Skip to content

Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumDance StudiesGrade 12201924 pages

Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DANSSTUDIES NOVEMBER 2019 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 24 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne NOTA AAN NASIENERS: • Hou streng by hierdie nasienriglyne wanneer nagesien word. • Die standaardiserings-proses tydens nasienriglynbesprekings verseker dat die nasienriglyne die meeste moontlike antwoorde deur kandidate dek. • Elke nasiener moet dit verstaan en op konsekwente wyse toepas. Die nasienriglyne mag onder geen omstandighede verander word nie. • In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel uitoefen. • Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/beamptes/adviseurs nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis. • By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate albei vrae beantwoord het, sien slegs die antwoorde op die EERSTE vraag na wat nagesien is. • Kandidate mag 'n wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangend van wat hulle in die klas behandel het. • Kandidate mag korrekte inligting insluit wat nie in die handboek is nie. Professionele oordeel moet gebruik word. Ingeval van onduidelikheid, moet dit eers bevestig word deur navorsing te doen oor die betrokke area. • Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word bo elke moontlike antwoord gegee. • Nasieners moet NIE volpunte vir 'n antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is, toeken NIE. • Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie. • Ken EEN regmerkie toe vir EEN punt vir die inhoud gegee tot by die maksimum punte. • Geen ½ punte mag toegeken word vir onvoldoende inhoud in antwoorde nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: DANSBESERINGS – VERPLIGTEND LAE VLAK 1.1 Dui aan 1 punt 1.2 Beskryf 3 punte 1.3 Verduidelik 4 punte MEDIUM VLAK 1.4 Beskryf 3 punte HOË VLAK 1.5 Bespreek 4 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 1.1 LET WEL: EEN van die volgende kan genoem word. • Tendonitis • Verstuiting • Verrekking van spiere of tendons • Beenbreuke of fakture (1) 1.2 LET WEL: As die kandidaat die oorsaak kan noem maar dit nie beskryf nie, sal GEEN punte toegeken word nie. Indien meer as 3 antwoorde verskaf word, merk slegs die eerste DRIE. Oorsake van 'n enkelgewrig besering: • Nie die korrekte manier opwarm nie. • Die liggaam te ver te dryf. • Ooreising/stres – wanneer die tendon/ligament/spier/been te veel gebruik word sonder om dit te rus en tyd te gee om te herstel, is dit geneig tot beserings. • Verkeerde/swak tegniek – swak postuur en belyning of inkorrekte plasing van gewig kan spierwanbalanse veroorsaak wat spanning op die tendon/ligament/spier/been plaas en kan lei tot moontlike beserings. Verduidelik enige ander verkeerde tegniek. • Impak – soos 'n skielike kragtige beweging/val kan spanning op die tendon/ligament/spier/been plaas wat kan lei tot moontlike beserings as dit aanhoudend gedoen word. • Onvoldoende opwarming – deur nie op te warm voor 'n klas nie, sal die tendon/ligament/spier onvoorbereid wees vir aksie en is dan minder buigsaam en bevat onvoldoende bloed toevloei. • Trauma – tendon/ligament/spier kan 'n inflammatoriese reaksie toon na 'n traumatiese besering soos deur verdraaiing of val gedurende draaie en groot spronge a.g.v. ongenoegsame tegniek/krag, ens. • Uitputting – wanneer die danser moeg is, kan die tendon/ligament/spier nie voldoende ondersteuning vir die enkelgewrig verskaf nie. As jy moeg is sal dit ook vir jou moeilik wees om met akkuraatheid die liggaamsbewegings te beheer, wat kan lei tot beserings. • Swak kondisionering – deur nie gereeld te oefen nie verminder die soepelheid van die enkelgewrig en kan dit maklik 'n besering opdoen. • Omgewing – deur op 'n gladde, ongelyke of harde/ongeveerde vloer te dans kan lei tot beserings van die enkelgewrig. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met enkelgewrig beserings. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 1.3 LET WEL: Onmiddellike en/of langtermyn behandeling moet aanvaar word. As die kandidaat die behandeling kan noem maar dit nie verduidelik nie moet GEEN punte toegeken word nie. Indien die kandidaat RICE en additionele behandelings insluit, ewalueer die hele antwoord voordat punte toegeken word. Aanvaar die basiese definiesie vir RICE. Indien meer as VIER behandelings verskaf word, merk slegs die eerste VIER. Die antwoord moet verband hou met die besering wat hulle aangedui het. Areas wat ingesluit kan word afhangende van die besering wat die kandidaat verskaf het: Rus: • Stop die aktiwiteit wat die besering veroorsaak het en rus die beseerde gedeelte. • Vermy enige aktiwiteit vir die eerste 48 to 72 uur na die besering. • Rus die beseerde area. Ys: • Ys die beseerde area vir die eerste 48 tot 72 uur na die besering. • Draai ys in 'n klam handdoek toe en plaas dit op die beseerde area vir 15 tot 20 minute, elke twee tot drie uur gedurende die dag. • Plaas ys op die beseerde area. Kompressie: • Verbind die beseerde area om swelling te verminder en te voorkom dat dit verder beseer word, bv. 'n crêpeverband, rekverband of kousverband. • Plaas drukking op die beseerde area. Elevasie: • Hou die geaffekteerde area hoog en ondersteun dit op 'n kussing om swelling te verminder. • Om die vloeistof uit die area te dreineer en swelling te verminder. • Om bloeding te verminder. • Lig die beseerde area op. Fisioterapie: • Ultraklank om swelling te verminder. • Die Fisioterapeet mag additionele oefeninge verskaf. Anti-inflammatoriese pille: • Om swelling en pyn te verminder. Chirurgie: • Om deur middel van snykuns 'n gebreekte been of fraktuur te herstel. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met die behandeling van 'n enkelgewrig besering. (4) 1.4 LET WEL: Antwoorde moet verband hou met die handhawing van fiksheid gedurende die herstel periode. Oefeninge moet gedoen kan word tydens die herstel proses. Merk slegs die EERSTE DRIE as die kandidaat meer antwoorde verskaf. Kandidate moet 3 werklike oefeninge in besonderheid beskryf. Besryf beteken om 'n gedetailleerde berekening te gee of om 'n oefening te beskryf – dit stel die hoe voor. Nie-gewigdraende-oefening : • As 'n enkelbesering opgedoen word, kan dorsi- en plantaarfleksie van die enkel, terwyl die voet hoog gehou word, help om die swelling te verminder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne Vloerwerk: • Kan kernstabiliteit en krag handhaaf deur oefeninge soos opsitte en opstote op die knieë. • Soepelheidsoefeninge vir al die gedeeltes van die liggaam, bv. agterste dyspier, quadriceps, romp, ens. en sywaartse strekke kan mobiliteit behou. Gewigdraende oefening: • Begin met gedeeltelik gewigdraende oefeninge en vorder na gewigdraende oefeninge met 'n balanseerbord of -kussing. Fisioterapie: • Fisioterapeut kan 'n reeks oefeninge voorstel wat ander areas sal versterk om sodoende die beseerde area te ondersteun. • Enige ander geskikte antwoord wat oefeninge beskryf wat algehele fiksheid sal behou gedurende die herstel tyd. (3) 1.5 LET WEL: Die kandidate se antwoorde moet verband hou met die uitdagings in die dansklas na die herstel tydperk. Kolpunte ('bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. Die antwoorde moet verband hou met die besering wat gediagnoseer is. 1 kolpunt = 1 punt. Verminderde kardiovaskulêre fiksheid: • Die danser sal onfiks wees omdat uithouvermoë gedaal het. • Bewegings sal nie met energie uitgevoer word nie, en die danser sal maklik moeg word en sal uitasem raak. • Die werk sal nie moeiteloos lyk nie. Sal spierkrag verloor: • Die spiere sal nie die optimale sterkte hê nie weens die gebrek aan oefening, dus sal die bewegings nie so beheers en gekontroleerd wees soos voor die besering nie. • Dit kan veroorsaak dat die werk sonder grasie en akkuraatheid sal wees/die danser sal nie die groot spronge volledig kan doen nie. Balans/postuur/belyning kan verminder: • Dit kan spanning op die gewrigte en spiere plaas wat kan lei tot verdere beserings. • Die werwelkolom en bolyf sal nie meer die sterk ondersteuning hê wat dit voor die besering gehad het nie. Swelling: • Van die beseerde enkel kan plaasvind wanneer die danser weer begin met aktiwiteite en dit sal konstante pyn en verminderde aktiwiteitsvlakke veroorsaak. Styfheid: • In die beseerde gebied kan 'n wye omvang van beweging beperk. • Beperkte omgang van beweging in die gewrigte as gevolg van gebrek aan strekking in die klas/dinnamiese strekking. Die danser kan gewig optel: • Wat meer spanning op die spiere en gewrigte kan plaas en die danser sal die ekstra bekommernis hê oor hoe om die gewig te verloor. Nuwe kennis word gemis: • Dit kan danstegniek ontwikkeling verhinder. Verbeteringe van tegniek word gemis: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne • Dit mag lei tot beserings. Impak op jou geestestoestand: • Dit kan voel of jou gelykes se werk vinniger as joune verbeter wat kan lei tot depressie/emosionele ontstelling. • Enige ander geskikte antwoorde wat die uitdagings na 'n besering bespreek. (4) [15] VRAAG 2: DANSTEGNIEK – KEUSE LAE VLAK 2.1 Verduidelik 6 punte HOË VLAK 2.2 Nadink 4 punte LET WEL: Kolpunte ('bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. Een-woord antwoorde sal nie aanvaar word nie. Een kolpunt met duidelik bewoorde feite = 1 punt. MOONTLIKE ANTWOORDE: 2.1 LET WEL: LEES DIE HELE VRAAG DEUR VOORDAT PUNTE TOEGEKEN WORD. Antwoorde moet verduidelik hoe korrekte postuur en belyning van die liggaam en bene help tydens landings van spronge en kan die volgende insluit: • Buig die knieë. • Die korrekte gebruik van die voete tydens landings moet wees: tone, balle van die voete en hakke, om te help om die skok van die sprong te absorbeer. • Wanneer die knieë aan die einde van 'n sprong gebuig word, moet die korrekte belyning van die knieë wees dat die knieë balanseer oor die enkel en die enkel balanseer oor die middel van die voet. • Die handhawing van die korrekte postuur en belyning kan balans en beheer verseker wat onbeheerbare valle na 'n sprong kan verhoed. • Die kop moet bo-op die werwelkolom balanseer met die kroon oor die middelvoet. Dit help met die belyning en beheer van die afwaartse beweging van 'n sprong. • Die eweredige plasing van die gewig oor die hele voet met die knieë in lyn met die middel van die voete kan beserings van die voete en enkels tydens landing verhoed. • Sterk kern stabiliteit kan help om die afwaartse beweging tydens landing na 'n sprong te beheer – werk teen swaartekrag en verseker die korrekte belyning van die werwelkolom en die bekken. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met hoe kern stabiliteit (6) help met veilige landing van 'n sprong. 2.2 Kandidate moet nadink oor hoe hulle hulle danstegniek verbeter het. Moontlike areas wat ingesluit kan word: Gebruik profesionele oordeel wanneer vir die toekenning van punte. Elke stelling moet verduidelik word. • Stiptheid – wees betyds sodat die opwarming nie gemis word nie en die Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne spiere gereed is vir die klas wat voorlê. • Bywoning – woon alle klasse by sodat geen instruksies/nuwe passies/nuwe tegnieke gemis word nie om sodoende uitbreiding van danswoordeskat te verseker. • Komponente van fiksheid – om voortdurende fiksheid te verseker en die ontwikkeling van al die komponente wat benodig word om meer ingewikkelde tegnieke te ontwikkel. • Toegewydheid tot beweging – om te fokus op die oefening en korrekte tegnieke uit te voer om beserings te voorkom/opvoerings vermoë te verbeter. • Toepassing – om te luister na verbeteringe wat deur die onderwyser verskaf word en dit toe te pas, sal verseker dat jy nie verkeerde danstegniek ontwikkel nie. • Oefen – addisionele tyd wat buite die dansklas gemaak word om bewegings te oefen tot hulle tegnies korrek is – sal toelaat dat bewegings met gemak en grasie gedoen word. • Daaglikse strekking – sal soepelheid en omvang van beweging verbeter wat die ingewikkeldheid en opvoerings vlakke van 'n danser sal verbeter. • Gesonde dieet – verskaf die noodsaaklike voeding om energie vlakke te behou gedurende klas/repetisie. Help om konsentrasie te behou om beserings te verhoed en dra by tot 'n sterk immuun sisteem om te verseker dat jy nie klasse mis omdat jy siek is nie. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met hoe hul danstegniek verbeter het. (4) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES – KEUSE LAE VLAK 3.1 Kies 3 punte 3.2 Identifiseer 1 punt 3.3 Identifiseer 1 punt 3.4 Identifiseer 1 punt HOË VLAK 3.5 Beskryf volledig 4 punte ANTWOORDE: 3.1 LET WEL: Kandidate moet enige DRIE van die volgende meervoudigekeuse-vrae beantwoord. Ken een punt toe vir elke korrekte antwoord. Sien slegs die eerste DRIE antwoorde na indien meer gegee word. Maak seker watter vrae die kandidate gekies het om te antwoord. 3.1.1 B 3.1.2 B 3.1.3 A 3.1.4 C 3.1.5 A (3) 3.2 Gracilis (1) 3.3 Dorsifleksie (van die enkelgewrig.) (1) 3.4 Pectineus Gluteus medius/Gluteus minimus/Adductor longus/Addicutor brevis/Adductor magnus (1) 3.5 LET WEL: Kandidate moet enige TWEE spiere kies van die gegewe lys. Indien kandidate oor meer spiere antwoord, moet slegs die eerste twee nagesien word. Ken 1 punt toe vir elke volledige beskrywing oor hoe die spiere in dans gebruik word. Die kandidate hoef nie gedetailleerde afdelings van die spiere te verskaf nie maar kan die spiere as 'n geheel bespreek. As kandidate slegs 'n anatomiese aksie benoem maar nie beskryf hoe dit gebruik word in dans nie, moet geen punte toegeken word nie. 2 feite per spier = 2 punte. MOONLIKE ANTWOORDE: Deltoïed: (aanvaar anterior deltoïed, middelste deltoïed en posterior deltoïed). • Hierdie spiere ondersteun die vrye beweging van die arm in die skouergewrig, bv. port de bras. (Kandidate kan nie net na die arm verwys nie, maar moet die gewrig insluit) • Enige ander geskikte antwoord oor hoe die Deltoïed gebruik word in dans bewegings (fleksie, inwaarts en uitwaarts rotasie, Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne horisontale adduksie, horisontale abduksie, ekstensie). Latissimus Dorsi: • Help met die mediale rotasie van die arm om korrekte belyning van die skouergordel te verseker. • Help met die beweging van die arm deur middel van ondersteuning aan die agterkant van die arm. • Gee steun in die behou van sterk postuur en korrekte belyning van die laer werwelkolom. • Adduksie van die arm deur steun te gee aan die afwaartse beweging van 'n dansmaat nadat hy/sy opgelig is. • Enige ander geskikte antwoord oor hoe die Latissimus Dorsi in dansbewegings gebruik word. Pectoralis Major: • Help met die stabilisering van die skouergordel gedurende vloerwerk en werk met 'n dansmaat om beweging te vergemaklik. • Gee steun aan die afwaartse beweging van 'n dansmaat nadat hy/sy opgelig is deur adduksie van die arm. • Fleksie/interne rotasie van die skouergewrig ondersteun sterk bewegings van die arms wanneer hulle die middellyn van die liggaam kruis. • Enige ander geskikte antwoord oor hoe die Pectoralis Major gebruik word gedurende dans bewegings. Trapesius: • Hierdie spiere help met die ekstensie van die kop (opkyk). • Om die skouergordel te manipuleer bv. depressie van die skouer om lengte in die neklyn te skep. • Retraksie van die skouers om die bors oop te maak vir die korrekte belyning van die skouergordel. Boonste vesels: • Elevasie van die skapula om met skouer bewegings te help bv. skouerrolle. • Ekstensie van die kop om te help met die oplig van die ooglyn vir beter projeksie. Middelste vesels: • Elevasie van die skapula om te help met die skouer bewegings bv. opwaartse skouer isolasies. • Adduksie/retraksie van die skapula wanneer agteroor gebuig word. Onderste vesels: • Help met die afwaartse beweging van die skouers (depressie) om spanning in die area te verminder. • Adduksie van die skapula wat help in die korrekte belyning van die skouergordel. • Help met die stabilisering van die skouergordel gedurende port de bras/vloerwerk/dansmaatwerk, vir gemak en beheer van die bewegings. • Enige ander geskikte antwoord oor hoe die Trapesius gebruik Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne word gedurende dansbewegings. Serratus Anterior: • Help met die stabilisering van die skapula gedurende bewegings/vloerwerk/dansmaatwerk, om 'n sterk beweging te verseker. • Enige ander geskikte antwoord oor hoe die Serratus Anterior gebruik word gedurende dansbewegings. Romboïed: • Help met die stabilisering van die skapula gedurende bewegings/vloerwerk/dansmaatwerk, om 'n sterk beweging te verseker. • Aanhegting aan die werwelkolom help met belyning en korrekte postuur. • Enige ander geskikte antwoord oor hoe die Romboïed gebruik word gedurende dansbewegings. (2 x 2) (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: FIKSHEIDSKOMPONENTE – KEUSE LAE VLAK: 4.1 Pas 5 punte MEDIUM VLAK 4.2 Verduidelik 5 punte HOË VLAK 4.3 Ontleed 5 punte ANTWOORDE: 4.1 4.1.1 B (1) 4.1.2 A (1) 4.1.3 D (1) 4.1.4 E (1) 4.1.5 C (1) MOONTLIKE ANTWOORDE: 4.2 LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir 'n definisie van kardiovaskulêre uithouvermoë nie. Die antwoorde moet verduidelik hoe goed ontwikkelde kardiovaskulêre uithouvermoë 'n danser se opvoerings/prestasie vermoë kan verbeter. • Dansers kan langer repeteer of optree. • Dansers kan teen 'n hoër vlak van ingewikkeldheid optree. • Kardiovaskulêre uithouvermoë voorsien die spiere van suurstofryke bloed wat fiksheid verbeter. • Ingewikkelde dans bewegings lyk moeiteloos/die arms, bene en liggaam sal nie swaar en moeg voel nie. • Konsentrasie word verbeter sodat die danser kan fokus op die klas/dans oefening en meer ingewikkelde kombinasies vinniger kan leer. • Die voorsiening van voedingstowwe na alle gedeeltes van die liggaam deur middel van 'n sterk hartklop versterk die immuun sisteem en verminder siektes sodat oefeninge nie gemis word nie. • Goeie uihouvermoë help die danser om gefokus te bly wanneer ingewikkelde bewegings uitgevoer word, in plaas daarvan om moeg te voel, en sodoende die risiko van beserings te verminder. • Die dansers sal nie gou uitasem word nie omdat die longe sterk is en sal genoeg energie hê om ingewikkelde bewegings aan te durf. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met kardiovaskulêre (5) uithouvermoë. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 12 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 4.3 LET WEL: Die kandidaat se antwoord moet verband hou met die beeld. Kandidate kan na enige van die fiksheidskomponente verwys, soos gesien in die antwoorde hieronder. Hulle kan 'n gedetailleerde antwoord oor slegs een komponent verskaf. Geen punte word toegeken vir benaming sonder 'n verduideliking nie. Kernstabiliteit: • 'n Sterk middel/kern help om balans op een hand te behou. • Die kern ondersteun die werwelkolom, wat help om die beweging te stabiliseer. • Sterk maag-, boud- en bobeenspiere stel die danser in staat om die bene van die grond af te lig en die kern help om die posisie te hou. • Dit maak hierdie vlak van ingewikkeldheid makliker om te behaal, want dit laat die danser toe om sterker beheer van die beweging te wys en is in staat om met suspensie en beheer te balanseer. Krag: • Die krag in die romp en bo-rug maak die danser meer stabiel en laat toe vir die rotasie in die bolyf. • Die krag in die arms help ook met die balansering en beheer van die beweging. • Ontwikkelde spierkrag laat toe dat die beweging akkuraat uitgevoer word, want die danser se liggaam kan meer ingewikkelde bewegings doen. Soepelheid: • Soepelheid in die werwelkolom laat die rasionele beweging toe wat gedemonstreer word. • Dinnamiese strekking om beweging moontlik te maak. Neuromuskulêre vaardighede: • Die danser het 'n ontwikkelde gevoel van balans wat dit moontlik maak vir haar om ewewig te behou oor haar arm as 'n ondersteuningsbasis. • Die danser se gevoel van kinestetiese bewustheid gee haar 'n innerlike bewustheid om sy liggaam in hierdie posisie korrek te plaas. • Sy is in staat om haar arms, bene en liggaam in hierdie posisie te ko- ordineer deur haar ontwikkelde ruimtelike bewustheid. • Enige ander geskikte antwoord wat verwys na hoe die danser die posisie behou. (5) [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 13 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: POSITIEWE LIGGAAMSBEELD – KEUSE LAE VLAK: 5.1 Beskryf 5 punte MEDIUM VLAK 5.2 Inligting 5 punte HOË VLAK 5.2 Ontwerp 5 punte LET WEL: Kolpunte ('bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. Een-woord antwoorde sal nie aanvaar word nie. Een kolpunt met duidelik bewoorde feite = 1 punt. Kandidate mag direk na die artikel verwys in hulle antwoorde. MOONTLIKE ANTWOORDE: 5.1 • 'n Tekort aan selfvertroue in voorkoms kan jou sekerheid tydens opvoerings affekteer. • Kan lei tot eetversteurings wat 'n direkte impak kan hê op jou vermoë om te dans, bv. energie vlakke/krag/tekort aan voeding/siektes. • Ongemaklikheid in stywe klere bv. leotard of kouse sal die danser selfbewus maak en onwillig om klasse by te woon. • Kan lei tot depressie. • Gedagtes oor selfbesering. • Kan lei tot afsondering en eensaamheid. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met die effek op 'n danser. (5) 5.2 LET WEL: Baie moontlike antwoorde/ontwerpe kan verskaf word. Gebruik professionele oordeel wanneer nasien. Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik. 'n Kreatiewe en innoverende uitleg en ontwerp op 'n A4 bladsy kan insluit: • Gebruik van skryfstyl/e, bv. hoofletters/kursief/kalligrafie/graffiti styl, ens. • Uitleg van informasie, bv. georganiseerd/duidelik/betekenisvol, ens. • Die gebruik van beelde, vorms, emoji, illustrasies, rand, raam. (5) Motiverende aanhalings, wenke, gevaar tekens, simboliese beelde ens. wat verband hou met 'n positiewe selfbeeld kan insluit: • Om gelukkig te wees binne en met jou liggaam • Om te aanvaar wie jy is • Om nie jouself met ander te vergelyk nie • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met 'n positiewe selfbeeld. (5) [15] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 14 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN - GELETTERDHEID VRAAG 6: MUSIEK – VERPLIGTEND LAE VLAK 6.1–6.5 Waar of Onwaar 5 punte LET WEL: Vir 6.1 en 6.4 – Moet NIE 'n punt toeken indien kandidaat NIE die korrekte antwoord gee NIE. ANTWOORDE: 6.1 Onwaar (1) Sinkopasie verwys na die beklemtoning van die swak pols OF Harmonie verwys na verskillende note wat gelyktydig gehoor word (1) 6.2 Waar (1) 6.3 Waar 6.4 Onwaar Poliritmes is waneer twee of meer ritmes gelyktydig plaasvind. OF Harmonie verwys na verskillende note wat gelyktydig gehoor word (1) 6.5 Waar (1) [5] VRAAG 7: CHOREOGRAFIESE STRUKTURE – VERPLIGTEND LAE VLAK 7.1 – 7.5 Definieer 5 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 7.1 Kanon: Dit is wanneer bewegings wat deur een of meer dansers uitgevoer word presies herhaal word deur die volgende danser/groep dansers maar op verskillende tye. Dit gebeur soos 'n Meksikaanse golf. (1) 7.2 Tema: Die onderwerp of idee waarop die danswerk gebaseer is. Dit kan 'n storie of 'n abstrakte idee of emosie wees. Identifiseer die toneelstuk/produksie. (1) 7.3 Motief: 'n Herhalende beweging of gebaar wat op verskeie maniere uitgebrei kan word. As die woord herhaal/herhalende beweging nie verskaf word nie, moet geen punte togeken word nie. (1) 7.4 Klimaks: Dit is 'n hoogtepunt of onvergeetlike oomblik in die danswerk. Daar kan meer as een so 'n oomblik wees in 'n danswerk. (1) 7.5 Unison-beweging: Dansers voer gelyktydig dieselfde bewegings uit. (1) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 15 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: LOOPBANE EN FUNKSIES VAN DANS - KEUSE LAE VLAK 8.1 Identifiseer 2 punte 8.2 Beskryf 2 punte MEDIUM VLAK 8.3 Vergelyk 6 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 8.1 LET WEL: EEN punt word toegeken vir die benoeming van 'n loopbaan. Hieronder is twee voorbeelde van produksie loopbane. Loopbane moet verband hou met die bestuur van 'n verhoog produksie. Aanvaar loopbane wat verwant hou met 'n professionele produksie. • Voorportaalbestuurder • Verhoogbestuurder • Sluit in Danskaptein, danser en choregraaf (2) 8.2 LET WEL: EEN punt word toegeken vir die beskrywing van 'n hoof funksie van elke loopbaan. Hieronder is 'n paar voorbeelde van die hoof funksies van bogenoemde loopbane. Voorportaalbestuurder: • Hy/sy hou toesig oor die kaartjiekantoor, die verkoop van verversings, die plekaanwysers en enige gedeelte van die gebou wat deur die publiek besoek mag word tydens 'n vertoning. • Koördineer die begintyd van die uitvoering met die verhoogbestuurder en teken aan wanneer die vertoning begin en eindig. Hy/sy maak notas van hoeveel mense die vertoning bygewoon het. Sou 'n noodgeval ontstaan neem hy/sy beheer. • Enige ander geskikte antwoord wat hierdie loopbaan beskryf. (1) Verhoogbestuurder: • Behartig alles wat op die verhoog en agter die skerms gebeur, bv. die stel/rekwisiete/kommunikasie met klank- en beligtingsingenieurs. • Dra gewoonlik 'n koptelefoon ('headset') tydens die vertoning om die dansers en tegniese span te bestuur. Hy/sy maak seker dat alle aspekte van die produksie – klank, beligting, rekwisiete en dansers – op die regte tyd die regte ding doen. • Die verhoogbestuurder is ook verantwoordelik vir die veiligheid van die dansers en tegniese span in die teater. • Enige ander geskikte antwoord wat 'n verhoogbestuurder beskryf. (1) 8.3 LET WEL: Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Kandidate moet beide teater- en kulturele funksies vergelyk om volpunte te kan kry. Die antwoorde moet in paragrawe geskryf word. Geen kolpunte of een- woord antwoorde sal aanvaar word nie. Die tabel word gebruik om nasien te vergemaklik. Aanvaar beide opsies: teater/konsert en kultureel/sosiaal. Use professional judgement when marking this section. Geen punte moet afgetrek word vir inkorrekte formaat nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 16 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne FUNKSIE VAN TEATER/KONSERT KULTURELE/SOSIAAL DANS DANSVORMS DANSVORMS 8.3.1 Onderrig en • Leer 'n gehoor van • Geskiedenis en opvoeding sosiaal-politiese aspekte, tradisies word bv. mishandeling/ weergegee van een homoseksualiteit/ generasie na die gelykheid, ens. volgende. (2) 8.3.2 Kompetisie • Eisteddfods/beurse word • Gumboot-danse word d.m.v. kompetisies gebruik om dominasie toegeken en verleen te bevestig tussen status aan die wenner. stamme/groepe. • Gevegte tussen dansgroeppe (Hip hop) (2) 8.3.3 Kommunikasie • Kommunikasie van 'n • Kommunikasie met storie/tema/idee deur voorvaders deur middel middel van 'n verhoog van rituele wat vra vir produksie. seëninge/ toestemmings. (2) [10] OF VRAAG 9: DANSBEGINSELS EN GESKIEDENIS VAN HOOFDANSVORM - KEUSE LAE VLAK 9.2 Verduidelik 3 punte 9.3 Beskryf 1 punt MEDIUM VLAK 9.4 Beskryf kortliks 6 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 9.2 LET WEL: Een punt word toegeken vir 'n duidelike beskrywing van die dansbeginsel. Geen punte word toegeken vir die benaming van die hoofdansvorm nie. 9.2.1 Swaartekrag: • Kontemporêre dans werk saam met en teen swaartekrag. (moet albei wees) • Klassieke ballet werk teen swaartekrag. • Afrika-dans werk saam met swaartekrag. • Jazz dans werk saam met swaartekrag en ook teen dit. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met hierdie dansbeginsel van die hoofdansvorm. (1) 9.2.2 Arms: • Kontemporêre dans se arm bewegings word beheer vanuit die middel van die liggaam om vrye beweging toe te laat. • Klassieke ballet gebruik die arms op 'n gestruktureerde en beheersde manier met spesifieke posisies wat die liggaam raam. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 17 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne • Afrika-dans het spesifieke arm bewegings wat verband hou met die verskillende style wat gedans word. • Jazz dans maak gebruik van gestruktureerde en verlengde arm bewegings. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met hierdie dansbeginsel van die hoofdansvorm. (1) 9.2.3 Liggaamshouding: • Kontemporêre dans maak gebruik van parallelle en uitgedraaide voete en die liggaam word sterk gehou. • In klassieke ballet is die voete uitgedraai en word dit geplaas in verskillende posisies van die voete. • Afrika-dans maak gebruik van parallelle en uitgedraaide voete. • In jazz dans is die voete parallel en uitgedraai. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met die dansbeginsel van die hoofdansvorm. (1) 9.3 Voorbeelde van eienskappe: • Kontemporêre dans kan uitgeken word aan die gebruik van vloer bewegings asook die gebruik van sametrekking- en vrylatings bewegings. • In klassieke ballet dra die dansers gewoonlik kostuums soos tutu's/fluweel baadjies/rompe, ens. • Afrika-dans maak gebruik van die dansers se stemme (ululasie) en hulle fluit ook. • Jazz dans maak baie gebruik van heup, skouer en rib isolasies. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met die eienskappe van die hoofdansvorm. (1) 9.4 LET WEL: Kandidate moet kortliks SES belangrike feite oor hulle hoofdansvorm beskryf. Kolpunte ('bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. As meer as ses feite gegee word, moet slegs die eerste ses nagesien word. Hieronder is voorbeelde van moontlike antwoorde: Ballet: • Het ontstaan in die Renaissance tydperk. Renaissance beteken “om weer gebore te word” en beskryf hernude belangstelling in die leerstellings, filosofie en kuns. • Catherine de Medici, die vrou van die Franse koning, Henry ǁ, het die dansstyl na Frankryk gebring. Dit was meestal gedans deur die Franse adelstand. • Ballet Comique de la Reine deur Balthasar de Beujoyeulx is gesien as die eerste werklike ballet. Dit het vir vyf jaar gespeel. • Soos wat die danspassies meer ingewikkeld geraak het, is skole gestig om die dansers op te lei. Slegs mans was opgelei by die skole. • 'Point'-werk en pas de deux was in die 19de eeu begin. • Alhoewel ballet 'n streng gekodeerde dansvorm is, het verskillende style begin ontwikkel, bv. die Neoklassieke styl van Balanchine. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 18 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne • Enige ander geskikte antwoord verwant aan die geskiedenis van ballet. (6) Kontemporêre dans: • Kontemporêre dans het ontwikkel in die vroeë 20ste eeu en beteken “hedendaags”. Dit reflekteer die frustrasie wat dansers ervaar het teenoor die beperkte karakter van ballet. • Kontemporêre dans is 'n studie van die individu, sy idees en waardeur hy beïnvloed word asook die indruk wat dit gemaak het op die nageslag. • Die baanbrekers wou ware emosies en lewenskwessies uitbeeld deur beweging. Die individue het hulle eie style ontwikkel en hulle studente het weer weggebreek om so hulle eie nuwe style te ontwikkel. So het dit aangegaan. • Isadora Duncan was een van die baanbrekers en sy het in vloeiende Griekse rokke met kaal voete gedans – geïnspireer deur die natuur en gedigte. • Martha Graham was geag as die “moeder van kontemporêre dans” en sy het die “sametrekking- en vrylatings” bewegings ontwikkel. • Kontemporêre dans word vandag gebruik om idees, gevoelens en sosiale aspekte te kommunikeer, bv. Gregory Maqoma se Four Seasons. • Enige ander geskikte antwoord verwant aan die geskiedenis van kontemporêr. (6) Afrika-dans: • Afrika-dans was gesien as primitief in vergelyking met die Europese dansstyle aangesien dit meestal uit rituele bestaan het. • Die danse vertel meestal stories oor die kultuur se geskiedenis en estetiek. In Afrika word dans as deel van die alledaagse lewe gesien en sluit alles van geboorte tot sterfte in. • Sommige danse word gebruik om stories te vertel; ander word gebruik deur Sjamane en kruiedokters om siektes te genees. • In meeste Afrika-statte was/is daar 'n dansmeester wat die danse vir die jonger generasies leer. • Die danse en die musiek word gesien as een entiteit en bestaan uit ingewikkelde ritmes vir die dansers en die musi- kante. Die musiek bestaan uit die gebruik van stemme/handge- klap/stamp van voete en die speel van dromme. • Afrika-dans het toegeneem in populariteit en word nou ook gesien op internasionale verhoë. (6) • Enige ander geskikte antwoord verwant aan die geskiedenis [10] van Afrika-dans. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 19 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 10: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK – VERPLIGTEND LAE VLAK 10.1.1 Verskaffing 5 punte MEDIUM VLAK 10.1.2 Ontleed 5 punte 10.2 Kritiese 8 punte HOË VLAK bespreking LET WEL: Kandidate mag in die vraag oor 'n ander choreograaf as danswerk skryf. MOONTLIKE ANTWOORDE: 10.1 LET WEL: Kandidate moet die naam van die internasionale choreograaf waaroor hulle antwoord verskaf. Geen punte word daarvoor toegeken nie. Kandidate kan oor persoonlike en/of profesionele lewe antwoord. Kandidate hoef nie te wys hoe faktore die choreograaf beḯnvloed het nie – maar kan slegs feite gee. Persoonlike lewe: 10.1.1 • Agtergrond en opleiding soos armoede/apartheid/slawerny. • Familielede • Mediese kondisies • Artistieke invloede bv. vertonings wat hulle gesien het/ kunstenaars wat hulle ontmoet het. • Raadgewers/mentors • Opleidingsklasse waaraan hulle blootgestel was/of nie. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met invloede op die choreograaf se persoonlike lewe. Professionele lewe: • Opleiding met/sonder behoorlike fasiliteite. • Onderwysers/choreograwe wat 'n impak gemaak het. • Geselskappe waarvoor/met wie hulle gewerk het. • Artistieke invloede soos medechoreograwe/kunsvorms/ dansstyle of danssoorte. • Mag 1-punt informasie insluit oor hoe die Chilleanse oorlog Ghost Dancers beḯnvloed het. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met invloede op die choreograaf se professionele lewe. (5) 10.1.2 Moontlike areas van impak/invloed: • Stigting van dansgeselskappe – werksgeleenthede vir dansers. • Skep van nuwe dansstyle deur die samesmelting van bestaande dansstyle soos die samesmelting van ballet en kontemporêre dans. • Die aanpassing van klassieke danswerke om dit te moderniseer en te laat inpas by die hedendaagse dans neigings. • Die gebruik van tegnologie en gemengde media om 'n danswerk te versterk/verbeter. • Die bewusmaking van sosiaal-politiese aspekte deur middel van choreografie. • Skep geleenthede vir jong/opkomende choreograwe. • Skep geleenthede vir jong/opkomende dansers. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 20 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne • Dans uitreik programme na minder bevoorregte gemeentskappe. • Media blootstelling om belangstelling in dans te wek. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met die choreograaf se impak. (5) 10.2 RUBRIEK VIR MERK VAN SLEGS VRAAG 10.2 Kandidate kan na die stelling verwys en krities HOOG bespreek hoe simboliek in die verkose danswerk 6-8 gebruik word. Gedetaileerde voorbeelde word gebruik om opinies te handhaaf. Kandidate mag of mag nie verstaan hoe om na die MEDIUM stelling te verwys nie. Kandidate het voldoende 3-5 kennis oor hoe om simboliek te gebruik. Verskaf voorbeelde om opinies te handhaaf. Kandidate kan nie na die stelling verwys nie. LAAG Minimale/geen kennis van simboliek nie. 1-2 Minimale/geen voorbeelde word verskaf nie. LET WEL: Gebruik professionele oordeel tydens die evaluering van die kandidaat se antwoord. Kandidate moet die internasionale danswerk waaroor hulle antwoord verskaf. Die antwoord moet verband hou met hoe die choreograaf, deur middel van dans, uitbeeld wat woorde nie kan sê nie. Die kandidaat moet hulle eie siening weergee en voorbeelde moet gebruik word om volpunte te kan verkry. Indien die kandidaat se antwoord nie direk verband hou met die stelling nie, maar tog korrekte feite oor die danswerk insluit, kan 'n maksimum van DRIE punte toegeken word. MOONTLIKE AREAS WAT INGESLUIT KAN WORD: Kandidate mag verwys na die stelling in die inleiding en slotsom maar mag nie die stelling herhaal nie. Produksie elemente: hoe die choreograaf die volgende gebruik om betekenis/simboliek/effek/gevoel, ens. te skep: • Beligting • Kostuums • Grimering • Stel • Rekwisiete • Spesiale effekte • Tegnologie • Enige ander geskikte antwoord wat wys hoe produksie elemente uitbeeld wat woorde nie kan sê nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 21 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne Musiek/begeleiding: hoe die choreograaf musiek/begeleiding gebruik om die bedoeling/rede oor te dra. • Danssoort en hoe dit bydra tot die tema/bedoeling/storie. • Instrumentasie en toonkleur/timbre en hoe dit die gevoel van die danswerk skep. • Liedere/stemme en hoe die woorde bydra tot die tema/ bedoeling/storie. • Begeleiding/klankeffekte en hoe dit bydra tot die gevoel/ tema/bedoeling. • Enige ander geskikte antwoord wat wys hoe musiek/ begeleiding uitbeeld wat woorde nie kan sê nie. Bewegingswoordeskat: • Simboliek van spesifieke bewegings • Gebare en hulle bedoeling • Motiewe om die boodskap te versterk • Groeperings en die impak daarvan op die gehoor • Choreografiese strukture en die visuele impak daarvan • Danselemente en hulle visuele impak • Enige ander geskikte antwoord wat wys hoe bewegingswoordeskat uitbeeld wat woorde nie kan sê nie. (8) [18] VRAAG 11: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK – VERPLIGTEND LAE VLAK 11.1.1 Beskryf 5 punte MEDIUM VLAK 11.1.2 Ontleed 5 punte 11.2 Opinie 8 punte HOË VLAK LET WEL: Kandidate mag in die vraag oor 'n ander choreograaf as danswerk skryf. MOONTLIKE ANTWOORDE: 11.1 LET WEL: Kandidate moet die naam van die Suid-Afrikaanse choreograaf waaroor hulle antwoord verskaf. 11.1.1 Choreografiese eienskappe wat ingesluit kan word: • Danssoorte/samesmelting van danssoorte • Styl/e van bewegingswoordeskat • Narratiewe/abstrakte choreografiese werke • Maak/Maak nie gebruik van improvisasie • Keuse van musiek/begeleiding • Inspirasie/temas vir die danswerk soos sosiale/ekonomiese invloede • Gebruik van produksie elemente • Programnotas • Publieke verskynings/profiel • Gebruik van dansers/dansgeselskappe • Enige ander geskikte eienskap van choreograaf se styl. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 22 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 11.1.2 LET WEL: Geen punte mag toegeken word vir die lys van prestasies/toekennings nie tensy verduidelik word wat die impak daarvan was op dans. Die impak van die choreograaf op dans in Suid-Afrika kan insluit: • Stig geselskap/pe • Skep nuwe dansstyle • Sluit Afrika-dans in by teater produksies – voor apartheid. • Maak gebruik van gemengde-rasse rolverdeling – voor apartheid • Gebruik dans om stellings te maak oor politiese/sosiale situasies. • Skep betekenisvolle danswerke om die gehoor op te voed/in te lig. • Uitreik programme/opheffing van gemeentskappe • Bevorder Suid-Afrikaanse dans op internasionale vlak – plaas Afrika-dans op die wêreldkaart. • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met die (5) choreograaf se impak op dans in Suid-Afrika. 11.2 RUBRIEK VIR MERK VAN SLEGS VRAAG 11.2 Kandidate het uitstekende kennis oor hoe die HOOG produksie elemente en bewegingswoordeskat 6-8 die danswerk komplimenteer. Kandidate kan gedetailleerde voorbeelde gee om hulle opinies te handhaaf. Kandidate toon voldoende kennis oor hoe die MEDIUM produksie elemente en bewegingswoordeskat 3-5 in die danswerk gebruik word. Kan sommige voorbeelde gee om hulle opinies te handhaaf. Minimale of geen kennis oor die produksie LAAG elemente en bewegingswoordeskat word 1-2 verskaf nie. Verskaf min of geen voorbeelde. LET WEL: Kandidate moet die naam van die danswerk waaroor hulle antwoord verskaf. Die antwoord moet evalueer hoe die produksie elemente en bewegingswoordeskat die danswerk komplimenteer. Kandidate moet beide produksie elemente en bewegingswoordeskat evalueer om volpunte te kan kry. Meer mag oor die een gedeelte as die ander geskryf word. Indien die kandidaat nie kan verduidelik hoe produksie elemente en bewegingswoordeskat die danswerk komplimenteer nie, maar kan wel korrekte feite oor die Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 23 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne danswerk beskryf, kan 'n maksimum van DRIE punte toegeken word. Produksie elemente: Hoe die choreograaf die volgende gebruik het om die storie/tema/bedoeling te komplimenteer: • Beligting • Kostuums • Grimering • Stel • Rekwisiete • Spesiale effekte • Tegnologie • Musiek/begeleiding • Die gebruik van simboliek in enige van die bogenoemde aspekte • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met produksie elemente. Bewegingswoordeskat: hoe die choreograaf die bewegingswoordeskat gebruik het om die danswerk te komplimenteer kan die volgende insluit: • Simboliek van spesifieke bewegings • Gebare en hulle bedoeling • Motiewe om die boodskap te versterk • Groeperings en die impak daarvan op die gehoor • Choreografiese strukture en die visuele impak daarvan • Danselemente en hulle visuele impak • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met hoe produksie elemente en bewegingswoordeskat die danswerk gekomplimenteer het. (8) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 24 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 12: REFLEKSIE – VERPLIGTEND HOË VLAK 12 Nadink 4 punte LET WEL: LEES DIE HELE ANTWOORD VOORDAT PUNTE TOEGEKEN WORD. KANDIDATE MAG OOK OP 'N NEGATIEWE WYSE ANTWOORD. KANDIDATE KAN DIE VOLGENDE MOONTLIKE AREAS VAN INVLOED INSLUIT: • Persoonlike lewe • Dansklas • PAT’e • Kreatiwiteit • Kennis • Bewegingswoordeskat • Enige ander geskikte antwoord wat verband hou met die invloed wat danswerke op die danser gehad het. [4] TOTAAL AFDELING B: 60 GTOOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all