Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
DANSSTUDIES
2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 





View all
Dance Studies May June 2018 Memo Afr hlayiso.com
Dance Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Pages
- 18
- File size
- 220.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 18
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AANTEKENINGE VIR NASIENERS:
Hou streng by hierdie nasienriglyne wanneer nagesien word. Die standaardiserings-
proses tydens nasienriglynbesprekings verseker dat die nasienriglyne die meeste
moontlike antwoorde deur kandidate dek. Elke nasiener moet dit verstaan en op
konsekwente wyse toepas. In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en
ingeligte oordeel uitoefen.
Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-beamptes/-adviseurs
nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis.
• By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate albei vrae beantwoord
het, sien slegs die antwoorde op die EERSTE vraag na.
• Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangend van wat hulle in
die klas behandel het.
• Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word bo
elke moontlike antwoord gegee.
• Nasieners moet NIE volpunte vir 'n antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is,
toeken NIE.
• Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.
• Ken punte (regmerkies) toe vir inhoud gegee tot by die maksimum punte.
• Waar rubrieke gegee is – gebruik dit om die kognitiewe vlakke en gehalte van die
antwoorde te verifieer. Volpunte moet NIE toegeken word NIE, as al die vereistes
nie nagekom is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: FIKSHEIDSKOMPONENTE (VERPLIGTEND)
LAE VLAK 1.1 Pas 3 punte
1.2 Vergelyk 2 punte
MEDIUM VLAK 1.3 Verduidelik 3 punte
HOË VLAK 1.4 Verduidelik 3 punte
1.5 Verduidelik 4 punte
ANTWOORDE:
1.1 1.1.1 C (1)
1.1.2 A (1)
1.1.3 B (1)
LET WEL: Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
1.2 • Kardiovaskulêre uithouvermoë is die vermoë van die hart en die longe
om suurstofryke bloed aan die spiere te lewer oor 'n verlengde tydperk.
• Spieruithouvermoë is die vermoë van die spiere om baie sametrekkings
te doen oor 'n verlengde tydperk. (2)
1.3 • Verhoogde stamina verbeter jou uitvoeringsvermoë.
• Dit verhoog die suurstof toevoer na jou spiere.
• Dit verminder jou risiko vir uitputting, verbeter konsentrasie en verminder
stresvlakke.
• Dit versterk jou immuun sisteem en verminder die risiko vir beserings.
• Uithouvermoë kan beserings voorkom wat veroorsaak word deur
uitputting.
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
1.4 • Behou deurentyd goeie postuur en wees bewus daarvan om korrekte
liggaamslyn te handhaaf gedurende alle bewegings.
• Aktiveer abdominale spiere tydens bewegings, veral wanneer die
bewegings verlang dat daar vanuit neutrale liggaamslyn gewerk word.
• Handhaaf 'n balans in krag tussen die abdominale spiere en rug spiere.
• Kondisionering van stabiliserings spiere tydens bewegende en statiese
posisies.
• Doen gereelde kondisionerings oefeninge vir abdominale en rugspiere.
• Versterk AL die spiere wat die werwelkolom en bekken stabiliseer (m.a.w.
opsitte is nie genoeg nie).
• Voorbeelde van oefeninge om kern te versterk:
o Huppel met rotasie in bolyf (oefen die kern en versnel hartklop)
o Plank- en sywaarts plankoefeninge
o Fietstrap in lug, (ruglê), kop gelig
o Brugoefeninge
o Dit moet 2–4 keer 'n week gedoen word om 'n verbetering te sien.
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
1.5 • Kernstabiliteit is 'n belangrike aspek van algehele fiksheid, veral in dans,
waar dit belangrik is om 'n sterk kern te hê vir die handhawing van balans
gedurende bewegings.
• Die liggaam is gemaak vir beide stabiliteit en mobiliteit wat beteken dat
terwyl sommige liggaamsdele beweeg ander moet ondersteun of
stabiliseer.
• Handhawing van krag in die romp gedurende alle bewegings maak 'n
danser meer stabiel, verleen meer krag aan bewegings en verhoed
spanning op jou werwelkolom.
• Die abdominale spiere heg ook die bekken aan die werwelkolom. Dit
beteken dat die posisie van die bekken 'n belangrike rol speel in postuur
en krag.
• Sal grasie/goeie lyn verleen aan bewegings.
• Dit laat bewegings moeiteloos lyk.
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
[15]
VRAAG 2: GEESTESGESONDHEID
LAE VLAK 2.1 Noem 3 punte
MEDIUM VLAK 2.2 Raad gee 4 punte
2.3 Voorstel 3 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
2.1 Kandidate kan enige DRIE noem. Hulle mag ander simptome byvoeg wat
nie in die lys hieronder ingesluit is nie.
• Fisieke simptome (spierspanning/styfheid, krampe, pyn, gereelde
verkoues, vinnige hartklop)
• Emosionele simptome (buierig, geïrriteerd, ongelukkig, eensaam)
• Slaaploosheid of slaap te veel
• Verlies van eetlus of toename in eetlus
• Gespanne verhoudings (familie, vriende, groepsdruk)
• Is konstant bekommerd
• Gevoel van onsekerheid (verlies aan selfvertroue)
• Onrealistiese verwagtings
(3)
• Enige ander geskikte antwoorde.
2.2 Kandidate moet deeglike verduidelikings gee oor hoe om deur die jaar
voor te berei vir die finale praktiese eksamens.
• Woon alle praktiese klasse by sodat jy fisies en emosioneel voorbereid is
vir die inspanning van 'n eksamen.
• Volg 'n gebalanseerde dieet sodat jou liggaam optimaal kan funksioneer.
• Kry genoeg vloeistof in om uitputting en swak konsentrasie te verhoed.
• Strek gereeld om spanning en stres in die spiere en gewrigte te voorkom.
• Vermy gevaarlike aktiwiteite wat kan lei tot beserings en jou sodoende
verhoed om die eksamen te kan doen.
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
2.3 Kandidate moet DRIE ontspanningstegnieke voorstel en verduidelik.
Moenie punte toeken as die kandidate die tegniek benoem het, maar nie
'n verduideliking gegee het nie.
• Om te ontspan en spierspanning te verlig: lê op die vloer en wees
gemaklik; verbeel jy is in 'n rustige, veilige plek en fokus op
gekontroleerde, ontspanne asemhaling; verminderde harttempo; raak
bewus van verskillende sensasies, bv. Om jou arms en bene een vir een
te ontspan.
• Konsentreer daarop om elke spiergroep stadig saam te trek en weer
te ontspan: Dit help om te fokus op die verskil tussen spierspanning en
ontspanning. Begin by die spiere in jou tone en eindig by die spiere in jou
nek. Jy kan ook begin by jou nek en af werk tot by jou tone. Trek jou
spiere vir ten minste vyf tellings saam en ontspan dan vir tien tellings.
Herhaal en doen so met die volgende spier groep.
• Maak oë toe en visualiseer 'n reis na 'n vreedsame plek of situasie:
Kies die plek of situasie en probeer om soveel as moontlik van jou sintuie
te betrek, insluitend sien, hoor, ruik en voel Verbeel dat jy op 'n warm dag
in 'n pragtige woud met sagte gras en hoë bome ontspan. Dink aan die
reuk van die bome, geluid van die wind, koelheid van die gras en
sonstrale deur die blare. As die gedagtes gekalmeer word sal die
spanning in die liggaam verminder.
• Speel met 'n troeteldier of gesels met 'n vriend oor lekker dinge. Om
drukkies te gee aan 'n vriend kan ook spanning verminder en
senuagtigheid kalmeer.
• Pas ontspanningstegnieke toe: soos meditasie, yoga, strekke en
pendulum-tipe bewegings. Dit sal die spanning in die spiere verlig.
• 'n Gemaklike en goed geventileerde omgewing met min geraas en
sagte beligting sal ontspanning aanhelp.
• Masseer jouself wanneer jou spiere styf voel. Vryf of druk die spiere
van jou nek en skouers om spanning the verlig.
• Enige ander geskikte antwoorde.
(3)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 3: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES
LAE VLAK 3.1 Noem 3 punte
MEDIUM VLAK 3.2 Bespreek 3 punte
3.3 Analiseer 4 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
3.1 LET WEL: Kandidate kan ENIGE drie spiere in die anteriorgedeelte van die
romp kies. Sien slegs die eerste DRIE korrekte antwoorde na.
Enige van die volgende:
• Pectoralis major
• Rectus abdominis
• Eksterne obliques
• Interne obliques
• Transversus abdominis
• Serratus Anterior (3)
3.2 3.2.1 Abduksie en eksterne rotasie (2)
3.2.2 Quadriceps femoris (1)
3.2.3 Tibialis posterior/Gastrocnemius/Soleus (2)
3.2.4 Abduksie/eksterne rotasie (1)
3.2.5 Quadratus Lumborum (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 4: VOORKOMING EN BEHANDELING VAN BESERINGS (VERPLIGTEND)
LAE VLAK: 4.1 Beskryf 2 punte
4.2 Verduidelik 3 punte
4.3 Verskaf 3 punte
MEDIUM VLAK 4.3 Verduidelik 3 punte
4.4 Bespreek 4 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
4.1 Enige TWEE van die volgende:
• Rus – hou dadelik op met die aktiwiteit wat die besering veroorsaak het en
laat die beseerde gewrig of spier rus. Vermy enige aktiwiteit vir die eerste
48 tot 72 uur na die besering opgedoen is.
• Ys – draai ys in 'n klam handdoek toe en plaas dit op die beseerde area
vir 15 tot 20 minute, drie keer per dag vir die eerste 48 tot 72 uur na die
besering.
• Kompressie – deur die beseerde gedeelte te verbind, sal swelling
verminder en voorkom dat dit verder beseer word.
• Elevasie – hou die geaffekteerde area hoog en ondersteun dit op 'n
kussing om swelling te verminder. (2)
4.2 Enige DRIE hieronder:
• Nie-gewigdraende oefeninge – as jy 'n enkelbesering opgedoen het, kan
dorsi- en plantaarfleksie van die enkel, terwyl die voet hoog gehou word,
help om swelling te verminder.
• Gewigdraende oefeninge – begin met gedeeltelik gewigdraende
oefeninge en vorder na gewigdraende oefeninge met balansbord/kussing.
• Vloerwerk – werk steeds aan kernstabiliteit; gaan voort met jou
vloeroefeninge gedurende die herstel proses van jou beseerde knie of
enkel.
• Fisioterapie – moenie heeltemal ophou oefen nie; jou dokter of
fisioterapeut sal jou 'n reeks oefeninge wys wat sal help om die mobiliteit
van die beseerde gewrig te verbeter. In die geval van 'n erg verstuite knie
of enkel, moet die gewrig geïmmobiliseer word.
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
4.3 Kandidate moet DRIE veilige danspraktyke verskaf vir 3 punte en moet
elke praktyk verduidelik vir 3 punte.
Enige DRIE van die volgende:
• Behoorlike opwarming voor oefeninge – sal die spiere voorberei en die
gedagtes fokus op die klas wat voorlê.
• Koel af aan die einde van klas – sal die harttempo terugbring na normaal
en verhoed dat bloed in die ledemate opdam.
• Vermy veeleisende oefeninge as jy moeg is – moeë spiere word
makliker beseer.
• Toepassing van korrekte postuur en liggaamslyn – sal stres en
spanning op die werwelkolom en gewrigte verminder.
• Toepassing van korrekte landingstegnieke – land deur die voet en buig
die knieë aand die einde van die sprong om die effekte van skok/harde
landings te verminder.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
• Vermy sakke en klere wat rondlê in die ateljee en aantrekkamers – om
te verhoed dat jy struikel en val. Moenie dans, hardloop of loop op gladde,
taai of ongelyk oppervlaktes nie om te verhoed dat jy val.
• Verbeter uithouvermoë en algehele fiksheid – sal uitputting voorkom
wat kan lei tot beserings.
• Dra die korrekte dans klere – los klere kan veroorsaak dat jy
struikel/gly/val en stywe klere kan bewegings beperk. Juwele en lang
naels word nie toegelaat nie om die veiligheid van ander dansers te
verseker.
• Wees bewus van jou persoonlike spasie en ook die van ander –
vermy dit om teen mekaar te stamp/bots sodat beserings nie so gebeur
nie.
• Moenie groot, onbeheerde bewegings probeer sonder om behoorlik
op te warm nie – dit kan spiere en gewrigte beskadig.
• Enige ander geskikte antwoorde. (6)
4.4 • Fisioterapie – kan die omliggende spiere en ander areas van die liggaam
versterk/help om die beseerde area te ondersteun.
• Ultraklank behandeling – kan swelling en inflammasie verminder.
• Medikasie – soos anti-inflammatoriese pille kan swelling verminder.
• Operasie – mag nodig wees in ernstige gevalle waar ander behandelings
nie voldoende is nie – sal help om beserings te herstel, bv. gebreekte
bene wat op geen ander manier genees kan word nie.
• Nie-gewigdraende oefeninge
• Vloerwerk – gaan voort om kernstabiliteit te bevorder indien dit 'n voet of
kniebesering is.
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
[15]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN – GELETTERDHEID
VRAAG 5: DANSKOMPOSISIE (VERPLIGTEND)
MEDIUM VLAK 5.1 Verduidelik 5 punte
HOË VLAK: 5.2 Evalueer 5 punte
MOONLIKE ANTWOORDE:
5.1 5.1.1 Motief
• 'n Herhalende beweging of gebaar wat op verskeie maniere
uitgebrei kan word tydens die choreografiese proses. (1)
5.1.2 Sekwensie
• Verwys na die volgorde waarin bewegings, motiewe en frases
saamgevoeg word. (1)
5.1.3 Kanon
• Een groep dansers begin 'n beweging of sekwensie en word
presies herhaal deur die daaropvolgende dansers – soos 'n
Meksikaanse golf. (1)
5.1.4 Stilheid
• Oomblikke van stilte in 'n dans wat atmosfeer skep. (1)
5.1.5 Klimaks
• Die hoogtepunt of onvergeetlike oomblik van 'n dans. (1)
5.2 • Jy het genoegsame krag nodig om oplig-bewegings te beheer sodat jy nie
jou maat sal, laat val nie.
• Jy moet die korrekte oplig-metodes verstaan sodat nie jy of jou maat
beseer word nie.
• Julle moet albei ewe veel 'n gevoel van gee en neem ervaar vir werk in
pare, om suksesvol te wees.
• Dit is belangrik om die liggame van jou dansmaats en jou eie met respek
te behandel om beserings te vermy.
• Jou maat moet jou ten alle tye veilig laat voel en jy moet ook jou maat laat
veilig voel. Dit sal julle albei vol selfvertroue en in beheer laat voel
wanneer julle oplig-oefeninge doen.
• Jy moet kreatief wees en nie selfbewus of bedreig voel nie.
• Wees sensitief in die manier waarop jy met ander dansers beweeg.
• Vermy loshangende juwele of lospassend klere wat aan iets kan vashaak
of verstrengel word.
• Jy moet ook seker maak wanneer jy iemand oplig, dat jy die spanning van
jou rug af neem deur jou knieë te buig en gebruik te maak van jou
kernspiere.
• Jy en jou maat moet in staat wees om goed met mekaar te kommunikeer
wanneer julle saam werk.
• Wanneer jy met 'n maat werk, moet jy somtyds beheer oor gee aan jou
maat, so jy moet jou maat kan vertrou.
• Enige ander geskikte antwoorde. (5)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 6: DANSVORME EN MULTIDISSIPLINȆRE KUNSVORME (VERPLIGTEND)
MEDIUM VLAK 6.1 Analiseer 6 punte
HOË VLAK 6.2 Bespreek 4 punte
LET WEL: Eenwoord-antwoorde is onaanvaarbaar. Kolpunte ('Bullets') word
gebruik om nasien te vergemaklik. Meer informasie word verskaf as
wat verwag word. Gebruik professionele oordeel wanneer
kreatiewe/uit die boks/ongewone interpretering geassesseer word
en merk daarvolgens.
MOONLIKE ANTWOORDE:
6.1 LET WEL: Kandidate moet die voordele verduidelik hoe om verskillende
dansvorme/genre/style te meng.
• Deur die samesmelting van verskillende tegnieke of dansvorme sal jy met
nuwe dansbewegings/woordeskat vorendag kom.
• Jy kan 'n nuwe dansstyl ontwerp deur die menging/kombinasie elemente
van verskillende genres.
• Dit sal jou werk individueel/verskillend maak van enige iets wat van te vore
gedoen was.
• Dit sal die danser se verbeelding verryk en verwag dat hulle hul
omvang/woordeskat verbreed.
• Dit sal die dansers/gehoor blootstel aan verskillende danstipes/-style.
• Inspirasie kan van verskillende kulture ontleen word om nuwe idees te
ontdek.
• Die samesmelting van dansvorme stel dansers en gehore bloot aan
verskillende kulture.
• Kan gehore opgewonde maak want dit kan onverwags wees.
• Kan 'n gevoel van vryheid aanmoedig want daar is geen beperkings van
bewegings-moontlikhede nie.
• Verkose genres kan as gids gebruik word om nuwe moontlikhede te
verken wanneer bewegings/musiek saamgesmelt word.
• Moontlikhede van kostuum ontwerp van verskillende dans genres/style
kan ontwikkel word deur die vereniging van verskillende ontwerpe.
• Om weg te breek van enige stereotipes van dans/dansers.
• Enige moontlike antwoord. (6)
6.2 Kandidate kan enige van die volgende insluit wat verbind/ingesluit kan
word in 'n danswerk:
• Toneelspel/teks
• Praat
• Sing
• Lewendige musiek/groep/begeleiding
• Beeldhouwerk
• Kunswerk
• Beeldmateriaal/tegnologie
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 7: MARTHA GRAHAM EN LAMENTATION
LAE VLAK 7.1 Beskryf 9 punte
7.2.2 Verduidelik 4 punte
MEDIUM VLAK 7.2.1 Verduidelik 8 punte
HOË VLAK 7.3 Evalueer 5 punte
7.4 Staaf/bewys 4 punte
LET WEL: Gebruik professionele oordeel wanneer punte toegeken word.
Kolpunte word gebruik om nasieners te lei oor moontlike tipe
antwoorde wat verskaf kan word. Moenie punte toeken vir
herhalende/oppervlakkige antwoorde nie.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
7.1 • Haar familie was streng Presbiteriaans en het haar ten sterkste afgeraai
om aan die uitvoerende kunste deel te neem.
• Graham het egter haar pa oortuig om haar na 'n opvoering van Ruth St
Denis te neem. Die uitvoering het 'n geweldige impak op haar gehad en
haar geïnspireer om 'n danser te word.
• Omdat haar pa nie haar besluit sou goedgekeur nie, het sy eers na sy
dood met haar dansopleiding begin.
• Die 22 jarige Graham het by die Denishawn-skool ingeskryf, waar sy haar
basiese opleiding ontvang het.
• Graham en Shawn het saam in die hoofrolle van produksie gedans en
Graham het gevolglik groot blootstelling geniet.
• Sy verlaat die skool en trek New York toe waar sy begin eksperimenteer
het met nuwe danstegnieke wat die idees rondom bewegings in dans sou
verander.
• Om haarself te onderhou, aanvaar sy werk by 'n Broadway-revue en raak
gou bekend vir haar dansvermoë.
• Nadat sy 10 jaar lank vir ander gedans het, bring Graham haar eerste
solokonsert op die planke.
• In 1926 stig sy die Martha Graham skool van Moderne Dans as ook haar
eie dansgeselskap.
• Enige ander geskikte antwoorde. (9)
7.2 7.2.1 Bewegingswoordeskat en simboliek:
• Die drie stadiums van die rouproses/smart word deur die
bewegings uitgebeeld.
• Haar gebruik van kontraksie en vrylating is duidelik deur die
hele werk.
• Die danser het haar innerlike gedagtes weerspieël deur die
gebruik van hoekige, eksplosiewe en gestileerde gebare. Die
bewegings is skerp en hoekig om gevoelens van smart en
hartseer, wat nooit mooi is nie, uit te beeld.
• Elke skerp, hoekige beweging wat die danser uitvoer,
simboliseer die geweldige innerlike konflik wat in haar woed.
• Terwyl sy styf heen en weer wieg, trek, druk en pluk sy aan die
beperkende materiaal met haar hande, elmboë, knieë en
skouers om uiting te gee aan haar emosies – dit beeld die
wanhoop uit wat sy ervaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 12 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
• Die gebruik van diep kontraksies wys haar angs en pyn.
• Slegs haar gesig, hande en voete is sigbaar. Hierdie
liggaamsdele word effektief gebruik om die pyn en emosie
waardeur sy gaan te wys – van die bewegings is baie lelik, bv.
die gebruik van gebuigde en inwaarts gedraaide voete –
simboliseer dat smart nie 'n mooi emosie is nie.
• Die uitreikende arm bewegings, gee die gevoel dat die danser
om hulp uitreik of soos sy na bo kyk, vra sy vir geestelike hulp.
• Al die bewegings hou haar vas aan die bank – sy los dit nooit.
Dit simboliseer die feit dat sy nie van haar smart kan vergeet
nie en moet in hierdie situasie bly totdat sy dit opgelos het.
• Enige ander geskikte antwoorde. (8)
7.2.2 Produksie elemente:
Kostuum:
• Die danser dra 'n rekbare, pers lyfkous (jerseymateriaal), wat
simbolies is van haar eie liggaam wat in die smart vasgevang
is.
• Slegs haar gesig, hande en voete is sigbaar.
• Die kostuum skep 'n ingehokte effek wat die gehoor die gevoel
gee dat sy in haar smart vasgevang is.
• Die kostuum laat die danser toe om aan die beperkende
materiaal te trek, druk en pluk wat verskillende visuele lyne en
vorms uit beeld.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Stelontwerp/rekwisiete:
• Die enigste rekwisiet is 'n houtbankie wat die kern van die hele
dans is.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Beligting:
• Die verhoog is nie baie belig nie, behalwe vir 'n kollig wat op die
danser gerig is.
• Die wit lig stel realiteit voor wat skerp en wreed is wat die
realiteit beklemtoon.
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
7.3 Hoe die musiek die tema verryk het:
• Dit is 'n klassieke, solo klavierstuk met 'n onderliggende toon van angs.
• Die musiekpartituur speel 'n belangrike rol in die skep van die atmosfeer.
• Dit volg die drie stadiums van die rouproses/smart wat deur die danser
uitgebeeld word:
Fase 1:
• Wanneer die danser met die uitvoering begin, is die akkoorde sag – dit
simboliseer ongeloof.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
Fase 2:
• Die akkoorde word progressief dissonant soos wat die danser teen die
realiteit baklei.
• Dit bou op na die klimaks wanneer die danser die realiteit moet
aanvaar en geweldige innerlike konflik moet hanteer.
Fase 3:
• Die musiek bedaar wanneer die danser besef dat sy haar smart op haar
eie moet verwerk.
• Enige ander geskikte antwoorde. (5)
7.4 • Graham se kreatiewe woordeskat het aanleiding gegee tot haar tegniek en
tot die internasionale woordeskat van kontemporêre dans.
• Vandag nog word die Martha Graham tegniek oral ter wêreld beoefen.
• Graham was een van die baanbrekers van kontemporêre dans soos ons
dit vandag ken.
• Graham het 'n oefeningstelsel vir haar moderne dansers saamgestel wat
soortgelyk was aan 'n daaglikse balletklas.
• Dit was die eerste keer dat so iets gedoen is. Sy het 'n taal vir moderne
dans gekodeer wat deur toekomstige moderne dansers en onderwyser
gebruik kon word.
• Sy het die bewustheid van die liggaam en die misterie wat dit omhul,
aangemoedig.
• Graham se revolusionêre danstegniek is haar grootste prestasie. Dit het 'n
impak gehad op alle ander vorme van kontemporêre dans en Graham
gevestig as die persoon wat die grootste, enkele bydra tot kontemporêre
dans gelewer het.
• Baie bekende choreograwe in die wêreld van ballet of kontemporêre dans
is deur haar of het in haar dansgeselskap gedans, byvoorbeeld Alvin Ailey,
Merce Cunningham, Paul Taylor en Twyla Tharp.
• Terwyl sy gewerk en klas gegee het, het sy met kontemporêre dans begin
eksperimenteer. Sy het klassieke dans en sy tradisionele bewegings
verwerp en gefokus op natuurlike emosie gebaseer op sy struktuur, en wat
die liggaam kon doen.
• Sy het wat genoem word 'eksplosiewe bewegings' bewerkstellig, wat die
beginsel is van kontraksie en vrylating.
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
[30]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 8: VINCENT MANTSOE EN GULA MATARI
LAE VLAK 8.1 Beskryf 9 punte
8.2.2 Verduidelik 4 punte
MEDIUM VLAK 8.2.1 Verduidelik 8 punte
HOË VLAK 8.3 Evalueer 5 punte
8.4 Staaf/bewys 4 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
8.1 • Mantsoe kom uit 'n familie wat die tradisies en gebruike van hulle kultuur
baie streng nagevolg het.
• Sy familie het 'n lang geskiedenis van betrokkenheid by spirituele
genesing en sy ma, tannie en ouma was sangomas. Vincent het gereeld
deel geneem aan die dans en musiek aspekte van hierdie rituele, maar hy
het nooit self 'n sangoma geword nie.
• Dit het by hom 'n liefde vir rituele danse en sang gekweek.
• Hy het selfs somtyds sy ouma gevra om toestemming te verkry by hulle
voorvaders vir die gebruik van sekere rituele aspekte in sy danswerke.
• Mantsoe het reeds op 'n jong ouderdom begin dans en was deel van 'n
dansgroep genaamd The Joy Dancers. Hulle het graag die dansstyl van
bekende musiek kunstenaars, soos Michael Jackson nageboots, maar het
dan hulle persoonlike dansstyl daarmee gekombineer.
• Dit was die begin van Mantsoe se kombinering van dansstyl
(kruis-genres) in sy choreografie.
• Hy was ook later deel van twee jeug dansgroepe naamlik Street Dance en
Rathabile Youth Club.
• Vincent het ingeskryf vir 'n oudisie om moontlik 'n plek te wen in Sylvia
Glasser se dansgeselskap, Moving Into Dance. Hy was suksesvol en het
sy professionele dans loopbaan daar begin in 1989.
• Sylvia Glasser is bekend vir haar kombinasie van dansstyl (Afro-fusie) en
dit het 'n groot impak op Mantsoe se choreografie gehad.
• Reg deur sy opleiding was hy aan baie verskillende Afrika en
Kontemporêre dansstyl blootgestel.
• Hy het in 1992 sy diploma as dans onderwyser ontvang deur die Moving
Into Dance (MID) Community Dance Teacher's Training Program.
• Mantsoe het ook reeds talle gemeenskaps-dansonderwysers opgelei en
ook 'n invloed gehad op vele professionele danser.
• Vincent Mantsoe is tans woonagtig in Frankryk, maar kom gereeld terug
Suid-Afrika toe om van sy nuwe danswerke te kom bekendstel.
• Enige ander geskikte antwoorde. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 15 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
8.2 Bewegingswoordeskat en simboliek:
• Die bewegings in die danswerk boots die bewegings van voëls na
soos wat die danser beset word deur die gees van die voël.
• Vincent maak baie gebruik van gebuigde ledemate asook van
kontraksies en buigings van die rug en torso wat herinner aan
hoe voëls beweeg.
• Ons vind min reguit lyne in die natuur en die bewegings in die
danswerk reflekteer dit goed.
• Die bewegings van die kop is skerp en vinnig soos die van 'n voël
wat senuagtig rondkyk.
• Die skouers word gebruik met klein, skerp bewegings en rolle.
• Die vlerke van die voël word verteenwoordig deur die gebruik van
die arms. Die arms word op en af (en selfs vorentoe en agtertoe)
beweeg soos vlerke wat flap.
• Die dansers sprei hulle vingers om te lyk soos vere op die vlerke.
• Die dansers se spronge met gebuigde bene en voete herinner
ons aan die soms vreemde en ongemaklike hoppe en spronge
van voëls.
• Die konstante beweging van die dansers word onderbreek deur
oomblikke van stilte wat ons herinner aan hoe die voël soms stil
staan as dit gevaar waarneem.
• Enige ander geskikte antwoorde. (8)
8.2.2 Produksie elemente:
Kostuums:
• Die mans dans in losserige kuit-lengte broeke waarvan die
materiaal 'n voël ontwerp op het.
• Die vroue dra 'n kort rompie en 'n bikini-tipe top gemaak uit
dieselfde materiaal as die mans s'n.
• Die mans en vroue dans kaalvoet.
• Die materiaal van die kostuums skep 'n kamoefleereffek wat
deurtrek na hoe voëls in die natuur hulself beskerm.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Stel ontwerp:
• Die verhoog is kaal wat die gehoor toelaat om hulle eie
omgewing te verbeel.
Beligting:
• Donker blou ligte word om die beurt gebruik met meer natuurlike
helder ligte.
• 'n Klein hoeveelheid wit lig word gebruik van voor af om die
dansers se gesigte te verlig.
• Die blou ligte word gebruik om die vroeë oggend voor
sonsopkoms te simboliseer.
• Die blou ligte word ook gebruik as daar 'n oomblik van gevaar
nader kom.
• Die blou ligte word gebruik aan die einde van die werk om weer
die aand te simboliseer.
• Die grootste gedeelte van die werk word gesien in 'n sagte geel
(of selfs wit) lig.
• Dit simboliseer daglig en versterk die idee dat ons na voëls kyk in
hulle natuurlike habitat.
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 16 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
8.3 Hoe die musiek die tema verryk:
• Die musiek was gekomponeer deur Gabrielle Roth.
• Sy is welbekend vir haar vermoë om musiek te gebruik as 'n genesings
meganisme, veral emosioneel, en dit sluit baie goed aan by die
spiritualiteit van die danswerk.
• Hierdie spesifieke stuk musiek fokus op die gebruik van dromme met
oomblikke van stilte tussen in.
• Die musiek laat jou voel asof jy êrens in die natuur is.
• Die oomblikke van stilte in die musiek komplimenteer die oomblikke van
stilte in die choreografie baie goed en wissel die kalmte van die buitelewe
effektief af met oomblikke van gevaar.
• Die musiek vermeerder deurentyd in intensiteit van die werk en dit
ondersteun die bewegings soos meer dansers (voëls) byeenkom.
• Dit kalmeer en bring die gehoor terug na rustigheid totdat daar nou slegs
een danser op die verhoog oorbly.
• Die opgeneemde musiek word afgewissel met oomblikke van geen
musiek. Dit is wanneer jy kan hoor hoe die dansers self fluit. Die klanke
word deur die dansers self gemaak terwyl hulle dans. Dit dui opsigself
ook na die gees van die voël wat die mens oorneem terwyl hulle dans.
• Die oomblikke waar die dansers fluit word gebruik om die danswerk te
begin en te eindig en so word 'n baie bevredigende einde aan die
danswerk geskep.
• Enige ander geskikte antwoorde. (5)
8.4 Bydrae:
• Ontwikkeling en koestering van ons Afrika oorsprong.
• Bring erfenis en kulturele gelowe in die publieke oog – wat mense,
dansers/choreograwe leer om inspirasie te neem uit hulle eie agtergrond.
• Beaam jong choreograwe om hulle eie erfenis/identiteit te verken en te
gebruik in hulle werke.
• Meer jong choreograwe is vol selfvertroue om dele van hulle eie kultuur
te gebruik, want as dit verkeerd gedoen word kan dit baie oneerbiedig
wees.
• Enige ander geskikte antwoorde.
(4)
[30]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 17 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 9: CHOREOGRAAF EN DANSWERK
LAE VLAK 9.2 Beskryf 9 punte
9.3.2 Verduidelik 4 punte
MEDIUM VLAK 9.3.1 Verduidelik 8 punte
HOË VLAK 9.4 Evalueer 5 punte
9.5 Staaf/bewys 4 punte
LET WEL: Kandidate moet EEN choreograaf en EEN van die danswerke kies uit die
voorgeskrewe lys. Kandidate mag nie oor Graham of Mantsoe skryf nie.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
9.1 Die naam van die choreograaf en die danswerk.
9.2 Choreograaf se agtergrond, opleiding en loopbaan:
• Plekke waar hulle groot geword het
• Sosiale-politieke faktore
• Opleiding/dansskole
• Mense/mentors
• Onderwysers
• Choreografiese loopbaan en danswerke
• Samewerkings
• Dansgeselskappe waarmee geassosieer
• Enige ander geskikte antwoord. (9)
9.3 9.3.1 LET WEL: Moenie vol punte toeken as simboliek nie ingesluit
is nie.
• Dansgenre wat gebruik word
• Samesmelting van dansgenres
• Gebruik van alledaagse bewegings/mimiek/gebare, ens.
• Simboliek wat gebruik word in die bewegings
• Enige ander geskikte antwoorde. (8)
9.3.2 Produksie elemente:
Kostuums:
• Styl/kleur/ontwerp en hoe hulle hul idee/s uitdruk
Rekwisiete/stelle: beskryf en verduidelik waarom hulle gebruik
was
Spesiale effekte:
• Projeksie/beelde/klank/stem, ens.
• Hoe hulle bygedra het tot die oorsig/intensie
Beligting:
• Kleure wat gebruik word – atmosfeer/effek/bui
• Enige ander geskikte antwoord. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 18 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
9.4 Hoe die musiek die danswerk verryk het:
• Genre/Style van musiek
• Instrumentasie – hoe dit die beweging/stemming geaffekteer het
• Tempo/dinamika, ens.
• Gebruik van stemme/begeleiding/ander
• Hoe dit bygedra het tot die suksesvolle einde van die produk en met
voorbeelde
• Enige ander geskikte antwoorde.
(5)
9.5 Bydrae:
• Werk verskaffing
• Uitreiking/opheffing/mentorskap programme
• Mentorskap van belowende choreograwe
• Erkenning/prestasies
• Skepping van nuwe bewegingswoordeskat/styl/tegnieke
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
[30]
VRAAG 10: SIMBOLIEK IN DANS (VERPLIGTEND)
LAE VLAK 10.2 Beskryf 4 punte
HOË VLAK 10.3 Evalueer 6 punte
LET WEL: As kandidate dieselfde choreograaf/danswerk gekies het soos in
VRAAG 7, VRAAG 8 en VRAAG 9, sal hulle geen punte ontvang nie.
10.1 Kandidate moet die naam van die gekose choreograaf en danswerk
verskaf.
10.2 Oorsig/intensie/tema/idee:
• Beskrywing van die oorsig/tema/idee
• Invloed wat die idee vorendag gebring het
• Enige ander verwante areas van die tema
(4)
10.3 Simboliek gebruik in:
• Kostuums
• Agterdoek
• Rekwisiete
• Beligting
• Bewegingswoordeskat
• Tegnologie
• Verhoogspasie
• Enige ander geskikte antwoord wat wys hoe simboliek gebruik word. (6)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Dramatic Arts June 2018 Memo Eng hlayiso.com

Question paper
Dance Studies May June 2018 Eng hlayiso.com

Question paper
Dramatic Arts May June 2018 Afr hlayiso.com

Memorandum
DANCE STUDIES MEMO GR12 SEPT 2018 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
DANCE STUDIES MEMO GR12 SEPT 2018 English hlayiso.com

Memorandum
Dance Studies Nov 2018 FINAL Memo Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Dance Studies
Explore more published documents in this catalogue.











