Skip to content

Dance Studies Grade 12 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumDance StudiesGrade 12201730 pages

Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 30 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DANSSTUDIES NOVEMBER 2017 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 30 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne AANTEKENINGE VIR NASIENERS: Hou streng by hierdie memorandum wanneer nagesien word. Die standaardiserings- proses tydens memorandumbesprekings verseker dat die memorandum die meeste moontlike antwoorde deur kandidate dek. Elke nasiener moet dit verstaan en op konsekwente wyse toepas. In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel uitoefen. Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-beamptes/-adviseurs nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis. • By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate albei vrae beantwoord het, sien slegs die antwoorde op die EERSTE vraag na. • Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangend van wat hulle in die klas behandel het. • Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word bo elke moontlike antwoord gegee. • Nasieners moet NIE volpunte vir 'n antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is, toeken NIE. • Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie. • Ken punte (regmerkies) toe vir inhoud gegee tot by die maksimum punte. • Waar rubrieke gegee is – gebruik dit om die kognitiewe vlakke en gehalte van die antwoorde te verifieer. Volpunte moet NIE toegeken word NIE, as al die vereistes nie nagekom is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: FIKSHEIDSKOMPONENTE LET WEL: Gebruik professionele oordeel wanneer punte toegeken word. Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasieners te lei oor moontlike tipes antwoorde wat gegee kan word. Moet nie punte vir herhalende/oppervlakkige antwoorde toeken nie. LAE VLAK: 1.1 Noem – 1 punt MEDIUM VLAK: 1.2 Verduidelik – 5 punte 1.3 Beskryf en herken – 4 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 1.1 LET WEL: Kandidate moet slegs een komponent noem. Indien kandidate meer as een insluit, sien SLEGS DIE EERSTE EEN gegee, na. Kernstabiliteit OF Krag OF Neuromuskulêre Vaardighede (1) 1.2 LET WEL: Kandidate moet antwoord oor die komponent wat hulle in 1.1 genoem het, bv.: Kernstabiliteit: • 'n Sterk kern help met goeie postuur wat weer help met beheer/kontrole/plasing/lyn. • Bewegings van die arms en bene sal verbeter word indien hulle vrylik uit 'n sterk kern kan beweeg wat help met vloeiendheid van beweging, om met gemak deur ruimte te beweeg. • Ratsheid en akkuraatheid van bewegings sal toeneem. • Oorgange van een beweging na die volgende sal makliker wees om uit te voer. • Bewegings sal moeiteloos lyk. • Verhoogde kompleksiteitsvlakke sal makliker wees om te behaal en jy sal meer beheer oor beweging hê en balans met suspensie/sweef en beheer/kontrole toon. • Vinnige verandering van rigting/vlakke. • Spronge (Elevasie) sal moeiteloos wees en help met die dinamiek van die dans. • Enige ander geskikte antwoorde. OF Krag: • Help met balans, oplig van liggaamsdele of 'n dansmaat, spronge/oplig. • Bewegings sal moeiteloos lyk as dit beheersd is. • Hanteer meer uitdagende/gevorderde bewegingwoordeskat. • Bewegings sal meer akkuraat uitgevoer word. • Bewegings sal in enige posisie met vinnige en sterk ekstensies uitgevoer word. • Sterk/Kragtige bewegings sal makliker wees om uit te voer en stadiger bewegings sal makliker wees om te beheer wat beter dinamiek in die dans daarstel. • Die danser kan teen 'n hoër intensiteit dans. • Verbeterde spiertonus/fermheid sal die danser meer selfvertroue gee. • Enige ander geskikte antwoorde OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne Neuromuskulêre vaardighede: • Een vaardigheid is balans. Dit is noodsaaklik vir dansoptrede met betrekking tot die beheer van bewegings en ongedwongendheid van beweging. • 'n Tweede vaardigheid is koördinasie. Alle dele van die liggaam beweeg op verskillende maniere tydens die meeste bewegings en 'n hoë mate van koördinasie word vereis om balans/goeie belyning/korrekte tegniek, ens. te skep. • Gekoördineerde bewegings sal moeiteloos lyk/grasie en ongedwongend- heid by die optrede voeg. • 'n Goed ontwikkelde neuromuskulêre stelsel sal vir 'n meer uitdagende/gevorderde bewegingswoordeskat toelaat. • Bewegings sal meer akkuraat uitgevoer word. • Enige ander geskikte antwoorde. Kandidate kan ander neuromuskulêre vaardighede insluit. (5) 1.3 LET WEL: Baie verskillende antwoorde kan gegee word volgens die kandidaat se hoofdansvorm. Evalueer die kandidaat se begrip/kennis van postuur volgens sy/haar hoofdansvorm. Voorbeeld van moontlik antwoorde: Hoofdansvorm: Ballet • Regop bolyf/verlengde ruggraat. • Kop bo-oor ruggraat, nek verleng. • Oë fokus reguit vorentoe. • Skouers in lyn en gelyk met heupe. • Skouerblaaie trek afwaarts. • Ribbekas steek nie uit nie, maar word ingehou terwyl bors oor die skouers oop is. • Enkels rol nie na binne/inwaarts of na buite/uitwaarts nie en die brug van die voet is ondersteun. • Abdominale- en rugspiere is geaktiveer. • Pelvis in 'n neutrale posisie – nie vorentoe of agtertoe gekantel in lumbale rug nie (geen 'intrek' of 'buig' nie). • Spiere van abdomen, lae rug en rondom pelvis trek gelyk saam. • Bene moet by heupe uitgedraai wees. • Gewig moet volgens 'n derde op die hak, 'n derde op die eerste metatarsaal en 'n derde op die vyfde metatarsaal versprei wees. • Danser moet in gereedheidsposisie wees. • Enige ander geskikte antwoorde. Hoofdansvorm: Kontemporêr • Liggaam het goeie belyning en al die liggaamsdele is in balans met mekaar. • Wanneer die bene en voete in 'n neutrale posisie/parallel – tweede posisie – met die knieë oor die tone geposisioneer wees. • Die arms is ontspanne en volg dikwels die beweging van die bolyf/bene. • Abdomen- en rugspiere geaktiveer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne • Pelvis in 'n neutrale posisie – nie vorentoe of agtertoe gekantel nie (geen 'intrek' of buiging in die lumbale rug nie'). • Die ruggraat is verleng, maar nie rigied nie. • Die oë fokus vorentoe. • Die nek is verleng, sodat ken nie opgelig of sak nie. • Bors en rug is oop en wyd. • Skouerblaaie trek afwaarts. • Ribbekas steek nie uit nie, maar word ingehou terwyl bors oor die skouers oop is. • Enige ander geskikte antwoorde. Hoofdansvorm: Afrika-dans • Die bene en voete is dikwels in 'n neutrale posisie/parallel met die knieë oor die tone en die voete onder die pelvis geposisioneer /bene uitgedraai in 'n wye posisie met die knieë oor die tone (Zoeloe-liggaamshouding). • Die natuurlike kurwes van die ruggraat word gebruik. • Die oë fokus vorentoe. • 'Duple'-liggaamshouding: die pelvis is effens gekantel en die gewig van die bolyf is effens vorentoe – na die grond toe. • Abdomen- en rugspiere geaktiveer. • Enige ander geskikte antwoorde. (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3. Sien slegs die EERSTE ANTWOORD na indien beide beantwoord is. VRAAG 2: DANSTOEWYDING Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer word. LAE VLAK: 2.1 Noem – 4 punte MEDIUM VLAK: 2.2 Skryf in besonderhede – 6 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 2.1 LET WEL: Sien slegs die EERSTE VIER antwoorde na indien meer gegee is. • Ontspanningsoefeninge, soos asemhaling, om jou hartklop stadiger te maak. • Verbeel jou jy is in 'n vreedsame/rustige omgewing. • Trek elke spiergroep stadig saam en ontspan. • Meditasie • Joga • Strekwerk • Kontak met diere/troeteldiere • Gesels met vriende/familie/jou gesin • Selfmassering wanneer jou spiere gespanne is • Enige ander geskikte antwoorde. (4) 2.2 LET WEL: Kandidate kan verskillende antwoorde gee. Een samehangende gedagte kry een punt. Moontlik area wat ingesluit kan word: • Dissipline: Om al die dansklasse by te woon en betyds te wees sal verseker dat alle areas van die klas gedek word, bv. as jy nie betyds is nie, sal jy moontlik 'n opwarming mis wat moontlik 'n besering kan veroorsaak. • Daaglikse strekwerk na elke klas sal soepelheid verbeter om die omvang van jou bewegings/kompleksiteit en prestasievlakke te verbeter. • Voorbereidheid: Oefen op jou eie sodat jy voorbereid klas toe kom/nie die res van die klas/repetisie terughou omdat jy jou werk vergeet het nie. • Stiptelikheid: Indien jy betyds is, sal jy nie die vloei/konsentrasie/fokus van die ander dansers ontwrig/versteur nie. • Toegewydheid aan ander dansers: Om idees te deel/tot groepsaktiwiteite in improvisasie by te dra, sal kreatiwiteit in jou self en ander ontwikkel asook selfvertroue met betrekking tot komposisie, optrede ens. • Om as deel van 'n span te werk is noodsaaklik omdat die meeste dele van die dansoptrede behels dat jy saam ander moet dans. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne • Bydra tot almal se veiligheid deur veilige danspraktyk, ruimtelike bewustheid en korrekte beginsels vir kontakwerk toe te pas. Dit sal eenheid en vertroue in die groep ontwikkel. • Empatie vir ander se gevoelens – opbou van vertroue, bv. soos wanneer 'n dansmaat van die grond af opgelig word/nie negatiewe opmerkings te maak nie, sal spanwerk en eenheid ontwikkel. • Konsentreer en fokus in die dansklas: Luister en pas die onderwyser se instruksies toe. Die aanleer van nuwe dansvaardighede en die toepassing van korreksies is makliker wanneer 'n danser op die taak konsentreer. • Toegewydheid aan beweging – dans voluit. • Enige ander geskikte antwoorde. (6) [10] OF VRAAG 3: SPIERE EN AKSIES LAE VLAK: 3.1 Identifisering – 4 punte MEDIUM VLAK: 3.2 Kies – 6 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 3.1 3.1.1 Quadriceps (1) 3.1.2 Agterdyspiere ('Hamstrings') (1) 3.1.3 Enige EEN van die volgende: • Rectus Abdominis • External Obliques • Internal Obliques (1) 3.1.4 Erector Spinae (1) 3.2 3.2.1 A (1) 3.2.2 D (1) 3.2.3 A (1) 3.2.4 C (1) 3.2.5 B (1) 3.2.6 B (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: TOEPASSING VAN VEILIGE DANSPRAKTYK Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer word. LAE VLAK: 4.1 Noem – 5 punte MEDIUM VLAK: 4.2 Verduidelik – 5 punte MOONTLIK ANTWOORDE: 4.1 LET WEL: Sien slegs die EERSTE VYF antwoorde na indien meer genoem is. • Voldoende grootte • Geen hindernisse nie • Geveerde vloer • Vloeroppervlak • Kamertemperatuur • Genoegsame ventilasie • Enige ander geskikte antwoorde (5) 4.2 LET WEL: Kandidate moet verduidelik WAAROM elke faktor wat hulle in 4.1 genoem het, 'n besering kan voorkom. EEN punt vir elke faktor verduidelik. Moet NIE punte toeken vir oppervlakkige antwoorde wat NIE 'n rede gee NIE. • Voldoende grootte: o Sodat beweging nie beperk is nie want dit veroorsaak swak tegniek (nie genoeg ruimte om in te beweeg nie). o Laat vryheid van beweging toe vir arms en bene/vorentoe bewegings/ groot spronge. o Sodat dansers nie mekaar stamp en so veroorsaak dat hulle struikel/balans verloor/val nie. • Geen hindernisse nie: o Leë, oop ruimte sonder hindernisse wat beserings, struikel, val, ens. kan veroorsaak. • Geveerde vloer: o 'n Geveerde vloer is noodsaaklik aangesien dit skokbreking verskaf sodat die ruggraat/gewrigte nie geskok word wanneer na spronglandings, ens. nie. • Vloeroppervlak: o Die oppervlak van die vloer moet skoon wees, d.i. glad, maar met genoeg greep om veiligheid te verseker sodat die danser nie gly/val nie of vassteek as gevolg van te veel hars/vuiligheid nie. • Kamertemperatuur: o Die kamertemperatuur moet geskik wees – nie te warm nie want dit kan lei tot oorverhitting/dehidrasie wat 'n gebrek aan konsentrasie/ fokus veroorsaak wat beserings tot gevolg het. o As dit te koud is, gaan die waarde van die opwarming verlore – spiere bly koud met geen elastisiteit nie. • Genoegsame ventilasie: o Daar moet genoeg ventilasie/suurstofsirkulasie wees sodat die danser verstandelik wakker bly en konsentrasie gehou word. • Enige ander geskikte antwoorde. (5) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 5 en VRAAG 6. Sien slegs die EERSTE ANTWOORD na indien beide beantwoord is. VRAAG 5: VOORKOMING VAN BESERINGS EN EERSTEHULPBEHANDELING Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer word. MEDIUM VLAK: 5.1 Beskryf – 3 punte HOË VLAK: 5.2 Skep 'n plakkaat – 7 punte MOONTLIKE ANTWOORDE: 5.1 LET WEL: Sien enige DRIE relevante beginsels na. • Land deur die voete, toon dan bal dan hak. • Buig jou knieë wanneer jy land om skokbreking te help. • Knieë moet met jou derde toon in lyn wees wanneer jy buig. • Enkels moet styf gehou word en nie rol nie. • Land met hakke wat die vloer raak. • Hou skouers in lyn met heupe. • Hou pelvis in neutrale posisie (moenie 'intrek' of 'uitstoot' nie). • Die senter/middelpunt word gelig en gehou om die ruggraat te ondersteun – goeie postuur. • Enige ander geskikte antwoorde. (3) LET WEL: Gebruik professionele oordeel om die plakkaat te assesseer. NASIENRUBRIEK VIR 5.2 • Plakkaat is goed uitgelê, versigtig geskep, spesifieke inligting is gekies om oorlading te 6–7 voorkom en dit vang die oog. • Inhoud bevat voorkoming en onmiddellike behandeling van beserings. • Plakkaat is/geskep met gebruik van die relevante inligting. 4–5 • Inhoud bevat party/slegs een van die areas van voorkoming/onmiddellike behandeling. • Plakkaat het minimale/geen relevante inligting (nie). 0–3 • Minimale/Geen kennis van voorkoming en onmiddellike behandeling van beserings (nie). MOONTLIKE AREAS WAT INGESLUIT KAN WORD: 5.2 Oorweeg die volgende aspekte tydens puntetoekenning vir die plakkaat: • Uitleg • Kies relevante inligting vir die plakkaat • Vang die oog • Maklik om te lees (nie te veel woorde/inligting nie) • Grootte van die opskrifte/skrif • Enige ander kreatiewe aanbiedingsvorm, soos tekeninge/spotprente/ praatborrels/blokke. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne Voorkoming kan die volgende inligting insluit: • Die korrekte klere/persoonlike versorging • Opwarming • Veilige strekwerk • Enige ander geskikte materiaal vir 'n beseringsvoorkomingsplakkaat. Onmiddellike behandeling kan die volgende inligting insluit: • Rus • Ys • Kompressie/Druk • Elevasie/Lig (7) • Enige ander geskikte materiaal vir die plakkaat. [10] OF VRAAG 6: OPWARMING EN AFKOELING Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer word. MEDIUM VLAK: 6.1 Beskryf – 3 punte HOË VLAK: 6.2 Saamstel – 5 punte 6.3 Regverdiging – 2 punte 6.1 LET WEL: Sien slegs die EERSTE DRIE veranderinge na indien meer genoem is. Eenwoord-antwoorde sal NIE 'n punt kry NIE. Verduidelikings is nie noodsaaklik nie. • Asemhaling en hartklop neem toe wat toelaat dat meer suurstofryke bloed na die werkende spiere gepomp word. • Liggaamstemperatuur styg sodat jy meer kalorieë meer doeltreffend kan verbrand en die elastisiteit van die spiere kan verhoog. • Sinoviale vloeistof word in die gewrigte vrygestel wat meer wrywingsvrye beweging toelaat. • Jou verstand is gefokus op die taak./Die manier waarop jy jou liggaam hou wat postuur verbeter. • Enige ander geskikte antwoorde. (3) 6.2 LET WEL: Kandidate moet 'n oefeningprogram saamstel wat dansers kan gebruik om ALLE LIGGAAMSDELE in 'n dansklas OP TE WARM. Baie verskillende antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer punte toegeken word. Moet NIE punte toeken vir noem/oppervlakkige antwoorde NIE. Moontlike areas wat ingesluit kan word: • Fokus en postuur: o Warm die ruggraat op en fokus op postuur en belyning. • Klein na groot: o Begin met klein bewegings en vorder na groter soos die liggaam opwarm, bv. beenswaaie wat na skoppe vorder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne • Mobiliseer: o Fokus op bewegings wat die gewrigte mobiliseer/aktiveer, bv. enkelbuigings en tone punt/kniebuigings en op tone staan/armswaaie/ /beenswaaie. • Spesifiek: o Warm groot spiergroepe op, maar sluit ook liggaamsdele in wat spesifiek in die hoofdansvorm gebruik word, bv. balletdansers fokus op hulle voete en enkels vir pointe-werk en Spaanse dansers fokus op hulle gewrigte om krulle en draaie uit te voer en vingers om kastanjette te speel. • Kandidate kan fokus op spesifieke oefeninge vir elke liggaamsdeel, bv. ruggraat, skouers, heupe, knieë en enkels. • Enige ander geskikte antwoorde. (5) 6.3 LET WEL: Sien slegs die EERSTE TWEE veiligheidsmaatreëls na indien meer genoem is. Kandidate moet regverdig NIE noem nie. Eenwoord-antwoorde sal NIE 'n punt kry NIE. Moontlike areas wat ingesluit kan word: • Moenie in 'n strek bons nie, ballistiese strekwerk is gevaarlik en moet vermy word aangesien dit nie die spiere kans gee om te ontspan in 'n strek in nie. • Hou aan asemhaal terwyl strekwerk gedoen word, sodat die spiere ontspan. • Strekke moet vir ten minste 15 sekondes gehou word sodat die inspanning in die spier kan afneem. Wanneer inspanning in die spier laat gaan is, kan jy verder deurdruk. • Moet nie buite jou beperkings strek nie, fokus op hoe die spier trek, nie op die pyn nie. • Moenie toelaat dat iemand jou in 'n strek inforseer nie, aangesien hulle jou buite jou beperkings kan druk. • Enige ander geskikte aanbevelings. (2) [10] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 12 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID VRAAG 7: DANSELEMENTE LET WEL: Dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat die meerderheid van die elemente by al die foto's verduidelik kan word. Kandidate kan baie moontlike antwoorde gee afhangend van hulle vertolking van elke foto. Hulle moet elke danselement wat hulle gekies het met betrekking tot die foto verduidelik. Ken TWEE punte toe vir elke foto. KEN SLEGS 'N VOLLE PUNT TOE as elke danselement 'n aanvaarbare verduideliking het. Ken ½ punte toe as slegs die danselement gegee is. LAE VLAK: Identifiseer en verduidelik – 10 punte VOORBEELD VAN MOONTLIKE KEUSE: DANSELEMENT VERDUIDELIKING A • vlakke Die dansers toon 'n lae, medium en hoë posisie. (1) • krag Die dansers se hande druk en toon sterk bewegings. (1) B • positiewe ruimte Daar is geen oop ruimte tussen die dansers se liggame onderaan die hoop nie. (1) • kontraste Die een danser bo-op die hoop reik na bo terwyl al die ander dansers onder op 'n hoop lê en op die grond inmekaar geval het. (1) C • asimmetrie Geeneen van die dansers het dieselfde posisie nie. (1) • negatiewe ruimte Daar is baie oop ruimte/spasie tussen die dansers se liggame. (1) D • simmetrie Die lyne van die dansers se arms en bene is passende diagonale/skuinsstrepe. Die foto is dieselfde aan beide kante indien dit in die middel deurgesny sou word. (1) • unison Die dansers maak dieselfde beweging op dieselfde tyd. (1) E • patroon Die dansers word in 'n spesifieke patroon geplaas om 'n wigagtige vorm te skep. (1) • rigting Al die dansers kyk op, fokus is opwaarts. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 13 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 8 en VRAAG 9. Sien slegs die EERSTE ANTWOORD na indien beide beantwoord is. VRAAG 8: OPVOERRUIMTES EN DIE FUNKSIES VAN DANS Kandidate sal 'n wye verskeidenheid interpretasies/vertolkings gee. Kyk vir dit wat die kandidaat weet en verstaan oor elke ruimte en die funksies van dans in die samelewing. MEDIUM VLAK: Identifiseer, verduidelik en analiseer – 10 punte MOONTLIKE AREAS WAT BY DIE ANTWOORD INGESLUIT KAN WORD: 8.1 A – Arenateater ('Theatre in the round') (1) B – Prosceniumboogverhoog (1) C – Stamomgewing (1) 8.2 Enige VIER funksies van dans verduidelik. KEN ½ PUNTE TOE indien slegs die naam van 'n funksie gegee is, bv.: • A, B word vir vermaak gebruik, 'n betalende gehoor kyk na vertonings in hierdie tipes opvoerruimtes. • A, B verskaf loopbane vir die dansers/agterverhoog/tegniese span, ens. • A, B en C kan gebruik word om óf die publiek óf die deelnemers te leer/opvoed. • C – Transformasie kan tydens sekere danse plaasvind. • C – Genesing kan tydens sekere danse vir 'n individu/die gemeenskap plaasvind. • Enige ander geskikte funksies verduidelik. (4) 8.3 Kandidate moet die ruimte (A–C) waaroor hulle antwoord, aandui. Moet NIE punte vir vae antwoorde toeken NIE. Kandidate kan oor óf inspirasie óf versterking van choreografie óf beide. Sien slegs die EERSTE antwoord oor opvoerruimtes na indien meer gegee is. Baie moontlike interpretasies kan gegee word, bv.: Opvoerruimte A: • Choreografering in 'n sirkel-/arenateater kan nuwe maniere om die dansers in die ruimte te laat beweeg, inspireer want daar is geen vaste voorkant nie. • Die bewegings kan die gehoor betrek/in of deur die gehoor beweeg omdat hulle nader aan die verhoog is. • Die omgewing/agtergrond kan die storie/tema/sinopsis van die choreo- grafie beïnvloed. • Dit kan toelaat dat die opvoerruimte op 'n ander/innoverende manier met die gebruik van tegnologie belig word. • Enige ander geskikte antwoorde. (3) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 14 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 9: TEGNOLOGIE IN DANS Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel om 'n kandidaat se antwoorde te evalueer. Moet NIE volpunte toeken vir eenwoord-/vae antwoorde NIE. Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. MEDIUM VLAK: Verduidelik – 10 punte MOONTLIK ANTWOORDE: 9.1 Om 'n sel-/slimfoon te gebruik om met choreografie te help, kan insluit: • Vind musiek • Redigeer musiek • Kyk na YouTube-uittreksels vir inspirasie • Google – navorsing/materiaal/idees vir temas/bedoeling • Verfilming van die werk om na te kyk vir verbetering • Choreografering van 'n werk spesifiek vir film • Enige ander geskikte antwoorde. (5) 9.2 LET WEL: Kandidate kan in die algemeen antwoord, spesifieke produksie- elemente noem of beskryf hoe die produksie-elemente gebruik is. • Choreograwe het 'n wye keuse van spesiale effekte wat hulle op 'n verhoog kan gebruik wat die algehele impak/betekenis van die werk kan versterk/verbeter. • Beligting het self 'n kunsvorm geword met sommige beligtingstegnici wat effekte, soos in die eerste prentjie, skep waar die hele kostuum verlig is, maar die dansers self is nie sigbaar nie. • Dekorstelle word al hoe kompleks en choreograwe kan sowaar dansers in die dekorstel self insluit/daar is interaksie met die dekorstel self. • Choreograwe het geen beperkings met betrekking tot die reeks materiaal wat vir die ontwerp/maak van kostuums beskikbaar is nie. • Dansers sal moontlik by die ontwerpe van beligtingstegnici en nie net by die choreograaf nie, moet aanpas – wat dansers meer veelsydig/maklik aanpasbaar maak. • Dansers moet dalk meeding met die effekte wat choreograwe op die verhoog kan gebruik wat 'n nuwe uitdaging kan wees as om net op die optrede/opvoering te fokus. • Choreograwe kan ook effekte, soos projeksies voor/agter skerms, insluit waarmee dansers moet werk/waarom dansers moet werk om die betekenis/simboliek van 'n werk te versterk/verbeter. Dit kan baie kragtige/treffende werke skep aangesien boodskappe/simboliek op baie verskillende maniere oorgedra kan word. • Tegnologie daag dansers/choreograwe en die gehoor se waarnemings uit met die aanbied van die onverwagte – hou dans in die huidige samelewing relevante. • Elke prentjie kan ten opsigte van die gebruik van tegnologie verduidelik word. • Enige ander geskikte verduidelikings. (5) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 15 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 10, VRAAG 11 en VRAAG 12. Sien slegs die EERSTE ANTWOORD na indien meer as een beantwoord is. VRAAG 10: SYLVIA GLASSER SE TRANCEFORMATIONS Die antwoord moet verwys na die stelling: 'Sylvia Glasser se danswerk, Tranceformations, beklemtoon spesifieke inheemse kulturele oortuigings.' Die antwoord moet in opstelvorm wees. Moet NIE volpunte toeken as die hoëvlak-inhoud nie bespreek is nie. Gebruik professionele oordeel om die gehalte van die kandidaat se antwoord te assesseer. Kandidate het dalk in een afdeling meer inligting as in 'n ander een gegee. Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en ken daarvolgens punte toe. Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. LAE VLAK: Beskryf – Kolpunt 1 = ongeveer 6 punte MEDIUM VLAK: Verduidelik – Kolpunt 2 en 3 = ongeveer 5 + 5 punte HOË VLAK: Evalueer – Kolpunt 4 = ongeveer 4 punte NASIENRUBRIEK: HOË • Geskryf as 'n opstel. VLAK • Behandel die stelling: 'Sylvia Glasser se danswerk, Tranceformations, beklemtoon spesifieke inheemse kulturele oortuigings', in die antwoord. 17–20 • Het uitstekende kennis van die choreograaf en danswerk. • Uitstekende beskrywing van die San Beswymingsdans wat Sylvia Glasser geïnspireer het om die danswerk, Tranceformations, te choreografeer. • Beantwoord al die afdelings van die vraag in besonderhede. • Gee relevante/feitelike inligting, met spesifieke voorbeelde, van die produksie-elemente en bewegings wat hierdie spesifieke kulturele oortuigings aan die gehoor oordra. • Gee 'n kort oorsig oor die geskiedenis van MID en bydrae gelewer in die opleiding van jong dansers. • Evalueer en gee relevante/feitelike inligting oor waarom Sylvia Glasser welbekend is/geprys word vir haar unieke dansstyl. MEDIUM • Geskryf as opstel/Nie as 'n opstel geskryf nie. VLAK • Behandel/Behandel nie die stelling: 'Sylvia Glasser se danswerk, Tranceformations, beklemtoon spesifieke inheemse kulturele oortuigings', in die antwoord (nie). 7–16 • Het kennis van die choreograaf en danswerk. • Beskryf/Beskryf nie die San Beswymingsdans wat Sylvia Glasser geïnspireer het om die danswerk, Tranceformations, te choreografeer (nie). • Beantwoord nie altyd al die afdelings van die vraag in besonderhede nie. • Gee inligting, met/sonder spesifieke voorbeelde, van die produksie-elemente en bewegings wat hierdie spesifieke kulturele oortuigings aan die gehoor oordra. • Gee min inligting oor die geskiedenis van MID en bydrae gelewer in die opleiding van jong dansers. • Gee inligting oor waarom Sylvia Glasser welbekend is/geprys word vir haar unieke dansstyl. LAE • Die kandidaat het minimale/geen kennis van die choreograaf en/of danswerk nie. VLAK • Baie min afdelings van die vraag is beantwoord. • Gee minimale/geen feitelike inligting nie. 0–6 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 16 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne MOONTLIKE ANTWOORDE: 'Sylvia Glasser se danswerk, Tranceformations, beklemtoon spesifieke inheemse kulturele oortuigings. • Tranceformations is deur San-rotskuns en beswymingsdanse geïnspireer. • Hierdie rituele reis ondersoek die beelde en transformasies wat deur die toordokters of sjamane gevisualiseer en ervaar is terwyl hulle in 'n beswyming was. • Die beswymingsdans was deel van die San se godsdienstige oortuigings en ervarings. • Dit is moontlik dat rotskuns uit hierdie ervarings van die sjamane onstaan het. • In rotskuns kry jy kreature wat halfmens, halfdier is. Hulle verteenwoordig die San- geloof/oortuiging dat terwyl die sjamane in 'n beswyming is, hulle die mag van diere, visse en voëls bekom. Tydens die beswyming voel dit asof hulle langer word of opstyg, vlieg, onderwater is of dood is. • Die finale transformasie in ons reis vat die San in die moderne wêreld in. • Hierdie dans betoon lof aan 'n onteiende en sterwende volk en hulle kultuur. • Die San-rotskuns en beswymingsdanse wat die inspirasie vir Tranceformations was, spreek sterk met ons oor die behoefte om ons omgewing te bewaar en so ook 'n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners te verseker. • Die choreograaf put uit die werk van Professor David Lewis-Williams en Thomas Dowson vir bronmateriaal. Spesifieke voorbeelde van die produksie-elemente en bewegings wat hierdie spesifieke kulturele oortuigings aan die gehoor oorgedra het: Dekorstel, beligtingseffekte en kostuums: • In die openingstoneel word die danser se aksies verbeeldingryk op die siklorama afgeteken, wat rotskunsfigure uitbeeld. • Die dans beweeg deur die verskillende stadiums van die beswymingsdans met rotskunseffekte en beelde wat op die siklorama reflekteer met effektiewe beligting en kostuums. Musiek: • Die eerste afdeling begin met net die dansers wat die ritme met voetratels skep gevolg deur 'n instrumentale stuk deur Shaun Naidoo. Kostuums: • Aanvanklik dra dansers tradisionele San-drag. • Tydens die beswymingsdans beweeg die halfmens-, halfdier-karakters op die verhoog met oordadige kostuums wat die eland, tweekoppige eland, leeu en ander kreature. • Die bloeiende neus wat gedurende die beswyming plaasvind word uitgebeeld deur een danser/sjamaan wat 'n masker dra met 'n rooi lint wat vir ongeveer 10 meter uit die danser se neus agter die danser aansleep. Bewegings: • Die choreograaf gebruik 'n unieke kontemporêre Afrika-styl. • Alhoewel dit 'n kontemporêre styl is, is die bewegings duidelik uit sommige van die tradisionele vorms getrek met die effekte van 'n golwende ruggraat en die gestamp van die voete. • Die stamp van die voete met ratels gee 'n perkussiewe en ritmiese klank. • Herhalende bewegings word gebruik wat betowerend, aards en ritmies is. • Die bewegings is ingehoue voordat hulle in die beswyming val wat respek en die benadering van 'n ritualistiese opvoering wys. • Die bewegings word groter soos wat hulle die beswyming uitbeeld waar hulle geen beheer oor hulleself het nie en die gees neem oor en gee hulle die mag/krag om hulle pligte uit te voer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 17 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne Glasser se dansgeselskap – opleiding en kweek van jong dansers: • Moving into Dance het in 1984 'n geregistreerde fondsinsamelingsorganisasie geword. Op hierdie wyse kon dit by die publiek finansiële ondersteuning kry. • Baie besigheidskorporasies het maatskaplikeverantwoordelikehidsprogramme en soos wat die deugde en voordele van Moving into Dance raakgesien is, het borgskappe vanaf hierdie besighede meer geword. • Die geselskap het in 1987 ruimte by die nie-rassige Braamfontein Recreation Centre teen 'n klein bedrag gehuur. Die perseel was geskik behalwe dat die dansers op betonvloere moes werk. US Aid het in 1990 die konstruksie van 'n geveerde dansvloer gefinansier. • Die trek na hierdie perseel het tot vinnige transformasie in die aard van die geselskap en die hele Moving into Dance-organisasie gelei en by oudisies was daar net soveel swart as wit aansoekers. • Baie van die dansers het 'n gebrek aan opleiding gehad. Vir diegene wat wel gereelde klasse kon bywoon, is 'n intensiewe fondsinsamelingsveldtog bekendgestel en teen 1988 is volle beurse toegestaan om etlike swart studente te help, waarvan die meeste by die geselskap aangesluit het. • Die dansers het uit 'n verskeidenheid etniese agtergronde en ook uit 'n verskeidenheid beroepe gekom: professionele mense, dié wat by onderwys betrokke was en sommige uit ekonomiese agtergronde. Daar was sedert 1987 'n gemiddeld van 16 voltydse dansers in die geselskap. • Die naam van die geselskap beteken 'toevlugsoord/skuilplek' of 'plek waar geleer word'. Met hulle opleidingsprogramme en vaardigheidsontwikkeling het hulle baie nuwe gemeenskapsdansgroepe, kontemporêre dansgeselskappe en individuele kunstenaars in Suid-Afrika en internasionaal beïnvloed. • Glasser se beleid is ook om jong mense in die organisasie vir leierskapsposisies op te lei en te kweek. • Sylvia Glasser is hoofaanvoerder en medewerker wat hierdie innoverende dans- en opleidingservarings gekweek en laat groei het. Unieke dansstyl waarvoor Glasser geprys word: • Die spesifieke Moving into Dance-Afrofusie-danstegniek en choreografiese styl is 'n oorspronklike en spesifieke handelsmerk van Suid-Afrikaanse danserfenis, veral vir die jare 1978 tot 2005. • Die unieke onderwysmetodiek van Edudans het ook 'n verreikende invloed op die lewens van skoolonderwysers en skoolkinders gehad om leer dinamies en aktief te maak. • Die invloed van die opleiding by Moving into Dance word verder bewys deur die feit dat 'n toenemende aantal van die Dance Umbrella-toekennings sedert 1992 aan choreograwe en dansers wat deur Glasser opgelei is, gaan. • Die geselskap mik vir 'n jaarlikse seisoen van ten minste vyf opvoerings met hoofsaaklik nuwe werke wat in 'n teatervenue opgevoer word. Bykomend is daar optredes by verskillende kunsfeeste, kunsgalerye en parke asook [20] demonstrasies/aanbiedings deur lektore. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 18 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 11: ALFRED HINKEL SE BOLERO/LAST DANCE Die antwoord moet in artikelvorm wees. Moet NIE volpunte toeken as die hoëvlak-inhoud nie bespreek is nie. Gebruik professionele oordeel om die gehalte van die kandidaat se antwoord te assesseer. Kandidate het dalk in een afdeling meer inligting as in 'n ander een gegee. Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en ken daarvolgens punte toe. Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. LAE VLAK: Beskryf – Kolpunt 1 = ongeveer 6 punte MEDIUM VLAK: Verduidelik – Kolpunt 2 en 3 = ongeveer 10 punte HOË VLAK: Evalueer – Kolpunt 4 = ongeveer 4 punte NASIENRUBRIEK: HOË • Geskryf as 'n artikel. VLAK • Het uitstekende kennis van die choreograaf en dans werk. • Beantwoord al die afdelings van die vraag in besonderhede. 17–20 • Het diepgaande kennis van die impak van sosiopolitieke invloede op die werk/hoe dit verander het want sy persepsies het verander. • Gee relevante/feitelike inligting, met spesifieke voorbeelde, van hoe die musiek en produksie- elemente gebruik is om die danswerk te komplementeer. • Brei uit oor die kenmerke van Hinkel se dansstyl • Evalueer wat hierdie werk so innoverend vir daardie tyd gemaak het. MEDIUM • Geskryf/Nie as 'n artikel geskryf (nie). VLAK • Het kennis van die choreograaf en dans werk. • Beantwoord die meeste afdelings van die vraag. 7–16 • Het 'n bietjie kennis van die sosiopolitieke invloede op die werk. • Gee 'n bietjie inligting, met voorbeelde, van hoe die musiek en produksie-elemente gebruik is om die danswerk te komplementeer. • Noem 'n paar kenmerke van Hinkel se dansstyl • Noem 'n paar areas wat hierdie werk so innoverend vir daardie tyd gemaak het. LAE • Die kandidaat het minimale/geen kennis van die choreograaf en/of danswerk (nie). VLAK • Baie min afdelings van die vraag is beantwoord. • Gee minimale/geen feitelike inligting (nie). 0–6 MOONTLIKE ANTWOORDE: Sosiopolitieke invloede op die danswerk: • Dit was sy daaglikse ervaring van onderrig in die Kleurling-gemeenskappe (sonder behoorlik geriewe) wat die fondasie gelê het vir 'n ware oorspronklike en vindingryke benadering tot dansonderrig en choreografie. • Die dans is oorspronklik in die 1970's in Windhoek op Hinkel se eerste dansgeselskap 'Dial-a-Dance' gechoreografeer en toe baie kere vir die Jazzart Dance Theatre verwerk. • Die oorspronklike weergawe het gegaan oor om vooroordeel te bowe te kom en het spesifiek op die Ontugwet gefokus – bes moontlik die mees kontroversiële van al die Wette van die Suid-Afrikaanse apartheidsregering wat probeer het om paartjies van verskillende rasse te verbied om te meng. • Dit was 'n tydperk van dreigende geweld waartydens die Suid-Afrikaanse regering 'n nasionale noodtoestand afkondig het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 19 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne • Die onstabiele, onstuimige stemming van die tydperk word in Hinkel se 1987- weergawe van Bolero weerspieël deur die byvoeging van rubberstewels. • Hinkel het gesê: 'Die dans met die rubberstewels kom van werkersklasmense af, meesal myners en hawewerkers. Die stewels verteenwoordig onderdrukking. Hulle was die kettings/boeie wat nie net dié wat direk onderdruk is, gebind het nie, maar ook dié wat deur onkunde gebind is. • Met elke weergawe is die choreografie deur die deelnemers beïnvloed, elkeen het hulle uniekheid vir die vertolking gebring. • Aanvanklik het die gedien om op politiek kommentaar te lewer, toe vir feesviering (dit is by Nelson Mandela se inhuldiging opgevoer) en ook as 'n aansporing vir samewerking tussen klassieke en kontemporêre dansgeselskappe as die gewer van hoop. • Enige ander geskikte antwoorde. Musiek en produksie-elemente: • Die musiekpartituur is vir 'n volledige orkes geskryf en het baie instrumente nodig. Soos wat elke instrument op die herhaalde melodie bygevoeg word, so word meer dansers bygevoeg. • 'n Konserttrom hamer 'n ritme uit wat deur die hele stuk volgehou word. Dit werk baie goed met die gebruik van die rubberstewelritmes. • Na die einde van die stuk word twee tromme saamgespeel soos wat dit die hoogtepunt bereik. Net so die dans met die hele rolverdeling wat saamdans. • Soos wat die stuk eindig, is daar 'n verdonkering wat die effek van hierdie hoogtepunt bydra. • Daar is geen dekorstelle/rekwisiete op die verhoog nie. • Die beligting bly hoofsaaklik konstant in al die weergawes. • Die kostuums het met elke weergawe verander. • Rubberstewels word altyd ingesluit. • Enige ander geskikte antwoorde. Dansstyl • Hinkel skep nie altyd werke wat vermaak nie en die inhoud kan dikwels ontstellend wees. • Hinkel werk hoofsaaklik met onopgeleide dansers en ontwikkel hulle talent deur sy eie opleidingsmetodes wat ontwikkel is deur in minderbevoorregte gebiede te werk. • Hy het meesal sy eie manier van werk uitgedink met gebruik van liggaamsintelligensie en sy uitstekende oog om beweging te ontwikkel. • Sy idees oor kostuums is gaan nie oor skoonheid nie, maar oor funksionaliteit en relevansie. • Hinkel het 'n artistiese vermoë om sy verhoë op manjifieke wyse te belig. • Hy kombineer ook 'n mengsel van style – kontemporêr, uit Afrika, Indies en klassieke elemente van dans. • Hinkel is grootliks deur Afrika-dans, die loslatingstegniek en kontakimprovisasie beïnvloed wat sy manier van choreografeer hervorm het. • Hy het sy eie styl van opleiding ontwikkel en ontwikkel 'n metode wat hy oor die volgende 30 jaar gebruik om sy dansers op te lei. Sy metode is hoofsaaklik die loslatingstegniek. • Die choreograaf het die sosiopolitieke invloede om hom as inspirasie vir sy werke gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 20 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne Innoverendheid • Alhoewel dit dalk nie volgens vandag se standaarde innoverend is nie, was Bolero 'n nuwigheid in daardie tyd. Hinkel se werk het elemente wat selde (of nooit) voorheen op die verhoog gesien is nie, op die voorgrond gebring. • Afrika-dans is as uitvoerende kuns opgevoer Afrika-dans is voorheen as 'n vreemde/rare toeriste-aantreklikheid beskou. Die opvoer van vroeëre weergawes van Bolero was noodsaaklik om 'n erkende plek vir kontemporêre Afrika-dans in die wêreld van Suid-Afrikaanse opvoerende kunste te kry. • Afrika-dans is op klassieke musiek getoonset • Rubberstewels is deur vroue, in besonder, wit vroue, gedra. 'n Mens moet besef dat rubbersteweldans kom van die 'werkersklasmense af, meesal myners en hawewerkers', en dat dit nie iets is wat deur vroue gedans is nie, wat nog te sê wit vroue. Dus toe die vroulike dansgroep van Bolero, trots die verhoog opgemarsjeer het, het hulle 'n kulturele en samelewingsdrumpel oorgesteek. • Rubberstewels is op 'n avant-garde-wyse gebruik Tradisioneel is dit met 'n geboë rug opgevoer, maar Hinkel het getoon hoe 'n gevestigde tegniek vir kreatiewe doeleindes gemanipuleer kan word toe sy dansers hulle eie, regop weergawe van rubbersteweldans opgevoer het. • Die kontakwerk wat in Bolero op die voorgrond gebring is, was baie innoverend vir daardie tyd Die tradisionele rolle van mans en vroue is verontagsaam. In Bolero lig mans mans op, lig vroue vroue op, lig vroue mans op, ensovoorts. Die tradisionele rolle van mans en vroue is omgekeer toe Hinkel se stuk ondermynend voorgestel het dat vroue geregtig en in staat was om aksie/optrede te inisieer en leierskap te aanvaar en dat mans swak en weerloos kan voel. • Bolero het kragtige politieke stellings verkondig In die vroeëre weergawes van Bolero, was Hinkel se bedoeling om dinge oor politiek, misbruik, seksualiteit, ens. te sê wat nie bedoel was om gesê te word nie (dit het amper een van Jazzart se beleide geword) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 21 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 12: SUID AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK Die antwoord moet in die vorm van 'n motivering wees. Moet NIE volpunte toeken as die hoëvlak-inhoud nie bespreek is nie. Gebruik professionele oordeel om die gehalte van die kandidaat se antwoord te assesseer. Moet NIE volpunte toeken as dit NIE as 'n motivering geskryf is NIE, trek 1 punt af. Kandidate het dalk in een afdeling meer inligting as in 'n ander een gegee. Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en ken daarvolgens punte toe. Indien 'n kandidaat oor Tranceformations of Bolero in hierdie vraag geantwoord het, aanvaar dit. Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. LAE VLAK: Kommentaar lewer en beskryf – Kolpunt 2 en 3 = ongeveer 6 punte MEDIUM VLAK: Verduidelik – Kolpunt 4 en 5 = ongeveer 10 punte HOË VLAK: Aanbeveel – Kolpunt 6 = ongeveer 4 punte NASIENRUBRIEK: HOË • Geskryf as 'n motivering. VLAK • Het uitstekende kennis van die choreograaf en danswerk. • Gee 'n uitstekende beskrywing van die choreograaf se reputasie/erkenning en bydrae tot dans 17–20 in die samelewing. • Gee 'n inspirerende beskrywing van die tema/bedoeling van die danswerk. • Verduidelik, in besonderhede, die produksie-elemente wat gebruik sal word en hoe dit hierdie danswerk interessant sal maak. • Gee 'n diepgaande verduideliking van die musiek en hoe dit betekenis by die werk sal voeg. • Gee relevante/feitelike inligting waarom hierdie choreograaf se werk by die dansfees ingesluit moet word • Beantwoord al die afdelings in die vraag in besonderhede. MEDIUM • Het kennis van die choreograaf en danswerk. VLAK • Beskryf die choreograaf se reputasie/erkenning en bydrae tot dans in die samelewing. • Beskryf die tema/bedoeling van die danswerk. 7–16 • Bespreek slegs die produksie-elemente wat gebruik is. • Verduidelik slegs die musiek. • Beantwoord die meeste afdelings in die vraag in besonderhede. LAE • Nie in korrekte formaat geskryf nie. VLAK • Het minimale/geen kennis van die choreograaf en/of danswerk nie. • Beantwoord baie min afdelings van die vraag. 0–6 • Gee minimale/geen feitelike inligting nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 22 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne MOONTLIKE ANTWOORDE KAN DIE VOLGENDE INSLUIT: • Naam van choreograaf en danswerk – noodsaaaklik. • Bekendstelling aan die choreograaf met kommentaar op: o Sy/Haar reputasie as 'n danser/choreograaf/innoveerder, ens. o Bydrae tot dans in die samelewing, erkenning en toekennings o Wat die choreograaf gedoen het om dans nasionaal en internasionaal te verbeter • Beskrywing van die tema/bedoeling van die werk en die inspirasie agter die werk. • Produksie-elemente vir die werk: • Produksie-elemente gebruik, bv. o Beligting: kleure gebruik – atmosfeer/effek o Rekwisiete/Dekorstelle: verduidelik waarom dit gebruik is. o Spesiale effekte: projeksies/beelde/klank/stem, ens. en hoe dit tot die tema/bedoeling/betekenis. o Kostuums: styl/kleur/ontwerp en hoe dit idees uitgedruk het. o Simboliek of die produksie-elemente • Inligting wat verduidelik hoe die musiek betekenis aan die danswerk gee. Dit kan insluit: o Genre/Musiekstyl o Instrumentasie – hoe dit beweging beïnvloed o Tempo/Dinamiek, ens. o Gebruik vokale/ander o Hoe dit tot die algemene sukses van die werk bygedra het, met voorbeelde • Gedetailleerde motivering wat aanbeveel waarom die choreograaf se werk by die fees ingesluit moet word. o Gebruik van dansgenres – styl/meng/fusie van style o Gebruik van danselemente: ruimte/tyd/krag o Choreografiese elemente: groeperings/patrone/gebruik van die verhoog/ dansers o Motief/Gebare/Enigiets anders wat help om emosie uit te druk o Simboliek indien enige – maak betekenis deur bewegings, boodskap o Gebruik van dansers • Enige ander geskikte areas. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 23 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne LET WEL: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 13, VRAAG 14 en VRAAG 15. Sien slegs die EERSTE ANTWOORD na indien meer as een beantwoord is. VRAAG 13: APOLLO EN/OF JEWELS DEUR GEORGE BALANCHINE Die antwoord moet na die aanhaling verwys en in die vorm van 'n opstel geskryf wees. Moet NIE volpunte toeken as die hoëvlak-inhoud nie bespreek is nie en dit nie in die korrekte formaat is nie. Gebruik professionele oordeel om die gehalte van die kandidaat se antwoord te assesseer. Die rubriek help om die kandidaat se antwoord op die regte vlak te plaas. Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en ken daarvolgens punte toe. Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. LAE VLAK: Beskryf – Kolpunt 1 = ongeveer 6 punte MEDIUM VLAK: Analiseer – Kolpunt 2 = ongeveer 5 punte HOË VLAK: Motiveer – Kolpunt 2 = ongeveer 5 punte Evalueer – Kolpunt 3 = ongeveer 4 punte NASIENRUBRIEK: HOË • Verwys na die aanhaling in die antwoord. VLAK • Skryf in opstelformaat. • Het diepgaande kennis van die choreograaf, sy dansstyle en sy verhouding met musiek en die 17–20 erkenning wat hy as gevolg daarvan ontvang het. • Ondersoek al die afdelings van die vraag in besonderhede. • Gee relevante/feitelike inligting met spesifieke voorbeelde uit die danswerk(e) om die antwoorde te motiveer. • Analiseer die bewegingswoordeskat en die innoverende/unieke choreografiese styl van die choreograaf. • Evalueer die choreograaf se unieke musikale loopbaan en die verhouding tussen die danswerke en die musiek. MEDIUM • Verwys nie na die aanhaling in die antwoord (nie). VLAK • Het kennis van die choreograaf, sy dansstyle en sy verhouding met musiek. • Beantwoord die meeste van die afdelings van die vraag. 7–16 • Gee feitelike inligting met 'n paar voorbeelde uit die danswerk(e). Motiveer nie altyd die antwoorde nie. • Sluit 'n paar voorbeelde van die bewegingswoordeskat en innoverende/unieke choreografiese styl van die choreograaf in. • Beskryf die choreograaf se musikale agtergrond. LAE • Verwys nie na die aanhaling nie. VLAK • Het minimale/geen kennis van die choreograaf, sy dansstyle of sy verhouding met musiek (nie). 0–6 • Beantwoord/Verstaan baie min afdelings van die vraag. • Gee minimale/geen feitelike inligting (nie). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 24 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne MOONTLIK ANTWOORDE: (baie meer inligting is gegee as wat nodig is) • Beskryf wat tot Balanchine se erkenning as 'n groot choreograaf gelei het, bv.: • Die tydperk waarin hy gewerk het: o Die tydperk tussen 1940–1970 word die Goue Eeu van Moderne Ballet genoem. o Hierdie tydperk het op 'n paar dansers/choreograwe gefokus, een wat Balanchine was. o Hy word as een van die beroemdste choreograwe van die 20ste eeu beskou as gevolg van die nuwe balletstyl wat hy ontwikkel het. o Feitlik op sy eie het hy die standaard van voortreflikheid en hoë gehalte danswerk na Amerikaanse ballet gebring. o Hy het die New York City Ballet ontwikkel tot een van die leidende klassieke geselskappe in Amerika/die wêreld. o Vader van neoklassieke ballet. o Enige ander relevante antwoorde. • Dansopleiding: o Invloede: hy het sy klassiekeballet-opleiding by die groot Russiese balletmeester, Marius Petipa, gekry en met lof aan die Imperial Ballet School geslaag. o Enige ander relevante antwoorde. • Belangrike invloede in sy loopbaan/ontwikkeling as 'n choreograaf, bv.: • Diaghilev: o Balanchine werk nou saam met hierdie groot choreograaf en is deur hom as 'n ambisieuse danser/choreograaf opgelei. • Lincoln Kirstein: o Die eerste produk van die Balanchine-Kirstein-samewerking was die School of American Ballet, wat in 1934 gestig is. o Hulle het die New York City Ballet in 1948 gestig. • Stravinsky: o Balanchine het nou met hierdie beroemde komponis saamgewerk en hulle ontwikkel 'n unieke samewerking. o 35 van sy ballette is op musiek deur Stravinsky gechoreografeer. o Enige ander relevante invloedryke mense wat sy choreografie/loopbaan beïnvloed het. • Analiseer sy bewegingswoordeskat en innoverende/unieke choreografiese styl. Kandidate kan na Jewels of Apollo of beide verwys om hulle antwoorde te motiveer, bv.: o Hy het minimale kostuums en dekor gebruik. Sy dansers het meesal slegs leotards en kouse gedra wat hulle maksimum vryheid van beweging toegelaat het – in Apollo het die dansers tipiese Griekse styl uitrustings gedra. o Gebruik soms parallelle bene in plaas van uitgedraaide bene. o Gebuigde in plaas van gepunte voete. o Hande wat skerp by die gewrigte gebuig is. • Unieke kenmerke van Balanchine se choreografiese styl, bv. Jewels: o Baie atletiese en vinnige beenwerk en onverwagse verskuiwing van gewig en energie, bv. die lewendige en gevatte bewegings gebruik in 'Rubies'. o Gebruik die arabesk-lyn: Alhoewel dit in verskeie van-balans-af- en innoverende ondersteuningsmiddels gebruik word, is die doel van die lyn steeds tradisioneel, nl. fokus op die ballerina se been. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 25 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne o Hy skep nuwe, vars en vindingryke werke – 'Emeralds' beeld Frankryk se elegansie uit – gerief, klere, parfuum, dit herinner aan die 19de-eeuse danse van die Franse Romantikusse en in 'Diamonds' herinner dit aan die orde en prag van Keiserlike Rusland. o Vir Balanchine het die beweging van slegs die liggaam artistiese opwinding geskep. In Jewels is daar die visuele beelde van juweliersware. 'n Halsnoeragtige corps chain kom in 'Emeralds' voor. In al drie ballette strek vroue een been en beide arms na bo in lyne wat die weerkaatsing van lig van 'n edelsteen af voorstel. o Hy het balans, beheer, presisie en gemak van beweging in 'Rubies' as baie belangrik beskou. o Beweging het slegs by die musiek aanklank gevind. Balanchine is deur die kunstigheid van die juweliersware-ontwerper, Claude Arpels, geïnspireer en het musiek gekies wat die essensie van elke edelsteen sou onthul. • Unieke kenmerke van Balanchine se choreografiese styl, bv. Apollo: o Die choreografie berus op die klassieke tradisie, maar stel allerhande nuwe passies, variasies en houdings in die danskomposisie bekend met heeltemal nuwe opligtings, sinkopasie en atletiese bewegings, selfs spindraaie op die hakke. o Apollo kombineer tradisionele balletstyl met die geometriese vorm van modernisme, die kuns wat as neoklassiek bekend staan. o Enige ander relevante antwoord. • Evalueer Balanchine se musikale loopbaan en die verhouding tussen sy werke en musiek: o 'Dans is musiek wat sigbaar gemaak is.' Dit is 'n aanhaling deur George Balanchine. o Balanchine was die seun van 'n komponis en het vroeg in sy lewe kennis oor musiek gehad wat die kennis van die meeste van sy medechoreograwe ver oortref het. o Hy het op vyf jaar oud die klavier begin bestudeer en nadat hy in 1921 aan die Imperial Ballet School gegradueer het, het hy ingeskryf by die staat se Conservatory of Music, waar hy vir drie jaar die klavier en musikale teorie, asook komposisie, harmonie en kontrapunt bestudeer het. o Sulke uitgebreide musikale opleiding het dit vir Balanchine, as 'n choreograaf, moontlik gemaak om met komponiste van die statuur van Igor Stravinsky, te kommunikeer. o Die opleiding het Balanchine ook die vermoë gegee om orkestrale partituur op die klavier te verminder, 'n waardevolle hulpmiddel om musiek na dans te transleer/oor te sit. o Hy sou die dansstyl by die musiek voorhande laat pas. o Hy het dikwels met moderne musiek, en die eenvoudigste temas, gewerk en ballette geskep wat vir hulle verbeeldingrykheid en oorspronklikheid geprys is. Apollo se musiek is konsekwent klassiek in styl met duidelikheid, kalmte/rustigheid en selfs onverstoordheid in die musiek, maar ook met oomblikke van ritmiese lewendigheid en jazz-infleksies. o Enige ander relevante antwoorde. [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 26 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 14: STAMPING GROUND DEUR JIŘÍ KYLIÁN Die antwoord moet na die stelling verwys en in die vorm van 'n opstel geskryf wees. Moet NIE volpunte toeken as die hoëvlak-inhoud nie bespreek is nie. Gebruik professionele oordeel om die gehalte van die kandidaat se antwoord te assesseer. Die rubriek help om die kandidaat se antwoord op die regte vlak te plaas. Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en ken daarvolgens punte toe. Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. LAE VLAK: Beskryf – Kolpunt 1 = ongeveer 6 punte MEDIUM VLAK: Analiseer – Kolpunt 2 = ongeveer 5 punte HOË VLAK: Motiveer – Kolpunt 2 = ongeveer 5 punte Bespreek – Kolpunt 3 = ongeveer 4 punte NASIENRUBRIEK: HOË • Verwys na die stelling in die antwoord. VLAK • Skryf in opstelformaat. • Het diepgaande kennis van die choreograaf, sy redes vir die choreografering van die werk en 17–20 analiseer hoe hy hierdie kulturele konteks met kontemporêre dans saamsmelt. • Verduidelik al die afdelings van die vraag in besonderhede. • Gee relevante/feitelike inligting met spesifieke voorbeelde uit die danswerk/kulturele danse om antwoorde te motiveer. • Bespreek volledig die choreograaf se innoverende kenmerke, style en choreografiese eienskappe. MEDIUM • Verwys/Verwys nie na die stelling in die antwoord (nie). VLAK • Skryf/Skryf nie in opstelformaat nie. • Het kennis van die choreograaf en sy redes vir die choreografering van die werk. 7–16 • Verduidelik/Verduidelik nie hoe hy die kulturele konteks met kontemporêre dans saamgesmelt het (nie). • Verduidelik die meeste afdelings van die vraag in besonderhede. • Gee feitelike inligting met sommige voorbeelde uit die danswerk/kulturele danse. Motiveer nie altyd antwoorde nie. • Bespreek sommige aspekte van die choreograaf se herkenbare kenmerke, style en choreografiese eienskappe. LAE • Verwys nie na die stelling nie. VLAK • Het minimale/geen kennis van die choreograaf of sy redes vir die choreografering van die danswerk nie. 0–6 • Beantwoord/Verstaan baie min afdelings van die vraag. • Gee minimale/geen feitelike inligting (nie). MOONTLIKE ANTWOORD: Beskryf wat Jiří Kylián beïnvloed/geïnspireer het om 'n danswerk te skep wat op 'n tradisionele kulturele konteks gegrond is, bv.: • Hierdie danswerk weerspieël sy belangstelling in die stamseremonies van die Australiese boorlinge ('Aborigines'). • Hy het hulle rituele die eerste keer in 1970 teëgekom toe hy 'n dokumentêre program op televisie gesien het wat 'n Australiese boorling('Aboriginal')- jagdans getoon het waar twee mans in sirkels aanhou dans het op so wyse dat kykers naderhand nie kon sê wie die jagter en wie die prooi was nie. • Hy het Australië toe gegaan om 'n byeenkoms van Australiese boorlinge ('Aborigines') te verfilm om die deelnemers se verbale en nieverbale vorms van kommunikasie te ondersoek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 27 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne • Sy ervarings tydens hierdie reis het tot die skep van Stamping Ground gelei. • Hy het die dokumentêre program, Road to the Stamping Ground, by hierdie byeenkoms verfilm wat tonele van 'n begeesterde groepdans bevat wat deur rituele geïnspireer is. • Elke Australiese boorling('Aboriginal')-stam het tradisionele danse van hulle plaaslike gebiede, en deur beweging of voete stamp, vind hulle 'n manier om hulle misterieuse ervarings met ander stamme te deel. • Voete stamp is die belangrikste element in Australiese boorling('Aboriginal')- danse met elke stam wat hulle eie manier het om te dan en voete op die grond te stamp. • Enige ander geskikte antwoorde. Analiseer hoe Kylián daarin geslaag het om hierdie kulturele konteks by die kontemporêre choreografie te inkorporeer, saam te smelt, bv.: • In die skepping van hierdie dans, het hy eers terreinspesifieke navorsing gedoen deur die seremoniële danse van die Australiese boorlinge ('Aborigines') by te woon en uit te vind oor die historiese en kulturele betekenis daarvan deur gesprekke met stamlede. • Hy later in sy ateljee geëksperimenteer met verskillende dierekenmerke en bewegings. Hy het dit toe by die persoonlikhede en natuurlike energie en gebare van sy individuele dansers gepas. • Sy artistiese standpunt en styl het na abstraksie en surrealistiese beelde in hierdie danswerk beweeg. • Sy werk berus baie op musiek en die universele idees en emosies wat die kern van die menslike ervaring is. • Enige ander geskikte antwoorde. Spesifieke voorbeelde uit die kulturele en gechoreografeerde dans: • Hy het die kulturele danse van die Australiese boorlinge ('Aborigines') bestudeer om deur dansgebare 'nuwe' maniere te kry om te beweeg, voete te stamp en die kern van dierekenmerke te kommunikeer. • Die grond waarop die Australiese boorlinge ('Aborigines') leef, het 'n groot verskeidenheid diere waarvan baie nie op ander kontinente voorkom nie. In die duet in Stamping Ground kan jy die dansers sien sprong- en slaanbewegings maak wat kangaroes voorstel. • In hulle danse is die Australiese boorlinge ('Aborigines') meesters van die mimiek van die bewegings van baie van hierdie diere wat hy by sy werk inkorporeer. • Hy het daarop gewys dat net soos die lede van een Australiese boorling('Aboriginal')-stam dit nie as gepas beskou om 'n ander stam se danse op te voer nie, hy ook onwillig was om stamdanse letterlik na te boots. • Enige ander geskikte antwoorde. Bespreek die innoverende choreografiese styl en kenmerke van Jiří Kylián, bv.: • Sy vroeë werke was nie-verhalende, dramatiese danse wat deur 'n balletagtige styl met subtiele verwysings na volksdanse gekenmerk is. • Dit het tot 'n gevorderde vorm van kommunikasie gevorder. Hy beskou die liggaam as 'n naakte interpreteerder van menslike emosies en gevoelens. • Sy werk is baie sensueel want sy choreografie gaan oor wat binne is en oor die liggaam as 'n instrument van innerlike beweging, naak in sy vermoë om dit op te voer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 28 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne • Sy choreografie kombineer: o Klassieke tegniek met moderne metodes o Sagte musiek met sterk passies o Kalmte met aggressie • Versorgde en elegante balletagtige lyne kan gevolg word deur stampende en skerp bewegings en dan 'n reeks moderne spasmas en spiertrekkings. • Sy dansers sal op pointe werk vir vertikale spoed of kaalvoet om baie ruimte te dek, afhangende van die onderwerp wat hy kies, maar tegniek en nougesette detail bly die belangrikste in al sy werke. • Een van die choreografiese kenmerke van sy danse is die manier waarop passies by die musiek pas, passies volgens klank en die een gee lewe aan die ander een. • Enige ander geskikte antwoorde. [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 29 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 15: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK. Die antwoord moet na die stelling verwys en in die vorm van 'n opstel geskryf wees. Moet NIE volpunte toeken as die hoëvlak-inhoud nie bespreek is nie. Gebruik professionele oordeel om die gehalte van die kandidaat se antwoord te assesseer. Die rubriek help om die kandidaat se antwoord op die regte vlak te plaas. Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en ken daarvolgens punte toe. As 'n kandidaat oor Apollo, Jewels of Stamping Ground in hierdie vraag geskryf het, mag dit aanvaar word. Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik. LAE VLAK: Beskryf – Kolpunt 2 en 3 = ongeveer 3 + 3 punte MEDIUM VLAK: Verduidelik – Kolpunt 4 = ongeveer 5 punte HOË VLAK: Analiseer, motiveer – Kolpunt 5 = ongeveer 5 punte Mening – Kolpunt 6 = ongeveer 4 punte NASIENRUBRIEK: HOË • Skryf 'n uitstekende resensie wat 'n titel, inleiding, liggaam van die resensie en VLAK gevolgtrekking insluit. • Sluit al die afdelings van die vraag in detail in. 17–20 • Het diepgaande kennis van die choreograaf en die invloede in sy/haar loopbaan. • Sluit 'n uitstekende opsomming van die tema/bedoeling/storie in. • Verduidelik die produksie-elemente baie goed. • Gee gedetailleerde voorbeelde van die choreograaf se herkenbare style en choreografiese kenmerke met geskikte voorbeelde. • Motiveer eie menings oor hoe hierdie danswerk kreatief en innoverend is en gee spesifieke voorbeelde. • Gee 'n mening oor die vlak van optrede met gemotiveerde voorbeelde. MEDIUM • Skryf/Skryf nie/Skryf gedeeltelik as 'n resensie wat 'n titel, inleiding, liggaam van die VLAK resensie en gevolgtrekking kan insluit. • Sluit al/die meeste afdelings van die vraag in. 7–16 • Sluit 'n opsomming van die tema/bedoeling/storie in. • Sluit die produksie-elemente in. • Het kennis van die choreograaf en die invloede in sy/haar loopbaan. • Gee 'n paar voorbeelde van die choreograaf se herkenbare style en choreografiese kenmerke. • Gee 'n paar voorbeelde van hoe die danswerk kreatief/innoverend is. • Gee 'n mening oor die vlak van optrede. • Nie altyd in staat om antwoorde/menings te motiveer nie. LAE • Nie as 'n resensie geskryf nie. VLAK • Het minimale/geen kennis van die choreograaf en/of danswerk nie. • Beantwoord/Verstaan baie min afdelings van die vraag. 0–6 • Gee minimale/geen feitelike inligting (nie). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 30 DBE/November 2017 NSS – Nasienriglyne MOONTLIKE ANTWOORDE MOET INSLUIT: • Antwoord as 'n resensie vir 'n danstydskrif geskryf. • Die name van die choreograaf en danswerk. • Beskryf die invloede wat tot die prestasies van hierdie choreograaf se erkenning/sukses in die danswêreld gelei het, bv.: o Agtergrond o Opleiding o Onderwysers o Mentors/Mense o Sosiopolitieke invloede o Enige ander relevante invloede • Sluit 'n opsomming van die tema/bedoeling/storie van die danswerk in. • Verduidelik hoe die produksie-elemente in hierdie danswerk gebruik word, bv.: o Beligting o Kostuums o Dekorstelle/Rekwisiete o Spesiale effekte ens. • Gee voorbeelde van die herkenbare dans/choreografiese styl/kenmerke deur hierdie choreograaf in sy/haar danswerke gebruik, bv.: o Dansgenres gebruik o Fusie van dansgenres o Gebruik alledaagse bewegings/mimiek/gebare/ens. o Die gebruik van produksie-elemente o Die gebruik en kies van musiek/begeleiding/stemme/ens. o Die gebruik van gemengde media/tegnologie o Die gebruik van improvisasie/choreografiese toestelle/danselemente o Enige ander geskikte antwoorde. • Gee 'n mening oor hoe die choreografie kreatief en/of innoverend is met gemotiveerde voorbeelde, bv.: o Gebruik van bewegings o Gebruik van konvensionele verhoogruimtes/niekonvensionele ruimtes o Gebruik van dansers o Die bedoeling/sinopsis o Gebruik van produksie-elemente/tegnologie/musiek/begeleiding o Enige ander geskikte antwoorde. • Gee voorbeelde van die vlak van optrede; motiveer sy/haar mening, bv.: o Standaard van die dansers, soos fiksheid/soepelheid/krag/spanwerk/ uitdrukking o Kompleksiteitsvlak van choreografie om choreografiese elemente/sinopsis/ bedoeling/bykomende effekte/ens. in te sluit o Gehalte van optrede o Enige ander geskikte voorbeelde/antwoorde. [20] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all