Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
DANSSTUDIES
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all
Dance Studies May June 2024 Afr
Dance Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Pages
- 12
- File size
- 626.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Dansstudies 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal.
2. AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)
Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 1.2 en VRAAG 1.3. Indien jy albei
vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)
Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.3 en VRAAG 5.4. Indien jy albei
vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
4. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word.
5. Lees die AKSIEWERKWOORD aan die begin van elke vraag om te sien
wat vereis word.
AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS:
LAEVLAK-VRAE: identifiseer, dui aan, definieer, maak ʹn lys van, gee, skryf,
kies, beskryf
MEDIUMVLAK-VRAE: staaf, verduidelik, brei uit, bespreek
HOËVLAK-VRAE: identifiseer, motiveer, bespreek, evalueer, ontwikkel, gee
opinies, analiseer, motiveer, ontwerp
6. Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep
deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.
7. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
Slegs in een taal te skryf
Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik
Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: BESERINGS
1.1 Verwys na die visuele beeld hieronder en verduidelik VIER redes waarom dit
NIE veilig is om in hierdie ruimte te dans NIE.
[Bron: https://za.pinterest.com/pin/469711436143529936/] (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 1.2 en VRAAG 1.3.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
1.2 1.2.1 Definieer skeenbeensplinters. (1)
1.2.2 Verduidelik hoe swak onderrig skeenbeensplinters kan veroorsaak. (3)
1.2.3 Bespreek die onmiddellike behandeling vir skeenbeensplinters. (4)
1.2.4 Identifiseer DRIE oefeninge/aktiwiteite wat 'n danser kan doen om
fiksheid tydens die herstel van skeenbeensplinters te behou. (3)
OF
1.3 1.3.1 Definieer tendonitis. (1)
1.3.2 Verduidelik hoe swak tegniek tendonitis kan veroorsaak. (3)
1.3.3 Bespreek die onmiddellike behandeling vir tendonitis. (4)
1.3.4 Identifiseer DRIE uitdagings waarvoor 'n danser te staan kan kom
wanneer hy/sy ná die herstel van tendonitis na die dansklas
terugkeer. (3)
[15] 2024
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID
2.1 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf
slegs die komponent van fiksheid langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
2.1.1 Die bewegingsomvang om 'n gewrig verwys na … (1)
2.1.2 … is die vermoë om swaartekrag te weerstaan en 'n posisie te
behou. (1)
2.1.3 Postuur en belyning vereis goeie ... (1)
2.1.4 Vloeiendheid, koördinasie en ruimtelike bewustheid is voorbeelde
van ... (1)
2.1.5 'n Danser benodig ... om vir lang periodes te kan optree. (1)
2.2 Goed ontwikkelde komponente van fiksheid help dansers om aan die fisieke
vereistes van dansoefening en -opvoering/optrede te voldoen.
2.2.1 Verduidelik hoe soepelheid tot 'n goeie dansopvoering bydra. Staaf
jou antwoord. (3)
2.2.2 Beskryf EEN dinamiese en EEN statiese strekoefening wat
soepelheid kan ontwikkel. (2 x 2) (4)
2.2.3 Bespreek die belangrikheid daarvan om 'n balans te hê tussen
soepelheid en krag-oefeninge om danstegniek te verbeter. Staaf
met voorbeelde. (5)
2.2.4 Verduidelik hoe kernstabiliteit tot ratsheid in 'n danser se opvoering
bydra. (3)
[20]
VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG
Jou skool gaan 'n projek bekendstel wat geestesgesondheidkwessies aanpak. Ter
ondersteuning van hierdie projek het jy aangebied om 'n ontspanningsklas gedurende
pouse aan te bied, wat vir alle leerders oop sal wees.
Ontwerp 'n strooibiljet om jou klas te adverteer, wat die volgende inligting insluit:
Ontspanningstegnieke wat aangebied word
Fisieke en geestesvoordele van 'n ontspanningsklas (7)
LET WEL: DRIE punte sal vir ontwerp en uitleg toegeken word.
Jy hoef nie kleur in jou ontwerp te gebruik nie. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4: DANSOPVOERING
4.1 Verduidelik hoe die volgende help om dansbewegings uit te voer:
4.1.1 Gebruik van die kop (2)
4.1.2 Gebruik van die arms (2)
4.2 4.2.1 Verduidelik hoe 'n gebrek aan musikaliteit 'n dansopvoering
beïnvloed. (3)
4.2.2 Bespreek hoe 'n danser musikaliteit kan ontwikkel. (3)
4.3 Verwys na die aanhaling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
[Bron:
https://www.ririewoodbury.com/images/pdfsdoc/BST_Teacher_Guide__1_Body_as_an_instrument.pdf]
Evalueer hoe dans mense in staat stel om hulle liggame as 'n instrument van
uitdrukking te gebruik. Staaf jou antwoord met voorbeelde. (5)
[15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID
VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE
5.1 Kies EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
gebare; verhalende choreografie; stimulus;
multidissiplinêr; dansfusie/-samesmelting
5.1.1 'n Dans wat 'n storie vertel (1)
5.1.2 'n Bron van inspirasie vir bewegings (1)
5.1.3 Meer as een kunsvorm wat in 'n danswerk gebruik word (1)
5.1.4 Alledaagse bewegings wat 'n idee uitbeeld (1)
5.1.5 Om verskillende dansstyle/-genres te kombineer (1)
5.2 5.2.1 Definieer improvisasie. (1)
5.2.2 Maak 'n lys van VIER vaardighede en/of waardes wat jy deur
improvisasie ontwikkel het. (4)
5.2.3 Verduidelik hoe die vaardighede en/of waardes wat in
VRAAG 5.2.2 gelys is, jou kan bevoordeel in jou:
Toekomstige loopbaan
Persoonlike lewe
Rol in die samelewing (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.3 en VRAAG 5.4.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
5.3 Verwys na die foto hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
[Bron: https://pin.it/4LYEXsZ]
Beskryf hoe jy die bewegings in die foto hierbo kan manipuleer deur
danselemente en/of choreografiese strukture te gebruik. (7)
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
5.4 Verwys na die foto hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
[Bron: https://ariellebobbwillis.com/woohahaomg]
Beskryf hoe jy die beweging in die foto hierbo kan manipuleer deur
danselemente en/of choreografiese strukture te gebruik. (7)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID
6.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
6.1.1 Teaterdansvorms word slegs op prosceniumboog-verhoë
opgevoer. (1)
6.1.2 Beligting, klank en spesiale effekte is tipiese kenmerke van nie-
konvensionele dansruimtes. (1)
6.1.3 Sosiale dans sluit almal in. (1)
6.1.4 Openbare areas is voorbeelde van terreinspesifieke dansruimtes. (1)
6.1.5 Genesing is 'n funksie van kulturele dans. (1)
6.2 Bespreek die waarde daarvan om oor Suid-Afrikaanse inheemse danse te
leer. (5)
6.3 Skryf 'n opstel oor jou hoofdansvorm wat die oorsprong daarvan, hoe dit
ontwikkel het en wat dit in die toekoms kan wees, ondersoek.
Noem jou hoofdansvorm.
Gebruik die opskrif hieronder as die titel van jou opstel.
DESTYDS, NOU EN IN DIE TOEKOMS … (15)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 7: DANSWERK
Kies EEN danswerk wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder.
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE
George Balanchine Apollo
Alvin Ailey Revelations
Martha Graham Lamentation
Christopher Bruce Ghost Dances
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld
Vincent Mantsoe Gula Matari
Alfred Hinkel Bolero OF Cargo
Sylvia Glasser Tranceformations
Mavis Becker Flamenco de Africa
Hazel Acosta Blood Wedding
Gregory Maqoma Four Seasons OF Skeleton Dry
7.1 Noem die danswerk wat jy gekies het.
7.1.1 Gee 'n sinopsis van die danswerk. (4)
7.1.2 Bespreek die rol van kleur in die kostuums wat deurgaans in die
danswerk gebruik word. (4)
7.1.3 Bespreek of die musiek en/of begeleiding 'n invloed op die
danswerk gehad het, of nie. Staaf jou antwoord. (3)
7.1.4 Verduidelik hoe die choreograaf die tema deur beligting,
stelontwerp en/of rekwisiete in die danswerk oorgedra het. Gee
gedetailleerde voorbeelde om jou antwoord te ondersteun. (8)
7.2 Hoe het hierdie danswerk, na jou mening, 'n invloed op jou as 'n Dansstudies-
leerder gehad? Motiveer jou antwoord met voorbeelde. (6)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 8: CHOREOGRAAF
Kies EEN choreograaf wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder.
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE INTERNASIONALE CHOREOGRAWE
Alfred Hinkel Alvin Ailey
Gregory Maqoma Christopher Bruce
Hazel Acosta George Balanchine
Mavis Becker Martha Graham
Sylvia Glasser
Veronica Paeper
Vincent Mantsoe
Jou provinsie gaan 'n dansfees aanbied, wat een van die choreograwe in die
voorgeskrewe lys hierbo op die voorgrond gaan bring. Jy is gevra om die choreograaf
aan die gehoor bekend te stel voordat die choreograaf se werk opgevoer word.
Skryf 'n toespraak en sluit die volgende in:
'n Inleiding oor die choreograaf:
Agtergrond
Opleiding en dansloopbaan
Bydrae tot dans in die samelewing
Hoe die choreograaf se choreografiese styl en/of danswerk beïnvloed is deur:
Sosiale/Maatskaplike en/of politieke konteks
Persoonlike invloede en/of medewerkings [15]
TOTAAL AFDELING B: 90
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Dance Studies May June 2024 MG Afr

Question paper
Dance Studies Nov 2023 Afr

Question paper
DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans D hlayiso.com

Question paper
DANCE STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Dance Studies May June 2021 MG Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Dance Studies
Explore more published documents in this catalogue.











