You're offline
Skip to content
Memorandum

Dance Studies May June 2024 MG Afr

Subject: Dance StudiesGrade 12202430 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN DANSSTUDIES MEI/JUNIE 2024 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 30 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne NOTA VIR NASIENERS: • Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-adviseurs/-amptenare • met gespesialiseerde danskennis gemerk word. • Die standaardiseringsproses tydens die nasienriglynbesprekings verseker dat hierdie riglyne die meeste moontlike antwoorde, wat die kandidate kan voorsien, insluit. • Die nasienriglyne mag op geen wyse verander word nie. • Hou streng by die nasienriglyne wanneer nasien en pas konsekwent toe. • In sekere kwalitatiewe vrae moet professionele en ingeligte oordeel toegepas word. • In sekere vrae waar kandidate gevra word om 'n spesifieke hoeveelheid feite te verskaf, moet slegs die verwagte hoeveelheid nagesien word indien meer verskaf word. • Inligting hoe om punte toe te ken wanneer 'n nasienrubriek gebruik word kan in die NOTA afdeling van daardie spesifieke vraag gevind word. • Kandidate mag korrekte inligting insluit wat nie noodwendig in die handboek verskyn nie. Onsekerheid oor enige inligting wat deur die kandidaat verskaf word, moet deur navorsing geverifieer word, voordat daar verder gemerk word. • Hoë, medium en lae kognitiewevlakke wat in elke antwoord verwag word, is ingesluit bokant elke vraag. Dit moet toegepas word wanneer punte toegeken word. Die beskrywende werkwoord/instruksiewoord in elke vraag en die taakvereistes moet as riglyn vir die toekenning van punte dien. • Die stappe waardeur kandidate moet gaan om die vraag te beantwoord, word onder die opskrif- DINK PROSES ingesluit. • Die nasienriglyne verskaf 'n voorbeeld van 'n antwoord in 'n teksblokkie onder die verwagte reaksies. NOTA: Dit is om leiding te gee waar om 'n punt toe te ken. In sommige vrae, word 'n voorbeeld van 'n volpunt-antwoord waar nodig, verskaf. In ander vrae word slegs een of twee voorbeelde verskaf. • Nasieners moet GEEN volpunte toeken vir antwoorde wat oppervlakkig/ minimaal is of waar al die vereistes van die kompleksiteitsvlak van die vraag nie nagekom is nie. • Nasien moet geskied ten opsigte van wat die kandidate weet en nie wat hy/sy nie weet nie. • EEN √ = EEN punt, afhangend van die vereistes van die vraag, tot en met die maksimum punte. • Geen ½ punte mag toegeken word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne NASIENFORMAAT: Vrae wat een regmerk per punt vereis: • EEN √ = EEN punt afhangende van die vereistes van die vrae • Regmerke moet geplaas word, waar 'n punt vir die inhoud toegeken is • Skryf die totale punt vir die sub vraag/vraag in die regterkantse kantlyn Voorbeeld: Vraag: Wat is dans? Antwoord: Dans is beweging van die liggaam √ wat emosies uitbeeld √ en ook 'n storie kan kommunikeer. √ (3) • Waar antwoorde die maksimum punte oorskry, skryf MAKS PUNTE by die punt waar dit bereik was. • Plaas die antwoord tussen hakies aan die linkerkant se kantlyn om aan te dui dat dit gelees was. Nasien kwalitatiewe vrae: • Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word • Wanneer kwalitatiewe vrae gemerk word, ken slegs volpunte toe as al die areas ingesluit is. • Kyk op die volgende bladsy in die antwoordeboek om seker te maak dat jy nie 'n gedeelte van die antwoord uitgelaat het nie • NOTA: daar is spesifieke nasieninstruksies in die vrae wat van 'n nasienrubriek gebruik maak Berekening van die puntetotaal: • Dui die puntetotaal wat per vraag behaal is in die regterkantse kantlyn aan die einde van die antwoord met 'n diagonale lyn bo die totaal aan. • Hierdie totaal moet herhaaldelik omkring word aan die begin van die vraag in die linkerkantse kantlyn en omsingel. Plaas jou voorletters langs hierdie totaal. Voorbeeld: VRAAGNOMMER … 8 Begin van die antwoord SD Einde van die antwoord /8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: DANSBESERINGS LAE VLAK 1.2.1 Definiëring 1 punt 1.2.3 Bespreking 4 punte 1.2.4 Identifisering 3 punte OF 1.3.1 Definiëring 1 punt 1.3.3 Bespreking 4 punte 1.3.4 Identifisering 3 punte MEDIUM VLAK 1.1 Verduideliking 4 punte 1.2.2 Verduideliking 3 punte OF 1.3.2 Verduideliking 3 punte INHOUD VIR DENKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate moet volg om te antwoord 1.1 Dansomgewing 1. Analiseer die foto 2. Herroep 3. Pas begrip tot die foto toe 1.2.1 Skeenbeensplinters 1. Herroep 1.2.2 Swak onderrig en 1. Herroep skeenbeensplinters 2. Kies toepaslike oorsake van skeenbeensplinters 1.2.3 Behandeling vir 1. Herroep skeenbeensplinters 2. Kies toepaslike behandeling vir skeenbeensplinters 1.2.4 Fiksheid behou tydens 1. Herroep herstelling van 2. Kies toepaslike oefeninge skeenbeensplinters 1.3.1 Tendonitis 1. Herroep 1.3.2 Tegniek verbande oorsake 1. Herroep van tendonitis 2. Kies toepaslike oorsake van tendonitis 1.3.3 Behandeling van tendonitis 1. Herroep 2. Kies toepaslike behandeling vir tendonitis 1.3.4 Uitdagings na tendonitis 1. Herroep 2. Identifiseer uitdagings wanneer terug na klas keur 1.1 VERDUIDELIK REDES HOEKOM RUIMTE ONVEILIG IS NOTA: o Kandidate moet redes in verband met die foto verduidelik o Moet nie punte vir een-woord antwoorde toeken nie o As meer as VIER redes verskaf word, merk slegs die eerste VIER o Kandidate kan meer oor een area as 'n ander skryf, bv.: Die vloer is ongelyk √, rommelrig √ en stukkend wat dalk beserings kan veroorsaak. √ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Verwagte reaksies: Alle antwoorde moet direk verband hou met die foto: • Ongelyke oppervlak • Rommelrig/vuil/stukkende oppervlak • Ventilasie/vensters • Plafon/dak/struktuur (4) Enige ander relevante antwoorde in verband met onveilige areas wat in die foto geïdentifiseer is Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Hierdie spasie is onveilig om in te dans omdat die vloer ongelyk is. √ ➢ Hierdie spasie het geen plafon nie en mag lekplekke veroorsaak en tot glyerige vloere lei. √ ➢ Daar is objekte wat oor die vloer versprei is en kan beserings veroorsaak. √ 1.2.1 DEFINIEER SKEENBEENSPLINTERS Verwagte reaksies: • Inflammasie aan in voorkant van die lae been • Mikro skeure in die bene van die lae been Enige ander relevante antwoorde in verband met die definisie van skeenbeensplinters (1) 1.2.2 VERDUIDELIK HOE SWAK ONDERRIG SKEENBEENSPLINTERS VEROORSAAK NOTA: o Moet nie punte vir algemene oorsake van beserings toeken nie. Antwoorde moet verband hou met hoe swak tegniek wat skeenbeensplinters veroorsaak o Kandidate moet verduidelik hoe swak onderrig skeenbeensplinters veroorsaak Moet nie punte vir 'n lys toeken nie Verwagte reaksies: • Gebrek aan kennis: tegniek/omgewing/metodiek/bestuur van klasse • Terugvoering en korreksies • Struktuur van die klas • Onrealistiese verwagtinge Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe swak onderrig skeenbeensplinters veroorsaak (3) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Die onderwyser korrigeer nie die danser wanneer hy/sy spronge uitvoer nie. √ ➢ Die onderwyser het onrealistiese verwagtinge omdat sy haar dansers sprong- oefeninge laat doen vir 20 minute. √ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne 1.2.3 BESPREEK DIE ONMIDDELLIKE BEHANDELING VIR SKEENBEENSPLINTERS NOTA: o Kandidate moet die onmiddellike behandeling vir skeenbeensplinters bespreek o Geen punte mag toegeken word as die akroniem RYKE genoem is maar nie bespreek nie Verwagte reaksies: • Rus • Ys • Kompressie • Elevasie • Hitte Enige ander relevante antwoorde in verband met die onmiddellike behandeling van skeenbeensplinters (4) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Rus en stop alle aktiwiteite om verdere skade te vermy. √ ➢ Plaas ys op die skene om swelling en inflammasie te verminder. √ ➢ Verbind die skene om swelling te verminder en ondersteuning te verskaf. √ ➢ Eleveer die bene om goeie bloed sirkulasie aan te moedig en om die opdam van bloed te vermy. √ 1.2.4 IDENTIFISEER DRIE OEFENINGE OM FIKSHEID TE BEHOU TYDENS HERSTELLING VAN SKEENBEENSPLINTERS NOTA: o Kandidate mag spesifieke oefeninge in hul antwoorde identifiseer. Bv.: opsitte ('situps ') o As meer as DRIE oefeninge/aktiwiteite verskaf word, merk slegs die eerste DRIE Verwagte reaksies: • Nie-gewigdraende oefeninge • Statiese strekking • Pilates • Yoga • Swem • Kern oefeninge Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met hoe om fiksheid te behou tydens herstelling van skeenbeensplinters (3) OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne 1.3.1 DEFINIEER TENDONITIS Verwagte reaksies: • Inflammasie van tendons Enige ander relevante antwoorde in verband met die definisie van tendonitis (1) 1.3.2 VERDUIDELIK HOE SWAK TEGNIEK TENDONITIS VEROORSAAK NOTA: o Moet nie punte vir algemene oorsake van beserings toeken nie. Antwoorde moet verband hou met hoe swak tegniek wat tendonitis veroorsaak o Kandidate mag dalk in hul antwoorde na 'n spesifieke area in die liggaam verwys of nie o Kandidate moet verduidelik hoe swaktegniek tendonitis veroorsaak. Moet nie punte vir 'n lys toeken nie Verwagte reaksies: • Toepassing van tegniek • Oordoen/ooroefen • Fisiese/strukturele beperkings • Opwarming en afkoeling • Toewyding Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met hoe swak tegniek tendonitis veroorsaak (3) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Om nie die liggaam se beperking te verstaan nie en plaas onnodige druk op die gewrigte en senings. √ ➢ Om nie die knieë te buig wanneer daar vanaf 'n sprong geland word nie om die skok te absorbeer. √ 1.3.3 BESPREEK DIE ONMIDDELLIKE BEHANDELING VAN TENDONITIS NOTA: o Kandidate moet die behandeling vir tendonitis bespreek o Geen punte mag toegeken word as die akroniem RYKE genoem is maar nie bespreek nie Verwagte reaksies: • Rus • Ys • Kompressie • Elevasie • Hitte Enige ander relevante antwoorde in verband met die onmiddellike behandeling van tendonitis (4) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Rus en stop alle aktiwiteite om verdere skade te vermy. √ ➢ Plaas ys op die skene om swelling en inflammasie te verminder. √ ➢ Verbind die skene om swelling te verminder en ondersteuning te verskaf. √ ➢ Eleveer die bene om goeie bloed sirkulasie aan te moedig en om die opdam van bloed te vermy. √ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne 1.3.4 IDENTIFISEER DRIE UITDAGINGS NA HERSTELLING VAN TENDONITIS NOTA: o Kandidate mag kort/een-woord reaksies verskaf. Bv.: depressie, stywe spiere o As meer as DRIE uitdagings verskaf word, merk slegs die eerste DRIE Verwagte reaksies: • Fiksheid/kondisionering • Tegniek • Uitvoeringskwaliteit • Geesgesondheid • Herroep Enige ander relevante antwoorde in verband met uitdagings wanneer daar na 'n besering terug na klas gekeer word (3) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Ek sal nie hoe vlakke van fiksheid het nie omdat ek nie vir 'n tydperk gedans het nie. √ ➢ Ek sal nie die werk/oefeninge ken nie. √ ➢ Ek sal nie selfvertoue het wanneer ek voor my klasmaats dans nie. √ [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID LAE VLAK 2.1 Voltooi 5 punte MEDIUM VLAK 2.2.1 Verduideliking 3 punte 2.2.2 Beskrywing 4 punte HOËVLAK 2.2.3 Bespreking 5 punte 2.2.4 Verduideliking 3 punte INHOUD VIR DENKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate moet volg om te antwoord 2.1 Komponente van fiksheid 1. Herroep 2.2.1 Soepelheid en 1. Herroep dansuitvoering 2. Pas begrip van die effek van soepelheid aan uitvoering toe 3. Substansieer antwoorde 2.2.2 Dinamiese en statiese 1. Herroep strekking 2. Kies 'n toepaslike oefening 3. Verskaf 'n beskrywing 2.2.3 Soepelheid en spierkrag 1. Herroep 2. Pas begrip oor 'n balans tussen soepelheid en spierkrag skep toe 3. Substansieer met voorbeelde 2.2.4 Kernstabiliteit en ratsheid 1. Herroep 2. Pas begrip van hoe kernstabiliteit verband hou met ratsheid toe 3. Pas begrip van die effekte aan uitvoering toe 2.1 VOLTOOI SINNE Verwagte reaksies: 2.1.1 Soepelheid (1) 2.1.2 Spierkrag (1) 2.1.3 Kernstabiliteit (1) 2.1.4 Neuromuskulêre vaardighede (1) 2.1.5 Uithouvermoë/kardiovaskulêre uithouvermoë/stamina/spieruithouvermoë (1) 2.2.1 VERDUIDELIK HOE SOEPELHEID BYDRAE TOT DANSUITVOERING LEWER Verwagte reaksies: ● Bewegingskwaliteit ● Danstegniek ● Bewegingskompleksiteit ● Omvang van beweging ● Opvoeringskwaliteit Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe soepelheid bydrae tot dansuitvoering lewer (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Om goeie ontwikkelde soepelheid te hê laat dit 'n danser toe om verskillende bewegings uit te voer wat hul uitvoering meer interessant laat lyk. √ ➢ Soepelheid laat dansers toe om verskillende vorme en lyne met hul liggame te maak wat die kompleksiteit van hul bewegings in hul opvoering sal verhoog. √ 2.2.2 BESKRYF EEN DINAMIESE EN EEN STATIESE STREK OM SOEPELHEID TE ONTWIKKEL NOTA: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Geen punte mag vir die noem van oefeninge toegeken word nie, kandidate moet die oefening beskryf Verwagte reaksies: Dinamiese strek oefening • Beenskoppe/grand battement • Lons • Beenswaaie • Armsirkels Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met dinamiese strekking Statiese strek oefening • Vooraf buiging • Sywaartse buiging • Bystand strekking Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met statiese strekking (2 x 2) (4) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Dinamies: Begin met jou voete langs mekaar te staan, skop die regte been vorentoe en bring dit terug na die begin posisie. √ Herhaal hierdie skop aksie sywaarts en na die agterkant op al twee kante. √ ➢ Staties: Staan en vou jou bo-liggaam vorentoe, strek die hande na die voete. √ Buig die knieë liggies, en strek hulle om die strek te verdiep. √ 2.2.3 BESPREEK DIE BELANGRIKHEID VAN 'N BALANS TUSSEN SOEPELHEID EN KRAG TE SKEP OM TEGNIEK TE VERBETER NOTA: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en sommige reaksies sal nie in die handboek verskyn nie o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die volle antwoord gelees is o Antwoorde moet 'n verband hou met die balanseer van soepelheid en krag-bou oefeninge om danstegniek te verbeter Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Verwagte reaksies: • Beserings voorkoming • Posisies te behou • Bewegings te beheer • Omvang van beweging • Bewegingskwaliteit Enige ander antwoorde wat verband hou met die balanseer van soepelheid en krag- bou oefeninge om danstegniek te verbeter (5) NASIENRUBRIEK: • In-diepte begrip van die belangrikheid om balans te skep tussen 4–5 soepelheid en krag-bou oefeninge om danstegniek te verbeter • Kan 'n vele verskeidenheid gesubstantiveerde voorbeelde verskaf • Goeie/voldoende begrip van die belangrikheid om balans te skep 2–3 tussen soepelheid en krag-bou oefeninge om danstegniek te verbeter • Kan 'n paar voorbeelde verskaf • Minimaal/geen begrip van die belangrikheid om balans te skep tussen 0–1 soepelheid en krag-bou oefeninge om danstegniek te verbeter nie • Minimaal/geen vermoë om voorbeelde te verskaf nie Voorbeeld van 'n antwoord: Goeie ontwikkelde soepelheid sonder krag sal in 'n gebrek aan beheer oor bewegings veroorsaak. Byvoorbeeld die danser sal nie die been wat van 'n skop afkom beheer nie. Goeie krag sonder soepelheid sal die omvang van beweging in die gewrigte beperk daarom sal die danser sukkel om die agterkant van die knieë in 'n arabesque te strek. Om 'n balans tussen soepelheid en krag te hê sal dit die liggaam toelaat om kompleks bewegings met beheer en gemak uit te voer. 'n Danser benodig om oordadige krag te ontwikkel om sterk genoeg te wees om 'n maat te vas te hou, maar sal ook op soepelheid oefeninge moet fokus om seker te maak dat die oplig beweging veilig en moeiteloos uitgevoer word. 'n Gebrek aan gebalanseerde krag en soepelheid kan na onbeheerde bewegings en slordige tegniek lei wat beserings kan veroorsaak. 2.2.3 VERDUIDELIK HOE KERNSTABILITEIT BYDRAE TOT RATSHEID LEWER IN 'N DANSOPVOERING Verwagte reaksies: • Danstegniek • Passies oor ruimte heen • Rigtingverandering • Vinnige oorgange • Beheer • Koördinasie en balans Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe kernstabiliteit bydrae tot ratsheid in 'n dansuitvoering lewer (3) Voorbeeld van 'n antwoord: Goeie kernstabiliteit tydens rigting verandering maak dat 'n danser se bewegings meer rats en moeiteloos lyk. √ 'n Sterk kern help om goeie belyning tydens die beweging in verskillende rigtings te handhaaf en help om bewegings met die korrekte tegniek uit te voer. √ 'n Sterk kern help met vinnige oorgange sonder om balans te verloor. √ [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG MEDIUM VLAK Herroeping 7 punte HOËVLAK Ontwerp 3 punte INHOUD VIR DENKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate moet volg om te antwoord 3 Ontspanningstegnieke, gees Inhoud: en fisiese voordele van 1. Herroep ontspanningstegnieke 2. Trek relevante inligting uit Ontwerp: 1. Aanleg/organisasie 2. Kreatiwiteit 3. Visuele impak 3. ONTWERP 'n STROOIBILJET NOTA: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en sommige reaksies sal nie in die handboek verskyn nie o Kandidate kan meer oor een kolpunt as die ander skryf o Alle punte moet ingesluit word om volpunte toe te ken o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die volle antwoord gelees is o Skryf die punte wat toegeken word volgens die opskrifte in die nasienrubriek, aan die begin of aan die einde van die antwoord, afhangende van die spasie wat beskikbaar is Bv.: Inligting = 7 Formaat = 3 Verwagte reaksies: Ontspanningstegnieke o Asemhaling oefeninge o Visualisering o Strekking o Yoga o Meditasie Enige ander relevante antwoorde in verband met ontspanningstegnieke Fisiese voordele o Konsentrasie en fokus o Verlos spanning in die spiere, seer en pyn o Verhoogte mobiliteit o Kans om pret te hê Enige ander relevante antwoorde in verband met fisiese voordele van ontspanningstegnieke Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Geestesvoordele o Konsentrasie en fokus o Geestes duidelikheid o Kalmte, verminder stres, verminder angs o Sosiale verbindings, bou verhoudings o Kans om pret te hê Enige ander relevante antwoorde in verband met geestesvoordele van ontspanningstegnieke Formaat: o Ontwerp o Aanleg/organisasie o Kreatiwiteit (10) NASIENRUBRIEK: • In-diepte kennis van ontspanningstegnieke • Toon 'n in-diepte begrip van fisiese en 6–7 geestesvoordele • Kan inligting organiseer • Goeie/voldoende kennis van ontspanningstegnieke • Toon 'n goeie/voldoende begrip van fisiese en geestes Inligting 3–5 voordele • Kan inligting organiseer • Minimaal/geen kennis van ontspanningstegnieke nie • Toon minimaal/geen begrip van fisiese en geestes 0–2 voordele nie • Minimaal/geen vermoë om inligting te organiseer nie 3 • Uitstekende kreatiwiteit, aanleg en visuele impak Formaat 1–2 • Voldoende kreatiwiteit, aanleg en visuele impak 0 • Geen kreatiwiteit, aanleg en visuele impak nie [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 14 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: DANSOPVOERING/-UITVOERING LAE VLAK 4.1.1 Verduideliking 2 punte 4.1.2 Verduideliking 2 punte MEDIUM VLAK 4.2.2 Bespreking 3 punte 4.2.1 Verduideliking 3 punte HOË VLAK 4.3 Evaluering 5 punte INHOUD VIR DENKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate moet volg om te antwoord 4.1.1 Danstegniek: gebruik van die 1. Herroep kop 2. Verskaf 'n verduideliking 4.1.2 Danstegniek: gebruik van die 1. Herroep arms 2. Verskaf 'n verduideliking 4.2.1 Musikaliteit 1. Herroep 2. Pas begrip van musikaliteit se effek op uitvoering toe 4.2.2 Musikaliteit 1. Herroep 2. Bespreek hoe om te ontwikkel 4.3 Liggaam as instrument vir 1. Lees vir begrip uitdrukking 2. Herroep 3. Evalueer hoe die liggaam as instrument gebruik is 4.1.1 VERDUIDELIK HOE DIE GEBRUIK VAN DIE KOP HELP OM BEWEGINGS UIT TE VOER NOTA: o Kandidate moet beskryf hoe die gebruik van die kop help om bewegings uit te voer o Kandidate mag hul reaksies aan hul hoofdansvorm verbind of nie Verwagte reaksies: • Rigting/spotting • Fokus • Balans • Beheer Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die kop gebruik word om bewegings uit te voer (2) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Deur jou oë en kop te gebruik om in draaie te spot sal dit jou help om die beweging korrek uit te voer. √ • Deur oogfokus te behou tydens passies wat oor ruimte heen gemaak word, verseker dat dansers in die korrekte rigting beweeg. √ 4.1.2 VERDUIDELIK HOE DIE GEBRUIK VAN DIE ARMS HELP OM BEWEGINGS UIT TE VOER NOTA: o Kandidate moet beskryf hoe die gebruik van die arms help om bewegings uit te voer o Kandidate mag hul reaksies aan hul hoofdansvorm verbind of nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 15 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Verwagte reaksies: • Balans • Beheer • Ondersteuning/krag • Paar werk • Momentum Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die arms gebruik word om bewegings uit te voer (2) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ As 'n danser hul arms korrek tydens opvoering gebruik, sal hulle balans kan handhaaf. √ ➢ 'n Danser sal hul hande plat op die grond moet plaas wanneer hulle 'n skuiwing uit voer sodat hulle meer krag sal hê om die liggaam van die vloer op te lig. √ 4.2.1 VERDUIDELIK HOE 'N GEBREK AAN MUSIKALITEIT DANSUITVOERING AFFEKTEER Verwagte reaksies: • Interpretasie • Tema/bedoeling • Emosie • Tydberekening • Ritme • Dinamika Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe 'n gebrek aan musikaliteit 'n dansuitvoering affekteer. (3) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ 'n Gebrek aan musikaliteit kan 'n dansuitvoering affekteer omdat die dansers nie die verskillende klankkwaliteite in die musiek kan interpreteer nie. ➢ As 'n danser 'n gebrek aan musikaliteit het, mag hulle dalk nie die emosie van die uitvoering uitbeeld nie. √ ➢ As 'n danser nie goeie ontwikkelde musikaliteit het nie, sal hulle nie die bedoeling van die danswerk suksesvol kan oordra nie. √ 2.2.2 BESPREEK HOE OM MUSIKALITEIT TE ONTWIKKEL Verwagte reaksies: • Musiek genres • Spoed • Dinamika • Ritmes • Melodies • Instrumentasie/begeleiding Enige ander relevante antwoorde in verband met die ontwikkeling van musikaliteit (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 16 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ 'n Danser kan musikaliteit ontwikkel deur eerste die ritme van die musiek te klap. √ ➢ 'n Danser kan musikaliteit ontwikkel deur na baie genres van musiek te luister en hul bewegings aan te pas om by die genre te pas. √ ➢ Om musiek met verskeie tempi te gebruik, kan musikaliteit in 'n danser ontwikkel word want hulle sal hul bewegings moet aanpas om by die verskeie spoed te pas. √ 4.3 EVALUEER HOE DIE LIGGAAM VIR UITDRUKKING GEBRUIK WORD NOTA: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en sommige reaksies sal nie in die handboek verskyn nie o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die volle antwoord gelees is Verwagte reaksies: • Funksies van dans • Teenwoordigheid/projeksie • Danselemente/choreografiese strukture • Bewegingskwaliteit • Gesiguitdrukkings/gebare Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die liggaam vir uitdrukking gebruik word (5) Voorbeeld van 'n antwoord: Dans kan gebruik word om emosies uit te beeld sonder om woorde te gebruik. Sommige mense is nie in staat om hulle gedagtes en idees te 'praat' nie en verkies om hul liggame as 'n instrument van kommunikasie te gebruik. As 'n choreograaf 'n danswerk oor liefde skep, kan die bewegingkwaliteit sagte bewegings reflekteer om te verseker dat die intensie van die danswerk aan die gehoor verskyn. 'n Choreograaf kan dansers wat in mekaar in 'n klein spasie ingevleg is, gebruik om 'n idee van eenheid te verteenwoordig. Dansers gebruik gesiguitdrukkings, gebare en bewegings om betekenis deur hul liggame oor te dra. In kompetisies, kan dans gebruik word om mag oor hul opponent wat in Hip Hop stryde gesien kan word uit te beeld. In sosiale omstandighede kan mense hul gelukkigheid en samehorigheid uitbeeld en dans ook as 'n instrument van aktivisme gebruik. Dus kan dans as 'n fisiese taal wat mense al om die wêreld verbind, gesien word. NASIENRUBRIEK: • In-diepte begrip van hoe die liggaam as 'n instrument van uitdrukking 4–5 gebruik word. • Verskaf gesubstantiveerde voorbeelde • Goeie begrip van hoe die liggaam as 'n instrument van uitdrukking 2–3 gebruik word. • Verskaf voorbeelde • Minimaal/geen begrip van hoe die liggaam as 'n instrument van 0–1 uitdrukking gebruik word nie. • Mag/Mag nie voorbeelde verskaf nie [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 17 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE LAE VLAK 5.1 Kies 5 punte 5.2.1 Definiëring 1 punte 5.2.2 Lys 4 punte MEDIUM VLAK 5.2.3 Verduideliking 8 punte 5.3 Beskrywing 7 punte OF 5.4 Beskrywing 7 punte INHOUD VIR DENKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate moet volg om te antwoord 5.1 Choreografie: 1. Herroep terminologie 5.2.1 Improvisasie 1. Herroep 5.2.2 Improvisasie: 1. Herroep Vaardighede en waardes 5.2.3 Improvisasie: 1. Herroep Voordele 2. Pas begrip aan voordele toe 5.3 Danselemente en 1. Herroep choreografiese 2. Analiseer die foto strukture 3. Pas begrip op die foto toe 5.4 Danselemente en 1. Herroep choreografiese 2. Analiseer die foto strukture 3. Pas begrip op die foto toe 5.1 KIES TERME Verwagte reaksies: 5.1.1 Verhalende choreografie (1) 5.1.2 Stimulus/gebare (1) 5.1.3 Multidissiplinêre (1) 5.1.4 Gebare (1) 5.1.5 Dans samesmelting (1) 5.2.1 DEFINIEER IMPROVISASIE Verwagte reaksies: • Om beweging te skep in reaksie op 'n stimulus • Onbeplande, spontaan beweging Enige ander relevante antwoord in verband met die definisie van improvisasie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 18 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne 5.2.2 LYS VIER VAARDIGHEDE EN/OF WAARDES NOTA: o As meer as VIER vaardighede en/of waardes verskaf word, merk slegs die eerste VIER Verwagte reaksies: • Kreatiwiteit • Vertroue • Kommunikasie • Probleem oplossing • Samewerking • Respek • Betroubaarheid • Verantwoordelikheid • Tydsbestuur Enige ander relevante antwoorde in verband met die vaardighede en/of waardes wat (4) deur improvisasie ontwikkel word 5.2.3 VERDUIDELIK VOORDELE VAN VAARDIGHEDE EN/OF WAARDES NOTA: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Al DRIE kolpunte moet aangespreek word om volpunte toe te ken o Kandidate kan meer oor een kolpunt as die ander skryf o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die volle antwoord gelees is Verwagte reaksies: • Verduideliking van die voordele van die VIER vaardighede en/of waardes gelys in VRAAG 5.2.2. (8) Voorbeeld van 'n antwoord: Om te leer hoe om 'n beter mededeler te word, het my gehelp om aktief na ander te luister, en toepaslik te reageer. Hierdie vaardigheid sal nuttig in die werksplek wees want ek sal goed onder druk en as deel van 'n span kan werk. Kommunikasie laat my toe om met ander my idees en opinies met self vertroue te deel. Ek het om op my voete kreatief te dink geleer wat my elke dag sal help om in situasies waar omstandighede verander aan te pas en om besluite in die oomblik te maak. In die samelewing word ons gekonfronteer met onverwagte struikelblokke soos die energie krisis en die vaardigheid van probleem-oplossing sal my toelaat om 'n manier rond om hierdie struikelblok te vind en meer vernuftig te word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 19 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne NASIENRUBRIEK: KRITERIA • In-diepte begrip van die voordele van die vaardighede en/of waardes 7–8 wat deur improvisasie ontwikkel word • Goeie begrip van die voordele van die vaardighede en/of waardes wat 5–6 deur improvisasie ontwikkel word • Voldoende begrip van die voordele van die vaardighede en/of waardes 3–4 wat deur improvisasie ontwikkel word • Minimaal/geen begrip van die voordele van die vaardighede en/of 0–2 waardes wat deur improvisasie ontwikkel word nie 5.3 BESKRYF HOE BEWEGINGS IN DIE FOTO MANIPULEER KAN WORD DEUR DIE DANSELEMENTE EN CHOREOGRAFIESE STRUKTURE TE GEBRUIK NOTA: o Moet nie punte vir beskrywings van die danselemente en choreografiese strukture toe ken nie o Antwoorde moet verband hou met die bewegings wat in die prent uitgevoer is Verwagte reaksies: Ruimte: • Algemene ruimte/gedeelde ruimte • Negatiewe ruimte • Persoonlike ruimte • Vlakke • Rigting • Paaie • Vorm • Patroon • Grootte Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die bewegings in die foto manipuleer kan word deur ruimte te gebruik Tyd: • Spoed/tempo • Tydberekening verhoudings • Repetisie • Stilte • Duur • Unisoon-beweging • Kanon • Frasering • Dinamika Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die bewegings in die foto manipuleer kan word deur tyd te gebruik Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 20 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Krag: • Bewegingskwaliteit • Dinamika • Energie • Aksent • Gewig Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die bewegings in die foto manipuleer kan word deur krag te gebruik Choreografiese strukture: • Kanon • Unisoon-beweging • Rondo • Repetisie • Stilte • Kontak improvisasie • Sekwensie Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die bewegings in die foto manipuleer kan word deur choreografiese strukture te gebruik (7) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Ek sal ruimte gebruik deur die beweging te herhaal met al die dansers teenoor dieselfde rigting. √ ➢ Ek sal die dansers laat ingevlegte vorms uitvoer om die negatiewe ruimte te vul. √ ➢ Ek sal 'n reguit lyn vorm en die dansers sal dan die bewegings vinnig uitvoer √ en dan hul arms stadig laat sak, √ een op 'n slag om 'n kanon te skep. √ ➢ Ek sal kontraste krag gebruik wanneer bewegings herhaal word. Die dansers op die lae vlak sal saggies beweeg √ terwyl die dansers op hoe vlak kragtig beweeg. √ OF 5.4 BESKRYF HOE BEWEGING IN DIE FOTO MANIPULEER KAN WORD DEUR DIE DANSELEMENTE EN CHOREOGRAFIESE STRUKTURE TE GEBRUIK NOTA: o Moet nie punte vir beskrywings van die danselemente en choreografiese strukture toe ken nie o Antwoorde moet verband hou met die bewegings wat in die prent uitgevoer is Verwagte reaksies: Ruimte: • Algemene ruimte/gedeelde ruimte • Negatiewe ruimte • Persoonlike ruimte • Vlakke • Rigting • Paaie • Vorm Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 21 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne • Patroon • Grootte Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die bewegings in die foto manipuleer kan word deur ruimte te gebruik Tyd: • Spoed/tempo • Tydberekening verhoudings • Repetisie • Stilte • Duur • Unisoon-beweging • Kanon • Frasering • Dinamika Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die bewegings in die foto manipuleer kan word deur tyd te gebruik Krag: • Bewegingskwaliteit • Dinamika • Energie • Aksent • Gewig Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die bewegings in die foto manipuleer kan word deur krag te gebruik Choreografiese strukture: • Kanon • Unisoon-beweging • Rondo • Repetisie • Stilte • Kontak improvisasie • Sekwensie Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe die bewegings in die foto manipuleer kan word deur choreografiese strukture te gebruik (7) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Die dansers kan verby mekaar gaan om 'n verskillende ingevlegte vorm te skep. √ ➢ Ek sal die dansers een vir een weg van mekaar laat draai om 'n kanon te skep √ en voort te gaan om die bewegings te herhaal deur hul arms bo hul koppe te lig. √ ➢ Die dansers kan in 'n oplig beweeg waar een danser opgelig is om 'n asimmetriese posisie te vorm. √ ➢ Albei dansers draai om vorentoe te kyk en doen die motief in unisoon. √ Hulle hou die posisie met hul arms bo hul koppe om 'n oomblik van stilte te skep. √ [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 22 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID LAE VLAK 6.1 Dui aan 5 punte MEDIUM VLAK 6.3 Skryf 5 punte HOË VLAK 6.2 Bespreking 5 punte 6.3 Skryf 10 punte INHOUD VIR DENKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate moet volg om te antwoord 6.1 Teater en kulturele 1. Herroep dansvorms 6.2 Inheemse dans 1. Herroep 2. Reflekteer oor die waarde van Suid-Afrikaanse inheemse dans 3. Formuleer 'n opinie 6.3 Geskiedenis, ontwikkeling 1. Herroep en toekoms van die 2. Analiseer ontwikkeling hoofdansvorm 3. Formuleer 'n opinie 6.1 DUI AAN WAAR OF ONWAAR Verwagte reaksies: 6.1.1 Onwaar (1) 6.1.2 Onwaar (1) 6.1.3 Waar (1) 6.1.4 Waar (1) 6.1.5 Waar (1) 6.2 BESPREEK DIE WAARDE VAN SUID-AFRIKAANSE INHEEMSE DANSE LEER Verwagte reaksies: Die volgende areas kan ingesluit word: • Kultuur • Respek • Gemeenskap • Eenheid • Geskiedenis • Tradisies Enige relevante antwoorde in verband met die waarde van Suid- Afrikaanse inheemse danse leer (5) Voorbeeld van 'n antwoord: ➢ Om oor verskillende inheemse danse te leer gee dit leerders insig oor verskillende kulture. √ ➢ Om Suid-Afrikaner te wees dink ek dat dit waardevol is om oor my land en sy geskiedenis te leer. √ ➢ Suid-Afrikaanse inheemse danse leer leerders om respek vir mekaar se kulture te hê. √ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 23 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne 6.3 SKRYF 'n OPSTEL OOR DIE HOOFDANSVORM NOTA: o Kandidate moet die oorsprong en ontwikkeling aanspreek en 'n opinie oor die toekoms van hul hoofdansvorm verskaf om volpunte toe te ken o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die volle antwoord gelees is Verwagte reaksies: Die volgende areas kan ingesluit word: • Oorsprong • Ontwikkeling • Pioniers • Beginsels • Karaktereienskappe • Danswerke • Film • Toegang • Tegnologie • Opvoerruimtes • Multidissiplinêre Enige ander relevante antwoorde in verband met die oorsprong, ontwikkeling en opinie oor die toekoms van die hoofdansvorm (15) Voorbeeld van 'n antwoord: Destyds, nou en in die toekoms… 'n Opstel oor kontemporêre dans Kontemporêre dans het in die 20ste eeu begin. Populêre dansvorme van die tydperk was klassieke ballet en vaudeville wat die gehoor weg van hul alledaagse lewens gevat het. Kontemporêre dans het begin as 'n rebels teen die streng reëls van klassieke ballet wat onrealistiese stories en romantiese sprokiesverhale uitgebeeld het. Kontemporêre kunstenaars van die tydperk wou werklikhede emosies deur dans uitbeeld en het van die streng reëls van klassieke ballet weggebreek. Die vroeër pioniers van kontemporêre dans was Isadora Duncan, Loie Fuller, Ruth St Denis en Ted Shawn. Isadora Duncan het kaalvoet en kaalbene met los hare gedans wat daardie tyd vreemd was. Ruth St. Denis en Ted Shawn het 'n skool begin wat later deur Martha Graham bygewoon is. Martha Graham word as die moeder van kontemporêre dans beskou omdat sy 'n instrumentele rol in die kodifisering van kontemporêre dans gespeel het. Sy het ook haar eie tegniek gebaseer op die beginsel van 'sametrekking en vrylating' ontwikkel. Soos onderwysers geëksperimenteer het en hul eie werk ontwikkel, sal hul studente aan dit byvoeg en dit aanpas om hul eie persoonlike style te pas. In hierdie manier gaan kontemporêre dans voort en evolueer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 24 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Vandag, het kontemporêre dans ontwikkel om verskillende genres/style in te sluit byvoorbeeld samesmelting. In Suid- Afrika het choreograwe soos Sylvia Glasser en Gregory Maqoma kontemporêre dans en Afrika dans samegesmelt om 'n nuwe genre te skep genoem Afrofusie/Afro-kontemporêre wat deur die hele wêreld versprei is. Deesdae word kontemporêre dans nie net op konvensionele opvoerruimtes uitgevoer nie, maar ook in publieke/terreinspesifieke opvoerruimtes. Tegnologie het ook 'n groot invloed op dans gehad in hedendaagse tye. Vir kontemporêre dans beteken dit dat werke multidissiplinêr geword het wat kunsvorme soos visuele kunste, ontwerp, drama, musiek en film kombineer. Dit het ook meer inklusief van verskillende gestremde liggame geword want kontemporêre dans breek grense asook om en die manier hoe mense dans sien, uit te daag. In die toekoms sien ek kontemporêre dans as meer toeganklik want die internet laat ons toe om dans te leer, deel en skep asook om om met 'n globale dansgemeenskap te verbind. NASIENRUBRIEK: KRITERIA • In-diepte beskrywing van die oorsprong van die hoofdansvorm 12–15 • In-diepte begrip van die ontwikkeling van die hoofdansvorm • Verskaf innoverende opinies oor die toekoms van die hoofdansvorm • Goeie beskrywing van die oorsprong van die hoofdansvorm 9–11 • Goeie begrip van die ontwikkeling van die hoofdansvorm • Verskaf relevante opinies oor die toekoms van die hoofdansvorm • Voldoende beskrywing van die oorsprong van die hoofdansvorm 6–8 • Voldoende begrip van die ontwikkeling van die hoofdansvorm • Verskaf sommige opinies oor die toekoms van die hoofdansvorm • Minimaal/geen beskrywing van die oorsprong van die hoofdansvorm nie 0–5 • Minimaal/geen begrip van die ontwikkeling van die hoofdansvorm nie • Verskaf minimaal/geen opinies oor die toekoms van die hoofdansvorm nie [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 25 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: DANSWERK LAE 7.1.1 Verskaffing 4 punte MEDIUM VLAK 7.1.2 Bespreking 4 punte 7.1.4 Verduideliking 8 punte HOË VLAK 7.1.3 Bespreking 3 punte 7.2 Motivering 6 punte INHOUD VIR DENKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate moet volg om te antwoord 7.1.1 Danswerk: sinopsis 1. Herroep 7.1.2 Danswerk: kostuums 1. Herroep 2. Verduidelik simboliek van kleur 7.1.3 Danswerk: musiek en/of 1. Herroep begeleiding 2. Formuleer 'n opinie 3. Gesubstantiveerde opinie 7.1.4 Danswerk: beligting, stel 1. Herroep ontwerp en/of rekwisiete, 2. Verduidelik simboliek simboliek 7.2 Danswerk: toepassing 1. Herroep 2. Formuleer 'n opinie 3. Gesubstantiveerde opinie 7.1.1 VERSKAF 'N SINOPSIS Verwagte reaksies: • Inspirasie • Rede • Bedoeling • Oorsig van afdelings/toneelstukke Enige ander relevante antwoorde in verband met die sinopsis/tema/storielyn (4) 7.1.2 BESPREEK DIE ROL VAN KLEUR IN DIE KOSTUUMS NOTA: o Kandidate se antwoorde moet 'n verband hou met hoe kleur die tema/bedoeling van die danswerk ondersteun o Moet nie punte vir slegs identifisering van kostuums toe ken nie Verwagte reaksies: • Bespreking van die rol van kleur van die kostuums in die gekose danswerk (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 26 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: Lamentation: ➢ In Lamentation dra die danser 'n diep rooi leotard en 'n pers buis daaroor. Die rooi kleur kan bloed suggereer wat die pyn wat die danser voel simboliseer. √ ➢ Die rooi kleur mag ook suggereer dat die proses van rou soos om 'n oop wond te hê wat pynvol is en tyd gaan vat om te herstel. √ ➢ Die pers kleur is dieselfde kleur van 'n kneusing wat voorstel dat die pyn van rou net soos 'n kneusing is. √ ➢ Pers word ook as koninklik beskou en dit mag voorstel dat ongeag klas, alle mense rou. √ 7.1.3 BESPREEK DIE IMPAK VAN DIE MUSIEK/BEGELEIDING OP DIE DANSWERK NOTA: o Kandidate moet bespreek of die musiek en/of begeleiding 'n impak op die danswerk gehad het of nie o Moet nie punte vir slegs verduideliking van die musiek/begeleiding toe ken nie Verwagte reaksies: Verband van musiek/begeleiding tot die dans insluitende: • Bui • Genres/klank effekte • Tempo • Dinamika • Struktuur Enige ander relevante antwoorde in verband met of die musiek/begeleiding 'n impak op die danswerk gehad het of nie (3) Voorbeeld van 'n antwoord: Ghost Dances: Die musiek het 'n impak op die dans gehad omdat Ghost Dances geskep was om eer te bring aan die mense van Chile wie die coup ervaar het. Die musiek het van 'n Chileense volksmusiek groep gekom, genoem, Inti -Illimani en sodoende die mense van Chile te eer. √ In die begin van Ghost Dances hoor jy die geluid van water wat drup wat maklik simbolies is van bloed wat drup van die mense van Chile wat sterf, hierdie ware realiteit was die impak op die danswerk. √ Die musiek komplimenteer die afdelings in Ghost Dances. Byvoorbeeld die gelukkige volksmusiek wat in die llama toneel gespeel is wys die spelerige verhouding tussen die jong meisie en die man. √ 7.1.4 VERDUIDELIK OOR HOE BELIGTING, STEL ONTWERP EN/OF REKWISIETE DIE TEMA VAN DIE DANSWERK KOMMUNIKEER NOTA: o Kandidate moet hoe die choreograaf die tema deur beligting, stel ontwerp en/of rekwisiete gekommunikeer het, verduidelik o Moet nie punte vir lys/identifisering sonder om breedvoerige voorbeelde te verskaf, toeken nie o Kandidate mag meer op een area as die ander skryf o Alle areas moet ingesluit word om volpunte toe te ken Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 27 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Verwagte reaksies: Beligting: • Ontwerp • Kleur • Spesiale effekte • Projeksies Stel ontwerp: • Agtergrond/siklorama • Tegnologie • Opvoerruimtes: konvensioneel en nie-konvensionele ruimtes Rekwisiete Enige ander relevante antwoorde wat verwant hou met hoe die choreograaf beligting, stel ontwerp en/of rekwisiete gebruik het om die tema van die danswerk te kommunikeer (8) Voorbeeld van 'n antwoord: Four Seasons ➢ Die beligting in die Winter seisoen is donker en mistroostig wat die koue en depressiewe staat wat mense mag voel gedurende die wintermaande suggereer. √ ➢ Die stel ontwerp in die Winter seisoen wys 'n vervalle gebou wat op die siklorama geprojekteer word, wat simbolies van die chaotiese weer gedurende winter is. √ ➢ Gedurende die Herfs toneel verander die beligting na 'n bruin, rooi en oranje toon wat die kleur van die bome gedurende hierdie tyd van die jaar verteenwoordig. √ ➢ Daar is ook projeksies op die vloer van die verhoog wat soos krake lyk gedurende hierdie seisoen wat die droogte wat herfs bring, verteenwoordig. √ ➢ In die Lente toneel sien ons die beligting verandering na verskeie helder kleure wat die kleurvolle blomme wat bloes gedurende die lente tyd simboliseer. √ ➢ In die Somer toneel, verander die beligting na rooi wat die hitte van somer verteenwoordig. √ ➢ Aan die einde van Somer, word 'n projeksie van Louis Armstrong se lied, 'What a Wonderful World' op die siklorama geprojekteer as 'n simboliese teken van hoop dat die wêreld globale verwarming sal veg. √ ➢ Dit is ook simbolies van die idee dat as die wêreld saamstaan sal ons mekaar deur moeilike tye kan ondersteun. √ 7.2 MOTIVEER DIE IMPAK VAN DIE DANSWERK Verwagte reaksies: Die volgende areas kan ingesluit word: • Dansstyle/ genres • Samesmelting • Danstegniek • Uitvoeringskwaliteit • Danselemente • Choreografiese strukture • Musiek keuses • Kreatiwiteit • Funksie van dans Enige ander relevante antwoord in verband met hoe die danswerk 'n impak gemaak het (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 28 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: Revelations: Hierdie danswerk het my kennis van slawerny en hoe geloof 'n vertroosting vir mense wat trauma ervaar kan wees. √ Dit het my gehelp om vir my PAT voor te berei en my geleer dat die gebruik van rekwisiete 'n kragtige manier kan wees om die bedoeling van die danswerk te kommunikeer. √ Hierdie danswerk het ruimte en plasing op die verhoog baie goed gebruik. Ek was in staat om hierdie kennis te gebruik om my eie dansers te help met plasing op die verhoog √ asook om my dans te verfyn. √ Dit het my gehelp om vir my praktiese eksamen voor te berei omdat ek kon sien hoe uitvoeringskwaliteite deur professionele dansers gedemonstreer was. √ Ek is 'n ballet danser en alhoewel hierdie danswerk 'n kontemporêre danswerk is, was die beginsels van klassieke ballet in die danswerk, sigbaar. Dit het my gehelp in my begrip van hoe om die beginsels in my eie uitvoering te demonstreer. √ [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 29 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: CHOREOGRAAF LAE VLAK Skryf 9 punte MEDIUM VLAK Skryf 6 punte INHOUD VIR ASSESSERING DENKPROSES Stappe wat kandidate moet volg om te antwoord Choreograaf 1. Herroep 2. Kies geskikte inligting vir die inleiding en invloede 3. Pas begrip van die effek die invloede op die choreografiese styl/danswerk het toe 4. Formuleer 'n toespraak SKRYF 'N TOESPRAAK NOTA: o Kandidate moet die vermoë om te verduidelik hoe die invloede bydra aan die choreograaf se choreografiese styl gelewer het, demonstreer o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Kandidate kan meer oor EEN kolpunt as die ander antwoord o Alle kolpunte moet ingesluit word om volpunte toe te ken o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die volle antwoord gelees is Verwagte reaksies: • Agtergrond • Opleiding en dansloopbaan • Bydrae tot dans in die samelewing • Sosiale en/of politieke konteks • Persoonlike invloede en/of samewerkings (15) Voorbeeld van 'n antwoord: Goeie middag en welkom na die Jomba Dans Konferensie Dit is vir my 'n eer om aan u die wel bekende choreograaf, Gregory Maqoma voor te stel. Maqoma was in 1793 gebore in 'n Suid-Afrikaanse dorpsgebied genoem Soweto. Hy het in die 1980s in sy gemeenskap begin dans as 'n manier om weg te breek van die politieke onrus van die tydperk. Sy formele opleiding het by Moving Into Dance Mophatong (MID) in 1990 begin onder die bestuur van Sylvia Glasser. Hy het toe 'n studiebeurs ontvang om by PARTS (Performing Arts Research and Training Studio), in Brussels, België te studeer. Hy is die stigter van 'n Afrika- Kontemporêre dansgeselskap genoem, Vuyani Dance Company. Hierdie geselskap het albei plaaslike en internasionale bevalling en het Suid- Afrikaanse dans op die internasionale verhoog geplaas. Maqoma het in baie universiteite al oor die wêreld onderrig en in hierdie manier versprei hy Suid-Afrikaanse dans globaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 30 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne Sylvia Glasser, wie vir Maqoma geleer en mentor het, het 'n groot rol in sy choreografiese styl gespeel. Sy het Afrofusie gepionier wat Maqoma se benadering tot die samesmelting van verskillende danse beïnvloed het. Hy verwys na sy dansstyl as 'n mengeldrankie van genres wat style soos Afrika dans, kontemporêre dans, ballet en salsa inkorporeer soos gesien kan word in sy werk Four Seasons. Maqoma trek aan sosiale en politieke temas in sy werke soos kulturele rituele, omgewingskwessies en menslike houdings. He trek ook aan die ervare van sy dansers wanneer hy danswerke skep en betrek hulle in die skepping proses. Klap hande vir Gregory Maqoma. NASIENRUBRIEK: KRITERIA • In-diepte begrip van die choreograaf se agtergrond, opleiding/dansloopbaan en bydrae tot die samelewing • Uitstekende vermoë om hoe die choreograaf se sosiale en/of politieke 12–15 konteks, persoonlike invloede en/of samewerking die choreografiese styl en danswerke beïnvloed het, te verduidelik • Uitstekende geskrewe aanbieding van 'n toespraak • Goeie begrip van die choreograaf se agtergrond, opleiding/dansloopbaan en bydrae tot die samelewing • Goeie vermoë om hoe die choreograaf se sosiale en/of politieke 9–11 konteks, persoonlike invloede en/of samewerking die choreografiese styl en danswerke beïnvloed het, te verduidelik • Goeie geskrewe aanbieding van 'n toespraak • Voldoende/beperkte begrip van die choreograaf se agtergrond, opleiding/dansloopbaan en bydrae tot die samelewing • Voldoende/beperkte vermoë om hoe die choreograaf se sosiale en/of 6–8 politieke konteks, persoonlike invloede en/of samewerking die choreografiese styl en danswerke beïnvloed het, te verduidelik • Voldoende/beperkte geskrewe aanbieding van 'n toespraak • Minimaal/geen begrip van die choreograaf se agtergrond, opleiding/dansloopbaan en bydrae tot die samelewing nie • Minimaal/geen vermoë om hoe die choreograaf se sosiale en/of 0–5 politieke konteks, persoonlike invloede en/of samewerking die choreografiese styl en danswerke beïnvloed het, te verduidelik nie • Minimaal/geen geskrewe aanbieding van 'n toespraak nie [15] TOTAAL AFDELING B: 90 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Dance Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all