Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
NOVEMBER 2019
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)
Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 267.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
NSC November Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met TWAALF vrae in totaal.
Beantwoord slegs NEGE vrae soos volg:
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
Beantwoord DRIE van die VYF vrae in hierdie afdeling.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4 en VRAAG 5. Indien jy albei vrae
beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)
Beantwoord SES van die SEWE vrae in hierdie afdeling.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 8 en VRAAG 9. Indien jy al twee vrae
beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
3. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat vereis word.
4. Eenwoord-antwoorde sal NIE aanvaar word indien jy gevra word om te
verduidelik/breedvoerig te skryf/beskryf/ontleed/evalueer/vergelyk, ens. NIE.
Skryf jou antwoorde in volsinne. Jy verdien EEN punt per feit.
5. Jy kan rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.
6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
Slegs in een taal te skryf
Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word
Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: DANSBESERINGS (VERPLIGTEND)
Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Jou vriend, Jabu, het gedurende die dansklas oor pyn en swelling in sy enkelgewrig
gekla. Hy sukkel na klas om sy enkelgewrig te beweeg of om gewig op sy voet te
plaas.
1.1 Dui aan wat met Jabu se enkelgewrig verkeerd kan wees. (1)
1.2 Beskryf DRIE moontlike oorsake van Jabu se besering. (3)
1.3 Verduidelik VIER moontlike behandelings vir Jabu se enkelgewrigbesering. (4)
1.4 Beskryf DRIE oefeninge wat Jabu kan doen om sy algehele fiksheid te behou
terwyl sy besering besig is om te herstel. (3)
1.5 Bespreek VIER uitdagings wat Jabu kan ervaar wanneer hy, nadat hy van sy
besering herstel het, na die dansklas terugkeer. (4)
[15]
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 2: DANSTEGNIEK (KEUSEVRAAG)
2.1 Verduidelik die korrekte postuur en belyning van die liggaam en die bene
wanneer daar na 'n sprong geland word om veilige danspraktyk te verseker. (6)
2.2 Reflekteer/Besin oor hoe jy hierdie jaar jou danstegniek verbeter het. (4)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG)
Beantwoord hierdie vraag slegs indien jy spiere en anatomiese spieraksies
bestudeer het.
3.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Beantwoord enige DRIE van die VYF meervoudigekeuse-vrae.
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(3.1.1–3.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.6 A.
3.1.1 Die agterdyspiergroep is vir die ... verantwoordelik.
A strekking van die kniegewrig
B fleksie van die kniegewrig
C uitwaartse rotasie van die heup
D fleksie van die heupgewrig
3.1.2 Teenoor watter ander spier werk die gastrocnemius as antagonis?
A Agterdyspier
B Tibialis anterior
C Biceps brachii
D Soleus
3.1.3 Die ... tree tydens laterale fleksie as 'n stabiliserende spier op.
A transversus abdominis
B deltoid
C pectoralis major
D Geeneen van die bogenoemde nie
3.1.4 Waar kry die sternocleidomastoid sy naam vandaan?
A Dit is vernoem na die funksies wat dit verrig.
B Dit is 'n spiergroep wat drie spiere bevat.
C Dit verwys na die punte van aanhegting.
D Geeneen van die bogenoemde nie
3.1.5 Die volgende spiere werk saam tydens die strekking van die
werwelkolom:
A Erector spinae, multifidi en quadratus lumborum
B Trapezius en pectoralis major
C Gracilis en pectineus
D Rectus abdominis en eksterne obliques
(3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/November 2019
NSS
3.2 Noem die spier wat verantwoordelik is vir die adduksie van die heupgewrig en
die fleksie van die kniegewrig. (1)
3.3 Identifiseer die anatomiese aksie waarvoor die extensor digitorum longus en
die extensor hallucis longus verantwoordelik is. (1)
3.4 Identifiseer die spier wat vir die interne rotasie van die heupgewrig
verantwoordelik is. (1)
3.5 Kies enige TWEE van die spiere in die lys hieronder.
deltoid; latissimus dorsi; pectoralis major;
trapezius; serratus anterior; rhomboid
Noem die TWEE spiere wat jy gekies het en bespreek in breë trekke
(volledig) hoe hierdie spiere in dans gebruik word. (2 x 2) (4)
[10]
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4 en VRAAG 5.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 4: FIKSHEIDSKOMPONENTE (KEUSEVRAAG)
4.1 Kies 'n term uit KOLOM A wat by 'n beskrywing in KOLOM B pas. Skryf slegs
die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Kinestetiese bewustheid A die vermoë om vinnig en effektief
te beweeg
4.1.2 Ratsheid
B 'n innerlike bewustheid van hoe jou
4.1.3 Ruimtelike bewustheid liggaam beweeg
4.1.4 Ritme C die vermoë om op veranderende
omstandighede te reageer/
4.1.5 Reaktiwiteit toepaslike reaksie (emosie)
D bewustheid van die ruimte wat deur
jou en ander se liggame gebruik
word
E in staat om beweging by musiek te
laat pas
(5 x 1) (5)
4.2 Verduidelik hoe goed ontwikkelde kardiovaskulêre uithouvermoë 'n danser se
prestasievermoë kan verbeter. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/November 2019
NSS
4.3 Ontleed die foto hieronder en verduidelik hoe die posisie deur die danser
gehou word.
[Bron: http://www.mocp.org/detail.php?type=related&kv=5736&t=objects] (5)
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 5: POSITIEWE LIGGAAMSBEELD (KEUSEVRAAG)
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae.
BEVORDER GESONDE LIGGAAMSBEELD IN DIE ATELJEE
Dansers het dae wanneer hulle lomp of ongemaklik in hulle liggame voel. Daardie dae
wat af en toe plaasvind doen gewoonlik geen skade aan die persoon se
liggaamsbeeld nie, want liggaamsbeeld word ontwikkel deur volgehoue erkenning en
respek vir jou natuurlike vorm. Jy leer ook om negatiewe gedagtes en gevoelens met
positiewe aanvaarbare gedagtes te oorheers. Dit is ingewikkeld vir dansers om 'n
positiewe liggaamsbeeld te ontwikkel en te handhaaf. Die een dag hou hulle baie van
hoe hulle lyk; die volgende dag is hulle wanhopig omdat hulle te kort/lank/maer/lomp
of ongemaklik is. Hulle vergelyk hulleself met ander.
[Bron: www.jackrabbitdance.com]
5.1 Verwys na die artikel hierbo en beskryf hoe 'n swak selfbeeld jou as 'n
dansleerder kan beïnvloed. (5)
5.2 Ontwerp 'n A4-grootte pamflet oor 'Positiewe Liggaamsbeeld' wat jy by 'n
dansfees wil uitdeel. Doen dit in jou ANTWOORDEBOEK.
LET WEL: Jy hoef nie verskillende kleure in jou ontwerp te gebruik nie.
Punte sal vir kreatiwiteit en 'n innoverende uitleg toegeken word. (10)
[15]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 6: MUSIEK (VERPLIGTEND)
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (6.1 tot 6.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is.
6.1 Sinkopasie verwys na wanneer verskillende note gelyktydig gehoor word. (1)
6.2 Melodie is die rangskikking van toonhoogtes/klanke om 'n herkenbare
deuntjie te vorm. (1)
6.3 Toonhoogte is hoe hoog of laag die note is in verhouding tot ander note. (1)
6.4 Harmonie is wanneer twee of meer ritmes gelyktydig plaasvind. (1)
6.5 Dinamiek verwys na hoe hard of sag, vinnig of stadig 'n noot of seksie van die
musiek gespeel word. (1)
[5]
VRAAG 7: CHOREOGRAFIESE STRUKTURE (VERPLIGTEND)
Definieer die volgende choreografiese strukture/elemente:
7.1 Kanon (1)
7.2 Tema (1)
7.3 Motief (1)
7.4 Klimaks (1)
7.5 Unison-beweging (1)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/November 2019
NSS
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 8 en VRAAG 9.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 8: LOOPBANE EN FUNKSIES VAN DANS (KEUSEVRAAG)
8.1 Noem TWEE loopbane wat nodig is om 'n professionele verhoogproduksie te
bestuur. (2)
8.2 Beskryf kortliks die hooffunksie van elke loopbaan wat in VRAAG 8.1
geïdentifiseer is. (2)
8.3 Vergelyk die verskille tussen die funksies van teater- en kulturele dansvorms
in die gemeenskap. Teken die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor
en beantwoord soos volg:
DANSFUNKSIE TEATER KULTUREEL
8.3.1 Onderrig
8.3.2 Kompetisie
8.3.3 Kommunikasie
(6 x 1) (6)
[10]
OF
VRAAG 9: DANSBEGINSELS EN GESKIEDENINS VAN HOOFDANSVORM
(KEUSEVRAAG)
9.1 Noem jou hoofdansvorm.
9.2 Hoe word die volgende dansbeginsels in jou hoofdansvorm gebruik?
9.2.1 Swaartekrag (1)
9.2.2 Arms (1)
9.2.3 Liggaamshouding (1)
9.3 Beskryf EEN belangrike eienskap wat jou hoofdansvorm duidelik sal
identifiseer. (1)
9.4 Skryf 'n paragraaf waarin jy kortliks SES belangrike feite oor die geskiedenis
van jou hoofdansvorm in breë trekke beskryf. (6)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 10: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (VERPLIGTEND)
Kies EEN van die internasionale choreograwe en EEN van sy/haar danswerke uit die
voorgeskrewe lys hieronder.
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alvin Ailey Revelations
Christopher Bruce Ghost Dances/Rooster
George Balanchine Apollo/Jewels (Emeralds, Rubies, Diamonds)
Jiří Kylián Wings of Wax
Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze
Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen
Matthew Bourne Swan Lake/Cinderella
Pina Bausch The Rite of Spring
Rudi van Dantzig Four Last Songs
William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated
10.1 Gee die naam van die internasionale choreograaf wat jy gekies het.
10.1.1 Gee VYF belangrike invloede wat die choreograaf se persoonlike
en/of professionele lewe beïnvloed het. (5)
10.1.2 Ontleed die choreograaf se invloed op die danswêreld. (5)
10.2 Gee die naam van die danswerk wat jy gekies het.
'n Choreograaf kan met dans uitbeeld wat woorde alleen nie kan sê nie.
Bespreek krities die gekose danswerk met verwysing na die stelling hierbo en
verduidelik hoe simboliek gebruik is. Gebruik voorbeelde om jou antwoord te (8)
regverdig. [18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 11: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (VERPLIGTEND)
Kies EEN van die Suid-Afrikaanse choreograwe en EEN van sy/haar danswerke uit die
voorgeskrewe lys hieronder.
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alfred Hinkel Bolero/The Last Dance/Cargo/
Rain in a Dead Man's Footprints
Carolyn Holden Imagenes
Dada Masilo Swan Lake/Romeo and Juliet
Gary Gordon Bessie's Head
Gregory Maqoma Four Seasons/Beauty Trilogy/
Skeleton Dry/Somehow Delightful
Hazel Acosta Blood Wedding
Mavis Becker Flamenco de Africa
Sylvia Glasser Tranceformations
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen
Vincent Mantsoe Gula Matari
11.1 Gee die naam van die Suid-Afrikaanse choreograaf wat jy gekies het.
11.1.1 Beskryf die choreografiese kenmerke wat hierdie choreograaf in
sy/haar danswerke gebruik. (5)
11.1.2 Ontleed die invloed wat hierdie choreograaf op dans in Suid-Afrika
gehad het. (5)
11.2 Gee die naam van die danswerk wat jy gekies het.
Na jou mening, hoe het die produksie-elemente en bewegingswoordeskat die
danswerk wat jy gekies het, gekomplementeer? Gebruik voorbeelde om jou
antwoord te regverdig. (8)
[18]
VRAAG 12: REFLEKSIE/NADENKE (VERPLIGTEND)
Dink na oor hoe die danswerke wat jy op video, YouTube of lewendig gesien het,
jou as danser beïnvloed het. [4]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 QP (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum