Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
NOVEMBER 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Dance Studies Grade 12 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 431.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC November Exam 2018
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
NOTA AAN NASIENERS:
• Hou streng by hierdie nasienriglyne wanneer nagesien word.
• Die standaardiserings-proses tydens nasienriglynbesprekings verseker dat die
nasienriglyne die meeste moontlike antwoorde deur kandidate dek.
• Elke nasiener moet dit verstaan en op konsekwente wyse toepas. Die nasienriglyne
mag onder geen omstandighede verander word nie.
• In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel
uitoefen.
• Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-beamptes/-adviseurs
nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis.
• By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate albei vrae beantwoord
het, sien slegs die antwoorde op die EERSTE vraag na.
• Kandidate mag 'n wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangend van wat hulle in
die klas behandel het.
• Kandidate mag korrekte informasie insluit wat nie in die handboek is nie.
Professionele oordeel moet gebruik word. Ingeval van onduidelikheid, moet dit eers
bevestig word deur navorsing te doen oor die betrokke area.
• Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word bo
elke moontlike antwoord gegee.
• Nasieners moet NIE volpunte vir 'n antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is,
toeken NIE.
• Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.
• Ken EEN regmerkie toe vir EEN punt vir die inhoud gegee tot by die maksimum
punte.
• Geen ½ punte mag toegeken word vir onvoldoende inhoud in antwoorde nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: FIKSHEIDSKOMPONENTE (VERPLIGTEND)
LAE VLAK 1.1 Definieer 5 punte
MEDIUM VLAK 1.2 Analiseer 5 punte
HOË VLAK 1.3 Opinie 5 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
NOTA: Verskaf 5 definisies vir 5 punte.
1.1 Kernstabiliteit:
• Die krag van die abdominale en rugspiere om die liggaam effektief te
ondersteun.
• Die krag in die middel van die liggaam om balaans te behou tydens
bewegings.
• Die krag in die romp.
• Die kapasiteit om sterk bewegings te doen terwyl stabiel bly.
Soepelheid:
• Die vermoë om gewrigte deur 'n groot omvang van beweging te draai.
Krag:
• Die vermoë van 'n spier om maksimum krag teen swaartekrag te genereer.
• Die kapasiteit van jou spiere om bewegings te kan hou vir ‘n lang tydperk.
Uithouvermoë/stamina:
• Die vermoë van die liggaam/spiere om vir lank aktief te wees sonder om
moeg te word. Kardiovaskulêre/spieruithouvermoë kan bepaal word.
Neuromuskulêre vaardighede:
• Die vermoë van die liggaam om onmiddellik te reageer op 'n boodskap van
die brein.
• Hoe om te beweeg/onmiddellike reaksietyd van die liggaam om te reageer
op boodskappe van die brein/ outomatiese beweging.
• Om bewegings onwillekeurig te doen. (spiergeheue) (5)
1.2 NOTA: Antwoorde moet verband hou met uitvoering. Analiseer
onvoldoende kernstabiliteit: Geen punte mag toegeken word as die
voordele van kernstabiliteit genoem word nie.
Moontlike areas wat ingesluit kan word:
• Beheer/korrekte plasing/lyn
• Vloeiendheid van beweging
• Ratsheid en korrektheid
• Oorgange/ verplasing van gewig
• Vlakke van ingewikkeldheid in bewegingswoordeskat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
• Elevasie/Spronge
• Die onvermoë om posisies te beheer/behou
• Isolasie van bewegings
• Koordinasie van bewegings
• Balans
• Verplasing van gewig.
• Ondersteuning van die rugstring/korrekte plasing/lyn.
• Enige ander geskikte antwoorde. (5)
1.3 NOTA: ALLE antwoorde moet verband hou met hoe komponente van
fiksheid ontwikkel kan word sodat komponente van fiksheid/fiksheids
vlakke in die dansklas verbeter kan word. Moenie punte toe ken vir slegs
die lys van oefeninge nie. Verskaf voorbeelde en gee 'n duidelike
verduideliking hoe om fiksheid te ontwikkel.
Moontlike areas wat ingesluit kan word:
• Kern opleidingsoefeninge, bv. opsitte, ens.
• Krag opleidingsoefeninge, bv. balansering/stadige bewegings, ens.
• Uithouvermoë/kardiovaskulere opleidingsoefeninge, bv. bewegende
oefeninge/spronge, ens.
• Soepelheid opleidingsoefeninge – statiese strekking/dinamiese strekking
binne 'n oefening.
• Toenemende ingewikkeldheid van oefeninge.
• Woon gereeld klasse by/addisionele klasse/met toenemende verlenging van
klasse.
• Oorladingsbeginsel – doen meer elke les.
• Vloerwerk om spesifieke gedeeltes van die liggaam te versterk.
• Gim/swem/sport, ens. – spesifieke oefeninge en hoe dit die fiksheid vlakke
in jou dans klas kan verbeter
• Enige ander geskikte antwoorde. (5)
[15]
VRAAG 2: OORSAKE VAN BESERINGS (VERPLIGTEND)
MEDIUM VLAK Verduidelik 7 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
NOTA: Moontlike areas wat ingesluit kan word vir swak tegniek. Beserings moet
verband hou met die dansklas. Antwoorde moet beskrywende voorbeelde insluit.
Antwoorde wat verband hou met ‘n ongeskikte dansomgewing mag punte nie
aan toegeken word nie.
• Opwarming/afkoeling
• Swak postuur/uitgangshouding/belyning
• Verkeerde gebruik van uitgedraaide bene
• Verkeerde landing van 'n sprong
• Verkeerde gebruik van voete
• Die afwesigheid van kop en oë gebruik gedurende draai bewegings, ens.
• Om verkeerde tegniek by 'n onderwyser te leer – uitvoer van onveilige bewegings
• Dansers wat nie die korreksies toepas wat vir hulle gegee is nie – om aanhoudend
dieselfde foute te maak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
• Ongereelde bywoning van klasse verhoed dat tegniek ten volle verstaan word/'n
leemte in opleiding.
• Die afwesigheid van fiksheid – verlies van vermoë om tegniese vereistes reg uit te
voer.
• Enige ander geskikte antwoorde. [7]
VRAAG 3: VOEDING EN HIDRASIE (VERPLIGTEND)
MEDIUM VLAK 3.1 Verduidelik 4 punte
3.2 Verduidelik 4 punte
NOTA: Antwoorde moet verband hou met tegniese vaardighede en
dansuitvoering.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
NOTA: 3.1 in die vraestel gebruik die woord danswerk i.p.v
dansuitvoering
3.1 Voeding:
• Die brein sal kan fokus en tegniek kan toegepas word/korreksies, ens.
• Koolhidrate verskaf energie sodat dansers oor langer periodes kan opvoer.
• Proteïene bou spierweefsel – sterk spiere kan ingewikkelde bewegings
uitvoer.
• Vitamiene en minerale gee die immuun sisteem 'n hupstoot sodat klasse
nie gemis word as gevolg van siekte nie – tegniek/fiksheid vlakke gaan nie
agteruit nie.
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
3.2 Hidrasie:
• Dansers verloor baie water gedurende strawwe fisiese aktiwiteite deur die
liggaam wat sweet, so hulle moet aanhoudend water inneem gedurende
opvoerings sodat hulle nie moeg/oorverhit/gehidreer raak nie.
• Water is 'n belangrike vereiste wat die opvoering versterk sodat die liggaam
en brein ten volle kan funksioneer gedurende strawwe oefening/opvoerings.
Water reguleer die liggaamstemperatuur sodat die danser se liggaam nie
oorverhit (4)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 4 en VRAAG 5. Merk slegs die
eerste vraag as albei vrae beantwoord word.
VRAAG 4: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG)
LAE VLAK 4.1 Pas 4 punte
MEDIUM VLAK 4.2 Analiseer 6 punte
ANTWOORD:
4.1 4.1.1 B (1)
4.1.2 C (1)
4.1.3 D (1)
4.1.4 A (1)
4.2 4.2.1 Biceps Brachii (1)
4.2.2 Sternocleidomastoid (1)
4.2.3 Aksie: Uitwaartse/Eksterne rotasie (1)
• Iliopsoas
• Gluteus Maximus
• Sartorius (1)
OF
Aksie: Abduksie (1)
• Tensor fasciae latae
• Gluteus medius
• Gluteus minimus (1)
4.2.4 NOTA: Merk slegs spiere wat verband hou met ekstensie van
die kniegewrig: (Kandidate mag die groep benoem of die
individuele spiere hieronder gelys).
• Quadriceps (Vastus Lateralis, Vastus Medialis, Vastus
Intermedius, Rectus femoris) (1)
4.2.5 NOTA: Merk slegs spiere wat verwant hou met plantaarfleksie
van die enkelgewrig:
• Soleus
• Gastrocnemius
• Flexor Digitorum Longus
• Tibialis Posterior
• Flexor Digitorum Hallucis Longus (1)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: VEILIGE DANSPRAKTYK EN BEWEGINGSKWALITEIT (KEUSEVRAAG)
LAE VLAK 5.1 Waar/onwaar 4 punte
MEDIUM VLAK 5.2 Verduidelik 6 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
5.1 5.1.1 W (1)
5.1.2 W (1)
5.1.3 W (1)
5.1.4 O (1)
5.2 NOTA: Slegs ‘n eenvoudige definisie/verduideliking word
verlang.
5.2.1 Musikaliteit:
• Dit laat die danser toe om die kwaliteit/dinamika van 'n
musiekstuk deur beweging uit te voer.
• Enige ander geskikte antwoorde. (1)
5.2.2 Oorgange:
• Die gladde verbintenis tussen bewegings sal die werk
moeiteloos laat voorkom.
• Enige ander geskikte antwoorde. (1)
5.2.3 Dinamika:
• Skep interessantheid en versterk die opvoerings/ bewegings-
kwaliteit en bewegings sal 'n verskeidenheid energie/krag hê.
• Enige ander geskikte antwoorde. (1)
5.2.4 Projeksie:
NOTA: moet verband hou met bewegingskwaliteit
• Die gebruik van oë/fokus/teenwoordigheid help in die konneksie
met die gehoor/ander opvoerders/die emosies/gemoed van die
danswerk, ens.
• Enige ander geskikte antwoorde. (1)
5.2.5 Vlotheid:
• Die vermoë om tegniek, styl en fiksheid te integreer om
moeiteloos en suiwer te beweeg.
• Enige ander geskikte antwoorde. (1)
5.2.6 Toewyding:
NOTA: moet verband hou met bewegingskwaliteit
• Toewyding tot beweging/andere/ruimte met sensitiwiteit te deel/
emosionele konneksie deur ten volle betrokke te wees/gee volle
aandag/fokus, ens.
• Enige ander geskikte antwoorde. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 6: TEGNIEKE VAN HOOFDANSVORM (VERPLIGTEND)
LAE VLAK: 6.2 Noem 5 punte
6.3 Brei uit 5 punte
NOTA: Gebruik professionele oordeel tydens toekenning van punte wanneer
kandidate nie die hoof dansvorm benoem nie. Karaktereinskappe moet nie
aanvaar word vir hierdie vraag nie, bv. kostuums, musiek, ens. Beskryf in breë
trekke = nie gedetaileerd nie.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
6.1 Geen toekenning van punte nie
6.2 NOTA: Inligting wat verskaf is in 6.2 aangaande die uitbreiding van die
tegnieke kan oorgedra word na 6.3.
Tegnieke kan insluit:
• Dansbeginsels
• 7 basiese bewegings van Ballet/dans
• Gebruik van arms/bene/voete.
• Verplasing van gewig.
• Uitgedraai
• Landings
• Oogfokus (spotting)
• Bewegingswoordeskat
• Gebruik van swaartekrag.
• Uitgangshoudings/postuur/liggaamsbelyning/skouergebruik.
• Gebruik van in-die-lug bewegings/draaie, ens.
• Stylistiese tegnieke, bv. Graham/Horton/Balanchine/Baldanse/Latyns
Amerikaans
• Enige ander geskikte antwoorde. (5)
6.3 Brei uit oor elkeen van die tegnieke:
Hierdie moet ooreenstem met elk van die tegnieke wat verskaf is in 6.2. (5)
[10]
VRAAG 7: DANSELEMENTE EN CHOREOGRAFIE (VERPLIGTEND)
MEDIUM VLAK: 7.1.1 Analiseer 4 punte
HOË VLAK: 7.1.2 Evalueer 2 punte
7.2 Nadink 4 punte
NOTA: Die kandidaat se antwoord in 7.1 moet direk verband hou met die
beeld/stimulus. RUIMTE, TYD en KRAG moet ingesluit wees in die antwoorde vir
toekenning van volpunte. Meer inligting mag verskaf word oor een element as
die ander in 7.1.1, maar al twee elemente moet ingesluit word om volpunte toe te
ken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
MOONTLIKE ANTWOORDE:
7.1 7.1.1 Ruimte + verduideliking:
• Vlakke
• Vorm
• Rigting – horisontaal/vertikaal.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Krag + verduideliking:
• Beweeg teen swaartekrag
• Kragtige bewegings – arms/bene/bolyf
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
7.1.2 Tyd en verduideliking:
• Tydsberekening van die oplig bewegings.
• Unison bewegings/koördinasie.
• Duur van die bewegings.
• Enige ander geskikte antwoorde. (2)
7.2 NOTA: Die kandidaat se antwoord moet persoonlike ontwikkeling en
ontwikkeling as 'n danser insluit. Meer inligting mag verskaf word in een
gedeelte as die ander. BEIDE moet ingesluit word vir volpunte.
Moontlike areas wat ingesluit kan word. Elke area moet verduidelik hoe
die kandidaat as persoon en as danser ontwikkel het.
PAT – choreografie kan insluit:
Persoonlike ontwikkeling:
• Kreatiewe/kritiese denkvaardighede.
• Probleem oplossing/besluitnemingsvaardighede.
• Ontwikkeling van produksie/bemarkingsvaardighede.
• Toepassing van vaardighede en kennis.
• Organiseringsvaardighede – beplanning/voorbereiding.
• Tydsbestuurvaardighede
• Menslikebestuursvaardighede samewerking/leierskap.
• Nadenking oor die proses.
• Enige ander gepaste areas van persoonlike ontwikkeling
Ontwikkeling as 'n danser:
• Kreatiewe denke – ontwikkel nuwe bewegings.
• Uitbreiding van danswoordeskat.
• Aanleer van choreografiese vaardighede.
• Ontwikkeling van idees van beginpunt tot finale produk.
• Toepas van veilige danspraktyke tydens oefen sessies.
• Enige ander gepaste areas van ontwikkeling as 'n danser. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
NOTA: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 8, VRAAG 9 en VRAAG 10.
Merk slegs die eerste vraag, indien meer as een antwoord verskaf
word.
VRAAG 8: ALVIN AILEY EN REVELATIONS (KEUSEVRAAG)
LAE VLAK: 8.1 Beskryf 2 punte TOTAAL:
8.2 Verduidelik 3 punte 8 LAAG
8.3 Brei uit 3 punte 17 MEDIUM
MEDIUM VLAK: 8.4 Beskryf 6 punte 5 HOOG
8.5 Verduidelik 5 punte
8.6 Verduidelik 6 punte
HOË VLAK: 8.7 Opinie 3 punte
Formaat 2 punte
NOTA: Vele moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele
oordeel om die kandidaat se antwoord te evalueer. Kolpunte ('bullets') word
gebruik om nasien te vergemaklik.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
Beantwoord in onderhoud formaat. Antwoord in die eerste-persoon.
NOTA: Indien die kandidaat die korrekte formaat gebruik,
desondanks die inligting verkeerd is, sal hy/sy 2 punte kry vir formaat. (2)
8.1 • Sy ma het hom alleen groot gemaak.
• Hulle was baie arm.
• Hulle het baie verhuis om na werk te soek.
• Die Baptiste kerk was hulle enigste vorm van standvastigheid.
• Hy het groot geword in 'n kultuur van swart segregasie. (Suid-Texas).
• Enige ander geskikte antwoorde. (2)
8.2 • Cry was geïnspireer deur sy ma en hoe sy dikwels moes sukkel in haar
lewe.
• Die Baptiste kerk het sy keuse van geloofstemas en spirituele musiek
sterk beïnvloed.
• Baie van sy werke vertoon 'bloedsherinneringe' van swaarkry/
onderdrukking.
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
8.3 NOTA: Toekennings moet verduidelik word om die punt te kry.
• In 1958 het hy die Alvin Ailey Amerikaanse Danse Teater gestig.
• Hy het 'n visie gehad van 'n geselskap wat gefokus is op die verryking van
Amerikaanse moderne dans erfenis en die behoud van die unieke Afrika-
Amerikaanse kulturele ervaring.
• Hy het die Alvin Ailey Amerikaanse Dans Sentrum (nou bekend as Die
Ailey Skool) in 1969 gestig.
• In 1974 het hy die Alvin Ailey Repertoire Groep begin. (Nou bekend as
Ailey II).
• Ailey was 'n pionier van Kunste in Onderwys programme, veral die wat
agtergeblewe gemeenskappe sou bevoordeel.
• In 1988, het hy die 'Kennedy Centre Honour' ontvang as herkenning van
sy uitnemende bydrae tot Amerikaanse kultuur.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
• Ailey wou dans toeganklik maak vir gewone mense soos sy ooms en
tannies, wat min geleenthede gehad het as gevolg van swart
onderdrukking.
• Sy styl/tegniek word vandag nog deur dansstudente aangeleer.
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
8.4 Produksie-elemente:
NOTA: Musiek moet nie ingesluit word in die gedeelte nie.
Pilgrims of Sorrow:
NOTA: Meer inligting kan vir een tema as die ander ingesluit word.
BEIDE moet ingesluit word vir volpunte.
• Dit is donker belig – die agterdoek word eers belig na die gedeelte begin
het en dan word die algehele beligting verhelder
• 'n Lig kol skyn op die groep dansers alleenlik.
• Die kostuums bestaan uit eenvoudige bruin/roes kleurige rokke/broeke en
hemde wat die klere wat deur slawe gedra was kan verteenwoordig.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Move members move:
• Hoofkleur wat hier gebruik word, is geel – vreugde/nuwe dag/warmte, ens.
• Die dansers het 'kerk'-klere aan om respek te betoon aan hulle geloof.
• Waaiers en stoele verteenwoordig waar die diens plaasvind.
• Die agterdoek het 'n groot rooi son – nuwe begin/hoop vir die toekoms.
• Enige ander geskikte antwoorde. (6)
8.5 NOTA: Inligting oor musiek ingesluit in 8.4 kan oorgedra word na 8.5.
Geen punte word toegeken vir die benoeming van instrumente sonder ‘n
verduideliking nie.
Hoe die musiek die werk versterk het:
• Volgens Alvin Ailey het Revelations begin met die musiek. Dit is deurdring
met, soos wat hy die noem 'bloed herinneringe' van sy jeug en hoe hy
groot geword het met die klanke van evangeliese musiek.
• Die musiek bestaan uit 'n verskeidenheid geestelike musiek wat protes
uitbeeld.
• Die liedere beeld die geloof uit dat God die onderdrukte mense sal bevry
van swaarkry. Dit gee hulle hoop om te seëvier oor hulle moeilike tye.
• Van die musiek is stadig en vertel van hartseer en swaarkry.
• Van die musiek is meer opgewek en 'n feesviering van die lewe/toekoms,
bv. die laaste toneel van die kerkgangers wat vrolik en feestelik is. So ook
die dans wat wys hoe die dansers almal saam dans – simbolies van hoe
mense swaarkry kan oorkom.
• Die musiek verken motiewe en emosies van Afrika-Amerikaanse spirituele
musiek – musiek van swaarkry, liefde en bevryding. Dit word uitgebeeld in
die verskillende dele van Revelations.
• Enige ander geskikte antwoorde. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 12 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
8.6 Bewegingswoordeskat:
• Baie van die bewegings sluit die gebruik van die bolyf in waar hulle
desperaat uitstrek met hulle arms na die hemele. Dit is simbolies van om
hulp te vra van God af.
• Die onderlyf (bene) bly stewig gegrond en is simbolies van die vasvang in
slawerny.
• Ailey gebruik handgebare, armbewegings en port de bras baie goed, bv.
dansers bring hande bymekaar soos in gebed, strek hulle arms uit met
hande wyd gesprei, hulle tik liggies op die vloer en rond hulle arms soos
voël vlerke. Dit is simbolies van die alledaagse pyn en hartseer en hoe
hulle verlang na Vryheid.
• Die unison bewegings van die nege dansers is eenvoudig maar kragtig
met gebare van spirituele verlange in die bekende wigvormige formasie
aan die begin van die gedeelte. Dit simboliseer dat hulle saamstaan in
krag, toewyding en eerbied.
• Die trio in die gedeelte beeld opstand uit met kwaai uitdrukkings. Dit is
simbolies van die onderdrukking van die swart mense in die 1930s.
• Die pas de deux wys hoe die manlike danser konstant die vroulike danser
ondersteun soos sy uitstrek na die hemele en soms op sy been balanseer
om die idee te verskerp. Die manlike danser kan gesien word as die
vroulike danser se spirituele gids.
• Die bewegings dui ook op die las wat hulle dra onder die swaarkry en dit
word goed uitgebeeld deur geboë hoofde en gekurfde bolywe.
• Dit dui op die swaarkry van die mense deur die gebruik van diep knie
buigings in tweede posisie.
• 'Didn't My Lord Deliver Daniel' is 'n dans gebaseer op perkussie-
bewegings en beeld 'n interne woede uit – 'n weerstand teen die isolasie
van die individu.
• 'Fix Me Jesus' is 'n duet wat begin met die gevoel van swaarheid of om te
val. Daarna begin 'n dans wat gaan oor om weer op te staan. Dit is 'n
volg-die-leier tipe dans waar 'n danser simboliseer hoe die pastoor vir sy
gemeente leiding gee. (6)
• Enige ander geskikte antwoorde.
8.7 Opinie rakende wat Revelations tydloos maak:
• Diskriminasie/ongeregtigheid van onderdrukking.
• Dit is tydloos want dit vier die krag van geloof.
• Die boodskap laat mense saam staan: 'n gemeentskap kan teëspoed
oorkom en dit doen met geloof.
• Die samestelling en inhoud van die werk is universeel.
• Dit oorbrug die kleur grense/alle mense kan vereenselwig met die werk.
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
[30]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 9: GREGORY MAQOMA EN FOUR SEASONS (KEUSEVRAAG)
LAE VLAK: 9.1 Beskryf 2 punte TOTAAL:
9.2 Beskryf 3 punte 8 LAAG
9.3 Brei uit 3 punte 17 MEDIUM
MEDIUM VLAK: 9.4 Beskryf 6 punte 5 HOOG
9.5 Verduidelik 5 punte
9.6 Verduidelik 6 punte
HOË VLAK: 9.7 Opinie 3 punte
Formaat 2 punte
NOTA: Vele moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele
oordeel om die kandidaat se antwoord te evalueer. Kolpunte ('bullets') word
gebruik om nasien te vergemaklik.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
Beantwoord in onderhoud formaat.
NOTA: Indien die kandidaat die korrekte formaat gebruik,
desondanks die inligting verkeerd is, sal hy/sy 2 punte kry vir formaat. (2)
9.1 Belangstelling in dans:
• Sy belangstelling het begin tydens die politiese opstand in die laat 1980s
in Soweto. Dans was sy manier om te ontsnap van die politiese spanning.
• Hy het in 1990 'n advertensie in die Sowetan gesien vir oudisies by
Moving into Dance Mophatong (MIDM)
• Hy het inspirasie gevind by popsterre soos Michael Jackson en
tradisionele hosteldansers.
• Enige ander geskikte antwoorde. (2)
9.2 Professionele loopbaan:
• Hy het sy formele dansopleiding begin onder leiding van Sylvia Glasser,
die stigter van Moving into Dance Mophatong,
• Hy het 'n beurs ontvang van die Skool vir Navorsing en Opleiding in
Uitvoerende Kunste in België.
• Hy het Vuyani Dansgeselskap (VDG) gestig in 1999 terwyl hy in België
was.
• Hy was die hoof choreograaf vir die FIFA wêreldbeker openings konsert.
• Hy het die dans en teater musiekblyspel, Tshihumbudzo, vir die ANC
geskryf.
• Hy was die artistiese regisseur van die Afro-Vibes fees in Holland en die
VK.
• Hy was by geleentheid lektor aan verkeie universiteite in Afrika, VSA en
Europa.
• Hy het nuwe werke/repertoire geskep vir verskeie geselskappe in Suid
Afrika, bv. Jazzart Dansgeselskap, Suid-Afrikaanse Balletteater en Cape
Performing Arts Company.
• Hy het homself gevestig as 'n internasionaal bekende danser, choreograaf
en regisseur.
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
9.3 Bydraes:
NOTA: Toekennings moet verduidelik word om die punt te kry.
• Hy het 'n dansstyl ontwikkel wat 'n mengsel is van kontemporêre en
Afrika-dansstyle.
• Hy skep werke wat sosiale waardes bevraagteken en uitdaag. Hy spreek
omstrede politieke en geslagskwessies aan met die doel om die publiek in
te lig oor die sake.
• Sy geselskap - Vuyani Dansgeselskap, bied klasse en uitreikprogramme
aan om jong talent te koester en ontwikkel.
• Hy gebruik dans as 'n platform om sy artistiese rigting te bepaal, om te
kommunikeer oor die eienskappe en waardes wat ons basiese
samelewing aanspreek.
• Hy het homself gevestig as 'n belangrike komponent van die geskiedenis
van kontemporêre Afrika-dans in Suid Afrika en die res van die wêreld.
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
9.4 LET WEL: Meer inligting mag gegee word oor een seisoen as die ander.
NOTA: Musiek moet nie ingesluit word in die gedeelte nie.
Al twee seisoene moet ingesluit word om volpunte te behaal.
Herfs:
• Die kostuums lyk soos bruin blare wat val en beeld die droë seisoen uit.
• Die dansers dra dun, goue rokkies bo oor 'n rooi leotard wat hulle soos die
blare laat lyk.
• Die beligting maak gebruik van gobo-projeksies van blaarpatrone wat oor
die vloer beweeg om die droë seisoen uit te beeld.
• Die videoprojeksie beeld die droë seisoen uit.
• Dit word verder aangehelp deur die beligting van vloerpatrone wat lyk
soos droë grond.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Lente:
• Die dansers se kostuums is in die kleure van lente, bv. skakerings van
pastel geel, pienk, oranje en roomkleur.
• Die kostuums bestaan uit stroke linte wat beweeg as die dansers beweeg
en dit laat hulle lyk soos blomme.
• Die videoprojeksie van plate blomme skep die toneel van lente.
• Die stadige, abstrakte fladdering van blomme en blare beweeg asof dit nie
deur die natuurwette voorgeskryf word nie. Die kostuums doen dieselfde.
• Enige ander geskikte antwoorde. (6)
9.5 NOTA: Inligting oor musiek ingesluit in 8.4 kan oorgedra word na 8.5.
Geen punte word toegeken vir die benoemeing van instrumente sonder
‘n verduideliking nie.
• Die musiek word gespeel deur vier musikante op die verhoog: viool, hoof-
en baskitaar en tromme. Dit dra by tot die atmosfeer op die verhoog.
• Die musikante word agter op die verhoog geplaas en is slegs in sekere
gedeeltes van die werk sigbaar. Dit dra ook by tot die atmosfeer van die
werk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 15 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
• Die musiek het duidelik die gevoel van die werk uitgebeeld in elke
seisoen.
o Winter: Die musikante is nie sigbaar in die gedeelte nie, maar verskaf
die ritmiese dryfkrag aan die dansers se marsjerende bewegings. Die
musiek skep 'n aardige gevoel van 'n verlate vlakte aan die begin en
dit word later baie hard/kras en kragtig.
o Lente: Die musikante kan nou vir die eerste keer gesien word en dit
verskaf 'n nuwe gevoel van diepte op die verhoog. Nes die dans is die
musiek ook nou meer gegrond in Afrika-ritmes.
o Herfs: Die musiek skep hier die toneel deur die klank van wind wat
waai en dit bou op tot die 'ruk en rol' gevoel wat verwarring en verlies.
Die hartseer klanke van die viool begelei die twee dansers wat oor is
op die verhoog en weerspieël hulle gevoel van pyn en verlies. Die
klank van die viool en die ritmiese geklap van die dansers neem die
gevoelens van die gehoor van hartseer na vreugde.
o Somer: Die musiek is opgewek met 'n Brasiliaanse samba gevoel wat
die dansbewegings beïnvloed. Die boodskap van hoop vir die toekoms
word bevestig deur die liedjie van Louis Armstrong – 'What a wonderful
world'. (5)
9.6 Algemene areas wat ingesluit kan word:
• Kontemporêre Afrika-bewegings. Daar is 'n mengsel van baie verskillende
Afrika-dansstyle.
• Daar is 'n Suid-Amerikaanse invloed in die laaste toneel waar die samba
ritmes die bewegings beïnvloed.
• Nabootsing van diere en die natuur word ook in die bewegings gewys.
• Daar word baie van kontakwerk met mededansers gebruik gemaak in al
die seisoene.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Winter:
• Die bewegings is kort, skerp en hoekig en dui op die woede en geweld.
• Dit kontrasteer met die bewegings waar die kop en skouer vorentoe
gebuig is, as of die danser moed opgegee het.
• Die dansers se lywe word gereeld terug gewerp asof hulle deur 'n
geweerskoot getref word.
• Hulle kom angstig voor en stap aanhoudend oor die verhoog.
• Hulle gebruik gereeld hulle hande om 'n geweer wat oorgehaal word uit te
beeld.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Lente:
• Die dansers ontaard in diere uit die natuur en beeld die lente as die begin
van nuwe lewe uit; blomme wat oopgaan; voëls wat spog met hulle vere.
• Verskillende dansers kom op die verhoog in uitbarstings van energie. Dit
is 'n vreugdevolle dans.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Herfs:
• Die dansers word slagoffers van die wind. Hulle gooi hulle lywe neer op
die vloer en doen malende bewegings wat gevaar uitbeeld.
• Die groep sien dat een van die dansers oorweldig word deur die wind/
oorlewing/verlies/pyn en hulle kom bymekaar en begin ritmies hande klap.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 16 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Somer:
• Hoop en oomblikke van vreugde word deur die bewegings uitgebeeld en
dit dui op die eenheid van die dansers en hoe hulle mekaar ondersteun.
• Die bewegings word beïnvloed deur die samba ritmes en maak gebruik
van sensuele heup bewegings soos gedoen in 'n samba dans
• Die danswerk eindig wanneer die dansers die verhoog verlaat asof hulle
instap in 'n verlate/gevaarlike landskap.
• Enige ander geskikte antwoorde. (6)
9.7 NOTA: Kandidate sal hulle eie opinies lewer oor die toepaslikheid van
die werk. Gebruik professionele oordeel wanneer punte toegeken word.
• Mense uit alle samelewings dra by tot die vernietiging van die planeet. Die
danswerk beeld uit hoe belangrik dit is dat ons die planeet sal oppas.
• Water is baie skaars en in die herfs toneel word die besparing van water
beklemtoon.
• Die uitwerking van klimaatsverandering word duidelik uitgebeeld en die
mensdom se rol in die beskerming van ons planeet word beklemtoon.
• Die danswerk gaan oor meer as net vernietiging en gee ook die boodskap
van hoop as die mensdom kan saamstaan en as 'n eenheid werk.
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
[30]
OF
VRAAG 10: CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSEVRAAG)
LAE VLAK 10.1 Beskryf 5 punte TOTAAL:
10.2 Brei uit 3 punte 8 LAAG
MEDIUM VLAK 10.3 Beskryf 6 punte 17 MEDIUM
10.4 Verduidelik 5 punte 5 HOOG
10.5 Verduidelik 6 punte
HOË VLAK: 10.6 Aanbeveel 3 punte
Formaat 2 punte
NOTA: Baie moontlike antwoorde sal verskaf word. Gebruik professionele
oordeel om die kandidaat se reaksie te evalueer. Kolpunte word gebruik om
merk te vergemaklik.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
Die naam van die choreograaf en danswerk.
Beantwoord in onderhoud formaat.
NOTA: Indien die kandidaat die korrekte formaat gebruik,
desondanks die inligting verkeerd is, sal hy/sy 2 punte kry vir formaat. (2)
10.1 Opleiding:
• Opleiding/dansskole
• Mense/mentors/onderwysers
• Dansgeselskappe waar hulle opleiding ontvang het
• Enige ander geskikte antwoorde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 17 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Professionele beroep:
• Geselskap waarmee hy/sy opgetree het/begin
• Danswerke gechoreografeer
• Rolle in ander dansgeselskappe
• Verhoudings/samesmeltings
• Enige ander geskikte antwoorde.
(5)
10.2 Bydra tot dans en die gemeenskap:
NOTA: Toekennings moet verduidelik word om die punt te kry.
• Geselskap gestig
• Werkskepping
• Politiese/sosiale verklarings
• Opvoeding van dansleerders/studentdansers
• Skepping van nuwe generasie van choreograwe
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
10.3 Produksie-elemente:
• Beligting: kleur gebruik – atmosfeer/effek
• Rekwisiete/stelle: verduidelik waarom hulle gebruik was.
• Spesiale effekte: projeksies/beelde/klank/stem, ens. en hoe hulle bygedra
het tot die tema/intensie/bedoeling.
• Kostuums: styl/kleur/ontwerp en hoe hulle hul idees uitgedruk het.
• Simboliek van die produksie-elemente
• Enige ander geskikte antwoorde. (6)
10.4 Die musiek:
NOTA: As inligting oor musiek gegee is in 10.3, mag dit nie herhaal word
in 10.4 nie.
Geen punte word toegeken vir die benoeming van instrumente sonder ‘n
verduideliking nie.
• Genre/styl van musiek – hoe dit die intensie versterk het
• Instrumentasie – hoe dit die bewegings beïnvloed het
• Tempo/dinamika, ens. – hoe dit die ambiance/atmosfeer beïnvloed het
• Gebruik van stemme/ander – bedoeling van die woorde
• Met voorbeelde, hoe dit bygedra het tot die algehele sukses van die werk
• Enige ander geskikte antwoorde. (5)
10.5 Gebruik van simboliek in bewegingswoordeskat met gestaafde
voorbeelde:
• Gebruik van dansgenre – styl/meng/samesmelting van style.
• Gebruik van danselemente: ruimte/tyd/krag.
• Choreografiese elemente: groepering/patrone/gebruik van die verhoog/
dansers.
• Motiewe/gebare/enige iets anders wat help om emosie uit te beeld.
• Simboliek – gee bedoeling deur beweging, boodskap
• Gebruik van dansers.
• Enige ander geskikte antwoorde. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 18 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
10.6 Aanbeveling kan insluit:
• Vlak van opvoerders/opvoerings
• Vermaaklikheidfaktor – produksie-elemente/spesiale effekte, ens.
• Die boodskap van die werk
• Enige ander geskikte antwoorde.
(3)
[30]
VRAAG 11: DANSWERK (VERPLIGTEND)
HOË VLAK : Evalueer 10 punte
NOTA: As die kandidaat dieselfde choreograaf/danswerk herhaal as in
Vraag 8, 9 of 10, moet geen punte toegeken word nie.
Geen punte word toegeken vir die beskrywing van die oorsig/bedoeling/tema nie.
Geen punte word toegeken vir die benoeming van produksie-elemente sonder
om te evalueer HOE hulle bygedra het tot die simboliek van die danswerk nie.
Dieselfde geld vir bewegingswoordeskat.
Meer inligting mag verskaf word in een area as die ander, maar produksie-
elemente en bewegingswoordeskat moet ingesluit word om volpunte te kry.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
Produksie-elemente PLUS voorbeelde van danswerk:
• Beligting: kleur gebruik – atmosfeer/effek
• Rekwisiete/stelle: verduidelik waarom hulle gebruik was.
• Spesiale effekte: projeksies/beelde/klank/stem, ens. en hoe hulle bygedra het tot
die tema/intensie/bedoeling.
• Kostuums: styl/kleur/ontwerp en hoe hulle hul idees uitgedruk het.
• Simboliek van die produksie elemente.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Bewegingswoordeskat PLUS voorbeelde van danswerk:
• Beskrywing van bewegings en wat hul bedoeling is
• Gebare vertolk 'n bedoeling
• Maat/groepwerk vertolk 'n bedoeling
• Formasie/patrone vertolk 'n bedoeling
• Spesifieke fokus op arms/bene/gesig en vertolk die bedoeling daarvan
• Gebruik van choreografiese elemente en dans elemente om die intensie uit te
beeld
• Enige ander geskikte antwoorde. [10]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOT TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2018 Memo (English)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper