Skip to content
Practical assessment task

Dance Studies PAT GR 12 2022 Afr

Grade 12 Dance Studies practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Dance StudiesGrade 12202227 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2022 Hierdie riglyne bestaan uit 27 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/PAT 2022 NSS INHOUD Bladsy 1. INLEIDING 3 2. PAT-NAKOMING MET BETREKKING TOT NSS UITSLAE 4 2.1 PAT-nakoming met betrekking tot NSS-uitslae 4 2.2 PAT-implementering vir Dansstudies 4 2.3 Gestremdheid/siekte/besering 4 2.4 Lys van hulpbronne 4 2.5 Doel/voordele van die PAT 5 3. ONDEWYSERRIGLYNE 5 3.1 Hoe om lesbeplanning te begin 5 3.2 Leiding vir die ontwikkeling van 'n leerderopdrag 6 3.3 Leiding om die PAT te bestuur 7 3.4 Tydraamwerk 7 3.5 Hoe om leerders te lei in die konstruksie van 'n danschoreografie 8 4. ASSESSERING EN MODERERING 8 4.1 Kwartaal 1 PAT-nasieninstrument – Proses 9 4.2 Kwartaal 1 Nasienrubriek – Proses 10 4.3 Kwartaal 2 PAT-nasieninstrument – Produk 12 4.4 Kwartaal 2 Nasienrubriek – Produk 13 5. LEERDERRIGLYNE 14 5.1 Program van assessering vir graad 12 14 5.2 Leerderinstruksies 15 5.3 Tydraamwerk 15 5.4 Uiteensetting van die choreografiese proses 16 5.5 Leerderopdrag 17 5.6 Hulpbronne om die PATROON-tema te inspireer 23 6. ONDERWYSER SE HULPBRONNE OM TE HELP MET ONDERRIG- METODLOGIEË 26 6.1 Improvisasie 26 6.2 Idees om leerders te help om vir die kamera te choreografeer 26 7. GEVOLGTREKKING 27 8. VERWYSINGS 27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/PAT 2022 NSS 1. INLEIDING Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe; Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n skriftelike formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die vak Dansstudies het EEN praktiese assesseringstaak (PAT). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/PAT 2022 NSS 2. PAT-NAKOMING MET BETREKKING TOT NSS-UITSLAE 2.1 PAT-nakoming met betrekking tot NSS-uitslae  Hierdie 2022 PAT-dokument moet in alle provinsies geïmplementeer word deur onderwysers en skole wat graad 12-Dansstudies aanbied.  Die doel van hierdie riglyn is om gedetailleerde instruksies aan onderwysers en leerders te verskaf oor hoe om die PAT-inhoud te administreer en te bestuur om aan KABV-vereistes vir eksterne moderering te voldoen.  Dit is onderwysers se verantwoordelikheid om video-opnames van al die leerders se PATs vir eksterne modereringsdoeleindes te maak. 2.2 PAT-implementering vir Dansstudies  Die PAT is 'n verpligte komponent van die finale graad 12-VOO-bevorderingspunt.  Indien 'n leerder versuim om die PAT te voltooi, sal die leerder aan die einde van die jaar 'n onvoltooide/onvoldoende resultaat kry. KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 PAT-JAARPUNT PAT-PROSES PAT-PRODUK (25%)  30 punte skriftelik  20 punte skriftelik  30 punte prakties  20 punte prakties 100 PUNTE 60 PUNTE 40 PUNTE 2.4 Gestremdheid/Siekte/Besering  'n Leerder met spesiale behoeftes wat aan die begin van hierdie VOO-vak ingeskryf het, sal volgens hulle prestasievermoëns geëksamineer word en daar sal op geen manier teen hulle gediskrimineer word nie.  Dit kan ook toegepas word op 'n liggaamlik geskikte leerder wat gedurende sy/haar graad 12-jaar ernstig siek of beseer word.  Aansoek in hierdie verband moet dan by provinsiale direktorate gedoen word vir enige veranderde status in prestasievermoë met betrekking tot 'n leerder met vorige goeie gesondheid.  Mediese bewyse en getuienis deur 'n professionele persoon moet voorgelê word.  Dit is nie op die skriftelike of deelnamekomponente van die PAT-vereistes van toepassing wees nie, slegs op die finale opvoeringspunt.  Swangerskap word nie as 'n siekte of besering beskou nie. 'n Swanger leerder sal geleentheid kry om haar PAT-assessering voor of ná die geboorte van haar baba te voltooi binne die skooljaar.  Die PAT-komponente kan aangepas word om beseerde leerders die geleentheid te gee om aan die finale opvoering deel te neem, bv. tree op in 'n rolstoel/sit op 'n stoel/ staan/minimale beweging. 2.5 Lys van hulpbronne  Leerderhandboek: Graad 12 Uitstekende Dansstudies  Onderwyser se handboek: Graad 12 Uitstekende Dansstudies – onderrigmetodologieë  CD's, 'n versameling geskikte musiek en musiekinstrumente, klankstelsel  Literatuur/Artikels/Handboeke oor dans (boeke, tydskrifte, die internet)  Toegang tot navorsingsinligting oor onderwerpe wat in die leerderchoreografieë behandel sal word, bv. boeke, tydskrifte, koerante en die internet  Naslaanwerke, soos Dance Studies: Teaching Improvisation, Choreography and Production (WKOD 2009 – beskikbaar by Edumedia, https://www.yumpu.com)  Rekwisiete, kostuums, opvoerruimte en ander produksie-elemente, indien beskikbaar  Selfoon om die proses en produk van die choreografieë op te neem as bewys of om 'n video/film van 'n werk saam te stel.  Gratis redigeerprogram indien die choreografie vir video/film saamgestel word.  Toegang tot die skoolrekenaarkamer/-laboratorium vir navorsing/redigering. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/PAT 2022 NSS 2.5 Doel/Voordele van die PAT  Dit dien om die hoërorde-denke en uitvoervaardighede wat vir die finale geskrewe Vraestel 1 en praktiese Vraestel 2 van die NSS-eksamen benodig word, te versterk.  Dans as 'n uitvoerende kunsvorm moet nie net in die klaskamer en eksamenkamer ervaar word nie, maar ook in produksies op die verhoog, waar moontlik.  Opvoerings verhef die standaard van danstegniek en opvoerkwaliteit.  Dit moedig 'n aktiewe en kritiese benadering tot leer/kennis aan, eerder as masjinale leer van gegewe waarhede (leer uit die kop uit).  Dit leer inhoud, konsepte, vaardighede, bevoegdhede, houdings en waardes – noodsaaklike lewensvaardighede wat in die 21ste eeu benodig word. 3. ONDERWYSERRIGLYNE 3.1 Hoe om lesbeplanning te begin WAAROM onderrig ek dit? HOE gaan ek dit onderrig? WATTER inhoud, vaardighede, ingesteldhede en waardes onderrig ek? Die WAAROM: ● Identifiseer kernwaardes wat by die PAT-beplanning geïnkorporeer moet word: beide lewensvaardighede as opvoervaardighede moet onderrig word (inhoud, konsepte, vaardighede, bevoegdhede, waardes en ingesteldheid/houdings). ● Enige vorm van kreatiwiteit neem tyd om te konseptualiseer. Gehalte denke en eksperimentering het voldoende tyd en leiding van die onderwyser nodig vir leerders om te besef hoe om hul kreatiewe idees te bereik. ● Oorweeg verskillende leerstyle en 'n verskeidenheid onderwys-/onderrigstrategieë sodat alle leerders hul volle potensiaal kan bereik Die HOE: ● Lesbeplanning moet 'n uiteensetting van onderrigmetodologieë, strategieë en leerderaktiwiteite vir elke weeklikse les hê. Die onderwyser se lesplanne moet direk met die leerderopdragte vir die kwartaal ooreenstem. ● Onderwyser- en leerderlesplanne moet die volgende aandui: o Finale assesseringsdatums sodat leerders betyds kan voorberei. o 'n Tydlyn van datums vir afdelings wat voltooi moet word sodat leerders kan byhou en terugvoering kan kry vir verbetering/groei tydens die proses. o Wat die volgorde van die aktiwiteite is en hoe elke aktiwiteit 'n noodsaaklike deel van die boustene vir die voltooiing van die PAT is. Koppel dit aan die finale uiteensetting van die punte (sien puntestaat). o LOOM (leerder- en onderwyserondersteuningsmateriaal) wat inspirerende lees-, kyk-, luistermateriaal asook verwysings na bladsye in die leerderhandboek vir verdere leiding/idees en kennis insluit. Dui aan hoe dit gebruik sal word om persoonlike groei/ontwikkeling van die leerder vir die voltooiing van die PAT te bemagtig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/PAT 2022 NSS o Aanpasbare take wat 'n wye verskeidenheid leerstyle en vermoëns uitdaag. o Hoe wysigings/aanpassings gemaak sal word vir gestremde/beseerde/siek leerders en hoe gewysigde assessering aan die PAT-vereistes/tydraamwerke sal voldoen. o Ingrypingstrategieë om leerders te help om hul doelwitte te bereik. Die WAT: ● 'n Wye reeks improvisasie-aktiwiteite om leerders te lei om gepaste bewegingswoordeskat vir hulle komposisies te skep. ● Verskaf visuele stimuli wat kreatiwiteit, entoesiasme en uitdrukking inboesem. ● Baie leerders is moontlik nie blootgestel aan die kyk na 'n wye verskeidenheid choreografiese werke wat tans in teaters/op YouTube/video, ens. beskikbaar is nie. Vind werke wat verband hou met die PAT wat nuwe/innoverende tendense in choreografie/ die gebruik van dansfusie/produksie-elemente/musiek/begeleiding en tegnologie insluit. ● Vind danswerke wat leerders sal inspireer om hul tegniek, prestasiegehalte en kreatiwiteit te ontwikkel. 3.2 Leiding vir die ontwikkeling van 'n leerderopdrag en onderwyseropdrag Onderwyser se leiding: ● Herhaal die Algemene Doelwitte en Spesifieke Doelwitte van Dansstudies (soos uiteengesit in KABV) en identifiseer gebiede waar oorvleuelende doelwitte by breë beplanning spesifiek vir die PAT geïnkorporeer kan word. ● Lees die riglyne in hierdie dokument asook die KABV vir voltooiing van inhoud vir nakoming. ● Die gewigswaarde van prakties en teorie = 50/50 moet by alle beplanning ingesluit word. ● Skoolroosters moet die korrekte hoeveelheid tyd wat oor twee kwartale aan die PAT toegeken is, aandui. Leerders moet regdeur die proses onder toesig werk en mag nie buite die skoolrooster sonder toesig werk nie. Dit sluit beide die praktiese en geskrewe komponente in wat by die kwartaalbeplanning ingereken moet word. ● Onderwysers is verantwoordelik vir die bestuur van hul leerders na skoolure/gedeelde tyd vir die gebruik van lokale/toerusting, ens. en om hulle veiligheid te verseker, wat beteken onderwysers moet saam met hulle leerders op die perseel wees. ● Onderwysers is verantwoordelik vir die hou bywoningsvan vir alle klasse (tydens skool/ na skool/bykomende tyd) vir alle leerders, asook hul betrokkenheid vir 'n geldige en betroubare proses-/produkpunt. ● Die verfilming van PAT'e moet by die tydraamwerk vir beplanning ingesluit word aangesien dit 'n verpligte vereiste vir moderering is. ● Verwys na die 2020-PAT indien verdere leiding benodig word. Vereistes vir die joernaal: ● Elke leerder moet 'n aangewese joernaal hê vir die geskrewe inhoud van die proses en produk van die PAT. Dit moet nie in die taakboek gedoen word wat vir algemene studiedoeleindes gebruik word nie. ● Onderwysers moet aan die begin van elke kwartaal gedetailleerde leerderoopdragte verskaf wat uiteensit hoe elke les/stap sal vorder en geassesseer word = tydlyn. ● Die leerderopdrag moet vir modereringsdoeleindes en verifikasie van punte in die leerders se joernale geplak word. ● Die geskrewe werk moet 'n persoonlike weergawe/leerder se eie ervarings met betrekking tot die PAT wees en moet nie uit bladsye bestaan wat uit die handboek oorgeskryf word of 'n groeppoging van die klas of portuurgroep wat in 'n groep werk nie. ● Die opdragte moet verwysingsbladsye na die handboek insluit wat relevant vir die PAT is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/PAT 2022 NSS Vereistes vir moderering: ● Leerders moet die nasienkriteria (puntestaat en rubriek) ontvang voordat hulle met die PAT begin om hul beplanning en voorbereiding te lei. ● Onderwysers moet die geskrewe werk gereeld lees en terugvoering vir verbetering gee. Dit moet duidelik wees in die opmerkings oor werk/datums/handtekeninge in die leerderjoernale. ● Onderwysers moet gedurende die klas gereelde terugvoering gee vir verbetering van die praktiese komponente van die PAT. ● Sodra die PAT voltooi is, moet alle leerderjoernale en videobewyse van die proses vir interne HvD/provinsiale/DBE/UMALUSI-moderering beskikbaar wees. ● 'n Afskrif van die onderwysersopdrag waarin verduidelik word hoe vaardighede, ingesteldheid/houdings en waardes onderrig sal word, moet in die leerderopdrag uiteengesit word . 3.3 Leiding om die PAT te bestuur ● In die geval van groot getalle graad 12-dansleerders, het die onderwyser die vryheid om die leerders in groepe van 3–6 leerders te plaas. ● As choreografie in 'n groep plaasvind, verskaf een choreografiese werk met al die lede van die groep wat tot hierdie danswerk bydra. ● Indien daar slegs 1 of 2 graad 12-leerders is, kan dansers in ander grade gebruik word om in die choreografie/danswerk te dans. Die PAT vereis dat leerders 'n groepdans produseer; hulle mag nie 'n solo of duet produseer nie. ● Kwaliteit vs. hoeveelheid. Onderwysers moet leerders lei om die mees relevante materiaal vir hul finale produk te kies wat tydens hulle beplannings- en improvisasieprosesse ontwikkel is. ● 'n Verklaring van egtheid word van elke leerder vereis waarin verklaar word dat hulle choreografie nie geplagieer is nie. ● Onderwysers moet leerders help deur 'n verskeidenheid musiek vir leerders/groepe te verskaf om uit te kies indien hulle nie daarin slaag om hulle eie musiek te kry nie. Nie alle leerders het toegang tot 'n wye reeks geskikte musiek nie. Onderwysers moet ook help met die finale keuse, verdof, sny en insamel van musiek vir finale assessering en moderering. ● Onderwysers mag die skool Wi-Fi-konnektiwiteit/oorhoofse projektors gebruik wat aan 'n skootrekenaar of selfoon gekoppel is om toegang tot die relevante elektroniese voorbeelde van die inhoud te verkry wat in hierdie dokument verskaf word. 3.4 Tydraamwerk ● Hierdie PAT word in kwartaal 1 en 2 gedoen. Dit moet ongeveer 8 tot 10 weke neem om te voltooi. Een les per week moet op die skoolrooster aan hierdie PAT toegeken word. Dit moet beide die praktiese en geskrewe afdelings insluit. ● Elke groep se choreografie moet 2 tot 3 minute lank wees. ● Bykomende tyd tydens pouses en ná skool mag tussen die onderwyser en die leerders gereël word vir terugvoering en individuele aandag. Dit sal onderwysers in staat stel om groepe te help met enige areas/blokke wat hulle ondervind en om raad oor verbetering te gee. ● Finale assesseringsdatums moet vooraf aan leerders/skole verskaf word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/PAT 2022 NSS 3.5 Hoe om leerders te lei in die konstruksie van 'n danschoreografie ● Om 'n denkproses in 'n konkrete konsep te plaas deur die navorsing/ondersoek van die gekose tema. ● Die gebruik van improvisasie/verkenning/abstraksie/simboliek om 'n relevante bewegings- woordeskat te skep. ● Interpretasie van die gegewe idee/tema/storie in die bewegingwoordeskat. ● Inkorporeer danselemente – ruimte, tyd en krag. ● Kies en inkorporeer toepaslike choreografiese strukture/toestelle. ● Die keuse van musiek vir die werk en hoe dit die werk sal verbeter. ● Kies 'n geskikte opvoerruimte vir die danswerk (konvensioneel/nie-konvensioneel). ● Die ontwerp van produksie-elemente vir die danswerk. Die beplanning vir die gebruik van produksie-elemente deur elke leerder moet nie beperk word tot hul werklike opvoering nie. Leerders moet aangemoedig word om te ontwerp/skep/konseptualiseer wat hulle in 'n produksie met 'n onbeperkte begroting sou gebruik. Relevansie/Simboliek moet ingesluit word oor hoe hierdie elemente die betekenis van die werk sal verbeter. Dit kan aan voorgeskrewe danswerke wat hulle bestudeer, gekoppel word. ● Repetisie en bemeestering van die danswerk vir 'n finale opvoering moet veilige danspraktyk, tegniek en opvoerkwaliteit insluit. ● Ontwerp van 'n een-bladsy-programnota – dit kan in die joernaal of op 'n aparte A4-vel papier of elektronies gedoen word. Dit moet relevansie, betekenis en begrip van 'n sinopsis/bedoeling/idee toon en 'n kreatiewe, insiggewende aanbieding wees. ● Besinning oor hoe die groep gewerk het (interaksies, gee positiewe en negatiewe waarnemings). ● Selfbesinning oor die proses – eie sterk punte/swakhede/groei. 4. ASSESSERING EN MODERERING ● Die nasieninstrumente op bladsy 9 en 12 moet gebruik word om die punte vas te lê vir elke afdeling vereis vir die voltooiing van hierdie PAT. ● Die nasienrubrieke op bladsy 10 en 13 verduidelik die toekenning van punte volgens leerderprestasie (die die beoogde leeruitkomste). ● Die gewigswaarde is 50/50 vir die praktiese en geskrewe inhoud en mag nie aangepas word nie. ● Elke leerder moet individueel nagesien word. Hierdie punte moet hulle bydrae en deelname aan die proses en die finale opvoering/uitkoms van die PAT weerspieël. ● Die proses onthul dikwels meer oor die ware waarde van 'n leerder se deelname/voorbereiding/kennis/eksperimentering/kreatiwiteit wat deur hierdie PAT verkry word as die finale produk wat geproduseer word, so hierdie afdeling moet versigtig deur die onderwyser gemonitor word. ● Die PAT kan as 'n openbare opvoering/skoolopvoering/byeenkoms of in die dansklas gedoen word. Dit kan in 'n konvensionele/nie-konvensionele opvoerruimte opgevoer word. ● Die PAT kan spesifiek vir verfilming gechoreografeer word (indien wel, bly al die vereistes vir voltooiing dieselfde). Leerders word nie filmtegnieke as deel van die kurrikulum geleer nie, dus moet dit nie by die toekenning van punte ingereken word nie. ● Onderwysers is verantwoordelik vir die maak van 'n DVD van elke leerder se choreografie en die insameling van alle joernale/programnotas indien afsonderlik, vir eksterne moderering. ● Nasieninstrumente ('puntestate') met leerders se name, datum van assessering, handtekeninge en punte moet in die onderwyserlêer wees saam met die rubriek wat vir die assessering van die choreografieë gebruik is. ● Gasonderwysers kan genooi word om met die PAT-assesserings te help. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/PAT 2022 NSS 4.1 Kwartaal 1 PAT-proses: Choreografienasieninstrument 2022 NAAM VAN SKOOL: LEERDERNAME NAAM VAN ONDERWYSER(S): ONDEWYSER(S) SE HANDTEKENING(E): TITEL VAN DIE CHOREOGRAFIE: HVD/MODERATOR SE HANDTEKENING: 1. 2. 3. 4. 5. 6. KWARTAAL 1 PROSES: GESKREWE WERK IN JOERNAAL (5–10 BLADSYE) 1. Navorsing oor/Ondersoek na gekose tema/bedoeling/idee om 'n danswerk te konseptualiseer. 2. Verduidelik die gebruik van improvisasie by die ontwikkeling van relevante bewegingswoordeskat/ simboliek. 3. Verduidelik die keuse van musiek/begeleiding en hoe dit die danswerk verbeter het/bygedra het tot die danswerk. 4. Die redes vir die finale keuse van opvoerruimte/film. Die verkenning en gebruik van danselemente en choreografiese strukture. 5. Beplanning van die produksie-elemente en hoe dit die danswerk/simboliek versterk het. 6. Besinning oor groepinteraksie en samewerking. Selfbesinning oor deelname en ontwikkeling. SUBTOTAAL 30 KWARTAAL 1 PROSES: PRAKTIESE ONTWIKKELING VAN PAT IN DIE KLAS 7. Voorbereidheid, toewyding, deelname en bydrae tot 'n groepdans. 8. Improvisasie wat kritiese denke, kreatiwiteit en eksperimentering toon wat van op die gekose tema van toepassing is. 9. Eksperimentering met musiek/begeleiding – seleksie om die tema te verbeter. 10. Verkenning van finale opvoeringsaanbieding – produksie-elemente, film/konvensionele/ nie-konvensionele dansruimtes. Eksperimenteer met danselemente en choreografiese elemente/ strukture. 11. Spanwerk (mense en tydsbestuursvaardighede). Leierskap- en organisatoriese vaardighede. 12. Veilige danspraktyk tydens repetisies SUBTOTAAL 30 TOTAAL HOLISTIESE PUNT VAN LEERDERPRESTASIE 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/PAT 2022 NSS 4.2 Kwartaal 1 PAT-proses: Nasienrubrieke (60 PUNTE) KWARTAAL 1 PAT-PROSES-NASIENRUBRIEK VIR GESKREWE WERK IN JOERNAAL – 30 PUNTE HOOG (21–30) MEDIUM (9–20) LAAG (0–8) 1. Navorsing/Ondersoek: Navorsing/Ondersoek: Navorsing/Ondersoek: Konseptualisering van Aanpassing van denkprosesse Begeleide reaksie op denkprosesse deur middel deur middel van navorsing/ondersoek na 'n van navorsing/ondersoek na navorsing/ondersoek na 'n konsep vir 'n danswerk. 'n konkrete konsep vir 'n konsep vir 'n danswerk. danswerk. 2. Improvisasie: Improvisasie: Improvisasie: Ontleding van improvisasie- Verduideliking van Noem/Maak 'n lys van strategieë om nuwe improvisasiestrategieë om nuwe improvisasiestrategieë om bewegingswoordeskat/ bewegingswoordeskat deur beweging te ontwikkel. oorspronklike idees te eksperimentering te ontwikkel. ontwikkel deur eksperimentering en abstraksie van beweging. 3. Musiek/Begeleiding: Musiek/Begeleiding: Musiek/Begeleiding: Evaluering van hoe Verduideliking van hoe musiek/ Identifikasie van musiek/ musiek/begeleiding gekies is begeleiding gekies is en hoe dit begeleiding wat vir die danswerk – proses/redes en hoe dit die die danswerk verbeter het. gebruik is. danswerk verbeter het. 4. Opvoerruimte/film/dans- Opvoerruimte/film/dans- Opvoerruimte/film/dans- elemente/choreografiese elemente/choreografiese elemente/choreografiese strukture: strukture: strukture: Integreer die keuse van die Verduidelik die keuse van die Beskryf/identifiseer die keuse opvoerruimte/film/elemente opvoerruimte/film/elemente en van die opvoerruimte/film/ deur middel van ondersoek/ hoe dit in die danswerk elemente om in die danswerk eksperimentering oor geïnkorporeer/gebruik sou word. gebruik te word. hoe dit geïnkorporeer/ gebruik sou word om die danswerk te verbeter. 5. Produksiebeplanning: Produksiebeplanning: Produksiebeplanning: Skep 'n samehangende plan Toon kennis van produksie- Identifiseer produksie-elemente om alle produksiegebiede te elemente en hoe om dit by die wat in die danswerk gebruik kan inkorporeer en hoe dit die danswerk in te sluit. word. bedoelde danswerk/simboliek sal verbeter. 6. Besinning oor groep/self: Besinning oor groep/self: Besinning oor groep/self: Evalueer sterk en swak Beskryf sterk en swak punte/ Noem sterk en swak punte punte/magsverhoudings/leier- spanwerk/insette/voorbereidheid/ tydens die skep van 'n danswerk. skaprolle/spanwerk/insette/ toewyding en kan areas vir voorbereidheid/toewyding en verbetering in die danswerk kan areas vir verbetering in identifiseer. die ontwikkeling van die danswerk aanbeveel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/PAT 2022 NSS KWARTAAL 1 PAT-NASIENRUBRIEK VIR PRAKTIESE PROSES GEDURENDE KLAS – 30 PUNTE HOOG (21–30) MEDIUM (9–20) LAAG (0–8) 7. Improvisasie: Improvisasie: Improvisasie: Artikulasie van Eksperimenteer met verskeie Begeleide reaksie op veelvuldige/kreatiewe improvisasiestrategieë om 'n improvisasiestrategieë om 'n improvisasiestrategieë om bewegingswoordeskat vir die bewegingswoordeskat vir die relevante bewegings- danswerk te ontwikkel. danswerk te ontwikkel. woordeskat vir die danswerk te ontwikkel. 8. Musiek/Begeleiding: Musiek/Begeleiding: Musiek/Begeleiding: Interpretasie en verkenning Eksperimenteer met die gekose Onentoesiasties om die gekose van die gekose musiek/ musiek/begeleiding om die musiek/begeleiding vir die begeleiding om musikaliteit danswerk te ontwikkel. danswerk te verken. en opvoerkwaliteit te ontwikkel. 9. Finale opvoerings- Finale opvoeringsaanbieding: Finale opvoeringsaanbieding: aanbieding: Ingeligte keuse van geskikte Begeleide reaksie by die keuse Kreatiewe keuse van idees om die bedoeling/ van idees vir die danswerk. geskikte idees om die idee/tema van die danswerk uit bedoeling/idee/tema uit te te druk. druk wat 'n diep begrip van komposisie toon. 10. Spanwerk, leierskap en Spanwerk, leierskap en Spanwerk, leierskap en organisatoriese organisatoriese vaardighede: organisatoriese vaardighede: vaardighede: Dra by tot die algehele sukses Volg groeplede en sukkel om by Samewerking met groeplede van die danswerk deur deelname te dra tot die algehele sukses en dra ten volle by tot die en samewerking met groeplede. van die danswerk. algehele sukses van die danswerk deur probleme te bestuur en uitstekende organisatoriese vaardighede. 11. Veilige danspraktyke: Veilige danspraktyke: Veilige danspraktyke: Toepassing van veilige Begrip van veilige praktyke wat Onbewus van veilige praktyke wat in teorie tydens in teorie aangeleer is, benodig praktyke wat in teorie repetisies en optredes leiding tydens repetisies en aangeleer is, het tydens aangeleer is. optredes. repetisies en optredes toesig nodig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 12 DBE/PAT 2022 NSS 4.3 Kwartaal 2 PAT-produk: Choreografie-nasieninstrument 2022 NAAM VAN SKOOL: LEERDERSNAME NAAM VAN ONDERWYSER(S): ONDERWYSER(S) SE HANDTEKENING(E): TITEL VAN DIE CHOREOGRAFIE: HVD/MODERATOR SE HANDTEKENING: 1. 2. 3. 4. 5. 6. KWARTAAL 2 PRODUK: EEN A4-BLADSY-PROGRAMNOTA 1. Oorsig/Bedoeling/Idee/Tema en titel van die danswerk 2. Inligting: choreograaf/dansers/musiek 3. Uitleg/Formaat en aanbieding – kreatiwiteit, ontwerpelemente en aandag aan detail 4. Algehele indruk: Programnota toon begrip van ontwerpbeginsels SUBTOTAAL 20 KWARTAAL 2 PRODUK: FINALE DANSVERTONING 5. Bewegingswoordeskat wat simbolies gebruik word, beeld die oorsig/bedoeling/tema met duidelikheid en insig uit. 6. Die gebruik van opvoerruimte/produksie-elemente om die tema/bedoeling te versterk. 7. Die gebruik van dans- en choreografiese elemente – kreatiwiteit en relevansie vir die oorsig/bedoeling/tema. 8. Algehele indruk van opvoerkwaliteit, die kompleksiteit van bewegings, toewyding, fokus en spanwerk. SUBTOTAAL 20 TOTALE HOLISTIESE PUNT VAN LEERDERPRESTASIE 40 TOTALE PUNTE 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 13 DBE/PAT 2022 NSS 4.4 Kwartaal 2 PAT-produk: Choreografierubriek 2022 (40 PUNTE) KWARTAAL 2 PAT NASIENRUBRIEK VIR EEN-BLADSY PROGRAMNOTA – 20 PUNTE HOOG (15–20) MEDIUM (7–14) LAAG (0–6) 1. Oorsig/Bedoeling/Tema/ Oorsig/Bedoeling/Tema/Titel: Oorsig/Bedoeling/Tema/Titel: Titel: Verduideliking van 'n Algemene opsomming en titel Konseptualisering van 'n opsomming en keuse van 'n titel met minimale relevansie vir die opsomming en titel wat vir wat vir die finale danswerk finale danswerk. die finale danswerk relevant relevant is. is. 2. Inligting: Inligting: Inligting: Erkenning van alle Noem sommige van die Beperkte begrip van die noem/ relevante deelnemers/ deelnemers/musiek/begeleiding erkenning van deelnemers/ musiek/begeleiding in die in die danswerk. musiek/begeleiding in die danswerk. danswerk. 3. Uitleg: Uitleg: Uitleg: Kreatiewe program met Goed ontwerpte program met Beperkte programontwerp met aandag aan detail. aandag aan detail. minimale aandag aan detail. 4. Algehele indruk: Algehele indruk: Algehele indruk: Ontwikkelde begrip in alle Algemene begrip van hoe om 'n Beperkte begrip van hoe om 'n aspekte van hoe om 'n danswerk op skrif aan te bied. danswerk skriftelik aan te bied. danswerk skriftelik aan te bied. KWARTAAL 2 PAT-NASIENRUBRIEK VIR FINALE DANSWERK – 20 PUNTE HOOG (15–20) MEDIUM (7–14) LAAG (0–6) 5. Bewegingswoordeskat: Bewegingswoordeskat Bewegingswoordeskat: Gekonseptualiseer om die Ontwikkel om die Reproduseer bekende sinopsis/bedoeling/tema oorsig/bedoeling/tema wat by bewegings wat nie die simbolies met duidelikheid die danswerk pas, uit te beeld. oorsig/bedoeling/tema van die en insig in die danswerk uit danswerk uitbeeld nie. te beeld. 6. Opvoerruimte/Produksie- Opvoerruimte/Produksie- Opvoerruimte/Produksie- elemente: elemente: elemente: Kreatiewe gebruik van Deurdagte gebruik van ruimte Algemene gebruik van ruimte ruimte en produksie - en produksie -elemente wat en produksie -elemente wat nie elemente wat die tema en relevant is vir die tema en relevant is vir die tema en bedoeling van die danswerk bedoeling van die danswerk bedoeling van die danswerk nie. duidelik verbeter 7. Choreografiese en Choreografiese en Choreografiese en danselemente: danselemente danselemente Ontwikkelde begrip van hoe Begrip van hoe om ruimte, tyd Algemene gebruik van ruimte, om ruimte, tyd en krag en krag sinvol in die danswerk tyd en krag in die danswerk. kreatief en betekenisvol in te gebruik. die danswerk te gebruik. 8. Algehele prestasie: Algehele prestasie: Algehele prestasie: Genaturaliseerde optrede Presiese opvoering/optrede Optrede nie genoeg geoefen deur die groep wat aandag deur die groep wat deur die groep nie wat beperkte gee aan detail, akkuraatheid, fokus, projeksie, opvoerkwaliteit in die danswerk akkuraatheid, fokus, toewyding en opvoerkwaliteit in toon. projeksie, toewyding en die danswerk toon. opvoerkwaliteit gedurende die danswerk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 14 DBE/PAT 2022 NSS 5. LEERDERRIGLYNE As 'n leerder in die 21ste eeu, streef ek na … [Bron: https://theartofeducation.edu/2017/01/12/63288/] 5.1 Program van assessering vir graad 12 SGA = 25% PAT = 25% FINALE EKSAMEN = 50% Geskrewe Eksamen 100 PUNTE 100 PUNTE 100 PUNTE (150 herlei na 100) + Praktiese Eksamen 100 PUNTE = 200 PUNTE (SUMMATIEWE) (FORMATIEWE) (FORMATIEWE) 100 (SGA) + 100 (PAT) + 200 (FINALE EKSAMEN) = 400 ● Die praktiese assesseringstaak (PAT) tel 25% (100 punte) van jou finale graad 12-punte en is verpligtend vir alle kandidate. ● Hierdie PAT sal oor twee kwartale ontwikkel word: KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 PAT-TOTAAL PAT-PROSES PAT-PRODUK 25% van die jaarpunt Prakties: 30 punte Prakties: 20 punte + + 100 PUNTE Geskrewe: 30 punte Geskrewe: 20 punte 60 PUNTE 40 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 15 DBE/PAT 2022 NSS ● In kwartaal 1 sal jou proses geassesseer word en in kwartaal 2 sal jou finale produk geassesseer word. ● Die PAT bestaan uit 50 punte vir die praktiese komponent en 50 punte vir die geskrewe komponent. ● Versuim om die PAT te voltooi, sal 'n onvolledige/onvoltooide jaarpunt tot gevolg hê. 5.2 Leerderinstruksies ● Daar word van jou vereis om 'n aparte choreografiejoernaal te hou om jou PAT-proses van begin tot einde te dokumenteer. ● 'n Afskrif van jou PAT-opdrag sal deur jou onderwyser verskaf word. Hierdie opdrag moet by jou joernaal ingesluit word. ● Jou onderwyser sal die nasieninstrumente en -rubrieke wat jy nodig het om die PAT suksesvol te voltooi, verskaf. ● Jy kan op jou eie of in groepe van 3–6 in jou dansklas werk om 'n 2-tot-3-minuut-groep- choreografie te voltooi. Jy mag in jou eie choreografie optree. ● Indien daar in 'n groep gewerk word, moet elke groepslid ten volle deelneem aan die proses om 'n idee vanaf die beginstadium tot die finale produksie van 'n voltooide werk te ontwikkel. ● Die PAT kan spesifiek vir die kamera gechoreografeer word (indien wel, bly al die vereistes vir voltooiing dieselfde). ● Jy moet 'n getekende verklaring van egtheid by jou joernaal insluit as bewys dat die werk jou eie is. Plagiaat sal nie aanvaar word nie en sal 'n nulpunt tot gevolg hê. ● Hierdie PAT sal jou vermoë toets om as 'n span saam te werk en leierskapseienskappe en inisiatief te toon. As 'n groep en individueel sal daar van jou verwag word om saam te werk, te kommunikeer en probleme op te los. ● Die PAT kan as 'n openbare optrede/skoolopvoering/byeenkoms/in die dansklas/aanlyn gedoen word. 5.3 Tydraamwerk ● Die PAT moet gedurende die eerste twee kwartale van die skooljaar voltooi word. ● Die PAT moet ongeveer 8–10 weke neem om te voltooi. Een les per week gedurende skooltyd moet aan jou toegeken word. ● Jy sal elke week ekstra tyd moet bestee as jy jou begrip van improvisasie en choreografie wil verdiep en 'n betekenisvolle finale produk wil aanbied. ● Die PAT is deurlopend en jou onderwyser sal jou baie geleenthede bied om voortdurend te verbeter soos wat jy leiding ontvang en jou vaardighede ontwikkel. ● Die PAT sal jou in staat stel om gereeld geassesseer te word en sal ook voorsiening maak vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n toets of eksamen gemeet kan word nie. ● Die PAT is 'n formatiewe assesseringstaak wat deurlopend terugvoering gee om onderrig en leer te verbeter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 16 DBE/PAT 2022 NSS 5.4 Uiteensit van die choreografieproses Kom ons kyk na die formaat van jou PAT-taak: Jy het TWEE kwartale om jou PAT-taak te voltooi. In albei kwartale sal jy 'n praktiese en geskrewe gedeelte voltooi. (Jy behoort vertroud te wees met hierdie formaat, aangesien jy dieselfde proses in jou graad 10- en 11-choreografie-PAT-take gevolg het. Kwartaal 1: Die Proses Konseptualisering deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe idees Gedurende hierdie kwartaal sal jy jou inspirasie vind, navorsing doen, met jou idees eksperimenteer en dit verken. Punte sal toegeken word vir:  Skryf/Beplanning van joernaal = 30 punte  Praktiese eksperimentering = 30 punte Kwartaal 2: Finale Produk Maak, aanbied, dokumenteer en besin oor jou finale kreatiewe werk Gedurende hierdie kwartaal moet jy daaraan werk om jou finale dans aan te bied. Jy moet ook veilige danspraktyk in ag neem, hoe om jou proses en finale choreografie te dokumenteer en watter opvoerruimte/rekwisiete/kostuums/beligting jy sal gebruik om jou werk te verbeter. Punte sal toegeken word vir:  Een-bladsy-programnota = 20 punte  Praktiese voltooide danswerk = 20 punte Die Joernaal Jou PAT-joernaal is waar jy die ontwikkeling van jou danswerk aanteken vanaf die aanvang/begin van die opdrag tot by die verwesenliking van jou finale idees. Dit sal al jou idees, navorsing, besinning/nadenking en beplanning insluit. Jou joernaal moet:  'n Rekord van jou persoonlike reis wees. Dit moet jou inspirasie, navorsing en hoe jy beplan om jou idees te verwesenlik, bevat.  Insig gee oor hoe jy beplan om aan die vereistes van die PAT-opdrag te voldoen.  Beelde, aanhalings, artikels, 'n video, ens. van jou idees, soos wat dit tydens die choreografiese proses ontwikkel het, bevat.  Duidelik al jou denkprosesse kommunikeer wat gelei het tot die maak van jou finale danswerk  Jou individualiteit, begrip en kreatiwiteit as 'n Dansstudies-leerder weerspieël. ● Jou vordering gedurende die twee kwartale te wys deurdat daar by alle geskrewe werk datums moet wees. ● Toon dat die beplanning en skepping wat jy doen 'n proses is wat gereelde besinning/nadenke nodig het en daarom moet jy al jou idees wat tot die finale produk lei, neerskryf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 17 DBE/PAT 2022 NSS 5.5 Leerderopdrag Choreograwe word dikwels geïnspireer om uit die wêreld om hulle te skep. In hierdie PAT moet jy 'n danswerk van jou keuse skep wat deur die tema PATROON geïnspireer is. [Bron: https://twitter.com/gomersalart/status/1268823884826099712] 'n Paar idees vanwaar inspirasie kan kom:  Patrone van/in jou lewe  'n Droom wat weer en weer plaasvind  Patrone in die natuur, ruimtes of plekke  Huidige sosiale gedragspatrone  Dit kan selfs 'n gemoedstoestand simboliseer  Patroonelemente wat in ander vakke by jou skool gebruik word  Patrone wat deur die danselemente (RUIMTE, TYD en KRAG) geskep word [Beelde op verskillende internetwebtuistes gevind.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 18 DBE/PAT 2022 NSS KWARTAAL 1: PAT-PROSES = 60 PUNTE 1. Identifiseer/Vra ● Die eerste ding waarby jy gewoonlik betrokke raak, is die tema en wat dit vir jou beteken. ● Tweedens sal jy die opdrag ontleed en bepaal wat jy gevra is om te doen. Bestudeer die spesifikasies (die spesifieke dinge wat jy moet doen) wat in die opdrag voorkom. (Dit kan met 'n breinkaart/dinkskrum gedoen word.) ● Wat is jou reaksie op die opdrag? Vra jouself die volgende vrae: o Wat moet ek doen? o Wat is my eerste idees? o Waaroor is ek opgewonde? o Waarvoor is ek bang? o Hoe gaan ek dit aanbied? ● Wat is die finale uitkoms? Jy moet 'n geskrewe/visuele rekord met 'n beginpunt (die opdrag) en 'n gevolgtrekking (jou finale choreografie) en die reis tussenin (jou improvisasie/eksperimentering met beweging/danselemente/choreografiese strukture en jou joernaal) skep. 2. Versamel/Leer/ Begin met jou navorsing ● Die volgende stadium van die proses is waar jy begin om inspirasie in reaksie op die tema en opdrag bymekaar te maak. ● Doen navorsing oor ten minste SES visuele beelde/gedigte/artikels/aanhalings/video's ens. wat met jou tema verband hou. Sluit dit by jou joernaal in lewer kommentaar op wat jou oor elkeen interesseer. ● Maak 'n stemmingsbord wat die tipes bewegings/gebare/kleure/opvoerruimtes, ens. waarmee jy wil werk, uitdruk en kombineer dit om die algemene stemming/toon van jou choreografie te toon. [Beelde op verskillende internetwebtuistes gevind.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 19 DBE/PAT 2022 NSS 3. Ontleed/Kyk/Dink Verbeter/Verfyn jou rigting ● Jy moet nou al die rigting wat jy vir jou danswerk wil kies, verfyn/verbeter het (jy kan nie alles insluit nie). ● Finaliseer jou bedoeling deur 'n kort besinning te skryf waarin jy duidelik aandui hoe jy die opdrag sal vervul. Wees spesifiek! Dit moet die volgende insluit: ● Begin deur jouself as 'n danser te beskryf en die spesifieke vaardighede wat jy het. Dui aan in watter dansstyl(e) of genre(s) jy spesialiseer en op watter gebiede van hierdie dissiplines jy gaan fokus, bv. Ek is 'n kontemporêre danser wat ook na skool hip hop doen. Ek gaan met 'n mengsel/samesmelting van dansstyle werk. Ek is ook geïnteresseerd in videografie en sal 'n danswerk vir die kamera skep. ● Laastens, beskryf jou bedoeling. Verduidelik in soveel besonderhede as moontlik wat jy wil hê jou danswerk moet uitdruk (die verhaal of idee agter die werk) en hoe jy te werk sal gaan om hierdie idees in beweging gaan verander. Op hierdie stadium wil jy bewyse van oorspronklikheid insluit – dit sluit in foto's/videomateriaal waar jy besig is om aan jou choreografiese idees te werk. CHOREOGRAFIEPROSESKONTROLELYS – KWARTAAL 1 1. Identifiseer  Ek was betrokke by die tema/vraag van die opdrag. 2. Versamel  Ek het verwante inligting in my joernaal versamel.  Ek het navorsing oor die tema ingesluit.  Ek het met hierdie idees geëksperimenteer deur middel van improvisasie en eksperimentering.  Ek het 'n stemmingsbord gemaak wat my choreografiese idees uitdruk. 3. Ontleed  Ek het my idee verpersoonlik in die vorm van 'n besinning/nadenke.  Ek het my bedoeling en hoe ek beplan het om my idees in beweging te verander, oorgedra.  Ek het foto's/videomateriaal ingesluit wat my choreografiese proses wys. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 20 DBE/PAT 2022 NSS KWARTAAL 2: PAT-PRODUK = 40 PUNTE 4. Ontwikkel/Fusie/Samesmelting Verbind die kolletjies Dit is 'n belangrike deel van die proses waar jy begin om idees saam te gooi opsoek na onverwagte kombinasies. Verbind baie kolletjies, verwyder sommige en voeg ander by. Suksesvolle kreatiwiteit kom nooit uit slegs een idee nie; eerder uit 'n kombinasie van verskeie idees. Verwysing na die visuele beeld Noudat jy jou inspirasie versamel het en met jou choreografiese benadering geëksperimenteer het, kan jy begin om jou danswerk vir die finale aanbieding voor te berei. ● Begin deur te dink oor hoe jy die werk wil begin en eindig. Dit is belangrik want berei die toneel voor en sluit ook die boodskap/gevoel/emosie wat jy wou uitdruk, af. ● Besluit hoe jy jou idee gaan uiteensit, in watter volgorde dit gaan verskyn. ● Finaliseer hoe jy die musiek/begeleiding/effekte interpreteer en enige redigering/snitte wat jy gemaak moet word. ● As jy verfilm, moet alle liggings reeds gekies wees. Besluit oor die volgorde van die verfilming van jou opeenvolgings. ● Selfs as jy nie vir die kamera choreografeer nie, moet jy jou finale produk verfilm sodat jy die visuele effek wat jou gehoor sal ervaar, kan sien en finale aanpassings kan maak. 5. Besin/Nadink/Kies Verduidelik jou besluite Wel gedaan! Jy het nou besluit en jou finale idees vir die aanbieding gekies! Laastens, dink na/besin oor jou choreografiese proses in die vorm van 'n opstel. Beantwoord die volgende vrae: ● Waarvan het ek gehou en wat sal ek anders doen? ● Het ek voldoen aan die vereistes wat in die opdrag aan my gestel is? ● Hou ek van wat ek gechoreografeer het? ● Watter nuwe vaardighede/tegnieke het ek geleer? Finale choreografieproduk  Jou finale danswerk sal meer suksesvol wees as jou konseptualisering/beplanning deeglik is.  Jy het nou al vir 'n hele ruk aan jou joernaal en danswerk gewerk en moes al 'n duidelike begrip/konsep van die finale praktiese produk ontwikkel het.  Dit is nou die tyd om met die produksie/opvoering van jou finale danswerk te begin.  Onthou daar moet 'n duidelike verband wees tussen jou joernaal en jou finale produk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 21 DBE/PAT 2022 NSS 6. Maak/Aanbied Soos jy in jou studie van danswerke en literatuur gesien het, is die boodskap en betekenis oop vir interpretasie. Jy het moontlik 'n baie spesifieke idee of boodskap in jou danswerk ontwikkel, maar die kyker vind dalk 'n ander betekenis. Dit is die mag van dans – dat dit vir interpretasie oop is. Jou finale werk kan dus op baie maniere geïnterpreteer word. Tien punte om in ag te neem by die skep van die finale produk om 'n suksesvolle danswerk te verseker: 1. Tegniese vaardighede: 'n Idee is slegs so goed soos die uitvoering daarvan. Swak werk sal 'n goeie idee verwoes. Jy moes voldoende choreografiese vaardighede oor die driejaar-VOO-tydperk ontwikkel het. 2. Die produk moet aan die vereistes van die opdrag- en nasienrubriek voldoen. 3. Styl: Daar is geen spesifieke voorskrifte rakende die styl van die danswerk nie. 4. Formele danselemente en -beginsels: Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van dans, soos ruimte, tyd en krag. 5. Choreografiese strukture: Dit kan 'n danswerk maak of breek. Komposisie/Samestelling is die rangskikking of organisering van die visuele komponente op so 'n wyse dat dit vir die kyker aangenaam is. Dit kan ook die kyker aanmoedig of sy/haar oog lei na die fokuspunte in die werk. Die beginsels van komposisie, soos eenheid, beweging, proporsie, balans, ritme en kontras, speel 'n belangrike rol om visuele belangstelling te skep. 6. Wees 'n waaghals. Moenie bang wees te waag nie. Jy moet die kans aangryp om te eksperimenteer en nuwe dinge te probeer. Streef altyd na kreatiwiteit en innovasie. 7. Persoonlik: Laat die werk die vingerafdruk van jou individuele styl insluit. Moenie bang wees om jou eie styl te hê nie. Stereotipiese werke kry gemiddelde punte. 8. Werk met jou sterk punte: Kies om met die dansgenres/opvoermediums (konvensionele/nie-konvensionele ruimtes, film- of lewendige optrede, ens.) te werk waarmee jy die gemaklikste is. 9. Geniet wat jy doen en skep iets met visuele belangstelling. 10. Tyd is 'n faktor wanneer jy die praktiese werk doen, so moenie dit mors nie anders sal jy onafgehandelde werk inlewer en opvoer. Onthou om na die SJOE!!!-faktor te streef. Dit beteken dat jy 'n werk moet skep wat persoonlik is terwyl jy reageer op die beperkings en spesifikasies in die opdrag. Jy wil 'n werk skep wat die kyker boei en hulle betrek. Aan die einde van kwartaal 2 moet jy jou dans en geskrewe finale produkte aanbied. Dit sal ook die aanbieding/inlewering daarvan in 'n digitale formaat insluit. DIE BELANGRIKSTE VAN ALLES is dat jy hard moet werk, maar ook geniet wat jy doen. Onthou hoe bevoorreg jy is om jouself kreatief uit te druk en om oorspronklike idees te ontwikkel. Jy kan nie kreatiwiteit opgebruik nie. Hoe meer jy gebruik, hoe meer het jy. Maya Angelou Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 22 DBE/PAT 2022 NSS 'n Verklaring van egtheid moet voor in jou joernaal geplak word VERKLARING VAN EGTHEID Hierdie verklaring moet deur die leerder voltooi en onderteken word en deur die onderwyser onderteken word en dek alle ingediende bewyse. Leerder naam en van: Datum: Ek verklaar dat die aangehegte PRAKTIESE ASSESSERINGSTAK alles my eie werk is en sluit geen werk deur iemand anders as deur myself of my groep in nie. Ek het hierdie taak voltooi volgens instruksies en binne die vasgestelde tydsbeperking. Leerderhandtekening: Datum: Onderwyser se bevestiging Namens ………………………………………………………… ... (skoolnaam), verklaar ek dat bogenoemde leerder, na my beste wete, die choreograaf is van die voltooide opdrag wat aangeheg is en dat die assessering onder die vereiste toestande voltooi is. Onderwyser se handtekening: Datum: Prinsipaal se handtekening: Datum: CHOREOGRAFIE PRODUK KONTROLELYS – KWARTAAL 2 4. Ontwikkel ● Ek het 'n kreatiewe danswerk gemaak. ● Ek het my proses gedokumenteer. 5. Besin/Nadink ● Ek het besin/nagedink oor die finale werk. ● Ek het besin/nagedink oor hoe ek OF die groep gewerk het. ● Ek het tydens hierdie proses selfbesinning gedoen oor my eie sterk- en swak punte en groei. 6. Maak/aanbied ● Ek het my programnota van een bladsy voltooi. ● Ek het deeglik nagedink oor hoe ek die finale produk gaan aanbied. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 23 DBE/PAT 2022 NSS 5.6 Hulpbronne om die PATROON-tema te inspireer Danswerke wat patrone op verskillende maniere gebruik. 'TUTTING' GEOMETRIE VARIABLE URBAN THEORY CREW Choreografie en Konsep: Sadeck Berrabah, 'Tutting-samestelling Bouzid Ait-Atmane en Ammar Benbouzid [Bron: https://youtu.be/JfDVVJgls34] [Bron: https://youtu.be/4GK3Vz-QS40] DANS VIR DIE KAMERA WEAKNESS OF THE FLESH 16:1 ('SWAKHEID VAN DIE VLEES') Danschoreografie deur Constant Vigier Max Cooper ft Samad Khan Opgevoer deur Jacob Jonas Dance Company [Bron: https://youtu.be/YzS0d9K1Xs0] [Bron: https://youtu.be/KGEoy_1JErI/] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 24 DBE/PAT 2022 NSS GEBRUIK VAN REKWISIETE/ATELJEESPIEËLS Elastic Heart 2x2 Mirror Dance Kontemporêre Solo gechoreografeer deur Marie Poppins x Emily Rowles Sadeck [Bron: https://youtu.be/YiRPGncy8xk] [Bron: https://youtu.be/xNAJQyVpF5c] DANSELEMENTE EN CHOREOGRAFIESE STRUKTURE CRY ME A RIVER Justin Timberlake-dansvideo Geregisseer en gechoreografeer deur Andrew Winghart [Bron: https://youtu.be/-I-SE6Q9Le0] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 25 DBE/PAT 2022 NSS AANLYN JOERNALE 1. SKEP 'N BOEK-TOEP ('BOOK CREATOR APP') Book Creator Tutorial for Students ('Skep-'n-boek-groepklas vir Studente') [Bron: https://youtu.be/vMYLaGD9Xjs] 2. GOOGLE DOCS Docs Tutorial 01 Learn the Basics [Bron: https://youtu.be/s6V_h43-BIY] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 26 DBE/PAT 2022 NSS 6. ONDERWYSERSHULPBRONNE OM TE HELP MET ONDERRIGMETODOLOGIEË 6.1 Die belangrikheid van improvisasie in die KABV-kurrikulum Dit help om 'n danser om:  Met oorgawe te dans/Uitbundig  Keuses en besluite vinnig  Fokus en konsentrasie te ontwikkel  Bewegings sonder reëls en beperkinge te skep  Nuwe bewegings en bewegingstyle te skep Daar is heelwat aanlyn groepklasse indien jy voel dat jy verdere professionele ontwikkeling benodig. Hieronder is 'n reeks van VIER meestersklasse in improvisasietegnieke Meesterklas Episode 1: https://youtu.be/Ed7nghIBkjg Meesterklas Episode 2: https://youtu.be/hiNIuWuj3UU Meesterklas Episode 3: https://youtu.be/RSuX8nZzSxg Meesterklas Episode 4: https://youtu.be/KReLpcLwtm8 6.2 Idees om leerders te help wat vir die kamera wil choreografeer:  Verskaf danswerke wat spesifiek vir die kamera gemaak is sodat die leerders dit kan sien, aangesien dit nie dieselfde is as die verfilming van 'n werk wat vir 'n opvoerruimte geskep is nie.  Choreografie vir die kamera stel jou in staat om 'n wye verskeidenheid tegnologieë/ multimedia, ens. by die danswerk in te sluit. Toerusting benodig:  Selfoon of videokamera  Toepassings ('Apps') en redigeerprogramme vir gebruik op 'n selfoon of skoolrekenaar  Skoolrekenaarlaboratoriums vir redigering Voorbeelde van video's om met leerders te deel wat vir die kamera wil choreografeer: (Daar is so baie) Dansvideo's op jou foon Hoe om 'n dansvideo te verfilm – 10 maklike stappe [Bron: https://youtu.be/yxrDiS0ZtYc] [Bron: https://youtu.be/uE5Wy29fb9I] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 27 DBE/PAT 2022 NSS 7. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede ('soft skills'), soos kommunikasie, spanwerk, kritiese denke, probleemoplossing, tydsbestuur, ens., en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. 8. VERWYSINGS  Kurrikulum 2012. Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring Graad 10–12. Pretoria: Departement van Basiese Onderwys.  Botha, S en Levy, R. (2014) Uitstekende Dansstudies Leerderboek Graad 12. Suid-Afrika: Cambridge University Press  Edumedia: Wes-Kaapse Onderwysdepartement LOOM https://www.yumpu.com  21ste-eeuse vaardighede: https://theartofeducation.edu/2017/01/12/63288/  Patroon – https://twitter.com/gomersalart/status/1268823884826099712  Geometrie variable – https://twitter.com/gomersalart/status/1268823884826099712  Urban theory crew – https://youtu.be/4GK3Vz-QS40  Weakness of the flesh (Swakheid van die vlees) – https://youtu.be/YzS0d9K1Xs0  Danschoreografie deur Constant Vigier – https://youtu.be/KGEoy_1JErI/  Elastic heart – https://www.youtube.com/watch?v=YiRPGncy8xk  2x2 mirror dance – https://www.youtube.com/watch?v=YiRPGncy8xk  Cry me a river – https://youtu.be/-I-SE6Q9Le0  Book creator app – https://youtu.be/vMYLaGD9Xjs  Learn the basics – https://youtu.be/s6V_h43-BIY  Improvisasietegnieke: o Meesterklas Episode 1: https://www.youtube.com/watch?v=KReLpcLwtm8 o Meesterklas Episode 2: https://www.youtube.com/watch?v=Ed7nghIBkjg o Meesterklas Episode 3: https://www.youtube.com/watch?v=hiNIuWuj3UU o Meesterklas Episode 4: https://www.youtube.com/watch?v=OFWJyYOCckY o Dansvideo met jou foon: https://youtu.be/yxrDiS0ZtYc  Dance video with your phone – https://youtu.be/yxrDiS0ZtYc  How to film a dance video – https://www.youtube.com/watch?v=uE5Wy29fb9I Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Dance Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Dance Studies

View all