Skip to content

Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

MemorandumDance StudiesGrade 12201819 pages

Grade 12 Dance Studies memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 DANSSTUDIES NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) NOTA VIR NASIENERS/ONDERWYSERS: • In die voorbeelde van moontlike antwoorde, is baie meer inligting verskaf as wat van die kandidate verwag word, om sodoende ʼn hulpbron vir onderwysers en nasieners te wees. • Kolpunte word gebruik in die nasienriglyn om merk te vergemaklik. • Verwys na die Vermoënsvlakke in die ‘Fokusvraag’ tabel onder elke vraag, om die hoë, medium en lae kognitiewe vlakke in die antwoorde te bepaal. • Nasieners moet nie die studente penaliseer vir grammatika of spelfoute nie solank die student se antwoord duidelik, verstaanbaar en met die merkkriteria (bv. die benaming van spiere) ooreenkom. Hulle mag egter nie volpunte verkry vir die opstel/paragraaftipe-vrae as daar grammatika en spelfoute is en die antwoord is nie geskryf in die korrekte formaat, of die vraag is nie betekenisvol aangespreek nie. • Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie. • Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ʼn antwoord wat oppervlakkig en minimaal is nie. • Waar die leerders agterlosige foute begaan het, bv. nommering, moet hulle gepenaliseer word met 10%, maar die nasiener en moderator moet besluit of die leerder die betrokke vraag korrek beantwoord het. • By sommige vrae het kandidate ʼn keuse. Indien kandidate beide vrae beantwoord het, merk slegs die antwoorde op die eerste vraag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 3 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: DANSKONVENSIES EN WAARDES/BESERINGS/MUSIKALITEIT (KEUSEVRAAG) NASIENRIGLYN: 1.1 – LAE VLAK – 3 punte 1.2 – MEDIUM VLAK – 4 punte 1.3 – HOЁ VLAK – 3 punte NOTA AAN NASIENERS: Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. MOONTLIKE ANTWOORDE: 1.1 Ken 3 punte toe vir die beskrywing van 3 danskonvensies en waardes in die dansklas en hoe die toepassing daarvan hulle oefening sal affekteer. • Leerders moet stiptelik of betyds vir die dansklas wees sodat hulle kan deelneem aan die opwarmingsproses voordat die klas begin om moontlike beserings te voorkom. • Hulle moet onthou om hul dansklere te bring en netjies versorgd te lyk. Klere moet skoon wees want dit wys selfrespek en verseker dat hulle gemaklik is terwyl hulle beweeg. • Leerders moet respek toon in die manier waarop hulle dink en optree teenoor ander in die klas, hoe hulle saamwerk as ʼn groep, ens., sodat ʼn mede-danser nie beseer word nie. • Gereelde bywoning van klasse is noodsaaklik aangesien ongereelde bywoning van klasse hulle kan verhoed om ʼn sterk, buigsame liggaam te kry en dit mag beserings veroorsaak. • Alle leerders moet die omgewing of ruimte waarin hulle dans op ʼn veilige en verantwoordelike wyse gebruik. • Terwyl ander dans, moet hulle nie oor die dansvloer loop of aan ander stamp nie, sodat niemand beseer word nie. • Handhaaf ʼn goeie postuur sonder om gedurende oefeninge slap te lệ. • Vermy dit om bewegings aan te durf waaroor jy onseker is, nie onderrig ontvang het nie of wat bo jou vermoëns is. Enige ander relevante antwoord. (3) 1.2 Ken 4 punte toe vir ʼn begrip van hoe om hul liggame veilig te gebruik tydens dansklasse om beserings te voorkom. • Opwarming aan die begin van die klas voorkom dat stywe/koue spiere beseer word. • Afkoel aan die einde van die klas voorkom styfheid/pyn en die opdam van bloed in die spiere. • Die korrekte danspostuur is ook belangrik vir die kontrolering en balans van die liggaam en bewegings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) • Dansers moet weet hoe om reg te land of ʼn sprong te begin sodat hulle nie hul enkels of knieë verstuit nie. • Dansers moet verstaan waarvandaan uitdraai van die voet (‘turnout’) kom sodat gewrigte nie in onnatuurlike inlynstellings verdraai word nie. • Dansers moet verstaan hoe om veilig te strek sodat hulle nie spiere en ligamente skeur nie. • Dit sal dansers help om hulle liggame te ontwikkel tot hul beste vlak (verstaan hulle fisiese beperkings). • Dit sal dansers help om op ʼn veilige manier fiksheidsvlakke te ontwikkel. Dit sal ʼn lang dansloopbaan bevorder. Enige ander relevante antwoorde. (4) 1.3 Ken 3 punte toe as die leerder bespreek het hoe om musikaliteit te ontwikkel om dans te verbeter. • Jy kan jou musikaliteit ontwikkel deur jou luistervaardighede te verbeter terwyl jy dans. • Die ontwikkeling van jou neuromuskulêre vaardighede sal jou musikaliteit verbeter. • Die uitvoering van verskillende genres, tempos en ritmes in die dansklas sal ook help om musikaliteit te verbeter. • Om oor musiekelemente te leer en dan te verstaan waarna om te luister in ʼn stuk musiek, sal musikaliteit verbeter. (3) [10] OF VRAAG 2: AKSIES/SPIERE/BESERINGS (KEUSEVRAAG) NASIENRIGLYN: 2.1 – LAE VLAK – 3 punte 2.2 , 2.3 – MEDIUM VLAK – 4 punte 2.4 – HOЁ VLAK – 3 punte NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Evalueer die volle antwoord in konteks om te bepaal wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. MOONTLIKE ANTWOORDE: 2.1 2.1.1 Fleksie (1) 2.1.2 Plantaar-fleksie (1) 2.1.3 Ekstensie (1) 2.2 2.2.1 Biceps femoris (1) 2.2.2 Semitendinosus (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 5 2.3 2.3.1 Gastrocnemius (1) 2.3.2 Quadratus Femoris (1) 2.4 Ken 3 punte toe as die leerder bespreek het hoe die korrekte opwarming die spiere en gewrigte affekteer. • Jou hartklop neem toe sodat suurstofryke bloed na die spiere gepomp kan word. • Die suurstof help om brandstof vir spieraksie af te breek. • Die verhoogde bloedvloei help ook om ontslae te raak van afvalprodukte, bv. melksuur wat krampe veroorsaak. • Jou liggaamstemperatuur styg wat die elastisiteit van die spiere vermeerder en hul meer soepel maak/kan vrylik beweeg. • Dit verminder die kanse om beserings op te doen aangesien koue spiere nie optimal kan funksioneer nie. • Sinoviale vloeistof word vrygestel deur die sinoviale membraan in die gewrigte om hulle te smeer en om wrywing te voorkom. • Jy begin om geestelik op die klas/aktiwiteit waaraan jy gaan deelneem te fokus en jou gedagtes skoon te maak van dinge wat nie met dans te doen het nie. Enige ander relevante antwoord. (3) [10] VRAAG 3: KOMPONENTE VAN FIKSHEID NASIENRIGLYN: 3.1 – LAE VLAK – 5 punte 3.2 – MEDIUM VLAK – 6 punte 3.3 – HOË VLAK – 4 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 3.1 Ken 5 punte toe vir 5 wenke oor hoe om veilig te strek. • Ligte strekwerk kan as deel van die opwarming gedoen word aangesien dit help om die liggaam vir aktiwiteit voor te berei. • Die beste tyd om spiere en senings te strek om jou bewegingsomvang (‘ROM’) te verbeter, is aan die einde van ʼn klas wanneer jou liggaam baie warm is. • Die beste manier om te strek is SASS (Stadige en Statiese Strek) (‘Slow and Static Stretch’). Dit beteken om jou liggaam in ʼn strekposisie te plaas waar jy die spanning in die spier voel (maar geen pyn nie) en dit daar te hou terwyl die spier aanpas, gewoonlik vir 16–32 tellings. • Dit is noodsaaklik om tydens strekwerk asem te haal en te ontspan. As jy jou asem inhou, raak die spiere gespanne en dit maak strekwerk gevaarlik. • Terwyl ʼn spier gestrek word, moet geen pyn of stres gevoel word nie. Fokus daarop om die ‘trekkrag/spanning’ van ʼn strek eerder as die ‘pyn’ te voel. • Wees bewus van die perke van jou werk waarbinne jy gemaklik voel; herken pyn as ʼn waarskuwing omdat beserings plaasvind as dit geïgnoreer word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) • Alle dele van die liggaam moet gestrek word sodat daar ʼn balans is tussen spiergroepe. As een groep meer soepel as die ander een is, kan die wanbalans tot beserings lei. • Strekwerk moet gereeld gedoen word en mettertyd stadig ontwikkel word. Oormatige lang strekklasse wat ongereeld gedoen word, kan tot beserings lei. • Die veiligste manier om te strek is wanneer die danser nie oor balans besorg is nie, bv. wanneer hulle lê of sit. • Moet nooit ʼn strek forseer of toelaat dat iemand jou in 'n strek inforseer nie – gebruik jou eie liggaamsgewig wanneer gestrek word. • Dinamiese strekwerk – waar die werklike oefening/beweging soepelheid, krag en bewegingsomvang verbeter, bv. grand battements, armswaaie, beenswaaie, ens. – behoort in die klas ingesluit te word. Enige ander relevante antwoord. (5) 3.2 3.2.1 Ken 3 punte toe as die leerder verduidelik het hoe spierkrag ʼn danser se optredes kan verbeter. • Dit verbeter fisiese optrede, spieruithouvermoë/volharding omdat spiere vir ʼn lang ruk kan saamtrek sonder om moeg te word. • Dit verminder die risiko van beserings omdat bewegings beheersd sal wees. • Dit vermeerder/verhoog die krag in die gewrigte om te beweeg en die arms en bene teen swaartekrag te lig. • Dit verbeter balans omdat die spiere die liggaam ferm in ʼn posisie kan hou. • Dit laat die danser hoër spring omdat daar spierkrag in die bene is – laat kragtige veerkragtige bewegings toe. • Stel danser in staat om mededansers op te lig. • Verhoogde vermoë om vinnig en rats van rigting te verander. Enige ander geskikte antwoorde. (3) 3.2.2 Ken 3 punte toe as die leerder verduidelik het hoe kardiorespiratoriese uithouvermoë ʼn danser se optredes kan verbeter. • Dansers kan repeteer of langer dans/oefen teen ʼn hoër gehalte omdat die spiere konstant suurstofryke bloed, wat nodig is om te dans/oefen, ontvang. • Verminder moegheid: Soos wat ʼn danser fikser word, kan hy/sy meer doen as vantevore en vir langer tye werk en ook die liggaam harder laat werk. • Verbeter konsentrasie: Die danser kan op die klas/roetine konsentreer en nie op hoe moeg die liggaam is nie. • Die voorsiening van suurstof aan alle dele van die liggaam versterk die immuunstelsel wat die kanse van siek word verminder en die herstelkoers verbeter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 7 • Verminder die risiko van beserings: Die verstand fokus op tegniek en is waaksaam vir veranderende omstandighede en hoef nie bekommerd te wees oor hoe moeg die liggaam is en hoe die spiere voel nie. • Laat dansbewegings lyk asof dit moeiteloos is. Wanneer spiere nie konstant van suurstof voorsien word nie, word hulle swaar en voel soos lood. • Die danser sal nie uitasem raak nie: Die longe sal sterker word en die danser sal dieper kan inasem. • Kan vinniger beweeg en van rigting verander. Enige ander relevante antwoord. (3) 3.3 Die leerder moet slegs TWEE van die neuromuskulêre vaardighede beantwoord. Ken 2 punte toe vir elke neuromuskulêre vaardigheid. Merk slegs die eerste twee. 3.3.1 Balans • ‘Adage’: Voer stadige bewegings uit terwyl daar op een been gestaan word/ oordra van gewig. • Draai op een been. • Spring op een been/alternatiewe bene. • Verbetering/Versterking van postuur en belyning. Enige ander geskikte antwoorde. 3.3.2 Ruimtelike bewustheid • Om saam met dansmaats of in ʼn groep te werk, vereis bewustheid van die patrone, rigtings, vorms, ens. wat gemaak moet word. • Om in ʼn klaskamer te dans en verskillende kante as ‘voor’ te gebruik, kan dit ook ontwikkel in plaas van om altyd in een rigting (as ‘voor’/die voorkant) te dans. • Om in verskillende opvoerruimtes te dans. • Oefeninge wat koördinasie van die linker- en regterkant van die liggaam ontwikkel. • Improvisasie om spontane reaksies te ontwikkel en om bewustheid van musiek, prikkels, ruimte, ander dansers, ens. te verhoog. Enige ander geskikte antwoorde. 3.3.3 Ratsheid • Om in verskillende rigtings in (binne) ʼn oefening te beweeg. • Om op vinnige musiek/begeleiding te dans sodat die liggaam moet aanpas en vinnig verander. • Vorentoe-bewegingskombinasies wat die dansers uitdaag om ruimte te gebruik. Enige ander geskikte antwoorde. (2 x 2) (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 4: TOEWYDING/HIDRASIE/KINETIESE BEWUSTHEID NASIENRIGLY: 4.1 – LAE VLAK – 5 punte 4.2, 4.3 – MEDIUM VLAK – 7 punte 4.4 – HOЁ VLAK – 3 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 4.1 Ken 4 punte toe vir 4 verantwoordelikhede om deel te wees van ʼn groepdans. • Wanneer jy in ʼn produksie dans, is jy afhanklik van almal se toewyding, vertroue en moeite om ʼn groepsdoel te bereik. Almal het ʼn rol om te speel in die finale uitslag van ʼn opvoering. • Woon alle repetisies by. • Wees altyd bewus van die ander dansers wat die spasie deel en behandel ander se liggame met respek en sorg. • Kyk na die ander dansers binne jou perifere visie om in tyd te wees en om jou beweegspasie binne danse en oefeninge te hou. • As jy kontakwerk doen, wees baie versigtig dat jy nie vertroue verbreek deur jou mede-danser te beseer of om nie bewus te wees van wat rondom jou gebeur nie. • Maak oogkontak met ander dansers wanneer dit toepaslik is en reageer met hulle op ʼn egte manier. Die gehoor kan sien of die interaksie werklik of oneg is. Enige ander relevante antwoord. (5) 4.2 Ken 4 punte toe as die leerder die belangrikheid van hidrasie gedurende oefening en opvoeringe kan verduidelik. • Dansers verloor baie water deur strawwe fisiese aktiwiteite deur te sweet in die klas/opvoering/repetisies. • Spiere is afhanklik van water en sonder dat hierdie hulpbron voortdurend aangevul word, sal hulle geneig wees om te krampe te kry en hul optimale funksie te verloor. • Maer spierweefsel bestaan uit water. As die liggaam dus nie genoegsaam gehidreer word nie, sal dit die doeltreffendheid van die spiere beïnvloed en die hoeveelheid werk verminder wat hulle kan doen. • Die brein word ook beïnvloed sover dit konsentrasie en oordeel betref, wat verlies aan balans en besering kan veroorsaak. • Water reguleer die liggaamstemperatuur, help om die voedingstowwe en suurstof na die werkselle te vervoer en is nodig vir die uitskeiding van afvalprodukte, en verhoed dat die danser moeg word en nie behoorlik presteer nie. • Moegheid sal die konsentrasie en spoed van spierrespons beïnvloed. • Spierkrampe, moegheid, naarheid, swakheid en hoofpyn kan die gevolg wees van dehidrasie, wat weereens die kwaliteit van die prestasie sal beïnvloed. Enige ander relevante antwoorde. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 9 4.3 Ken 3 punte toe as die leerder kan verduidelik hoe kinestetiese bewustheid ʼn danser se opvoering sal verbeter. • Dit sal jou ʼn ontwikkelde gevoel gee van jou eie en ander se liggame in die ruimte en tyd sonder om te kyk of reggestel te word. • Dit sal jou koördinasie en beheer verbeter, en jou bewegings sal meer spontaan word. • Die danser sal in staat wees om met ander dansers te werk en beter met die gehoor te kan kommunikeer. Dit sal die kwaliteit van die danser se optrede verhoog. • Ontwikkelde kinestetiese bewustheid sal jou die vermoë gee om bewus te wees van ander dansers, vorms, patrone, ens. • Die danser se artistieke/estetiese kwaliteit sal ontwikkel word, en dit is noodsaaklik vir die manier waarop hulle hul deur dans uitdruk. • Dit sal ook die artistieke beoordeling wat die danser maak beïnvloed in die interpretasie van hul dans en beweging. Enige ander geskikte antwoord. (3) 4.4 Ken 3 punte toe as die leerder bespreek het hoe om kinestetiese bewustheid te ontwikkel. • Dansers kan die beweging van die liggaam aanvoel deur in die spieël te kyk en hulself te korrigeer en om na die mondelingse korreksies van die onderwyser te luister en dit toe te pas. • Die onderwyser kan die danser se liggaam in die korrekte/regte posisie inbeweeg. • Die danser kan gebruik maak van bewegings met korrekte tegniek, en hierdie herhaal totdat dit outomaties word. • Die liggaam kan spesifieke bewegings herhaaridelik uitoefen en dit sal die vaardigheid ontwikkel waar die brein uiteindelik die boodskappe onmiddellik na die liggaam stuur sonder bewuste denke. Enige ander geskikte antwoorde. (3) [15] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: DANSVORME/KENMERKE/BEGINSELS NASIERIGLYN: 5.1 – LAE VLAK – 5 punte 5.2 – MEDIUM VLAK – 6 punte 5.3 – HOЁ VLAK – 4 punte NOTA AAN NASIENERS: Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. MOONTLIKE ANTWOORDE: 5.1 Ken 5 punte toe as die leerder die kenmerke van hul hoofdansvorm kan beskryf. KLASSIEKE BALLET • Hierdie dansvorm word uitgeken aan die uitwaartse rotasie van die bene vanaf die heupgewrig, gestrekte voete asook die vyf posisies van die voete, geronde armlyne en vasgestelde posisies van die arms. • Die styl van ballet is om swaartekrag uit te daag, dit is grasieus en volg ʼn baie streng tegniek. • Klassieke ballet bestaan uit ‘barre’-werk, ‘centre’ (middelwerk), ‘pirouettes’, ‘ports de bras’, ‘adage’ en ‘allegro’ bestaande uit klein en groot spronge, met of sonder ‘batterie’. • Vroulike dansers doen punt-werk: toepuntskoene word gedra en dansers dans op die punte van hulle tone. • Die dansers dra gewoonlik oordadige kostuums: tutu’s/fluweelbaadjies en rompe, ens. • Klassieke ballet het oorspronklik net klassieke musiekpartiture gebruik, maar deesdae word ʼn verskeidenheid musiek gebruik. • Vir die tradisionele balletopvoerings soos Swan Lake/Sleeping Beauty, is oordadige verhoogstelle gebruik. • Ballet-werke word gewoonlik deur professionele dansers in teaters opgevoer. KONTEMPORÊRE DANS: • Bewegings: Beweeg vanuit die pelvis; gebruik sterk, natuurlike bewegings; gee toe aan en staan swaartekrag teen; vloerwerk; gebruik asemhaling in kontraksie en loslating; verander woordeskat voortdurend; wye bewegingswoordeskat; gebuigde en gepunte voete; gebruik liggaamsgewig; kragtige/sterk bewegings; val en herstel. • Kostuums: Eenvoudige alledaagse klere; vloeiende rokke; dans kaalvoet. Kostuums kan ook baie swierig/indrukwekkend wees. • Gebruik improvisasie; choreografie dikwels abstrak; maak emosies sigbaar deur beweging; sosiopolities; weerspieël werklikheid. • Musiek: Wye reeks musiek gebruik; gebruik klank en stilte. Enige ander geskikte antwoorde. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 11 5.2 Ken 3 punte toe vir 3 beginsels van enige ander dansvorm. AFRIKA-DANS • Afrika-danse gebruik die natuurlike kromminge/kurwes van die liggaam. • Bewegings word na die grond toe gedans en komplementeer swaartekrag eerder as om dit uit te daag. • Basiese en komplekse ritmiese patrone word gebruik. • Alledaagse bewegings word gebruik of bewegings wat die natuur (voëls, diere, insekte of plante) naboots of dramatiseer, of die elemente, soos vuur, water, die aarde of die lug word as stimulus vir beweging gebruik (bv stap en groot treë neem). • Danse het gewoonlik ʼn tema (vrugbaarheid/hofmakery/werk/hiërargie, ens.) en doel (protes/sosialisering/feesviering/bevraagtekening van sosiale kwessies, ens.) • Afrikadanskostuums verskil baie afhangende van die kultuur- en ouderdomsgroep wat die dans opvoer. • Diervelle word algemeen gebruik asook oordadige kralewerk, bruin of helderkleurige materiaal, enkelratels, vere, ens. • Musikale begeleiding bestaan gewoonlik uit tromme, sang, handeklap en/of dreunsang. • Die tromme, sang, handeklap en ratels saam met die gestamp van voete skep poliritmiese klanke. • Afrika-danse word gewoonlik deur die gemeenskap opgevoer en het ʼn spesifieke doel/funksie. Beginsels van kontemporêre dans • Sentrering: Dansers moet hulle middelpunt (‘centre’) (‘solar plexus’) vind. Beweging moet beheer word uit die middelpunt en ʼn sterk middelpunt laat vryheid van beweging van ledemate toe: die arms, bene, kop en nek. Dit help ook met balans. • Rigtingslyn: Postuur het met inlynstelling te make, wat die liggaamsdele in verhouding met mekaar plaas. • Val en herstel: Kombineer asemhaling, sweef en swaartekrag. ‘Val’ is die volkome loslating van die spiere soos wat die liggaam aan swaartekrag toegee. ‘Herstel’ is die terugkeer van energie wat deur die onderste deel van die val loop en op dieselfde pad voortbeweeg soos die swaai van ʼn pendulum. • Suspensie/Sweef: Dis ʼn langdurige hoogtepunt. Dit word by die hoogtepunt van die beweging geskep deur die beweging te laat aanhou en die oorneem van swaartekrag te vertraag/teen te werk. • Balans en van balans af: Innerlike balans steun op ʼn bewustheid van gewig en druk. Om regop te staan moet ons gewig oor ons voete versprei wees, anders sal swaartekrag ons laat omval. Die deel van die liggaam waar die gewig gesentreer is, word die ‘swaartepunt’ genoem wat in die liggaam op heuphoogte (die pelvis) is. Wanneer die pelvis verplaas word, is die liggaam van balans af, soos in 'n kanteling of in val en herstel. Gebruik van beweging waar jy van balans af is, gee ʼn gevoel van dringendheid, lewenskrag of gevaar. • Swaartekrag: Bewegings word deur swaartekrag aangetrek en terug gebons; gebruik die vloer en gewig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) • Swaaie en momentum: Swaaibewegings, soos ʼn pendulum, is afhanklik van swaartekrag. Swaartekrag trek die swaaibeweging af, maar die momentum wat verkry word soos dit val, veroorsaak dat dit weer opswaai. Daar is ʼn oomblik aan die einde van ʼn swaai waar dit stilstaan/suspensie, maar dan veroorsaak swaartekrag weer dat dit val. • Asemhaling: Asemhaling is ʼn ekspressiewe instrument, bv. beweging met ʼn gevoel van asemhaling gee ʼn gevoel van vryheid en harmonie. • Sametrekking en vrylating: Martha Graham het op die fisiologiese effekte van die asemhalingsaksie gefokus – die eb en vloei van asemhaling en die effek daarvan op die torso soos wat dit uitsit en saamtrek en op die funksie van sametrekking en vrylating van spiere. • Spanning en ontspanning: Spiere trek saam en ontspan sodat ons kan staan en beweeg. Spanning en ontspanning laat ons ook uitdruk hoe ons voel. Alle beweging bestaan tussen hierdie twee teenoorgestelde pole – absolute spanning – so gespanne dat jy nie kan beweeg nie – tot absolute ontspanning – so ontspanne dat jy nie kan beweeg nie. • Opposisie/Teëstand: Opposisie impliseer twee dinge wat teen mekaar werk of in die teenoorgestelde rigting werk. • Opeenvolging: Opeenvolging is die teenoorgestelde van opposisie. Dit is ʼn opeenvolgende pad van beweging deur dele van die liggaam – ʼn golfagtige reaksie, waar liggaamsdele in dieselfde rigting beweeg, eerder as in teenoorgestelde rigtings of bewegings, een na die ander. • Spiraal: Dit is die draai van die liggaam op sy as (om die ruggraat). Dit word gebruik vir balans, beheer en draai. (3) 5.3 Ken 3 punte toe vir 3 beginsels van die leerder se hoof-dansvorm. KLASSIEKE BALLET • Houding: die bolyf word goed gebehou en ondersteun terwyl die belangrikste beweging in die arms en bene plaas vind. • Uitdraai: uitwaartse rotasie van die bene vanaf die heupe, noodsaaklik vir klassieke ballettegniek. • Plasing: rangskikking van die kop, ruggraat en ledemate in die korrekte belyning met mekaar om ʼn geordende, gebalanseerde vorm te skep. • Wette van balans: ʼn ewewigtigheid van die ledemate om ʼn ekwilibrium te handhaaf (gelyke gewig oor ʼn sentrale punt). • Basiese reëls van die kop, bene, arms en liggaam. • Verplasing van gewig: verplasing van gewig van een deel van die liggaam na die volgende deel. • Köordinasie: bring liggaamsdele in korrekte verhouding met mekaar. • Gravitasie: ballet werk teen swaartekrag. (3) 5.4 Ken 4 punte toe indien die leerder ʼn mening kan gee oor die belangrikheid van leer oor ander kulture. • Om te leer oor ʼn ander kultuur in ons land help ons om trotse burgers te wees. • Dit laat ons ook toe om die verskillende kulture te verstaan sonder vooroordeel en diskriminasie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 13 • Ons is beter ingelig en het respek vir mekaar ten spyte van ons verskille. • Dit gee ons nuwe idees en nuwe maniere om dinge te doen (dit brei ons perspektief uit). Enige ander geskikte antwoord. (4) [15] DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 6 EN VRAAG 7. VRAAG 6: GREGORY MAQOMA EN FOUR SEASONS (KEUSEVRAAG) NASIENRIGLYN: 6.1 – LAE VLAK – 8 punte sameswerking en invloede 6.2 – MEDIUM VLAK – 6 punte produksie-elemente 6.3 – MEDIUM VLAK – 6 punte musiek 6.4 – HOЁ VLAK – 6 punte dansstyl en bewegingswoordeskat 6.5 – HOЁ VLAK – 4 punte simboliek wat gebruik word NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in ʼn ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Kolpunte is ingesluit om te help met puntetoekenning. MOONTLIKE ANTWOORDE: 6.1 Invloede en samewerking • Sy vroeë invloede was wisselend van tradisionele koshuisdansers tot popsterre soos Michael Jackson. • Hy het in 1990 sy formele opleiding begin by Moving into Dance Mophatong onder die leiding van Sylvia Glasser. • Om ʼn beurs van die Performing Arts Research and Training School (PARTS) in België te kry, was ʼn deurslaggewende oomblik en ʼn intense ervaring. • Hy het die kans gekry om saam met groot kunstenaars te werk. Hy het homself gevestig as ʼn internasionaal bekende danser, choreograaf en regisseur en het in 1999 Vuyani Dansteater (VDT) in België gestig. • Hy was mede-direkteur van Moving into Dance – Suid-Afrika en het bygedra tot die ontwikkeling van belangrike werke vir hierdie dansgeselskap wat die samelewing en die tye waarin ons leef weerspieël. • Hy was in opdrag as hoofchoreograaf vir die Wêreldberaad van Kuns en Kultuur, as hoofchoreograaf vir die FIFA Wêreldbekertoernooi Kick-Off Konsert en het op kommisies van vele ander hoëprofielgebeurtenisse gedien. • Hy was artistieke direkteur van die Afro-Vibes-fees in Nederland waar hy die kulturele talent van Suid-Afrika uitgebeeld het. • Hy onderrig by verskeie universiteite in Suid-Afrika, die VSA en Europa waar hy inligting uit verskillende kulture en agtergronde in sy onderrig saamsmelt. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) • Hy het dansrepertoires vir baie toonaangewende dansgeselskappe in Suid-Afrika geskep. • Hy skep uitdagings vir sowel manlike as vroulike dansers (geslagsgelykheid). Hy dink nooit in terme van kwotas of stelsels nie – erken talent en koester dit. • Hy bestudeer die ryke geskiedenis van Suid-Afrikaners en wys dit as ʼn spieël vir die samelewing. • Deur dans vind hy kreatiewe maniere om die wonde van die verlede te genees. Die dansgeselskap is ʼn plek waar dansers en kunstenaars veilig voel en met vertroue kan saamwerk. VDT werk saam met kunstenaars wat ʼn visie het om die wêreld te verander. • Maqoma het saam met baie bekende kunstenaars gewerk soos Sylvia Glasser, die stigter van Moving in Dance Mophatong, die Britse choreograaf Akram Khan, die Belgiese choreograaf Sidi Larbi Cherkaoui, Faustin Linyekula van die Kongo en die teaterregisseur James Ngcobo. Enige ander toepaslike antwoorde. (8) 6.2 Beligting en tegnologie • Daar was afdelings waar Maqoma wou hê die musiekgroep moes sigbaar wees vir die gehoor en ander tye wou hy hệ dat hulle moes verdwyn. • Die antwoord hierop was die gebruik van ʼn withaai-tandgaas of -skerm wat voor die musiekgroep geplaas is en ʼn agtergrond vir die stuk gevorm het. • As die voorkant van skuins voor of van ʼn hoek belig word, lyk dit ondeursigtig. Wanneer dit van die agterkant af verlig word, word die skerm deursigtig wat dan die agterste verhoog se toneel onthul. • Dus, met behulp van die beligting, kan hy die musiekgroep laat verdwyn en weer verskyn wanneer hy wil. • Die gaas is ook gebruik as ʼn projeksievlak vir al die animasies. • Kleur was, tot ʼn groot mate, die belangrikste deel van die beligtingsontwerp. • Die kleure het nodig gehad om die projeksie te komplementeer en die atmosfeer vir elke afdeling te help skep. • Beligtingshoeke was ook belangrik. Hy moes die lig akkuraat beheer, om die musiekgroep so subtiel as moontlik te onthul sonder om die "op te los" illusie in gedrang te bring. • Die beligting was ook nodig om die kostuumontwerpe te komplementeer. • Lente- en herfsprojeksies is op byna dieselfde manier geskep. • Stadige abstrakte fladderende blare en blomme, het beweeg asof hulle hul eie gedagtes gehad het. • Die animasies was baie basies, maar komplimenteer die choreografie op die verhoog. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 15 Lente: • Die video van bloeiende blomme op die toneellinne versterk die toneel. • Die beligting word warmer en beklemtoon die lentekostuums. Herfs: • Die beligting gebruik template (‘gobos’) voor die ligte wat patrone op die vloer skep om die droë aarde voor te stel. • Die videoprojeksie van bruin blare stel die droë seisoen voor. • Dit word beklemtoon deur die beligting wat poele vloerpatrone onwerp wat simbolies is van ʼn droë land. Enige ander geskikte antwoord. (6) 6.3 Die musiekgroep en hul musiek verbeter die produksie • Die musiek word lewendig op die verhoog deur vier musikante gespeel: violis, hoof- en baskitaarspeler, tromspeler/perkussiespeler. • Hierdie musikante word agter op die verhoog agter die toneellinne geplaas en is sigbaar in sekere dele en verdwyn weer in ander. • Die musiek weerspieël die stemming in al die seisoene: Winter: • Die musikante is nie sigbaar nie, maar verskaf die ritmiese dryfkrag vir die dansers se marsjeerbewegings. • Aan die begin skep die musiek ʼn vreemdsoortige gevoel van ʼn onherbergsame gebied/verlatenheid. Daarna word dit luid en kragtig. Lente: • Die musikante word vir die eerste keer getoon en gee ʼn gevoel van diepte aan die verhoog. • Die musiek raak meer in Afrika-ritmes gewortel, net soos die dans. Herfs: • Die musiek berei die toneel voor met die geluid van die wind wat waai en bou op tot ʼn gevoel van rock ʼn roll, wat chaos en verlies uitbeeld. • Die droefgeestige klanke van die viool begelei die twee dansers wat op die verhoog agterbly en weerspieël hul gevoel van pyn en verlies. Somer: • Die musiek is lewendig met ʼn gevoel van die Brasiliaanse samba. • Dit beïnvloed die dansbewegings, wat die sensuele gebruik van heupe soos in ʼn samba insluit. (6) 6.4 Dansstyl en bewegingswoordeskat • Maqoma beskryf sy dansstyl as ʼn samesmelting van Afrika- kontemporêre stedelike style, musiek en kultuur met dié wat deur eietydse Europese mededingers vervaardig word. • Vuyani Dansteater produseer werk wat sosiale waardes bevraagteken en uitdaag, terwyl die geskiedenis gelyktydig as ʼn afspringplek vir navorsing en ontwikkeling gebruik word. • Maqoma gebruik alledaagse dinge as inspirasie. Hy is geneig om in die nou te leef, die verlede te interpreteer en aan die toekoms te dink. • Sy werke is rondom die verval van die planeet en geskiedenis – dit gaan oor ons kollektiewe en individuele geskiedenis. • Hy wil nie hê VDT moet as ʼn Afrika-dansgeselskap gekategoriseer word nie. Hy wil hê hulle moet uniek wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) • Hy sien sy werk as ʼn “mengsel van dansvorms”; hy is beïnvloed deur die tradisionele dans van trekarbeiders wat hy dopgehou het waar hy langs ʼn koshuis in Soweto grootgeword het. • Hy het Michael Jackson verpersoonlik nageboots en dit met tradisionele vorms saamgesmelt. • Die kultuur van sy werk is gegrond in sy Xhosa-tradisie en geskiedenis. • Gedurende die Winter in Vier Seisoene, is die danser se bewegings staccato, skerp, kragtig en vierkantig in reaksie op die musiek. • Die dansers marsjeer rondom die verhoog en skep ʼn gevoel van soldate/oorlog. • In die Lente word die dansers wesens in die natuur; wat die lente uitbeeld as die begin van lewe, die groen, blomme blom, bokke wat huppel, verskillende voëls wat met hul vere pronk. • In die Herfs word die dansers slagoffers van sterk winde, liggame wat op die vloer gegooi word, windmeleuns en wys ʼn gevoel van gevaar. • In die Somer sien ons hoop en die uitbarstig van vreugdevolle bewegings wat eenheid onder die dansers toon en ondersteuning vir mekaar bied. Hul bewegings word deur Brasiliaanse sambaritmes beïnvloed. (6) 6.5 Simboliek wat in die Lente en Herfs gebruik word Lente • Wanneer die dansers hul winterkostuums afgooi om hul ligpienk en blomagtige kostuums te openbaar, simboliseer dit die begin van nuwe lewe. • Die dansers simboliseer wesens in die natuur, blomme wat blom, bokke wat huppel, verskillende voëls wat met in hul vere pronk. • Die video-projeksie van vloeiende blomme simboliseer ook die begin van die lente. Herfs • Die herfskostuums simboliseer vryheid en beeld chaos uit. • Die dansers word die slagoffers van sterk winde, liggame wat op die vloer gegooi word, windmeleuns en wys ʼn gevoel van gevaar. • Die video-projeksie simboliseer die blare wat verbruin, verandering, chaos en stryd. Enige ander geskikte antwoord. (4) [30] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 17 VRAAG 7: SUID-AFRIKAANSE of INTERNASIONALE CHOREGRAAF EN DANSWERK (KEUSEVRAAG) NASIENRIGLYN: 7.2 – LAE VLAK – 8 punte samewerking en invloede 7.3 – MEDIUM VLAK – 6 punte produksie-elemente 7.4 – MEDIUM VLAK – 6 punte musiek 7.5 – HOЁ VLAK – 6 punte dansstyl en bewegingswoordeskat 7.6 – HOЁ VLAK – 4 punte simboliek wat gebruik word NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Kolpunte is ingesluit om te help met puntetoekenning. GEEN PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 7.1. 7.1 Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf en die danswerk nie. 7.2 ASPEKTE WAT IN DIE OPSTEL KAN INGESLUIT WORD: Invloede en samewerking o Mense/Onderwysers/Choreograwe/Direkteure, ens. o Opleiding o Politieke omgewing o Sosiale omgewing o Samewerking met maatskappye/onderwysers/direkteure/dansers/ studente en enige ander relevante inligting wat die choreograaf se ontwikkeling beïnvloed het en waarmee hy/sy saamgewerk het. Enige ander relevante inligting. (8) 7.3 Produksie-elemente wat gebruik word: • Kostuums/Grimering: o Kleure o Style o Effekte • Stelle/Rekwisiete: o Beelding/Beelde o Ontwerp o Posisie • Gebruik van verhoog: o Tipe verhoog o Grootte van verhoog o Hoe dit gebruik is • Ligte: o Kleure o Effekte o Posisies Enige ander relevante informasie. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) 7.4 Belangrikheid van die musiek o Begeleiding o Genre/Styl o Instrumentasie/Liedjies/Woorde o Musiekelemente o Gehalte o Effekte Enige ander toepaslike inligting. (6) 7.5 Die dansstyl en bewegingswoordeskat wat deur hierdie choreograaf in sy/haar danswerke gebruik is, bv.: • Choreografiese elemente: o Kanon/Eenheid/Simmetrie/Asimmetrie, ens. • Danselemente: o Ruimte/Tyd/Krag • Dinamiek van Styl(e): o Mengsel van style o Werklike bewegings o Kenmerke/Beginsels • Unieke eienskappe van die choreograaf: o Tweepas/Pas de deux o Bewegings o Geslagspesifieke rolle o Eienskappe o Groeperings Enige ander geskikte antwoorde. (6) 7.6 Die simboliek wat gebruik word om die danswerk te verbeter, kan insluit: • Produksie-elemente: o Simboliek: kostuums/kleure/style gebruik ens. • Bewegings: o Gebare/Mimiek o Motiewe • Sinopsis/Bedoeling: o Ander betekenis as die vanselfsprekende o Universele betekenis • Musiek/Begeleiding: o Effekte simboliseer iets anders as die vanselfsprekende o Liedjies/Woorde simboliseer bedoeling Enige ander geskikte antwoorde. (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DANSSTUDIES 19 VRAAG 8: KWALITEIT VAN BEWEGING/DANSELEMENTE/IMPROVISASIE NASIENRIGLYN: 8.1 – LAE VLAK – 5 punte 8.2 – MEDIUM VLAK – 6 punte 8.3 – MEDIUM VLAK – 4 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 8.1 8.1.1 Dinamiek (1) 8.1.2 Vlotheid (1) 8.1.3 Oorgange (1) 8.1.4 Musikaliteit (1) 8.1.5 Styl (1) 8.2 8.2.1 LET WEL: LEERDERS MOET ENIGE DRIE VAN DIE VOLGENDE AANBIED: • Negatiewe ruimte • Simmetrie • Vlakke • Kontras • Rigting (3) 8.2.2 Negatiewe ruimte – Die oop ruimtes wat deur die dansers verskaf Simmetrie – Die twee kante van die danser se liggaam is identies Vlakke – Lae, medium en hoë vlakke is sigbaar Kontras – Sommige dansers is op, terwyl een af is Rigting – Hulle kyk in teenoorgestelde rigtings (3) 8.3 LET WEL: HIERDIE IS DIE LEERDERS SE EIE INTERPRETASIE. EEN MOONTLIKE ANTWOORD: • Ons sal ʼn groepimprovisasie doen. • Ons sal op ʼn storie/tema besluit of ons gaan ʼn abstrakte improvisasie doen. • Dan sal ons besluit hoe en waar ons improvisasie sal begin, wat op die verhoog kan wees, van die verhoog af, of sommige dansers op die verhoog en sommige in die vleuels van die verhoog. • Ons sal besluit oor die lokomotoriese en nie-lokomotoriese bewegings, ons patrone, aanwysings en ook gebruik maak van tyd, ruimte en krag. • Die beeld sal beslis as ʼn einde gebruik word, dus moet ons ʼn klimaks hê en dan eindig soos in die voorgeskrewe foto wat voorsien is. Enige ander geskikte antwoord. (4) [15] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all