Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
DANSSTUDIES
JUNIE 2022
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers _hlayiso.com_--3ec45ea7-7a64-41c0-992e-f4e10a368d00/v1-49ff1717c769904f080d/card.webp)





View all





Dance Studies Grade 12 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 442.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2021
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
NOTA VIR NASIENERS:
Hou streng by die nasienriglyne wanneer nasien.
Die standaardiseringsproses tydens die nasienriglynbesprekings verseker dat
hierdie riglyne die meeste moontlike antwoorde, wat die kandidate kan voorsien,
insluit.
Alle nasieners moet dit op 'n konsekwente wyse toepas. Die nasienriglyne mag op
geen wyse verander word nie.
In sekere kwalitatiewe vrae moet professionele en ingeligte oordeel toegepas
word.
Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-adviseurs/-amptenare met
gespesialiseerde danskennis gemerk word.
Kandidate het 'n keuse binne sekere vrae. Indien kandidate beide die vrae
beantwoord het moet slegs die EERSTE antwoord nagesien word. Trek 'n streep
deur die tweede antwoord wat nie nagesien word nie.
In sekere vrae waar kandidate gevra word om 'n spesifieke hoeveelheid feite te
verskaf, moet slegs die verwagte hoeveelheid gemerk word indien meer verskaf
word.
Kandidate mag korrekte inligting insluit wat nie noodwendig in die handboek is nie.
Gebruik professionele oordeel in so 'n geval. Onsekerheid oor sulke inligting wat
verskaf is deur die kandidaat moet bevestig word deur die nodige navorsing.
Hoë, medium en lae kognitiewevlakke wat in elke antwoord verwag word, is
ingesluit bo elke moontlike antwoord. Daar moet streng by hierdie vlakke gehou
word. Die beskrywende werkwoord/instruksiewoord in elke vraag moet as riglyn
vir die toekenning van punte dien.
Nasieners moet GEEN volpunte toeken vir antwoorde wat oppervlakkig en
minimaal is nie of waar al die vereistes van die Kognitiewevlakke van die vraag
nagekom is nie.
Nasiening moet geskied ten opsigte van wat die kandidate weet en nie wat hy/sy
nie weet nie.
EEN regmerk = EEN punt, afhangend van die vereistes van die vraag, tot en met
die maksimum punt toegelaat.
½ punte mag aan LAE- en MEDIUMvlakvrae toegeken word waar dit van
toepassing is.
Geen ½ punte mag aan HOËvlakvrae toegeken word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: BESERINGS
LAE VLAK 1.1 Pas 5 punte
1.2 Verduideliking 4 punte
1.3 Benoem 2 punte
MEDIUM VLAK 1.4 Verduideliking 4 punte
1.1 PASITEMS
Verwagte antwoorde:
1.1.1 C of D of E
1.1.2 A
1.1.3 B of D
1.1.4 E
1.1.5 B (5)
1.2 VERDUIDELIKING VAN RYKE
NOTA: Geen volpunte mag toegeken word as die kandidaat nie die
behandeling ten volle verduidelik nie.
Ken ½ punte toe waar die kandidaat slegs woorde skryf soos; Rus,
Ys, Kompressie, Elevasie.
Verwagte antwoorde:
Rus – rus die beseerde area om verdere besering en/of om tyd te gee vir genesing
Ys – wend ys aan vir voorkoming/vermindering van swelling
Kompressie – kompres of verbind die beseerde area om swelling te verminder
en/of om die beseerde area te ondersteun.
Elevasie – hou die geaffekteerde area hoog om te voorkom/verminder van swelling
en/of om te help met bloedsirkulasie
(4)
1.3 BENOEM VAN BESERINGS
NOTA: Sien slegs die eerste TWEE alternatiewe behandelings na as die
kandidaat meer verskaf het.
Verwagte antwoorde:
Fisioterapie
Akupunktuur
Medikasie
Room/salf
Hidroterapie
Enige ander gepaste antwoord wat die behandeling noem. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
1.4 VERDUIDELIKING VAN POSTUUR
Verwagte antwoorde:
Verlenging van die ruggraat en nek
Belyning van die kop, skouers, heupe, knieë en enkels
Korrekte plasing/balansering van die bekken (nie voor of agteroor gekantel nie)
Aktivering van die kern ( abdominale en rugspiere)
Gelyke opening van die bors en rug (d.w.s. om nie die skouers rond te hou nie)
Gewig eweredig versprei oor die DRIE punte van die voet
Enige ander gepaste antwoord wat postuur verduidelik. Dit kan na ‘n spesifieke
dansvorm verwys. (4)
[15]
VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID
LAE VLAK 2.2.1 Benoem 2 punte
MEDIUM VLAK 2.1 Verduideliking 4 punte
2.2.2 Verduideliking 2 punte
2.3 OF 2.4 Verduideliking 9 punte
HOË VLAK 2.3 OF 2.4 Ontwerp 3 punte
2.1 VERDUIDELIKING VAN VERKEERDE STELLINGS
NOTA: As kandidate die regte antwoord gee en nie die 'waarom' gee nie, moet ½
punte toegeken word.
Bv. Statiese strekking moet aan die einde van die klas gedoen word = ½
punt.
Statiese strekking moet aan die einde van die klas gedoen word omdat
die spiere warm en buigsaam is = 1 punt.
Verwagte antwoorde:
2.1. 2.1.1 Statiese strekking moet aan die einde van die klas gedoen word
omdat die spiere warm en soepel is. (1)
2.1.2 Onderontwikkelde komponente van fiksheid sal die kwaliteit van
jou optrede affekteer omdat jy geen beheer oor jou
bewegings/beperkte omgang, ens. sal hê nie. (1)
2.1.3 Stres en spanning beïnvloed 'n danser se soepelheid omdat
gespanne spiere nie elasties is nie. (1)
2.1.4 Kernstabiliteit is belangrik vir goeie tegniek omdat dit jou help met
balans /kontrole van bewegings. (1)
Enige ander gepaste antwoord wat verduidelik waarom die stelling
verkeerd is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
2.2 BESTUDEER DIE BEELD
2.2.1 BENOEMING VAN KOMPONENTE VAN FIKSHEID
NOTA: Verwys na die VRAESTEL vir die beeld
Kandidate moet enige TWEE komponente van fiksheid noem met
betrekking tot die beeld
Verwagte antwoorde:
Krag
Soepelheid
Kernstabiliteit
Uithouvermoë/spieruithouvermoë/kardiovaskulêre uithouvermoë
Neuromuskulêre vaardighede (2)
2.2.2 VERDUIDELIKING VAN KOMPONENTE VAN FIKSHEID
NOTA: Verwys na die VRAESTEL vir die beeld
Kandidate moet elkeen van die komponente van fiksheid wat in 2.2.1
genoem is, met betrekking tot die beeld verduidelik
Verwagte antwoorde:
KRAG:
Albei dansers het krag in hulle arms/romp/bene om te handhaaf/hul posisies te hou
Danser B wys krag omdat hy die gewig van danser A ondersteun
Enige ander gepaste antwoord wat verduidelik hoe krag gebruik word
SOEPELHEID:
Die danser met die been in die lug (danser B) wys soepelheid in die
heupgewrigte/bene omdat sy agterste been agter hom verleng is
Enige ander gepaste antwoord wat verduidelik hoe soepelheid gebruik word
KERNSTABILITEIT:
Albei dansers het kernstabiliteit sodat hulle hierdie posisies kan beheer en hou
Enige ander gepaste antwoord wat verduidelik hoe kernstabiliteit gebruik word
UITHOUVERMOË/SPIERUITHOUVERMOË/KARDIOVASKULÊRE
UITHOUVERMOË:
Spieruithouvermoë: die dansers kan die posisies vir 'n lang periode hou sonder om
moeg te word
Kardiovaskulêre uithouvermoë: die bewegings lyk as of dit binne 'n danssekwensie
is en dat die dansers uithouvermoë benodig sodat hulle nie moeg word nie
Enige ander gepaste antwoord wat verduidelik hoe uithouvermoë gebruik word
NEUROMUSKULÊRE VAARDIGHEDE:
Albei dansers is gefokus op mekaar sodat hulle hul bewegings kan koördineer
Albei dansers balanseer mekaar
Enige ander gepaste antwoord wat verduidelik hoe neuromuskulêre vaardighede
gebruik word (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
2.3 ONTWERP VAN PLAKKAAT: voordele van komponente van fiksheid
NOTA: DRIE komponente moet ingesluit wees om vol punte te behaal
Kandidate kan meer inligting oor een komponent insluit as oor 'n ander
Gebruik professionele oordeel om te bepaal hoe effektief die plakkaart
is
Die verduideliking moet direk verwantskap hou met die DRIE
komponente wat deur die kandidate verkies is
Kandidate mag gebruik maak van beeldmateriale om hul idees te
kommunikeer
As die kandidaat dieselfde inligting/beeldmateriale in elke komponent
gebruik, mag 'n punt slegs een keer toegeken word vir die inligting
Verwagte antwoorde:
Kreatiewe uitlegging en voorlegging moet insluit:
'n Vol A4 bladsy word 'n punt gegee (1)
Ontwerp en uitleg (balans, ruimte, grote, belyning, ens.) (1)
Kreatiewe/gebruik van verskillende lettertipe/beelde/bokse/praatborrels, ens. (1)
Enige DRIE komponente kan ingesluit word:
Krag: 'n danser sal in staat wees om te:
Swaartekrag te weerstaan en behou posisies
Kontroleer bewegings
Hoër te spring (been en enkelsterkte)
Bewegings moeiteloos te laat lyk
Beserings te voorkom
Enige ander gepaste antwoord wat voordele van krag verduidelik
Soepelheid: 'n danser sal in staat wees om:
'n groot omgang van beweging uit te voer
Die vlak van ingewikkeldheid in bewegings te vermeerder
Bewegings moeiteloos laat lyk
Beserings te voorkom weens die styfheid van gewrigte/spiere/senings
Enige ander gepaste antwoord wat voordele van soepelheid verduidelik
Kernstabiliteit: 'n danser sal in staat wees om:
Postuur en belyning te handhaaf en verbeter
Bewegings vanaf die buik te kontroleer
Balans en beheer te handhaaf en verbeter
Veiligheid en doeltreffende oorgange tussen bewegings te verseker
Bewegings moeiteloos laat lyk
Voorkomming van beserings van die rug en ruggraat deur gebrek aan beheer
Enige ander gepaste antwoord wat voordele van kernkrag verduidelik
Uithouvermoë/spieruithouvermoë/kardiovaskulêre uithouvermoë: 'n danser sal in
staat wees om:
Dans vir langer periodes
Die gedagtes vrymaak om op die uitvoering te fokus eerder as om bekommerd te
wees oor hoe om energie te bespaar
Bewegings moeiteloos te laat lyk
Voorkomming van beserings weens moegheid
Enige ander gepaste antwoord wat voordele van uithouvermoë verduidelik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
Neuromuskulêre vaardighede: 'n danser sal in staat wees om:
Algehele dansoptrede te verbeter want bewegings word outomaties
Kwaliteit van die optrede verbeter want bewegings het betekenis
Ratsheid te hê of te verbeter om vinnig en doeltreffend te beweeg
Bewegings moeiteloos te laat lyk
Voorkomming van beserings
Enige ander gepaste antwoord wat voordele van neuromuskulêre vaardighede
verduidelik (9)
[20]
OF
2.4 ONTWERP VAN PLAKKAAT: ontwikkeling van Komponente van Fiksheid
NOTA: DRIE komponente moet ingesluit wees om vol punte te behaal
Kandidate mag meer inligting oor een komponent insluit as oor 'n
ander
Gebruik professionele oordeel wanneer daar bepaal word hoe effektief
die plakkaart is
Die verduideliking moet direk verwant hou met die DRIE komponente
wat deur die kandidate verkies is
Kandidate mag gebruik maak van beeldmateriale om hul idees te
kommunikeer
As die kandidaat dieselfde inligting/beeldmateriale in elke komponent
gebruik, mag 'n punt slegs een keer toegeken word vir die inligting
Verwagte antwoorde:
Kreatiewe uitlegging en voorlegging moet insluit:
'n Vol A4 bladsy word 'n punt gegee (1)
Ontwerp en uitleg (balans, ruimte, grote, belyning, ens.) (1)
Kreatiewe/gebruik van verskillende lettertipe/beelde/bokse/praatborrels, ens. (1)
Enige DRIE komponente kan ingesluit word:
Krag: kan ontwikkel word deur:
Stadige beheerde bewegings te doen
Spesifieke versterkingsoefeninge vir elke liggaamsdeel (bv. Port-de-bras vir die
arms en rug, artikulasie oefeninge om die voete, enkels en bene te versterk) te
doen
Oefeninge soos uitvalle, hurkoefeninge, opstote, optrekke (vir arms en bene) te
doen
Weerstandsoefeninge/oefeninge met gewigte (gewigte/liggaamsgewig/rekbare
elastiese bande) te doen
Pas progressiewe oorlading beginsels (vermeerder duur/gewigte/intensiteit) toe
Gereeld te oefen (d.w.s. 3 – 4 keer per week)
Enige ander gepaste antwoord wat die ontwikkeling van krag verduidelik
Soepelheid: kan ontwikkel word deur:
Oefeninge met 'n grote omgang van beweging (d.w.s. skoppe, spronge) te doen
Oefeninge soos yoga te doen
Strekking (passiewe en aktiewe strekkingstegnieke)
Pas progressiewe belading beginsels (vermeerder duur/gewigte/intensiteit) toe
Konsekwente oefeninge (d.w.s. 3 – 4 keer per week)
Enige ander gepaste antwoord wat die ontwikkeling van soepelheid verduidelik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
Kernstabiliteit: kan ontwikkel word deur:
Die kernspiere binne en buite die dansklas te gebruik
Oefeninge soos abdominale frommel bewegings, rugekstensies, planke
Oefeninge wat balans en beheer uitdaag
Bewegings te doen waar die liggaam van aksis af is
Progressiewe oorbelading beginsels (verleng tydsduur/gewigte/intensiteit) toe te
pas
Gereeld te oefen (d.w.s. 3 – 4 keer per week)
Enige ander gepaste antwoord wat die ontwikkeling van kernkrag verduidelik
Spieruithouvermoë: kan ontwikkel word deur:
Stadige en beheersde bewegings vir uitgebreide tydperke te doen
Weerstandsoefeninge
Baie repetisies van spesifieke versterkingsoefeninge vir elke liggaamsdeel (bv.
Port-de-bras vir die arms en rug, artikulasie oefeninge om die voete, enkels en
bene te versterk) te doen
Baie repetisies van oefeninge soos uitvalbewegings, hurkoefeninge, opstote,
optrekke (vir arms en bene) te doen
Enige ander gepaste antwoord wat die ontwikkeling van kernkrag verduidelik
Kardiovaskulêre uithouvermoë: kan ontwikkel word deur:
Oor-die-vloer bewegings/bewegings/dinamiese bewegings waar die tydsduur
geleidelik vermeerder word
Aktiwiteite buite die klaskamer te doen om die hart en longe te versterk soos die ry
van 'n fiets, hardloop, swem, ens.
Enige ander gepaste antwoord wat die ontwikkeling van kernkrag verduidelik
Uithouvermoë (algemeen): kan ontwikkel word deur:
Langer te dans
In die klas rond te hardloop as 'n opwarming voor die aanvang van die klas
Progressiewe oorbelading-beginsels toe te pas (verleng tydsduur/gewigte/
intensiteit) toe
Gereeld te oefen (d.w.s. 3 – 4 keer per week)
Enige ander gepaste antwoord wat die ontwikkeling van uithouvermoë verduidelik
Neuromuskulêre vaardighede: kan ontwikkel word deur:
Te repeteer en oefen sodat die oefening outomaties kan word (spiergeheue)
Improviserings aktiwiteite om kreatiwiteit en reaksies op veranderende
omstandighede te ontwikkel
Om op verskillende tipe musiek te dans om musikaliteit te ontwikkel
Bewegings op een been te doen om balans te verbeter
Vinnige bewegings wat rigting verander om ratsheid te ontwikkel
Progressiewe oorbelading-beginsels toe te pas (verleng tydsduur/gewigte/
intensiteit) toe
Gereeld te oefen (d.w.s. 3 – 4 keer per week)
Enige ander gepaste antwoord wat die ontwikkeling van neuromuskulêre
vaardighede verduidelik (9)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG
LAE VLAK 3.1 Verduideliking 3 punte
MEDIUM VLAK 3.2 Bevraagtekening 3 punte
HOË VLAK 3.3 Ontleding 4 punte
3.1 VERDUIDELIK GOEIE EETGEWOONTES
NOTA: Kandidate kan enige van die volgende formate insluit:
'n Algemene oorsig oor hoe goeie voeding die liggaam positief
beïnvloed
Eetgewoontes soos klein gereelde maaltye, ens.
Spesifieke dieëte.
Noem spesifieke voedselgroepe en verduidelik hoe dit die liggaam
beïnvloed
Kandidate kan in die negatief antwoord
bv. Jy sal nie moeg voel as jy 'n gebalanseerde dieët volg nie
Verduidelikings wat vaag/onvolledig is mag ½ punte toegeken word
Verwagte antwoorde:
Volgehoue en/of toeneemende energie vlakke
Verbeterde geestes bewustheid/konsentrasie en fokus
Verbeterde welstand (geestelik en fisies)
Instandhouding van liggaamsgewig deur die versekering van regte porsie grotes
Versterk immuunsisteem om siektes en beserings te beveg
Vermeerder krag as gevolg van voedingstowwe van proteïene
Versterk bene deur kalsium inname
Beskerming van belangrike organe as gevolg van vet inname
Verminder moegheid, spierkrampe, kans vir osteoporose as gevolg van vitamiene
en minerale inname
Enige ander gepaste antwoord wat die effek van goeie eetgewoontes verduidelik (3)
3.2 BEVRAAGTEKEN: HIDRASIE
NOTA: Kandidate kan enige van die volgende formate insluit:
'n Algemene oorsig oor hoe hidrasie die liggaam beïnvloed
Kandidate kan in die negatief antwoord
bv. Jy sal nie duiselig word as jy genoeg water drink nie
Verduidelikings wat vaag/onvolledig is mag ½ punte toegeken word
Verwagte antwoorde:
Kandidate moet redes verskaf waarom water so belangrik vir die liggaam is. Redes
kan insluit:
Aanvulling van water wat deur sweet verlore geraak het
Reguleer liggaamstemperatuur
Verhoog fokus en konsentrasie
Voorkom spierkrampe, moegheid, naarheid, duiseligheid, floutes en hoofpyne
Raak onslae van afvalprodukte
Dra voedingstowwe en suurstof na die liggaam
Enige ander gepaste antwoord wat die belangrikheid van hidrasie verduidelik (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
3.3 EVALUERING VAN DIE VOORDELE VAN DANS
NOTA: Kandidate moet spesifieke voorbeelde verskaf en verduidelik/motiveer
hoe dans die emosionele en geestelike welstand sal baat
Geen ½ punte mag toegeken word vir hierdie vraag nie
Verwagte antwoorde:
Dans kan geestelike en emosionele welstand bevoordeel deur:
ontspanningstegnieke te leer en uit te voer
regte asemhalingtegnieke te leer en uit te voer
te leer om te fokus en helder te dink
'n gevoel om deel van 'n stam te wees
'n sin van eiewaarde/selfvertroue/selfrespek te verskaf
sosiale interaksie te vermeerder
die vrylating van endorfiene om die gevoel van gelukkigheid en toenemende
energie te bevorder
verbeterde algemene gesondheid en fiksheid wat lei tot algehele verbetering van
welstand
Enige ander gepaste antwoord wat die voordele van dans op die geestelike en
(4)
emosionele welstand evalueer
[10]
VRAAG 4: DANSOPVOERING/-UITVOERING
LAE VLAK 4.1 Beskrywing 3 punte
4.2 Verduideliking 2 punte
HOË VLAK 4.3 Evaluering 4 punte
4.4 Besin 6 punte
4.1 BESKRYWING VAN DANSBEGINSELS
NOTA: Kandidate moet enige DRIE beginsels noem en beskryf wat in hul
hoofdansvorm gebruik word. Merk slegs die eerste drie as meer
verskaf word.
Geen punte moet vir die naam van die hoofdansvorm toegeken word
nie.
Indien die naam van die hoofdansvorm nie gegee word nie, moet die
gegewe beginsels gelees word en 'n professionele oordeel gemaak
word oor watter hoofdansvorm die kandidaat beantwoord.
Antwoorde moet van toepassing op die hoofdansvorm wees en nie
generies nie
Beginsels wat vaag beskryf word kry ½ punte
bv. Ballet daag swaartekrag uit = ½ punt
Ballet daag swaartekrag uit omdat die meeste van die bewegings lig
en eteries is = 1 punt
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
Verwagte antwoorde:
Algemene areas wat pas by die meeste hoofdansvorms:
Gebruik van swaartekrag: daag dit uit of werk met swaartekrag
Gebruik van arms: plasing/spesifieke posisies/gemaklik, ens.
Gebruik van bene en voete: uitgedraai/parallel/gepunte voete/gebuigde voete
Gebruik van kop: kop en oë gebruik/houding van skouers en kop/val
Postuur: verleng/effense kantel vorentoe/agtertoe
Gebruik van ruimte: oor-die-vloer bewegings/nie-bewegende bewegings
Enige ander gepaste antwoord wat die dansbeginsels beskryf (3)
4.2 VERDUIDELIKING VAN VEILIGE DANSTEGNIEKE
NOTA: Kandidate moet TWEE veilige danstegnieke insluit. Merk slegs die
eerste twee as meer verskaf word
Verduidelikings wat vaag is mag ½ punte toegeken word
Verwagte antwoorde:
Veilige danstegnieke wat algemeen is vir die meeste genres en 'n beskrywing:
Gebruik uitdraai van bene
Begin en einde van 'n sprong
Kop en oë gebruik in draaie
Belyning en postuur
Veilige danstegnieke wat spesifiek is vir 'n genre en 'n beskrywing:
Gebruik van swaartekrag
Gebruik van arms/voete
Saamdans/kontakwerk
Enige ander gepaste antwoord wat veilige danstegnieke verduidelik. Kan spesifiek
na ‘n hoofdansvorm verwys (2)
4.3 BESTUDEER DIE BEELD: evaluering van dansvaardighede
NOTA: Verwys na die VRAESTEL vir die beeld
Baie moontlike vertolkings van die beeld sal verskaf word
Evalueer die hele antwoord in konteks van wat die kandidaat weet en
ken punte daar volgens toe
Kandidate moet die boodskap evalueer wat hulle dink oorgedra word
deur die dansers, om bewegingsbetekenis te gee
Hulle moet dit motiveer deur voorbeelde van die dansbeeld te verskaf
oor hoe die dansvaardighede hierin gewys word
Punte mag nie toegeken word vir die evaluering van die
kostuums/beligting/stelle nie
Geen ½ punte mag vir hierdie vraag toegeken word nie
Verwagte antwoorde:
Redes moet gemotiveer word en kan insluit:
Kwaad
Beheer/dominansie
Vang/vasgevang
Vroulike bemagtiging
Konneksie met dansers deur die gebruik van die arms
Enige ander paslike antwoord wat die dansvaardighede evalueer (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 12 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
4.4 JOERNAALBESINNING
NOTA: Baie moontlike interpretasies/weerspieëlings sal verskaf word
Meer inligting mag oor 1kolpunt meer as die ander kolpunt ingesluit
word
Evalueer die hele antwoord in konteks van wat die kandidaat weet en
ken punte daarvolgens toe
Geen ½ punte mag vir hierdie vraag toegeken word nie
Verwagte antwoorde:
Moontlike refleksie kan insluit:
Beperkte tyd
Onderbrekings van lesse
Bang om siek te word
Onsekerheid/gebrek aan roetine
Verdriet/familie en vriende wat dood gaan
Enige ander gepaste antwoord wat die dansuitdagings gedurende Covid-19
weerspieël
Moontlike refleksie om verantwoordelikheid te neem vir die vooruitgang en
ontwikkeling van jou danstegniek (mag/of mag nie betrekking hế met Covid):
Werk by die huis
Bywoning van aanlyn/ekstra klasse
Oefen van korreksies in die klas gegee
Addisionele fiksheid oefening en/of strekking
Enige ander gepaste antwoord wat die verantwoordelikheid en eie ontwikkeling (6)
weerspieël [15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID
VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE
LAE VLAK 5.1.1 – 5.1.3 Kies 9 punte
MEDIUM VLAK 5.2 OF 5.3 Verduidelik 6 punte
HOË VLAK 5.4 Beplanning 10 punte
5.1 VERKIESING VAN TERME
Verwagte antwoorde:
5.1.1 RUIMTE 5.1.2 TYD 5.1.3 KRAG
Simmetrie Sinkopasie Gewig
Patroon Pas Kontras
Kanon Kanon Dinamiek (3)
Kontras Dinamiek
(3) Patroon
kontras (3) (9)
5.2 VERDUIDELIKING VAN IMPROVISASIE
NOTA: Evalueer die hele antwoord in konteks van wat die kandidaat weet en ken
punte daarvolgens toe
Verwagte antwoorde en verduideliking:
5.2 Alledaagse bewegings
Gebare
Ontwikkeling van motiewe
Samesmelting/kombinasies van genres
Kontakwerk
Gebruik woorde uit die tema/voorneme/doel en 'n beweging vir elkeen te
maak, ens.
Enige ander gepaste antwoord wat die ontwikkeling van
bewegingswoordeskat deur improvisasie verduidelik (6)
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
5.3 VERDUIDELIKING VAN MUSIEK/BEGELEIDING
NOTA: Evalueer die hele antwoord in konteks van wat die kandidaat weet en ken
punte daarvolgens toe
Verwagte antwoorde: verduidelik
5.3 Stemming van musiek pas by die emosie van die tema
Styl/genre – verhoog die styl/genre van die beweging
Instrumentasie – toonkleur skep atmosfeer/bui van die stuk
Stem/sang – dra by tot die tema/voorneme van die werk
Stilte – dra by tot die gevoel van spanning/fokus tot die werk
Musiek het 'n klimaks – pas by die klimaks in bewegings, ens.
Enige ander gepaste antwoord wat die keuse van musiek en/of
begeleiding vir 'n choreografie verduidelik (6)
5.4 BESTUDEER DIE BEELD
5.4 BEPLANNING VIR KOMPETISIE
NOTA: Verwys na die VRAESTEL vir die beeld
Gebruik professionele oordeel wanneer hierdie vraag gemerk word
want kandidate sal 'n verskeidenheid van reaksies hê
Kandidate moet aandui hoe hulle die opvoerruimte sal gebruik .
Indien die opvoerruimte goed verduidelik is, maar nie aandui hoe dit in
die danswerk gebruik word nie, evalueer daarvolgens
Geen ½ punte mag vir hierdie vraag toegeken word nie
Verwagte antwoorde en verduideliking:
'n Wye verskeidenheid van reaksies word verwag
Innoverende benadering tot die wen van die kompetisie
Moontlike areas wat ingesluit mag word:
Storie/tema/voorneme/doel
o Abstrakte
o Verhalende
o Inspirasie
Bewegingswoordeskat
o Danselemente
o Choreografiese elemente
o Genre/styl
o Simboliek
o Gebare
o Alledaagse bewegings
Produksie-elemente
o Trappe = ruimte
o Muurskrif = agterdoek
o Beligting = atmosfeer
o Multidissiplinêre kunsvorme
o Tegnologie/spesiale effekte
o Musiekbegeleiding (10)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 15 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID
LAE VLAK 6.1.1 Benoem 4 punte
6.2.1 Benoem 3 punte
MEDIUM VLAK 6.1.2 Verduideliking 8 punte
6.2.2 Verduideliking 6 punte
HOË VLAK 6.3 Evaluering 4 punte
6.1 ONTLEED BEELDE
6.1.1 BENOEMING VAN DANSGENRES
NOTA: Kandidate moet slegs enige VIER genres identifiseer
Dit word nie van die kandidate vereis om die genre wat aan die beelde
verbind is te identifiseer nie
Merk slegs die eerste VIER indien meer ingesluit word
Verwagte antwoorde:
A – Spaans
B – Kontemporêr
C – Jazz
D – Hip Hop
E – Afrika-dans
F – Ballet (4)
6.1.2 VERDUIDELIKING VAN DANSGENRES
NOTA: TWEE duidelike feite vir elk van die VIER genres wat genoem word in
6.1.1 moet ingesluit en verduidelik word, om vol punte te behaal
As antwoorde nie goed verduidelik word nie mag ½ punte toegeken
word
Verwagte antwoorde:
Moontlike eienskappe/beginsels/style kan insluit:
Kostuums
Skoene
Bewegingswoordeskat
Musiek en/of begeleiding
Geslag rolle
Dansstyle/genre/beginsels
Teater/kulturele dans
Enige ander gepaste antwoord wat verduidelik wat dansgenres herkenbaar maak
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 16 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
6.2.1 BENOEMING VAN FUNKSIES VAN DANS
Verwagte antwoorde:
Ontspanning
Kompetisie
Beroep
Onderrig en opvoeding
Terapie/uitdrukking van emosies
Kommunikasie
Politieke propaganda/kommentaar
Persoonlike innerlike vervulling/selfverwesenliking
Godsdiens
Sosiale/Persoonlike transformasie
Enige ander paslike antwoord wat die funksies van dans noem (3)
6.2.2 VERDUIDELIKING VAN FUNKSIES VAN DANS
LET WEL TWEE duidelike feite vir elk van die DRIE funksies wat in 6.2.1
genoem word moet ingesluit en verduidelik word om vol punte te
behaal
As antwoorde goed verduidelik word mag ½ punte toegeken word
Verwagte antwoorde:
Ontspanning: Vir pret, ontspanning, de-stres, vir genot, ens.
Kompetisie: Om prysgeld te wen, herkenning te kry/status, om beroep te
bevoordeel
Beroep: om 'n lewe te maak, om op te tree vir geld, vir optrede, choreografeer,
ontwerp, ens.
Onderrig en opvoeding: onderwys, klas gee, om inligting oor te dra/geskiedenis,
sosio-politiese bewustheid, ens.
Terapie/uitdrukking van emosies: genesing, ontlading vir innerlike gevoel,
uitdrukking van emosies, ens.
Kommunikasie: simboliese taal, maak die publiek bewus en/of gemeenskappe,
nie-verbale kommunikasie, ens.
Politieke propaganda/kommentaar: politiese stellings, maak die publiek bewus,
aktivisme, ens.
Persoonlike innerlike vervulling/selfverwesenliking: fiksheid, geestelik,
emosioneel en fisiese welstand, vrylating van energie, kreatiewe uitlating, ens.
Godsdiens: transformasie, verhoogde geestelike betekenis/boodskap,
seremonies/gewoontes, ens.
Sosiale/Persoonlike transformasie: seremonies & rituele, genesing, bou sosiale
vaardighede deur middel van spanwerk
Enige ander paslike antwoord wat die funksies van dans verduidelik (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 17 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
6.3 EVALUERING VAN SIMBOLIEK
NOTA: Kandidate moet EEN area kies en verduidelik hoe of teater/
konsertdans OF sosiale/kulturele dans as 'n simboliese taal gebruik
word.
As albei ingesluit is, moet slegs EEN gemerk word
Geen ½ punte moet vir hierdie vraag toegeken word nie
Verwagte antwoorde:
Areas wat ingesluit kan word waar dit van toepassing is:
Beligting = kleure/fokus/atmosfeer
Rekwisiete/agterdoek = plek/tyd/atmosfeer
Kostuum/kleredrag = kleur/style/tekstuur
Musiek/begeleiding/genre/styl/instrumentasie/stem/stilte =
atmosfeer/bui/storie/plek, ens.
Opvoerruimtes = konvensioneel/nie-konvensionele/gemeenskap, ens.
Deelnemers: manlik/vroulik = rolle
Transformasie = rituele
Enige ander gepaste antwoord wat dans as 'n simboliese taal in of teater/konsert
dans OF sosiale/kulturele dans evalueer (4)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 18 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7: DANSWERK
Kognitiewe vlakke se punte volgens die rubriek:
LAE VLAK Nie behaal nie/elementêr 7 punte
MEDIUM VLAK Middelmatig/bevredigende/beduidende 10 punte
HOË VLAK Verdienstelike/uitstaande 5 punte
Formaat 3 punte
NOTA: Gebruik die rubriek wat voorsien is om te bepaal op watter vlak die
antwoord ge-evalueer kan word, gebaseer op die intellektuele kwaliteit
van die antwoord
Evalueer die hele antwoord in konteks van wat die kandidaat weet en
ken punte daar volgens toe
Kandidate kan meer in een area as 'n ander skryf
SKRYF VAN 'N RESENSIE
Toekenning van punte vir formaat van 'n resensie:
Kreatiewe boeiende titel. Geen punte vir die naam van die danswerk as 'n titel
nie (1)
'n Inleiding (1)
'n Gevolgtrekking (1)
NASIEN RUBRIEK
HOË VLAK Goed geskryf/goeie taalgebruik/dansterminologie
Logiese vloei van inligting/maklik om te lees
18 – 25 Relevante/interessante en feitlike inligting oor die danswerk wat
insluit:
Uitstaande o Omlyn, voorneme, inspirasie vir die danswerk, oorsig
Verdienstelik o Gedenkwaardige choreografiese oomblikke:
Bewegingswoordeskat
Gebruik van produksie elemente
MEDIUM VLAK Goed geskryf
Meeste areas is ingesluit
8 – 17 Feitlike inligting oor die danswerk wat insluit:
o Omlyn, oorsig
Beduidende vermoë o Bewegingswoordeskat
Bevredigend o Gebruik van produksie elemente
Middelmatig
LAE VLAK Swak geskryf
Baie min areas word ingesluit
0–7 Minimale/geen feitlike inligting oor die danswerk nie
Elementêr
Nie behaal nie
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 19 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8: CHOREOGRAAF
Kognitiewe vlakke se punte volgens die rubriek:
LAE VLAK Nie behaal nie/elementêr 5 punte
MEDIUM VLAK Middelmatig/bevredigende/beduidende 6 punte
HOË VLAK Verdienstelike/uitstaande 4 punte
NOTA: Gebruik die rubriek wat voorsien is om te bepaal op watter
bewussynsvlak die antwoord val gebaseer op die intellektuele kwaliteit
van die antwoord
Evalueer die hele antwoord in konteks met wat die kandidaat weet en
ken punte daar volgens toe
Kandidate kan meer in oor een onderhoud vraag as 'n ander skryf
Die inligting in die antwoorde kan oorvleuel
Geen punt vir die naam van die choreograaf nie
NASIEN RUBRIEK
HOË VLAK Innemende styl van vrae beantwoord in 'n onderhoud konteks
12 – 15 Logiese vloei van inligting
Diep begrip met insiggewende opinies
Uitstaande Goed geskryf/toepaslike reaksie/gebruik van dansterminologie
Verdienstelik Vrae feitlik en in diepte beantwoord
MEDIUM VLAK Onderhoudstyl van vrae beantwoord word gebruik
6 – 11 Inligting gestruktureerd
Goed geskryf/gebruik van dansterminologie
Beduidende vermoë Vrae feitlik beantwoord
Bevredigend
Middelmatig
LAE VLAK Nie geskryf in 'n onderhoudstyl nie
0–5 Sommige/geen/verkeerde feite voorsien
Elementêr
Nie behaal nie
Verwagte antwoorde:
8.1 Agtergrond: oorsprong, geboorte plek, hoe en wanneer in die dans wêreld
blootgestel/opleiding
8.2 Dansopleiding: dansopleiding, dansgeselskappe, kunstenaars wie mee
gewerk is, danswerke wat geskep is, hoogtepunte, medewerkings,
herkennings, toekennings, ens
8.3 Artistiese invloede: impak van onderwysers/mense, gemeenskap, politiek,
ander kunstenaars, ens.
8.4 Bydrae: geselskappe wat gestig is, werk wat verskaf is, uitreikings
programme, erkenning van buite organisasies, dansstyle/tegniek geskep, etc.
Enige ander paslike en kreatiewe antwoord
[15]
TOTAAL AFDELING B: 90
GROOT TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--3ec45ea7-7a64-41c0-992e-f4e10a368d00/v1-49ff1717c769904f080d/card.webp)
Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2021 Memo (English)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2021 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2022 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Memo (English)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper