GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Dance Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 513.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
NSC November Exam 2023
- Other filesQuestion paper · AfrMemo · Eng
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Dansstudies 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal.
2. AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)
Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4.2 en VRAAG 4.3. Indien jy albei
vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)
Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
Jy het 'n keuse tussen VRAAG 6.4 en VRAAG 6.5. Indien jy albei
vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
4. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word.
5. Lees die AKSIEWERKWOORD aan die begin van elke vraag om te sien
wat vereis word.
AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS:
LAEVLAK-VRAE: identifiseer, dui aan, definieer, maak ʹn lys van, gee, skryf,
kies, beskryf
MEDIUMVLAK-VRAE: staaf, verduidelik, brei uit, bespreek
HOËVLAK-VRAE: identifiseer, motiveer, bespreek, evalueer, ontwikkel, gee
opinies, analiseer, motiveer, ontwerp
6. Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep
deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.
7. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
Slegs in een taal te skryf
Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik
Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: BESERINGS
Lees die WhatsApp-gesprek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Definieer verrekking. (1)
1.2 Identifiseer DRIE moontlike oorsake, wat met tegnieke verband hou, wat tot
Nic se heupverrekking kon lei. Staaf jou antwoord met voorbeelde. (3 x 2) (6)
1.3 Verduidelik die onmiddellike en langtermynbehandeling wat die dokter vir Nic
se heupverrekking kon voorgestel het. (4)
1.4 Om te dans terwyl jy 'n besering het, kan meer skade as goed doen.
Bespreek die waarheid van hierdie stelling. (4)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 4 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID
2.1 Maak ʹn lys van VYF veilige wenke om te strek. (5)
2.2 Beantwoord die vrae hieronder oor kardiovaskulêre/kardiorespiratoriese
uithouvermoë.
2.2.1 Gee 'n definisie van kardiovaskulêre/kardiorespiratoriese
uithouvermoë. (1)
2.2.2 Verduidelik hoe kardiovaskulêre/kardiorespiratoriese uithouvermoë
'n rol in die voorkoming van beserings kan speel. (2)
2.2.3 Evalueer of jou dansklasse by die skool goeie vlakke van
kardiovaskulêre/kardiorespiratoriese uithouvermoë ontwikkel of nie.
Staaf jou antwoord met voorbeelde. (5)
2.3 Analiseer hoe komponente van fiksheid deur die dansers in die foto hieronder
gebruik word.
[Bron: https://gwirtzmandance.org] (7)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 5 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG
3.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ʹwaarʹ of
ʹonwaarʹ langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
3.1.1 Ooreet is voordelig vir jou gesondheid. (1)
3.1.2 Dansers benodig koolhidrate in hulle diëte om energievlakke te
handhaaf. (1)
3.1.3 Om water gedurende dansklasse te drink, verseker dat jy gehidreer
bly. (1)
3.1.4 Ontspanningstegnieke verminder nie stres en angs nie. (1)
3.2 Verwys na die artikelopskrif hieronder. Evalueer die invloed wat die opskrif op
'n danser in die huidige tyd kan hȇ.
'Danskultuur verskuif van rietskraal na sterk'
[Bron: https://dailyutahchronicle.com/2018/01/24/dance-culture-shifting-skinny-strong] (6)
[10]
VRAAG 4: DANSOPVOERING
4.1 Waardes en houdings is belangrik in die voorbereiding vir 'n praktiese
danseksamen.
4.1.1 Maak ʹn lys van VYF waardes en/of houdings wat 'n praktiese
danseksamen kan bevoordeel. (5)
4.1.2 Brei uit oor hoe die waardes en/of houdings wat in VRAAG 4.1.1
gelys is, jou kan help om vir 'n praktiese danseksamen voor te
berei. (5)
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4.2 en VRAAG 4.3.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
4.2 Bespreek hoe aandag aan detail tot ʹn goeie danstegniek bydra. (5)
OF
4.3 Bespreek hoe verpersoonliking van 'n dans tot 'n goeie dansoptrede bydra. (5)
[15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 6 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID
VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(5.1.1 tot 5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
5.1.1 'n Kort reeks bewegings of gebare wat deur 'n choreografie herhaal
word:
A Melodie
B Dinamiek
C Motief
D Genre (1)
5.1.2 'n Bron van inspirasie vir dansers om bewegingswoordeskat te
ondersoek en te ontwikkel:
A Stimulus
B Balans
C Koördinasie
D Uitdrukking (1)
5.1.3 Die kuns van die skepping of organisering van beweging vir 'n
dansuitvoering:
A Ritme
B Choreografie
C Danselemente
D Dinamiek (1)
5.1.4 Twee of meer dansers wat as een beweeg:
A Frasering
B Gebare
C Unisoon
D Kanon (1)
5.1.5 Choreografie wat in 'n nie-konvensionele opvoerruimte aangebied
word:
A Oorgang
B Frasering
C Improvisasie
D Terreinspesifieke dans (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 7 DBE/November 2023
NSS
5.2 Noem die choreografie-PAT-tema wat jy hierdie jaar gekies het.
5.2.1 Verduidelik hoe jy danselemente en/of choreografiese strukture
gebruik het om die doel van jou choreografie oor te dra. (8)
5.2.2 Jou choreografie-PAT het van jou vereis om 'n danswerk te beplan
en te skep. Die diagram hieronder toon SES aspekte van 'n
choreografie-proses.
BESINNING
KIES 'N NAVORSING/
OPVOERRUIMTE ONDERSOEK
CHOREOGRAFIE-
PROSES
KIES PRODUKSIE- KIES MUSIEK
ELEMENTE EN/OF
BEGELEIDING
IMPROVISASIE
Gebruik AL die aspekte in die diagram hierbo en ontwikkel 'n plan
wat jou benadering tot die proses van choreografie toon. Motiveer
hoekom jy die aspekte in hierdie volgorde gerangskik het. (12)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 8 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID
6.1 Noem jou hoofdansvorm. Identifiseer SES beginsels en/of eienskappe van jou
hoofdansvorm. (6)
6.2 Bespreek hoe dans waarde aan ʹn gemeenskap/samelewing kan toevoeg. (6)
6.3 Beskryf die rolle en/of verantwoordelikhede van 'n verhoogbestuurder. (5)
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 6.4 en VRAAG 6.5.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
6.4 Visuele geletterdheid stel jou in staat om simboliese betekenis te interpreteer.
Identifiseer die simbolisme in die foto hieronder. Motiveer jou antwoord.
[Bron: https://philanthropost.files.wordpress.com/2010/12/per-anders-pettersson.jpg] (8)
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 9 DBE/November 2023
NSS
6.5 Visuele geletterdheid stel jou in staat om simboliese betekenis te interpreteer.
Identifiseer die simbolisme in die foto hieronder. Motiveer jou antwoord.
[Bron: https://www.designindaba.com/articles/creative-work/set-designer-es-devlin-will-take-
stage-design-indaba-2018] (8)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 10 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 7: DANSWERK
Kies EEN danswerk wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder.
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE
George Balanchine Apollo
Alvin Ailey Revelations
Martha Graham Lamentation
Christopher Bruce Ghost Dances
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld
Vincent Mantsoe Gula Matari
Alfred Hinkel Bolero OF Cargo
Sylvia Glasser Tranceformations
Mavis Becker Flamenco de Africa
Hazel Acosta Blood Wedding
Gregory Maqoma Four Seasons OF Skeleton Dry
In die ANTWOORDEBOEK, ontwerp 'n informatiewe plakkaat van die danswerk wat jy
gekies het.
Sluit die volgende inligting by jou plakkaat in:
Naam van die danswerk
Sinopsis
Produksie-elemente
Bewegingswoordeskat
Simbolisme (20)
LET WEL: Gebruik TWEE A4-bladsye vir jou plakkaat. Jou ontwerp mag in portret of
in landskap wees. Jy hoef NIE kleur in jou ontwerp te gebruik NIE. VYF
punte sal vir kreatiwiteit, uitleg en organisering toegeken word. (5)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 11 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 8: CHOREOGRAAF
Kies EEN choreograaf wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder.
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE INTERNASIONALE CHOREOGRAWE
Alfred Hinkel Alvin Ailey
Gregory Maqoma Christopher Bruce
Hazel Acosta George Balanchine
Mavis Becker Martha Graham
Sylvia Glasser
Veronica Paeper
Vincent Mantsoe
Noem die choreograaf wat jy gekies het. Skryf 'n biografiese opstel oor die
choreograaf.
LET WEL: Punte sal vir formaat toegeken word. [15]
TOTAAL AFDELING B: 90
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Practical assessment task
Dance Studies PAT GR 12 2022 Afr

Memorandum