You're offline
Skip to content
Memorandum

Dance Studies Nov 2025 MG Afr

Subject: Dance StudiesGrade 12202529 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DANSSTUDIES NOVEMBER 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 29 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 2 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne NOTA VIR NASIENERS: Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-adviseurs/-amptenare met gespesialiseerde danskennis nagesien word. • Die standaardiseringsproses tydens die nasienriglynbesprekings verseker dat hierdie riglyne die meeste moontlike antwoorde, wat die kandidate kan voorsien, insluit. • Die nasienriglyne mag op geen wyse verander word nie. • Hou streng by hierdie nasienriglyne wanneer nasien en pas konsekwent toe. • Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word en evalueer wat die kandidate weet, nie wat die kandidate nie weet nie. • In sekere kwalitatiewe vrae moet professionele en ingeligte oordeel toegepas word. • In sekere vrae, het kandidate 'n keuse. As kandidate albei vrae beantwoord het, sien slegs die EERSTE vraag wat beantwoord word, na. Trek 'n streep deur die tweede antwoord wat nie nagesien word nie. • In sekere vrae waar kandidate gevra word om 'n spesifieke getal feite te verskaf, moet slegs die verwagte getal nagesien word indien meer verskaf word. • Inligting oor hoe om punte toe te ken wanneer 'n nasienrubriek gebruik word kan in die LET WEL afdeling van daardie spesifieke vraag gevind word. • Kandidate mag korrekte inligting insluit wat nie noodwendig in die voorgeskrewe handboek verskyn nie. Onsekerheid oor enige inligting wat deur die kandidaat verskaf word, moet deur navorsing geverifieer word, voordat daar verder nagesien word. • Hoë, medium en lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, is ingesluit bokant elke vraag. Dit moet toegepas word wanneer punte toegeken word. Die beskrywende werkwoord/instruksiewoord in elke vraag en die taakvereistes moet as riglyn vir die toekenning van punte dien. • Die stappe waardeur kandidate moet gaan om die vraag te beantwoord, word onder die opskrif – DINKPROSES – ingesluit. • Die nasienriglyne verskaf 'n voorbeeld van 'n antwoord in 'n teksblokkie onder die verwagte reaksies. LET WEL: Dit is om leiding te gee waar om 'n punt toe te ken. In sommige vrae, word 'n voorbeeld van 'n volpunt-antwoord waar nodig, verskaf. In ander vrae word slegs een of twee voorbeelde verskaf. • Moet GEEN punte toeken vir antwoorde wat oppervlakkig/minimaal is of waar al die vereistes van die kompleksiteitsvlak van die vraag nie nagekom is nie. • EEN √ = EEN punt, afhangend van die vereistes van die vraag, tot en met die maksimum punte. • Geen ½-punte mag toegeken word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 3 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne NASIENFORMAAT: Vrae wat een regmerk per punt vereis: • EEN √ = EEN punt afhangende van die vereistes van die vrae tot by die maksimum punte. • Regmerke moet geplaas word, waar 'n punt vir die inhoud toegeken is Voorbeeld: Vraag: Wat is dans? Antwoord: Dans is beweging van die liggaam √ wat emosies uitbeeld √ en ook 'n storie kan oordra.√ (3) • Waar antwoorde die maksimum punte oorskry, skryf MAKS PUNTE by die punt waar dit bereik is. • Plaas die antwoord tussen hakies in die linkerkantlyn om aan te dui dat dit gelees is. • Kyk op die volgende bladsy in die antwoordeboek om seker te maak dat jy nie 'n gedeelte van die antwoord uitgelaat het nie Nasien van kwalitatiewe vrae: • Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word. • Alle areas moet ingesluit word om volpunte toe te ken. • LET WEL: Daar is spesifieke nasieninstruksies in die vrae wat van 'n nasienrubriek gebruik maak Berekening van die puntetotaal: • Dui die puntetotaal wat per vraag behaal is in die regterkantse kantlyn aan die einde van die antwoord met 'n diagonale lyn bo die totaal aan. • Hierdie totaal moet aan die begin van die vraag herhaal word in die linkerkantse kantlyn en omkring word. Plaas jou voorletters langs hierdie totaal. Voorbeeld: VRAAGNOMMER … 8 Begin van die antwoord CFV Einde van die antwoord /8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 4 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: BESERINGS LAE VLAK 1.1 Kies 5 punte MEDIUM VLAK 1.2.1 Verduideliking en 2 punte stawing 1.2.2 Verduideliking en 2 punte stawing HOË VLAK 1.3 Gee en 6 punte stawing INHOUD VIR DINKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 1.1 Omgewing, behandeling, 1. Herroep tipe beserings 2. Pas korrekte term by stelling 1.2 Verkeerde danstegnieke: 1. Herroep oogfokus en landings 2. Verstaan hoe verkeerde tegniek beserings veroorsaak 3. Staaf verduideliking 1.3 Postuur 1. Lees vir begrip 2. Herroep 3. Pas begrip van postuur op die opskrif toe 4. Formuleer 'n gestaafde opinie 1.1 KIES DIE TERM Verwagte reaksies: 1.1.1 sementvloere (1) 1.1.2 kompressie (1) 1.1.3 ligamente (1) 1.1.4 stresfraktuur (1) 1.1.5 fisioterapie (1) 1.2 1.2.1 VERDUIDELIK HOE VERKEERDE OOGFOKUS DIE RISIKO VAN BESERING VERHOOG LET WEL: o Moet nie punte toeken vir slegs die stawing, voorbeelde gee, identifisering/noem van beserings nie, kandidate moet verduidelik hoe die verkeerde tegniek die risiko van besering kan verhoog o Kandidate mag oor een aspek met besonderhede uitbrei, of vele aspekte verduidelik Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 5 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Balans • Beheer • Rigting (2) Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe verkeerde oogfokus/spotting die risiko van besering kan verhoog Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ As dansers nie oogfokus gebruik wanneer hulle draai nie, kan hulle balans verloor en val. √ 1.2.2 VERDUIDELIK HOE VERKEERDE LANDINGS DIE RISIKO VAN BESERING VERHOOG LET WEL: o Moet nie punte toeken vir slegs die stawing, voorbeelde gee, identifisering/noem van beserings nie, kandidate moet verduidelik hoe die verkeerde tegniek die risiko van besering kan verhoog. o Kandidate mag oor een aspek met besonderhede uitbrei, of vele aspekte verduidelik Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Impak • Belyning • Balans Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met hoe (2) verkeerde landings die risiko van besering kan verhoog Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Wanneer 'n danser nie deur die voete land nie, kan dit druk op die gewrigte plaas. √ 1.3 GEE 'N OPINIE OOR DIE OPSKRIF LET WEL: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid antwoorde/idees verskaf en reaksies mag dalk nie in die handboek verskyn nie o Kandidate moet 'n gestaafde opinie oor die opskrif verskaf o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord te bepaal ▪ Geen regmerke moet gebruik word nie ▪ Plaas die hele antwoord tussen hakies in die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 6 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Postuur • Belyning • Veiligheid • Bewegingskwaliteit • Lyn en vorm • Moegheid • Aanbieding Enige ander relevante antwoorde in verband met 'n opinie oor die opskrif verskaf (6) NASIENRUBRIEK: KRITERIA • Bied 'n uitstaande opinie aan UITSTAANDE • Verskaf uitstaande en diepgaande gestaafde voorbeelde om 5–6 opinie te ondersteun BEDUIDENDE • Bied 'n beduidende opinie aan 4 • Verskaf goed gestaafde voorbeelde om opinie te ondersteun VOLDOENDE • Bied 'n voldoende opinie aan 3 • Verskaf voldoende voorbeelde om opinie te ondersteun BASIESE • Bied 'n beperkte opinie aan 2 • Verskaf beperkte voorbeelde om opinie te ondersteun NIE BEREIK NIE • Verskaf/Verskaf nie 'n opinie nie 0–1 • Verskaf/Verskaf nie voorbeelde om opinie te ondersteun nie Voorbeeld van 'n antwoord: Ek stem nie saam met die opskrif nie want goeie postuur is belangrik omdat dit na die manier van hoe jy jou liggaam hou terwyl jy beweeg of wanneer jy in 'n stilstaande posisie is, verwys. Goeie postuur gaan hand aan hand met belyning wat beteken dat jy bewegings wat esteties aangenaam lyk, sal skep. Wanneer jy goeie postuur het, sal dit verseker dat jy bewegings met beheer sal uitvoer wat uiteindelik met balans sal help. Goeie postuur laat jou toe om bewegings wat die korrekte spiere gebruik, uit te voer. Dit sal verseker dat jy nie onnodige druk op die gewrigte plaas nie wat tot spier-onbalans kan lei. Deur goeie postuur uit te oefen, sal jou spiere versterk en jou toelaat om bewegings met gemak uit te voer. Om ontwikkelde sterk kernspiere te hȇ, deur goeie postuur te beoefen, sal rugprobleme of beserings regdeur jou lewe beperk. [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 7 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID LAE VLAK 2.1 Kies 4 punte MEDIUM VLAK 2.2 Verduideliking 6 punte 2.3.3 Verduideliking en 2 punte stawing HOË VLAK 2.3.1 Identifisering en 6 punte brei uit 2.3.2 Identifisering 2 punte INHOUD VIR DINKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 2.1 Komponente van 1. Herroep fiksheid 2. Kies korrekte term vir die definisie 2.2.1 Krag 1. Herroep 2. Pas begrip toe van hoe krag help om beweging(s) uit te voer 2.2.2 Kernstabiliteit 1. Herroep 2. Pas begrip van hoe kernstabiliteit help om beweging(s) uit te voer 2.2.3 Uithouvermoë 1. Herroep 2. Pas begrip toe van hoe uithouvermoë help om beweging(s) uit te voer 2.3.1 Neuromuskulȇre 1. Herroep vaardighede 2. Ontleed die foto 3. Kies relevante neuromuskulȇre vaardighede 4. Brei uit op hoe die vaardighede gebruik word 2.3.2 Soepelheid 1. Herroep 2. Ontleed die foto 3. Pas begrip toe van hoe beperkte soepelheid die beweging(s) wat in die foto getoon word, affekteer 2.3.3 Soepelheid 1. Herroep 2. Ontleed die foto 3. Kies 'n gepaste manier vir die ontwikkeling van soepelheid vir die beweging(s) wat in die foto getoon word 2.1 KIES KOMPONENTE VAN FIKSHEID Verwagte reaksies: 2.1.1 B (1) 2.1.2 C (1) 2.1.3 D (1) 2.1.4 A (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 8 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.2 VERDUIDELIK KOMPONENTE VAN FIKSHEID LET WEL: o Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde/idees verskaf en reaksies mag dalk nie in die handboek verskyn nie o Moet nie punte vir definisies toeken nie o Kandidate moet verduidelik hoe die komponente van fiksheid gebruik word om beweging(s) uit te voer en nie hoe komponente van fiksheid ontwikkel kan word nie o Kandidate mag oor een aspek met besonderhede uitbrei, of verskeie aspekte verduidelik 2.2.1 VERDUIDELIK HOE KRAG GEBRUIK WORD OM BEWEGING(S) UIT TE VOER Verwagte reaksies: • Handhawing van bewegings/posisies • Maatwerk • Balans • Beheer • Gewigsverdeling/verspreiding Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe krag gebruik word om beweging(s) uit te voer (2) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Krag word gebruik om hysings/lifts moeiteloos uit te voer. √ 2.2.2 VERDUIDELIK HOE KERNSTABILITEIT GEBRUIK WORD OM BEWEGING(S) UIT TE VOER Verwagte reaksies: • Balans • Beheer • Postuur en belyning • Ratsheid Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe kernstabiliteit gebruik word om beweging(s) uit te voer (2) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Kernstabiliteit word gebruik om liggaamsgewig te beheer tydens beweging oor die vloer. √ 2.2.3 VERDUIDELIK HOE UITHOUVERMOË GEBRUIK WORD OM BEWEGING(S) UIT TE VOER Verwagte reaksies: • Suurstofinname • Energie • Duur Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe uithouvermoë gebruik word om beweging(s) uit te voer (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 9 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Uithouvermoë word gebruik om dansopvoerings uit te voer sonder om moeg te word. √ 2.3 2.3.1 ONTLEED DIE FOTO: IDENTIFISEER EN BREI UIT OOR NEUROMUSKULȆRE VAARDIGHEDE LET WEL: o As meer as DRIE vaardighede verskaf word, merk slegs die eerste DRIE o Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde/idees verskaf en reaksies mag dalk nie in die handboek verskyn nie o Kandidate moet uitbrei op hoe die geïdentifiseerde neuromuskulȇre vaardighede in die foto gebruik word o Ken EEN punt vir die identifisering van die neuromuskulȇre vaardigheid toe en EEN punt vir die uitbreiding van hoe die neuromuskulȇre vaardigheid gebruik word Verwagte reaksies: • Balans • Beheer • Koördinasie • Ruimtelike bewustheid • Kinestetiese bewustheid • Musikalitieit Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe neuromuskulȇre vaardighede gebruik word (3 x 2) (6) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Die manlike danser kan op een been √ balanseer. √ ➢ Ruimtelike bewustheid: √ Die dansers moet bewus van mekaar se persoonlike ruimte wees om die hysing/lift uit te voer. √ 2.3.2 ONTLEED DIE FOTO: IDENTIFISEER UITDAGINGS VAN BEPERKTE SOEPELHEID LET WEL: o Moenie punte vir die identifisering van algemene uitdagings van beperkte soepelheid toeken nie, antwoorde moet verband hou met die beweging(s) wat in die foto verskyn o Kandidate kan baie uitdagings vir een area van die liggaam identifiseer of kan uitdagings vir verskillende areas van die liggaam identifiseer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 10 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Tegniese uitvoering • Bewegingskwaliteit • Beserings • Spesifieke areas in die liggaam: o Bene o Voete/enkels o Heupe o Arms o Bolyf/Torso o Nek Enige ander relevante antwoorde in verband met uitdagings van beperkte soepelheid in verband met die foto (2) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ 'n Danser met stywe enkelgewrigte kan sukkel om sy/haar voete te punt. √ ➢ 'n Danser met stywe agterdyspiere kan die spiere trek/skeur wanneer hy/sy die been probeer oplig. √ ➢ Die danser met bepekte soepelheid sal nie instaat wees om goeie lyn in die posisie toe te pas nie. √ 2.3.3 ONTLEED DIE FOTO: ONTWIKKELING VAN SOEPELHEID LET WEL: o Moenie punte vir algemene maniere om soepelheid te ontwikkel, toeken nie, antwoorde moet verband hou met die bewegings(s) wat in die foto verskyn Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Liggaamsdele: Heupe, bene, voete/enkels, arms, bolyf/torso, nek • Strekkingstegnieke: Dinamiese strekking, statiese strekking, passiewe strekking • Konsekwentheid/progressiewe oorlading Enige ander relevante antwoorde in verband met die ontwikkeling van soepelheid met betrekking tot die foto (2) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Die dansers kon voetartikulasie-oefeninge gedoen het om enkel- mobiliteit te verhoog wat benodig word om die voete te punt. √ ➢ Die manlike danser kon beenskoppe gedoen het om soepelheid in die heupgewrig te verbeter. √ [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 11 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG MEDIUM VLAK 3.1 Brei uit 5 punte HOË VLAK 3.2 Bespreking 5 punte INHOUD VIR DINKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 3.1 Leefstylkeuses 1. Ontleed die plakkaat 2. Besin oor persoonlike ervaring 3. Kies faktore 4. Pas begrip tot opvoering in die dansklas toe 3.2 Waardes en/of houdings 1. Herroep en die hanteer van stres 2. Begrip van voordele 3. Pas begrip van die voordele om stres te hanteer, toe 3.1 ONTLEED DIE PLAKAAT: BREI UIT OOR HOE DIE FAKTORE OPVOERING IN DIE DANSKLAS AFFEKTEER LET WEL: o Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde/idees verskaf en reaksies mag dalk nie in die handboek verskyn nie o As meer as VYF faktore verskaf word, merk slegs die eerste VYF o Kandidate moet uitbrei oor hoe elke faktor opvoering in die dansklas affekteer om 'n punt te kry Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word in verband met opvoering: • Fokus/konsentrasie • Toewyding • Moegheid • Tegniek • Betroubaarheid • Spanwerk • Aanwesigheid • Besering Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die faktore in die plakkaat opvoering in die dansklas affekteer (5) Voorbeeld van 'n antwoord: Wanneer ek moeg is, sal ek nie fokus en my tegnieke korrek toepas nie wat my opvoering in die dansklas slordig sal laat lyk. √ Om elke middag na my broers en susters te kyk, laat my nie toe om ekstra klasse by te woon nie wat my tegniese vordering sal affekteer. √ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 12 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 3.2 BESPREEK HOE WAARDES EN/OF HOUDINGS HELP OM STRES TE HANTEER LET WEL: o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid antwoorde/idees verskaf en reaksies mag dalk nie in die handboek verskyn nie o Antwoorde moet begrip van hoe die waardes en/of houdings help om stres te beheer toon Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word in verband met streshantering: • Tydsbestuur • Toewyding • Stiptelikheid • Spanwerk • Dissipline • Verantwoordelikheid • Aanspreeklikheid Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe waardes en/of houdings kan help om stres te hanteer Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Die waardes help om al ons verantwoordelikhede te balanseer en ons sperdatums na te kom. √ ➢ Toewyding help jou om konsekwent te wees sodat jy nie sloer en agter raak nie. √ [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 13 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: DANSOPVOERING LAE VLAK 4.1 Dui aan 5 punte MEDIUM VLAK 4.2 Verduideliking 4 punte 4.3 Besinning en 6 punte bespreking INHOUD VIR ASSESSERING DINKPROSES Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 4.1 Opvoeringsvaardighede: 1. Herroep vloeiendheid, projeksie, dinamiese variasie, koördinasie, akkuraatheid 4.2 Musiekterme; invloed op 1. Herroep beweging(s) 2. Pas begrip van musiekterme op beweging(s) toe 4.3 Liggaam as 'n instrument van 1. Besin uitbeelding 2. Herroep 3. Pas begrip toe van hoe bedoeling gekommunikeer word 4.1 DUI AAN WAAR OF ONWAAR Verwagte reaksies: 4.1.1 Waar (1) 4.1.2 Waar (1) 4.1.3 Onwaar (1) 4.1.4 Onwaar (1) 4.1.5 Waar (1) 4.2 VERDUIDELIK HOE MUSIEKTERME BEWEGING(S) BEÏNVLOED LET WEL: Kandidate moet verduidelik hoe elke musiekterm beweging beïnvloed en mag nie slegs 'n definisie van die musiekterm verskaf nie 4.2.1 Verwagte reaksie: • Tempo kan variasie in spoed en kwaliteit van bewegings beïnvloed. Enige ander relevante antwoord in verband met hoe tempo beweging(s) kan beïnvloed (1) 4.2.2 Verwagte reaksie: • Die ritme van 'n stuk musiek kan die dinamiek/aksente van die beweging beïnvloed. Enige ander relevante antwoord in verband met hoe ritme beweging(s) kan beïnvloed (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 14 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.2.3 Verwagte reaksie: • Frasering in die musiek kan die struktuur van die bewegingsfrase of dans beïnvloed. Enige ander relevante antwoord in verband met hoe frasering beweging(s) kan beïnvloed (1) 4.2.4 Verwagte reaksie: • Toonkleur van stemme/instrumente kan die stemming/bui van die bewegings beïnvloed. Enige ander relevante antwoord in verband met hoe toonkleur beweging(s) kan beïnvloed (1) 4.3 BESIN EN BESPREEK HOE DIE LIGGAAM BEDOELING KOMMUNIKEER LET WEL: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid antwoorde/idees verskaf en reaksies mag dalk nie in die handboek verskyn nie o Kandidate moet 'n gestaafde opinie oor die opskrif verskaf o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord te bepaal ▪ Geen regmerke moet gebruik word nie ▪ Plaas die hele antwoord tussen hakies in die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Bewegingswoordeskat • Gebare • Temas/idees • Opvoeringskwaliteit • Interpretasie • Musikaliteit Enige ander antwoord in verband met hoe die liggaam bedoeling kommunikeer (6) NASIENRUBRIEK: KRITERIA UITSTAANDE • Uitstaande vermoë om te besin oor hoe die liggaam bedoeling 5–6 kommunikeer BEDUIDENDE • Goeie vermoë om te besin oor hoe die liggaam bedoeling 4 kommunikeer VOLDOENDE • Voldoende vermoë om te besin oor hoe die liggaam bedoeling 3 kommunikee BASIESE • Beperkte vermoë om te besin oor hoe die liggaam bedoeling 2 kommunikeer NIE BEREIK NIE • Minimaal/Geen vermoë om te besin oor hoe die liggaam 0–1 bedoeling kommunikeer nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 15 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: My solo het oor my graad 12-ervaring gehandel. In die begin van die solo, het ek op die vloer in 'n sametrekking begin om die gevoel van oorweldiging te kommunikeer. Ek het begin om uit die opkrulposisie te kom soos wat die pas van die musiek stadig toegeneem het om die klein oorwinnings wat ek elke kwartaal bereik het, te kommunikeer. Toe ek op my voete was, het ek groot en klein bewegings gebruik om die hoogte- en laagtepunte van my graad 12- ervaring uit te beeld. Ek het trek- en stootbewegings gebruik om my vasberadenheid om graad 12 te slaag, te wys. Die vinnige tempo in die musiek het vinnige bewegings beïnvloed wat die vinnige pas van die matriekjaar verteenwoordig het. My solo het geëindig toe ek hoë spronge van die verhoog af gemaak het om die suksesvolle voltooiing van my graad 12-jaar te simboliseer. [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 16 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE LAE VLAK 5.1 Kies 5 punte MEDIUM VLAK 5.2 Beskrywing 3 punte 5.3 Ontleding 3 punte HOË VLAK 5.4 Verduideliking en 5 punte stawing OF 5.5 Evaluering en 5 punte stawing 5.6 Konseptualisering 8 punte INHOUD VIR DINKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 5.1 Choreografiese strukture 1. Herroep 2. Kies korrekte term 5.2 Choreografiese joernaal 1. Herroep 2. Pas begrip toe van hoe 'n joernaal 'n choreografiese proses kan help 5.3 Danselemente: krag 1. Herroep 2. Pas begrip toe van die konsep van krag in verband met betekenis 5.4 Choreografie: tegnologie 1. Herroep 2. Begrip van die effek van tegnologie 3. Pas begrip op 'n choreografie toe 4. Staaf verduideliking OF 5.5 Gehoorinstellings: 1. Herroep lewendige musiek en/of 2. Begrip van die invloed van lewendige musiek begeleiding en/of begeleiding 3. Pas begrip op 'n dansopvoering toe 4. Staaf evaluering 5.6 Visuele geletterdheid, nie- 1. Ontleed die foto konvensionele ruimtes en 2. Onttrek betekenis/bedoeling/idee choreografie 3. Verbind betekenis/bedoeling/idee aan die nie-konvensionele ruimte 4. Konseptualiseer 'n choreografie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 17 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.1 KIES CHOREOGRAFIESE STRUKTURE Verwagte reaksies: 5.1.1 C (1) 5.1.2 B (1) 5.1.3 A (1) 5.1.4 C (1) 5.1.5 A (1) 5.2 BESKRYF HOE 'N JOERNAAL 'N CHOREOGRAFIESE PROSES KAN ONDERSTEUN LET WEL: o As meer as VIER maniere verskaf word, merk slegs die eerste VIER Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Navorsing • Persoonlike besinning/refleksies • Konseptualisering • Tydsbestuur • Probleemoplossing • Voorbereidheid Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe 'n joernaal 'n choreografiese proses kan ondersteun (4) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Dit kan my help om op hoogte te bly sodat ek my tyd verstandig kan gebruik.√ ➢ 'n Joernaal help my om oor die uitdagings wat ek ervaar het, te besin/na te dink.√ 5.3 ONTLEED HOE KRAG BETEKENIS KAN UITBEELD Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Energie • Dinamika • Gewig • Kontras • Bewegingskwaliteit Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe krag betekenis kan uitbeeld (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 18 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Dansers kan sagte, vloeiende bewegings gebruik om 'n gevoel van vrede te simboliseer. √ ➢ Gebruik kontrasterende bewegings om die hoogte- en laagtepunte wat mense in hul lewens ervaar, te verteenwoordig. √ 5.4 VERDUIDELIK DIE EFFEK VAN TEGNOLOGIE OP CHOREOGRAFIE LET WEL: o Kandidate kan meer oor een aspek skryf as oor 'n ander Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Produksie-elemente • Atmosfeer • Innovasie/Vernuwing/kreatiwiteit/inspirasie/oorspronklikheid • Multidissiplinȇre/interdissiplinȇre • Bemarking • Toeganklikheid • Argivering/dokumentering • Tyd: tydsbesparing/tydrowend Enige ander relevante antwoorde in verband met die effek van tegnologie op choreografie (5) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Tegnologie kan onvoorspelbaar wees, bv. dit kan wanfunksioneer wat die dansopvoering kan affekteer. √ ➢ Gebruik van spesiale effekte en projeksies kan die tema van die danswerk versterk. √ OF 5.5 EVALUEER HOE LEWENDIGE MUSIEK EN/OF BEGELEIDING 'N DANSOPVOERING BEÏNVLOED Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Onvoorspelbaarheid • Atmosfeer • Dinamika • Samewerking • Aanpasbaarheid Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe lewendige musiek en/of begeleiding 'n dansopvoering beïnvloed (5) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Lewendige musiek kan die bui van 'n dansopvoering beïnvloed deur 'n atmosfeer te skep. √ ➢ Lewendige musiek kan die verskillende dinamiek in die bewegingswoordeskat versterk. √ ➢ Lewendige musiek kan tot die egtheid van 'n dansvorm/genre bydra. √ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 19 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.6 ONTLEED DIE FOTO: KOSEPTUALISEER 'N CHOREOGRAFIE DEUR DIE NIE–KONVENSIONELE RUIMTE TE BRUIK LET WEL: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid antwoorde/idees verskaf en reaksies mag dalk nie in die handboek verskyn nie o Kandidate mag in verskeie formate antwoord o Kandidate mag ‘n choreografie vir die ruimte in die foto konseptualiseer, of die foto gebruik as inspirasie vir ‘n choreografie in enige ruimte o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord te bepaal ▪ Geen regmerke moet gebruik word nie ▪ Plaas die hele antwoord tussen hakies in die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Temas/idees • Bewegingswoordeskat • Danselemente • Choreografiese strukture • Opvoerders • Produksie-elemente • Elemente in die fisiese ruimte • Simbolisme Enige ander relevante antwoorde in verband met die konseptualisering van ‘n choreografie van die nie-konvensionele ruimte gebruik (8) NASIENRUBRIEK: KRITERIA • Uitstaande en diepgaande ontleding van die nie-konvensionele UITSTAANDE ruimte 7–8 • Uitstaande en innoverende konseptualisering van 'n choreografie VERDIENSTELIK • Verdienstelike ontleding van die nie-konvensionele ruimte 6 • Verdienstelike konseptualisering van 'n choreografie BEDUIDEND • Goeie ontleding van die nie-konvensionele ruimte 5 • Goeie vermoë om 'n choreografie te konseptualiseer VOLDOENDE • Voldoende ontleding van die nie-konvensionele ruimte 4 • Voldoende vermoë om 'n choreografie te konseptualiseer BASIES • Beperkte ontleding van die nie-konvensionele ruimte 3 • Beperkte vermoë om 'n choreografie te konseptualiseer • Minimaal/Geen ontleding van die nie-konvensionele ruimte nie NIE BEREIK NIE • Minimaal/Geen vermoë om 'n choreografie te konseptualiseer 0–2 nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 20 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: Ek sal 'n choreografie oor kinderspeeltyd skep. Die dansers sal skooluniforms dra met skooltasse op hulle rȗe terwyl hulle die choreografie uitvoer. Ek sal 6 dansers gebruik wat agter elk van die pilare wegkruip soos die dans begin. Hulle sal spelerig uitloer, vingers oor hulle monde asof hulle vir mekaar sê om stil te bly. Dit sal die idee van kwaaddoen, simboliseer. Hulle kom een vir een uit en voer alledaagse kinderspeletjies uit, soos om op en af met die trappe te hardloop en by die gras af te rol asof hulle 'n speletjie speel. In die middel van die choreografie, sal sommige dansers hulle skoolskoene uittrek en dit by hulle tasse by die trappe neersit wat hul vryheid tydens speel, uitbeeld. Maar, hulle onthou vinnig dat hulle nie heeltemal vry is nie en hardloop om hulle voorkoms weer reg te stel. Hulle trek hulle sokkies op, maak hul skoenveters vas, maak hulle hare reg, sit hul tasse terug op hulle rȗe en staan in 'n ry op die betonvloer. Daarna draai hulle gelyk om na die regterkant toe in unisoon en marsjeer soos soldate, gereed vir hulle dag by die skool, wat die rigiede manier van die skoolsisteem simboliseer. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 21 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID LAE VLAK 6.1 Noem 5 punte 6.2 Verduideliking 5 punte MEDIUM VLAK 6.3.1 Saamstelling 5 punte 6.3.2 Saamstelling 5 punte HOË VLAK 6.4 Gee 5 punte INHOUD VIR DINKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 6.1 Funksies van dans 1. Herroep 6.2 Voordele van die funksies 1. Herroep van dans 2. Begrip van die voordele van die funksies genoem in 6.1 6.3.1 Beginsels van die 1. Herroep hoofdansvorm 2. Organiseer inligting 6.3.2 Kenmerke van die 1. Herroep hoofdansvorm 2. Organiseer inligting 6.4 Kulturele/inheemse dans 1. Herroep 2. Begrip van die hedendagse samelewing 3. Verbind invloede van die hedendagse samelewing op kulturele/inheemse dans 4. Verskaf 'n opinie 6.1 NOEM DIE FUNKSIES VAN DANS LET WEL: o As meer as VYF funksies van dans verskaf word, merk slegs die eerste VYF Verwagte reaksies: • Kommunikasie • Vermaak • Viering • Kompetisie • Geloof • Loopbaan • Fiksheid • Pret/Ontspanning • Opvoeding • Protes Enige ander relevante antwoorde in verband met die funksies van dans (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 22 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 6.2 VERDUIDELIK DIE VOORDELE VAN DIE FUNKSIES VAN DANS GENOEM IN 6.1 LET WEL: o Kandidate moet die voordele van elke funksie genoem in 6.1 verskaf. Moet nie punte toeken as die kandidaat nie 'n punt vir die funksie wat in 6.1. verskaf is, toegeken is nie Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Kommunikasie • Vermaak • Viering • Kompetisie • Geloof • Loopbaan • Fiksheid • Pret/Ontspanning • Opvoeding • Protes Enige ander relevante antwoorde in verband met die verduideliking van die funksies van dans (5) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Opvoeding: Dans kan as 'n instrument gebruik word om bewustheid oor sosiale kwessies te versprei. √ ➢ Kompetisie: Dansers voer op om 'n prys te wen vir erkenning en/of geldelike wins. √ 6.3 6.3.1 STEL AANTEKENINGE SAAM OOR DIE BEGINSELS VAN DIE HOOFDANSVORM LET WEL: o Kandidate moet gedetailleerde aantekeninge saamstel, kandidate mag beskrywende woorde gebruik, en/of vele items om hul antwoorde te ondersteun insluit o Moet nie punte vir die herhaling van antwoorde in 6.3.1 en 6.3.2 toeken nie Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Gebruik van kop • Gebruik van arms • Postuur, houding en belyning • Swartekrag Enige ander relevante antwoorde in verband met die beginsels van die hoofdansvorm (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 23 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: Afrika-dans ➢ Afrika-dans is gemeenskaplik waar almal toegelaat word om deel te neem deur óf hande te klap, te dans, te ululeer, óf te juig en te sing. √ ➢ Afrika-dans boots die natuur na en dramatiseer dit. √ ➢ Afrika-dans gebruik natuurlike buigings wat die liggaam toelaat om in sy natuurlike vorm te beweeg. √ 6.3.2 STEL AANTEKENINGE SAAM OOR DIE KENMERKE VAN DIE HOOFDANSVORM LET WEL: o Kandidate moet gedetailleerde aantekeninge saamstel, kandidate mag beskrywende woorde gebruik, en/of vele items om hul antwoorde te ondersteun insluit o Moet nie punte vir die herhaling van antwoorde in 6.3.1 en 6.3.2 toeken nie Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Kostuum/kleredrag • Deelnemers • Musiek • Opvoerruimtes • Rekwisiete • Temas/bedoeling • Geslagsrolle Enige ander relevante antwoorde in verband met die kenmerke van die hoofdansvorm (5) Voorbeeld van 'n antwoord: Afrika-dans ➢ Kostuums wat in Afrika-dans gebruik word, bepaal hiërargie. √ ➢ Rekwisiete word gebruik om die belangrikheid van die individue aan te dui. √ ➢ Opvoerruimtes is dikwels heilige ruimtes wat gekies is om sekere rituele uit te voer. √ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 24 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 6.4 GEE 'N OPINIE OOR DIE INVLOED WAT DIE HEDENDAAGSE SAMELEWING OP KULTURELE/INHEEMSE DANS HET LET WEL: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid antwoorde/idees verskaf en reaksies mag dalk nie in die handboek verskyn nie o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord te bepaal ▪ Geen regmerke moet gebruik word nie ▪ Plaas die hele antwoord tussen hakies in die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Nuwe bewegingswoordeskat /tegnieke • Bring verskillende kulture bymekaar • Erkenning • Verlies van suiwer dansvorme/dekolonisasie • Tekort aan begrip • Sosiale media • Modernisasie van kostuum • Geslagsrolle • Toeganklikheid Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die invloed wat die hedendaagse samelewing op kulturele/inheemse dans het (5) NASIENRUBRIEK: KRITERIA • Bied 'n uitstaande opinie aan UITSTAANDE • Uitstaande en diepgaande begrip van die hedendaagse 4–5 samelewing en die invloed op kulturele/inheemse dans • Bied 'n beduidende opinie aan BEDUIDENDE • Goeie begrip van die hedendaagse samelewing en die invloed 3 op kulturele/inheemse dans • Bied 'n basiese opinie aan MATIGE • Basiese begrip van die hedendaagse samelewing en die 2 invloed op kulturele/inheemse dans • Verskaf/Verskaf nie 'n opinie nie NIE BEREIK NIE • Minimaal/Geen begrip van die hedendaagse samelewing en die 0–1 invloed op kulturele/inheemse dans Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 25 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: Ons lewe in 'n wȇreld wat gedurig verander. Net soos enige ander kunsvorm, is dans nie immuun teen sekere veranderinge nie, spesifiek kulturele/inheemse dans. Met die invloed van integrasie, word kulturele/inheemse danse met baie ander dansvorms gemeng wat die skep van nuwe tegnieke toelaat. Maar, 'n mens kan redeneer dat hierdie fusie 'n verlies van suiwer dansvorme kan veroorsaak, waar ander suggereer dat hierdie fusies die skepping van nuwe bewegingswoordeskat of style toelaat wat by die evolusie van kulturele/inheemse danse byvoeg. Dit is ook belangrik om kennis te neem dat hierdie ontwikkelinge voordelig vir dans kan wees omdat dit 'n platform verskaf vir kulturele/inheemse danse om gesien te word, erken te word en deel te vorm van die globale dansbesprekings. Die toeganklikheid op sosialemedia-platforms kan stereotipes en wanbegrip oor kulturele/inheemse danse verbreek. Maar, sonder die korrekte konteks, kan die snitte wat op sosiale media gedeel word, skadelik wees vir die bewaring van die ware identiteit. [25] VRAAG 7: DANSWERK LAE VLAK 7 Skryf 7 punte MEDIUM LEVEL 11 punte HOЁ VLAK 7 punte INHOUD VIR ASSESSERING DINKPROSES Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg Danswerk: sinopsis/ 1. Herroep tema/bedoeling, musiek en/of 2. Pas begrip van simboliese betekenis toe begeleiding, produksie-elemente, 3. Verskaf gestaafde opinies gebaseer op die bewegingswoordeskat, simbolisme feite en toepaslikheid van die danswerk 4. Formuleer 'n resensie 7.1 SKRYF 'N RESENSIE LET WEL: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid antwoorde/idees verskaf en reaksies mag dalk nie in die handboek verskyn nie o Kandidate mag meer oor een kolpunt as oor 'n ander skryf o Alle kolpunte moet ingesluit word om volpunte toe te ken o Beide die inhoud en resensieformaat moet die toekenning van punte lei o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord te bepaal ▪ Geen regmerke moet gebruik word nie ▪ Plaas die hele antwoord tussen hakies in die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 26 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: Sinopsis/tema/bedoeling • Inspirasie • Oorsig van afdelings/fases Enige ander relevante antwoorde in verband met die sinopsis/tema/bedoeling Musiek/begeleiding • Komponiste • Genres/styl • Tyd • Ritme • Dinamiek • Toonkleur • Klanke • Frasering • Instrumentasie Enige ander relevante antwoorde in verband met die musiek/begeleiding Produksie-elemente • Beligting, spesiale effekte, projeksies • Kostuum • Stelontwerp • Rekwisiete • Agterdoek • Tegnologie, multidissiplinêre werk • Opvoerruimtes: konvensionele en nie-konvensionele ruimtes Enige ander relevante antwoorde in verband met die produksie elemente Bewegingswoordeskat • Styl/dansvorms • Gebare • Danselemente • Choreografiese strukture • Fusie Enige ander relevante antwoorde in verband met die bewegingswoordeskat Simbolisme Toepaslikheid van die danswerk • Hedendaagse konteks • Temas • Tegnologie • Opvoerders • Samewerking Enige ander relevante antwoorde in verband met die toepaslikheid van die danswerk (25) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 27 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne NASIENRUBRIEK: VLAKKE KRITERIA • Uitstaande vloei en organisasie van inligting UITSTAANDE • Uitstaande en diepgaande begrip van die sinopsis, musiek en/of 22 - 25 begeleiding, produksie-elemente, bewegingswoordeskat, simbolisme en toepaslikheid • Verskaf 'n uitstaande opinie oor die danswerk • Verdienstelike vloei en organisasie van inligting • Verdienstelike begrip van die sinopsis, musiek en/of begeleiding, VERDIENSTELIK produksie-elemente, bewegingswoordeskat, simbolisme en 18 - 21 toepaslikheid • Verskaf 'n verdienstelike opinie oor die danswerk • Goeie vloei en organisasie van inligting • Goeie begrip van die sinopsis, musiek en/of begeleiding, BEDUIDEND produksie-elemente, bewegingswoordeskat, simbolisme en 15 - 17 toepaslikheid • Verskaf 'n goeie opinie oor die danswerk • Voldoende vloei en organisasie van inligting • Voldoende begrip van die sinopsis, musiek en/of begeleiding, VOLDOENDE produksie-elemente, bewegingswoordeskat, simbolisme en 13 - 14 toepaslikheid • Verskaf 'n voldoende opinie oor die danswerk • Basiese vloei en organisasie van inligting • Basiese begrip van die sinopsis, musiek en/of begeleiding, MATIG produksie-elemente, bewegingswoordeskat, simbolisme en 10 - 12 toepaslikheid • Verskaf 'n basiese opinie oor die danswerk • Beperkte vloei en organisasie van inligting BASIES • Beperkte begrip van die sinopsis, musiek en/of begeleiding, 8-9 produksie-elemente, bewegingswoordeskat, simbolisme en toepaslikheid • Verskaf 'n beperkte opinie oor die danswerk • Minimaal/Geen vloei en organisasie van inligting nie • Minimaal/Geen begrip van die sinopsis, musiek en/of begeleiding, NIE BEREIK NIE produksie elemente, bewegingswoordeskat, simbolisme en 0-7 toepaslikheid nie • Kan/Kan nie 'n opinie oor die danswerk verskaf nie [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 28 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: CHOREOGRAAF LAE VLAK 8.1 Verskaffing 6 punte 8.4 Bespreking 3 punte MEDIUM VLAK 8.2 Bespreking 4 punte 8.3 Brei uit 2 punte INHOUD VIR DENKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 8.1 Choreograaf: agtergrond 1. Herroep 8.2 Choreograaf: invloede op 1. Herroep professionele loopbaan 2. Verstaan hoe die invloede die professionele loopbaan affekteer 8.3 Choreograaf: 1. Herroep choreografiese 2. Begrip van choreografiese kenmerke/styl kenmerke/styl 8.4 Choreograaf: bydrae tot 1. Herroep dans 8.1 VERSKAF FEITE OOR DIE AGTERGROND VAN DIE CHOREOGRAAF o As meer as SES feite verskaf word, merk slegs die eerste SES o Moet nie punte vir veralgemende/vaag feite toeken nie Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Plek van geboorte en/of nasionaliteit en/of jaar van geboorte • Grootword/sosiopolitieke konteks • Danskole/style van dans • Vroeё opleiding geleenthede of die gebrek daarvan • Vroeё invloede Enige ander relevante antwoorde in verband met die agtergrond van die (6) choreograaf 8.2 BESPREKING VAN HOE DIE CHOREOGRAAF SE INVLOEDE HUL PROFESSIONELE LOOPBAAN BEÏNVLOED LET WEL: o Moet nie punte vir slegs invloede toeken nie, kandidate moet hoe die invloede die choreograaf se loopbaan gevorm het, bespreek Verwagte reaksies: Moontlike areas wat aangespreek kan word: • Inspirasie • Impak van onderwysers/mense • Samelewing • Politiek • Kuns/kunstenaars Enige ander relevante antwoorde in verband met die choreograaf se invloede (4) op hul professionele loopbaan Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 29 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 8.3 BREI UIT OP DIE CHOREOGRAAF SE CHOREOGRAFIESE KENMERKE/ STYL Verwagte antwoorde: • Dansstyle • Improvisasie • Temas • Samewerking • Tegnologie • Interdissiplinȇre/multidissiplinêre • Vernuwing Enige ander relevante antwoorde in verband met die choreograaf se choreografiese kenmerke/styl (2) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Christopher Bruce hou nie van programnotas oor sy choreografieë skep nie omdat hy verkies dat die gehoor die werk op hul eie interpreteer. √ ➢ Christopher Bruce meng klassieke en kontemporêre style. √ 8.4 BESPREKING VAN DIE CHOREOGRAAF SE BYDRAE TOT DANS NOTA: o Moet nie punte slegs vir ‘n lys van areas toeken nie, kandidate moet die bydra(e) bespreek Verwagte reaksies: • Uitreikprogramme • Opvoeding • Vermaak • Protes/aktivisme • Genesing • Loopbaan/werkskepping • Fusie van style/skepping van nuwe style • Opvoedings/metodologie/programme • Gebruik van verhoogontwerp • Mentorskap • Toekennings Enige ander relevante antwoorde in verband met die choreograaf se bydrae tot dans (3) Voorbeeld van 'n antwoord: Gregory Maqoma het die Suid-Afrikaanse samelewing beïnvloed deur 'n platform te verskaf vir dansers om professioneel op te tree en geld te verdien. √ Maqoma het ook werke wat sosiopolitieke temas belig, geskep, wat belangrike boodskappe aan die samelewing kommunikeer. √ Maqoma is betrokke by baie uitreikprogramme wat vermaak aan hulle deelnemers verskaf. √ [15] TOTAAL AFDELING B: 90 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Dance Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all