Skip to content
Practical assessment task

Dance Studies PAT GR 12 2018 Afr

Grade 12 Dance Studies practical assessment task from the 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Dance StudiesGrade 12201811 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 2018 Hierdie riglyne bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/PAT 2018 NSS INHOUDSOPGAWE 1. Inleiding: PAT-voldoening m.b.t. NSS finale uitslae 3 2. Doel en voordele van die PAT'e 3 3. PAT-implementering 4 4. Afwesigheid/Nie-inlewering van PAT'e 4 5. Ongeskiktheid/Siekte/Besering 4 6. Assessering en Moderering van PAT'e 5 7. Lys van hulpbronne wat vir die PAT'e benodig word 5 8. Riglyne vir die onderwyser vir PAT 1 6 8.1 Tydraamwerk 6 8.2 Leiding aan die leerders vir die prakties en geskrewe joernaal 6 9. Riglyne vir die onderwyser vir PAT 2 7 9.1 Tydraamwerk 7 9.2 Struktuur van die groepdans 7 9.3 Leiding aan die leerder vir die prakties en geskrewe joernaal 8 9.4 Assessering en moderering 8 10. Instruksies aan leerders 9 10.1 PAT 1 9 10.2 PAT 2 10 LET WEL: Hierdie 2018 DBE nasionale PAT-dokument moet sonder veranderinge aan nasien-/assesseringskriteria volgens nasionale modererings- vereistes in alle provinsies toegepas word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/PAT 2018 NSS 1. INLEIDING: PAT-VOLDOENING M.B.T. NSC FINALE UITSLAE Hierdie dokument moet gebruik word om die PAT-implementering en -proses oor al die provinsies te standaardiseer. Daar is TWEE PAT'e in Dansstudies wat elke 50 punte tel en saam die finale PAT-punt uit 100 punte vorm. Hierdie punt vorm weer 'n kwart (25%) van die finale jaarpunt. KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 PAT-JAARPUNT PAT 1: PAT 2: Voltooiing van 100 punte 50 punte 50 punte enige uitstaande PAT'e 2. DOEL EN VOORDELE VAN DIE PAT'e Wat is 'n PAT? Dit is 'n Taak wat die leerder toelaat om die toepassing van geleerde praktiese en kennisvaardighede te demonstreer. Die verskil tussen 'n PAT en 'n praktiese eksamen is dat 'n PAT die toepassing van geleerde kennis in 'n gegewe scenario behels, terwyl 'n praktiese eksamen leerders se praktiese tegniese vermoëns toets/assesseer. As 'n uitvoerende kunsvorm moet dans nie net in die klaskamer en eksamenlokaal ervaar word nie, maar ook in produksies, waar moontlik, en moet nie net tot 'n verhoogopvoering beperk word nie. Opvoering verbeter die standaard van danstegniek en -gehalte. Die PAT'e word ingesluit om leerders die geleentheid te bied om geleerde vaardighede en ontwikkelde talente, bo en behalwe dié wat deur danstegniek geleer en vereis word, ten toon te stel. Dit sluit in: • Kritiese denke: Hoe om musiek/begeleiding/produksie-elemente/choreografiese strukture/opvoerruimtes/tegnologie/gemengde media, ens. te gebruik om 'n danswerk te verbeter. • Kreatiewe denke: Die vermoë om 'n idee deur navorsing/improvisasie/verkenning/ abstraksie/interpretasie vanaf 'n beginpunt tot 'n volledige danswerk te ontwikkel of betekenis van beweging te skep. • Probleemoplossing: Bestuur hulleself en ander/vind kreatiewe oplossings op probleme/implementeer korreksies vir verbetering/bestuur tydbeperkings en hou by sperdatums. • Leierskap en spanwerk: Lewensvaardighede soos toewyding/fokus/ beplanning/voorbereiding/tydbestuur, ens. word in werklike situasies ervaar. Die doel van die PAT is om aan leerders geleenthede te bied om hulle eie persoonlike toepassing van vaardighede, kennis, houdings en waardes wat hulle aangeleer het oor die tydperk waarin hulle Dansstudies studeer, te demonstreer. Die geskrewe komponent van die PAT stel die leerder in staat om inhoudskennis en begrip van die vak as 'n geheel te verdiep. Deur aan die verskillende PAT'e te werk, word die leerder aan addisionele ervarings blootgestel, bo en behalwe die leer van danstegniek, die leerder se begrip in die ontleding en interpretasie van danswerke en choreografiese style/strukture/ danselemente/opvoeringgehalte verdiep en leerders kan hulle kennis in spesifieke individuele/persoonlike scenario's toepas. Die PAT's laat leerders toe om hoërorde- vaardighede soos kritiese en kreatiewe denke en probleemoplossing te demonstreer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/PAT 2018 NSS 3. PAT-IMPLEMENTERING • Die TWEE graad 12-PAT'e moet in die eerste twee kwartale van die skooljaar voltooi word en kan in enige volgorde gedoen word. • Elke leerder moet 'n kopie van die PAT Leerderinstruksies ontvang. Die onderwyser kan besluit om die riglyne aan te vul deur 'n gedetailleerde leerderopdrag te verskaf. Dit kan verwysings na die handboeke/opvoeringsdatums/sperdatums insluit. • Die nasienkriteria moet as deel van die leerderopdrag aan leerders gegee word om hulle beplanning en voorbereiding te lei. • 'n Spesiale joernaal vir die geskrewe inhoud van die proses en produk van die PAT'e moet vir moderering geskep word. • Die geskrewe werk moet 'n persoonlike vertelling/eie ervarings met betrekking tot die PAT'e wees en mag nie bestaan uit bladsye wat uit die handboek oorgeskryf is nie. • Geskrewe werk moet dwarsdeur die kwartaal gelees, gekorrigeer, op kommentaar gelewer, gedateer en geteken word. Leerders het deurlopende terugvoering nodig. Geskrewe take moet nie tot op die nippertjie uitgestel word nie. Die opdrag moet geskrewe take dwarsdeur die kwartaal spasieer en sperdatums vir die inlewering van take aandui. • Die PAT'e kan as 'n openbare opvoering/skoolopvoering/saalbyeenkoms of in die dansklas gedoen word. Dit kan in 'n konvensionele of onkonvensionele opvoerruimte aangebied word. • Die beplanning vir die gebruik van produksie-elemente/bemarkingstrategieë deur elke leerder moet nie tot hulle eie opvoering beperk word nie. Leerders moet aangemoedig word om te ontwerp/skep/konseptualiseer wat hulle in 'n produksie sou gebruik indien hulle 'n onbeperkte begroting gehad het. Kreatiwiteit/Oorspronklikheid word in hierdie komponent vereis. • Die onderwyser mag vooraf punte en korrektiewe leiding vir sekere aspekte gee om tydens die proses te verbeter, maar die finale punt is dit wat aan die einde van die PAT op die finale inleweringsdatum voorgelê/aangebied word. . 4. AFWESIGHEID/NIE-INLEWERING VAN PAT'e Indien die PAT'e nie voltooi word nie, sal leerders 'n onvolledige resultaat ontvang, wat sal veroorsaak dat hulle nie kan matrikuleer nie. 5. ONGESKIKTHEID/SIEKTE/BESERING • 'n Leerder wat aan die begin van hierdie vak met 'n gebrek ingeskryf word, sal binne hulle opvoeringsvermoëns geassesseer word en daar sal op geen manier teen hulle gediskrimineer word nie. • 'n Gesonde leerder wat gedurende hulle graad 12-jaar ernstig siek of beseer word, kan 'n soortgelyking vergunning ontvang. • Enige veranderde status in opvoeringsvermoë met betrekking tot 'n leerder wat voorheen gesond was, moet egter aan die provinsiale direktorate voorgelê word vir die nodige oorweging en goedkeuring. Relevante bewyse en getuienis van 'n betroubare mediese dokter/professionele persoon moet vir goedkeuring voorgelê word. • Let op dat swangerskap nie 'n siekte of 'n besering is nie. Swanger leerders mag toegelaat word om hulle PAT-assesserings vroeër of later in die jaar aan te bied. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/PAT 2018 NSS 4. ASSESSERING EN MODERERING VAN PAT'e • Die PAT'e word intern opgestel, intern geassesseer en ekstern gemodereer. • Die onderwyser monitor die ontwikkeling van die PAT'e gedurende klastyd en doen formele assessering saam met 'n mede-onderwyser, waar moontlik, om te verseker dat 'n objektiewe opinie verkry word. • Elke leerder word individueel geassesseer volgens hulle eie bydrae en deelname in die klas – met ander woorde die proses en die finale opvoering/uitkomste van die PAT'e. • Leerders moet vooraf ingelig word oor die nasienkriteria vir die PAT'e. • Assessering moet voorsiening maak vir verskillende tipes leer en moet leerhindernisse in ag neem. • Assessering moet gereeld plaasvind, en moet voorsiening maak vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n formele toets of eksamen geassesseer kan word nie. • Skole moet verseker dat alle leerders beide PAT'e binne die voorgeskrewe tydperk voltooi. • Verdere geleenthede mag net in ooreenstemming met beleid toegestaan word. • Moderering is noodsaaklik vir gehalteversekering en moet gereeld plaasvind. • Eksterne moderering moet gedurende die jaar of saam met die finale praktiese eksterne eksamen plaasvind. • Elke provinsie sal hulle eie modereringsproses vasstel. • Leerderjoernale/bewyse van die proses nadat die PAT'e voltooi is, moet deur die onderwyser gehou word om vir provinsiale/DBE-moderering voor te lê. • 'n DVD van die Choreografie- en Groepdans-PAT'e moet vir eksterne moderering ingelewer word. 7. LYS VAN HULPBRONNE WAT VIR DIE PAT'e BENODIG WORD • Leerderboek: Grade 12 Excellent Dance Studies – PAT-inhoud • Onderwysersgids: Grade 12 Excellent Dance Studies – onderrigmetodologie • CD's, 'n versameling geskikte musiek en musiekinstrumente, 'n musiekstelsel • Literatuur/Artikels/Handboeke oor dans (boeke, tydskrifte, die Internet) • Toegang tot navorsingsinligting oor onderwerpe wat in die leerderchoreografieë gedek sal word, bv. boeke, tydskrifte, koerante, die Internet. • Naslaanwerke soos Dance Studies: Teaching Improvisation, Choreography and Production (WKOD 2009 – beskikbaar by Edumedia) • Repertoire vir die gekose dansgenre in PAT 2 • Rekwisiete, kostuums, opvoerruimte en ander produksie-elemente, indien beskikbaar • Videokamera/selfoonkamera om die groepdanse en choreografieë op te neem Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/PAT 2018 NSS 8. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER VIR PAT 1 Elke leerder moet 'n danswerk van 2 – 3 minute met drie of meer dansers choreografeer. Dit word aanbeveel dat elke leerder sy/haar eie dans choreografeer, maar dit sal aanvaar word as leerders saam aan een choreografie werk, mits elke leerder ewe veel bydra en sy/haar individuele bydrae kan wys. Die onderwyser moet dit monitor en individuele bydraes moet in elke leerder se joernaal verduidelik word. • Onderwysers moet 'n lesplan hê om aan te dui hoe hulle praktiese werk in die klas, mondelinge besprekings, lees, skryf en oordenking elke week vir die tyd soos gestipuleer in die KABV-dokument vir Onderwerp 2, sal insluit. • Die onderwyser mag PowerPoint-aanbiedings/beelde/Youtube-video's ens. gebruik om leerders in hierdie area te inspireer, asook om hulle verder te lei/om leerders aan choreografiese metodologie bloot te stel. • Take moet duidelik uiteengesit word sodat leerders tydens leerervarings tyd het om die bemeestering van inhoud, konsepte en vaardighede op 'n diep/betekenisvolle vlak van begrip te demonstreer. • Die opbou ('scaffolding') van aktiwiteite moet die ontwikkeling van leerders se selfvertroue/kennis en begrip in geleidelike stappe tot by die voltooiing van hulle eie komposisies toon. • Hierdie PAT moet NIE aan leerders gegee word om sonder toesig/op hulle eie/buite die skoolrooster te doen nie. 8.1 TYDRAAMWERK • Hierdie PAT moet in Kwartaal 1 of 2 gedoen word, met 8 – 10 weke tyd om die hele taak te voltooi. • Voorbereiding kan reeds in die vierde kwartaal van graad 11 begin. • Een les per week moet vir hierdie PAT op die skoolrooster toegeken word en moet beide die praktiese en geskrewe aspekte insluit. • Addisionele tyd tydens pouses en na skool mag tussen die onderwyser en leerders gereël word vir terugvoering en individuele aandag. Dit sal die onderwyser kans gee om deurlopende assessering te doen en om terugvoering en leiding vir verbetering te gee. • Die finale assesseringdatum moet vooraf bekend gemaak word. 8.2 LEIDING VIR DIE LEERDERS SE PRAKTIES EN GESKREWE JOERNAAL • Leerders moet geïnspireer word. Help leerders deur visuele stimuli te voorsien waarvan die leerders dalk nie bewus is of waartoe hulle nie toegang het nie, om kreatiwiteit aan te moedig. Verskaf 'n leidende raamwerk oor hoe om hierdie PAT met entoesiasme en geesdrif aan te pak. • Die onderwyser kan besluit of 'n groep graad 12-dansleerders in groepe van 3 – 6 leerders moet werk en of leerders kan kies om onafhanklik te werk. Onderwysers moet klem lê op die feit dat die danswerk as gevolg van beperkte tyd by die skool, nie langer as 3 minute mag wees nie. (Gehalte moet oor hoeveelheid beklemtoon word. Dit is 'n kuns om die mees relevante materiaal te kies wat oor die beplanning- /improviseringsproses ontwikkel is en dit in die finale produk te gebruik.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/PAT 2018 NSS • Onderwysers mag bystand verleen deur 'n versameling musiek beskikbaar te stel waaruit leerders/groepe kan kies indien hulle nie hulle eie musiek kan kry nie. Baie leerders het nie toegang tot 'n wye verskeidenheid geskikte musiek nie Onderwysers moet ook in die finale kies, versagting ('fading'), sny ('cutting') en versameling van musiek vir die finale assessering en moderering help. • Onderwysers sal elke leerder se bydrae, moeite en vaardighede deur waarneming kan assessering terwyl hulle van groep tot groep in die klas beweeg. Dit is belangrik om jou leerders te ken en te verstaan en om hulle spesifieke sterk punte te ontwikkel. • Onderwysers moet ingryp as leerders 'draadsitters' word en nie behoorlik tot hulle groepe bydra nie. • Elke lid van die groep moet die geleentheid gegun word om met tye eenkant te staan en vordering waar te neem en relevante terugvoering te gee vir verbetering. • Onderwysers moet gereelde kritieksessies hou waartydens leerders die PAT op 'n konstruktiewe manier kan bespreek. • Onderwysers is daarvoor verantwoordelik om leerder na skoolure/deeltyd te bestuur in die gebruik van lokale/toerusting ens., en om hulle veiligheid te verseker. • Die een-bladsy-programnota moet gebruik word wanneer die finale opvoering geassesseer word om die relevansie, betekenis en begrip van 'n opsomming/bedoeling/idee in hierdie formaat te verifieer. • 'n Verklaring van egtheid moet in elke leerder se joernaal geplak word om te verklaar dat die werk die leerder se eie is en dat die onderwyser 'n getuie van repetisies was. Enige vorm van plagiaat sal 'n nulpunt ontvang. 9. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER VIR PAT 2 • Hierdie PAT moet deur die onderwyser gechoreografeer word of repertoire mag uit 'n professionele danswerk gebruik word. • Leerders mag nie enige deel van hierdie PAT choreografeer nie. • Die klem val op die ontwikkeling en uitbreiding van leerders se tegniese en opvoeringsvaardighede. 9.1 TYDRAAMWERK • Hierdie PAT kan in Kwartaal 1 of 2 gedoen word. • Dit moet 8 – 10 weke neem om te voltooi. Kleiner dele moet weekliks onderrig word om leerders die kans te gun om tegniese bewegings korrek te leer en op te voer. • Een les per week moet in die skoolrooster aan hierdie PAT toegeken word en dit moet beide praktiese en geskrewe afdelings insluit. • Addisionele tyd mag tydens pouses en na skool tussen die onderwyser en leerders georganiseer word vir terugvoering en individuele aandag. • Die finale assesseringsdatum moet vooraf verskaf word. 9.2 STRUKTUUR VAN DIE GROEPDANS • Die groepdans moet in die hoofdansgenre geskep word wat in die finale praktiese eksamen opgevoer sal word. Geen vermenging van style word toegelaat nie. • Elke groepdans moet ongeveer 3 minute lank wees met 3 – 6 leerders per groep. • Dit moet op die hoogste moeilikheidsgraad opgestel word wat leerders kan baasraak en moet hulle vermoëns uitdaag. Dit sal hulle tegniek versterk en ontwikkel en hulle opvoeringsgehalte verbeter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/PAT 2018 NSS • Die leerders moet bewus gemaak word van: o Ruimtelike bewustheid/om saam met ander in ruimte te werk. o Oorgange o Patrone en tyd o Sensitiewe/Ekspressiewe interaksie met ander dansers/'partnering' o Oogkontak/fokus/projeksie/teenwoordigheid o Variasies in dinamika en die opbou van 'n atmosfeer/energie o Musikaliteit 9.3 LEIDING VIR DIE LEERDERS SE PRAKTIES EN GESKREWE JOERNAAL • Leerders moet die nasienkriteria ontvang wanneer hulle met hierdie PAT begin. • Die geskrewe werk moet 'n persoonlike vertelling/eie ervaring met betrekking tot die PAT wees en moet nie uit bladsye bestaan wat uit die handboek afgeskryf is nie. • Produksie-/Gemeenskapsdansprojek-beplanning: Elke leerder moet 'n produksierol kies of ontvang. Hulle sal as 'n span moet saamwerk om te verseker dat hulle onderskeie take bydra tot 'n suksesvolle produksie/gemeenskapsdansprojek. • Daar word van elke leerder verwag om 'n een-bladsy- geskrewe verslag te skryf waarin die tipe produksie/gemeenskapsdansprojek, sy/haar taak en betrokkenheid by die proses en besinning oor hoe suksesvol die uitkoms sal wees afhangend van die groep se beplanning, gedokumenteer word. Voorbeelde van rolle in die groep sluit in: o Fondsinsamelaar o Finansiële beplanner o Bemarkingsbestuurder o Openbarebetrekkingebestuurder o Besprekings van lokaal en tegniese toerusting o Gasvryheidsbestuur o Enige ander • Daar word van elke leerder verwag om bemarkingsmateriaal vir die produksie/gemeenskapsdansprojek te ontwerp (en 'n kopie in die joernaal te plaas) deur EEN uit die lys hieronder te kies: o Plakkaat o Strooibiljet o Persverklaring o Radio-/Televisie-onderhoud o Webblad o Enige ander 9.4 ASSESSERING EN MODERERING • Elke leerder word individueel volgens hulle eie bydrae en deelname in die klas en die finale opvoering geassesseer. • Onderwysers moet 'n DVD van elke groep se finale PAT-opvoering produseer. • Elke leerder moet 'n geskrewe verslag opstel wat sy/haar take en betrokkenheid by die prosesse dokumenteer en oor die uitkoms van die produksie besin. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/PAT 2018 NSS 5. INSTRUKSIES AAN LEERDERS Die TWEE PAT'e tel 25% van jou finale graad 12-punt vir Dansstudies en moet ernstig opgeneem word. OPDRAG VIR DIE PAT'e Jou onderwyser sal vir jou aan die begin van Kwartaal 1 en 2 'n gedetailleerde, geskrewe opdrag gee, met die volgende: • Die stappe wat jy sal volg in die proses van die PAT'e • Tye/Datums vir voltooiing/inlewering van take • Die assesseringskriteria • Die puntestaat wat gebruik sal word om jou twee PAT'e te assesseer 10.1 PAT 1: Choreografiese Opvoeringstaak • Hierdie PAT moet in Kwartaal 1 of Kwartaal 2 voltooi word. • Indien hierdie PAT nie voltooi word nie, sal dit tot 'n onvolledige jaarpunt lei. Jy sal dan hierdie gedeelte as 'n aanvullende assessering voor die einde van Maart 2019 moet doen. • Jy het EEN les per week in skooltyd om aan hierdie PAT te werk. • Jy sal meer tyd per week benodig om 'n betekenisvolle PAT-choreografie te kan aanbied. • Daar word van jou verwag om 'n joernaal, bo en behalwe jou taakboek, vir die PAT'e te maak. • Jy moet 'n groepdans van 2 – 3 minute voltooi. • Hierdie PAT sal ook jou vermoë om in 'n span te werk en leierskapvaardighede te vertoon, assesseer. • Jy moet 'n getekende verklaring van egtheid in jou joernaal plak as bewys dat dit jou eie werk is. Plagiaat sal nie geduld word nie en sal tot 'n nulpunt lei. • Jy moet 'n kopie van die finale nasienvereistes hê om die PAT suksesvol te kan voltooi. • Dit is ook belangrik dat jy hierdie geleentheid sal gebruik om jou kreatiwiteit, innovering en oorspronklikheid te ontwikkel. Individualiteit is iets wat gevier moet word. OPSOMMING VAN DIE INHOUD WAT IN PAT 1 GEDEK MOET WORD • Die vermoë om 'n denkproses in 'n konkrete konsep vir evaluering te omskep, met gebruik van: o Navorsing/Ondersoek/Eksperimentering/Debattering/Samesmelting van idees o Improvisering/Ontdekking/Abstraksie/Simbolisme wat in dansopvoerings gebruik word o Eie individuele interpretasie/kreatiwiteit van 'n gegewe idee/tema/storie o Die vermoë om eie konsepte in die proses van die finale produk te regverdig. • Skryf oor die PAT-proses, insluitend: o Improvisering o Bewegingswoordeskat/versmelting van dansvorms/eie dansvorm o Danselemente o Keuse van musiek vir dans o Choreografiese strukture o Ontwerp van produksie-elemente vir jou danswerk o Ontwerp van 'n een-bladsy-programnota o Besinning Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/PAT 2018 NSS • Jy sal op die proses/ontwikkeling van jou choreografie geassesseer word, met betrekking tot: o Deursettingsvermoë: gereelde bywoning en deelname tydens/na skoolure o Eksperimentering: die gebruik van improvisasie om nuwe/oorspronklike innoverende bewegingswoordeskat te skep/kies van musiek o Kreatiewe insette in die komposisie: die skep van nuwe idees/voorbereiding/navorsing/die neem van risiko's/kontakwerk, ensovoorts. o Spanwerk: vermoë om instruksies te volg/fokus/moeite/oplossing van konflik o Leierskap: voorbereiding/verantwoordelikheid/fokus/ontwikkelingstrategieë vir verbetering 10.2 PAT 2: GROEPDANS-OPVOERINGSTAAK • Hierdie PAT sal deur jou onderwyser/'n professionele choreograaf gechoreografeer word of repertoire uit 'n professionele danswerk kan gebruik word. • Jy mag NIE enige deel van hierdie PAT choreografeer nie. • Die doel is die ontwikkeling en uitbreiding van jou tegniese en opvoeringsvaardighede. • Hierdie PAT mag as 'n openbare opvoering of in 'n klaskameromgewing gedoen word. • Hierdie PAT kan in Kwartaal 1 of 2 gedoen word. • Dit moet 8 – 10 weke neem om te voltooi. • Een les per week moet aan hierdie PAT in die skoolrooster toegeken word en moet beide die praktiese en geskrewe gedeeltes insluit. • Addisionele tyd mag tydens pouses en na skool tussen die onderwyser en leerders gereël word vir terugvoering en individuele aandag. • Jy moet 'n kopie van die finale nasienriglyne hê om die PAT suksesvol te kan voltooi. • Die groepdans sal in jou hoofdansgenre wat in die finale praktiese eksamen opgevoer sal word, opgestel word. Geen vermenging van style word toegelaat nie. • Elke groepdans moet ongeveer 3 minute lank wees met 3 – 6 dansers per groep. • Dit moet jou tegniek versterk en ontwikkel en jou opvoeringsvaardigheid verbeter. • Die volgende aspekte moet oorweeg word wanneer die groepdans opgevoer word: o Ruimtelike bewustheid/om saam met ander in ruimte te werk o Oorgange o Patrone en tyd ('timing') o Sensitiewe/Ekspressiewe interaksie met ander dansers/'partnering' o Oogkontak/Fokus/Projeksie/Teenwoordigheid o Variasies in dinamika en die opbou van 'n atmosfeer/energie o Musikaliteit • Jy sal 'n joernaal vir die geskrewe inhoud van die PAT en die ontwerp van 'n bemarkingstrategie moet hou. • Die geskrewe werk moet 'n persoonlike vertelling/eie ervarings met betrekking tot die PAT wees en moet nie uit bladsye bestaan wat uit die handboek afgeskryf is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/PAT 2018 NSS OPSOMMING VAN INHOUD WAT IN PAT 2 GEDEK MOET WORD • Produksie/Gemeenskapsdansprojek-beplanning. Jy sal 'n produksierol kies of een ontvang. Jy sal in 'n span moet saamwerk om te verseker dat hulle onderskeie take tot 'n suksesvolle produksie/gemeenskapsdansprojek bydra. • Jy sal 'n een-bladsy- geskrewe verslag skryf, wat die tipe produksie/ gemeenskapsdansprojek, jou taak en betrokkenheid by die proses, asook besinning oor hoe suksesvol die uitkoms sal wees afhangend van jou groep se beplanning, insluit. Voorbeelde van rolle sluit in: o Fondsinsamelaar/Finansiële beplanner o Bemarkingsbestuurder o Openbarebetrekkingebestuurder o Bespreking van lokaal en tegniese toerusting o Gasvryheidsbestuur • Daar word van jou verwag om bemarkingsmateriaal vir die produksie/gemeenskapsdansprojek (met 'n kopie in die joernaal geplaas) te ontwerp deur een uit die lys hieronder te kies: o Plakkaat/Strooibiljet o Persverklaring o Radio-/Televisie-onderhoud o Webblad GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstake sal leerders in staat wees om hulle begrip van die volgende te demonstreer: • Improvisering en die ontwikkeling van hulle eie bewegingswoordeskat • Choreografiese vaardighede • Hulle hoofdansgenre en veilige danspraktyk • Opvoeringsvaardighede • Die dansbedryf en loopbaangeleenthede • Produksie-elemente en bemarking Die PAT'e sal leerders se kennis, vaardighede, waardes en redeneringsvermoëns verbeter, en ook verbindings met die lewe buite die klaskamer bou en werklike probleme aanpak. Die PAT'e sal verder leerders se lewensvaardighede ontwikkel en aan leerders die geleentheid bied om by hulle eie leer betrokke te raak. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Dance Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Dance Studies

View all