Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
DANSSTUDIES
2019
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)
Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Dance Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 385.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
NSC June Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/2019
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met 12 vrae in totaal.
Beantwoord slegs AGT vrae soos volg:
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
Beantwoord VIER van die ses vrae in hierdie afdeling.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3. Indien jy
albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
nagesien word.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5 en VRAAG 6. Indien jy
albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
nagesien word.
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)
Beantwoord VIER van die ses vrae in hierdie afdeling.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10. Indien jy
albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
nagesien word.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 11 en VRAAG 12. Indien jy
meer as EEN vraag beantwoord, sal slegs die EERSTE
antwoord nagesien word.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
3. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat vereis word.
4. LET WEL: Indien jy gevra word om te verduidelik/breedvoerig te skryf/
te beskryf/te ontleed/te evalueer/te vergelyk, skryf jou antwoord in
volsinne en gee soveel inligting as moontlik. Eenwoord-
antwoorde sal NIE aanvaar word NIE.
5. Jy kan rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.
6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
Goeie Afrikaans te gebruik (skryf slegs in een taal)
Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word
Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: BESERINGS (VERPLIGTEND)
Andile is met tendonitis gediagnoseer. Sy dokter het hom geadviseer om vir twee weke
nie ten volle aan sy dansklasse deel te neem nie.
1.1 Definieer tendonitis. (1)
1.2 Noem die eenvoudige eerstehulpbehandeling wat Andile tuis kan toepas om
met die herstel van sy tendonitis te help. (1)
1.3 Noem DRIE aktiwiteite wat Andile kan doen om fiks te bly terwyl hy nie ten
volle aan die klasse kan deelneem nie. (3)
1.4 Verduidelik VYF maniere waarop Andile tendonitis kan voorkom sodat dit nie
weer in die toekoms opvlam nie. (5)
[10]
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 2: FIKSHEIDSKOMPONENTE– UITHOUVERMOË (KEUSE)
2.1 'n Danser het beide kardiovaskulêre en spieruithouvermoë in die dansklas
nodig.
Definieer kardiovaskulêre uithouvermoë en spieruithouvermoë. (2 x 2) (4)
2.2 Beskryf EEN oefening wat gedoen kan word om stamina-/uithouvermoë-
vlakke te verbeter. (1)
2.3 Verduidelik VYF faktore wat 'n gebrek aan uithouvermoë by 'n danser kan
veroorsaak. (5)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 3: FIKSHEIDSKOMPONENTE – NEUROMUSKULÊRE VAARDIGHEDE
(KEUSE)
Dans vereis 'n kombinasie van verskillende neuromuskulêre vaardighede.
Elke vaardigheid is belangrik om 'n hoë vlak van dansuitvoering te bereik.
3.1 Noem enige VYF neuromuskulêre vaardighede. (5)
3.2 Verduidelik hoe elk van die VYF vaardighede wat in VRAAG 3.1 genoem is,
dansuitvoering sou verbeter. (5)
[10]
VRAAG 4: BEWEGINGSKWALITEIT (VERPLIGTEND)
Jou danssolo vir jou finale graad 12 praktiese eksamen het vereis dat jy uitstekende
bewegingskwaliteit vertoon. Wat verstaan jy onder bewegingskwaliteit?
Behalwe goeie danstegniek, bespreek ten minste VYF ander kwaliteite van beweging
wat die eksaminator of 'n gehoor sou betower. [10]
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5 en VRAAG 6.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 5: VOEDING (KEUSE)
Goeie voeding kan 'n danser se uitvoering/optrede verbeter.
Gee VYF belangrike voedingsWENKE wat jou mededansers kan volg.
Verduidelik hoe ELKE wenk tot optimale optrede bydra. [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 6: SPIERE EN AKSIES (KEUSE)
[Bron: media-cache-ak0.pinimg.com]
Bestudeer die foto hierbo en beantwoord die vrae wat volg. Gebruik anatomiese
terminologie in jou antwoorde.
6.1 Identifiseer EEN anatomiese aksie wat in die regterheupgewrig van die
danser in die middel plaasvind. (1)
6.2 Noem EEN spier/spiergroep wat vir die aksie in VRAAG 6.1 verantwoordelik
is. (1)
6.3 Identifiseer EEN anatomiese aksie wat in die enkels van die danser in die
middel plaasvind. (1)
6.4 Noem EEN spier/spiergroep wat vir die aksie in VRAAG 6.3 verantwoordelik
is. (1)
6.5 Identifiseer watter anatomiese aksie in die danser se knieë plaasvind. (1)
6.6 Noem EEN spier/spiergroep wat vir die aksie in VRAAG 6.5 verantwoordelik
is. (1)
6.7 Identifiseer EEN anatomiese aksie wat in die danser se regterskouergewrig
plaasvind. (1)
6.8 Noem EEN spier/spiergroep wat vir die aksie in VRAAG 6.7 verantwoordelik
is. (1)
6.9 Identifiseer watter anatomiese aksie in die danser se linkerskouergewrig
plaasvind. (1)
6.10 Noem EEN spier wat vir die aksie in VRAAG 6.9 verantwoordelik is. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (VERPLIGTEND)
VRAAG 7: DANSVORMS
Teken die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor. Gee inligting soos hieronder
aangedui oor Afrikadans en EEN ander dansvorm wat jy op skool bestudeer het.
AFRIKADANS NOEM DIE ANDER DANSVORM
7.1 Verduidelik, in volsinne, TWEE Verduidelik, in volsinne, TWEE
herkenbare bewegingsbeginsels herkenbare bewegingsbeginsels
wat kenmerkend van Afrikadans is. wat kenmerkend is van die
(2) dansvorm wat gekies is. (2)
7.2 Noem TWEE herkenbare Noem TWEE herkenbare
eienskappe wat kenmerkend van eienskappe wat kenmerkend is
die kostuums/kleredrag van van die kostuums/kleredrag van
Afrikadans is. (2) die dansvorm wat gekies is. (2)
7.3 Noem EEN herkenbare eienskap Noem EEN herkenbare eienskap
wat kenmerkend van die musiek/ wat kenmerkend is van die
begeleiding van Afrikadans is. musiek/begeleiding van die ander
(1) dansvorm wat gekies is. (1) [10]
VRAAG 8: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE (VERPLIGTEND)
Jy het regdeur graad 10 tot 12 verskillende aspekte van improvisasie in jou dansklasse
verken.
8.1 Hoe het improvisasie tot jou ontwikkeling as 'n danser/choreograaf bygedra? (5)
8.2 Gebruik die foto/visuele beeld hieronder as 'n stimulus en stel 'n plan op vir
die choreografering van 'n nuwe danswerk.
[Bron: media-cache-ak0.pinimg.com] (5)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/2019
SS/NSS
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE EN DANSWERKE
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 9: GREGORY MAQOMA SE FOUR SEASONS (KEUSE)
Four Seasons deur Gregory Maqoma is 'n inspirerende produksie
met 'n uitstekende rolverdeling en kunstigheid.
[Bron: Skermskoot uit die DVD]
Gee 'n kort agtergrond oor wat tot Maqoma se ontwikkeling as 'n merkwaardige
choreograaf gelei het.
Beskryf die boodskap/doel wat Maqoma deur hierdie danswerk aan die gehoor wou
oordra.
Analiseer hoe hy die bewegingswoordeskat en produksie-elemente in elke seisoen
gebruik om sy boodskap/doel oor te dra.
Verduidelik sy innoverende gebruik van musiek in hierdie produksie.
Gee jou interpretasie/vertolking van die boodskap wat die EINDE van hierdie
danswerk aan die gehoor kommunikeer. [20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSE)
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alfred Hinkel Bolero/The Last Dance/Cargo/
Rain in a Dead Man's Footprints
Carolyn Holden Imagenes
Dada Masilo Swan Lake/Romeo and Juliet
Gary Gordon Bessie's Head
Gregory Maqoma Beauty Trilogy/Skeleton Dry/
Somehow Delightful
Mavis Becker Flamenco de Africa
Sylvia Glasser Tranceformations
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen
Hazel Acosta Blood Wedding
Vincent Mantsoe Gula Matari
Kies EEN van die voorgeskrewe Suid-Afrikaanse choreograwe en sy/haar danswerk uit
die voorgeskrewe lys hierbo en beantwoord die volgende:
Gee die naam van die choreograaf en die titel van die danswerk waaroor jy skryf.
Gee inligting oor die agtergrond, opleiding, inspirasies en invloede wat hom/haar
gehelp het om as 'n choreograaf te ontwikkel.
Beskryf die sinopsis/doel van die werk.
Ontleed die produksie-elemente en bewegingswoordeskat wat gebruik is om die
betekenis van die werk simbolies oor te dra.
Bespreek die bydraes wat hierdie choreograaf aan dans in Suid-Afrika gemaak het.
Gee spesifieke voorbeelde om jou antwoord te verduidelik. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/2019
SS/NSS
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE EN DANSWERKE
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 11 en VRAAG 12.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 11: CHRISTOPHER BRUCE SE GHOST DANCES (KEUSE)
Christopher Bruce se prysenswaardige danswerk, Ghost Dances, gaan in teaters in
Suid-Afrika opgevoer word.
Skryf 'n persverklaring om die publiek oor hierdie opkomende geleentheid in te lig.
Sluit die volgende inligting by jou persverklaring in:
Die titel en inligting oor datums wanneer en waar die werk opgevoer gaan word
'n Kort bespreking van Christopher Bruce se professionele loopbaan wat tot sy
aanprysing gelei het
Die agtergrond en samevatting van hierdie danswerk
Voorbeelde van die produksie-elemente om die leser opgewonde te maak oor dit
wat in hierdie werk verwag kan word
Insig in die bewegingswoordeskat en hoe dit die boodskap van hierdie werk
simbolies uitbeeld
Waarom Suid-Afrikaanse gehore na internasionale danswerke moet kyk [20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 12: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSE)
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alvin Ailey Revelations
George Balanchine Apollo/Jewels
Jiří Kylián Wings of Wax/Stamping Ground
Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze
Matthew Bourne Swan Lake/Cinderella
Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen
Pina Bausch The Rite of Spring
Rudi van Dantzig Four Last Songs
William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated
Kies EEN van die voorgeskrewe internasionale choreograwe en sy/haar danswerk uit
die lys hierbo om hierdie vraag te beantwoord.
Jy gaan die gasheer/gasvrou van 'n dansfilmaand vir dansstudente en -entoesiaste by
jou skool wees. Jy is versoek om 'n toespraak te lewer voordat die dansfilm vertoon
word.
Sluit die volgende inligting by jou toespraak in:
Gee die titel van die danswerk en die naam van die choreograaf wat jy gekies het.
Beklemtoon die belangrikheid daarvan dat Suid-Afrikaanse dansstudente oor
internasionale dansgeskiedenis leer.
Stel die choreograaf bekend deur 'n kort biografie van sy/haar loopbaan en bydraes
tot die dansbedryf te gee.
Gee 'n kort samevatting van die sinopsis/tema van die werk.
Verduidelik die choreograaf se spesifieke bewegingswoordeskat en dansstyl wat in
hierdie danswerk gebruik word.
Vestig die aandag op die simboliek wat in die produksie-elemente uitgedruk word. [20]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Memo (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum