verduideliking wat verband hou met hoe KRAG gebruik is in
die beeld. (4)
[8]
OF
VRAAG 8: CHOREOGRAFIESE STRUKTURE EN CHOREOGRAFIE – KEUSE
MEDIUM VLAK 8.1 Verduidelik 4 punte
HOË VLAK 8.2 Evalueer 4 punte
8.1 MOONTLIKE ANTWOORDE VIR VERDUIDELIK:
LET WEL: Kandidate moet die VIER choreografiese strukture wat hulle
gekies het benoem. As kandidate meer as VIER ingesluit het, sien slegs
die eerste VIER na. 'n Duidelike doel vir elke EEN moet verduidelik
word. Indien geen naam gegee is nie en dit onduidelik is na watter
struktuur die kandidaat verwys, moet geen punte toegeken word nie.
½ punt mag toegeken word as „n duidelike definisie verskaf word.
Motief:
'n Herhaalde beweging/gebaar/frase(1/2 punt) wat gebruik word om idees
of die tema/bedoeling van die danswerk te versterk. = 1 punt vir doel (1)
Simmetrie:
'n Balans aan beide kante van die liggaam/groep/verhoog wat gebruik
word om stabiliteit, veiligheid en balans uit te beeld. (1)
Sekwensie:
Die orde waarin frases saamgevoeg word om beweging te laat vloei of die
vloei/betekenis van bewegings te onderbreek/verander. (1)
Herhaling:
Wanneer bewegings herhaaldelik voorkom om 'n gedagte/idee binne die
danswerk te bevestig. Om die danswerk by die gehoor aanklank te laat
vind. (1)
Kans/Toeval:
Wanneer die volgorde van die bewegings/tonele aanhoudend verander
word skep dit opwinding vir die dansers en die gehoor. Die bewegings of
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 17 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
uitvoering van die bewegings word per toeval gekies.
Stilheid: (1)
Wanneer alle beweging stop en die aandag na of weg van die oomblik
trek/beklemtoon 'n posisie/skep konneksie tussen dansers/verskerp die
betekenis/bedoeling. (1)
Klimaks:
Skep 'n hoogtepunt in die danswerk deur die bewegings/oomblikke te laat
uitstaan bo die res. Dit plaas die aandag op die bedoeling/betekenis/impak
wat die choreograaf probeer oordra. Die danswerk kan opbou tot een
spesifieke klimaks of daar kan vele kleiner klimakse gedurende die
danswerk wees. (1)
8.2 MOONTLIKE ANTWOORDE VIR EVALUEER:
LET WEL: As kandidate meer as VIER gebruike van tegnologie gee, sien
slegs die eerste VIER na. Geen punte word toegeken vir die lys van
tegnologieë nie. Kandidate moet evalueer hoe die gekose tegnologieë as
„n hulpmiddel gebruik kan word om oorspronklikheid in die danswerk te
skep. Een area met verskeie voorbeelde kan of gefokus word.
Projekteer beelde op die sikloramagordyn om die storie of tema beter oor
te dra, bv. die projeksie van 'n vervalle gebou in vallende sneeu in Four
Seasons.
Projekteer beelde of patrone op die vloer om die tema uit te beeld, bv.
beligting wat patrone op die vloer maak om 'n dorre landskap uit te beeld,
soos in Four Seasons.
LED ligte kan in die kostuums ingewerk word om die dansers se
bewegings te beklemtoon in die donker.
LED ligte kan van die dak gehang word om 'n nagklub voor te stel.
Lasers kan gebruik word om interessante en modern effekte op die
verhoog te skep, bv. deur die vorm van 'n hok te maak 'waarin' die
dansers kan beweeg.
Hologramme kan beelde op die verhoog skep waarmee die dansers kan
saamwerk.
Klank effekte kan gebruik word, bv. 'n stemoorklanking van 'n gedig
waarop die dansers kan beweeg.
Skadudans is baie gewild en die dansers word van agter belig sodat hulle
skaduwees sigbaar is op 'n groot skerm.
Choreograwe maak gebruik van spesiale film tegnieke en redigering
programme wanneer hulle choreografeer vir film/video.
Tegnologie kan gebruik word vir navorsing, inspirasie, om nuwe idees te
kry, ens
Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met hoe tegnologie
gebruik word om oorspronklike danswerke te skep. (4)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 18 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10.
Merk slegs die eerste vraag as albei vrae beantwoord word.
VRAAG 9: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF – KEUSE
LAE VLAK Bewegingswoordeskat 2 punte
Opleiding & loopbaan 10 punte
MEDIUM VLAK Invloede 3 punte
HOË VLAK Bydrae 3 punte
Formaat 2 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
LET WEL: Kandidate moet die naam van die gekose internasionale choreograaf
en danswerk verskaf. Die antwoord moet goed GEORGANISEERD wees en die
NODIGE INLIGTING WEERGEE.
Formaat van die programnota moet duidelik, bondig, goed gestruktureerd, toepaslik (2)
en maklik wees om te lees.
Interessante feite oor die choreograaf se opleiding kan insluit:
Op watter ouderdom het hy/sy begin met opleiding
Hoekom hy/sy begin dans het
Dansvorme/genres waarin hy/sy opgelei is
Onderwysers wat vir hom/haar klas gegee het
Plekke waar hy/sy opleiding ontvang het
Dansgeselskappe waar hy/sy opleiding ontvang het
Eie dansgeselskap
Danswerke gechoreografeer
Erkenning
Toekennings
Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met die choreograaf se (10)
dansopleiding en loopbaan
Bewegingswoordeskat
Genre(s)
Styl
Gebruik van improvisasie
Gebare, ens.
Enige ander geskikte antwoorde (2)
Invloede wat ingesluit kan word:
Mense, bv. familie/onderwysers/medechoreograwe
Politiese/sosiale kwessies
Musiek
Kuns
Geskrewe werke
Tegnologie
Agtergrond en oortuigings
Mities/bonatuurlike
Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met die invloede op die choreograaf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 19 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
se styl. (3)
Bydraes TOT DANS AS „N KUNSVORM kan insluit:
Danswerke wat geskep is
Geleenthede wat geskep is vir jong dansers
Geleenthede wat geskep is vir nuwe choreograwe
Toekennings en waarvoor dit ontvang was
Uitreik programme
Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met die choreograaf se bydrae tot
dans as 'n kunsvorm. (3)
[20]
OF
VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF – KEUSE
LAE VLAK Bewegingswoordeskat 2 punte
Opleiding & loopbaan 10 punte
MEDIUM VLAK Invloede 3 punte
HOË VLAK Bydrae 3 punte
Formaat 2 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
LET WEL: Kandidate moet die naam van die gekose choreograaf verskaf. Geen
punte word vir noem toegeken nie. Kandidate moet in „n TOESPRAAK formaat
geskryf word en moet die nodige inligting weergee.
FORMAAT moet ‘n inleiding en gevolgtrekking insluit. (2)
Dansopleiding en professionele loopbaan:
Mentors/onderwysers
Opleiding/dansskole
Dansgeselskappe waar hy/sy opleiding ontvang het
Dansgeselskap
Danswerke gechoreografeer
Erkenning
Toekennings
Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met die dansopleiding en
loopbaan van die choreograaf. (10)
Bewegingswoordeskat:
Genre
Styl(e)
Mengsel/Fusie van style
Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met choreografiese styl (2)
Eienskappe van die choreograaf:
Danstegnieke/style/genres/bewegings gebruik
Gebruik van improvisasie in choreografiese proses
Gebruik van choreografiese strukture soos kans/toeval.
Gebruik van tema/narratief
Gebruik van politieke/sosiale temas
Gebruik van musiek/begeleiding
Gebruik van ander kunsvorms soos drama/poësie/gemengde media
Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met die choreografiese
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 20 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
eienskappe wat die choreograaf in die danswerk gebruik (3)
Kandidate moet die impak van die choreograaf se professionele loopbaan op die
SUID AFRIKAANSE GEMEENTSKAP EVALUEER en nie net feite verskaf nie.
Geselskappe waar hy/sy opgetree/begin het
Danswerke gechoreografeer
Rolle in ander dansgeselskappe/feeste
Verhoudings en samewerkings
Opleiding van dansleerders
Plekke waar die choreograaf opleiding verskaf het. Skole/Universiteite.
Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met die professionele loopbaan
van die choreograaf (3)
[20]
LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 11 en VRAAG 12.
Sien slegs die eerste vraag as al twee vrae beantwoord word.
VRAAG 11: INTERNASIONALE DANSWERK – KEUSE
LAE VLAK Inspirasie 3 punte
Bewegingswoordeskat 4 punte
MEDIUM VLAK Produksie-elemente 5 punte
HOË VLAK Relevansie 5 punte
Formaat 3 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
LET WEL: Kandidate moet die korrekte formaat van 'n artikel insluit om volpunte te o
kry. Naam van die choreograaf en danswerk moet ingesluit wees. Geen punte vir
noem nie.
Formaat van 'n artikel sluit in:
o 'n Kreatiewe Titel/Opskrif (1)
o Inleiding (1)
o Gevolgtrekking (1)
Bronne van inspirasie (kan enige van volgende insluit):
o Sosiaal
o Polities
o Agtergrond/persoonlike invloede
o Kulturele invloede
o Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met die inspirasie vir die
danswerk (3)
LET WEL: Indien die bewegingswoordeskat en produksie-elemente verduidelik
word maar geen voorbeelde uit die danswerk word ingesluit nie, mag „n
maksimum van 2/3 punte toegeken word.
Bewegingswoordeskat:
o Dansstyl(e)
o Dansmaats
o Groeperings
o Mimiek/gebare/alledaagse bewegings, ens.
o Danselemente
o Choreografiese elemente
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 21 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
o Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met bewegingswoordeskat (4)
Produksie-elemente kan insluit:
o Kostuums/Grimering
o Beligting
o Stelontwerp
o Musiek/Begeleiding
o Tegnologie
o Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met produksie-elemente (5)
Kandidate moet hulle eie MENING oor die betekenis en relevansie van hierdie
DANSWERK VANDAG insluit. Hieronder is moontlike areas wat ingesluit kan
word.
o Impak
o Sosiale/Politieke/jongste gebeure
o Geskiedenis
o Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met die betekenis en
(5)
relevansie van hierdie danswerk vandag.
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 22 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 12: SUID-AFRIKAANSE DANSWERK – KEUSE
LAE VLAK Inspirasie 3 punte
Bewegingswoordeskat 4 punte
MEDIUM VLAK Produksie-elemente 5 punte
HOË VLAK Relevansie 5 punte
Formaat 3 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
LET WEL: Kandidate moet die korrekte formaat van 'n artikel insluit om volpunte te
kry. Naam van die choreograaf en danswerk moet ingesluit wees. Geen punte vir
noem nie.
Formaat van 'n artikel sluit in:
o 'n Kreatiewe Titel/Opskrif (1)
o Inleiding (1)
o Gevolgtrekking (1)
Bronne van inspirasie (kan enige van volgende insluit):
o Sosiaal
o Polities
o Histories
o Persoonlik
o Kultureel
o Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met die inspirasie vir die (3)
danswerk
LET WEL: Indien die bewegingswoordeskat verduidelik word maar geen
voorbeelde uit die danswerk word ingesluit nie, mag „n maksimum van 2 punte
toegeken word.
LET WEL: Die bewegingswoordeskat moet verband hou met die danswerk en
beskryf hoe dit die tema/bedoeling oordra.
Bewegingswoordeskat:
o Groeperings
o Danselemente
o Mimiek/gebare/alledaagse bewegings, ens.
o Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met bewegingswoordeskat (4)
LET WEL: Indien die produksie-elemente en verduidelik word maar geen
voorbeelde uit die danswerk word ingesluit nie, mag „n maksimum van 3 punte
toegeken word.
Kandidate moet verduidelik HOE die produksie-elemente bydra tot die
TEMA/BEDOELING van die danswerk en kan insluit:
o Beligting
o Musiek
o Kostuums
o Verhoog/Stelontwerp
o Tegnologie
o Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met produksie-elemente (5)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 23 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Kandidate moet „n OPINIE gee oor HOE die DANSWERK BYDRAE TOT DANS
EN DIE GEMEENTSKAP en kan insluit.
o Impak
o Sosiale/Politieke/jongste gebeure
o Geskiedenis
Enige ander gepaste antwoord wat verband hou met die bydraes wat die danswerk
tot dans en die samelewing gemaak het. (5)
[20]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2020 Memo (English)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2020 QP (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2023 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2021 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 Memo (English)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper