Skip to content
Question paper

Dance Studies Grade 12 NSC November 2021 Question Paper

Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2021, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Dance StudiesGrade 12202110 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DANSSTUDIES NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal. 2. AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)  Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 1.2 en VRAAG 1.3. Indien jy albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)  Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 6.2 en VRAAG 6.3. Indien jy albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word. 5. Lees die AKSIEWERKWOORD aan die begin van elke vraag om te sien wat verlang word. VOORBEELDE VAN AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS: LAEVLAK-VRAE: kies, vind, noem, pas, definieer, waar of onwaar MEDIUMVLAK-VRAE: beskryf, verduidelik, brei uit HOËVLAK-VRAE: ontleed, evalueer, beredeneer, gee mening 6. Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 7. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:  Slegs in een taal te skryf  Inligting te organiseer en duidelik oor te dra  Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik  Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: BESERINGS 1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Indien die stelling ONWAAR is, skryf neer waarom jy so dink. 1.1.1 Dit is niks ernstigs om opwarming aan die begin van die klas mis te loop nie. (1) 1.1.2 Om beserings te voorkom, is dit belangrik om binne jou liggaam se omvang van beweging te werk. (1) 1.1.3 Bonsbewegings gedurende strekoefeninge is veilig en dit help om die spiere verder te strek. (1) 1.1.4 Goeie postuur beteken dat jy jou rug moet buig en jou kern laat ontspan. (1) 1.1.5 Om veilig te land na 'n sprong moet jy deur die voete land en jou knieë buig. (1) LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 1.2 en VRAAG 1.3. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. 1.2 Ontwerp 'n breinkaart. Jy mag 'n hele enkelbladsy of dubbelbladsy vir jou breinkaart in die ANTWOORDEBOEK gebruik. Jou breinkaart moet verduidelik hoe dansers beserings kan voorkom. Sluit die volgende inligting in:  Die geskikte dansomgewing  Die rol van die onderwyser  Die belangrikheid van goeie leefstylkeuses  Voeding en hidrasie  Twee punte sal vir 'n kreatiewe uitleg en aanbieding van die breinkaart toegeken word (10) OF 1.3 Ontwerp 'n muurkaart. Jy mag 'n hele enkelbladsy of dubbelbladsy vir jou muurkaart in die ANTWOORDEBOEK gebruik. Jou muurkaart moet die volgende inligting verduidelik:  Die verskillende tipes behandeling wat dansers vir beserings kan gebruik  Die invloed wat 'n ernstige besering op 'n danser kan hê  Twee punte sal vir 'n kreatiewe uitleg en aanbieding van die muurkaart toegeken word (10) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/November 2021 NSS VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID 2.1 Voltooi die volgende sinne deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. statiese strekking; kardiovaskulêre uithouvermoë; krag; aërobies; neuromuskulêre vaardighede; dinamiese strekking 2.1.1 Oefeninge waar jy aanhoudend beweeg, word … genoem. (1) 2.1.2 Die vermoë van die brein om onmiddellik boodskappe na die liggaam te stuur, word … genoem. (1) 2.1.3 Die vermoë van die hart en longe om vir 'n sekere tydperk tydens inspannende aktiwiteit suurstofryke bloed na die spiere te pomp, word … genoem. (1) 2.1.4 Die vermoë van 'n spier om krag teen swaartekrag uit te oefen, word … genoem. (1) 2.1.5 Wanneer jy op 'n stadige en beheerste manier strek, word dit … genoem. (1) 2.1.6 ... behels die uitvoer van bewegings wat deur die volle omvang van beweging in die gewrigte beweeg. (1) 2.2 Verduidelik hoe 'n gebrek aan spierkrag 'n danser se uitvoering kan beïnvloed. (4) 2.3 Verduidelik hoe kardiovaskulêre en/of spieruithouvermoë 'n danser se uitvoering kan verbeter. (4) 2.4 Bestudeer die beeld hieronder en beantwoord die vrae wat volg: [Bron: http://www.peddecordphoto.com/galleries/portfolio-studio] 2.4.1 Identifiseer DRIE neuromuskulêre vaardighede wat gebruik word. (3) 2.4.2 Ontleed hoe ELKE vaardigheid wat jy in VRAAG 2.4.1 geïdentifiseer het, gebruik word. (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG 3.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 3.1.1 Liggaamsbeeld A gevoelens dat jy moet verander om by diegene om jou in te pas 3.1.2 Portuurdruk B die hantering van gedagtes en 3.1.3 Geestesgesondheid gevoelens binne veranderende toestande 3.1.4 Stereotipering C etikettering en plasing van 'n persoon in 'n spesifieke kategorie D gedagtes en gevoelens oor jou fisiese voorkoms (4 x 1) (4) 3.2 Verduidelik hoe die volgende aktiwiteite 'n danser kan help om stres en spanning te hanteer: 3.2.1 Asemhalingsoefeninge (3) 3.2.2 Praat met iemand van jou eie portuur (3) [10] VRAAG 4: DANSOPVOERING/-UITVOERING 4.1 Verduidelik hoe die vak Dansstudies die volgende vaardighede kan ontwikkel:  Probleemoplossing  Kommunikasie  Kreatiwiteit (3 x 2) (6) 4.2 Identifiseer DRIE dansuitvoeringsvaardighede. (Moet NIE krag, soepelheid, kernstabiliteit en uithouvermoë by jou antwoord op VRAAG 4.2 insluit NIE.) (3) 4.3 Verduidelik hoe jy jou dansuitvoering kan verbeter deur ELKEEN van die vaardighede wat in VRAAG 4.2 geïdentifiseer is, te gebruik. (3) 4.4 Toewyding is 'n belangrike faktor in dans. Beredeneer die stelling hierbo. (3) [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/November 2021 NSS AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 5.1.1 'n Herkenbare deuntjie in musiek word 'n … genoem. A melodie B toonhoogte C tema D pas (1) 5.1.2 'n Hoogtepunt in musiek word 'n … genoem. A aksent B ritme C variasie D klimaks (1) 5.1.3 Om 'n swakker slag in musiek te beklemtoon, word … genoem. A maatslag B sinkopasie C dinamiek D duur (1) 5.1.4 Twee of meer ritmes wat gelyktydig gespeel word, word … genoem. A sekwensie B tempo C poliritme D musikaliteit (1) 5.1.5 Die aantal maatslae in elke musiekmaat word die … genoem. A frase B styl C harmonie D tydmaatteken (1) 5.1.6 Die unieke klankgehalte wat 'n instrument of stem anders as ander klanke maak, word … genoem. A toonkleur B motief C genre D duur (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/November 2021 NSS 5.2 Verduidelik hoe 'n choreograaf produksie-elemente kan gebruik om die tema/storie/betekenis van 'n danswerk oor te dra. (10) 5.3 Ontleed hoe die danselemente RUIMTE en KRAG in die prentjie hieronder gebruik word. (6) [Bron: www.momentmag.com] 5.4 Verduidelik hoe jy die prentjie hierbo sal interpreteer as dit vir jou as 'n improvisasiestimulus in die dansklas gegee sou word. (3) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/November 2021 NSS VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID 6.1 Kies en skryf enige VYF woorde uit die lys hieronder neer wat die funksies van dans in die samelewing beskryf. Motiveer hoekom jy so dink. genesing; loopbaan; onderwys; ontspanning; uitdrukking; protes (5) LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 6.2 en VRAAG 6.3. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. 6.2 Skryf 'n opstel wat verduidelik wat jou hoofdansvorm uniek/herkenbaar maak. Gee die naam van jou hoofdansvorm. Die volgende inligting kan ingesluit word:  Die eienskappe, beginsels, style, tegnieke, ens. (15) OF 6.3 Skryf 'n opstel wat die geskiedenis en ontwikkeling van jou hoofdansvorm verduidelik. Gee die naam van jou hoofdansvorm. Die volgende inligting kan ingesluit word:  Die oorsprong, tydperke, eeue, baanbrekers, invloede, choreograwe, sosiopolitieke kontekste, ens. (15) 6.4 Na jou mening, hoe het die Covid-19-pandemie dans soos wat jy dit ken, verander? Motiveer jou mening. (5) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/November 2021 NSS VRAAG 7: DANSWERK Kies EEN danswerk uit die voorgeskrewe lys hieronder wat jy in die klas bestudeer het. SUID-AFRIKAANSE DANSWERKE CHOREOGRAWE Alfred Hinkel Bolero – Last Dance OF Rain in a Dead Man's Footprint OF Cargo Gregory Maqoma Four Seasons OF Beauty Trilogy OF Skeleton Dry OF Somehow Delightful Sylvia Glasser Tranceformations Veronica Paeper Orpheus in the Underworld OF Carmen Vincent Mantsoe Gula Matari Dada Masilo Swan Lake OF Romeo and Juliet Gary Gordon Bessie's Head Mavis Becker Flamenco de Africa Hazel Acosta Blood Wedding Carolyn Holden Imagenes INTERNASIONALE DANSWERKE CHOREOGRAWE Alvin Ailey Revelations Martha Graham Lamentations OF Errand into the Maze George Balanchine Apollo OF Jewels Christopher Bruce Ghost Dances OF Rooster Matthew Bourne Swan Lake OF Cinderella Pina Bausch The Rite of Spring William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated Mats Ek Giselle OF Swan Lake OF Carmen Rudi van Dantzig Four Last Songs Jiří Kylián Wings of Wax OF Stamping Ground Skryf 'n insiggewende OPSTEL oor die danswerk wat jy gekies het. Sluit die volgende inligting in:  Die naam van die danswerk wat jy gekies het  Bedoeling, inspirasie of rede vir die skep van die danswerk  Storie, oorsig of tema en hoe dit oorgedra is  Produksie-elemente en hoe dit die storie/oorsig/tema oorgedra het  Musiek/Begeleiding en hoe dit tot die danswerk bygedra het  Dansstyl(e) gebruik  Bewegingswoordeskat wat gebruik is om die storie/bedoeling/tema oor te dra  Simbolisme wat gebruik is  Jou mening oor die huidige toepaslikheid van die werk [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/November 2021 NSS VRAAG 8: CHOREOGRAAF Kies EEN choreograaf uit die lys hieronder wat jy in die klas bestudeer het. SUID-AFRIKAANSE INTERNASIONALE CHOREOGRAWE CHOREOGRAWE Alfred Hinkel Alvin Ailey Gregory Maqoma Martha Graham Sylvia Glasser George Balanchine Veronica Paeper Christopher Bruce Vincent Mantsoe Mathew Bourne Dada Masilo Pina Bausch Gary Gordon William Forsythe Mavis Becker Mats Ek Hazel Acosta Rudi van Dantzig Carolyn Holden Jiří Kylián Berei studienotas voor oor die choreograaf wat jy gekies het. Sluit die volgende inligting in:  Die naam van die choreograaf wat jy gekies het  Agtergrondinligting  Dansopleiding en loopbaan  Prestasies en erkennings  Bydraes tot dans en die samelewing en die toepaslikheid daarvan [15] TOTAAL AFDELING B: 90 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Dance Studies

View all
Dance Studies Grade 12 NSC November 2021 Question Paper | Hlayiso