Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
DANSSTUDIES
2019
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 27 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Memorandum, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 480.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 27
This exam
NSC June Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
AANTEKENINGE VIR NASIENERS:
Hou streng by hierdie nasienriglyne wanneer nagesien word. Die standaardiserings-
proses tydens nasienriglynbesprekings verseker dat die nasienriglyne die meeste
moontlike antwoorde deur kandidate dek. Elke nasiener moet dit verstaan en op
konsekwente wyse toepas. In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en
ingeligte oordeel uitoefen.
Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-beamptes/-adviseurs
nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis.
By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate albei vrae beantwoord
het, sien slegs die antwoorde op die EERSTE vraag na.
Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangend van wat hulle in
die klas behandel het.
Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word bo
elke moontlike antwoord gegee.
Nasieners moet NIE volpunte vir 'n antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is,
toeken NIE.
Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.
Ken punte (regmerkies) toe vir inhoud gegee tot by die maksimum punte.
Waar rubrieke gegee is – gebruik dit om die kognitiewe vlakke en gehalte van die
antwoorde te verifieer. Volpunte moet NIE toegeken word NIE, as al die vereistes
nie nagekom is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: BESERINGS (VERPLIGTEND)
LAE VLAK: 1.1 Definieer – 1 punt
1.2 Noem – 1 punt
MEDIUM VLAK: 1.3 Noem aktiwiteite – 3 punte
1.4 Verduidelik voorkomingsmetodes – 5 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
1.1 Inflammasie van 'n sening/tendon. (1)
1.2 RICE/RYKE of enige ander relevante antwoorde (1)
1.3 Sien slegs die eerste DRIE na indien meer gegee is:
Handhawing van fiksheid tydens besering kan insluit:
Voortgaan met die res van die dansklas wat vloerwerk en niegewigsdraende
oefeninge insluit wat spesifieke spiere teiken, bv. kernspiere sodat
postuur/houding en belyning nie beïnvloed word nie.
Strek daagliks alle spiergroepe om soepelheid in stand te hou.
Gaan voort met staan-/balanseeroefeninge om koördinasie-/geheue-/
spiergeheue te ontwikkel.
Behou krag deur Pilates/joga/gim en fokus op spesifieke spiere/groepe.
Doen spesifieke versterkingsoefeninge in die klas.
Neem deel aan aktiwiteite wat lae impak/geen spronge behels nie,
byvoorbeeld swem of stap.
Enige ander geskikte antwoorde. (3)
1.4 LET WEL: Moet nie volpunte toeken indien die KANDIDAAT nie die
aanbevelings verduidelik nie.
EEN PUNT PER VOORKOMINGSVERDUIDELIKING.
Voorkoming kan die volgende insluit:
Vermy oormatige hoeveelhede krag op die beseerde area en die spiere
daar rondom – om verdere besering te verhinder.
Moet nie aan oormatige/te veel roetines/klasse deelneem waar die liggaam
nie tyd toegelaat word om te rus nie.
Moet nie op 'n betonvloer/baie harde vloer dans nie want daar is geen
skokabsorbering na sprongimpak ens. nie en hierdie oormatige krag sal pyn
en inflammasie/skade aan gewrigte/verdere beserings veroorsaak.
Warm op voor oefening sodat die spiere en senings/tendons tyd het om
elasties/buigsaam te word.
Verhoog intensiteit van oefening geleidelik om beserings te voorkom.
Doen kragopleiding om alle omliggende spiergroepe te versterk – sodat die
beseerde gedeelte nie ooreis word nie.
Oefeninge moet gevarieer word om oorgebruik en trauma van enige
besondere spiergroep te vermy.
Maak seker dat jy goed soepel is omdat stywe spiere/tendons meer tot
besering geneig is.
Werk saam met 'n goeie onderwyser wat swak tegniek kan korrigeer om te
voorkom dat beserings plaasvind.
Beperk of hou aan beweeg tydens begin-stop-dele in die dansklas
aangesien die spiere tussen-in sal afkoel en gestres wees.
Behou 'n balans tussen die regter- en linkerkant om te voorkom dat sekere
spiere oorwerk word en spierwanbalans voorkom.
Enige ander geskikte antwoorde. (5)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
Sien slegs die EERSTE antwoord na indien beide vrae beantwoord is.
VRAAG 2: FIKSHEIDSKOMPONENTE – UITHOUVERMOË
LAE VLAK: 2.1 Definieer x 2 – 4 punte
2.2 Beskryf – 1 punt
MEDIUM VLAK: 2.3 Verduidelik – 5 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
2.1 LET WEL: Enige TWEE van die volgende drie sleutelbeskrywers wat
hieronder beklemtoon is, moet deel van die definisie wees.
Kardiovaskulêre Uithouvermoë
'n Goedgekondisioneerde hart en longe pomp 'n groter volume bloed in
die algemene sirkulasie in.
Suurstof word meer doeltreffend vervoer na die spiere en organe om
uitvoering te verbeter.
Die afbreek van brandstof vir gebruik deur die liggaam neem toe (2)
Spieruithouvermoë
Die vermoë om enige spiersametrekkings te deurstaan.
Spiere kan vir 'n lang tydperk werk.
Die liggaam en spiere kan optimaal werk sonder om moeg te word. (2)
2.2 LET WEL: Oefeninge kan in die dansklas of buite die dansklas gedoen word.
Moontlike oefeninge kan wees:
Swem is aërobies en die beweging betrek alle dele van die liggaam.
Hardloop/Touspring/Spring/Vorentoe bewegings is goed om die longe en
hart te ontwikkel aangesien aërobiese oefeninge suurstofinname verhoog.
Enige ander geskikte antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
2.3 LET WEL: Moet nie volpunte toeken indien die KANDIDAAT nie elke
faktor verduidelik het nie. Sien slegs die eerste VYF na indien meer
ingesluit is.
Tegniekklas is onderbreek (stop):
Die danser staan stil en luister na die onderwyser se korreksies, wat beteken
uithouvermoë kan nie ontwikkel word nie want daarvoor moet jy vir lang
tydperke jou hart vinnig laat klop.
Tekort aan gereelde klasse:
Daar is dikwels tydens vakansies en eksamentydperke 'n tekort aan gereelde
klasse wat beteken uithouvermoë gaan verlore.
Lang tydperk waartydens daar nie gedans word nie:
Dit kan as gevolg van 'n besering wees wat beteken die hart, longe en spiere
verloor krag/fiksheid/uithouvermoë.
Gebrek aan gereelde oefening:
Spiere word swak wanneer daar nie gereeld geoefen word nie. Dikwels word
genoeg klasse nie aangebied nie/woon die danser nie genoeg klasse by
nie/word klasse gereeld gemis.
Te veel tyd aan repetisie en optrede/opvoering bestee:
Die aërobiese stelsel word nie vir lank genoeg gebruik nie, dus word
uithouvermoë nie genoeg opgebou nie.
Die oorlaaibeginsel:
Om meer in elke les te doen, word nie toegepas nie dus sal uithouvermoë op
'n konstante vlak bly en nooit verbeter nie
Gebrek aan toewyding:
'n Danser plaas nie druk op hom-/haarself in die klas nie en werk nooit tot
sy/haar maksimum kapasiteit nie.
Enige ander geskikte faktore. (5)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: FIKSHEIDSKOMPONENTE – NEUROMUSKULÊRE VAARDIGHEDE
LAE VLAK: 3.1 Noem – 5 punte
MEDIUM VLAK: 3.2 Verduidelik – 5 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
3.1 LET WEL: Sien slegs die eerste VYF vaardighede na indien meer gegee is.
Balans
Ratsheid
Kinestetiese bewustheid
Ruimtelike bewustheid/oriëntering
Ritme
Tydsberekening
Musikaliteit
Reaktiwiteit (reaksietyd (reaksievermoë))
Koördinasie
Krag/Eksplosiewe bewegings
Interpreteer/vertolking/emosie/maak betekenis uit beweging (5)
3.2 LET WEL: Kandidate moet 'n verduideliking gee vir dieselfde vyf vaardighede
wat in VRAAG 3.1 genoem is, gee. Sien slegs die eerste vyf na indien meer
gegee is.
Moontlike verduidelikings:
Balans:
Die vermoë om bewegings te beheer en gelyke hoeveelheid gewig om 'n
sentrale punt te hê.
Kan die optrede beheersd en maklik laat lyk.
Hou 'n posisie met beheer/kontrole en selfbeheersing ('poise').
Ratsheid:
'n Danser se vermoë om vinnig en effektief te beweeg.
Die vermoë om die rigting van die liggaam vinnig te verander op 'n
bevoegde en effektiewe manier.
Kinestetiese bewustheid:
Die danser se innerlike bewustheid van hoe sy/haar liggaam beweeg.
Die vermoë om te voel en te weet waar hulle eie en ander se liggame in
ruimte en tyd is sonder om in die spieël te kyk/gekorrigeer te word.
Die vermoë van jou sentrale senustelsel om dele van jou liggaam met
mekaar te laat te kommunikeer en koördineer.
Ruimtelike bewustheid:
Die danser se bewustheid van die ruimte wat nie net deur sy/haar liggaam
gebruik word nie, maar ook deur ander.
Die vermoë om as 'n groep saam op te tree.
Die vermoë om nie teen mededansers te stamp terwyl jy dans nie.
Die vermoë om die beskikbare ruimte effektief te gebruik.
Ritme:
Die vermoë om beweging by musiek te pas.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Tydsberekening:
Alles wat met die tydsaspek van musiek en beweging te doen het,
tydsduur en patroon ingesluit.
Musikaliteit:
Interpreteer/Vertolk betekenis van musiek.
'n Danser se sensitiwiteit en interpreteer/vertolking van die ritmes,
melodieë, tempo en dinamiek in musiek.
Reaktiwiteit (reaksietyd (reaksievermoë)):
Die vermoë om op veranderde omstandighede te reageer.
Reageer op geskikte wyse op emosionele situasies/ongelukke/
musiek/bewegings, ens.
Koördinasie:
Om in staat te wees om alle/verskillende dele van die liggaam op dieselfde
tyd effektief te kan gebruik.
Die vermoë om komplekse aksies met gebruik van die bolyf, arms, bene,
kop en oë gelyktydig uit te voer.
Krag:
Eksplosiewe bewegings geskep binne 'n bewegingsekwens wat groot
uitbarstings van krag/energie vereis.
Die vermoë om iemand op te lig/'n beweging te hou.
Interpreteer/Vertolking/Emosie:
Die vermoë om bewegings te interpreteer/vertolk/te skep/betekenisvol te
maak, dikwels deur improvisasie of visualisering van 'n stimulus.
Enige ander geskikte antwoorde. (5)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: BEWEGINGSKWALITEITE (VERPLIGTEND)
Baie moontlike antwoorde kan gegee word.
Kandidate moet oor goeie danstegniek skryf, maar moet ook ten minste VYF
ander kwaliteite verskaf. Gebruik professionele oordeel wanneer 'n punte
toegeken word. Kandidate kan in enige formaat skryf.
HOË VLAK: Mening/Samevatting – 10 punte
MOONTLIKE BEWEGINGSKWALITEITE WAT INGESLUIT KAN WORD:
Begin en einde:
Die begin van die solo moet die gehoor beïndruk/meer te wil laat sien.
Die einde moet die hele solo beëindig en nie te skielik plaasvind nie. Dit moet
'n blywende indruk op die gehoor maak.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Musikaliteit:
Die danser moet die tipe musiek/stemming van die musiek interpreteer/vertolk.
Musikaliteit stel 'n danser in staat om sy/haar interpretasie/vertolking van die
musiek deur beweging te kommunikeer.
Instrumentasie moet in ag geneem word aangesien elke instrument 'n ander
klankgehalte het wat deur die bewegings geïnterpreteer/vertolk moet word.
Die dinamiek van die musiek moet in ag geneem word wanneer bewegings
uitgevoer word.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Vloeiendheid:
Al die passies wat jy individueel in die solo geleer het, moet met die ander saam
smelt sodat dit soomlose/gladde/vloeiende oorgange word.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Oorgange:
Dit is wat tussen die bewegings plaasvind en is dikwels meer belangrik as die
bewegings omdat hulle dele aanmekaar skakel en kontras en belangstelling skep.
Gladde oorgange sal vloeiendheid in jou dans ontwikkel en jou bewegings
'n moeitelose gehalte gee.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Oogfokus:
Die gebruik van die oë is noodsaaklik aangesien dit nie net die danser met die
gehoor verbind nie, maar ook die kop met die bewegings van die arms en die
rigting of die bewegings verbind.
Oogfokus of projeksie met die gehoor sal die tema/boodskap oordra of 'n
verbintenis skep.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Uitdrukking:
Dit sal afhang van die dansstyl en die stemming van die musiek.
Die uitdrukking moet deur die bewegings en die gesigsuitdrukkings kom om die
betekenis van die solo oor te dra.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
rojeksie:
Dit is belangrik om jou te verbeel jy is op 'n verhoog en jy moet met die gehoor
agter in die teater, nie net diegene naby aan jou nie, kontak maak.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Dinamiek:
Die solo het hoogtepunte/laagtepunte/kontraste/lig-en-skaduwee in beweging
nodig om diepte/belangstelling in die dans te skep.
Oomblikke van stilwees/pouse voeg by die dinamika van die dans en gryp die
gehoor in die oomblik aan.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Styl:
Die styl van die solo kan afhang van die individuele danser se styl/die musiek/
die choreografie.
Dit moet 'n uniekheid hê wat die optrede/opvoering onvergeetlik maak.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Akkuraatheid:
Die solo moet deeglik geken wees sodat alle detail van die bewegings ontwikkel en
getoon kan word.
Duidelikheid van beweging sal aandag aan detail en akkuraatheid verseker.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Kompleksiteit:
Elke danser moet die solo tot die hoogste vlak van kompleksiteit neem wat hy/sy
kan baasraak/behaal.
Dit behels die vlak van tegniek asook fiksheidskomponente wat gedurende klasse
en prakties bereik is.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Koördinasie:
Alle dele van die liggaam moet gekoördineer wees om 'n afgeronde finale
uitvoering te skep.
Koördinasie tussen die beweging en die musiek/begeleiding.
Enige ander geskikte verduidelikings.
Vlotheid:
'n Groot bewegingswoordeskat wat gemaklik gebruik word
Bewegings raak outomaties sonder dat daaraan gedink moet word.
Vermoë om jouself deur beweging uit te druk.
Selfversekerd, moeiteloos, vlot in die hoofdansvorm/-styl.
Toegewydheid aan beweging:
Alle bewegings word volledig met fokus/duidelikheid/energie uitgevoer (d.i. nie
merk nie)
Uitgevoer met aandag aan besonderhede; elke beweging het 'n duidelike begin en
einde
Enige ander geskikte bewegingseienskappe.
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 5 en VRAAG 6.
Sien slegs die EERSTE antwoord na indien beide vrae beantwoord is.
VRAAG 5: VOEDING (KEUSE)
Baie moontlike WENKE kan gegee word.
Indien kandidate oor spesifieke diëte/eetgewoontes skryf, bv. Banting-/Keto-/
Paleo-dieet, evalueer die toepaslikheid van hulle antwoorde.
Gebruik professionele oordeel wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer
word.
Die antwoorde mag 'n lys van die 5 essensiële voedselgroepe met 'n
verduideliking insluit.
LAE VLAK: Gee 'n wenk x 5 – 5 punte
MEDIUM VLAK: Verduidelik elke wenk x 5 – 5 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
WENK 1: 'N GEBALANSEERDE DIEET (1)
Om die korrekte balans/hoeveelhede van elke voedsel te eet, kan energie, fokus en
konsentrasie verbeter.
Om die korrekte balans van voedingstowwe te vind, voorkom nie net moegheid
en beserings nie, dit ondersteun ook 'n lang gesonde dansloopbaan.
Goeie eetgewoontes kan herstel van beserings, soos ooreising, verbeter.
Dit kan help met lenige spiergroei sagteweefselherstel.
Enige ander geskikte antwoorde. (1)
WENK 2: KOMBINEER VOEDSELGROEPE (1)
Bv. die kombineer van proteïene/vet en koolhidrate kan energie/konsentrasie en
fokus vir optimale optrede/uitvoering verhoog.
Om hoë vet met lae koolhidrate (LCHF) te kombineer, kan energie/konsentrasie en
fokus verhoog.
Koolhidrate is die primêre brandstof-/energiebron van die liggaam.
Proteïene stabiliseer bloedsuikervlakke en handhaaf konstante energie regdeur
die dag.
Proteïene verbeter wakkerheid en aktiwiteit.
Proteïene maak die brein wakker en lei en beïnvloed die bou van senuweeselle.
Vet is 'n uitstekende bron van energie.
Jou liggaam is in staat om glukose in die vorm van ketone te vervaardig, dus is dit
nie nodig om hoë vlakke van koolhidrate in te neem nie.
Die liggaam kan makliker vet afbreek en dit na energie omskakel wat jou meer
volhoubare energie vir repetisies/klasse ens. gee.
Enige ander geskikte antwoorde. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
WENK 3: GOEIE HIDRASIE (1)
Om 6 tot 8 glase water per dag te drink, sal goeie hidrasie verseker wat
duiseligheid, moegheid, verlies aan fokus en konsentrasie sal voorkom.
Dansers verloor groot hoeveelhede water deur sweet en moet verlore elektroliete
en minerale aanvul.
Water sal bydra tot die handhawing van die elektrolietbalans wat seer/stywe spiere
sal voorkom.
Drink genoeg water elke dag om fokus en konsentrasie te handhaaf wat nodig is vir
die voorkoming van beserings.
Enige ander geskikte antwoorde. (1)
WENK 4: EET ELKE DAG ONTBYT (1)
Dit is die maaltyd wat jou metabolisme aan die gang sit en jou energie vir die
dag gee.
Eet elke dag 'n klein ontbyt voor jou oggendklas. Dit sal jou krag gee en jou help
om te fokus en op die regte pad sit vir die dag.
Enige ander geskikte antwoord. (1)
WENK 5: EET KLEIN MAALTYE REGDEUR DIE DAG (1)
Dit is beter om klein maaltye regdeur die dag te eet om energie te handhaaf deur
die liggaam regdeur die dag brandstof te gee.
Dit voorkom ook dat bloedsuikervlakke val wat tot 'n gebrek aan
konsentrasie/fokus, duiseligheid, ens. kan aanleiding gee.
Die liggaam sal in staat wees om vir lang tye optimaal te presteer sonder om moeg
te word wat tot beserings kan lei.
Enige ander geskikte antwoord. (1)
Enige ander geskikte wenke. [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 12 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: SPIERE EN AKSIES (KEUSE)
LAE VLAK: 6.2, 6.4, 6.6, 6.8, 6.10: Noem – 5 punte
MEDIUM VLAK: 6.1, 6.3, 6.5, 6.7, 6.9: Identifiseer – 5 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
6.1 Fleksie/Inwaartse rotasie (1)
6.2 Enige EEN van die volgende:
Iliopsoas
Sartorius
Rectus femoris
Pectineus (fleksie en inwaartse rotasie)
Adduktorgroep (1)
6.3 Plantaarfleksie/dorsi-ekstensie (1)
6.4 Gastrocnemius
Soleus
Tibialis posterior (1)
6.5 Fleksie (1)
6.6 Agterdyspiere ('Hamstrings')
Gastrocnemius (1)
6.7 Ekstensie OF inwaartse rotasie (1)
6.8 LET WEL: Indien slegs deltoïed gegee is, ken 'n ½ punt toe.
Inwaartse rotasie:
Deltoïed anterior vesels.
Latissimus dorsi
Pectoralis major
Ekstensie:
Posterior weefsels van die deltoïed.
Latissimus dorsi (1)
Rotatorkraag/Infraspinatus/Teres minor/Subscapularis
6.9 Fleksie (1)
6.10 LET WEL: Indien slegs deltoïed gegee is, ken 'n ½ punt toe.
Anterior/Voorste weefsels van die deltoïed.
Pectoralis major (1)
Biceps brachii [10]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 7: DANSVORMS
Ander moontlike dansvorms wat in die antwoord gebruik kan word, is
ballet/kontemporêre dans/jazz/Spaanse dans, ens.
Gebruik professionele oordeel wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer
word.
LET WEL: 7.1 Een feit wat goed verduidelik is = 1 punt. Moet NIE punte toeken vir
eenwoordantwoorde NIE.
Meer inligting as wat na verwagting nasieners sal lei, is gegee.
LAE VLAK: 7.2: Noem – 4 punte
7.3: Noem – 2 punte
MEDIUM VLAK: 7.1: Verduidelik – 4 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
AFRIKADANS KONTEMPORÊRE DANS
7.1 TWEE herkenbare bewegings- TWEE herkenbare bewegings-
beginsels, bv.: beginsels, bv.:
Afrikadans gebruik die Kontemporêre dans gebruik
liggaam/stamp kragtig op die liggaamsgewig om op
grond om op swaartekrag in swaartekrag in te gee en teen
te gee. te staan, soos val en herstel,
Neig om op die plek eerder kontraksie en vrylating, om oor
as oor 'n ruimte uitgevoer te leun/kantel terwyl jy van
te word. balans af is, ens.
Mans gebruik groot Gebruik die ruimte oor die
bewegings, soos spronge algemeen, d.i. beweeg oor
terwyl vrouens kleiner ruimte.
skuifelpassies met hulle Bewegings is nie
liggame maak, terwyl hulle geslagspesifiek nie.
vooroor gebuk is. Put uit basiese menslike
Put uit nabootsing en bewegings en emosies en
dramatisering van die natuur abstraheer die beweging.
(voëls, diere, insekte of plante) Beweging het sy oorsprong in
of die elemente, soos vuur, die pelvis/middel/bolyf en
water, aarde en lug. beweeg as 'n geheel met die
Gebruik natuurlik buigings van hande en voete wat op die
die liggaam, isolasies/golwings middel reageer.
van die bolyf. Klem op visuele vorm en lyne.
Klem op artikulasie van Enige ander geskikte antwoord.
basiese en komplekse ritmiese
patrone eerder as visuele
vorm.
Enige ander geskikte antwoord. (2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
AFRIKADANS KONTEMPORÊRE DANS
7.2 TWEE herkenbare eienskappe TWEE herkenbare eienskappe
kenmerkend van kostuums/ kenmerkend van kostuums/
kleredrag, bv. kleredrag, bv.
Dierevelle Stywe klere om die
Vere/krale/ratels liggaamslyne te vertoon, bv.
Rubberstewels/oorpakke/ leotards,
bandanas (kopbande) kousbroekies/kleefbroeke/
Tradisionele kleredrag unitards.
Kaalvoet/tekkies Alledaagse kleredrag
Enige ander geskikte antwoord. Klere om 'n tema uit te druk.
Klere wat nie geslagspesifiek is
nie, bv. rokke/broeke vir mans
en vrouens.
Kontemporêre dansers dans
gewoonlik kaalvoet.
(2) Enige ander geskikte antwoord. (2)
7.3 EEN herkenbare eienskap van EEN herkenbare eienskap van
die musiek/begeleiding, bv. die musiek/begeleiding, bv.
Afrikadans is baie ritmies en Kontemporêre dans
gebruik komplekse interpreteer/vertolk die
kombinasies van musiek/woorde gebruik deur
maatslae/poliritmes. beweging.
Deelnemers betrokke doen of Kontemporêre dans op enige
die dans of die sang/ hande musiekstyl/-genre, asook die
klap/sleursang ens. om die stem/spesiale/klankeffekte,
dansers te begelei. opgevoer word
Tromme/Afrika- Kontemporêre dans kan op
slaginstrumente word dikwels opgeneemde musiek of met 'n
gebruik maar dit verskil lewendige orkes op gevoer
volgens die stam en die dans. word.
Enige ander geskikte antwoord. Enige ander geskikte antwoord.
Musiekeienskappe van
kontemporêre dans is nie spesifiek
nie so 'n wye reeks antwoorde kan
(1) verwag word. (1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 15 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE (VERPLIGTEND)
Kandidate sal baie verskillende antwoorde gee. Gebruik professionele oordeel
wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer word.
MEDIUM VLAK: 8.1: Analiseer – 5 punte
HOË VLAK: 8.2: Choreografering – 5 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
8.1 Analise van improvisasie kan insluit:
Spesifieke improvisasie-oefeninge in klas gedoen en hoe dit tot jou
ontwikkeling as 'n danser/choreograaf bygedra het, bv.
o Vertrouensbou-oefeninge
o Kontakwerk
o Gebruik van ruimte/tyd/krag
o Werk met rekwisiete
o Werk met beelde/poësie/teks
o Werk met verskillende tipes musiek
o Enige ander voorbeelde
Analise van ontwikkeling as 'n danser/choreograaf en gee
voorbeelde, bv.
o Improvisasie gee 'n kans om vrylik/met oorgawe te dans. Dit verbeter
bewegingsgehalte.
o Maak nie staat op bekende passies nie, maar ontwikkel/skep eerder
eie bewegingswoordeskat deur ontdekking en eksperimentering.
o Selfvertroue om nuwe bewegingstyle te ontdek en te ontwikkel.
o Spontane eksperimentering met danselemente kan unieke en
innoverende bewegingswoordeskat en choreografie skep.
o Ontwikkel vertroue, verhoudings/sensitiwiteit vir ander mense.
o Ontwikkel ruimtelike bewustheid.
o Ontwikkel leierskapeienskappe/leer hoe om te volg/deel van 'n span
te wees.
o Neem risiko's.
o Ontwikkel musikaliteit.
o Enige ander geskikte antwoorde. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 16 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
8.2 Gebruik die foto/visuele beeld as 'n stimulus vir choreografie.
Toon begrip van beplanning of beginpunt vir 'n antwoord.
Verwys na die beeld op 'n betekenisvolle manier – toon visuele
geletterdheid in hulle interpretasie/vertolking; verbeeldingryk.
Interpreteer/Vertolk die betekenis wat die visuele beeld kan skep, op
verbeeldingryke wyse, bv.
o Die werklike visuele beeld
o Die simboliese betekenis wat die visuele beeld kan oordra
o 'n Emosie
o 'n Storie van wat op daardie oomblik met die dansers in hulle lewens
gebeur het.
o Enige ander geskikte interpretasie/vertolking.
Keuse van dansers.
Keuse van musiek/begeleiding/venue/konteks/tema/titel/tegnologie kan
ingesluit word.
Choreografiese konstruksie, bv. begin/middel/einde.
Die elemente van ruimte, tyd en krag kan ingesluit word.
Enige ander geskikte antwoorde. (5)
[10]
NASIENRUBRIEK:
Toon begrip van beplanning vir choreografie.
Gebruik die visuele beeld as 'n stimulus en verwys daarna.
Interpreteer/Vertolk die betekenis van die visuele beeld op verbeeldingryke wyse en
4–5
verduidelik hoe dit beweging/choreografie/keuse van dansers/opvoerruimte/musiek, ens.
kan beïnvloed.
'n Goeie begrip van dans-/choreografie-elemente, ander produksie-elemente ens.
Toon 'n basiese begrip van beplanning vir choreografie.
2–3 Gebruik/Gebruik nie die visuele beeld as 'n stimulus (nie).
Interpreteer/Vertolk die betekenis van die visuele beeld letterlik.
Sluit 'n paar/almal/geeneen van die dans-/choreografie-elemente, ens. in (nie).
Min/Geen begrip van beplanning vir choreografie (nie).
Gebruik/Gebruik nie die visuele beeld as 'n stimulus (nie).
0–1 Basiese interpretasie/vertolking/kan nie die betekenis van die visuele beeld geskep,
interpreteer/vertolk (nie).
Min/Geen begrip van dans-/choreografie-elemente (nie).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 17 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE EN DANSWERKE
LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10.
Sien slegs die EERSTE antwoord na indien beide vrae beantwoord is.
VRAAG 9: GREGORY MAQOMA SE FOUR SEISOENE (KEUSE)
Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van 'n kandidaat se antwoord
geassesseer word.
Kandidate kan in een afdeling meer inligting as in 'n ander gee.
Evalueer die hele vraag in konteks van wat die KANDIDAAT weet/ken en ken
daarvolgens punte toe.
Moet NIE volpunte toeken indien alle afdelings nie in gesluit is nie.
Kolpunte is gebruik om nasien te vergemaklik.
LAE VLAK: Beskryf: ongeveer 6 punte
MEDIUM VLAK: Analiseer/Interpreteer/Vertolk: ongeveer 14 punte
NASIENRUBRIEK:
Gee 'n feitelik akkurate agtergrond van wat tot Maqoma se ontwikkeling as 'n merkwaardige
choreograaf gelei het.
Gee 'n gedetailleerde beskrywing van die boodskappe in hierdie antwoord en gee
spesifieke voorbeelde.
Gee 'n gedetailleerde analise van die bewegingswoordeskat wat in die seisoene gebruik
word en gee spesifieke voorbeelde van hoe dit die boodskappe in die werk aan die gehoor
oordra.
17–20
Gee 'n gedetailleerde analise van die produksie-elemente in elke seisoen en hoe dit
Maqoma se boodskap/bedoeling oordra.
Gee gedetailleerde kennis van die lewendige musikante en hoe hulle gebruik word/
die opgeneemde musiek/Die projeksie van die woorde van die musiek/
Die instrumentasie/styl van die musiek.
Gee 'n ingeligte interpretasie/vertolking van die boodskap wat die einde van hierdie
antwoord kommunikeer.
Gee 'n basiese kennis van Maqoma se agtergrond.
Gee 'n beskrywing van sommige van die boodskappe in hierdie antwoord en gee/gee nie
spesifieke voorbeelde (nie).
Gee 'n basiese beskrywing van sommige van die bewegingswoordeskat gebruik in die
7–16 seisoene en gee/gee nie voorbeelde (nie).
Gee 'n basiese beskrywing van die produksie-elemente in elke/sommige van die seisoene.
Gee 'n basiese kennis van sommige aspekte van die musiek.
Gee 'n min/beperkte interpretasie/vertolking van die boodskap wat die einde van hierdie
antwoord kommunikeer.
Min/Geen kennis van Maqoma se agtergrond (nie).
Min/Geen begrip van die boodskappe in hierdie antwoord (nie).
0–6 Beperkte begrip van die bewegingswoordeskat wat in die seisoene gebruik is.
Beperkte/Geen kennis van die produksie-elemente gebruik (nie)
Beperkte/Geen kennis van die musiek (nie).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 18 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
MOONTLIKE ANTWOORDE:
Maqoma se agtergrond kan die volgende insluit:
Sy belangstelling in dans het gedurende die politieke opstand in die laat 1980's
in Soweto begin as 'n manier om van die groeiende politieke spanning
te ontsnap.
Doen oudisie by Moving into Dance Mophatong (MIDM) en gaan saam sy
vriend, Vincent Mantsoe, wat ook 'n welbekende danser-choreograaf geword
het.
Dit was die begin van sy formele dansopleiding.
Kry beurs by die Performing Arts Research and Training School (PARTS) in
België.
Werk daar saam met groot kunstenaars.
Hy vestig homself as 'n internasionaal bekende danser, choreograaf en
regisseur.
Hy stig Vuyani Dance Theatre (VDT) in 1999 terwyl hy in België is.
Maqoma is ook beïnvloed deur welbekende kunstenaars, soos Sylvia Glasser,
die stigter van Moving into Dance Mophatong, waar hy opleiding gekry het.
Hy is in 1999 in die kategorie Choreograaf van of die Jaar vir Layers of Time
benoem en ontvang 'n beurs om by PARTS (Performing Arts Research and
Training School Studios) in Brussel, onder leiding van Anne Teresa De
Keersmaeker te studeer.
Hy het ook saam welbekende kunstenaars, onder andere die Britse
choreograaf Akram Khan, Belgiese choreograaf Sidi Larbi Cherkaoui, en
teaterregisseur James Ngcobo, gewerk.
Enige ander relevante antwoord.
Boodskap/Bedoeling wat hy aan die gehoor wou oordra:
Maqoma het hierdie danswerk geskep om bewustheid te skep van die bydraes
wat ons, as mense, tot die agteruitgang van ons planeet maak.
Hy wou die skoonheid van die natuur en hoe kulture en tradisies belangrik is
om menslikheid te handhaaf, beklemtoon.
Hy wou ook beklemtoon hoe belangrik kulture en tradisies in die
instandhouding van ons beskawing is.
Die werk vier lewe.
Die werk gaan oor mense wat heling nodig het.
Dit omhels die skoonheid van die planeet en gee toekomstige generasies hoop.
Dit beklemtoon die belangrikheid van klimaatsverandering wat ons almal moet
bekommer.
Identifiseer met die wêreld, van waar dit kom. waarheen dit gaan: hoe die
wêreld se lot in mensehande is.
Dit is 'n verkenning van die wyse waarop ons die planeet behandel en die
onvermydelike gevolge.
Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 19 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Analise van die bewegingswoordeskat en produksie-elemente om sy boodskap
oor te dra:
Toneel 1: Winter
Die winteratmosfeer word vasgevang deur die grys beligting en die videoprojeksie
van 'n vervalle gebou wat deur die sneeu wat val, gesien word.
Die beligting versterk 'n grys, koue gevoel.
Die dansers het swart mantels met kappies aan wat tot die koudheid van die
onbekende bydra.
Hulle bewegings is staccato, skerp, kragtig/sterk en hoekig wat op die musiek
reageer.
Die dansers marsjeer op die verhoog rond en skep 'n gevoel van soldate/oorlog.
Toneel 2: Lente
Die videoprojeksie van of bewegende blomme stel die toneel voor.
Die beligting word warm en beklemtoon die 'lente'-kostuums.
Die dansers gooi die mantels, wat in die 'winter' gedra is, af om die lentekleure
van hulle kostuums te onthul.
Die beligting word warm en beklemtoon die kostuums.
Die dansers word wilde wesens; die groenigheid, blomme, bokke wat rondspring,
verskillende voëls wys trots hulle vere, beeld lenteuit as die begin van die lewe.
Daar is uitbundige energie van verskillende dansers wat die ruimte benut; dit is 'n
vreugdedans.
Toneel 3: Herfs
Die videoprojeksie weerspieël bruin blare wat die droë seisoen uitbeeld.
Dit word versterk deur die beligting wat patroonpoele op die vloer skep wat
simbolies van droë grond is.
Die klank van wind wat waai open die toneel en bou geleidelik tot 'n tipe ruk-en-
rolmusiek op.
Die dansers dra dun goue rokkies wat die blare uitbeeld wat nou die slagoffers
van die sterk winde word.
Twee dansers, begelei deur die klank van 'n viool en ritmiese geklap, vat ons op 'n
reis van oorlewing, verlies en pyn.
Tydens die lente en herfs waai/fladder die stadig bewegende blomme en blare
asof hulle weet wat hulle wil hê. Dit komplementeer die choreografie op delikate
wyse.
Toneel 4: Somer
Hierdie toneel open met 'n projeksie van 'n kaart van Afrika, groen in kleur, wat
toon dat daar 'n toekoms in Afrika is.
Die musiek verander na 'n Brasiliaanse ritme, die dansers het rooi kleefpakke aan
en hulle skep bewegings wat deur die samba beïnvloed is.
Louis Armstrong se liedjie, What a Wonderful World, word op die skerm
geprojekteer wat die moontlikheid van vrede simboliseer en ons aan ons
menslikheid herinner.
Die projeksie verteenwoordig die finale bestemming, 'n ontwaking/ wedergebore
kontinent.
Die projeksies gepaardgaande met die beligting help om elke seisoen te
onderskei asook hulle oorgange. Subtiele visuele beelde word vir elke seisoen
gebruik.
Die lewendige somersmusiek onthul hoop en die moontlikeheid van 'n nuwe
dagbreek.
Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 20 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Musiek:
Die musiek word lewendig op die verhoog deur vier musikante gespeel:
hoofviolis, hoof- en baskitaarspelers, tromspeler/perkussiespeler.
Hierdie musikante word agter op die verhoog agter goiingnet geplaas en is
sigbaar gedurende sommige dele en onsigbaar gedurende ander.
Die musiek weerspieël die stemming van al die seisoene:
Winter:
Die musikante is onsigbaar maar gee ritmiese dryfkrag aan die dansers se
marsjeerbewegings.
In die begin skep die musiek 'n onheilspellende gevoel van
onherbergsaamheid/verlatenheid.
Dit word hard/skril en kragtig.
Lente:
Die musikante word vir die eerste keer onthul wat 'n gevoel van diepte aan
die verhoog gee. Die musiek word meer in Afrika-ritmes gewortel en so ook
die dansers.
Herfs:
Die musiek vestig die toneel met die klank van wind wat waai, en opbou tot
'n ruk-en-rolgevoel wat chaos en verlies uitbeeld
Die hartseer klank van die viool begelei die twee dansers wat op die verhoog
agterbly en eggo hulle gevoel van pyn en verlies.
Somer:
Die musiek is lewendig met 'n gevoel van die Brasiliaanse samba wat die
dansbewegings beïnvloed en die sensuele gebruik van die heupe soos in 'n
samba, vertoon.
Die werk eindig met die opgeneemde lied van Louis Armstrong, What a
Wonderful World. Die woorde word op die skerm geprojekteer terwyl die lied
speel.
Enige ander relevante antwoord.
Interpretasie/vertolking van die einde van die werk:
LET WEL: Dit sal die KANDIDAAT se eie gedagtes en idees wees. Baie
verskillende antwoorde kan gegee word, maar moet relevant aan die
danswerk wees, bv.
Daar is 'n videoprojeksie van 'n kaart van Afrika, groen in kleur, wat wys daar is
'n toekoms vir Afrika.
Die lied wat speel, What a Wonderful World, skep 'n gevoel van hoop en
vreedsaamheid.
Die dansers beweeg almal na die projeksies toe wat 'n gevoel skep dat jy in die
woorde/kaart van Afrika ingetrek word, deel daarvan word.
Enige ander relevante interpretasie/vertolkings. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 21 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSE)
Moet NIE volpunte toeken as die hoëvlakinhoud nie bespreek is nie.
Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van 'n kandidaat se antwoord
geassesseer word.
Evalueer die hele vraag in konteks van wat die kandidaat weet/ken en ken
daarvolgens punte toe.
Indien die kandidaat oor Four Seasons in hierdie vraag geskryf het, moet dit
aanvaar word.
Kolpunte is gebruik om nasien te vergemaklik.
LAE VLAK: Beskryf: ongeveer 6 punte
MEDIUM VLAK: Analiseer/Regverdiging: ongeveer 14 punte
NASIENRUBRIEK:
Gee relevant/feitelike inligting met spesifieke voorbeelde van die choreograaf se agtergrond,
opleiding, inspirasies en invloede wat hom/haar gehelp het om as 'n choreograaf te ontwikkel.
Beskryf in detail die sinopsis/bedoeling van die werk.
17–20 Analiseer in detail die simboliek wat in die produksie-elemente en bewegingswoordeskat
gebruik is om die betekenis van die werk oor te dra.
Bespreek die choreograaf se bydraes met spesifieke voorbeelde.
Alle kolpunte is ingesluit.
Gee basiese inligting met sommige voorbeelde van die choreograaf se agtergrond, opleiding,
inspirasies en invloede.
7–16 Kan/Kan nie altyd die samevatting/bedoeling beskryf van die werk nie.
Beskryf die produksie-elemente en bewegingswoordeskat.
Noem 'n paar van die bydraes van die choreograaf.
Beperkte/Geen kennis van die choreograaf agtergrond, opleiding, inspirasies en invloede (nie).
Beperkte/Geen kennis van die samevatting/bedoeling van die werk nie.
0–6
Min/Geen begrip van produksie-elemente en bewegingswoordeskat (nie).
Min/Geen begrip van bydraes van die choreograaf (nie).
MOONTLIKE ANTWOORDE:
Naam van die danswerk en choreograaf waaroor die KANDIDAAT skryf.
HIERONDER IS MOONTLIKE AREAS WAT BY DIE ANTWOORD INGESLUIT KAN
WORD
Agtergrond/opleiding/inspirasie/invloede:
Inligting oor agtergrond en opleiding wat die choreograaf kon beïnvloed het.
Land waar die choreograaf gewoon/groot geword het en tydperk/era waarin hy
groot geword het.
Choreograwe/Onderwysers saam wie die persoon gewerk het/by wie hy/sy
opleiding gekry het.
Tegnieke/Bewegings wat die choreograaf geïnspireer het.
Ander danswerke wat bygedra/geïnspireer het.
Dansgeselskap/Skole wat opleiding beïnvloed het.
Temas/Sosiale/Oorlogs-/Mitologiese/Kulturele/Historiese figure.
Verhoudings/Dansers/Musikante/Ander kunstenaars.
Lewenservaringe.
Enige ander geskikte antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 22 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Gedetailleerde beskrywing van die sinopsis/bedoeling van die werk.
Gebruik van simboliek in produksie-elemente:
Choreografiese idees van die choreograaf.
Die gebruik en keuse van musiek/begeleiding/stem ens. en hoe dit die beweging
beïnvloed/komplementeer.
Die gebruik van gemengde media/tegnologie om bewegings te komplementeer/
by te voeg.
Sluit simboliek/bedoeling van die gebruik van die produksie-elemente in.
Kostuums: Sluit simboliek van kleur/materiaal/gebruik van in.
Dekor/Rekwisiete: Beskrywing van rekwisiete/dekor/gebruik van/ bedoeling en
simboliek.
Beligting: Beligting gebruik, kleur, donkerte/hoeveelheid lig gebruik, simboliek.
Enige ander geskikte antwoord.
Bewegingswoordeskat:
Dansgenres gebruik.
Fusie/Samesmelting van dansgenres.
Gebruik van gestileerde/alledaagse bewegings/mimiek/gebare, ens.
Die gebruik van produksie-elemente in bewegings, rekwisiete, stelle, ens.
Die gebruik van improvisasie/choreografiese middele/danselemente.
Hoe musiek die bewegings versterk.
Enige ander geskikte antwoord.
Lys van bydraes tot dans:
Tegnieke wat die choreograaf ontwikkel het/help ontwikkel het
Dansstyle gebruik/ontwikkel
Oefeninge ontwikkel om dansers te help oplei
Steun vir ander dansers/choreograwe/tegnieke/metodes.
Toekennings ontvang
Invloed met betrekking tot volgende generasie dansers/choreograwe.
Enige ander geskikte antwoorde met spesifieke voorbeelde om alle antwoorde te
verduidelik. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 23 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE EN DANSWERKE
LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 11 en VRAAG 12.
Sien slegs die EERSTE antwoord na indien beide vrae beantwoord is.
VRAAG 11: CHRISTOPHER BRUCE SE GHOST DANCES (KEUSE)
Die antwoord moet in die vorm van 'n persverklaring wees met 'n titel en inligting
oor waar en wanneer die werk opgevoer gaan word. Trek 1 punt af indien dit in
die verkeerde formaat is.
Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van 'n kandidaat se antwoord
geassesseer word.
Kandidate gee moontlik meer inligting in een afdeling as in 'n ander een.
Evalueer die hele vraag in konteks van wat die KANDIDAAT weet/ken en ken
daarvolgens punte toe.
Moet NIE volpunte toeken as al die kolpunte nie bespreek is NIE.
Kolpunte is gebruik om nasien te vergemaklik.
LAE VLAK: Beskryf: ongeveer 6 punte
MEDIUM VLAK: Verduidelik/Aanbeveel: ongeveer 10 punte
HOË VLAK: Skep, bespreek: ongeveer 4 punte
NASIENRUBRIEK:
Skryf 'n insiggewende/interessante persverklaring.
Gee 'n feitelike beskrywing oor Bruce se loopbaan wat sy prestasies as 'n choreograaf/
toekennings/aanprysing, ens. insluit.
Gee 'n beskrywing van die samevatting/agtergrond van Ghost Dances.
Gee relevante voorbeelde uit Ghost Dances en verduidelik die produksie-elemente om die
17–20 leser in te lig oor wat om te verwag.
Gee 'n duidelike/ingeligte analise van die bewegingswoordeskat en hoe dit die boodskap
van hierdie danswerk simbolies uitbeeld. Gee voorbeelde uit die werk om sy/haar antwoord
te regverdig.
Gee oortuigende redes waarom Suid-Afrikaners internasionale danswerke moet kyk.
Alle kolpunte is ingesluit.
Skryf/Skryf nie 'n persverklaring (nie).
Gee inligting oor Bruce se choreografiese loopbaan.
Gee die samevatting/agtergrond van Ghost Dances.
7–16
Beskryf die produksie-elemente. Gee 'n paar voorbeelde.
Beskryf die bewegingswoordeskat. Gee 'n paar voorbeelde.
Bespreek nie waarom Suid-Afrikaners internasionale danswerke moet kyk/nie moet kyk nie.
Skryf/Skryf nie 'n persverklaring (nie).
Gee min/geen inligting oor Bruce se choreografiese loopbaan (nie).
0–6 Gee min/geen inligting oor die samevatting/agtergrond van Ghost Dances (nie).
Gee min/geen inligting oor die produksie-elemente (nie).
Gee min/geen inligting oor die bewegingswoordeskat (nie).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 24 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
MOONTLIKE ANTWOORD:
'n Titel vir die persverklaring. Wanneer en waar die werk opgevoer sal word.
Kort beskrywing van Bruce se loopbaan wat tot sy aanprysing gelei het.
Moontlike areas wat ingesluit kan word:
o Bruce is in die 1960's deur die verskeidenheid en eksperimentering van Ballet
Rambert gestimuleer en het 20 werke vir die dansgeselskap geskep.
o Bruce het in 1974 die eerste Evening Standard Award for Dance vir sy bydrae
tot Britse dans ontvang, beide as 'n danser en as 'n choreograaf.
o Hy was eerste geassosieerde direkteur tussen 1975 en 1987, en toe, aangesien
hy toenemend internasionaal as choreograaf in aanvraag was, geassosieerde
choreograaf vir Rambert.
o Bruce het in 1994 die artistieke direkteur van die Rambert Dance Company,
Brittanje se mees prysenswaardige kontemporêre dansgeselskap geword.
o Hy het in 1996 die Evening Standard Award for Outstanding Artistic
Achievement in Ballet ontvang.
o Bruce het in 1993 die International Theatre Institute Award vir uitnemendheid in
internasionale danswerk ontvang.
o Hy is in 1998 deur Koningin Elizabeth II as deel of die Queen's Birthday
Honours as kommandeur van die orde van die Britse Ryk (CBE) benoem.
o Houston Ballet in Amerika het in die laaste twee dekades Bruce se artistiese
tuiste geword. Die geselskap het tien van Bruce se werke in hulle repertoire.
Die agtergrond en samevatting kan insluit:
o Ghost Dances maak 'n sterk politieke stelling. Die Suid-Amerikaanse konteks
van die burgeroorlog in Chili is duidelik uit die musiek en ontwerpe.
o Die werklike nasionaliteit van die Dooies is irrelevant omdat Bruce, tipies, die
universaliteit van sy onderwerp behou.
o Ghost Dances is 'n eenakter waarin drie skeletagtige Spookdansers vir 'n
groep Dooies wag wat oomblikke uit hulle lewens sal opvoer voordat hulle
verder gaan.
o Dit gaan oor wreedheid, gebrek aan menseregte, mense wat ly.
o Enige ander geskikte antwoorde.
Produksie-elemente van enige van die volgende areas kan ingesluit word:
o Kostuums van die Spookdansers en die Dooies
o Dekorstel van die Andesgebergte
o Rotsagtige strukture
o Beligting
o Musiek – Chileense volksliedjies
o Drup-klankeffekte
o Oomblikke van stilte en die effek/uitwerking hiervan op die sterwensoomblik
o Enige ander geskikte antwoorde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 25 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Bewegingswoordeskat en hoe dit die boodskap simbolies uitbeeld kan die
volgende insluit:
o Die openings- en slottonele stel die atmosfeer vir die dans vas en simboliseer
dat die dood/oorlog/wreedheid konstant is/nooit eindig nie. Die Spookdansers
neem hulle posisies in en kyk links na agter, en wag vir hulle volgende
besending Dooies.
o Die finale deel van die Dooies gee die gehoor 'n gevoel van die mag van die
mense. Hulle is uitdagend en sal opstaan om teenspoed waaraan hulle
onderwerp word, die hoof te bied. Hulle beweeg saam (in unison) en die
herhaalde magsaluutmotief is regdeur duidelik. Hulle eindig soos wat hulle
aangekom het, beweeg trots die toekoms in.
o Die motiewe gebruik – beskrywing van wat dit simbolies vir die kandidaat kan
beteken.
o Elke toneel vertel die storie van 'n groep mense voor hulle sterwensoomblik –
kandidaat se verduideliking van die bewegings en simboliek in hierdie dele.
o Die dieragtige bewegings van die Spookdansers/hoe blyk te lyk soos wagtende
roofvoëls.
o Die Spookdansers gebruik baie van die Graham-tegniek wat inspan en ontspan,
gebuigde voete en rolle insluit wat lelike vreesaanjaende figure voorstel.
o Die Spookdansers kommunikeer hulle karakter deur lang, ongemaklike gestaar,
verwronge liggaamvorme en kontrasterende bewegings.
o Hulle staan aggressief in 'n parallelle posisie en hou aan mekaar se skouers vas
om 'n gevoel van mag te vertoon.
o Enige ander geskikte antwoorde.
Voorstelle oor waarom dit belangrik is dat Suid-Afrikaanse gehore na
internasionale danswerke moet kyk, kan die volgende insluit:
o Dit ontwikkel 'n begrip van die oorsprong van verskillende dansvorms/kulture
o Huidige internasionale neigings/tendense
o In voeling bly met globale veranderinge in dans
o Standaard van dans/choreografiese werke buite Suid-Afrika
o Plaas Suid-Afrika in die globale konteks
o Enige ander geskikte antwoorde. [20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 26 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 12: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSE)
Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van 'n kandidaat se antwoord
geassesseer word.
Kandidate gee moontlik meer inligting in een afdeling as in 'n ander een.
Evalueer die hele vraag in konteks van wat die KANDIDAAT weet/ken en ken
daarvolgens punte toe.
Kolpunte is gebruik om nasien te vergemaklik.
LAE VLAK: Beskryf: ongeveer 6 punte
MEDIUM VLAK: Verduidelik, analiseer: ongeveer 10 punte
HOË VLAK: Skep, beklemtoon: ongeveer 4 punte
NASIENRUBRIEK:
Skryf in toespraakformaat.
Beklemtoon in detail die belangrikheid van Suid-Afrikaanse dansstudente wat oor
internasionale dansgeskiedenis leer.
Gee 'n gedetailleerde inleiding van die choreograaf se loopbaan en bydraes tot die dansbedryf.
17–20
Gee 'n samevatting van die sinopsis/tema van die danswerk.
Gee 'n gedetailleerde verduideliking van die bewegingswoordeskat en dansstyl.
Vestig aandag op die simboliek wat in die produksie-elemente uitgedruk word.
Alle kolpunte is ingesluit.
Skryf/Skryf nie in toespraakformaat (nie).
Verduidelik/Kan nie die belangrikheid van Suid-Afrikaanse dansstudente wat oor internasionale
dansgeskiedenis leer (verduidelik nie).
7–16 Gee gedeeltelik 'n inleiding van die choreograaf se loopbaan en bydraes tot die dansbedryf.
Gee/Gee nie 'n samevatting van die sinopsis/tema van die danswerk (nie).
Verduidelik gedeeltelik die bewegingswoordeskat en dansstyl.
Vestig aandag op dele van die simboliek wat in die produksie-elemente uitgedruk word.
Skryf/Skryf nie in toespraakformaat (nie).
Min/Geen kennis van die choreograaf en/of danswerk (nie).
0–6
Min/Geen feitelike inligting oor die simboliek in die danswerk gebruik (nie).
Baie min dele van die vraag BEANTWOORD.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
Naam van die danswerk en choreograaf waaroor die KANDIDAAT skryf.
HIERONDER IS MOONTLIKE AREAS WAT BY DIE ANTWOORDE INGESLUIT KAN
WORD.
Die belangrikheid van internasionale dansgeskiedenis:
Help die leerder om onbevooroordeeld te wees.
Begrip van die oorsprong van verskillende dansvorms.
Weet wat die neigings/tendense is.
Bly in voeling met globale veranderinge in danswerk.
Help die leerder om aan hom-/haarself, as 'n Suid-Afrikaanse danser, getrou te bly.
Enige ander geskikte antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 27 DBE/2019
SS/NSS – Nasienriglyne
Kort biografie van loopbaan:
Choreograwe/onderwysers saam wie die persoon gewerk het/by wie die persoon
opleiding gekry het
Tegnieke/bewegings wat die choreograaf geïnspireer het
Ander danswerke wat bygedra/geïnspireer het
Geselskappe/dansskole wat sy/haar loopbaan beïnvloed het
Temas/sosiale/oorlog/mitologie/kulture/historiese figure
Verhoudings/dansers/musikante/ander kunstenaars
Lewenservarings
Enige ander geskikte antwoord.
Bydraes tot dans:
Tegnieke wat die choreograaf ontwikkel het/help ontwikkel het
Dansstyle gebruik/ontwikkel
Oefeninge ontwikkel om te help om dansers op te lei
Steun aan ander dansers/choreograwe/gehore
Die skep van werke/tegnieke/metodes
Toekennings ontvang
Inspireer/beïnvloed volgende generasie dansers/choreograwe
Enige ander geskikte antwoorde met spesifieke voorbeelde om alle antwoorde te
regverdig.
Kort beskrywing van die samevatting/bedoeling van die werk.
Bewegingswoordeskat en dansstyl:
Dansgenres gebruik
Fusie/samesmelting van dansgenres.
Gebruik alledaagse bewegings/mimiek/gebare, ens.
Gebruik produksie-elemente in bewegings, rekwisiete, stelle, ens.
Gebruik improvisasie/choreografiese middels/danselemente
Hoe die musiek die bewegings versterk
Enige ander geskikte antwoorde.
Gebruik simboliek in die produksie-elemente:
Choreografiese idees van die choreograaf
Die gebruik en keuse van musiek/begeleiding/stem, ens. en hoe dit die beweging
beïnvloed/komplementeer
Die gebruik van gemengde media/tegnologie om tot bewegings toe te
voeg/komplementeer
Sluit simboliek/bedoeling van die produksie-elemente.
o Kostuums: Sluit simboliek van kleur/materiaal/gebruik in
o Verhoogskikking/rekwisiete: Beskrywing van rekwisiete/dekorstel, gebruik/
bedoeling en simboliek
o Beligting: Beligting gebruik, kleur, donkerte/hoeveelheid lig gebruik, simboliek
Enige ander geskikte antwoord. [20]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Memo (English)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2022 Memo (English)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper