Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
NOVEMBER 2018
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Dance Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)
Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 864.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
NSC November Exam 2018
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met 11 vrae in totaal.
Beantwoord slegs SEWE vrae soos volg:
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
• Beantwoord DRIE van die vier vrae in hierdie afdeling.
• Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4 en VRAAG 5. Indien jy
albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
nagesien word.
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)
• Beantwoord VIER van die ses vrae in hierdie afdeling.
• Jy het 'n keuse tussen VRAAG 8, VRAAG 9 en VRAAG 10.
Indien jy al drie vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE
antwoord nagesien word.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
3. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat vereis word.
4. Eenwoord-antwoorde sal NIE aanvaar word indien jy gevra word om te
verduidelik/breedvoerig te skryf/beskryf/ontleed/evalueer/vergelyk, ens. NIE.
Skryf jou antwoorde in volsinne.
5. Jy kan rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.
6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
• Slegs in een taal te skryf
• Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
• Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word
• Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: FIKSHEIDSKOMPONENTE (VERPLIGTEND)
1.1 Gee 'n definisie vir ELK van die VYF fiksheidskomponente hieronder.
• Kernstabiliteit
• Soepelheid
• Krag
• Uithouvermoë/Stamina
• Neuromuskulêre vaardighede (5)
1.2 Analiseer hoe onvoldoende kernstabiliteit 'n danser se optrede/danswerk kan
beïnvloed. (5)
1.3 Hoe kan jy, na jou mening, hoë fiksheidsvlakke in jou dansklasse ontwikkel?
Gee gedetailleerde voorbeelde om jou antwoord te staaf. (5)
[15]
VRAAG 2: OORSAKE VAN BESERINGS (VERPLIGTEND)
Verduidelik hoe swak danstegniek tot beserings in die dansklas kan lei. Gee
voorbeelde om jou antwoord te staaf. [7]
VRAAG 3: VOEDING EN HIDRASIE (VERPLIGTEND)
3.1 Verduidelik hoe goeie voeding 'n danser se tegniese vermoë en danswerk
kan verbeter. Gee voorbeelde om jou antwoord te staaf. (4)
3.2 Verduidelik waarom dansers gedurende klasse en opvoerings gehidreer
moet bly. (4)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/November 2018
NSS
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4 en VRAAG 5.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 4: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG)
LET WEL: Beantwoord hierdie keusevraag slegs indien jy spiere en anatomiese
aksies in die klas bestudeer het.
4.1 Kies 'n aksie uit KOLOM B wat by 'n spier in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Gracilis A betrokke by laterale fleksie van die romp
4.1.2 Trapesius B betrokke by adduksie van die
heupgewrig
4.1.3 Gluteus maximus
C betrokke by stabilisasie van die skapula
4.1.4 Eksterne oblique
D betrokke by ekstensie van die
heupgewrig
(4 x 1) (4)
4.2 Verwys na die visuele beeld hieronder en beantwoord die daaropvolgende
vrae met betrekking tot die anatomiese aksies wat in hierdie beweging
plaasvind.
[Bron: www.pinterest.com]
4.2.1 Watter spier is verantwoordelik vir die anatomiese aksie wat in die
elmbooggewrig plaasvind? (1)
4.2.2 Watter spier is verantwoordelik vir die anatomiese aksie wat in die
kop plaasvind? (1)
4.2.3 Noem EEN aksie wat in die heupgewrig plaasvind en EEN spier wat
vir die aksie verantwoordelik is. (2)
4.2.4 Noem EEN spier verantwoordelik vir die anatomiese aksie wat in die
kniegewrig plaasvind. (1)
4.2.5 Noem EEN spier verantwoordelik vir die anatomiese aksie wat in die
enkelgewrig plaasvind. (1)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5: VEILIGE DANSPRAKTYK EN BEWEGINGSKWALITEIT (KEUSEVRAAG)
5.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
5.1.1 'n Goeie afkoelproses voorkom dat bloed in die ledemate opdam. (1)
5.1.2 'n Dinamiese opwarming behels ononderbroke beweging. (1)
5.1.3 Melksuur word tydens die afkoelproses uit die spiere verwyder om
krampe te voorkom. (1)
5.1.4 Die hartklop versnel gedurende die afkoelproses. (1)
5.2 Kennis van bewegingskwaliteite dra tot 'n hoë opvoeringsvlak by.
Verduidelik die volgende bewegingskwaliteite:
5.2.1 Musikaliteit (1)
5.2.2 Oorgange (1)
5.2.3 Dinamiek (1)
5.2.4 Projeksie (1)
5.2.5 Vlotheid (1)
5.2.6 Toewyding (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 6: TEGNIEK VAN HOOFDANSVORM (VERPLIGTEND)
6.1 Noem jou hoofdansvorm.
6.2 Identifiseer VYF tegnieke van jou hoofdansvorm. (5)
6.3 Beskryf in breë trekke ELK van die tegnieke in VRAAG 6.2 genoem. (5)
[10]
VRAAG 7: DANSELEMENTE EN CHOREOGRAFIE (VERPLIGTEND)
7.1 7.1.1 Analiseer hoe die danselemente RUIMTE en KRAG in die visuele
beeld hieronder gebruik word. (4)
7.1.2 Evalueer hoe die danselement TYD in die visuele beeld hieronder
gebruik word. (2)
[Bron: http://www.danceconsortium.com]
7.2 Hoe het die choreografie praktiese assesseringstaak (PAT 1) jou as persoon
en as danser ontwikkel? (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/November 2018
NSS
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 8, VRAAG 9 en VRAAG 10.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 8: ALVIN AILEY EN REVELATIONS (KEUSEVRAAG)
Verbeel jou dat jy Alvin Ailey is en dat daar 'n onderhoud met jou gevoer word.
Beantwoord die volgende vrae. Punte sal vir die korrekte formaat vir 'n onderhoud
toegeken word.
Korrekte formaat vir 'n onderhoud. (2)
8.1 Beskryf jou kinderdae. (2)
8.2 Verduidelik hoe jou opvoeding gehelp het om sommige van jou danswerke te
inspireer. (3)
8.3 Beskryf in breë trekke jou bydrae tot dans en die samelewing. (3)
8.4 Beskryf hoe jy produksie-elemente in die temas van 'Pilgrims of Sorrow' en
'Move Members Move' gebruik het, soos in die visuele beelde hieronder
getoon word.
[Foto's deur Gert Krautbauer] (6)
8.5 Verduidelik hoe die musiek Revelations versterk het. (5)
8.6 Verduidelik hoe jy diep emosies in jou bewegingswoordeskat in 'Pilgrims of
Sorrow' en 'Move Members Move' getoon het. (6)
8.7 Wat, na jou mening, maak Revelations so 'n tydlose stuk? (3)
[30]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 9: GREGORY MAQOMA EN FOUR SEASONS (KEUSEVRAAG)
Verbeel jou dat jy Gregory Maqoma is en dat daar 'n onderhoud met jou gevoer word.
Beantwoord die volgende vrae. Punte sal vir die korrekte formaat vir 'n onderhoud
toegeken word.
Korrekte formaat vir 'n onderhoud. (2)
9.1 Beskryf hoe jou belangstelling in dans begin het. (2)
9.2 Beskryf jou professionele loopbaan as 'n danser/choreograaf. (3)
9.3 Beskryf in breë trekke jou bydrae tot dans en die samelewing. (3)
9.4 Beskryf hoe jy produksie-elemente gebruik het om die verskillende temas in
'Herfs' en 'Lente' te toon, soos in die visuele beelde hieronder aangedui.
[Foto's deur John Hogg] (6)
9.5 Verduidelik hoe die musiek Four Seasons versterk het. (5)
9.6 Verduidelik die bewegingswoordeskat wat jy in hierdie danswerk gebruik het. (6)
9.7 Wat, na jou mening, maak Four Seasons so 'n relevante danswerk in vandag
se samelewing? (3)
[30]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 10: CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSEVRAAG)
Kies EEN van die choreograwe en EEN van sy/haar danswerke uit die voorgeskrewe
lys hieronder. Punte sal vir die korrekte formaat vir 'n onderhoud toegeken word.
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Christopher Bruce Ghost Dances
George Balanchine Apollo/Jewels (Emeralds, Rubies, Diamonds)
Jiři Kylián Wings of Wax/Stamping Ground
Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze
Matthew Bourne Swan Lake/Cinderella
Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen
Pina Bausch The Rite of Spring
Rudi van Dantzig Four Last Songs
William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alfred Hinkel Cargo/I am Cinnamon/Rain in a Dead Man's
Footprints/Last Dance (Bolero)
Carolyn Holden Blood Wedding/Imagenes
Dada Masilo Swan Lake/Romeo and Juliet
Gary Gordon Bessie's Head
Mavis Becker Flamenco de Africa
Sylvia Glasser Tranceformations
Gregory Maqoma BeautyTriology/Skeleton Dry
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen
Vincent Mantsoe Gula Matari
Gee die naam van die choreograaf en die titel van die danswerk wat jy gekies het.
Beantwoord die vrae asof jy die choreograaf is met wie die onderhoud gevoer word.
Korrekte formaat vir 'n onderhoud. (2)
10.1 Beskryf jou dansopleiding en jou professionele loopbaan as 'n danser/
choreograaf. (5)
10.2 Beskryf in breë trekke jou bydrae tot dans en die samelewing. (3)
10.3 Beskryf hoe die gebruik van produksie-elemente die doel/tema van hierdie
danswerk versterk het. (6)
10.4 Verduidelik hoe die musiek die danswerk versterk het. (5)
10.5 Verduidelik hoe simboliek in die bewegingswoordeskat van hierdie danswerk
gebruik is. (6)
10.6 Waarom sou jy aanbeveel dat mense hierdie danswerk kyk? (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 11: DANSWERK (VERPLIGTEND)
LET WEL: MOENIE oor dieselfde choreograaf en danswerk skryf wat jy vir
VRAAG 8, VRAAG 9 of VRAAG 10 gekies het nie.
Kies EEN van die danswerke uit die voorgeskrewe lys hieronder.
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Christopher Bruce Ghost Dances
Alvin Ailey Revelations
George Balanchine Apollo/Jewels (Emeralds, Rubies, Diamonds)
Jiři Kylián Wings of Wax/Stamping Ground
Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze
Matthew Bourne Swan Lake/Cinderella
Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen
Pina Bausch The Rite of Spring
Rudi van Dantzig Four Last Songs
William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alfred Hinkel Cargo/I am Cinnamon/Rain in a Dead Man's
Footprints//Last Dance (Bolero)
Carolyn Holden Blood Wedding/Imagenes
Dada Masilo Swan Lake/Romeo and Juliet
Gary Gordon Bessie's Head
Mavis Becker Flamenco de Africa
Gregory Maqoma Four Seasons/BeautyTrilogy/Skeleton Dry
Sylvia Glasser Tranceformations
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen
Vincent Mantsoe Gula Matari
Gee die naam van die choreograaf en die titel van die danswerk wat jy gekies het.
Evalueer hoe die doel/tema van die gekose danswerk simbolies deur die gebruik van
produksie-elemente en bewegings uitgebeeld word. Staaf jou antwoord met
voorbeelde uit die danswerk. [10]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2018 Memo (English)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum