Skip to content

Dance Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Afr)

Question paperDance StudiesGrade 12202112 pages

Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN DANSSTUDIES 2022 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/2022 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal. 2. AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)  Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2.3 en VRAAG 2.4. Indien jy albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)  Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.  Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.2 en VRAAG 5.3. Indien jy albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word. 5. Lees die AKSIEWERKWOORD aan die begin van elke vraag om te sien wat verlang word. VOORBEELDE VAN AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS: LAEVLAK-VRAE: kies, vind, noem, pas, definieer, waar of onwaar MEDIUMVLAK-VRAE: beskryf, verduidelik, brei uit HOËVLAK-VRAE: analiseer/ontleed, evalueer, beredeneer, gee mening 6. Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 7. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:  Slegs in een taal te skryf  Inligting te organiseer en duidelik oor te dra  Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik  Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/2022 SS/NSS AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: BESERINGS 1.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die vraag in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 F. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Waarom moet dansers aan A om wrywing te voorkom die einde van 'n klas afkoel? B om die liggaamstemperatuur te 1.1.2 Waarom word sinoviale verhoog vloeistof in die gewrigte vrygestel? C om te voorkom dat bloed in die ledemate opgaar 1.1.3 Waarom moet dansers aan die begin van 'n klas D om die rekbaarheid van die opwarm? spiere te vermeerder 1.1.4 Waarom moet afvalstowwe E om krampe en styfheid te soos melksuur uit die spiere voorkom verwyder word? 1.1.5 Waarom moet die hartklop toeneem? (5 x 1) (5) 1.2 Verduidelik hoe ELKE letter in RYKE tot die onmiddellike behandeling van 'n besering kan bydra. (4) 1.3 Noem enige TWEE alternatiewe/ander behandelings wat vir 'n besering gebruik kan word. (2) 1.4 Marsha het 'n swak danspostuur. Verduidelik aan Marsha hoe sy haar postuur gedurende dansklasse kan verbeter. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID 2.1 Verduidelik waarom die volgende stellings VERKEERD is: 2.1.1 Statiese strekking moet nie aan die einde van 'n dansklas gedoen word nie. (1) 2.1.2 Onderontwikkelde komponente van fiksheid sal nie die kwaliteit van jou optrede affekteer nie. (1) 2.1.3 Stres en spanning beïnvloed nie 'n danser se soepelheid nie. (1) 2.1.4 Kernstabiliteit is nie belangrik vir goeie tegniek nie. (1) 2.2 Bestudeer die beeld hieronder en beantwoord die volgende vrae. 2.2.1 Noem enige TWEE komponente van fiksheid wat in die beeld gebruik word. (2) 2.2.2 Verduidelik hoe hierdie TWEE komponente van fiksheid gebruik word. (Jy mag in jou antwoord na danser A of danser B of albei dansers verwys.) B A [Bron: https://arrowrootmedia.com/project/daniel-gwirtzman-dance/] (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/2022 SS/NSS LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2.3 en VRAAG 2.4. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. 2.3 Ontwerp 'n insiggewende plakkaat. Jy moet 'n hele bladsy (A4) gebruik. Jou plakkaat moet die voordele van komponente van fiksheid in die dansklas beklemtoon. Kies enige DRIE komponente om op te fokus. Punte sal toegeken word vir:  Inligting wat die voordele van hierdie DRIE komponente van fiksheid goed verduidelik EN/OF die gebruik van beeldmateriaal om jou idees oor te dra (9)  Kreatiewe uitleg en aanbieding (3) OF 2.4 Ontwerp 'n insiggewende plakkaat. Jy moet 'n hele bladsy (A4) gebruik. Jou plakkaat moet beklemtoon hoe om komponente van fiksheid in die dansklas te ontwikkel. Kies enige DRIE komponente om op te fokus. Punte sal toegeken word vir:  Inligting wat goed verduidelik hoe om hierdie DRIE komponente van fiksheid te ontwikkel EN/OF die gebruik van beeldmateriaal om jou idees oor te dra (9)  Kreatiewe uitleg en aanbieding (3) [20] VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG 3.1 Verduidelik hoe goeie eetgewoontes 'n danser se liggaam positief kan beïnvloed. (3) 3.2 Waarom is hidrasie vir 'n danser belangrik? (3) 3.3 Evalueer die voordele van dans vir geestelike en emosionele welstand. (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 4: DANSOPVOERING/-UITVOERING 4.1 Noem jou hoofdansvorm. Gee 'n beskrywing van DRIE beginsels wat uniek aan jou hoofdansvorm is. (3) 4.2 Verduidelik TWEE veilige danstegnieke wat in jou hoofdansvorm gebruik word. (2) 4.3 Bestudeer die beeld hieronder. Evalueer die dansers se dansvaardighede. Wat is die boodskap wat die dansers oordra? Motiveer jou antwoord met voorbeelde uit die beeld. [Bron: https://seattlegayscene.com/2018/04crystal-pites-emergence-examines-hive- intellgence-in-pubs-spring-program/] (4) 4.4 Maak 'n joernaalinskrywing waar jy oor die volgende reflekteer:  Die dansuitdagings waarvoor jy gedurende die Covid-19-pandemie by die skool te staan gekom het  Hoe jy verantwoordelikheid geneem het om die vordering en ontwikkeling van jou danstegniek en -uitvoering te verseker (6) [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/2022 SS/NSS AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE 5.1 Kies DRIE terme wat in die lys hieronder verskaf is vir ELK van die volgende. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. sinkopasie; simmetrie; gewig; kanon; pas; kontakimprovisasie; kontras; dinamiek; patroon 5.1.1 Ruimte (3) 5.1.2 Tyd (3) 5.1.3 Krag (3) LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.2 en VRAAG 5.3. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. 5.2 IMPROVISASIE Hoe kan improvisasie gebruik word om bewegingswoordeskat vir 'n choreografie te ontwikkel? Verduidelik jou antwoord. (6) OF 5.3 MUSIEK EN/OF BEGELEIDING Verduidelik moontlike redes vir die keuse van musiek en/of begeleiding vir 'n choreografie. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/2022 SS/NSS 5.4 Jy wil vir 'n choreografiekompetisie inskryf waar jy die terreinspesifieke opvoerruimte in die beeld hieronder sal gebruik. Beplan hoe jy die ruimte sal gebruik om jou idee te verwesenlik. CHOREOGRAFIEKOMPETISIE KONTANTPRYS Sluitingsdatum vir Vind meer uit by: inskrywings: www.sitespecificchallenge.com R10 000 31 Julie 2022 [Bron: http://www.reddit.com] (10) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID 6.1 Ontleed die beelde hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 6.1.1 Noem enige VIER dansgenres wat in die beelde gemerk A tot F gesien word. (4) 6.1.2 Verduidelik wat die VIER genres wat in VRAAG 6.1.1 genoem is, herkenbaar maak. (4 x 2) (8) A B C [Bron: https://za.pinterest.com/pin/ [Bron: 250794272968723568/] https://64.media.tumblr.com [Bron: www.jennajamz.com] D E F [Bron: https://static01.nyt.com/images/ 2013/11/21/arts] [Bron: [Bron: https://za.pinterest.com] https://www.masterfile.com] 6.2 6.2.1 Noem enige DRIE funksies van dans. (3) 6.2.2 Verduidelik hoe hierdie DRIE funksies in die samelewing gebruik word. (3 x 2) (6) 6.3 Evalueer hoe dans as 'n simboliese taal in EEN van die volgende gebruik word: 6.3.1 Teater-/Konsertdans OF 6.3.2 Sosiale/Kulturele dans (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/2022 SS/NSS VOORGESKREWE CHOREOGRAWE EN DANSWERKE VIR VRAAG 7 EN VRAAG 8. INTERNASIONALE DANSWERKE CHOREOGRAWE Alvin Ailey Revelations Martha Graham Lamentations OF Errand into the Maze George Balanchine Apollo OF Jewels Christopher Bruce Ghost Dances OF Rooster Matthew Bourne Swan Lake OF Cinderella Pina Bausch The Rite of Spring William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated Mats Ek Giselle OF Swan Lake OF Carmen Rudi van Dantzig Four Last Songs Jiří Kylián Wings of Wax OF Stamping Ground SUID-AFRIKAANSE DANSWERKE CHOREOGRAWE Alfred Hinkel Bolero – Last Dance OF Rain in a Dead Man's Footprint OF Cargo Gregory Maqoma Four Seasons OF Beauty Trilogy OF Skeleton Dry OF Somehow Delightful Sylvia Glasser Tranceformations Veronica Paeper Orpheus in the Underworld OF Carmen Vincent Mantsoe Gula Matari Dada Masilo Swan Lake OF Romeo and Juliet Gary Gordon Bessie's Head Mavis Becker Flamenco de Africa Hazel Acosta Blood Wedding Carolyn Holden Imagenes Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 7: DANSWERK Kies EEN danswerk wat jy in die klas bestudeer het uit die lys op bladsy 10. Skryf 'n resensie vir 'n danstydskrif oor hierdie danswerk wat in jou area opgevoer gaan word. Gebruik die formaat hieronder as 'n gids vir jou resensie. Punte sal toegeken word vir:  Formaat – titel, inleiding en gevolgtrekking (3)  Inligting (22) TITEL Inleiding tot die resensie Beskryf kortliks die inspirasie/oorsig van die danswerk Onvergeetlike choreografiese oomblikke/bewegingswoordeskat/ gebruik van produksie-elemente in die danswerk Gevolgtrekking VRAAG 7: RUBRIEK VIR BEPLANNING HOË VLAK  Resensie kreatief aangebied  Goed geskryf/goeie taalgebruik/gebruik van dansterminologie 18–25  Logiese vloei van inligting  Toepaslike/Interessante en feitelike inligting oor die danswerk MEDIUM  Aangebied as 'n resensie VLAK  Goed geskryf  Die meeste areas is ingesluit 8–17  Feitelike inligting oor die danswerk LAE VLAK  Minimale/Geen poging om in 'n resensieformaat te antwoord nie  Swak geskryf 0–7  Baie min areas is ingesluit  Minimale/Geen feitelike inligting oor die danswerk nie [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 12 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 8: CHOREOGRAAF Kies EEN choreograaf wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys op bladsy 10. Noem die choreograaf wat jy gekies het. Reageer op die volgende vrae vir 'n onderhoud vir die podsending, 'Dance Artist Spotlight' ('Kollig op 'n Danskunstenaar'), asof jy die choreograaf is. Goeiemôre, ons is bevoorreg en geëerd om jou by ons in die ateljee te hê. Dankie dat jy tyd in jou besige skedule afstaan om iets oor jou lewe en werk as 'n choreograaf met ons te deel. 8.1 So, om ons op te warm (verskoon tog die gebrek aan goeie danswoordspeling), kan jy vir ons luisteraars 'n bietjie oor jou agtergrond vertel? 8.2 Ons kan nie wag om van jou dansloopbaan te hoor nie. 8.3 Baie kunstenaars glo dat hulle werk grootliks deur hulle lewenservaringe beïnvloed word. Wie of wat het jou artisties beïnvloed? 8.4 Sjoe, ons het in die kort tydjie wat jy saam met ons in die ateljee is, regtig baie te wete gekom. Laastens, kan jy vir ons sê hoe jy sou verkies om ten opsigte van jou bydrae tot die dansbedryf onthou te word? Baie dankie vir jou deelname vanoggend. Dit was absoluut wonderlik om meer oor dans en die werk wat jy in die bedryf doen, te leer. VRAAG 8: RUBRIEK VIR BEPLANNING HOË VLAK  Goed geskryf/Geskikte antwoorde/gebruik van dansterminologie 12–15  Logiese vloei van inligting  Toepaslike/Interessante en feitelike inligting oor die choreograaf MEDIUM  Goed geskryf VLAK  Die meeste areas is ingesluit 6–11  Feitelike inligting oor die choreograaf LAE VLAK  Swak geskryf 0–5  Baie min areas is ingesluit  Minimale/Geen feitelike inligting oor die choreograaf nie [15] TOTAAL AFDELING B: 90 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all