Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
DANSSTUDIES
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 





View all
DANCE STUDIES GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans hlayiso.com
Dance Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Pages
- 22
- File size
- 400.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 22
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
NOTA VIR NASIENERS/ONDERWYSERS:
In die voorbeelde van moontlike antwoorde, was baie meer inligting eerder as ʼn
hulpbron aan onderwysers en nasieners verskaf, as wat van die kandidate
verwag word.
Kolpunte word gebruik in die memorandum om merk te vergemaklik.
Verwys na die vermoënsvlakke in die 'fokusvraag' tabel onder elke vraag, om
die hoë, medium en lae kognitiewe vlakke in die antwoorde te bepaal.
Nasieners moet nie die studente penaliseer vir grammatika of spel foute nie.
Solank die student se antwoord duidelik, verstaanbaar en met die merkkriteria
(bv. die benaming van spiere) ooreenkom. Maar hulle mag nie volpunte
toegeken word vir die opstel/paragraaftipe-vrae nie as daar grammatika
en spelfoute is en die antwoord is nie geskryf in die korrekte formaat, of
die vrae is nie betekenisvol aangespreek nie.
Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.
Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ʼn antwoord wat oppervlakkig en
minimaal is NIE.
Waar die leerlinge agterlosige foute begaan het, bv. numering, moet hulle
gestraf word met 10%, maar die nasiener en moderator moet besluit of die
leerling die betrokke vraag korrek beantwoord het.
In sommige vrae, het kandidate ʼn keuse. Indien kandidate beide vrae
beantwoord het, merk slegs die antwoorde van die eerste vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 3
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: OPWARMING/POSTUUR/VEILIGE STREKKING
MEMORANDUM:
1.1 LAE VLAK – 5 PUNTE
1.2 MEDIUM VLAK – 6 PUNTE
1.3 HOË VLAK – 4 PUNTE
NOTA AAN NASIENERS:
Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer
die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kolpunte word
gebruik om merk te vergemaklik.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
1.1 Ken 5 punte toe vir ʼn beskrywing van die beginsels van goeie opwarming en wat
dit behels:
Warm op voor die klas begin.
Doen opwarmingsoefeninge teen ʼn rustige pas.
Hou opwarmingsoefeninge eenvoudig en herhalend.
Behou altyd ʼn goeie liggaamshouding en liggaamslyn terwyl jy opwarm.
Hou beheer oor jou liggaam. Hou jou balans (liggaamslyn) met jou gewig oor
jou voete en jou skouers oor jou heupe, heupe oor knieë en
knieë oor middelste tone.
Dra geskikte klere in koue vertrekke waar daar ʼn trek is, soos ʼn sweetpak of
spanbroek of lyfpakke terwyl jy opwarm.
Herhalende bewegings is nodig om die liggaam op te warm, maar dis ook
nodig om jou vermoë om bewegingspatrone te onthou, te verbeter.
Vorder geleidelik van klein tot groter bewegings.
Maak gebruik van jou asemhalingspatroon want dit sal help om jou liggaam
laat ontspan.
Die vermeerde asemhalingsinname sal die suurstof in die bloed vermeerder
en in energie omskep.
Wanneer die spiere opgewarm is, kan ligte strekking gedoen word om
rekbaarheid te verbeter. (Enige 5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
1.2 Ken 6 punte toe as die leerling kan verduidelik watter een van die twee die
korrekte postuur is en hoe hierdie postuur moontlike beserings kan verhoed.
Prent B wys die korrekte postuur met ʼn goedbelynde liggaam waar al die
liggaamsdele in balans met mekaar is.
Die skouers en heupe is gelygmatig.
Die bekken word op so ʼn manier op jou bene gebalanseer dat die spiere van
die buik en die lae rug in en om die bekken ewe veel saamgetrek is dit is ook
as kernstabiliteit bekend.
ʼn Goedbelynde liggaam verbrand die minste energie wanneer dit alle
bewegings moet uitvoer.
Die korrekte postuur sal uitputting voorkom.
Dit verseker dat die liggaam op die regte manier gebruik word wanneer jy
dans.
Dit maak dit makliker om danspassies uit te voer en verminder die kans op
beserings.
Die korrekte postuur verminder spanning en wanbalans wat die lyn en vorm
van beweging kan beïnvloed.
Dit verseker beheer en balans.
Dit voorkom rugprobleme – veral later in jou lewe. (Enige 6 x 1) (6)
1.3 Ken 4 punte toe indien ʼn leerder 4 feite oor veilige strekking kan verskaf.
Stadige volgehoue strek is die veiligste manier om te strek – jy hou die
strekposisie vir 16–30 sekondes totdat die spanning verminder.
Wanneer dit gemaklik voel, druk verder in die strek in om die spanning
weer te vind.
Strek van spiere, ligamente en senings moet stadig en versigtig gedoen word
en moet slegs gedoen word wanneer die spiere warm is, aangesien daar
geen pyn of stres gevoel moet word nie.
Fokus daarop om die 'spanning' van ʼn strek eerder as die 'pyn' te voel.
Ligte strekwerk kan gedoen word as deel van die opwarming (voor die
klas) aangesien dit die liggaam vir aktiwiteit help voorberei.
Die beste tyd om strekwerk te doen om jou bewegingsomvang ('ROM') te
verbeter, is aan die einde van ʼn klas wanneer jou liggaam baie warm is.
Gebruik asemhalingstegnieke wanneer gestrek word, dit is asem uit op die
strek om spanning te verlig.
Moet nooit iemand anders in ʼn strek inforseer nie, want dit sal ʼn besering
veroorsaak.
Ballistiese strekwerk is gevaarlik, kan beserings veroorsaak en moet eerder
vermy word. (4)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 5
VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID/KRAG/BESERINGS
MEMORANDUM:
2.1 LAE VLAK – 3 PUNTE en MEDIUM VLAK – 3 PUNTE
2.2 MEDIUM VLAK – 5 PUNTE
2.3 HOË VLAK – 4 PUNTE
NOTA AAN NASIENERS:
Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van ʼn antwoord beoordeel
word. Evalueer die hele antwoord in sy konteks oor wat die kandidaat weet en ken
punte diensoorkomstig toe.
VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:
2.1 Ken 3 punte toe die name van drie komponente en 3 punte vir die
verduideliking van elkeen.
Uithouvermoë sal jou die vermoë gee om langer kombinasies uit te
voer en kan jou spiere ononderbroke bewegings uitvoer sonder om
moeg te word.
Kerstabiliteit/sterkte sal jou help om gedurende die uitvoering jou
bolyf te kontroleer en sterk te hou sodat jy maklik kan beweeg.
Soepelheid sal jou help om deur ʼn groot omvang te beweeg en om
sterk, gemaklike bewegings met jou gewrigte uit te voer, veral jou
heupe en werwelkolom.
Krag sal jou die vermoë gee om jou balans te behou en jou liggaam in
een posisie stil te hou of vinnige, sterk ekstensie-bewegings, soos
elevasie en hoë been-opgooibewegings/grands battements uit te voer.
Neuromuskulêre koördinasie sal help dat jy ʼn goeie sin vir balans,
tydsbrekening, ritme en oriëntasie in ruimte ontwikkel (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
2.2 Ken 5 punte toe as die leerling kan veduidelik hoe jy spierkrag in dans kan
ontwikkel.
Spierkrag word ontwikkel deur gereelde oefening wat die ontwikkeling
van beide agonis en antagonistiese spieraksies behels.
Spierkrag word ontwikkel deur die geleidelike verhoging van die eise wat
op hulle geplaas word wat progressiewe oorlading genoem word.
Alle spiergroepe benodig spesifieke kondisioneringsoefeninge.
Liggaam gewigsoefening (bv. met behulp van jou eie liggaamsgewig as ʼn
eksterne las), liggaamskondisionering met ligte gewigte of Pilates-
toerusting kan jou krag voldoende verbeter sonder om omvangryke
spiere te skep.
ʼn Balans tussen spiergroepe moet behou word vir jou liggaam om hoogs
effektief en sterk te wees.
Spesifieke aktiwiteite wat krag verbeter:
o Gimnasium: ligte gewigsoefening vir spesifieke spiergroepe
o Werk saam met ʼn weerstandsband
o Liggaamsgewigsoefeninge by die huis
o Dans: toenemende balanswerk, stadige bewegings, arm en been
oefeninge.
o Kern: planke en abdominale knarsens
o Bolyf: opstote, optrekoefeninge
o Laer liggaam: hurksit, uitvalle, tendus en plies
BELANGRIK: Moet ten minste 3–5 keer ʼn week gedoen word om
ʼn verbetering te sien. (5)
2.3 2.3.1 Uitputting:
Wanneer jou spiere moeg is, is hulle minder geneig om vir jou
gewrigte genoegsaam goeie ondersteuring te gee.
As jy moeg is sal dit ook vir jou moeilik wees om jou
liggaamsbewegings te kan beheer. dit veroorsaak dat jy moontlik
spiere en gewrigte oormatig kan gebruik en onnodig onder stres
plaas.
Spiere kan moeg word van oorwerking, wat spierkrampe kan
veroorsaak wat heelwat pynlik kan wees.
Die oorgebruik van die spiere, sonder om dit genoegsame tyd te
gee om gesond te word, is algemeen in dansbeserings. (2)
2.3.2 Landing na ʼn sprong:
Die manier waarop jy land na ʼn sprong, kan die gevaar
vermeerder dat jy jou knie of enkel mag beseer.
ʼn Goeie landing is wanneer jy land met jou middelpunt van jou
liggaam gelig en dat jy saggies afkom, deur jou voete en met die
knieë gebuig, om die skok te absorbeer.
ʼn Danser wat dit nie doen nie, kan hulle gewrigte skok en
ernstige beserings aan hul gewrigte veroorsaak.
Verkeerde belyning soos die rol van die voete na ʼn sprong, plaas
ook druk op die gewrigte en mag beserings veroorsaak. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 7
DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 3 EN VRAAG 4.
VRAAG 3: BESERINGS/BELYNING (KEUSE-VRAAG)
MEMORANDUM:
3.1 LAE VLAK – 5 PUNTE
3.2 MEDIUM VLAK – 5 PUNTE
ANTWOORDE:
3.1 Ken 5 punte toe vir die lys van vyf komplikasies wat ʼn danser na ʼn besering
moet hanteer.
Verminderde kardiovaskulêre fiksheid
Verlies van spierkrag
Verlies aan fiksheid as gevolg van klasse wat gemis is
Hardnekkige swelling
Styfheid in die beseerde area
Styfheid in die gewrigte (verminderde soepelheid)
Terugkerende pyn in die beseerde area
Leer nie nuwe bewegingsoefeninge aan nie
Gewigstoename as gevolg van geen oefening
Vlak van selfvertroue sal daal omdat jou werk agter raak (5)
3.2 Ken 5 punte toe as die leerling kan verduidelik hoe verkeerde belyning mag
lei tot knie- en enkelbeserings.
In hierdie foto rol die danser se knieë binne toe.
Die knie is nie meer in ʼn reguit lyn bo die middel van die voet nie. In
plaas daarvan, is dit in lyn met ʼn plek op die vloer voor die voet.
Jy kan ook sien dat die voet gewig moet skuif na die mediale kant van
die voet en die groottoon versprei om hierdie ekstra gewig te
akkommodeer.
Dit verkeerde posisie plaas onnodige druk op die mediale aspek van die
knie en voet wat kan lei tot skade vir die danser.
Korrekte belyning is wanneer die skouer, heup, knie en enkel in ʼn ry is.
Die belyning van die gewrigte sal die maksimum funksionering van jou
liggaam toelaat en bepaal die manier waarop jy beweeg of bewegings
sonder spanning uit voer.
Die belangrikheid van die korrekte gebruik van die voete en knieë
wanneer die liggaam deur die ruimte beweeg of in die oordrag van die
gewig, bv ʼn sterk gebruik van knie-buigings / Demi-plies, met knieë oor
die middeltoon voor die sprong en gedurende veilige landing, sal help om
beserings te verhoed.
Te veel druk wat op die knieë en enkels geplaas deur verkeerde belyning
kan ernstige skade aan die knieë en enkels veroorsaak. (5)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
OF
VRAAG 4: AKSIES/SPIERE (KEUSE-VRAAG)
MEMORANDUM:
4.1 LAE VLAK – 5 PUNTE
4.2 MEDIUM VLAK – 5 PUNTE
ANTWOORDE:
4.1 4.1.1 Fleksie (1)
4.1.2 Abduksie (1)
4.1.3 Rotasie (1)
4.1.4 Fleksie (1)
4.1.5 Ekstensie (1)
4.2 4.2.1 Quadriceps (1)
4.2.2 Agterdyspier (1)
4.2.3 Sternocleidomastoid (1)
4.2.4 Gastrocnemius (1)
4.2.5 Triceps Brachii (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 9
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID
VRAAG 5: DANSVORMS/KARAKTEREIENSKAPPE/GESKIEDENIS/
LOOPBAAN
MEMORANDUM:
5.1 LAE VLAK – 5 PUNTE
5.2 MEDIUM VLAK – 6 PUNTE
5.3 HOË VLAK – 4 PUNTE
NOTA AAN NASIENERS:
Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer
die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
5.1 Ken 5 punte toe as die kandidaat die karaktereienskappe kan beskryf van
enige een van die dansvorms, byvoorbeeld, bewegings, stappies, styl,
musiek, kostuums, wie dit sal opvoer en waar dit opgevoer mag word.
KLASSIEKE BALLET:
Hierdie dansvorm word geëien aan die uitwaartse rotasie van die bene
vanaf die heupgewrig, gestrekte voete asook die vyf posisies van die
voete, geronde armlyne en vasgestelde posisies van die arms.
Die styl van ballet is om swaartekrag uit te daag met grasie en ʼn baie
streng tegniek.
Klassieke ballet bestaan uit ‘barre’-werk, ‘centre’ (middelwerk),
‘pirouette’, ‘ports de bras’, ‘adage’ en ‘allegro’ bestaande uit klein en
groot spronge, met of sonder ‘batterie’.
Vroulike dansers doen punt-werk –- blokskoene word gedra en dansers
dans op die punte van hulle tone.
Die dansers dra gewoonlik oordadige kostuums – tutu's/fluweelbaadjies
en rompe, ens.
Klassieke ballet het oorspronklik net klassieke musiekpartiture gebruik,
maar deesdae word ʼn verskeidenheid musiek gebruik.
Vir die tradisionele balletopvoerings soos Swan Lake/Sleeping Beauty,
word oordadige verhoogstelle gebruik.
Ballet-opvoerings word gewoonlik deur profesionele dansers in teaters
opgevoer. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
AFRIKA-DANS:
Afrika-danse gebruik die natuurlike kromminge/kurwes van die
liggaam.
Bewegings word na die grond toe gedans en komplementeer
swaartekrag eerder as om dit uit te daag.
Basiese en komplekse ritmiese patrone word gebruik.
Alledaagse bewegings word gebruik of bewegings wat die natuur
(voëls, diere, insekte of plante) naboots of dramatiseer, of die
elemente, soos vuur, water, die aarde of die lug word as stimulus vir
beweging gebruik.
Danse het gewoonlik ʼn tema (vrugbaarheid/hofmakery/werk/hiërargie,
ens.) en doel (protes/sosialisering/feesviering/bevraagtekening van
sosiale kwessies, ens.)
Afrikadanskostuums verskil baie afhangende van die kultuur- en
ouderdomsgroep wat die dans opvoer.
Dierevelle word algemeen gebruik asook oordadige kralewerk, bruin of
helderkleurige materiaal, enkelratels, vere, ens.
Musikale begeleiding bestaan gewoonlik uit tromme, sang, handeklap
en/of dreunsang.
Die tromme, sang, handeklap en ratels saam met die gestamp van
voete skep poliritmiese klanke.
Afrika-dans word gewoonlik deur die gemeenskap opgevoer en het ʼn
spesifieke doel/funksie. (5)
5.2 Ken 6 punte toe vir 6 interressante feite oor die geskiedenis van jou hoof
dansvorm.
Geskiedenis van Kontemporêre dans. Merk slegs die eerste SES feite
wat gegee word:
Kontemporêre dans het aan die begin van die 20ste eeu in Amerika en
Duitsland ontwikkel.
Dit was ʼn alternatiewe dansvorm wat in antwoord op die
gestruktureerde formules van klassieke ballet ontstaan het.
Dit was ʼn poging om die liggaam te bevry en om individueel kreatiwiteit
en die uitdrukking van subjektiewe gevoelens te beklemtoon.
Kontemporêre dansers, ook genoem moderne dansers, was
voortdurend op soek na nuwe maniere om dans uit te druk.
Elke choreograaf het sy/haar eie interpretasie ontwikkel wat ʼn wye
verskeidenheid style tot gevolg gehad het wat net so verskillend en
voortdurend wisselend soos die beoefenaars was.
Spesifieke tegnieke is met individuele danskunstenaars geassosieer,
gebaseer op hulle bewegingsnavorsing en hulle opleiding en
choreografiese werke, bv. Cunningham, Ailey, Graham en Limon.
Martha Graham word as die moeder van moderne dans beskou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 11
Kandidate kan ook in hierdie formaat antwoord:
Moderne dans het drie goed gedefinieerde ontwikkelingstydperke:
Die eerste was ʼn era van pionierswerk en eksperimentering, wat die
filosofieë en estetika van moderne dans neergelê het.
Danskunstenaars het natuurlike en alledaagse bewegings gebruik om
hulle eie danswoordeskat, tegnieke en choreografiese vorms te skep
vir gebruik in werke waarin hulle die tweeledige rol van skepper én
opvoerder aangeneem het. Daar was ook al hoe meer navorsing oor
kulturele en etniese dansvorms wat in choreografiese werke
geïnkorporeer is.
Die tweede tydperk het die vestiging van modernedans-geselskappe
en -skole gekenmerk. Vanruit het die tweede golf het
voorpuntinnovasies ontstaan.
Die derde tydperk, wat die kulturele onstuimigheid van die laat 1960's
en vroeë 1970's gereflekteer het, het wegbeweeg van gevestigde
modernedans-konvensies. Die teater het die voortou geneem; die
uitdrukking van politieke en sosiale idees het belangrik geword; daar
was samewerking van gemengde media; uitvoerende kunste gebeure
('happenings') en verskillende omgewings vir dansopvoerings het die
gevestigde moderne dans estetiese idees verander. Hierdie tydperk,
dikwels ook postmoderne dans genoem, het gestalte gegee aan ʼn
nuwe tegniek, kontakimprovisasie.
Die tegniek bestaan uit die ontdekking van hoe liggame beweeg in
verhouding tot mekaar met gebruik van alledaagse bewegings, die
opweeg van gewig en krag, vertroue en instinktiewe afwagting. Dit is ʼn
tegniek wat ook die basis vorm van ʼn dans/drama wat as Fisiese
Teater bekend staan. (6)
5.3 Ken 4 punte toe as die kandidaat EEN voorbeeld kan bespreek van ʼn
moontlike dansloopbaan en die vereistes wat vir hierdie loopbaan benodig
word.
Dansonderwyser:
Die belangrikste vermoë is ʼn liefde vir en begrip van mense, veral
kinders.
Dansonderwysers moet hul vak goed ken.
Hulle moet in staat wees om self goed te kan dans en behoort om
lewenslange leerlinge te wees, altyd gereed om van ander te leer en
om hul kennis met ander te deel.
Hulle moet kennis hê van hoe kinders leer en hul ontwikkeling op
verskillende stadiums; hulle moet leerplanne en onderrigmetodes
verstaan.
Onderwysers wat in skole of universiteite wil onderwys gee moet ook
die teoretiese aspekte soos die geskiedenis van dans, anatomie,
fsielkunde en dansnotasie ken.
Hulle moet goeie organiseerders wees − hulle moet dikwels produksies
beplan en bemark en choreografering vir opvoerings doen.
Dansonderwysers wat privaat onderrig gee, moet die vermoë hê om
hul eie dansskole te bestuur.
Dansonderwysers sal spesialisvaardighede in die dansvorm moet hê
waarin hulle onderrig gee en moet ʼn vermoë hê om ander dansvorms
ook te kan doen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 13
Professionele danser:
Jy sal ʼn passie vir dans en selfdissipline nodig hê.
Jy sal ʼn begrip moet ontwikkel van musiek en ritme, kreatiwiteit,
opvoeringstegnieke, die vermoë om dansreekse te onthou,
uitstekende fiksheid, goeie koördinasie en ʼn soepel liggaam.
Wees bereid om vir lang ure te werk en daaglikse dansklasse by te
woon.
Jy sal dikwels in die aand ook moet optree.
Om ʼn danser te wees behoort jy gewoonlik op ʼn vroeë ouderdom te
begin dans het, maar dit hoef nie die kriteria te wees nie.
Sommige suksesvolle dansers het eers in hul tienerjare begin dans
en het baie hard gewerk om hul opleiding te versnel.
Enige ander voorbeelde wat deur die leerling bespreek word. (4)
[15]
DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 6 EN VRAAG 7.
VRAAG 6: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF – ALVIN AILEY (KEUSE-
VRAAG)
MEMORANDUM:
6.1 LAE VLAK – 10 PUNTE
6.2 MEDIUM VLAK – 16 PUNTE
6.3 HOË VLAK – 4 PUNTE
NOTA AAN NASIENERS:
Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se
antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling
as in ʼn ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die
kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Kolpunte is ingesluit om met
puntetoekenning te help.
EEN MOONTLIKE ANTWOORDE:
6.1 Die titel van hierdie werk kom uit die laaste boek in die Bybel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
6.2 Ken 3 punte toe vir ʼn beskrywing van elkeen van die 3 afdelings van
Revelations.
Revelations is in 3 afdelings verdeel:
Pilgrim’s Sorrow – Hierdie afdeling wys die swaarkry, stryd en verset
van die mense. Die bewegings is eenvoudig maar kragtig en wys
tekens van geestelike behoeftes. Hierdie gedeelte word deur ʼn trio
gedans. Die deel wys die woeste uitdrukking en verset teen die
onderdrukking van Swartes in 1930.
Take me to the water – Dit begin met ʼn vrolike dans met ʼn aantal
mense in ʼn optog vanaf die kerk na die meer. Die toneel
verteenwoordig ʼn geestelike reiniging/doop. Daar is ʼn vrou met ʼn
groot wit sambreel. ʼn Doek wat opstyg en daal verteenwoordig die
getye van die rivier. Die manlike danser eindig onder ʼn kollig met
swaar sametrekkings en spastiese bewegings wat angstige spyt vir sy
sondes uitbeeld.
Move members move – Dit is ʼn vinnige dramatiese trio waar die
drie mans op die verhoog rondhardloop in ʼn poging om die las van
hul sondes af te skud. ʼn Groep elegante aangetrekte dames arriveer
by die kerk aan die einde van die dag om te skinder en te gesels. In
die ‘finalé’ is die hele geselskap op die verhoog en hul dans ʼn
genotvolle, energieke en trillende dans. (9)
6.3 Ken 3 punte toe vir die kostuums.
Kostuums ontwerp deur Lawrence Maldonado.
Elke afdeling is anders:
Afdeling 1: neutrale kleure van rooi, oranje en geel rokke.
Afdeling 2: wit lang rokke, die manne in maasstof bostukke en broeke.
Afdeling 3: Sondag “beste”, die manne in swart broeke, wit hempde en
goue middellyf kledingstukke, vroue in goud / geel rokke, borsspelde
en hoede. (3)
6.4 Ken 3 punte toe vir die musiek wat gebruik was.
Musiek:
Daar is ʼn verskeidenheid liedere wat tradisioneel
geestelik/evangelisties (gospel) is.
Die musiek vertel die storie van hartseer, liefde, moeilikheid en
bevryding.
Die musiek bepaal die stemming van die danse.
Die Evangelie-musiek was in staat om die emosies uit te bring wat
Alvin Ailey wou uitbeeld om sy idees en temas te kommunikeer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 15
6.5 Ken 10 punte toe vir inligting oor die mense wat Ailey se choreografiese
styl beïnvloed het en die dansstyl wat in Revelations gebruik was.
Ailey se dansstyl is ontwikkel deur die fyn waarneming van menslike
bewegings.
Drie choreograwe − Lester Horton, Martha Graham and Jack Cole –
het ʼn groot invloed op hom gemaak.
Lester Horton wou hê dat sy dansers so veel ruimte as moontlik
gebruik terwyl hulle draai, buig of spring oor lang afstande. Hy het
baie tegnieke van al oor die wêreld saamgesmelt, insluitende
aangebore Amerikaanse volksdanse.
Martha Graham se tegniek is gebou op sametrekking en vrylating. In
sametrekking blaas die danser sy asem uit en maak die ruggraat
rond; in vrylasing haal die danser asem in en lig die borskas.
Jack Cole is een van die vaders van jazz-dans musiek. Hy was
bekend dat hy algemene bewegings gebruik het wat hy in toneelkuns
omskep het.
Revelations is ʼn energieke, opwindende en aanloklike danswerk wat
ballet, kontemporêre dans, Afrika- en jazz-tegnieke gebruik.
Dit maak stellings met passies en patrone wat nou verwant is aan die
musiek en die stemming wat dit wil skep.
Hierdie stemming word verhoog deur die gebruik van kostuums,
beligting en kinestetiese energie.
Die beweging is altyd vloeiend en daar is selde ʼn groep dansers wat
op dieselfde tyd dieselfde passie uitvoer.
Dit is baie afwisselend en besig.
Ailey maak gebruik van interessante arm bewegings by die begin van
die werk.
Die dansers werk vanuit die bolyf met gebruik van die Graham-
tegniek van saamtrek en ontspan.
Die gebruik van swaartekrag is duidelik, aangesien die werk goed
begrond is en die dansers die vloer as ʼn apparaat gebruik en nie as ʼn
voorwerp wat teen hulle werk nie. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
6.6 Ken 4 punte toe as hierdie choreograaf sy voorgenome boodskap van die
danswerk oorgedra aan die gehoor deur die gebruik van simboliese
bewegings.
Die drie afdelings van Revelations verenig ʼn storie van temas en
gevoelens.
Die eerste afdeling wys die stryd van swart mense wat wil ontsnap
“black people wanting to get out”.
In die tweede afdeling dans dansers die ritueel van doop op die maat
van Wade in the water.
Die finale afdeling beskryf die sosiale geleentheid van kerk toe
ganery op Sondaeoggende, met die geselskap in hul Sondagklere.
Ailey gebruik handgebare en arm bewegings tot goeie effek.
Die fokus of ons en hande gebare hou verband met die tema van
aanbidding.
Baie bewegings gebruik die bolyf en arms wat desperaat na die
hemele uitreik, terwyl die onderlyf (bene) op die grond bly.
In die duet, Fix me Jesus, rek die dansers hul arms na bo, vingers
uitgesprei voor hul saamtrek en buk – hul liggame spreek van pyn en
swaarkry.
Dansers slaan hul hande in gebed saam, strek arms uit met hande
wyd gesprei, tap liggies op die grond en buig hul arms in vlerkagtige
bewegings.
Die beroemde wigvorm formasie van die dansers aan die begin van
Revelations demonstreer pragtig die spesiale gebruik van arms wat
Ailey tot groot uitwerking gebruik. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 17
OF
VRAAG 7: SUID-AFRIKAANSE of INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN
DANSWERK (KEUSEVRAAG)
MEMORANDUM:
7.2 LAE VLAK – 10 PUNTE
7.3 4, 5 – MEDIUM VLAK – 16 PUNTE
7.6 HOË VLAK – 4 PUNTE
NOTA AAN NASIENERS:
Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se
antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as
in ʼn ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat
weet en gee punte daarvolgens. Kolpunte is ingesluit om met punte toekenning te
help.
EEN MOONTLIKE ANTWOORD: ALFRED HINKEL SE BOLERO
7.1 Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf en die danswerk
nie.
7.2 Ken 10 punte toe vir ʼn beskrywing van die agtergrond en invloede wat
gelei het tot die ontwikkeling van die danswerk, insluitinde die oorsprong,
opleiding en samewerkings.
Bolero is al op verskillende maniere aangebied om telkens ʼn ander
doel te dien.
Elke uitvoering van die werk toon ʼn verskuiwing in die ingesteldheid
van die mense in die land.
Dit is hoe Hinkel die dansopvoering lewendig gehou het
Bolero is ʼn werk wat ʼn redelike politieke paadjie geloop het. Bolero
word voortdurend verander soos dit verwerk word vir elk van die
geleenthede waartydens dit opgevoer word.
Die dans is oorspronklik in die 1970's in Windhoek op Hinkel se
eerste dansgeselskap, 'Dial-a-Dance', gechoreografeer en daarna
baie keer weer deurwerk op Jazzart Dance Theatre van 1986 tot
2006.
Die oorspronklike weergawe gaan oor die “oorwinning oor
vooroordeel,” en fokus spesifiek op die Ontugwet – ongetwyfeld die
mees kontroversiële van al die wette van die Suid-Afrikaanse
Apartheidsregering, toe daar probeer is om die vermenging van
paartjies van verskillende rasse te verbied.
Elke weergawe van die choreografie is beïnvloed deur die
deelnemers − elkeen het hul uniekheid tot die interpretering bygedra.
Aanvanklik was di om kommentaar te lewer op politiek, toe is dit vir
feesvieringe gebruik (dit is by die inhuldinging van Neson Mandela as
president uitgevoer), en ook as aansporing vir samewerking tussen
klassieke en kontemporêre dansgeselskappe en as hoopgewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
Hinkel het in ʼn konserwatiewe familie in Namakwaland, grootgeword.
Hy het op die ouderdom van tien begin dans, alhoewel dit teen sy pa
se wense was.
In die vroeë 1970`s het hy vir ʼn kort tyd sy opleiding aan die iniversiteit
van Kaapstad se School of Dance voortgesit, voordat hy na sy huis in
Namakwaland teruggekeer het.
Dit was die daaglikse ervaring om in die “kleurlinggemeenskappe” klas
te gee (sondeer behoorlike dansfasiliteite) wat “die grondslag gelê het
vir ʼn werklike oorspronklike en vindingryke benadering tot
dansonderrrig en choreografie”.
In 1976 het Hinkel vir John Linden and Dawn Langdown in Okiep,
Namaqualand ontmoet, twee mense met wie hy deur die jare deurgans
sou saamwerk.
Saam het hulle die Namaqualand Dansgeselskap gestig.
In 1981 het hy by Jazzart Dance Theatre as ʼn danser aangesluit en
uiteindelik het hy as direkteur oorgeneem. (10)
7.3 Ken 6 punte toe vir die uitbreiding van die sinopsis/tema/storie.
Bolero, ʼn werk wat ʼn redelike politieke pad volg, word voortdurend
verander soos dit verwerk word vir elk van die geleenthede waartydens
dit opgevoer word.
Die oorspronklike weergawe gaan oor die “oorwinning oor
vooroordeel,” en fokus spesifiek op die Ontugwet – ongetwyfeld die
mees kontroversiële van al die wette van die Suid-Afrikaanse
Apartheidsregering, toe daar probeer is om die vermenging van
paartjies van verskillende rasse te verbied.
Die kostuums vir hierdie weergawe was knoopgedoopte T-hemde –
rubberstewels is nog nie op daardie stadium gebruik nie.
Toe, in die 1980’s, boikot verskeie kunstenaars die Grahamstad
Kunstefees en hou ʼn alternatiewe, nie-gesegregeerde fees by die
Universiteit van Durban Westville.
Dit is ʼn tydperk van dreigende geweld waartydens die Suid-Afrikaanse
regering ʼn nasionale “noodtoestand” afgekondig.
Die plofbare, onstuimige toon van die era soos weerspieël in Hinkel se
1987-weergawe van Bolero word deur die toevoeging van
rubberstewels aangevul.
Die hinkel het gesê: dans met rubberstewels het gekom van die
werkersklasse, meestal myners en hawewerkers. Die stewels het
verdrukking verteenwoordig. Hulle was die kettings wat nie alleen dié
wat onderdruk was gebind het nie; maar ook dié wat deur onkunde
gebind was. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 19
7.4 Ken 6 punte toe vir ʼn gedetailleerde verduideliking van die kostuums, beligting en
stelontwerp.
ʽKostuumontwerp’ is miskien ʼn misleidende term wanneer ʼn mens na die
eerste weergawe van Bolero op die band verwys. In hierdie weergawe kom dit
voor asof die dansers ateljeedrag in wisselende kleure en style aantrek.
In die volgende weergawe van Bolero is daar duidelik aandag aan die
kostuumontwerp gegee. Al die dansers behalwe een dra uitrustings in dieselfde
styl en kleur: swart.
In die volgende weergawes is swart ʼn keusekleur. Die kostuums waarna Hinkel
verwys as die “S & M Version” bestaan uit nagemaakte leerrompe, swart
visnetkouse, kousbande (suspenders), swart bra’s en metaalkettings.
Die leervoorkoms maak ʼn sterk stelling in die net-vroue weergawe van Bolero,
deur te suggereer dat vroue sterk is.
In ander weergawes dra beide mans en vroue leerrompe wat ʼn aanduiding kan
wees van geslagsgelykheid.
In Jazzart se medewerking met KRUIK komplementeer kostuumontwerp en
beligting mekaar in dié sin dat die reflekterende eienskappe van die materiale
wat op die kostuums gebruik word, die gehoor in staat stel om die essensiële
beweging te sien plaasvind wanneer die beligting dof is of ʼn donker filter het.
Die kostuumontwerp van die opvoering van die Last Dance is sonder twyfel ʼn
volmaakte huwelik van individualiteit en konsekwentheid. Soos met die eerste
weergawe op die band, dra elke danser ʼn unieke kostuum, maar in hierdie
geval lyk dit asof daar met meer aandag na die individuele kostuums gekyk is,
aangesien daar ‘n mate van kohesie in die voorkoms van die groep as geheel
is.
Bolero, soos opgevoer by die Spier-amfiteater maak die mees effektiewe
gebruik van kostuum- en beligtingontwerp. Die kostuums is nie heeltemal
uniform nie, en tog plaas die individualiteit die dansers nie in kompartemente
nie.
Beligting en stelontwerp:
Die ontwerp maak staat op die beligting.
Daar is geen stelle nie. Oor die algemeen bestaan die beligting uit ʼn blou, rooi
en wit lig.
Die werk begin met minimale beligting en silhouette (skaduwees) gevolg deur ʼn
kombinasie van kleure wat geduerende die stuk gebeur en ook naby die einde.
Die beligting verminder geleidelik, tot dit uiteindelik eindig in totale donker
eindig.
Die beligtingstekniek is subtiel, hoewel die kleure strak kan wees.
Die gebruik van die koue blou en helder wit beligting is veral verrassend.
Die sterkste beligtingsoomblik is aan die einde van Bolero (Last Dance),
wanneer die dansers chasse (glybeweging) en in ʼn posisie op die vloer eindig.
Die oomblik wanneer die dansers ʼn houding inneem, gaan die lig af.
Die meeste ander oorgange tussen gekleurde ligte of tussen donker en helder
beligting gebeur geleidelik.
Die beligting verander nooit te dramaties nie, met die meeste weergawes wat in
geleidelike donkerte afspeel.
Dit trek nie die aandag van die choreografie af nie, aangesien die danser in die
donkerte tot ʼn byna mitiese status verhef word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
7.5 Ken 4 punte toe vir ʼn gedetailleerde verduideliking van hoe die musiek in die
danswerk gebruik word.
Hierdie danswerk het oorspronklik sy titel ontleen van die musiektitel –
Bolero, geskryf deur Maurice Ravel.
Die partituur is geskryf vir ʼn volle musiekorkes en vereis baie instrumente.
Dit is ʼn klassieke werk met ʼn Spaanse gevoel.
Die struktuur van Bolero is merkwaardig eenvoudig.
Dit bestaan hoofsaaklik uit ʼn enkel melodie wat herhaal word met
verskillende orkestrasies met elke herhaling.
Die melodie in C-majeur deur die fluite begin die stuk met klavier (sag).
Terselfdertyd slaan ʼn snaardrom die ritme wat deurgaans volgehou word.
Nader aan die einde van die stuk word twee dromme gelyktydig (almal
saam) gespeel.
Bolero maak goeie gebruik van kontrapunt.
Die melodie word tussen verskilllende instrumente oorgedra.
Die begeleiding brei uit totdat die volle orkes in forte (hard) teen die einde
speel. (4)
7.6 Ken 4 punte toe as die leerling die choreograaf se bydra tot dans in
Suid-Afrika kan bespreek.
Hinkel het baie werke gedirigeer en vervaardig oor die sosio-politieke
situasie in Suid-Afrika wat handel.
Dit was Hinkel se blootstelling aan Afrika-dans deur die 'Abamanyani
Projek’ wat ʼn totale hervorming van die manier wat Hinkel choreografie
beskou het teweeg gebring en hoe hy begin het om improvisasie te
gebruik, as ʼn kragtige instrument om sy werke te ontwikkel.
Sy onderrig in die Kleurling-gemeenskappe en landelike gebiede het
formele dans toeganklik vir hierdié gemeenskappe gemaak.
Voor Hinkel se tussenkoms was dans bloot ʼn sosiale aktiwiteit wat in ʼn
informele konteks beoefen is.
Die idee van konsert in teenstelling met kulturele dansvorms was iets wat
vreemd vir baie van die gemeenskappe was waar Hinkel onderrig gegee
het.
Dit is in sulke gebiede wat Hinkel die weg gebaan het vir die idee van
gechoreografeerde danse as ʼn vorm van vermaak, uitgevoer deur
sommige mense en aanskou deur ander.
Toe Hinkel die direkteur van Jazzart in die middel van die 80's geword het,
het die naam na die huidige titel − Jazzart Dance Theatre verander.
In die vroeë jare, was Jazzart se gehore hoofsaaklik wit, maar soos
Jazzart ontwikkel het, so het die gehore.
Hinkel het effektief die geselskop aangepas na die land se veranderende
politieke en artistieke konteks. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) DANSSTUDIES 21
VRAAG 8: MUSIEKGENRES/CHOREOGRAFIESE ELEMENTE/IMPROVISASIE
MEMORANDUM:
8.1 LAE VLAK – 4 PUNTE
8.2 MEDIUM VLAK – 7 PUNTE
8.3 HOË VLAK – 4 PUNTE
MOONTLIKE ANTWOORDE:
8.1 Ken 2 punte toe vir die name van 2 musiekgenres en 2 punte vir hul
musiekstyl.
TWEE MOONTLIKE ANTWOORDE:
Baldans (Ballroom) – wals, jakkalsdraf (foxtrot), ens.
Folk – word met tradisionele dans geassosieer, bv. Ierse volksdanse. (4)
8.2 8.2.1 TYD:
TWEE MOONTLIKE VOORBEELDE:
Tyd: die spoed waarteen dansers optree: stadig/vinnig/êrens
tussenin.
Tydsduur: die tydsduur om ʼn beweging te voltooi.
Dansers interpreteer die kwaliteit van die musiek. Pas, ritme,
pols, sinkopasie, ens. van die musiek beïnvloed die dans. (2)
8.2.2 KRAG:
TWEE MOONTLIKE VOORBEELDE:
Krag het te make met die hoeveelheid energie wat in ʼn
beweging gebruik word.
Dit het betrekking op die dinamiek van ʼn beweging om
betekenis daaraan te verleen.
Sommige bewegings het min energie nodig – sagte, bedaarde
bewegings/bewegings waarin die danser nie baie beweeg nie.
Sommige bewegings verg baie energie – groot, kragtige
bewegings/bewegings wat ʼn groot ruimte gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 DANSSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
8.2.3 RUIMTE:
DRIE MOONTLIKE VOORBEELDE:
Ruimte verwys na hoe ons in ʼn ruimte beweeg. Hoe jy die
beskikbare ruimte gebruik. Die gebruik van groot
opvoerruimtes of klein, beperkte opvoerruimtes.
Dit kan betrekking op die gebruik van negatiewe en positiewe
ruimte hê.
Vlakke wat in ʼn danswerk gebruik word: hoë/medium/lae
posisies.
Die werklike verhoogruimte waarop jy optree: konvensionele
verhoogruimtes/onkonvensionele verhoogruimtes.
Rigting en vorm van bewegings.
Hoe jy met ander dansers in ʼn opvoerruimte omgaan.
Die danser se eie kinestetiese bewustheid van hoe sy/haar
liggaam in ruimte beweeg. (3)
8.3 Ken 4 punte toe vir 4 ideas oor hoe om hoë punte te behaal vir
improvisasie gedurende die praktiese eksamen.
Ek sal vir my friend sê:
Verken enige idee of sensoriese stimulus op ʼn onbeperkte, eerlike en
vraende manier.
Wees volkome toegewyd wanneer jy die stimulus deur beweging
demonstreer: jou improvisasie moet nie halfhartig wees nie.
Moenie op bekende passies konsentreer nie: laat eerlike impulse
aanleiding tot nuwe bewegings gee.
Brei jou verskeidenheid bewegings uit deur ondersoek en
eksperimentering.
Wees waaghalsig, oorspronklik, kreatief, dapper en waag kanse
(sonder om jou eie veiligheid in die gedrang te bring).
Wees bewus van jouself in die ruimte wat jy gebruik. As jy saam met
ander dans, moet jy onmiddelik en spontaan op hulle bewegings
reageer.
Maak seker dat jou improvisasie ʼn treffende begin en einde het.
Hou die stimulus in gedagte.
Reageer spontaan op die musiek – laat die musiek jou inspireer. (4)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
DANCE STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
DANCE STUDIES MEMO GR12 SEPT 2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans D hlayiso.com

Memorandum
Dance Studies Nov 2017 Memo Afr hlayiso.com

Memorandum
Dance Studies Nov 2017 Memo Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Dance Studies
Explore more published documents in this catalogue.











