Downloaded from hlayiso.com
DANSSTUDIES
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2017
Hierdie riglyne bestaan uit 32 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task _hlayiso.com_--8c9dc413-0765-4aa4-8852-fdb1036e10a8/v1-473ac2b2cedf6ee82393/card.webp)











View all





Dance Studies PAT GR 12 2017 Afr
Grade 12 Dance Studies practical assessment task from the 2017 (Afrikaans), 32 pages. Read online or get the free PDF download.
Dance Studies · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Practical assessment task, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2017
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 491.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 32
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/PAT 2017
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
1.1 Doel en Voordele van die PAT'e 3
1.2 Gewigstoekenning van die PAT'e 4
1.3 Tydtoekenning 4
1.4 Tydsbestuur 4
2. LYS VAN HULPBRONNE 5
3. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 5
3.1 Idees en Benaderings om 'n Lesplan/Opdrag te Ontwikkel 5
3.2 Geskrewe Komponente 5
3.3 PAT 1: Praktiese Assesseringstaak vir Choreografie 6
Assesseringsinstrument vir Choreografie 11
Assesseringsrubriek vir Choreografie 12
3.4 PAT 2: Praktiese Assesseringstaak vir Groepdans 14
Assesseringsinstrument vir Groepdans 16
Assesseringsrubriek vir Groepdans 17
3.5 Hoe om die PAT'e te Assesseer 18
3.6 Moderering van die PAT'e 18
Modereringstemplaat vir Departementshoofde en Eksterne
Moderators 20
3.7 Dansers met Ernstige Siektes of Beserings 21
3.8 Riglyne vir 'n Navorsingsonderwerp 2017 21
Puntestaat vir Navorsingsopdrag 23
Nasienrubriek vir Navorsingsopdrag 24
3.9 Williams se Taksonomie 25
4. RIGLYNE VIR LEERDERS 26
4.1 Assesseringsprogram vir Graad 12 26
4.2 Doel en Voordele van die PAT'e 26
4.3 Opdrag vir die PAT'e 27
4.4 Vereistes vir die Aanbied van die PAT'e 27
4.5 Geskrewe Werk en Handboeke 27
4.6 Verklaring van Egtheid 28
4.7 Ernstige Siekte of Besering 28
4.8 PAT 1: Praktiese Assesseringstaak vir Choreografie 29
4.9 PAT 2: Praktiese Assesseringstaak vir Groepdans 31
AKRONIEME
KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
VOO Verdere Onderwys en Opleiding
NKV Nasionale Kurrikulumverklaring
NSS Nasionale Senior Sertifikaat
PAT Praktiese Assesseringstaak
AP Assesseringsprogram
SGA Skoolgebaseerde Assessering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/PAT 2017
NSS
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie
vakke is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en
ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak(PAT)-punt is 'n verpligte komponent van die
finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese
komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde
van die jaar.
Die PAT word oor die eerste twee/drie kwartale van die skooljaar
geïmplementeer. Dit bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis
gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir
die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse
of eksamens, geassesseer kan word nie
Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese
assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang.
Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die vak
Dansstudies het TWEE praktiese assesseringstake (PAT'e). Die take
word apart bereken. Riglyne word in hierdie dokument verskaf.
1.1 Doel en Voordele van die PAT'e
Die PAT'e gee leerders 'n geleentheid om hulle kennis in 'n outentieke/ware
opvoeringskonteks toe te pas.
As 'n uitvoerende kunsvorm moet dans nie net in die klaskamer en
eksamenlokaal ervaar word nie, maar ook in produksies op die verhoog, waar
moontlik. Opvoering verhoog die standaard van danstegniek.
Die doel van die geskrewe komponent is om kennis en begrip van die vak as
'n geheel te verdiep en om leerders te leer om style, danswerke en
choreografiestyle te ontleed en interpreteer.
Die PAT'e gee leerders 'n geleentheid om hoërorde-vaardighede soos
kritiese denke, kreatiewe denke en probleemoplossing te versterk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/PAT 2017
NSS
Williams se Taksonomie (sien 3.8 hieronder) kan onderwysers lei om
vaardigheid in kreatiewe denke te onderrig, om laterale denke en proaktiwiteit
aan te moedig, om kreatiwiteit te koester, en om leerders se kreatiewe talente
te ontwikkel, wat na die veranderende uitdagings van die alledaagse lewe
oorgedra kan word.
'Hierdie model word gekenmerk deur vloeiendheid, buigsaamheid,
oorspronklikheid en uitbreiding, wat 'n nuttige raamwerk bied vir die
ontwikkeling van vrae en aktiwiteite wat stimulering en die geleentheid vir
besinning sal bied. Die onderrigstrategieë maak ook die uitdrukking van
persoonlikheidsfaktore soos nuuskierigheid, verbeelding, die neem van
risiko's en kompleksiteit wat as belangrike prosesse vir die uitdrukking van
kreatiwiteit geïdentifiseer is, moontlik.'
– Williams, Frank E. (Desember 1969)
1.2 Gewigstoekenning van die PAT'e
In die Kurrikulum-en-assesseringbeleidsverklaring (KABV) is die PAT'e deel
van die formele assesseringsprogram, maar geskei van die werklike
skoolgebaseerde assessering (SGA). Die PAT'e tel 25% van die finale punt,
in gewigswaarde gelyk aan al die interne toetse en eksamens wat die SGA
opmaak. Hierdie PAT'e is 'n belangrike deel van die Dansstudies-kurrikulum
en moet die tyd en aandag gegee word wat dit verdien.
1.3 Tydtoekenning
• In Dansstudies word 'n minimum van vier lesure per vyfdagweek
toegeken.
• Verder word daar van Dansstudies-leerders verwag om ten minste twee
keer 'n week buite skoolure te oefen en te repeteer.
• In situasies waar daar groot klasse is, mag die tyd wat op die rooster vir
Dansstudies toegeken word, onvoldoende wees om deeglike bestuur
van die PAT'e moontlik te maak.
• Buitemuurse klasse (buite skooltyd) moet gereël word om tyd te laat om
aan danstegniek, teorie, PAT-repetisies of hersiening, ens. te werk.
Leerders kan ook aangemoedig word om naskoolse klasse by privaat
studio's by te woon.
• Oefentyd sal gedurende lang skoolvakansies nodig wees sodat leerders
nie onfiks raak nie.
1.4 Tydbestuur
• Die twee PAT'e kan in enige volgorde gedoen word.
• Een PAT moet in Kwartaal 1 voltooi word.
• Die tweede PAT kan in Kwartaal 2 of 3 gedoen word (sien KABV, bladsy
17).
• Dit word sterk aanbeveel dat geen PAT'e in Kwartaal 3 gedoen word nie,
omdat die proef-/rekordeksamen en finale praktiese eksamens in hierdie
kwartaal plaasvind. Indien dit in Kwartaal 3 gedoen word, moet die PAT'e
voor die aanvang van die finale praktiese eksamens in Augustus
afgehandel word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/PAT 2017
NSS
2. LYS VAN HULPBRONNE
• 'n Lokaal wat die geskikte grootte is met 'n geveerde houtvloer
• Graad 12-Excellent Dance Studies-handboeke vir leerders en
onderwysers
• CD's en musiekinstrumente, musiekstelsel
• Literatuur/Artikels/Handboeke oor dans (boeke, tydskrifte, Internet)
• Toegang tot navorsingsinligting oor onderwerpe wat in die
leerderchoreografieë ondersoek moet word, bv. boeke, tydskrifte,
koerante, Internet
• Naslaanwerke soos Dansstudies: Onderrig van Improvisasie,
Choreografie en Produksie (WKOD 2009)
• Repertoire vir die dansgenre wat gekies is
• Rekwisiete, kostuums, lokaal waar opvoering gaan plaasvind en ander
produksie-elemente, indien beskikbaar, bv. beligting
• Videokamera/Selfoon om die groepdanse en die choreografieë op te
neem
3. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
3.1 Idees en Benaderings om 'n Lesplan/Opdrag te Ontwikkel
• Take moet duidelik uiteengesit word sodat leerders tyd vir leerervarings
het om te demonstreer dat inhoud, begrippe en vaardighede op 'n
diepgaande/betekenisvolle begripsvlak behaal is. Take moet aan leerders
die geleentheid bied om hierdie prestasie op verskillende vermoënsvlakke
te demonstreer.
• Die beplanning van 'n assesseringstaak moet in ag neem hoe lank dit die
leerders sal neem om die PAT te voltooi, hoeveel tyd per week toegeken
moet word om 'n suksesvolle uitkoms te behaal en wanneer beide
afdelings van die PAT geassesseer gaan word.
• Die PAT'e moet nie aan leerders gegee word om op hulle eie, sonder
toesig, buite klastyd te voltooi nie.
• Leerders moet gedetailleerde opdragte vir elke PAT ontvang om die
proses met kontrolepunte en sperdatums te lei om die take te voltooi.
• Gedetailleerde onderrigmetodologieë word in die voorgeskrewe
Dansstudies-handboek – Teacher's Guide – Excellent Dance Studies, vir
graad 10, 11 en 12 gegee.
3.2 Geskrewe Komponente
• Take moet opgestel word om luister, kyk, bespreking, debat, lees en skryf op
verskillende denkvlakke in te sluit (m.a.w. beskrywing, begrip, ontleding,
toepassing, skepping, evaluering, ens.).
• Teorie en praktyk moet geïntegreer word. Leerders se eerste ervaring moet
met hulle liggame wees, wat dan in die geskrewe komponent weergegee
word as 'n diepgaande begrip van wat in die praktiese klas behandel is.
• Relevante bladsye uit die Learner's Excellent Dance Studies-handboek moet
by die lesplanne en leerderopdrag ingesluit word.
• Leerders moet aangemoedig word om dansterminologie te gebruik wat met
elke PAT verband hou.
• Die geskrewe komponent moet 'n persoonlike weergawe/eie ervaring van die
leerders se vordering wees en moet nie slegs 'n herskrywing van dele van die
handboek wees nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/PAT 2017
NSS
3.3 PAT 1: PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR CHOREOGRAFIE
ONDERWERP 2: KABV-dokument, bladsy 32
Voltooi en bied 'n 2–3-minuut-groepdans aan, gebaseer op 'n idee, met
begeleiding (musiek, stem, slaginstrumente of liggaamperkussie), individueel
of met 'n maat gechoreografeer, wat die volgende in aanmerking neem:
• Ontwikkeling van idees vanaf 'n beginpunt deur navorsing, analise en
abstraksie
• Gebruik van produksie-elemente (rekwisiete, kostuums, dekor, musiek of
klank, beligting) in choreografie
• Geskrewe aanbieding in die vorm van 'n joernaal wat beplanning,
voorbereiding, repetisieskedule, choreografie-idees, struktuur, kostuums
en/of grimeringontwerp en selfbesinning weergee
Kontaktyd
Een les 'n week tydens skoolure, saam met pouses en oefentyd na skool,
moet vir hierdie PAT toegeken word en moet praktiese en geskrewe werk
insluit.
Onderriginstruksies
Die KABV-dokument stel voor dat elke leerder individueel of in pare moet
choreografeer. Dit is steeds geldig – Sien Scenario A hieronder.
Baie skole en leerders ervaar egter beduidende beperkings, bv.:
• Onvoldoende tyd om te repeteer
• Gebrek aan spasie om te repeteer
• Gebrek aan beskikbaarheid van dansers
• Gebrek aan konsekwentheid van dansers
• Baie skole het pendelskole geword, wat vervoerprobleme skep waar
leerders dikwels nie na skool kan bly om te repeteer nie
Om hierdie kwelpunte wat 'n onregverdige las op sekere leerders en
onderwysers plaas, op te los, mag die choreografie-PAT in groepe, in klastyd,
onder leiding en toesig van die onderwyser plaasvind. Sien Scenario B
hieronder.
Scenario A
In hierdie scenario kies leerders klasmaats om in hulle choreografie te dans.
Hulle kies hulle eie musiek, reël self hulle repetisies (meestal buite klastyd) en
bied hulle eie, oorspronklike, gechoreografeerde werk aan.
Onderwysers moet leerders monitor en deur hulle choreografieë lei.
Onderwysers moet sommige van die leerders se repetisies bywoon om die
leerders te lei en ook om te verseker dat dit die leerders se eie werk is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/PAT 2017
NSS
Scenario B
In hierdie scenario lewer elke leerder ewe veel tot die choreografie by. Hierdie
alternatiewe proses word hieronder verduidelik.
Die PAT moet in skooltyd voorberei word deur een uur per week op die
skoolrooster te gebruik. Graad 12-leerders sal in klastyd onder die
onderwyser se toesig saam in groepe werk. Addisionele tyd kan tydens
pouses en/of na skool gebruik word.
Groepe moet uit drie tot ses graad 12-leerders bestaan (nie meer nie, om vir
individuele ontwikkeling en deelname voorsiening te maak).
Scenario C
Indien daar slegs een Dansstudies-leerder in graad 12 is, moet hy/sy alleen
choreografeer deur dansers in graad 8–11 of dansers uit sy/haar
portuurgroep van 'n privaat studio te gebruik.
LET WEL: Leerders mag NIE professionele dansers/onderwysers in hulle
choreografieë gebruik nie.
Onderrigwenke
• Ken ten minste agt weke vir hierdie PAT toe. Ten minste vier van die agt
weke moet gebruik word om hierdie PAT te onderrig en moet improvisasie
fasiliteer om met choreografiese strukture, danselemente,
konvensionele/onkonvensionele ruimtes ens. te eksperimenteer en dit te
ondersoek.
• Ten minste vier weke moet toegeken word sodat leerders hierdie PAT
finaal kan skep, saamstel en voltooi.
• Onderwysers moet vooraf vir leerders 'n gedetailleerde opdrag met 'n
oorsig van die proses, vereistes, datums vir voltooiing, nasienkriteria en
die puntestaat gee.
• Onderwysers kan 'n tema/konsep vir die choreografieë verskaf, wat dit vir
leerders moontlik sal maak om vinnig en met selfvertroue te begin werk.
Dit sal onderwysers ook toelaat om spesifieke stimuli te verskaf om
leerders se kreatiwiteit aan te moedig, bv. deur te kyk na YouTube-
video's, foto's, gedigte, tegnologie, onkonvensionele ruimtes, ens.
• Onderwysers begin besprekings rondom hierdie areas om nuuskierigheid
en 'n diepgaande begrip in hierdie deel van komposisie aan te wakker.
• Die opdrag moet leerders aanmoedig om effektief, onafhanklik, krities en
nadenkend te dink.
• Leerders moet gelei word om hulle eie oplossings te vind, eerder as wat
idees op hulle afgedwing word.
• Individualiteit en innovering moet aangemoedig word. Leerders moet
selfversekerde en berekende risiko's neem deur nuwe idees en prosesse
tydens improvisasie te toets sonder vrees vir mislukking.
• Dit word aanbeveel dat onderwysers 'n verskeidenheid musiek beskikbaar
moet hê vir leerders om te kies, omdat hulle dalk nie by die huis tot
geskikte musiek toegang sal hê nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/PAT 2017
NSS
• Onderwysers moet 'n metode ontwikkel om gedurende die kwartaal
bewyse vir die prosespunt te versamel, soos op die puntestaat uiteengesit
word:
o Deelname in die klas, repetisies
o Leierskap, verantwoordelikheid, toewyding, fokus
o Eksperimentering en kreatiewe insette in die komposisie
o Gepaste keuse van musiek/begeleiding – betrokkenheid by die proses
o Spanwerk
Onderrigmetode vir Scenario B
Hieronder is 'n stap-vir-stap-voorbeeld van hoe die onderwyser die
choreografie-PAT kan fasiliteer deur in klastyd met die hele klas te werk en
teorie te integreer deur relevante lees- en skryfhuiswerk te gee. Elke stap is
nie gelykstaande aan een klas nie. Dit kan ook oorvleuel.
Stap 1: Ondersoek, improvisasie
• Lei leerders deur improvisasie om 'n bewegingswoordeskat te skep. Die
beginpunt kan 'n breë idee/woorde/tema wees, of 'n voorgeskrewe werk kan as
inspirasie gebruik word.
• Leerders ondersoek individueel en stel 'n motief of kort frase of twee saam.
• Twee of drie leerders werk saam om hulle motiewe saam te voeg.
• Leerders word gelei om hulle motiewe/frases te ontwikkel deur die gebruik van
ruimte, tyd en krag te varieer (bv. tempo, ritme, rigtings, vlakke en dinamiek,
ruimtedekking, byvoeg van klanke/stemme/liggaamperkussie).
Huiswerk
Lees in die Handboek:
• Bladsy 32–35: Danselemente
• Pages 252–257: Danskomposisie
Skryfwerk:
• Leerders begin hulle eie joernale/spesiale ruimte in hulle werkboeke/taakboeke
om oor die rol van improvisasie in komposisie, danselemente ens. te besin.
Stap 2: Ondersoek, improvisasie, komposisie
• Groepe word geformaliseer (nie minder as drie en nie meer as ses leerders per
groep nie). Hulle werk gelyktydig saam in klastyd, tydens pouse en, waar
moontlik, na skool.
• Deur deurlopende improvisasie en ondersoek begin leerders om besluite en
keuses te maak en vind hulle oorspronklike/kreatiewe maniere om hulle danse
saam te stel.
• Hulle ontwikkel die motiewe verder deur idees, elemente, verwantskappe en
choreografiese strukture soos herhaling, stilte, kontras, simmetrie/asimmetrie,
eenheid, kanon, klimaks, 'tema-en-variasie' of kontak-improvisasie te gebruik.
• Elke leerder in die groep moet 'n geleentheid kry om ander groepslede te
choreografeer, sodat al die lede 'n kans het om tot die finale komposisie by te
dra.
• Onderwysers lei leerders oor hoe om musiek/begeleiding vir hulle komposisies te
kies.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/PAT 2017
NSS
Huiswerk
Lees uit die handboek:
• Bladsy 44–45: Choreografiese strukture en vorme
• Bladsy 46–47: Kies van musiek vir choreografie
• Bladsy 220–221: Werk met verskillende musiekgenres
• Bladsy 258–259: Choreografiese struktuur
Skryfwerk:
• Leerders teken die volgende in hulle joernale aan: komposisiestrukture wat
gebruik is, besinning oor die ondervinding om die dans te verbreed en ontwikkel
en werks-/magsverhoudings in die groep
• Keuse van musiek/begeleiding
Stap 3: Uitbreiding, gee betekenis
Leerders word gelei om te ondersoek hoe om die volgende te doen:
• Kommunikeer met die gehoor
• Besluit op die gebruik van opvoerruimte (konvensioneel of onkonvensioneel)
• Oorweeg ander aspekte, bv. multidissiplinêre kunsvorms en tegnologie,
kostuums, beligting, rekwisiete
Huiswerk
Lees uit die handboek:
• Bladsy 36: Ondersoek onkonvensionele ruimtes
• Bladsy 37–38: Gebruik eie stories
• Bladsy 39: Sosiale kwessies
• Bladsy 40–43: Multidissiplinêre werk/tegnologie
• Bladsy 215–222: Danselemente
Skryfwerk:
• Skryf oor die idees/konsepte wat uit die choreografie voortgespruit het.
• Skryf oor produksie-elemente gekies, soos kostuums, beligting, rekwisiete, ens.
en motiveer die keuses.
Stap 4: Repeteer, verfyn en berei voor vir opvoering
Onderwysers werk met elke groep en lei leerders oor hoe om finale keuses te maak
en die komposisie te verfyn.
Die danse word gerepeteer en afgerond. Elke lid van die groep kry 'n kans om terug
te staan en 'die oog' te wees.
Leerders moet fokus op:
• Musikaliteit
• Kompleksiteit van die danswoordeskat en tegniek
• Duidelikheid van die bedoeling en beweging
• Bewegingsgehalte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/PAT 2017
NSS
Huiswerk
Lees uit die handboek:
• Bladsy 58: Beplanning vir choreografie
• Bladsy 59–60: Een-bladsy-programnota
Skryf:
• Voorbereiding van die een-bladsy-programnota
• Die joernale moet die finale keuses wat vir die komposisie gemaak is, weerspieël
• Besin oor sterk en swak punte
• Vaardighede geleer/met ander saamwerk
Stap 5: Finale assessering
Finale opvoering van die groepkomposisie. Leerders word individueel
geassesseer volgens hulle vermoë om die volgende te demonstreer:
• Deelname aan en bydrae tot die finale komposisie
• Vlak van tegniese vermoëns/kompleksiteit van beweging
• Toegewyde beweging
• Dinamiek
• Vloeiendheid en ratsheid
• Oorgange
• Musikaliteit
• Selfvertroue en konsekwentheid; fokus, teenwoordigheid, projeksie en energie
• Outentiekheid – leerder se eie werk
• Leerders lê hulle joernaal/werkboek en een-bladsy-program voor.
Onderrigwenke vir Scenario B:
• Onderwysers beweeg rond om leerder waar te neem, uit te daag en te help
om hulle choreografieë verder te ontwikkel.
• Onderwysers sal elke leerder se bydrae, moeite en vaardighede deur
waarneming kan assesseer soos wat hy/sy van groep tot groep deur die klas
beweeg. Dit is belangrik om die leerders te ken en te verstaan en hulle
spesifieke sterk punte te ontwikkel.
• Onderwysers moet intree as leerders net agternalopers/meelopers is en nie
ten volle tot hulle groep bydra nie.
• Elke lid van die groep moet 'n geleentheid kry om soms terug te staan om
vordering waar te neem en om relevante terugvoering vir verbetering te gee.
• Onderwysers moet gereeld kritieksessies hou waartydens leerders die PAT
op 'n konstruktiewe manier kan bespreek.
• Groepe moet 'n geleentheid kry om hulle komposisies-in-wording vir die res
van die klas op te voer en vir mekaar konstruktiewe terugvoering te gee. Dit
sal tot die ontwikkeling van dansgeletterdheid bydra.
• Die finale PAT moet voor 'n gehoor/portuurgroep/ander Dansstudies-
leerders opgevoer word, indien moontlik, om leerders 'n geleentheid te gee
om opvoering- en teaterproduksievaardighede te oefen.
• Die geskrewe werk moet nie tot aan die einde van die proses gelaat word
nie, maar moet deur die proses plaasvind. Onderwysers moet werkkaarte
verskaf om die geskrewe komponent te lei.
Die puntestaat op die volgende bladsy moet in die finale assessering gebruik
word.
Die punterubriek wat daarna volg, moet saam met dit gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/PAT 2017
NSS
GRAAD 12: PAT 1: ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR CHOREOGRAFIE
Elke lid van die groep moet individueel geassesseer word.
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN ONDERWYSER:
Moontlike punt
DATUM VAN OPVOERING:
ONDERWYSER SE HANDTEKENING:
DEPARTEMENTSHOOF/MODERATOR SE HAND-
TEKENING EN DATUM:
Nommer van Groep: Lid 1 Lid 2 Lid 3 Lid 4 Lid 5 Lid 6
Titel van Dans:
Geskrewe Werk:
• Die gebruik van danselemente 10
• Die rol van improvisasie in komposisie 10
• Die gebruik van choreografiese strukture 10
• Die proses om musiek/begeleiding, genre, ens. te kies 5
• Besinning oor werks-/magsverhoudings in die groep 10
• Besinning oor die proses, ingeslote wat uit die
choreografie-PAT/eie kreatiewe ontwikkeling geleer is 10
'n Een-bladsy-programnota:
• Sinopsis 10
• Uitleg 10
• Inligting (titel van die werk, choreograaf/
choreograwe, musiek, dansers) 10
Produksie-elemente – bewys van beplanning in die
joernaal/werkboek:
Bv. kostuums, rekwisiete, beligting, enscenering. 10
Die simboliese betekenis OF rede vir gebruik/effekte. 5
SUBTOTAAL 100
HERLEI NA 25
Praktiese Werk
Proses wat deur die onderwyser nagesien moet
word (50 punte):
• Deelname gedurende klasse/repetisies 10
• Leierskap, verantwoordelikheid, toegewydheid,
fokus 10
• Eksperimentering en kreatiewe insette in die
komposisie 15
• Geskikte keuse van begeleiding/musiek 5
• Spanwerk 10
Produk wat gemodereer moet word (50 punte):
• Oorspronklikheid van die komposisie 10
• Gebruik van choreografiese struktuur, styl en
danselemente (ruimte, tyd, krag) 10
• Tegniek 10
• Dansgehalte, musikaliteit 10
• Kompleksiteit van beweging in die komposisie 10
SUBTOTAAL 100
HERLEI NA 25
TOTALE PUNTE 50
GEMODEREERDE PUNT 50
KOMMENTAAR:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 12 DBE/PAT 2017
NSS
GRAAD 12: PAT 1: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR CHOREOGRAFIE
Vlak 7 UITSTAANDE Joernaal:
90–100% • Gedokumenteerde bewys van ontwikkeling van choreografie-idees deur navorsing/eksperimentering/
ondersoek
• Insiggewende besinning oor die choreografiese proses
• Bestuur dansers en repetisies baie goed
• Baie verbeeldingryke denke en ontwerpproses van kostuums, rekwisiete, keuse van musiek
UITSTAANDE Programnota:
• Uitstekende een-bladsy-programnota wat alle kriteria insluit
UITSTAANDE Opvoering:
• Dans het 3 of meer dansers, is ten minste 2 minute lank
• Inspirerend, hoogs verbeeldingryk, oorspronklik, goed gestruktureer
• Gesofistikeerde gebruik van danselemente en -middels, juiste gebruik van produksie-elemente, keuse van
musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums versigtig oordink
• Gebruik komplekse bewegingswoordeskat op paslike wyse
• Die onderwerp word duidelik en skeppend gekommunikeer
• Dansers voer die werk met selfvertroue, energie en op dinamiese wyse op
80–89% UITSTEKENDE Joernaal:
• Baie goeie besinning oor die choreografiese proses
• Bestuur dansers en repetisies goed
• Uitstekende ontwerp van kostuums, rekwisiete, keuse van musiek
UITSTEKENDE Programnota:
• Baie goeie een-bladsy-programnota wat alle kriteria insluit
UITSTEKENDE Opvoering:
• Dans het 3 of meer dansers, is ten minste 2 minute lank
• Verbeeldingryk, oorspronklik, goed gestruktureer
• Baie goeie gebruik van danselemente en -middels, gepaste gebruik van produksie-elemente, baie goeie
keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums
• Gebruik hoëvlak-bewegingswoordeskat op paslike wyse
• Die onderwerp word duidelik gekommunikeer
• Dansers voer die werk met selfvertroue, energie en op dinamiese wyse op
Vlak 6 VERDIENSTELIKE Joernaal:
70–79% • Goeie besinning oor die choreografiese proses
• Bestuur dansers en repetisies goed
• Baie goeie ontwerp van kostuums, rekwisiete, keuse van musiek
VERDIENSTELIKE Programnota:
• Goeie een-bladsy-programnota wat alle kriteria insluit
VERDIENSTELIKE Opvoering:
• Dans het 3 of meer dansers, is ten minste 2 minute lank
• Verbeeldingryk, goed gestruktureer, kreatief
• Goeie gebruik van danselemente en -middele, juiste gebruik van produksie-elemente, goeie keuse van
musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums
• Gebruik 'n goeie bewegingswoordeskat op paslike wyse
• Kommunikeer die onderwerp duidelik
• Dansers voer die werk met selfvertroue, energie en entoesiasme op
Vlak 5 WESENLIKE Joernaal:
60–69% • Choreografiese proses toon besinning
• Bestuur dansers en repetisies
• Goeie ontwerp van kostuums, rekwisiete, keuse van musiek
WESENLIKE Programnota:
• Een-bladsy-programnota wat alle kriteria insluit
WESENLIKE Opvoering:
• Dans het 3 of meer dansers, is ten minste 2 minute lank
• Goed gestruktureer, kreatief
• Duidelike, interessante en gepaste begin en einde, aanvaarbare keuse van musiek/begeleiding/
rekwisiete/kostuums
• Bewegingswoordeskat op paslike wyse gebruik
• Kommunikeer die onderwerp
• Dansers voer die werk met selfvertroue op
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/PAT 2017
NSS
Vlak 4 VOLDOENDE Joernaal:
50–59% • Choreografiese proses toon 'n bietjie besinning
• Bestuur dansers en repetisies met hulp
• Voldoende ontwerp van kostuums, rekwisiete, keuse van musiek
VOLDOENDE Programnota:
• Een-bladsy-programnota wat alle kriteria insluit
VOLDOENDE Opvoering:
• Dans het 3 of meer dansers, is ten minste 2 minute lank
• Beperkte struktuur
• Begin en einde ingesluit, aanvaarbare keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums
• Basiese bewegingswoordeskat gebruik
• Kommunikeer plek-plek die onderwerp
• Dansers voer die werk met selfvertroue op
Vlak 3 MIDDELMATIGE Joernaal:
40–49% • Choreografiese proses toon beperkte besinning
• Sukkel om dansers en repetisies te bestuur
• Minimale ontwerp van kostuums, rekwisiete, keuse van musiek
MIDDELMATIGE Programnota:
• Een-bladsy-programnota sluit nie alle kriteria in nie
MIDDELMATIGE Opvoering:
• Verkeerde getal dansers/verkeerde lengte
• Beperkte struktuur
• Begin en einde ingesluit, beperkte keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums.
• Beperkte bewegingswoordeskat gebruik
• Kommunikeer die onderwerp op vae wyse
• Dansers voer die werk met beperkte selfvertroue op
Vlak 2 ELEMENTÊRE Joernaal:
30–39% • Choreografiese proses toon minimale besinning
• Sukkel om dansers en repetisies te bestuur
• Amper geen ontwerp van kostuums, rekwisiete, keuse van musiek nie
ELEMENTÊRE Programnota:
• Een-bladsy-programnota sluit nie alle kriteria in nie, min moeite gedoen
ELEMENTÊRE Opvoering:
• Verkeerde getal dansers/lengte verkeerd
• Minimale struktuur gebruik
• Begin en einde ingesluit, onvanpaste keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums.
• Beperkte bewegingswoordeskat gebruik
• Onderwerp nie duidelik gekommunikeer nie
• Dansers het nie vertroue in die opvoering nie
Vlak 1 NIE BEHAAL NIE Joernaal:
1–29% • Choreografiese proses toon geen besinning nie
• Kan nie dansers en repetisies bestuur nie
• Geen ontwerp van kostuums, rekwisiete, keuse van musiek nie
NIE BEHAAL NIE Programnota:
• Een-bladsy-programnota sluit nie alle kriteria in nie/geen poging aangewend nie
NIE BEHAAL NIE Opvoering:
• Verkeerde getal dansers/lengte verkeerd
• Beperkte/Geen struktuur nie
• Swak/Geen begin of einde nie, keuse van musiek/begeleiding/rekwisiete/kostuums nie geskik nie/
geen poging aangewend nie
• Bewegingswoordeskat nie gepas nie
• Onderwerp nie gekommunikeer nie
• Dansers onseker/nie genoeg gerepeteer nie. Die choreografie kon geïmproviseer gewees het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/PAT 2017
NSS
3.4 PAT 2: PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR GROEPDANS
ONDERWERP 1 en 2: KABV-dokument, bladsy 32
Openbare opvoering van 'n groepdans om opvoervaardighede te toon, die
kreatiewe of choreografiese idee te kommunikeer, projeksie, vertolking,
uitdrukking, fokus, gebruik van verhoogkonvensies en om saam ander te
dans.
Onderriginstruksies
Die praktiese komponent tel 25 punte.
• Die praktiese komponent van hierdie PAT moet:
o Die tegniek in die hoofdansvorm versterk en ontwikkel, deur komplekse
beweging te inkorporeer en die leerder se hoogste vlak van vermoë ten
toon te stel
o Bewustheid skep van spanwerk in ruimte, patroonvorming en
tydsberekening, ekspressiewe interaksie met ander dansers, sensitiewe
saamwerk
o Die leerders in staat stel om variasies in dinamiek en die opbou van
atmosfeer te vertoon
o Dansgehalte en musikaliteit, fokus, projeksie, teenwoordigheid, energie,
dinamiek, oorgange en uitdrukking verbeter
• Hierdie PAT word in skooltyd voorberei. Addisionele tyd mag tydens
pouses en/of na skool gebruik word.
• Die groepdans moet geleidelik as deel van klaswerk gechoreografeer
word, of 'n klas moet een keer 'n week of module daaraan gewy word.
• Leerders voer 'n groepdans met 'n minimum lengte van drie minute op in
hulle HOOFDANSVORM en op die hoogste vlak van kompleksiteit wat
hulle kan behaal.
• Daar moet nie meer as drie tot ses leerders per groep wees nie.
• Indien daar net een graad 12-Dansstudies-leerder is wat die vak neem,
moet die leerder buite skooltyd die groepdans in 'n privaat studio in die
gekose hoofdansvorm leer. Die res van die groep mag leerders wees wat
nie Dansstudies neem nie, of leerders van ander grade.
• Die groepdans mag deur die onderwyser of 'n professionele choreograaf
gechoreografeer word of mag 'n uittreksel uit 'n professionele danswerk
wees of uit die finale eksamensolo ontwikkel word. Leerders mag nie hulle
eie danse choreografeer nie.
• Die nasienkriteria moet as riglyn gebruik word wanneer hierdie groepdans
gestel word.
• Leerders moet aangemoedig word om die dans deur unieke interpretasie
hulle eie te maak. Dit mag veranderinge aan hulle eie begin en einde
insluit.
• Onderwysers moet leerders nie onderskat nie, maar moet hulle uitdaag,
omdat hulle dikwels die uitdaging aanvaar.
• Leerders oefen saam in hulle groepe of maak beurte om tydens klastyd te
oefen.
• Onderwysers sal elke leerder se bydrae, moeite en vaardighede deur
waarneming kan assesseer.
• Groepe moet 'n geleentheid kry om hulle groepdans vir die res van die
klas op te voer en vir mekaar konstruktiewe terugvoerin teg gee. Dit sal die
ontwikkeling van dansgeletterdheid aanmoedig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 15 DBE/PAT 2017
NSS
• Onderwysers moet 'n metode ontwikkel om bewyse vir die praktiese
prosespunt op die puntestaat te versamel, m.a.w.:
o Deelname in die klas en repetisies
o Leierskap, verantwoordelikheid, toewyding, fokus
o Spanwerk in die groepdans
o Ontwikkeling van die dans om eie begin en einde in te sluit/gebruik van
danselemente/-patrone/groeperings ens.
o Ontwikkeling van die dans om groepinterpretasie van die styl en
musikale interpretasie in te sluit
• Waar moontlik moet die groepdans voor 'n gehoor of portuurgroep in 'n
openbare opvoerruimte opgevoer word. Dit word aanbeveel dat die
groepdans tydens hierdie opvoering geassesseer word, omdat dit dikwels
nodig is om dit meer as een keer te sien sodat die assessering akkuraat
sal wees. Elke leerder word individueel geassesseer.
Die geskrewe komponent, wat individueel voltooi moet word, tel 25
punte.
• Die geskrewe gedeelte van die Groepdans-PAT moet:
o Kennis van die hoofdansvorm verdiep
o Begrip ontwikkel van hoe komponente van fiksheid 'n opvoering
beïnvloed
o Produksiebeplanning insluit en leerders aan loopbane in en verwant
aan die dansbedryf blootstel
o Begroting/Finansiële beplanning vir 'n opvoering insluit
o Bemarking van 'n opvoering insluit
o Leerders voorberei om die teorievraestel aan die einde van die jaar
effektief te beantwoord
• Onderwysers gee vooraf vir leerders 'n gedetailleerde opdrag wat die
proses, vereistes, datums vir voltooiing, nasienkriteria en puntestaat
uiteensit.
• Die geskrewe komponent kan deur gereelde huiswerktake en werktake
gedoen word, of as 'n opstel/projek gegee word en moet die volgende
aspekte insluit:
o Beginsels en kenmerke van die hoofdansvorm
o Finansiële beplanning/begroting vir 'n produksie
o Loopbane in die musiekbedryf
o Gebruik van musiekgenres/-style/-instrumente en hoe dit die groepdans
verbeter
o Gebruik van danselemente in die groepdans
o Besinning oor werks-/magsverhoudings in die groep – sterk punte en
swak punte
o Selfbesinning oor die proses/wat geleer is/hoe tegniek en
kompleksiteit/opvoergehalte verbeter het en hoekom
• Geskrewe werk moet gereeld ingelewer word vir kommentaar oor
verbetering deur die onderwyser – formatiewe assessering.
Die puntestaat op die volgende bladsy moet in die finale assessering gebruik
word.
Die nasienrubriek wat daarop volg, moet saam met dit gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 16 DBE/PAT 2017
NSS
GRAAD 12: PAT 2: ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR GROEPDANS
Elke lid van die groep moet individueel geassesseer word.
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN ONDERWYSER:
Moontlike punt
DATUM VAN OPVOERING:
Lid se naam Lid se naam Lid se naam Lid se naam Lid se naam Lid se naam
ONDERWYSER SE HANDTEKENING:
DEPARTEMENTSHOOF/MODERATOR SE
HANDTEKENING EN DATUM:
Titel van Groepdans:
Geskrewe Werk:
• Finansiële beplanning/begroting vir 'n produksie 10
• Rol/Loopbane in dansbedryf 10
• Beginsels en kenmerke van hoofdansvorm 15
• Gebruik van musiekgenres/-style-/instrumentasie 5
• Gebruik van danselemente 10
• Besinning oor werks-/magsverhoudings in die groep 10
• Selfbesinning oor die proses/wat is geleer/eie kreatiewe
ontwikkeling 10
Ontwerp van 'n bemarkingstrategie
(Bv. plakkaat/strooibiljet/advertensie/uitnodiging/kaartjie):
• Duidelike aanduiding van 'n tema/treffende visuele impak 10
• Kommunikasie van nodige inligting 10
• Kreatiewe aanbieding 10
SUBTOTAAL 100
HERLEI NA 25
Praktiese Werk
Proses deur die onderwyser nagesien (50 punte):
• Deelname gedurende klasse/repetisies 10
• Leierskap, verantwoordelikheid, toegewydheid, fokus 10
• Spanwerk in die groepdans 10
• Ontwikkeling van die dans sluit eie begin/einde/gebruik van
danselemente/patroonwerk/groeperings/ens. in 10
• Ontwikkeling van die dans sluit die groepvertolking van die
styl en musikale vertolking in 10
Produk wat gemodereer moet word (50 punte):
• Met ander saamwerk in ruimte, uitdrukkingsvolle interaksie
met ander dansers, sensitiewe saamdans 10
• Vlak van tegniek in die hoofdansvorm op hoogste vlak
waartoe die leerders in staat is 10
• Kompleksiteit van beweging wat leerders se hoogste
vermoënsvlak ten toon stel 10
• Gehalte van dans, musikaliteit (fokus, teenwoordigheid,
projeksie, energie, dinamiek) 10
• Bydrae tot die sukses van die groepdans 10
SUBTOTAAL 100
HERLEI NA 25
TOTALE PUNTE 50
GEMODEREERDE PUNT 50
KOMMENTAAR:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 17 DBE/PAT 2017
NSS
GRAAD 12 PAT: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR GROEPDANS
Vlak 7 UITSTAANDE OPVOERING/DANS:
80–100% • Spanwerk: Volle bywoning/positiewe houding/leierskapsrol
• Tegniek: Hoë kompleksiteitsvlakke/uitstekende koördinasie/hoë fiksheidsvlakke
• Opvoering-/Dansgehalte: Baie selfvertroue/uitstekende dinamiek/hoogs uitdrukkingsvol
• Musikaliteit: Uitdrukkingsvolle, sensitiewe vertolking
UITSTAANDE GESKREWE VERSLAE:
• Finansiële beplanning: Realistiese innoverende fondsinsamelingsmetodes
• Loopbane: Uitstekende begrip van omvang, vooruitsigte, opleiding benodig, opleiding verskaf
• Bemarkingstrategie: Innoverend/Kreatiewe bemarkingsontwerp
• Toon insigryke begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Kan die styl en genre van die dans betekenisvol ontleed.
Kan eerlik oor eie rol/vaardighede geleer/sukses en uitdagings in die proses besin.
Vlak 6 VERDIENSTELIKE OPVOERING/DANS:
70–79% • Spanwerk: Volle bywoning/positiewe houding/leierskapsrol by tye
• Tegniek: Sommige kompleksiteitsvlakke/goeie koördinasie/goeie fiksheidsvlakke
• Opvoering-/Dansgehalte: Selfvertroue/dinamiek plek-plek gebruik/uitdrukkingsvol
• Musikaliteit: Beweging aan musiek toegewy
VERDIENSTELIKE GESKREWE VERSLAE:
• Finansiële beplanning: Realistiese fondsinsamelingsmetodes
• Loopbane: Goeie begrip van omvang, vooruitsigte, opleiding benodig, opleiding verskaf
• Bemarkingstrategie: Bemarkingsontwerp sou 'n gehoor aantrek/lok
• Toon goeie begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Kan die styl en genre van die dans ontleed.
Kan oor eie rol/vaardighede geleer/sukses en uitdagings in die proses besin.
Vlak 5 WESENLIKE OPVOERING/DANS:
60–69% • Spanwerk: Volle bygewoon/positiewe houding
• Tegniek: Middelmatige kompleksiteitsvlakke/koördinasie getoon/middelmatige fiksheidsvlakke
• Opvoering-/Dansgehalte: Selfvertroue getoon
• Musikaliteit: Bewegings is op die maat van die musiek
WESENLIKE GESKREWE VERSLAE:
• Finansiële beplanning: Basiese begrip van fondsinsameling
• Loopbane: Basiese begrip van omvang, vooruitsigte, opleiding benodig, opleiding verskaf
• Bemarkingstrategie: Basiese bemarkingsontwerp
• Toon begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Toon begrip van die styl en genre van die dans.
Kan oor eie rol/vaardighede geleer/sukses en uitdagings in die proses besin.
Vlak 4 VOLDOENDE OPVOERING/DANS:
50–59% • Spanwerk: Die meeste/'n Paar klasse bygewoon/soms 'n positiewe houding.
• Tegniek: Beperkte kompleksiteitsvlakke/basiese koördinasie getoon/basiese fiksheidsvlakke
• Opvoering-/Dansgehalte: Plek-plek selfvertroue getoon
• Musikaliteit: Pas bewegings by musiek
VOLDOENDE GESKREWE VERSLAE:
• Finansiële beplanning: Beperkte/Onrealistiese begrip van fondsinsameling
• Loopbane: Basiese begrip van sommige aspekte
• Bemarkingstrategie: Beperkte begrip van bemarkingsontwerp
• Toon 'n bietjie begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Toon beperkte begrip van die styl en genre van die dans.
Beperkte besinning oor eie rol/vaardighede geleer/sukses en uitdagings in die proses.
Vlak 3 MIDDELMATIGE OPVOERING/DANS:
40–49% • Spanwerk: Beperkte bywoning/interaksie met groep
• Tegniek: Beperkte danswoordeskat/koördinasie/fiksheidsvlakke
• Opvoering-/Dansgehalte: Gebrek aan selfvertroue
• Musikaliteit: Beperkte vermoë om bewegings by musiek te pas
MIDDELMATIGE GESKREWE VERSLAE:
• Finansiële beplanning: Voltooi maar nie goed deurdink nie
• Loopbane: Beperkte begrip
• Bemarkingstrategie: Voltooi maar nie goed deurdink nie
• Toon min begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Onrealistiese besinning oor eie rol/vaardighede geleer/sukses
en uitdagings in die proses.
Vlak 2 ELEMENTÊRE OPVOERING/DANS:
30–39% • Spanwerk: Minimale bywoning/interaksie met groep
• Tegniek: Baie basiese danswoordeskat
• Opvoering-/Dansgehalte: Geen selfvertroue nie
• Musikaliteit: Steun op ander dansers
ELEMENTÊRE GESKREWE VERSLAE:
• Finansiële beplanning: Verstaan nie die konsep nie
• Loopbane: Beperkte/Geen begrip/Niks voltooi nie
• Bemarkingstrategie: Kan nie die konsep verstaan nie
• Toon vae begrip van die dansbeginsels/-kenmerke. Vae besinning oor eie rol/vaardighede geleer/sukses en
uitdagings in die proses.
Vlak 1 OPVOERING/DANS NIE BEHAAL NIE:
1–29% • Spanwerk: Swak bywoning/geen interaksie met groep nie
• Tegniek: Nie getoon nie
• Opvoering-/Dansgehalte: Ken nie die dans nie
• Musikaliteit: Steun op ander dansers
GESKREWE VERSLAG NIE BEHAAL NIE:
• Minimale begrip of werk nie ingelewer nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 18 DBE/PAT 2017
NSS
3.5 HOE OM DIE PAT'e TE ASSESSEER
Die PAT'e word intern opgestel, intern geassesseer en ekstern gemodereer
(KABV-dokument, bladsy 38).
Die onderwyser monitor die ontwikkeling van die PAT'e gedurende klastyd
en doen die formele assessering saam met 'n portuuronderwyser, waar
moontlik, om 'n objektiewe opinie te vorm.
Die finale PAT-assessering mag tydens 'n openbare opvoering, saam met
ander skole, of in 'n studio-omgewing plaasvind.
Leerders moet vooraf oor die kriteria vir die nasien van die PAT'e ingelig
word.
Assessering moet voorsiening maak vir verskillende tipes leer,
leerprobleme in ag neem, en leerders uitdaag.
Dit is dalk 'n goeie idee om voorlopige punte en korrektiewe leiding vir
aspekte te gee sodat daar gedurende die proses verbeter kan word, maar
die finale punt is die een wat aan die einde van die PAT-taak op die finale
inleweringsdatum voorgelê is.
Geskrewe werk moet deur die kwartaal gelees en gekorrigeer word, daar
moet kommentaar gelewer word en dit moet gedateer en geteken word.
Leerders het deurlopende terugvoering nodig. Geskrewe take moet nie tot
op die nippertjie gelos word nie. Die opdrag moet geskrewe take deur die
kwartaal versprei, en sperdatums vir die inlewering van take aandui.
Afwesigheid/Nie-inlewering van Take
Indien die PAT'e nie voltooi word nie, sal leerders 'n onvolledige punt kry,
wat sal beteken dat hulle nie kan matrikuleer nie.
Let daarop dat swangerskap nie 'n siekte of 'n besering is nie. Swanger
leerders mag toegelaat word om hulle PAT-assessering(s) vroeër of later in
die jaar aan te bied.
Plagiaat
'n Choreografiese werk wat van 'n ander bron gekopieer is, moet 'n punt
van nul ontvang. Leerders moet 'n egtheidsverklaring indien. Onderwysers
moet die hele proses van begin tot einde monitor.
3.6 MODERERING VAN DIE PAT'e
Moderering is noodsaaklik vir gehaltebestuur en moet gereeld plaasvind.
Die modereringstemplaat op bladsy 20 kan vir interne (skool-) moderering
deur die departementshoof en eksterne (provinsiale) moderering gebruik
word.
Eksterne moderering kan gedurende die jaar of saam met die finale
praktiese eksterne eksamen plaasvind. Elke provinsie sal hulle eie
modereringsproses bepaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 19 DBE/PAT 2017
NSS
'n DVD van die choreografie- en groepdans-PAT'e moet saam met die
joernaal/werkboek/taakboek, wat die geskrewe deel bevat, vir eksterne
moderering ingelewer word. Vir die doel van identifikasie tydens
moderering, moet leerders genommer of kleurgekodeer word wanneer hulle
verfilm word.
Kontrolelys vir PAT-vereistes:
• Gedetailleerde lesplan en leerderopdrag vir die PAT-proses wat 'n
oorsig oor die tydsbestek, inhoud, onderrigmetodologieë, bladsye in
leerder- en onderwyserhandboeke en hulpbronne benodig, gee
• Modereringstemplaat voltooi en deur departementshoof geteken
• Assesseringskriteria – nasienrubriek
• Puntestaat – assesseringsinstrumente
• DVD van beide PAT'e
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 20 DBE/PAT 2017
NSS
MODERERINGSTEMPLAAT VIR DEPARTEMENTSHOOFDE EN EKSTERNE
MODERATORS
DANSTUDIES: MODERERING VAN PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
SKOOL:
GRAAD:
ONDERWYSER:
PAT:
DATUM:
MODERATOR/DEPARTEMENTSHOOF – NAAM EN HANDTEKENING:
DIE PAT-OPDRAG/LESPLAN: Instruksies en aktiwiteite of X
Die onderwyser het die volgende inligting verskaf:
• PAT 1 of 2 (besonderhede van die PAT), graad en jaar
• Duidelike stap-vir-stap-proses wat die weeklikse beplanning en tydsbestuur
toon
• Duidelike spertye/datums vir voltooiing van take
• Realistiese verwagtinge vir die spesifieke graad wat met die KABV ooreenkom
• Inspirasie/Idees vir die praktiese afdeling/deel
• Verskeidenheid take ingesluit wat leerders in die geskrewe afdeling/deel
uitdaag
• Bladsyverwysings wat die leerder- en onderwyserhandboeke met take verbind
• Bykomende materiaal/prentjies/webtuistes/PowerPoint-voorleggings/DVD's,
ens. om leerders te lei en te inspireer
• Duidelike assesseringskriteria en puntestate
• Datum vir finale opvoer van die PAT en inlewering van die DVD
DIE PAT-OPDRAG AAN LEERDERS: Instruksies en aktiwiteite
Die volgende aspekte is by die leerderopdrag ingesluit:
• PAT 1 of 2 (besonderhede van die PAT), graad en jaar
• Stap-vir-stap-leiding vir die proses
• Duidelike spertye/datums vir voltooiing van take en tydsbestuur
• Inspirasie/Idees vir die praktiese afdeling/deel
• Verskeidenheid take ingesluit wat leerders in die geskrewe afdeling/deel
uitdaag
• Leerders het kennis, begrip, toepassing, analise, evaluering en
skeppingsprosesse geleer deur die take wat deur die onderwyser vir die PAT
opgestel is
• Bladsyverwysings ten opsigte van die leerder se handboek
• Duidelike assesseringskriteria en puntestaat
• Datum vir finale opvoering/dans van die PAT en DVD en kontrolelys van
vereistes
KOMMENTAAR:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 21 DBE/PAT 2017
NSS
3.7 DANSERS MET ERNSTIGE SIEKTES OF BESERINGS
Indien 'n besering gedurende die skooljaar opgedoen word wat voorkom dat
die leerder sy/haar PAT'e voltooi, sal daar van hom/haar verwag word om die
werk te voltooi sodra hy/sy herstel het.
'n Onlangse mediese sertifikaat, nie ouer as 'n week nie, moet op die datum
van die PAT-assessering by die onderwyser ingedien word.
Indien 'n ernstige siekte of besering opgedoen word voordat die leerder een
of beide PAT'e voltooi het, en indien die leerder waarskynlik nie betyds sal
herstel om dit in die graad 12-jaar te voltooi nie, kan die leerder aansoek
doen om 'n navorsingsprojek te doen in die plek van elke PAT wat gemis is.
In hierdie geval moet die volgende prosedure gevolg word:
• Doen aansoek by die provinsiale Hoof van Onderwys, met 'n
motiveringsbrief van die skoolhoof en die ouers en 'n mediese sertifikaat
wat nie ouer as 'n week is nie, vir toestemming vir vrystelling. Die mediese
sertifikaat moet stawende bewys lewer, soos X-strale/bloedtoetse.
• Die vrystelling sal die leerder in staat stel om 'n mondelinge en geskrewe
navorsingsprojek in die plek van elke PAT gemis, aan te bied.
• Die navorsingsaanbieding en -verslag sal deur 'n eksterne eksaminator/
aangewese moderator/portuuronderwyser/distriksbeampte nagesien word.
• Sien hieronder vir besonderhede van die navorsingsprojek. Die
onderwyser moet vir elke leerder 'n gedetailleerde opdrag gee oor die
proses om te volg.
• Die proses moet deur die onderwyser gemonitor word en tyd vir die proses
moet gedurende die skooldag toegeken word. Dit kan nie tuis sonder
toesig gedoen word nie.
3.8 RIGLYNE VIR 'N NAVORSINGSONDERWERP 2017
• Leerders moet hulle navorsing mondeling en skriftelik aanbied.
• Die nasionale Dansstudies-eksamenpaneel stel elke jaar hierdie
onderwerpe op.
• Die geskrewe navorsing moet 'n minimum van 1 500 woorde wees en mag
illustrasies/PowerPoint-voorleggings/multimedia-voorleggings, ens. insluit.
• 60% van die navorsingopdrag moet onder die toesig van die onderwyser
by die skool gedoen word.
• 'n Verklaring van egtheid, deur die onderwyser en die leerder geteken,
moet voorgelê word. Penalisering vir plagiaat = 0 punte.
Kandidate kan diepgaande navorsing oor EEN van die volgende
dansonderwerpe doen:
• Funksies en waardes van dans in die hedendaagse Suid-Afrikaanse
samelewing.
• 'n Diepgaande studie van die vyf komponente van fiksheid en waarom dit
vir die danser belangrik is
• 'n Diepgaande ontleding van 'n opkomende Suid-Afrikaanse choreograaf
en sy/haar danswerke en hoe sy/haar tot die ontwikkeling van dans in
Suid-Afrika bydra.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 22 DBE/PAT 2017
NSS
Die navorsing moet die volgende insluit:
• Beplanning en uitvoer van die navorsing
• Deeglike kennis en begrip van die onderwerp
• Struktuur van die taak (inleiding van die onderwerp, hoofdeel van die
navorsing, gevolgtrekking)
• Goeie taal-/skryfvaardighede; spesifieke terminologie gebruik
• Visuele aanbieding van inligting
• Mondelinge aanbieding van die navorsing aan die klas/moderator/
eksaminator
• Verwysings sluit 'n minimum van vyf verskillende bronne gebruik, in
Riglyne vir verwysings:
• Verwysings moet tussen hakies aan die einde van die stelling of
aanhaling geplaas word. Die eerste keer wat dit gebruik word, moet dit
volledig uitgeskryf word (sien hieronder). Sluit daarna slegs die van, jaar
en bladsynommer in, bv. (Adshead-Lansdale, 1994, bl. 4).
• Volledige verwysing:
o Naam (van eerste, dan eerste voorletter)
o Jaar
o Boek of bron se naam (gewoonlik onderstreep)
o Plek waar dit uitgegee word (Londen)
o Uitgewer (Routledge)
• Volledig uitgeskryf moet dit soos volg lyk:
Mazo, J. (1977) Prime Movers: The Makers of Modern Dance in
America. New York, Marrow.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 23 DBE/PAT 2017
NSS
PUNTESTAAT VIR NAVORSINGSOPDRAG
DANSSTUDIES: GRAAD 12 NAVORSINGSOPDRAG (LEERDER WAT BESEER/ERNSTIG
SIEK IS)
SKOOL:
NAAM VAN LEERDER:
DATUM:
MODERATOR/EKSAMINATOR:
Noem die PAT wat hierdie navorsingsopdrag vervang: of X
Noem die onderwerp wat vir die navorsingsopdrag gekies is:
Die volgende dokumente moet saam met die navorsingsopdrag
voorgelê word:
• 'n Mediese sertifikaat, wat nie ouer as een week is nie, wat stawende
bewyse bevat soos X-strale/bloedtoetse, ens.
• Geskrewe toestemming van die provinsiale Hoof van Onderwys
• Die leerderopdrag wat die opdragvereistes, soos in die PAT-dokument
vasgestel, uiteensit
• Verklaring van egtheid wat deur die onderwyser en leerder geteken en
gedateer is met die skoolstempel en skoolhoof se handtekening
DIE NAVORSINGOPDRAG: PUNTE
• Struktuur van die navorsing – minimum van 1 500 woorde:
o Inleiding 10
o Hoofdeel van die navorsing 30
o Gevolgtrekking 10
o Verwysings 5
• Logiese en samehangende skryfwerk (die leerder kan 'n argument 20
saamstel)
• Aanbieding van die inligting/gebruik van tegnologie 15
• Vraag-en-antwoord-sessie:
o Kennis van die onderwerp (insig en diepte van begrip word getoon) 10
TOTALE PUNTE: 100
HERLEI NA 50 PUNTE: 50
KOMMENTAAR:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 24 DBE/PAT 2017
NSS
NASIENRUBRIEK VIR NAVORSINGSOPDRAG
Vlak 7 Duidelike bewyse van relevante agtergrondnavorsing wat nougeset en vakkundig
Uitstaande gedoen is. Die verslag is uitstekend georganiseer en aangebied en leesbaar geskryf.
90%–100% Toon 'n uitstekende begrip tydens vraag-en-antwoord-sessie en voldoen aan al die
nasienkriteria en nog meer.
Bedrewe 'n Uitstaande geskrewe verslag en mondelinge aanbieding. Die leerder het 'n
80%–89% gedetailleerde ontleding van die onderwerp aangebied, wat hoëvlak-denke toon en
gedetailleerde navorsing is duidelik in die projek. Toon 'n baie goeie begrip tydens
vraag-en-antwoord-sessie en voldoen aan al die nasienkriteria.
Vlak 6 Sekere kwessies is moontlik oorgesien, maar dit is 'n goed ontwikkelde projek wat
Verdienstelik daarop dui dat die kandidaat diepgaande navorsing oor die onderwerp gedoen het. Die
70%–79% verslag is georganiseerd en volgens 'n hoë standaard geskryf. Toon 'n gemaklike begrip
tydens vraag-en-antwoord-sessie.
Vlak 5 Duidelike aanbieding en organisasie van die verslag. Daar is 'n paar tekens van
Beduidend/ gebreke/tekortkominge, maar die algemene begrip van die onderwerp is goed. Toon
Wesenlik grondige begrip tydens vraag-en-antwoord-sessie.
60%–69%
Vlak 4 Redelik duidelike aanbieding en organisasie van die verslag. Daar is tekens van
Voldoende gebreke/tekortkominge, maar die algemene begrip van die onderwerp is plek-plek
50%–59% gegrond. Vraag-en-antwoord-sessie is hanteer.
Vlak 3 Die kandidaat toon 'n gebrekkige begrip van die metodes en hoe om die werk in die
Matig/Middelmatig verslag te organiseer en aan te bied. Die kandidaat het werk uit 'n bron oorgeskryf met
40%–49% baie min begrip daarvan. Toon tekens van verwarring oor meer komplekse materiaal.
Vraag-en-antwoord-sessie was swak.
Vlak 2 Minimale navorsing is gedek met beperkte begrip van die onderwerp/verslag.
Elementêr Vraag-en-antwoord-sessie toon minimale begrip van die onderwerp.
30%–39%
Vlak 1 Geen navorsing is gedoen om die onderwerp geldig te maak nie. Kandidaat het nie die
Nie behaal nie vraag-en-antwoord-sessie hanteer nie.
0%–29%
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 25 DBE/PAT 2017
NSS
3.9 WILLIAMS SE TAKSONOMIE
Williams se Taksonomie is 'n hiërargiese rangskikking van agt
vaardighede in kreatiewe denke wat deur Frank E. Williams, 'n navorser in
opvoedkundige sielkunde, ontwerp, ontwikkel en nagevors is.
Die eerste vier vlakke is hoofsaaklik kognitief (denke), terwyl die laaste vier
vlakke affektief (emosioneel) van aard is.
Die agt vlakke is:
1. Vloeiendheid: Die skep van baie idees, antwoorde, reaksies,
moontlikhede vir 'n gegewe situasie/probleem.
2. Buigbaarheid (persoonlikheid): Die skep van alternatiewe, variasies,
aanpassings, verskillende idees/oplossings/opsies.
3. Oorspronklikheid: Die skep van nuwe en unieke reaksies/oplossings.
4. Uitbrei/Uitbou: Die uitbreiding, vergroting, verryking of optooiing van
idees om dit vir ander makliker te maak om te verstaan of om dit
interessanter te maak.
5. Neem risiko's: Eksperimentering, probeer nuwe uitdagings.
6. Kompleksiteit: Die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om 'n
gegewe situasie logies te orden en/of om die ontbrekende dele raak te
sien.
7. Nuuskierigheid: Die vermoë om te wonder, te oordink, te bepeins of
kop te krap.
8. Verbeelding: Die vermoë om prentjies in jou gedagtes te bou,
moontlikhede en nuwe dinge te visualiseer of om oor praktiese grense
heen na iets te streef/reik.
Die doel van die taksonomie is om vaardigheid in kreatiewe denke te
onderrig, om laterale denke asook proaktiwiteit aan te moedig, om
kreatiwiteit te koester, en om leerders se kreatiewe talente te ontwikkel, wat
oorgedra kan word na die veranderende uitdagings van die hedendaagse
lewe.
[Bron: www.wikipedia.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 26 DBE/PAT 2017
NSS
4. RIGLYNE VIR LEERDERS
4.1 Assesseringsprogram vir Graad 12
• Skoolgebaseerde assessering (SBA), 25% van die punte
interne toetse en eksamens
• Praktiese assesseringstake (PATs) 25% van die punte
• Finale eksterne eksamen 50% van die punte
Gewigstoekenning vir die PAT'e
In die Kurrikulum-en-assesseringsbeleidverklaring (KABV) is die PAT'e deel
van die formele assesseringsprogram, maar apart van die skoolgebaseerde
assessering (SGA). Die PAT'e tel 25% van die finale punt, in gewigswaarde
gelykstaande aan al die interne toetse en eksamen wat die SGA opmaak.
Hierdie PAT'e is 'n belangrike deel van die Dansstudies-kurrikulum en moet
die tyd en aandag gegun word wat dit verdien.
LET WEL: Die gewigstoekenning van die PAT'e is 50% vir prakties en 50%
vir teorie.
Tydtoekenning
Een uur 'n week moet in Kwartaal 1 en Kwartaal 2 tydens skooltyd aan die
PAT'e toegeken word. Jou onderwyser sal jou deur elke stap van die PAT'e
lei.
Dit mag nodig wees om na skool of tydens pouses te oefen om jou PAT'e af
te rond. Waar moontlik, moet jy na skool klasse bywoon. Oefentyd sal
gedurende lang skoolvakansies nodig wees sodat jy nie onfiks word nie.
4.2 Doel en Voordele van die PAT'e
Die PAT'e gee jou 'n geleentheid om jou kennis in 'n outentieke
opvoerkonteks toe te pas.
Die voordele van die graad 12-PAT'e:
• Pas danstegniek wat in die klas geleer is op die groepdans en
choreografie toe
• Ontwikkel jou tegniek en opvoering-/dansvaardighede in die groepdans
as voorbereiding vir die finale praktiese eksamen (klaswerk en solo)
• Oefen improvisasievaardighede
• Ervaar leierskap- en ander bestuursrolle om hoër kognitiewe vaardighede
te ontwikkel
• Ervaar loopbaanrolle verwant aan die dansbedryf
• Lees en skryf oor dans, wat jou begrip daarvan sal ontwikkel en jou vir
jou finale teorie-eksamen sal voorberei wat die volgende sal insluit:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 27 DBE/PAT 2017
NSS
o Beginsels en kenmerke van jou hoofdansvorm/vergelyking van
verskillende dansvorme
o Fiksheidskomponente
o Danselemente
o Komposisionele elemente en strukture
o Musiek vir dans
o Opvoering-/Dansruimtes
o Multidissiplinêre kunsvorme en tegnologie
o Produksie
o Bemarking
o Loopbane in dans
o Joernaalskryfwerk
o Besinning
4.3 Opdrag vir die PAT'e
Jou onderwyser sal aan die begin van Kwartaal 1 en Kwartaal 2 'n
gedetailleerde geskrewe opdrag, wat die volgende uiteensit, aan jou verskaf:
• Die stappe wat jy in die PAT-proses moet volg
• Tye/Voltooiings-/Inleweringsdatums van take
• Besonderhede oor geskrewe werk en waar om dit in jou handboek te vind
• Voorbeelde van ontwerpe vir bemarkingsidees
• Besonderhede in jou handboek om jou met die praktiese komponent te
help
• Die assesseringskriteria
• Die puntestate wat vir jou twee PAT-assesserings gebruik sal word
4.4 Vereistes vir die Aanbieding van die PAT'e
Die choreografie en die groepdans kan in die klas of as 'n openbare
opvoering/dans gedoen word. Albei kan by dieselfde openbare
opvoering/dans gedoen word, d.i. die leerderchoreografieë en die groepdans.
Die opvoering/dans kan in 'n formele of informele omgewing plaasvind, bv. in
die ateljee of skoolsaal vir die portuurgroep, ouers of vir 'n openbare gehoor.
Die produksie- en bemarkingstake vir 'n formele opvoering/dans moet
skriftelik wees.
Jy sal nie net vir die finale opvoering van jou PAT'e punte ontvang nie, maar
ook vir die proses wat jy gedurende die kwartaal ter voorbereiding van die
PAT'e gevolg het.
4.5 Geskrewe Werk en Handboeke
Ken 'n spesiale plek in jou werkboek toe vir al die geskrewe werk van die
PAT'e, of gebruik 'n aparte joernaal, aangesien jy hierdie inligting gaan nodig
hê om vir jou finale teorie-eksamen te studeer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 28 DBE/PAT 2017
NSS
Jou geskrewe werk vir die PAT hoef nie 'n formele netjiese 'projek' te wees
nie. Dit moet 'n uitdrukkingsvolle, persoonlike beskrywing van idees en
prikkels wees wat jou eie individuele styl, belangstellings en persoonlikheid
weerspieël, bv. brein-/ideekaarte, collages van idees, kreatiewe
eksperimente, ens. Die geskrewe werk gee insig in die manier waarop jy
idees gevorm het, wat jy geleer het en die proses wat tot die finale PAT'e
gelei het. Die belangrikste aspek van jou geskrewe werk is jou skryfwerk en
besinning eerder as die versierings. Dit vorm deel van jou PAT-punte. Maak
seker alle geskrewe take is beskikbaar op die dag waarop jou assesserings
plaasvind. Jy moet jou geskrewe werk gereeld aan jou onderwyser voorlê vir
terugvoering.
Elke leerder moet sy/haar eie handboek hê, aangesien die geskrewe werk
as huiswerk gedoen sal word. Die handboek moet saam met die praktiese
komponent gebruik word. Jou onderwyser sal jou lei oor hoe om relevante
inligting uit handboeke/vanaf die Internet/ander bronne te kry en die inligting
in jou eie woorde te skryf. Dit sal jou vir jou finale geskrewe eksamen
voorberei.
4.6 Verklaring van Egtheid
Daar word van jou verwag om 'n verklaring van egtheid vir jou choreografie-
PAT te teken. Enige vorm van plagiaat sal daartoe lei dat 'n nulpunt vir die
taak gegee word.
Om die egtheid van jou werk te bewys, moet nie minder as 60% van die twee
PAT'e, beide geskrewe en prakties, by die skool onder jou onderwyser se
toesig, gedoen word nie.
4.7 Ernstige Siekte of Besering
Indien jy ernstig beseer is of kritiek siek is, sal jou onderwyser die opsies wat
vir jou beskikbaar is, bespreek. Dit kan die volgende insluit:
• Verskuif die datum van jou PAT na 'n meer geskikte tyd sodat jy kan
herstel
• Doen 'n navorsingsprojek indien die bogenoemde nie moontlik is nie
• Neem kennis dat swangerskap nie 'n siekte of 'n besering is nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 29 DBE/PAT 2017
NSS
4.8 PAT 1: PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR CHOREOGRAFIE
Dit sal uit twee afdelings bestaan = 50 punte
25 punte = choreografie van 'n groepdans
25 punte = geskrewe gedeelte
Instruksies vir leerders:
• Kontaktyd: Een les per week in skooltyd moet vir hierdie PAT toegeken
word, plus pouses en oefentyd na skool, om praktiese en geskrewe werk in
te sluit.
• Jy sal 'n choreografie van 2–3 minute, gebaseer op 'n idee, met
begeleiding (musiek, stem, slaginstrumente of liggaamperkussie) voltooi en
aanbied.
• Jy mag dansers uit jou portuurgroep kies en neem volle
verantwoordelikheid vir jou choreografie of werk aan 'n choreografie in
groepe in klastyd.
• Groepe moet uit drie tot ses graad 12-leerders per groep bestaan (nie meer
nie, om vir individuele ontwikkeling te deelname voorsiening te maak.)
• Indien jy die enigste Dansstudies-leerder in graad 12 is, moet jy alleen
choreografeer en dansers uit graad 8–11 gebruik.
• Jy mag NIE professionele dansers/onderwysers in jou choreografie gebruik
NIE.
• Portuurleerders van privaat studio's mag gebruik word.
• Komposisies kan in enige styl/vermenging van style wees.
• Soos wat jy aan deur die improvisasie- en choreografie-aktiwiteite werk,
maak tyd om in jou eie tyd die relevante gedeeltes in jou handboek te lees.
Dit sal die proses verryk en jou help. Bladsynommers word hieronder
aangedui.
• Jy sal elke week geskrewe take voltooi wat met jou choreografie verband
hou, en geleidelik 'n joernaal/spesiale bladsye in jou Werkboek/Taakboek
opbou.
• Maak seker dat jy elke klas bywoon om te verseker dat jy nie jouself en jou
groep in die steek laat deur dele van die proses te mis nie. Neem ten volle
deel aan die praktiese sessies sodat julle uit mekaar se idees, kreatiwiteit
en energie kan leer.
• Jy kan ook alles wat jy in graad 10 en 11, Onderwerp 2: Improvisasie en
Komposisie geleer het, gebruik.
Jou praktiese komponent moet:
• Bewegingsidees vanaf 'n beginpunt deur analise, improvisasie en
abstraksie ontwikkel
• Bewegingswoordeskat in enige styl/vermenging van style gebruik
• Choreografiestrukture gebruik
• Danselemente gebruik
• Simboliek gebruik
• Die gebruik van produksie-elemente oorweeg (rekwisiete, kostuums, stelle,
musiek of klank, beligting)
• Die gebruik van konvensionele of onkonvensionele dansruimtes oorweeg
(Sien handboek, bladsy 36)
• Die gebruik van tegnologie oorweeg (Sien handboek bladsy 40–43)
• Jou verbeelding gebruik, oorspronklik wees, innoverend wees, risiko's
neem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 30 DBE/PAT 2017
NSS
Die geskrewe komponent moet leeswerk en skryfwerk insluit:
• Jou beplanning/voorbereiding (lees handboek bladsy 58, 252–257)
• Improvisasie-idees en besinning oor hulle waarde in jou proses
• Gebruik van danselemente (lees bladsy 32–35, 215–222) en hoe dit
ingesluit is
• Hoe jy choreografiese strukture (bladsy 44, 45, 258, 259) gebruik en
waarom hulle ingesluit word
• Die proses vir die keuse van musiek/begeleiding wat gebruik word (bladsy
46, 47, 220, 221) om die styl/genre van die musiek in te sluit, asook hoe
dit die choreografie verbeter
• Besinning oor die proses om in te sluit wat uit die choreografie-PAT/eie
kreatiewe ontwikkeling geleer is
• Besinning oor werks-/magsverhoudings in die groep – sterk punte en swak
punte
• Beplanning vir die gebruik van produksie-elemente. Dit hoef nie
werklik gebruik te word nie, maar moet in detail beplan word, om die
simboliese redes vir die keuses van beligting/kostuums/stelle/tegnologie/
verhoog-plasing/rekwisiete ens. in te sluit.
• 'n Een-bladsy-programnota wat insluit: Sinopsis/Uitleg/Inligting (Sien
bladsy 59–60)
Jou proses in die klas sal deur die onderwyser nagesien word, gebaseer
op:
• Deelname tydens klas/repetisies
• Leierskap, verantwoordelikheid, toewysing, fokus
• Eksperimentering en kreatiewe insette in die komposisie
• Gepaste keuse van begeleiding/musiek
• Spanwerk
• Oorspronklikheid van die komposisie
• Gebruik van choreografiestrukture, styl, danselemente
• Tegniek
• Dansgehalte en musikaliteit
• Kompleksiteit van bewegingswoordeskat in die komposisie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 31 DBE/PAT 2017
NSS
4.9 PAT 2: PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR GROEPDANS
Dit sal uit twee afdelings bestaan = 50 punte
25 punte = prakties (groepdans)
25 punte = geskrewe afdeling (joernaalinskrywings, werkblaaie, opstelle)
Instruksies vir leerders:
• Jy moet 'n groepdans met 'n minimum lengte van drie minute in jou
hoofdansvorm opvoer, teen die hoogste vlak van kompleksiteit wat jy kan
behaal.
• Daar moet nie meer as drie tot ses leerders per groep wees nie. Jy sal
individueel geassesseer word.
• Die groepdans moet deur jou onderwyser of 'n professionele choreograaf
gechoreografeer word, of kan 'n uittreksel uit 'n professionele danswerk
wees.
• Die voorgeskrewe solo vir die finale eksamens kan ook tot 'n groepdans
ontwikkel word.
• Jy sal elke week geskrewe take oor jou groepdans voltooi, en geleidelik
'n joernaal/spesiale bladsye in jou werkboek opbou.
• Maak seker dat jy elke klas bywoon om te verseker dat jy nie jou groep in
die steek laat deur dele van hierdie proses te mis nie.
• Neem ten volle deel aan die praktiese sessies sodat jy jou tegniek vir die
finale eksamen verbeter.
Jou groepdans moet:
• Beginsels van jou hoofdansvorm met akkuraatheid toepas
• Jou bewustheid van hoe om met ander in ruimte saam te werk, verbeter
• Ekspressiewe interaksie met ander dansers moontlik maak, en sensitiewe
saamdansvermoëns ontwikkel
• Jou uitdaag en jou tegniek in jou hoofdansvorm verbeter
• Jou dansvermoëns tot jou hoogste vlak ten toon stel
• Jou dansgehalte, fokus, projeksie, teenwoordigheid, energie, dinamiek en
musikaliteit verbeter
Die geskrewe komponent, wat individueel voltooi moet word, moet
insluit:
• Produksiebeplanning (handboek bladsy 142–143)
• Finansiële beplanning/Begroting vir 'n produksie (bladsy 135–136)
• Rol/Loopbane in die dansbedryf (bladsy 136–138/145–158)
• Beginsels en kenmerke van jou hoofdansvorm (bladsy 68–73)
• Beplanning vir bemarkingstrategieë (bladsy 139–142)
• Die gebruik van musiekgenres/-style/-instrumente en hoe dit die
groepdans verbeter
• Gebruik van danselemente in die groepdans (bladsy 255–259)
• Besinning oor werks-/magsverhoudings in die groep – sterk punte en swak
punte
• Selfbesinning oor die proses/wat jy geleer het – hoe het jou tegniek en
opvoeringgehalte verbeter en hoekom
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 32 DBE/PAT 2017
NSS
Jou proses in die klas sal deur die onderwyser nagesien word, gebaseer
op:
• Deelname tydens klasse/repetisies
• Leierskap, verantwoordelikheid, toewysing, fokus
• Spanwerk en bydrae tot die sukses van die groepdans
• Ontwikkeling van die dans om eie interpretasie in te sluit
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Dance Studies.
- Grade 12 Dance Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dance Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Dance Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Dance Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
_hlayiso.com_--8c9dc413-0765-4aa4-8852-fdb1036e10a8/v1-473ac2b2cedf6ee82393/card.webp)
Practical assessment task
Dance Studies PAT GR 12 2020 Bylae Afr (Hersien)

Practical assessment task
Dance Studies PAT GR 12 2016 Afr

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Dance Studies

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper