Skip to content
Practical assessment task

Dance Studies PAT GR 12 2016 Afr

Grade 12 Dance Studies practical assessment task from the 2016 (Afrikaans), 31 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Dance StudiesGrade 12201631 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 2016 Hierdie riglyne bestaan uit 31 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/PAT 2016 NSS INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 3 2. LYS VAN HULPBRONNE BENODIG 5 3. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 5 3.1 Hoe om die PAT'e te assesseer 5 3.2 Idees en benaderings om 'n lesplan/opdrag te ontwikkel 6 3.3 Moderering van die PAT'e 7 Modereringstemplaat vir departementshoofde en provinsiale moderators 8 3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie 9 3.5 Dansers met ernstige siektes/beserings 9 Riglyne vir navorsingsopdrag 10 Nasienrubriek vir navorsing 11 Puntestaat vir navorsingsopdrag 12 PAT 1: Praktiese Assesseringstaak vir Choreografie 13 Voorbeeld van 'n PAT 1-lesplan/opdrag 15 Assesseringsinstrument vir Choreografie 17 Assesseringsrubriek vir Choreografie 18 PAT 2: Praktiese Assesseringstaak vir Groepdans 20 Voorbeeld van 'n PAT 2-lesplan/opdrag 22 Assesseringsinstrument vir Groepdans 25 Assesseringsrubriek vir Groepdans 26 4. RIGLYNE/INSTRUKSIES VIR DIE LEERDER 27 4.1 Assesseringsprogram 27 4.2 Doel en voordele van die praktiese assesseringstake 27 4.3 Geskrewe werk en handboeke 28 4.4 Opdrag vir die PAT'e 29 4.5 Vereistes vir die aanbied van die PAT'e 29 4.6 Verklaring van egtheid 29 4.7 Siekte/Besering 29 PAT 1: Praktiese Assesseringstaak vir Choreografie 30 PAT 2: Praktiese Assesseringstaak vir Groepdans 30 5. GEVOLGTREKKING 31 AKRONIEME KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring VOO Verdere Onderwys en Opleiding NKV Nasionale Kurrikulumverklaring NSS Nasionale Senior Sertifikaat PAT Praktiese Assesseringstaak AP Assesseringprogram SGA Skoolgebaseerde assessering Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/PAT 2016 NSS 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landbou- tegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtings- tegnologie • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die assesseringsprogram vir graad 12 bestaan uit skoolgebaseerde assessering (SGA), praktiese assesseringstake (PAT'e) en finale eksterne eksamens: Skoolgebaseerde assessering: (Sien Eksamenriglyne vir besonderhede.) • EEN teorietoets 50 punte • EEN praktiese toets 50 punte • EEN praktiese eksamen in Junie 100 punte • EEN teorie-eksamen in Junie 100 punte • EEN praktiese proefeksamen 100 punte • EEN teorie-proefeksamen 100 punte Twee praktiese assesseringstake (PAT'e) 50 punte elk Hierdie take word apart bereken. Riglyne word in hierdie dokument verskaf. Finale NSS-eksamens • EEN interne praktiese eksamen 100 punte • EEN eksterne teorie-eksamen 100 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/PAT 2016 NSS GEWIGSTOEKENNING VAN DIE PAT'e In die Kurrikulum-en-assesseringbeleidsverklaring (KABV) is die PAT'e deel van die formele assesseringsprogram, maar geskei van die werklike skoolgebaseerde assessering (SGA). Die PAT'e tel 25% van die finale punt, in gewigswaarde gelyk aan al die interne toetse en eksamens wat die SGA opmaak. Die gewigswaarde van die PAT'e is prakties 50% en teorie 50%. Doel en voordele van die praktiese assesseringstaak (PAT) Die praktiese assesseringstake gee die leerders 'n geleentheid om hulle kennis in 'n outentieke/ware opvoeringskonteks toe te pas. Leerders kan die hoër kognitiewe vlakke van toepassing, sintese, kreatiwiteit, ens. toon. As 'n uitvoerende kunsvorm moet dans nie net in die klaskamer en eksamenlokaal ervaar word nie, maar ook in produksies op die verhoog, waar moontlik. Opvoering verhoog die standaard van danstegniek. Hierdie PAT'e is 'n noodsaaklike deel van die danskurrikulum en tel 'n kwart (25%) van die finale punt. Dit moet die nodige tyd en aandag kry wat dit verdien in die vier uur wat daarvoor op die skoolrooster toegeken word asook gedurende bykomende oefentye na skool. Uitdagings met die PAT'e • Die tyd wat vir Dansstudies op die skoolrooster toegeken word, is onvoldoende vir deeglike bestuur van die PAT'e waar daar groot klasse is. • Waar daar net een leerder of baie lae registrasie van dansleerders is, kan probleme ondervind word om genoeg deelnemers vir die groepdanse en choreografieë te vind. • Baie skole het pendelskole geword wat vervoerprobleme skep omdat leerders dikwels nie na skool kan bly om te repeteer nie. Tydtoekenning vir Dansstudies (KABV, bladsy 8) • 'n Minimum van vier lesure per vyfdagweek word aan Dansstudies toegeken. • Dit kom op 40 uur per kwartaal en 160 uur per jaar neer. • Daar word boonop van Dansstudies-leerders verwag om ten minste twee keer 'n week na skoolure te oefen en te repeteer. • Buitemuurse klasse moet beskikbaar gemaak word om tyd te laat om te werk aan danstegniek, teorie, PAT-repetisies of hersiening, ens. Leerders kan toegelaat word om na skool klasse by private ateljees by te woon. • Tyd is tydens lang skoolvakansies nodig sodat leerders nie onfiks raak nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/PAT 2016 NSS 2. LYS VAN HULPBRONNE BENODIG • 'n Lokaal wat die geskikte grootte is met 'n geveerde houtvloer. • Graad 12-Danstudies-handboeke vir leerders en onderwysers (Grade 12 Excellent Dance Studies) • CD's en musikale instrumente, musiekstelsel • Literatuur/Artikels/Handboeke oor dans (boeke, tydskrifte, Internet) • Toegang tot navorsingsinligting oor onderwerpe wat in die leerderchoreografieë ondersoek moet word, bv. boeke, tydskrifte, koerante, Internet • Dansstudies: Onderrig van Improvisasie, Choreografie en Produksie (WKOD 2009) • Repertoire vir die dansgenre gekies • Rekwisiete, kostuums, lokaal/saal/plek waar opvoering gaan plaasvind en ander produksie-elemente indien beskikbaar, bv. beligting • Videokamera/Selfoon om die groepdanse en die choreografieë op te neem 3. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3.1 HOE OM DIE PAT'e TE ASSESSEER Die PAT'e word intern opgestel, intern geassesseer en ekstern gemodereer (KABV, bl. 38). Die onderwyser monitor die ontwikkeling van die PAT'e in die klas en doen die formele assessering saam 'n portuuronderwyser om 'n objektiewe mening te kry, waar moontlik. Die assessering kan tydens 'n openbare optrede, saam ander skole of in 'n ateljeeomgewing plaasvind. PAT'e kan in enige volgorde gedoen word: Een PAT moet in kwartaal 1 voltooi word. Die tweede PAT kan in kwartaal 2 of 3 gedoen word. Daar word sterk aanbeveel dat geen PAT'e in kwartaal 3 gedoen word nie aangesien die proefeksamen en die finale praktiese eksamen in hierdie kwartaal gedoen word. Indien dit in kwartaal 3 gedoen word, moet die PAT voltooi word voordat die finale praktiese eksamen in Augustus plaasvind. Leerders moet gedetailleerde opdragte vir elke PAT kry om die proses te bestuur en om spertye vir die voltooiing van take te verskaf. Leerders moet vooraf van die nasienkriteria vir die PAT'e ingelig word. Beide PAT'e moet deur die onderwyser verfilm word en op DVD vir moderering beskikbaar gestel word. Die geskrewe deel van die leerders se PAT'e moet vir moderering beskikbaar wees en aangebied word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/PAT 2016 NSS 3.2 IDEES EN BENADERINGS OM 'N LESPLAN/OPDRAG TE ONTWIKKEL • In skole waar daar slegs een/twee Dansstudies-leerders in graad 12 is, moet hulle aangemoedig word om te choreografeer deur ander dansleerders in die skool te gebruik. • Gedetailleerde onderrigmetodologieë word in die voorgeskrewe handboek vir Dansstudies, Teacher's Guide – Excellent Dance Studies Grades 10, 11 and 12 gegee. • Toepaslike bladsye uit die Learner's Excellent Dance Studies- handboek moet by die onderwyser en leerder se opdrag ingesluit word. Die teorie moet in die PAT'e geïntegreer word om dit betekenisvol te maak. • Die opdrag moet leerders aanmoedig om effektiewe, kritiese en peinsende (moet besin) denkers te wees. • Probeer om leerders te lei om met hulle eie oplossings vorendag te kom eerder as wat jy jou idees op hulle afdwing. • Moenie leerders onderskat nie; daag hulle uit want hulle sal dikwels van die geleentheid gebruik maak. • Probeer hulle lei om individueel en innoverend te wees. Leerders moet beredeneerde risiko's met selfvertroue neem deur gedurende improvisasie nuwe idees en prosesse sonder vrees vir mislukking te probeer. • Maak seker kontrolepunte en sperdatums word nagekom. 'n Goeie idee is om voorlopige punte vir aspekte toe te ken en korrektiewe leiding gedurende die proses te gee, maar die finale punt is dit wat op die finale inleweringsdatum aan die einde van die PAT-taak gegee word. • Maak seker genoeg tyd word toegeken (kies kontaktyd gedurende en/of na skoolure) en monitor die vordering voortdurend. • Informele assessering moet leerders deur die PAT lei. Hou gereelde kritieksessies waartydens jy leerders fasiliteer en leer om die PAT op 'n konstruktiewe wyse te bespreek. Dit is belangrik om jou leerders te ken en te verstaan en om hulle spesifieke sterk punte te ontwikkel. • Wees buigbaar genoeg om leerders toe te laat en aan te moedig om verskillende metodes te gebruik om die groepdans te ontwikkel en moedig individuele vertolking van styl aan. • Lees, korrigeer, lewer kommentaar, dateer en teken geskrewe werk deur die hele kwartaal. Leerders het voortdurende terugvoering nodig. Geskrewe take moet nie tot die laaste minuut gelos word nie. Die opdrag moet geskrewe take deur die hele kwartaal spasieer en spertye vir inlewering van take aandui. . • Geskrewe werk moet op 'n spesiale plek in die leerderwerkboek gedoen word of gebruik 'n aparte joernaal. Leerders sal hierdie inligting nodig hê as 'n bykomende bron om vir hulle finale teorie- eksamen te leer. • Die geskrewe werk van die PAT hoef nie 'n formele netjiese 'projek' te wees nie. Dit moet 'n uitdrukkingsvolle, persoonlike beskrywing van idees en prikkels wees wat die individu se eie styl, belangstellings en persoonlikheid uitbeeld. Elke geskrewe afdeling is in die assesseringspuntestaat uiteengesit en moet vir Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/PAT 2016 NSS moderering ingesluit word. • Die handboek moet saam met die praktiese komponent gebruik word. Leerders moet hulle eie handboeke hê, aangesien van die geskrewe werk as huiswerk gedoen sal word. • Gee jou leerders raad oor hoe om inligting in handboeke/ die Internet/ander bronne te vertolk en in hulle eie woorde te skryf. Dit sal skryfvaardighede ontwikkel as voorbereiding op die finale geskrewe eksamen. • Jy kan werkstate/grafieke/vloeidiagramme, ens. by jou opdrag insluit om leerders se denkwyses op verskillende maniere uit te daag. Sluit take vir meervoudige intellektuele vermoëns in. William se Taksonomie (hieronder) kan help om jou PAT'e te ontwikkel. 1. Vloeiendheid: Die skep van baie idees, antwoorde, reaksies, moontlikhede vir 'n gegewe situasie/probleem. 2. Buigbaarheid (persoonlikheid): Die skep van alternatiewe, variasies, aanpassings, verskillende idees/oplossings/opsies. 3. Oorspronklikheid: Die skep van nuwe en unieke reaksies/oplossings. 4. Uitbrei/Uitbou: Die uitbreiding, vergroting, verryking of optooiing van idees om dit vir ander makliker te maak om te verstaan of om dit interessanter te maak. 5. Neem risiko's: Eksperimentering, probeer nuwe uitdagings. 6. Kompleksiteit: Die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om 'n gegewe situasie logies te orden en/of om die ontbrekende dele raak te sien. 7. Nuuskierigheid: Die vermoë om te wonder, te oordink, te bepeins of kop te krap. 8. Verbeelding: Die vermoë om prentjies in jou gedagtes te bou, moontlikhede en nuwe dinge te visualiseer of om oor praktiese grense heen na iets te streef/reik. 3.3 MODERERING VAN PAT'e Moderering is noodsaaklik vir gehalteversekering en moet gereeld plaasvind. Die modereringstemplaat op die volgende bladsy kan vir interne (skool-) moderering deur die departementshoof en eksterne (provinsiale) moderering gebruik word. Kontrolelys vir PAT-vereistes: • Gedetailleerde lesplan/opdrag vir die PAT-proses wat tydsbestek, inhoud, onderrigmetodologieë, bladsye in leerder- en onderwyser- handboeke en bronne benodig, aandui • Modereringstemplaat voltooi en deur departementshoof geteken • Assesseringskriteria • Puntestaat • DVD van beide PAT'e Eksterne moderering kan gedurende die jaar of ten tyde van die finale praktiese eksterne eksamen plaasvind. 'n DVD van die choreografie- en groepdans-PAT'e moet saam met die joernaal/werkboek, wat die geskrewe deel bevat, vir eksterne moderering ingelewer word. Elke provinsie sal hulle eie modereringsprosesse bepaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/PAT 2016 NSS MODERERINGSTEMPLAAT VIR DEPARTEMENTSHOOFDE EN EKSTERNE MODERATORS DANSTUDIES: MODERERING VAN PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK SKOOL: GRAAD: ONDERWYSER: PAT: DATUM: MODERATOR/DEPARTEMENTSHOOF – NAAM EN HANDTEKENING: DIE PAT-OPDRAG/LESPLAN: Instruksies en aktiwiteite √ of X Die onderwyser het die volgende inligting verskaf: • PAT 1 of 2 (besonderhede van die PAT), graad en jaar • Duidelike stap-vir-stap-proses wat die weeklikse beplanning en tydsbestuur toon • Duidelike spertye/datums vir voltooiing van take • Realistiese verwagtinge vir die spesifieke graad wat met die KABV ooreenkom • Inspirasie/Idees vir die praktiese afdeling/deel • Verskeidenheid take ingesluit wat leerders in die geskrewe afdeling/deel uitdaag • Bladsyverwysings wat die leerder- en onderwyserhandboeke met take verbind • Bykomende materiaal/prentjies/webtuistes/PowerPoint-voorleggings/DVD's, ens. om leerders te lei en te inspireer • Duidelike assesseringskriteria en puntestate • Datum vir finale opvoer van die PAT en inlewering van die DVD DIE PAT-OPDRAG AAN LEERDERS: Instruksies en aktiwiteite Die volgende aspekte is by die leerderopdrag ingesluit: • PAT 1 of 2 (besonderhede van die PAT), graad en jaar • Stap-vir-stap-leiding vir die proses • Duidelike spertye/datums vir voltooiing van take en tydsbesuur • Inspirasie/Idees vir die praktiese afdeling/deel • Verskeidenheid take ingesluit wat leerders in die geskrewe afdeling/deel uitdaag • Bladsyverwysings ten opsigte van die leerder se handboek • Duidelike assesseringskriteria en puntestaat • Datum vir finale opvoer/dans van die PAT en DVD en kontrolelys van vereistes KOMMENTAAR: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/PAT 2016 NSS 3.4 AFWESIGHEID/TAKE NIE INGELEWER NIE Indien die PAT'e nie voltooi word nie, sal leerders 'n onvolledige uitslag ontvang wat sal voorkom dat hulle matrikuleer. Neem kennis dat swangerskap nie 'n siekte of besering is nie. Swanger leerders kan vroeër of later in die jaar toegelaat word om hulle PAT-assessering(s) voor te lê. 3.5 DANSERS MET ERNSTIGE SIEKTES OF BESERINGS Indien 'n besering gedurende die skooljaar opgedoen word wat voorkom dat die leerder sy/haar PAT'e voltooi, sal daar van hom/haar verwag word om die werk te voltooi sodra hy/sy herstel het. 'n Onlangse mediese sertifikaat, nie ouer as 'n week nie, moet op die datum van die PAT-assessering by die onderwyser ingedien word. Indien 'n ernstige siekte of besering opgedoen word voordat die leerder een of beide PAT'e voltooi het, en indien die leerder waarskynlik nie betyds sal herstel om dit in die graad 12-jaar te voltooi nie, kan die leerder aansoek doen om 'n navorsingsprojek te doen in die plek van elke PAT wat gemis is. In hierdie geval moet die volgende prosedure gevolg word: • Doen aansoek by die provinsiale Hoof van Onderwys, met 'n motiveringsbrief van die skoolhoof en die ouers en 'n mediese sertifikaat wat nie ouer as 'n week is nie, vir toestemming vir vrystelling. Die mediese sertifikaat moet stawende bewys lewer, soos X-strale/bloedtoetse. • Die vrystelling sal die leerder in staat stel om 'n mondelinge en geskrewe navorsingsprojek in die plek van elke PAT gemis, aan te bied. • Die navorsingsaanbieding en -verslag sal deur 'n eksterne eksaminator/aangewese moderator/portuuronderwyser/ distriksbeampte nagesien word. • Sien hieronder vir besonderhede van oor die navorsingsprojek. Die onderwyser moet vir elke leerder 'n gedetailleerde opdrag gee oor die proses om te volg. • Die proses moet deur die onderwyser gemonitor word en tyd vir die proses moet gedurende die skooldag toegeken word. Dit kan nie tuis sonder toesig gedoen word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/PAT 2016 NSS RIGLYNE VIR 'N NAVORSINGSONDERWERP 2016 • Leerders moet hulle navorsing mondeling en skriftelik aanbied. • Die geskrewe navorsing moet 'n minimum van 1 500 woorde wees en mag illustrasies/PowerPoint-voorleggings/multimedia-voorleggings, ens. insluit. • 60% van die navorsingopdrag moet onder die toesig van die onderwyser by die skool gedoen word. • 'n Verklaring van egtheid, deur die onderwyser en die leerder geteken, moet voorgelê word. Penalisering vir plagiaat = 0 punte Kandidate kan diepgaande navorsing oor EEN van die volgende dansonderwerpe doen: 1. 'Om op 'n anatomies gesonde manier te werk, verklein die risiko van beserings terwyl dit opvoering/aanbieding versterk' – Daniels et al. 2009 2. Ontwikkeling van kandidaat se hoofdansvorm in Suid-Afrika – van die verlede tot die hede en gee betekenisvolle veranderinge in breë trekke 3. Kies 'n Suid-Afrikaanse choreograaf wat betekenisvol tot die ontwikkeling van dans in die 21ste eeu bygedra het. Die Dansstudies-eksamenpaneel van die nasionale Departement van Basiese Onderwys sal jaarliks hierdie onderwerpe vasstel. Die navorsing moet die volgende insluit: • Beplanning en uitvoer van die navorsing • Deeglike kennis en begrip van die onderwerp • Struktuur van die taak (inleiding van die onderwerp, hoofdeel van die navorsing, gevolgtrekking) • Goeie taal-/skryfvaardighede; spesifieke terminologie gebruik • Visuele aanbieding van inligting • Mondelinge aanbieding van die navorsing aan die klas/moderator/eksaminator • Verwysings sluit 'n minimum van vyf verskillende bronne gebruik, in Riglyne vir verwysings: • Verwysings moet tussen hakies aan die einde van die stelling of aanhaling geplaas word. Die eerste keer wat dit gebruik word, moet dit volledig uitgeskryf word (sien hieronder). Daarna sluit slegs die van, jaar en bladsynommer in, bv. (Adshead-Lansdale, 1994, bl. 4). • Volledige verwysing: o Naam (van eerste, dan eerste voorletter) o Jaar o Boek of bron se naam (gewoonlik onderstreep) o Plek waar dit uitgegee word (Londen) o Uitgewer (Routledge) Volledig uitgeskryf moet dit soos volg lyk: Mazo, J. (1977) Prime Movers: The Makers of Modern Dance in America. New York, Marrow. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/PAT 2016 NSS NASIENRUBRIEK VIR NAVORSING Vlak 7 Duidelike bewyse van relevante agtergrondnavorsing wat nougeset en vakkundig Uitstaande gedoen is. Die verslag is uitstekend georganiseer en aangebied en leesbaar geskryf. 90%–100% Toon 'n uitstekende begrip van vraag en antwoord en voldoen aan al die nasienkriteria en nog meer. Bedrewe 'n Uitstaande geskrewe verslag en mondelinge aanbieding. Die leerder het 'n 80%–89% gedetailleerde ontleding van die onderwerp aangebied, wat hoëvlak-denke toon en gedetailleerde navorsing is duidelik in die projek. Toon 'n baie goeie begrip van vraag en antwoord en voldoen aan al die nasienkriteria. Vlak 6 Sekere kwessies is moontlik oorgesien, maar dit is 'n goed ontwikkelde projek wat Verdienstelik daarop dui dat die kandidaat diepgaande navorsing oor die onderwerp gedoen het. Die 70%–79% verslag is georganiseerd en volgens 'n hoë standaard geskryf. Toon 'n gemaklike begrip van vraag en antwoord. Vlak 5 Duidelike aanbieding en organisasie van die verslag. Daar is 'n paar tekens van Beduidend/ gebreke/tekortkominge, maar die algemene begrip van die onderwerp is goed. Toon Wesenlik grondige begrip van vraag en antwoord. 60%–69% Vlak 4 Redelik duidelike aanbieding en organisasie van die verslag. Daar is tekens van Voldoende gebreke/tekortkominge, maar die algemene begrip van die onderwerp is plek-plek 50%–59% gegrond. Vraag en antwoord is hanteer. Vlak 3 Die kandidaat toon 'n gebrekkige begrip van die metodes en hoe om die werk in die Matig/Middelmatig verslag te organiseer en aan te bied. Die kandidaat het werk uit 'n bron oorgeskryf met 40%–49% baie min begrip daarvan. Toon tekens van verwarring oor meer komplekse materiaal. Vraag en antwoord swak. Vlak 2 Minimale navorsing is gedek met beperkte begrip van die onderwerp/verslag. Elementêr Vraag en antwoord toon minimale begrip van die onderwerp. 30%–39% Vlak 1 Geen navorsing is gedoen om die onderwerp geldig te maak nie. Kandidaat het nie die Nie behaal nie vraag-en-antwoord-sessie hanteer nie. 0%–29% Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 12 DBE/PAT 2016 NSS PUNTESTAAT VIR NAVORSINGSOPDRAG DANSTUDIES: GRAAD 12 NAVORSINGSOPDRAG (LEERDER WAT BESEER/ERNSTIG SIEK IS) SKOOL: NAAM VAN LEERDER: DATUM: MODERATOR/EKSAMINATOR: Noem die PAT wat hierdie navorsingsopdrag vervang: √ of X Noem die onderwerp wat vir die navorsingsopdrag gekies is: Die volgende dokumente moet saam met die navorsingsopdrag voorgelê word: • 'n Mediese sertifikaat, wat nie ouer as een week is nie, wat stawende bewyse bevat soos X-strale/bloedtoetse, ens. • Geskrewe toestemming van die provinsiale Hoof van Onderwys • Die leerderopdrag wat die opdragvereistes, soos in die PAT-dokument vasgestel, uiteensit • Verklaring van egtheid wat deur die onderwyser en leerder geteken en gedateer is met die skoolstempel en skoolhoof se handtekening DIE NAVORSINGOPDRAG: PUNTE • Struktuur van die navorsing – minimum van 1 500 woorde: o Inleiding 10 o Hoofdeel van die navorsing 30 o Gevolgtrekking 10 o Verwysings 5 • Logiese en samehangende skryfwerk (die leerder kan 'n argument 20 saamstel) • Aanbieding van die inligting/gebruik van tegnologie 15 • Vraag-en-antwoord-sessie: o Kennis van die onderwerp (insig en diepte van begrip word getoon) 10 TOTALE PUNTE: 100 HERLEI NA 50 PUNTE: 50 KOMMENTAAR: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 13 DBE/PAT 2016 NSS PAT 1: PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR CHOREOGRAFIE ONDERWERP 2: KABV-dokument, bladsy 31 Kontaktyd: Een les per week op die skoolrooster moet aan hierdie PAT gewy word, plus pouses en oefentyd na skool om praktiese en geskrewe werk in te sluit. Voltooi en bied 'n groepdans van 2–3 minute aan wat op 'n idee gebaseer is, met begeleiding (musiek, stem, slaginstrumente of liggaamsperkussie), alleen, saam met 'n maat of in 'n groep gechoreografeer en neem die volgende in ag: • Ontwikkeling van idees vanaf 'n beginpunt deur navorsing, ontleding en abstraksie • Gebruik van produksie-elemente (rekwisiete, kostuums, stelle, musiek of klank, beligting) in choreografie • Geskrewe aanbieding in die vorm van 'n joernaal wat beplanning, voorbereiding, repetisieskedule, choreografie-idees, struktuur, kostuum- en/of grimeringontwerp en besinning weerspieël As gevolg van tydbeperkings kan 'n choreografie-PAT aangebied word waarin elke lid van die groep vir dele van die choreografie verantwoordelik is. Dit moet uitvoerig verduidelik word en onder toesig plaasvind. Hierdie PAT word in skooltyd voorberei en een uur per week op die skoolrooster word hiervoor gebruik. Graad 12-leerders sal gedurende die klas met mekaar in groepe saamwerk. Bykomende tyd kan gedurende pouses en/of na skool gebruik word. 60% van die geskrewe en praktiese komponent moet in skooltyd onder die toesig van die onderwyser voltooi word. Indien daar net een dansleerder in graad 12 is, moet hy/sy dansers van graad 8–11 gebruik. Professionele dansers/onderwysers mag NIE gebruik word NIE. Portuurleerders van private ateljees mag gebruik word. Gedurende klasse lei onderwysers die leerders deur individuele improvisasie- aktiwiteite om idees, gedagtes, woorde, danselemente en choreografiese strukture te ondersoek/verken. Dit sal die leerder help om selfvertroue te ontwikkel om 'n oorspronklike bewegingswoordeskat te skep en om die choreografie-instrumente te leer/verstaan. Enige styl/kombinasie van style kan gebruik word. Deur hierdie improvisasies en ondersoeke/verkennings sal leerders begin om besluite te neem en keuses te maak om hulle danse te komponeer. Danswerke/Komposisies moet ten minste 2–3 minute lank wees in enige styl/vermenging van style. Groepe moet uit 3 tot 6 graad 12-leerders per groep bestaan (nie meer nie om individuele ontwikkeling en deelname toe te laat). Die groepe werk almal gelyktydig saam gedurende die klas. Onderwysers beweeg rond om waar te neem, uit te daag en leerders te help om hulle choreografieë verder te ontwikkel. Onderwysers moet intree as leerders net agternalopers/meelopers is en nie ten volle tot hulle groep bydra nie. Onderwysers sal elke leerder se bydrae, moeite en vaardighede deur waarneming kan assesseer soos wat hy/sy van groep tot groep in die klas beweeg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 14 DBE/PAT 2016 NSS Leerders voltooi individueel elke week geskrewe take wat met hulle choreografie verband hou; bou geleidelik in hulle werkboeke/joernale 'n joernaal/spesiale bladsye hiervoor op. Onderwysers kan op die tema/bedoeling/idee/voorgeskrewe werk, ens. besluit wat in hulle leerderopdrag verduidelik sal word. Die keuse van musiek/begeleiding kan die groep se verantwoordelikheid wees of die onderwyser kan 'n keuse verskaf. Oefening saam met die begeleiding/musiek sal moontlik op 'n rotasiebasis gedurende klastyd of pouses gedoen moet word. Elke graad 12-dansleerder in die groep moet 'n geleentheid kry om die ander lede van die groep te choreografeer sodat al die lede 'n kans kry om tot die finale komposisie by te dra. Elke lid van die groep moet 'n geleentheid kry om soms terug te staan om vordering waar te neem en om relevante terugvoering vir verbetering te gee. Groepe moet die geleentheid kry om hulle komposisie-in-wording vir die res van die klas op te voer en om konstruktiewe terugvoering te gee. Dit sal tot die ontwikkeling van dansgeletterdheid bydra. Waar moontlik, moet die PAT vir 'n gehoor of die portuurgroep opgevoer word om die leerders 'n geleentheid te gee om opvoering-/dans- en teaterproduksievaardighede te oefen. Onderwysers moet leerders leer hoe om te besin; hulle moet aangemoedig word om so akkuraat as moontlik te skryf (taalgebruik, spelling, formaat, woordeskat, ens.). Onderwysers moet alle geskrewe werk gereeld lees, daarop kommentaar lewer en dateer om leerders terugvoering te gee oor hulle vordering, hulle uitdagings en hoe om voort te gaan. Die klem val op die gehalte van die leerders se insig en ontwikkeling en nie op die eksterne visuele elemente, bv. dekor nie. Die doel van die geskrewe deel van die PAT is om: • Kennis en begrip van die vak as 'n geheel te verdiep • Style, danswerke, choreografiese style te ontleed en te vertolk • Hoërorde-vaardighede soos kritiese denke, kreatiewe denke en probleem- oplossing te versterk • Die teorievraestel aan die einde van die jaar doeltreffend te beantwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 15 DBE/PAT 2016 NSS Die is 'n voorbeeld van 'n stap-vir-stap-proses om 'n onderwyserlesplan/-opdrag te ontwikkel. Dit sal dan in 'n gedetailleerde opdrag vir die leerders ontwikkel. PRAKTIES GESKREWE + HUISWERK 1 uur per week gedurende skooltyd. Leerders mag nie direk uit die handboek/Internet/ander bronne Gebruik pouses/na skool vir ekstra oefening. kopieer nie. Alle stappe hieronder moet in die leerder se eie woorde wees. Begin – einddatum: Datum van voltooiing: Bronne benodig: Leerders lees in handboek: Onderwysersgids – bladsye: Bladsy 32–35: Danselemente Metodologie om te gebruik: Bladsy 252–257: Danskomposisie Die fokus van hierdie stap moet individuele Bronne benodig: ondersoek/navorsing wees: Metodologie om te gebruik: Lei leerders deur improvisasie om 'n Die fokus van hierdie stap moet danselemente bewegingswoordeskat te skep. Beginpunt kan en improvisasie wees: 1 of meer bladsye: 'n breë idee/woorde/tema/gebruik van 'n • Leerders begin hulle eie joernale/spesiale STAP 1 voorgeskrewe werk as inspirasie/prikkel wees. ruimte in hulle werkboeke Leerders ondersoek individueel en stel 'n motif • Besin oor danselemente of kort frase of twee saam. • Die rol van improvisasie in komposisie Danselemente Lei leerders om hulle motifs/frases te ontwikkel deur die gebruik van ruimte, tyd en krag te varieer (bv. tempo, ritme, rigtings, vlakke, dinamiek, ruimtedekking, byvoeg van klanke/stemme/liggaamsperkussie). PRAKTIES GESKREWE + HUISWERK Begin – einddatum: Datum van voltooiing: Bronne benodig: Leerders lees in handboek: Onderwysersgids – bladsye: Bladsy 44–45: Choreografiese strukture en vorme Metodologie om te gebruik: Bladsy 46–47: Kies van musiek vir choreografie Die fokus van hierdie stap moet wees die Bladsy 220–221: Werk met verskillende ontwikkeling van individuele idees in 'n musiekgenres groepkomposisie en die kies van Bladsy 258–259: Choreografiese struktuur musiek/begeleiding: (in STAP 2 links en hieronder uiteengesit) Leerders werk twee-twee of drie-drie saam om Bronne benodig: die materiaal wat hulle geskep het, met Metodologie om te gebruik: mekaar te deel en om maniere te vind om dit Die fokus van hierdie stap moet wees te integreer. besinning oor komposisiestrukture en STAP 2 Groepe van 2/3 kan dan by 'n ander groep musiekkeuse vir die groep: 1 of meer aansluit of 'n klein groepie bly. bladsye: Hulle gaan voort om te deel en meng hulle • Skryf in joernaal oor watter komposisie- komposisies met die fokus op oorgange strukture gebruik is, besin oor die ondervinding tussen bewegings en verhoudings. om die dans te verbreed en ontwikkel en Choreografiese Strukture werks-/magsverhoudings in die groep Lei leerders om choreografiese strukture soos • Begin/Einde repetisie, stilte (roerloosheid), kontras, • Vorm/tema/variasie/stilte (roerloosheid) simmetrie/asimmetrie, unison, kanon, klimaks, • Sekwense/herhaling/oorgange tema en variasie of kontakimprovisasie in ag • Klimaks te neem. • Ritmiese vorme Onderwysers lei leerders oor hoe om • Keuse van musiek/begeleiding musiek/begeleiding vir hulle komposisies te kies. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 16 DBE/PAT 2016 NSS PRAKTIES GESKREWE + HUISWERK Begin – einddatum: Datum van voltooiing: Bronne benodig: Leerders lees in handboek: Onderwysersgids – bladsy: Bladsy 36: Ondersoek onkonvensionele Metodologie om te gebruik: ruimtes Die fokus van hierdie stap moet wees Bladsy 37–38: Gebruik eie stories om betekenis aan die komposisie te Bladsy 39: Sosiale kwessies gee: Bladsy 40–43: Multidissiplinêre werk/ Lei leerders om te bespreek hoe om die tegnologie volgende te doen: Bladsy 215–222: Danselemente Bronne benodig: STAP 3 • Met die gehoor te kommunikeer • Te besluit oor die gebruik van die Metodologie om te gebruik: opvoerruimte Die fokus van hierdie stap moet verfyning • Enige ander aspekte, bv. multidissiplinêre en keuse van die finale komposisie wees: kunsvorme en tegnologie, kostuums, 1 of meer bladsye: beligting, rekwisiete • Skryf oor die idees/konsepte wat uit die choreografie voortgespruit het. • Skryf oor produksie-elemente gekies, soos kostuums, beligting, rekwisiete, ens. en motiveer waarom dit gekies is. PRAKTIES GESKREWE + HUISWERK Begin – einddatum: Datum van voltooiing: Bronne benodig: Leerders lees in handboek: Onderwysersgids – bladsy: Bladsy 58: Beplanning vir choreografie Metodologie om te gebruik: Bladsy 59–60: Een-bladsy-programnota Die fokus van hierdie stap moet wees Bronne benodig: om die opvoering gereed te kry: Metodologie om te gebruik: Lei leerders om finale keuses te maak en Die fokus van hierdie stap moet wees die die komposisie te verfyn. een-bladsy-programnota: 1 of meer bladsye: Die danse word gerepeteer en verfyn. • Elke leerder sal hulle eie 1-bladsy-program- STAP 4 Elke lid van die groep kry 'n kans om terug nota ontwerp te staan, om die 'oog' te wees. • Die joernale moet die finale keuses wat vir die Leerders moet fokus op: komposisie gemaak is, weergee • Musikaliteit • Besin oor sterk en swak punte • Kompleksiteit van die danswoordeskat en • Vaardighede aangeleer/met ander saamwerk tegniek • Krag, soepelheid en stamina/uithouvermoë • Koördinasie en beheer • Bewegingsgehalte PRAKTIES Finale opvoering van die groepkomposisie. Leerders kry individueel punte vir hulle vermoë om die volgende te toon: • Deelname aan en bydrae tot die finale komposisie • Vlak van tegniese vermoëns/kompleksiteit van beweging • Toegewyde beweging STAP 5 • Dinamiek • Vloeiendheid en ratsheid • Oorgange • Musikaliteit • Selfvertroue en konsekwentheid; fokus, teenwoordigheid, projeksie en energie • Outentiekheid – leerder se eie werk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 17 DBE/PAT 2016 NSS GRAAD 12: PAT 1: ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR CHOREOGRAFIE Elke lid van die groep moet individueel nagesien word. NAAM VAN SKOOL: NAAM VAN ONDERWYSER: Moontlike punt DATUM VAN OPVOERING: ONDERWYSER SE HANDTEKENING: DEPARTEMENTSHOOF/MODERATOR SE HAND- TEKENING EN DATUM: Nommer van Groep: Lid 1 Lid 2 Lid 3 Lid 4 Lid 5 Lid 6 Titel van Dans: Geskrewe Werk: • Die gebruik van danselemente 10 • Die rol van improvisasie in komposisie 10 • Die gebruik van choreografiese strukture 10 • Die proses om musiek/begeleiding, genre, ens. te kies 5 • Besin oor werks-/magsverhoudings in die groep 10 • Besinning oor die proses, ingeslote wat uit die choreografie-PAT/eie kreatiewe ontwikkeling geleer is 10 'n Een-bladsy-programnota: • Sinopsis 10 • Uitleg 10 • Inligting (titel van die werk, choreograaf/ choreograwe, musiek, dansers) 10 Produksie-elemente – bewys van beplanning in die joernaal/werkboek: Bv. Kostuums, rekwisiete, beligting, enscenering. 10 Die simboliese betekenis OF rede vir gebruik/effekte. 5 SUBTOTAAL 100 HERLEI NA 25 Praktiese Werk Proses wat deur die onderwyser nagesien moet word (50 punte): • Deelname gedurende klasse/repetisies 10 • Leierskap, verantwoordelikheid, toegewydheid, fokus 10 • Eksperimentering en kreatiewe insette in die komposisie 15 • Geskikte keuse van begeleiding/musiek 5 • Spanwerk 10 Produk wat gemodereer moet word (50 punte): • Oorspronklikheid van die komposisie 10 • Gebruik van choreografiese struktuur, styl en dans- elemente (ruimte, tyd, krag) 10 • Tegniek 10 • Dansgehalte, musikaliteit 10 • Kompleksiteit van beweging in die komposisie 10 SUBTOTAAL 100 HERLEI NA 25 TOTALE PUNTE 50 GEMODEREERDE PUNT 50 KOMMENTAAR: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 18 DBE/PAT 2016 NSS GRAAD 12: PAT 2: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR CHOREOGRAFIE Vlak 7 UITSTAANDE Joernaal: 90–100% • Gedokumenteerde bewys van ontwikkeling van choreografie-idees deur navorsing/eksperimentering/ ondersoek • Choreograaf selfgemotiveerd, selfgedissiplineerd, goed georganiseer, uitstaande leierskapsvaardighede • Insiggewende besinning oor die choreografiese proses • Bestuur dansers en repetisies baie goed • Denke en ontwerpproses van kostuums, rekwisiete, keuse van musiek UITSTAANDE Programnota: • Uitstekende een-bladsy-programnota wat alle kriteria insluit UITSTAANDE Opvoering: • Dans het 3 of meer dansers, is ten minste 2 minute lank • Inspirerend, hoogs verbeeldingryk, oorspronklik, goed gestruktureer • Gesofistikeerde gebruik van danselemente en -middels, juiste gebruik van produksie-elemente, keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums versigtig oordink • Gebruik komplekse bewegingswoordeskat op paslike wyse • Die onderwerp word duidelik en skeppend gekommunikeer • Dansers voer die werk met selfvertroue, energie en op dinamiese wyse op 80–89% UITSTEKENDE Joernaal: • Choreograaf selfgemotiveerd, selfgedissiplineerd, het 'n poging aangewend, goed georganiseerd, baie goeie leierskapvaardighede • Baie goeie besinning oor die choreografiese proses • Bestuur dansers en repetisies goed UITSTEKENDE Programnota: • Baie goeie een-bladsy-programnota wat alle kriteria insluit UITSTEKENDE Opvoering: • Dans het 3 of meer dansers, is ten minste 2 minute lank • Verbeeldingryk, oorspronklik, goed gestruktureer • Baie goeie gebruik van danselemente en -middels, juiste gebruik van produksie-elemente, baie goeie keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums • Gebruik hoëvlak-bewegingswoordeskat op paslike wyse • Die onderwerp word duidelik gekommunikeer • Dansers voer die werk met selfvertroue, energie en op dinamiese wyse op Vlak 6 VERDIENSTELIKE Joernaal: 70–79% • Choreograaf selfgemotiveerd, selfgedissiplineerd, het 'n poging aangewend, goed georganiseerd, goeie leierskapvaardighede • Goeie besinning oor die choreografiese proses • Bestuur dansers en repetisies goed VERDIENSTELIKE Programnota: • Goeie een-bladsy-programnota wat alle kriteria insluit VERDIENSTELIKE Opvoering: • Dans het 3 of meer dansers, is ten minste 2 minute lank • Verbeeldingryk, goed gestruktureer, kreatief • Goeie gebruik van danselemente en -middele, juiste gebruik van produksie-elemente, goeie keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums • Gebruik 'n goeie bewegingswoordeskat op paslike wyse • Kommunikeer die onderwerp duidelik • Dansers voer die werk met selfvertroue, energie en entoesiasme op Vlak 5 WESENLIKE Joernaal: 60–69% • Choreograaf het 'n poging aangewend, georganiseerd, paar leierskapvaardighede getoon • Choreografiese proses toon besinning • Bestuur dansers en repetisies WESENLIKE Programnota: • Een-bladsy-programnota wat alle kriteria insluit WESENLIKE Opvoering: • Dans het 3 of meer dansers, is ten minste 2 minute lank • Goed gestruktureer, kreatief • Duidelike, interessante en gepaste begin en einde, aanvaarbare keuse van musiek/begeleiding/ rekwisiete/kostuums • Bewegingswoordeskat op paslike wyse gebruik • Kommunikeer die onderwerp • Dansers voer die werk met selfvertroue op Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 19 DBE/PAT 2016 NSS Vlak 4 VOLDOENDE Joernaal: 50–59% • Choreograaf het 'n poging aangewend, georganiseerd, beperkte leierskapsvaardighede getoon • Choreografiese proses toon 'n bietjie besinning • Bestuur dansers en repetisies met hulp VOLDOENDE Programnota: • Een-bladsy-programnota wat alle kriteria insluit VOLDOENDE Opvoering: • Dans het 3 of meer dansers, is ten minste 2 minute lank • Beperkte struktuur • Begin en einde ingesluit, aanvaarbare keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums • Basiese bewegingswoordeskat gebruik • Kommunikeer plek-plek die onderwerp • Dansers voer die werk met selfvertroue op Vlak 3 MIDDELMATIGE Joernaal: 40–49% • Choreograaf het 'n beperkte poging aangewend, nie goed georganiseerd nie, minimale leierskapsvaardighede getoon • Choreografiese proses toon beperkte besinning • Sukkel om dansers en repetisies te bestuur MIDDELMATIGE Programnota: • Een-bladsy-programnota sluit nie alle kriteria in nie MIDDELMATIGE Opvoering: • Verkeerde getal dansers/verkeerde lengte • Beperkte struktuur • Begin en einde ingesluit, beperkte keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums. • Beperkte bewegingswoordeskat gebruik • Kommunikeer die onderwerp op vae wyse • Dansers voer die werk met beperkte selfvertroue op Vlak 2 ELEMENTÊRE Joernaal: 30–39% • Choreograaf het baie klein poging aangewend, nie goed georganiseerd nie, geen leierskapsvaardighede getoon nie • Choreografiese proses toon minimale besinning • Sukkel om dansers en repetisies te bestuur ELEMENTÊRE Programnota: • Een-bladsy-programnota sluit nie alle kriteria in nie ELEMENTÊRE Opvoering: • Verkeerde getal dansers/lengte verkeerd • Minimale struktuur gebruik • Begin en einde ingesluit, onvanpaste keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums. • Beperkte bewegingswoordeskat gebruik • Onderwerp nie duidelik gekommunikeer nie • Dansers het nie vertroue in die opvoering nie Vlak 1 NIE BEHAAL NIE Joernaal: 1–29% • Choreograaf het geen poging aangewend nie, nie goed georganiseerd nie, geen leierskapsvaardighede getoon nie • Choreografiese proses toon geen besinning nie • Kan nie dansers en repetisies bestuur nie NIE BEHAAL NIE Programnota: • Een-bladsy-programnota sluit nie alle kriteria in nie/geen poging aangewend nie NIE BEHAAL NIE Opvoering: • Verkeerde getal dansers/lengte verkeerd • Beperkte/Geen struktuur nie • Swak/Geen begin of einde nie, keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums nie geskik nie/ geen poging aangewend nie • Bewegingswoordeskat nie gepas nie • Onderwerp nie gekommunikeer nie • Dansers onseker/nie genoeg gerepeteer nie. Die choreografie kon geïmproviseer gewees het. Indien bevind word dat daar plagiaat gepleeg is ten opsigte van 'n choreografiese werk, moet geen (0) punte toegeken word nie. Leerders moet 'n verklaring van egtheid voorlê. Onderwysers moet die hele proses van begin tot einde monitor. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 20 DBE/PAT 2016 NSS PAT 2: PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR GROEPDANS ONDERWERP 1 en 2: KABV-dokument, bladsy 32 Kontaktyd: Een les per week op die skoolrooster moet aan hierdie PAT gewy word, plus pouses en oefentyd na skool om praktiese en geskrewe werk in te sluit. Openbare opvoering van 'n groepdans om opvoervaardighede te toon, die kreatiewe of choreografiese idee te kommunikeer, projeksie, vertolking, uitdrukking, fokus, gebruik van verhoogkonvensies en om saam ander te dans. Leerders voer 'n groepdans op met 'n minimum lengte van drie minute in hulle HOOFDANSVORM, op die hoogste vlak van kompleksiteit wat hulle kan bemeester. Daar moet nie meer as drie tot ses leerders per groep wees nie. Indien daar net een Dansstudies-leerder in graad 12 is wat hierdie vak na skool doen, moet die leerder die groepdans in sy/haar private ateljee aanleer in die hoofdansvorm gekies. Die res van die groep kan leerders wees wat nie Dansstudies as vak het nie, of leerders in ander grade. Elke leerder word individueel nagesien. Gedurende die finale opvoering en DVD moet elke leerder maklik geïdentifiseer kan word deur 'n kleurkode/kostuum of nommer te dra. Die groepdans kan deur die onderwyser of 'n professionele choreograaf gechoreografeer word of dit kan 'n uittreksel uit 'n professionele danswerk wees of uit die solo vir die finale eksamen ontwikkel word. Waar moontlik moet die groepdans vir 'n gehoor of portuurgroep in 'n openbare opvoerruimte opgevoer word. Daar word voorgestel dat die groepdans voor hierdie opvoering geassesseer word omdat dit dikwels nodig is om dit meer as een keer te sien vir assessering om akkuraat kan wees. Leerders se voltooide geskrewe take moet bemarking en finansiële beplanning insluit en hulle moet geleidelik 'n joernaal/spesiale bladsy hiervoor in hulle werkboeke/joernale opbou. Onderwysers moet leerders leer hoe om te besin, hulle moet aangemoedig word om so akkuraat as moontlik te skryf (taalgebruik, spelling, formaat, woordeskat, ens.). Onderwysers moet alle geskrewe werk gereeld lees, daarop kommentaar lewer en dateer om leerders terugvoering te gee oor hulle vordering, uitdagings en hoe om voort te gaan. Die klem is op die gehalte van die leerders se insig en ontwikkeling en nie op die eksterne visuele elemente, bv. dekor, nie. Die doel van die geskrewe deel van die PAT: • Kennis van die hoofdansvorm te verdiep • Om 'n begrip van hoe fiksheidskomponente dans/optrede beïnvloed, te ontwikkel • Loopbane in en verwant aan die dansbedryf • Begroting – finansiële beplanning vir 'n opvoering • Om 'n opvoering te bemark • Om die teorievraestel aan die einde van die jaar doeltreffend te beantwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 21 DBE/PAT 2016 NSS WENKE OM DIE GROEPDANS TE CHOREOGRAFEER: • Verbreed die leerder se danswoordeskat en tegniek in die hoofdansvorm; daag hulle uit. Dit is belangrik dat onderwysers seker maak dat die vlak volgens die vereiste standaard en kompleksiteit vir graad 12 is. Die nasienkriteria moet as 'n riglyn gebruik word wanneer hierdie PAT gechoreografeer word. • Hierdie PAT moet die tegniek wat vir die finale praktiese eksamen vereis word, versterk en ontwikkel. • Ontwikkel leerder se vermoë om te kommunikeer en bymekaar aansluiting te vind. • Ontwikkel die dans deur met ander saam te dans (optel/oplig is opsioneel), ruimtelike bewustheid, patroonwerk en tydsberekening. • Laat leerders toe om variasies in dinamiek te toon en bou 'n atmosfeer. Hulle moet die dans hulle eie maak. Dit kan hulle eie begin en einde insluit. • Klem moet val op gehalte van beweging, oorgange en uitdrukking. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 22 DBE/PAT 2016 NSS Die volgende is 'n voorbeeld van 'n stap-vir-stap-proses om 'n onderwyser- lesplan/-opdrag te ontwikkel. Dit kan dan in 'n gedetailleerde leerderopdrag ontwikkel word. PRAKTIES GESKREWE + HUISWERK 1 uur per week gedurende skooltyd. Leerders mag nie direk uit die handboek/Internet/ander bronne kopieer Gebruik pouses/na skool vir ekstra oefening. nie. Alle stappe hieronder moet in die leerder se eie woorde wees. Begin – einddatum: Datum van voltooiing: Bronne benodig: Leerders lees in handboek: Onderwysersgids – bladsy: Bladsy 68–73: Beginsels en kenmerke Metodologie om te gebruik: Bladsy 130–131: Toegewydheid en konsentrasie Onderwysers leer groepdans vir die Bladsy 227: Vorms, beginsels en kenmerke leerders. Bladsy 20–21: Kriteria vir groepdans Die solo kan gebruik word en in 'n groepdans Bladsy 118–119: Groepdansassessering verander word. (LET WEL: Dit is slegs 'n voorbeeld.) Die fokus van hierdie stap moet wees Bladsy 184–186: Veilige gebruik van die liggaam herroep en tegniek: Bronne benodig: • Beginsels van die hoofdansvorm akkuraat Metodologie om te gebruik: toegepas; vertolking van dansgenre en styl Die fokus van hierdie stap moet wees STAP 1 • Akkurate weergawe van die sekwens dansoefening, hoofdansvorm en styl: 1 bladsy: • Veilige gebruik van die liggaam Onderwysers moet leerders lei oor hoe om dansbeginsels, style en kenmerke wat in die groepdans gebruik word, te herken en te identifiseer. • Ontleed en vergelyk eie hoofdansvorm met ander dansvorm om dansgeletterdheid te ontwikkel • Vertolking van die groepdans • Leerder se rol in die bydrae tot 'n suksesvolle dans • Herkenning van toegewydheid aan beweging PRAKTIES GESKREWE + HUISWERK Begin – einddatum: Datum van voltooiing: Bronne benodig: Leerders lees in handboek: Onderwysersgids – bladsy: Bladsy 136–138: Definisies van verskillende Metodologie om te gebruik: rolle Onderwysers moet leerders lei oor hoe om Bladsy 145–158: Loopbane die groepdans met gebruik van spanwerk Bronne benodig: te ontwikkel: Metodologie om te gebruik: • Met ander in 'n groep saamwerk Die fokus van hierdie stap moet wees om • Bywoning en toegewydheid aan die ten minste DRIE van die verskillende groep rolle/loopbane in die dansbedryf te STAP 2 • Bewustheid van self en ander in ruimte ondersoek/na te vors, om die volgende in te • Uitdrukkingsvolle interaksie met ander sluit: 1 bladsy: dansers • Verhoogverwante loopbane • Sensitiwiteit wanneer saam ander • Voorverhoogverwante loopbane gedans word/optel of oplig • Tegniese loopbane • Bemarkingsloopbane • Dansverwante loopbane Die leerders moet omvang, vooruitsigte, opleiding benodig, opleiding verskaf by hierdie stap insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 23 DBE/PAT 2016 NSS PRAKTIES GESKREWE + HUISWERK Begin – einddatum: Datum van voltooiing: Bronne benodig: Leerders lees in handboek: Onderwysersgids – bladsy: Bladsy 134–136: Produksie Metodologie om te gebruik: Bladsy 142–143: Produksiebeplanning Onderwysers moet leerders lei oor hoe om Bronne benodig: die groepdans met gebruik van spanwerk Metodologie om te gebruik: te ontwikkel: Die fokus van hierdie stap moet wees die Onderwysers moet leerders lei oor hoe om beplanning van 'n produksie: 1 bladsy: choreografiese elemente wat alreeds in die Ken EEN finansiële strategie toe aan elke PAT 1-choreografie geleer is, te ontwikkel. leerder om die volgende te beplan, bv.: Die fokus van hierdie stap moet wees • Begroting STAP 3 choreografiese elemente: • Fondsinsamelingsvoorstel • Aandag aan detail – maak die dans • Bespreking van lokale/sale/plekke jou eie: • Kaartjieverkope o Patroonwerk/Groeperings • Tegniese toerusting benodig o Spasiëring/Vlakke o Tydsberekening/Dinamiek o Kanon/Simmetrie/Asimmetrie, ens. • Ontwikkel eie begin en einde • Vertolking van dansgenre en styl • Musikale vertolking PRAKTIES GESKREWE + HUISWERK Begin – einddatum: Datum van voltooiing: Bronne benodig: Leerders lees in handboek: Onderwysersgids – bladsy: Bladsy 139–142: Beplanning van bemarking- Metodologie om te gebruik: strategieë Onderwysers moet leerders lei oor hoe om Bladsy 25–29: Fiksheidskomponente danselemente te ontwikkel. Bladsy 98–113: Veilige dansoefening + Die fokus van hierdie stap moet wees fiksheidsontwikkeling gehalte van beweging: Bladsy 116–117: Opvoer-/Dansvaardighede • Musikaliteit Bladsy 189–191: Gehalte van beweging • Kompleksiteit van danswoordeskat Bronne benodig: en tegniek Metodologie om te gebruik: STAP 4 • Krag, soepelheid en uithouvermoë Die fokus van hierdie stap moet wees die • Koördinasie en beheer gehalte van ontwerp van bemarkingmateriaal: 1 bladsy: bewegings Ken EEN bemarkingstrategie toe aan elke leerder om voor te berei, bv.: • Plakkate • Strooibiljette • Mediavrystelling • Netwerk • Radio-/Televisieonderhoude • Webtuiste Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 24 DBE/PAT 2016 NSS PRAKTIES GESKREWE + HUISWERK Finale opvoering van die groepdans. Datum van voltooiing: Leerders word individueel nagesien Leerders lees in handboek: volgens hulle vermoë om die volgende Bladsy 118–119: Groepdansassessering. te toon: (LET WEL: Dit is slegs 'n voorbeeld.) • Vlak van tegniese vermoëns in die Bronne benodig: HOOFDANSVORM/kompleksiteit van Metodologie om te gebruik: beweging Die fokus van hierdie stap moet wees om • Dinamiek oor die proses te besin: 1 bladsy: STAP 5 • Vloeiendheid en ratsheid • Vaardighede geleer • Oorgange • Spanwerk – suksesse en uitdagings • Toegewyde beweging • Selfvertroue en konsekwentheid, fokus, teenwoordigheid, projeksie en energie • Bydrae tot die sukses van die groepdans Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 25 DBE/PAT 2016 NSS GRAAD 12: PAT 2: ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR GROEPDANS Elke lid van die groep moet individueel nagesien word. NAAM VAN SKOOL: NAAM VAN ONDERWYSER: Moontlike punt DATUM VAN OPVOERING: Lid se naam Lid se naam Lid se naam Lid se naam Lid se naam Lid se naam ONDERWYSER SE HANDTEKENING: DEPARTEMENTSHOOF/MODERATOR SE HANDTEKENING EN DATUM: Titel van Groepdans: Geskrewe Werk: • Finansiële beplanning/begroting vir 'n produksie 10 • Rol/Loopbane in dansbedryf 10 • Beginsels en kenmerke van hoofdansvorm 15 • Gebruik van musiekgenres/-style-/instrumentasie 5 • Gebruik van danselemente 10 • Besinning oor werks-/magsverhoudings in die groep 10 • Selfbesinning oor die proses/wat is geleer/eie kreatiewe ontwikkeling 10 Ontwerp van 'n bemarkingstrategie (Bv. plakkaat/strooibiljet/advertensie/uitnodiging/kaartjie): • Duidelike aanduiding van 'n tema/treffende visuele impak 10 • Kommunikasie van nodige inligting 10 • Kreatiewe aanbieding 10 SUBTOTAAL 100 HERLEI NA 25 Praktiese Werk Proses deur die onderwyser nagesien (50 punte): • Deelname gedurende klasse/repetisies 10 • Leierskap, verantwoordelikheid, toegewydheid, fokus 10 • Spanwerk in die groepdans 10 • Ontwikkeling van die dans sluit eie begin/einde/gebruik van danselemente/patroonwerk/groeperings/ens. in 10 • Ontwikkeling van die dans sluit die groepvertolking van die styl en musikale vertolking in 10 Produk wat gemodereer moet word (50 punte): • Met ander saamwerk in ruimte, uitdrukkingsvolle interaksie met ander dansers, sensitiewe saamdans 10 • Vlak van tegniek in die hoofdansvorm op hoogste vlak waartoe die leerders in staat is 10 • Kompleksiteit van beweging wat leerders se hoogste vermoënsvlak toon 10 • Gehalte van dans, musikaliteit (fokus, teenwoordigheid, projeksie, energie, dinamiek) 10 • Bydrae tot die sukses van die groepdans 10 SUBTOTAAL 100 HERLEI NA 25 TOTALE PUNTE 50 GEMODEREERDE PUNT 50 KOMMENTAAR: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 26 DBE/PAT 2016 NSS GRAAD 12 PAT: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR GROEPDANS Vlak 7 UITSTAANDE OPVOERING/DANS: 80–100% • Spanwerk: Volle bywoning/positiewe houding/leierskapsrol • Tegniek: Hoë kompleksiteitsvlakke/uitstekende koördinasie/hoë fiksheidsvlakke • Opvoering-/Dansgehalte: Baie selfvertroue/uitstekende dinamiek/hoogs uitdrukkingsvol • Musikaliteit: Uitdrukkingsvolle, sensitiewe vertolking UITSTAANDE GESKREWE VERSLAE: • Finansiële beplanning: Realistiese innoverende fondsinsamelingsmetodes • DRIE loopbane: Uitstekende begrip van omvang, vooruitsigte, opleiding benodig, opleiding verskaf • Bemarkingstrategie: Innoverend/Kreatiewe bemarkingsontwerp • Toon insigryke begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Kan die styl en genre van die dans betekenisvol ontleed. Kan eerlik oor eie rol in die proses besin. Vlak 6 VERDIENSTELIKE OPVOERING/DANS: 70–79% • Spanwerk: Volle bywoning/positiewe houding/leierskapsrol by tye • Tegniek: Sommige kompleksiteitsvlakke/goeie koördinasie/goeie fiksheidsvlakke • Opvoering-/Dansgehalte: Selfvertroue/dinamiek plek-plek gebruik/uitdrukkingsvol • Musikaliteit: Beweging aan musiek toegewy VERDIENSTELIKE GESKREWE VERSLAE: • Finansiële beplanning: Realistiese fondsinsamelingsmetodes • DRIE loopbane: Goeie begrip van omvang, vooruitsigte, opleiding benodig, opleiding verskaf • Bemarkingstrategie: Bemarkingsontwerp sou 'n gehoor aantrek/lok • Toon goeie begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Kan die styl en genre van die dans ontleed. Kan oor eie rol in die proses besin. Vlak 5 WESENLIKE OPVOERING/DANS: 60–69% • Spanwerk: Die meeste klasse bygewoon/positiewe houding • Tegniek: Middelmatige kompleksiteitsvlakke/koördinasie getoon/middelmatige fiksheidsvlakke • Opvoering-/Dansgehalte: Selfvertroue getoon • Musikaliteit: Bewegings is op die maat van die musiek WESENLIKE GESKREWE VERSLAE: • Finansiële beplanning: Basiese begrip van fondsinsameling • DRIE loopbane: Basiese begrip van omvang, vooruitsigte, opleiding benodig, opleiding verskaf • Bemarkingstrategie: Basiese bemarkingsontwerp • Toon begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Toon begrip van die styl en genre van die dans. Kan plek-plek oor eie rol in die proses besin. Vlak 4 VOLDOENDE OPVOERING/DANS: 50–59% • Spanwerk: Die meeste/'n Paar klasse bygewoon/soms 'n positiewe houding. • Tegniek: Beperkte kompleksiteitsvlakke/basiese koördinasie getoon/basiese fiksheidsvlakke • Opvoering-/Dansgehalte: Plek-plek selfvertroue getoon • Musikaliteit: Pas bewegings by musiek VOLDOENDE GESKREWE VERSLAE: • Finansiële beplanning: Beperkte/Onrealistiese begrip van fondsinsameling • DRIE loopbane: Basiese begrip van sommige aspekte • Bemarkingstrategie: Beperkte begrip van bemarkingsontwerp • Toon 'n bietjie begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Toon beperkte begrip van die styl en genre van die dans. Beperkte besinning oor eie rol in die proses. Vlak 3 MIDDELMATIGE OPVOERING/DANS: 40–49% • Spanwerk: Beperkte bywoning/interaksie met groep • Tegniek: Beperkte danswoordeskat/koördinasie/ fiksheidsvlakke • Opvoering-/Dansgehalte: Gebrek aan selfvertroue • Musikaliteit: Beperkte vermoë om bewegings by musiek te pas MIDDELMATIGE GESKREWE VERSLAE: • Finansiële beplanning: Voltooi maar nie goed deurdink nie • DRIE loopbane: Beperkte begrip • Bemarkingstrategie: Voltooi maar nie goed deurdink nie • Toon min begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Onrealistiese besinning oor eie rol in die proses. Vlak 2 ELEMENTÊRE OPVOERING/DANS: 30–39% • Spanwerk: Minimale bywoning/interaksie met groep • Tegniek: Baie basiese danswoordeskat • Opvoering-/Dansgehalte: Geen selfvertroue nie • Musikaliteit: Steun op ander dansers ELEMENTÊRE GESKREWE VERSLAE: • Finansiële beplanning: Verstaan nie die konsep nie • DRIE loopbane: Beperkte/Geen begrip/Nie een van die drie voltooi nie • Bemarkingstrategie: Kan nie die konsep verstaan nie • Toon vae begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Vae besinning oor eie rol in die proses. Vlak 1 OPVOERING/DANS NIE BEHAAL NIE: 1–29% • Spanwerk: Swak bywoning/geen interaksie met groep nie • Tegniek: Nie getoon nie • Opvoering-/Dansgehalte: Ken nie die dans nie • Musikaliteit: Steun op ander dansers GESKREWE VERSLAG NIE BEHAAL NIE: • Finansiële beplanning: Verstaan nie die konsep nie/nie ingelewer nie • DRIE loopbane: Geen begrip nie/Nie een van die drie voltooi nie • Bemarkingstrategie: Geen vermoë om te ontwerp nie/nie ongelewer nie • Toon minimale/geen begrip van die dansbeginsels/-kenmerke nie. Kan nie oor eie rol in die proses besin nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 27 DBE/PAT 2016 NSS 4. RIGLYNE/INSTRUKSIES VIR DIE LEERDER 4.1 DIE ASSESSERINGSPROGRAM VIR GRAAD 12 BESTAAN UIT DIE VOLGENDE: • Skoolgebaseerde assessering (SGA), interne toetse en eksamens 25% van die punte • Praktiese assesseringstake (PAT'e) 25% van die punte • Finale eksterne eksamen 50% van die punte Een uur per week op die skoolrooster moet in kwartaal 1 en kwartaal 2 aan die PAT'e gewy word. Jy sal moontlik na skool of gedurende pouses moet oefen om jou PAT'e te verfyn en te vervolmaak. Jou onderwyser sal jou deur elke stap van die PAT'e lei. Jy mag nie die PAT'e op jou eie voltooi nie. Punte sal vir die finale opvoering/dans van jou PAT'e toegeken word asook vir die voorbereidingsproses van die PAT'e in die kwartaal. Die gewigswaarde van die PAT'e is prakties 50% en teorie 50%. 4.2 DOEL EN VOORDELE VAN DIE PRAKTIESE ASSESSERINGS- TAKE Die praktiese assesseringstake (PAT'e) gee jou die geleentheid om jou kennis in 'n outentieke opvoering-/danskonteks toe te pas. Die voordele van die graad 12-PAT'e: • Toepas van danstegnieke wat in die klas geleer is op die groepdans en choreografie • Ontwikkel jou tegniek en opvoering-/dansvaardighede in die groepdans as voorbereiding vir die finale praktiese eksamen (klaswerk en solo) • Oefen improvisasievaardighede • Ervaar leierskaps- en ander bestuursrolle om hoë kognitiewe vaardighede te ontwikkel • Ervaar loopbaanrolle verwant aan die dansbedryf • Gemoeid met lees en skryf oor dans wat jou begrip daarvan sal ontwikkel en jou vir jou finale teorie-eksamen sal voorberei wat die volgende sal insluit: o Beginsels en kenmerke van jou hoofdansvorm/ vergelyking van verskillende dansvorme o Fiksheidskomponente o Danselemente o Komposisionele elemente en strukture o Musiek vir dans o Opvoering-/Dansruimtes Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 28 DBE/PAT 2016 NSS o Multidissiplinêre kunsvorme en tegnologie o Produksie o Bemarking o Loopbane in dans o Joernaalskryfwerk o Besinning Hierdie PAT'e is 'n noodsaaklike deel van die danskurrikulum wat 25% van jou finale punt werd is. Genoeg tyd en aandag moet daaraan gegee word gedurende die vier uur wat op die skoolrooster daarvoor toegeken is asook gedurende bykomende oefeningtye na skool. 4.3 GESKREWE WERK EN HANDBOEKE Ken 'n spesiale plek in jou werkboek toe vir al die geskrewe werk van die PAT'e, of gebruik 'n aparte joernaal, aangesien jy hierdie inligting gaan nodig hê om vir jou finale teorie-eksamen te studeer. Jou geskrewe werk vir die PAT hoef nie 'n formele netjiese 'projek' te wees nie. Dit moet 'n uitdrukkingsvolle, persoonlike beskrywing van idees en prikkels wees wat jou eie individuele styl, belangstellings en persoonlikheid weerspieël, bv. brein-/ideekaarte, collages van idees, kreatiewe eksperimente, ens. Die geskrewe werk gee insig in die manier waarop jy idees gevorm het, wat jy geleer het en die proses wat tot die finale PAT'e gelei het. Die belangrikste aspek van jou geskrewe werk is jou skryfwerk en besinning eerder as die versierings. Dit vorm deel van jou PAT-punte. Maak seker alle geskrewe take is beskikbaar op die dag waarop jou assesserings plaasvind. Jy moet jou geskrewe werk gereeld aan jou onderwyser voorlê vir terugvoering. Elke leerder moet sy/haar eie handboek hê, aangesien die geskrewe werk as huiswerk gedoen sal word. Die handboek moet saam met die praktiese komponent gebruik word. Jou onderwyser sal jou lei oor hoe om relevante inligting uit handboeke/vanaf die Internet/ander bronne te kry en skryf die inligting in jou eie woorde neer. Dit sal jou vir jou finale geskrewe eksamen voorberei. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 29 DBE/PAT 2016 NSS 4.4 OPDRAG VIR DIE PAT'e Jou onderwyser sal aan die begin van kwartaal 1 en kwartaal 'n gedetailleerde geskrewe opdrag, wat die volgende uiteensit, aan jou verskaf: • Die stappe wat jy in die PAT-proses moet volg • Tye/Voltooiings-/Inleweringsdatums van take • Besonderhede oor geskrewe werk en waar om dit in jou handboek te vind • Voorbeelde van ontwerpe vir bemarkingsidees • Besonderhede in jou handboek om jou met die praktiese komponent te help • Die assesseringskriteria • Die puntestate wat vir jou twee PAT-assesserings gebruik sal word 4.5 VEREISTES VIR DIE AANBIED VAN DIE PAT'e Die choreografie en die groepdans kan in die klas of as 'n openbare opvoering/dans gedoen word. Albei kan by dieselfde openbare opvoering/dans gedoen word, d.i. die leerderchoreografieë en die groepdans(e). Die opvoering/dans kan in 'n formele of informele omgewing plaasvind, bv. in die ateljee of skoolsaal vir die portuurgroep, ouers of vir 'n openbare gehoor. Die produksie- en bemarkingstake vir 'n formele opvoering/dans moet skriftelik wees. 4.6 VERKLARING VAN EGTHEID Daar word van jou verwag om 'n verklaring van egtheid vir jou choreografie-PAT te teken. Enige vorm van plagiaat sal daartoe lei dat die kandidaat 'n nulpunt (0) vir die taak kry. Om die egtheid van jou werk te bewys, moet nie minder as 60% van die twee PAT'e, beide geskrewe en prakties, by die skool onder jou onderwyser se toesig, gedoen word nie. 4.7 SIEKTE/BESERING Indien jy ernstig beseer is of kritiek siek is, sal jou onderwyser die opsies wat vir jou beskikbaar is, bespreek. Dit kan die volgende insluit: • Verskuif die datum van jou PAT na 'n meer geskikte tyd sodat jy kan herstel • Doen 'n navorsingsprojek indien die bogenoemde nie moontlik is nie • Neem kennis dat swangerskap nie 'n siekte of 'n besering is nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 30 DBE/PAT 2016 NSS PAT 1: PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR CHOREOGRAFIE Dit sal uit twee afdelings bestaan: 50 punte. 25 punte = choreografie van 'n groepdans 25 punte = geskrewe afdeling/deel Kontaktyd: Een les per week op die skoolrooster moet aan hierdie PAT gewy word, plus pouses en oefentyd na skool om praktiese en geskrewe werk te dek. Jy sal elke week geskrewe take voltooi wat met jou choreografie te make het en geleidelik 'n joernaal/spesiale bladsy hiervoor in jou werkboek opbou. Maak seker dat jy elke klas bywoon sodat jy nie jou groep of jouself in die steek laat omdat jy dele van hierdie proses gemis het nie. Neem ten volle deel aan die praktiese sessies sodat jy uit ander se idees, kreatiwiteit en energie iets leer. Jy sal ook alles gebruik wat jy in graad 10 en 11, Onderwerp 2 – Improvisasie en Komposisie, geleer het. PAT 2: PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR GROEPDANS Dit sal uit twee afdelings bestaan: 50 punte. 25 punte = groepdans 25 punte = geskrewe afdeling/deel Kontaktyd: Een les per week op die skoolrooster moet aan hierdie PAT gewy word, plus pouses en oefentyd na skool om praktiese en geskrewe werk te dek. Jy sal 'n groepdans opvoer met 'n minimum lengte van drie minute in jou HOOFDANSVORM op die hoogste vlak van kompleksiteit wat jy kan bemeester. Daar moet nie meer as drie tot ses leerders per groep wees nie. Elke leerder sal individueel nagesien word. Die groepdans kan deur jou onderwyser of 'n professionele choreograaf gechoreografeer word of dit kan 'n uittreksel uit 'n professionele danswerk wees. Die vasgestelde solo vir die finale eksamen kan ook in 'n groepdans ontwikkel word. Jy sal elke week geskrewe take voltooi wat met jou choreografie te make het en geleidelik 'n joernaal/spesiale bladsy hiervoor in jou werkboek opbou. Maak seker dat jy elke klas bywoon sodat jy nie jou groep of jouself in die steek laat omdat jy dele van hierdie proses gemis het nie. Neem ten volle deel aand die praktiese sessies sodat jy jou tegniek vir die finale eksamen kan verbeter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 31 DBE/PAT 2016 NSS 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Dance Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Dance Studies

View all