Skip to content

Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paperDance StudiesGrade 12201810 pages

Grade 12 Dance Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 DANSSTUDIES PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met agt vrae in totaal. Beantwoord die vrae soos volg: AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)  Bestaan uit VIER vrae.  Let daarop dat jy ʼn keuse het tussen VRAAG 1 en VRAAG 2 in hierdie afdeling.  Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word. AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)  Bestaan uit VIER vrae.  Let daarop dat jy ʼn keuse het tussen VRAAG 6 en VRAAG 7 in hierdie afdeling.  Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word. 2. Beantwoord slegs SES vrae. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Lees elke vraag in besonderhede te skryf aandagtig deur en let op wat vereis word. Indien jy gevra word om te verduidelik/breedvoerig te skryf/te beskryf/te ontleed/te evalueer/te vergelyk, skryf jou antwoord in volsinne en gee soveel inligting as moontlik. Eenwoord antwoorde sal NIE aanvaar word NIE. 5. Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek ʼn streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:  Slegs in een taal te skryf  Inligting te organiseer en duidelik oor te dra  Die spesifieke formaat te gebruik wat in bepaalde vrae vereis word  Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Beplan jou tyd: Spandeer 60 minute op AFDELING A (40 punte) en spandeer ongeveer 120 minute op AFDELING B (60 punte). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 3 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG Daar is ʼn keuse tussen VRAAG 1 en VRAAG 2. Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAG 1: DANSKONVENSIES EN WAARDES/BESERINGS/MUSIKALITEIT (KEUSEVRAAG) Jou dansonderwyser het jou gevra om met die nuwe graad 10-Dansstudies leerders te praat om hulle vir die jaar wat voorlê voor te berei. 1.1 Beskryf sommige van die belangrike danskonvensies en waardes in die dansklas en hoe die gebruik daarvan hul oefening sal affekteer. (3) 1.2 Gee hulle ʼn begrip van hoe om hulle liggame veilig te gebruik gedurende dansklasse om beserings te voorkom. (4) 1.3 Bespreek hoe hulle hul musikaliteit kan ontwikkel om hulle dansopvoerings te verbeter. (3) [10] OF VRAAG 2: AKSIES/SPIERE/BESERINGS (KEUSEVRAAG) Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die volgende vrae. [Bron: https://za.pinterest.com/explore/dance-photography-poses/] 2.1 2.1.1 Gee die anatomiese aksie van die man se elmboë. (1) 2.1.2 Gee die anatomiese aksie van die man se voete. (1) 2.1.3 Gee die anatomiese aksie van die man se knieë. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) 2.2 Watter TWEE spiere hieronder vorm deel van die agterdyspiergroep van die danser se been? 2.2.1 Biceps Femoris 2.2.2 Sartorius 2.2.3 Semitendinosus 2.2.4 Gracilis (2) 2.3 Watter TWEE spiere hieronder vorm NIE deel van die vierkop spiergroep van die danser se been NIE? 2.3.1 Gastrocnemius 2.3.2 Rectus Femoris 2.3.3 Quadratus Femoris 2.3.4 Vastus Lateralis (2) 2.4 Bespreek hoe jy die beweeglikheid van die spiere gedurende ʼn besering in stand kan hou. (3) [10] VRAAG 3: KOMPONENTE VAN FIKSHEID 3.1 Verskaf VYF wenke hoe om veilige strekoefeninge te doen. (5) 3.2 Spierkrag en kardiorespiratoriese uithouvermoë is albei belangrik vir ʼn danser se optredes. 3.2.1 Verduidelik hoe spierkrag ʼn danser se optredes kan verbeter. (3) 3.2.2 Verduidelik hoe kardiorespiratoriese uithouvermoë ʼn danser se optredes kan verbeter. (3) 3.3 Kies enige TWEE van die neuromuskulêre vaardighede hieronder en bespreek hoe ʼn danser hierdie vaardighede gedurende dansklasse kan ontwikkel: 3.3.1 Balans 3.3.2 Ruimtelike bewustheid 3.3.3 Ratsheid (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 5 VRAAG 4: TOEWYDING/HIDRASIE/KINESTETIESE BEWUSTHEID [Bron: http://www.5thelementdance.com.au/wp-content/uploads/bfi_thumb/R7O1490- 2wjwwe01no1oexe71svimi.jpg.] 4.1 Om deel te wees van ʼn dansproduksie is ʼn groot verantwoordelikheid. Hoe kan almal in die groep hul toegewydheid verseker om van die opvoering ʼn sukses te maak? (5) 4.2 Verduidelik die belangrikheid van hidrasie gedurende oefening en hoe dit ʼn danser se opvoering sal affekteer. (4) 4.3 Verduidelik hoe kinestetiese bewustheid ʼn danser se opvoering sal verbeter. (3) 4.4 Wat kan ʼn danser doen om kinestetiese bewustheid te ontwikkel? (3) [15] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: DANSVORME/KENMERKE/BEGINSELS 5.1 Noem en beskryf die herkenbare kenmerke van jou hoofdansvorm. (5) 5.2 Verduidelik enige DRIE beginsels van enige ander dansvorm. (3) 5.3 Verduidelik DRIE beginsels van jou hoofdansvorm. (3) 5.4 Waarom is dit belangrik om van ander kultuurgroepe se danse te leer? (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 7 Jy het ʼn keuse tussen VRAAG 6 en VRAAG 7. Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAG 6: GREGORY MAQOMA EN FOUR SEASONS (KEUSEVRAAG) [Foto deur John Hogg] Beantwoord die volgende vrae oor hierdie choreograaf en sy danswerk: 6.1 Beskryf die invloede en samewerkinge wat bygedra het tot die vorming van Maqoma se loopbaan. (8) 6.2 Verduidelik hoe die choreograaf sy boodskap oordra aan die gehoor deur die gebruik van beligting en tegnologie in die TWEE seisoene van die foto’s hieronder. [Bron: https://www.google.co.za/search?q=Pictures+of+Gregory+Maqoma%60s+Four+Seasons&rlz=1C1JZAP_ enZA770ZA770&tbm=isch&tbo=u&source=univ&sa=X&ved=0ahUKEwjwzeOsjonYAh] (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) [Bron: https://www.google.co.za/search?q= Pictures+of+Autumn +and+Spring+ from++ Grory+Maqoma%60s+Four+Seasons&tbm=isch&tbs=rimg:CeN7FXOFqASMIjjd43nzuM1lv TDG3dccf4aTyW2] 6.3 Bespreek in besonderhede die belangrikheid van die musiek wat gebruik is en hoe dit die dans beïnvloed het. (6) 6.4 Beskryf sy unieke dansstyl en bewegingswoordeskat. (6) 6.5 Beskryf die simboliek wat in die TWEE seisoene van die foto’s hierbo gebruik is. (4) [30] OF HIERONDER IS ’N VOORGESKREWE LYS VAN INTERNASIONALE EN SUID AFRIKAANSE CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE INTERNASIONALE DANSWERKE CHOREOGRAWE George Balanchine Apollo/Jewels Alvin Ailey Revelations Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze Christopher Bruce Ghost Dances Matthew Bourne Swan Lake Pina Bausch The Rite of Spring William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated Mats Ek Giselle/ Swan Lake/ Carmen Rudi van Dantzig Four Last Songs Jiri Kylian Wings of Wax/Stamping Ground Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 9 SUID-AFRIKAANSE DANSWERKE CHOREOGRAWE Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen Vincent Mantsoe Gula Matari Alfred Hinkel Last Dance (Bolero)/Rain in a Dead Man’s Footprints/Cargo/I am Cinnamon Sylvia Glasser Tranceformations Gary Gordon Bessie’s Head Mavis Becker Flamenco de Africa Hazel Acosta Blood Wedding Carolyn Holden Imagenes Gregory Maqoma Beauty Trilogy/Skeleton Dry/Four Seasons VRAAG 7: SUID-AFRIKAANSE/INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSEVRAAG) Kies EEN van die SUID-AFRIKAANSE of INTERNASIONALE choreograwe en EEN van hul DANSWERKE uit die voorgeskrewe lys hierbo. Skryf ʼn opstel en sluit die volgende in: 7.1 Die naam van die choreograaf en die danswerk 7.2 Die invloede en samewerkinge wat bygedra het tot die vorming van hierdie choreograaf se loopbaan (8) 7.3 Verduidelik hoe die gebruik van produksie-elemente die danswerk beïnvloed het (6) 7.4 Brei uit oor die betekenisvolheid van die musiek wat in hierdie danswerk gebruik is (6) 7.5 Die dansstyl en bewegingswoordeskat wat deur hierdie choreograaf in haar/sy danswerke gebruik is (6) 7.6 Bespreek die simboliek wat gebruik is om die danswerk te verbeter (4) [30] VRAAG 8: KWALITEIT VAN BEWEGING/DANSELEMENTE/IMPROVISASIE 8.1 Kies die korrekte woord uit die lys hieronder en skryf slegs die korrekte woord langs die regte nommer neer. vlotheid; oorgange; styl; dinamiek; musikaliteit 8.1.1 Die kwaliteit of verskeidenheid, kontras of krag van enige beweging wat jy verrig, bv. vinnig, sterk (1) 8.1.2 Die kundigheid in jou dansvorm; wanneer jy jou tegniek, styl en fiksheid bymekaar bring om duidelik en moeiteloos op te tree (1) 8.1.3 Die verband tussen een beweging/vorm na die volgende (1) 8.1.4 ʼn Danser se sensitiwiteit en interpretasie van die ritmes, melodieë, tempo en dinamika (1) 8.1.5 Herkenbare eienskappe van ʼn dans of musiek (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) 8.2 Analiseer die foto hieronder en beantwoord die volgende vrae. [Bron: https://www.google.co.za/search?q=Dance+pictures+showing+different+dance+elements+of+time, +space+and+force&tbm=isch&tbs=rimg:CUldbFxV5W7dIjjKkZT7y4VfaPd9wnz5fE0CfHI22] 8.2.1 Identifiseer enige DRIE danselemente in die prent. (3) 8.2.2 Verduidelik die betekenis van elk van die danselemente wat jy geïdentifiseer het. (3) 8.3 Jy het die foto hieronder as ʼn stimulus gekry gedurende die Improvisasie- gedeelte van jou praktiese eksamen. [Bron: https://www.google.co.za/search?q=Dance+pictures+showing+different+dance +elements +of+time,+space+and+force&tbm=isch&tbs=rimg:Catrszx5uOwrIjgqeHv-sbceU20Qsv8 tIp BdQKJzG] Gebruik hierdie foto as deel van jou improvisasie en verskaf stap-vir-stap inligting oor hoe jy die improvisasie sal uitwerk, voordat jy dit aan die eksaminators voorlê. (4) [15] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all