Skip to content

Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paperDance StudiesGrade 12201710 pages

Grade 12 Dance Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 DANSSTUDIES PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal. 2. AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG (40 punte) AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (60 punte) 3. AFDELING A: Bestaan uit VIER vrae. Let daarop dat jy ʼn keuse het tussen VRAAG 3 en VRAAG 4 in hierdie afdeling. Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word. AFDELING B: Bestaan uit VIER vrae. Let daarop dat jy ʼn keuse het tussen VRAAG 6 en VRAAG 7 in hierdie afdeling. Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word. Beantwoord slegs SES vrae. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Lees elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word. Indien jy gevra word om te verduidelik/uit te wei/beskryf/analiseer/evaluering/vergelyk/bespreek in ʼn vraag, moet jy in volsinne antwoord en soveel detail as moontlik verskaf. EEN-WOORD antwoorde sal NIE aanvaar word NIE. 6. Jy mag rowwe beplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek ʼn streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 7. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:  Slegs in een taal te skryf  Inligting te organiseer en duidelik oor te dra  Die spesifieke formaat te gebruik wat in bepaalde vrae vereis word  Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Beplan jou tyd: Spandeer 60 minute op AFDELING A: 40 punte en spandeer ongeveer 120 minute op AFDELING B: 60 punte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 3 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: OPWARMING/POSTUUR/VEILIGE STREKKING (VERPLIGTEND) 1.1 Die mees belangrikste doel van opwarming in die dansklas is om die liggaam voor te berei vir die werk wat voorlê. Beskryf die beginsels van goeie opwarming en wat dit behoort te behels. (5) 1.2 A B [http://dance magazine.com/news/the seven deadly sins] Verduidelik watter EEN van die twee prente hierbo wys die korrekte dans- postuur en hoe die gebruik van die korrekte danspostuur in die dansklas kan help om beserings te voorkom. (6) 1.3 Strekking is belangrik in die dansklas. Gee VIER faktore hoe om veilig in die dansklas te strek en hoe dit sal help om beserings te voorkom. (4) [15] VRAAG 2: (VERPLIGTEND) KOMPONENTE VAN FIKSHEID/KRAG/ BESERINGS 2.1 Noem enige DRIE komponente van fiksheid wat gedurende ʼn dansklas gebruik word en verduidelik hoe elke komponent jou tydens ʼn eksamen kan help. (6) 2.2 Spierkrag is belangrik in alle areas van dans. Verduidelik hoe om spierkrag in dans te ontwikkel en dit te behou. (5) 2.3 Alle dansers is geneig tot dansverwante beserings. Bespreek hoe die volgende faktore tot dansverwante beserings mag lei: 2.3.1 Uitputting (2) 2.3.2 Landing na ʼn sprong (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017) DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 3 EN VRAAG 4. BEANTWOORD SLEGS EEN VRAAG. VRAAG 3: BESERINGS/BELYNING (KEUSE-VRAAG) 3.1 Besering voorkoming is belangrik vir ʼn danser. Maak ʼn lys van sommige van die groot komplikasies wat ʼn danser na ʼn besering kan hê. (5) 3.2 [http://www.courses.VCU.edu/DANC291-003/unit//.ht] Verduidelik die danser se belyning in die prent hierbo en hoe hierdie tipe belyning die danser se knieë en enkels kan affekteer. (5) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 5 VRAAG 4: AKSIES/SPIERE (KEUSE-VRAAG) 4.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae. [Bron: “The River” van Glenn Allen Sim and Linda Celeste Sims. Foto deur Lois Greenfields. Vergunning: AAADT] 4.1.1 Gee die anatomiese aksie van die man se knieë. (1) 4.1.2 Gee die anatomiese aksie van die man se linker-arm. (1) 4.1.3 Gee die anatomiese aksie van die man se kop. (1) 4.1.4 Gee die anatomiese aksie van die vrou se regtervoet. (1) 4.1.5 Gee die anatomiese aksie van die vrou se arms. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017) 4.2 Gee die name van die volgende: 4.2.1 ʼn Groep spiere voor in die man se bobeen (1) 4.2.2 ʼn Groep spiere agter in die man se bobeen (1) 4.2.3 ʼn Spier wat help met die anatomiese aksie van die man se nek (1) 4.2.4 Die spier verantwoordelik vir die anatomiese aksie van die vrou se regtervoet (1) 4.2.5 Die spier verantwoordelik vir die anatomiese aksie van die vrou se elmboë (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 7 AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: DANSVORMS/KARAKTEREIENSKAPPE/GESKIEDENIS/ LOOPBAAN 5.1 Dansstudies leerlinge bestudeer TWEE dansvorms. Noem en beskryf die karaktereienskappe van enige EEN van jou dansvorms, byvoorbeeld, die bewegings, stappies, styl, musiek, kostuum, wie dit sal opvoer en waar dit opgevoer mag word. (5) 5.2 Noem jou hoof dansvorm en verskaf SES interessante feite oor die geskiedenis van jou hoof dansvorm. (6) 5.3 Verskaf EEN voorbeeld van ʼn moontlike dansloopbaan en bespreek die vereistes wat deur hierdie loopbaan benodig word. (4) [15] JY HET ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 6 EN VRAAG 7. BEANTWOORD SLEGS EEN VRAAG. VRAAG 6: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF – ALVIN AILEY (KEUSE- VRAAG) Skryf ʼn opstel oor die aanbevole internasionale choreograaf Alvin Ailey en sy danswerk Revelations en sluit die volgende in. 6.1 Waar kom die titel van hierdie danswerk vandaan? (1) 6.2 Revelations is in DRIE afdelings verdeel. Noem en beskryf elke afdeling. (9) 6.3 Gee ʼn verduideliking van die kostuums wat in elke afdeling gebruik was. (3) 6.4 Verduidelik die tipe musiek wat in die danswerk gebruik was. (3) 6.5 Verskaf inligting oor die mense wat Ailey se choreografiese styl beïnvloed het en die dansstyl wat in Revelations gebruik was. (10) 6.6 Hoe het hierdie choreograaf sy voorgenome boodskap van die danswerk aan die gehoor deur die gebruik van simboliese bewegings oorgedra? (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017) HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN INTERNASIONALE EN SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE. INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE George Balanchine Appollo/Jewels Alvin Ailey Revelations Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze Christopher Bruce Ghost Dancers Mathew Bourne Swan Lake Pina Bausch Rites of spring William Forsythe In the middle, somewhat elevated Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen Rudi van Dantzig Four Last Songs Jiri Killian Wings of wax/Stamping ground SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen Vincent Mantsoe Gula Matari Alfred Hinkel Last Dance (Bolero)/ Rain in a dead man’s footprints/Cargo/I am cinnamin Sylvia Glasser Tranceformations Gary Gordon Bessie’s Head Mavis Becker Flamenco de Africa Hazel Acosta Blood Wedding Caroline Holden Imagenes Gregory Maqoma Beauty Trilogy/ Skeleton Dry/Four Seasons Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 9 VRAAG 7: SUID-AFRIKAANSE/INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSE-VRAAG) Kies EEN van die SUID-AFRIKAANSE of INTERNASIONALE choreograwe en een van hul DANSWERKE uit die voorgeskrewe lys hierbo. Skryf ʼn resensie en sluit die volgende in: 7.1 Die naam van die choreograaf en danswerk 7.2 Beskryf die agtergrond en invloede wat gelei het tot die ontwikkeling van die danswerk. Sluit in die oorsprong, opleiding en samewerkings (10) 7.3 Brei uit oor die sinopsis/tema/intensie/storie (6) 7.4 Gee ʼn gedetailleerde verduideliking van die kostuum, beligting en stelontwerp (6) 7.5 Verduidelik hoe die musiek in die danswerk gebruik was (4) 7.6 Bespreek die choreograaf se bydrae tot dans in Suid-Afrika (4) [30] VRAAG 8: MUSIEKGENRES/CHOREOGRAFIESE ELEMENTE/ IMPROVISASIE (KEUSE-VRAAG) 8.1 Noem enige TWEE musiek genres en gee ʼn beskrywing van elkeen se musiekstyl. (4) 8.2 Verduidelik hoe dansers/choreograwe gebruik kan maak van die volgende choreografiese elemente in ʼn danswerk: 8.2.1 Tyd − Gee TWEE voorbeelde van hoe dit gebruik kan word (2) 8.2.2 Krag − Gee TWEE voorbeelde van hoe dit gebruik kan word (2) 8.2.3 Ruimte − Gee TWEE voorbeelde van hoe dit gebruik kan word (3) 8.3 Een van jou vriende is bekommerd oor improvisasie gedurende hul praktiese eksamen. Gee jou vriend idees hoe om hoë punte in improvisasie gedurende die eksamen te behaal. (4) [15] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all