Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper View all
Dance Studies Nov 2025 Afr
Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 12
- File size
- 999.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Dansstudies 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal.
2. AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)
• Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)
• Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
• Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.4 en VRAAG 5.5. Indien jy albei vrae
beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Lees elke vraag aandagtig deur en neem kennis van wat vereis word.
5. Lees die AKSIEWERKWOORD by elke vraag om te sien wat vereis word.
AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS:
LAEVLAK-VRAE: kies, dui aan, noem, verduidelik, skryf, verskaf, bespreek
MEDIUMVLAK-VRAE: verduidelik, staaf, brei uit, besin, bespreek, beskryf,
ontleed, saamstel, skryf
HOËVLAK-VRAE: gee, identifiseer, brei uit, bespreek, verduidelik, staaf,
evalueer, konseptualiseer, skryf
6. Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep
deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.
7. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
• Slegs in een taal te skryf
• Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
• Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik
• Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar toepaslik
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG 2025
VRAAG 1: BESERINGS
1.1 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
stresfraktuur; fisioterapie
kompressie; sementvloere; ligamente
1.1.1 Enkel- en beenbeserings kan veroorsaak word deur op ... te dans. (1)
1.1.2 Om 'n verband op 'n beseerde area te plaas, staan as ... bekend. (1)
1.1.3 Weefsel wat been aan been heg, word ... genoem. (1)
1.1.4 'n Haarbreuk in die been word 'n ... genoem. (1)
1.1.5 'n Voorbeeld van 'n langtermynbehandeling vir 'n besering is ... (1)
1.2 Verduidelik hoe die verkeerde toepassing van die volgende danstegniek(e) die
risiko van besering kan verhoog. Staaf met voorbeelde.
1.2.1 Oogfokus (2)
1.2.2 Landings (2)
1.3 Gee 'n opinie oor of jy SAAMSTEM or NIE SAAMSTEM NIE met die aanlyn
opskrif hieronder. Staaf met voorbeelde.
'Word goeie postuur oorskat?'
[Bron: https://www.theguardian.com/science/2023/aug/06/good-posture-back-pain-how-to-
avoid] (6)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID
2.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Neuromuskulêre A die vermoë van die bolyf om beheer
vaardighede en balans te handhaaf
2.1.2 Uithouvermoë B die vermoë van die brein om
onmiddellik boodskappe na die
2.1.3 Krag liggaam te stuur
2.1.4 Kernstabiliteit C die vermoë van die liggaam om vir
lang tydperke op te tree
D die vermoë van die liggaam om
krag teen swaartekrag uit te oefen
(4 x 1) (4)
2.2 Verduidelik hoe die volgende komponente van fiksheid gebruik word om
beweging(s) in die dansklas uit te voer:
2.2.1 Krag (2)
2.2.2 Kernstabiliteit (2)
2.2.3 Uithouvermoë (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.3 Ontleed die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: https://za.pinterest.com/pin/488640628325489858/]
2.3.1 Identifiseer DRIE neuromuskulȇre vaardighede en brei uit op hoe
hulle in die foto hierbo gebruik word. (3 x 2) (6)
2.3.2 Identifiseer die uitdagings waarvoor 'n danser met beperkte
soepelheid te staan kan kom wanneer hy/sy probeer om die
beweging(s) in die foto uit te voer. (2)
2.3.3 Verduidelik hoe die dansers soepelheid kon ontwikkel het om die
beweging(s) in die foto uit te voer. Staaf met voorbeelde. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG
3.1 Kies VYF faktore wat in die plakkaat hieronder genoem word en brei uit op hoe
ELKE faktor jou opvoering in die dansklas kan affekteer.
[Bron: https://za.pinterest.com/pin/44121271345062844/] (5)
3.2 Bespreek hoe die waardes en/of houdings wat in Dansstudies geleer word, kan
help om stres te hanteer. (5)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: DANSOPVOERING
4.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ʹwaarʹ of
ʹonwaarʹ langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
4.1.1 Vloeiendheid verwys na die gladde oorgange tussen bewegings. (1)
4.1.2 Projeksie verwys na die selfversekerde aanbieding van beweging. (1)
4.1.3 Dinamiese variasie verwys na die handhawing van dieselfde energie
regdeur 'n dans. (1)
4.1.4 Koördinasie verwys na die gebruik van een liggaamsdeel op 'n slag. (1)
4.1.5 Akkuraatheid verwys na die uitvoer van bewegings met aandag aan
detail. (1)
4.2 Verduidelik hoe die volgende musiekterme beweging(s) kan beïnvloed:
4.2.1 Tempo (1)
4.2.2 Ritme (1)
4.2.3 Frasering (1)
4.2.4 Toonkleur (1)
4.3 Besin oor jou graad 12-solo-opvoering en bespreek hoe jy jou liggaam gebruik
het om bedoeling te kommunikeer. (6)
[15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID
VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommers
(5.1.1 tot 5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
5.1.1 Dieselfde bewegings wat een na die ander herhaal word:
A Asimmetrie
B Kontakimprovisasie
C Kanon (1)
5.1.2 Die hoogtepunt of onvergeetlike oomblik van 'n danswerk:
A Unisoon-beweging
B Klimaks
C Patroon (1)
5.1.3 Voer dieselfde bewegings uit om balans en harmonie te skep:
A Simmetrie
B Stilte
C Positiewe ruimte (1)
5.1.4 Herhaalde bewegings wat die tema van die danswerk oordra:
A Rigting
B Negatiewe ruimte
C Motief (1)
5.1.5 Vorms wat deur twee of meer liggame geskep word:
A Ineengevlegte vorms
B Repetisie
C Variasie (1)
5.2 Beskryf VIER maniere waarop 'n joernaal jou met jou choreografiese proses
kan help. (4)
5.3 Ontleed hoe die danselement krag gebruik kan word om bedoeling oor te dra. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.4 en VRAAG 5.5.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
5.4 Verduidelik die effek wat tegnologie op 'n choreografie kan hȇ. Staaf jou
antwoord. (5)
OF
5.5 Evalueer hoe lewendige musiek en/of begeleiding 'n dansopvoering kan
beïnvloed. Staaf jou antwoord. (5)
LET WEL: VRAAG 5.6 is VERPLIGTEND.
5.6 Konseptualiseer 'n choreografie deur die nie-konvensionele ruimte hieronder
as 'n stimulus te gebruik.
[Bron: https://za.pinterest.com/pin/465630048993449586/] (8)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID
6.1 Noem VYF funksies van dans. (5)
6.2 Verduidelik die voordele van ELK van die funksies van dans wat in VRAAG 6.1
genoem is. (5)
6.3 Stel gedetailleerde aantekeninge oor jou hoofdansvorm saam onder ELK van
die opskrifte hieronder.
Noem jou hoofdansvorm.
6.3.1 Beginsels (5)
6.3.2 Kenmerke (5)
6.4 Gee jou opinie oor die invloede wat die hedendaagse samelewing op kulturele/
inheemse dans het. (5)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 7: DANSWERK
Kies EEN danswerk wat jy uit die voorgeskrewe lys hieronder bestudeer het.
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alvin Ailey Revelations
Christopher Bruce Ghost Dances
George Balanchine Apollo
Martha Graham Lamentation
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alfred Hinkel Bolero OF Cargo
Gregory Maqoma Four Seasons OF Skeleton Dry
Hazel Acosta Blood Wedding
Mavis Becker Flamenco de Africa
Sylvia Glasser Tranceformations
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld
Vincent Mantsoe Gula Matari
Noem die danswerk wat jy gekies het.
Skryf 'n resensie oor die danswerk en sluit die volgende in:
• Sinopsis/Tema/Bedoeling
• Musiek en/of begeleiding
• Produksie-elemente
• Bewegingswoordeskat
• Simbolisme
• Toepaslikheid van die danswerk [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 8: CHOREOGRAAF
Kies EEN choreograaf wat jy uit die voorgeskrewe lys hieronder bestudeer het.
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE INTERNASIONALE CHOREOGRAWE
Alfred Hinkel Alvin Ailey
Gregory Maqoma Christopher Bruce
Hazel Acosta George Balanchine
Mavis Becker Martha Graham
Sylvia Glasser
Veronica Paeper
Vincent Mantsoe
Noem die choreograaf wat jy gekies het en beantwoord die vrae wat volg.
8.1 Verskaf SES feite oor die agtergrond van die choreograaf. (6)
8.2 Bespreek hoe die choreograaf se invloede sy/haar professionele loopbaan
gevorm het. (4)
8.3 Brei uit op die choreograaf se choreografiese eienskappe/styl. (2)
8.4 Bespreek die choreograaf se bydrae tot dans. (3)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 90
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 12 Dance Studies
Explore more published documents in this catalogue.

















