Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
FEBRUARIE/MAART 2017
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)
Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 431.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
NOTA VIR NASIENERS:
Hou streng by hierdie memorandum wanneer nagesien word. Die standaardiserings-
proses tydens memorandumbesprekings verseker dat die memorandum die meeste
moontlike antwoorde deur kandidate dek. Elke nasiener moet dit verstaan en op
konsekwente wyse toepas. In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en
ingeligte oordeel uitoefen.
Skryf kort kommentaar, gee redes waarom 'n punt opgestoot of afgebring is as die
memorandum nie 'n duidelike riglyn gee nie en jy jou eie oordeel moet gebruik.
Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-beamptes/-adviseurs
nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis.
• By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate albei vrae beantwoord
het, sien slegs die antwoorde op die eerste vraag na.
• Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangend van wat hulle in
die klas behandel het.
• Die rubrieke lei die nasienwerk volgens kognitiewe vlakke en moeilikheidsvlakke.
• Nasieners moet NIE volpunte vir 'n antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is,
toeken NIE.
• Lees en evalueer die hele antwoord voordat regmerkies gemaak word en punte
toegeken word. Een regmerkie is een punt.
• Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.
• Sleutelwoorde is in vetdruk om nasienwerk te lei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: VOEDING EN GEESTESGESONDHEID
NOTA VIR NASIENER:
Baie moontlike antwoorde kan deur die kandidate verskaf word.
Indien die kandidaat slegs eenwoord-antwoorde gee, ken slegs halwe punte toe.
KOGNITIEWE VLAKKE:
1.1 = 5 punte MEDIUM-vlak
1.2 = 2 punte LAE vlak
1.3 = 3 punte LAE vlak
MOONTLIKE ANTWOORDE:
1.1 Kandidate kan op baie verskillende maniere antwoord, beide ʼn
gebalanseerde dieet en die voordele kan ingesluit wees.
'n Verduideliking van 'n gebalanseerde dieet, bv.
'n Gebalanseerde dieet sluit al die hoofvoedselgroepe in om te verseker dat
die liggaam op sy beste kan werk, byvoorbeeld:
Komplekse koolhidrate:
• Dit produseer die meeste energie en moet die grootste deel van die dieet
uitmaak, want dit sal jou deur baie ure van repetisies en optredes
krag gee.
• Dit word stadiger verteer wat 'n stadige en stabiele bron van energie is.
Proteïene:
• Bou en onderhou jou liggaamsweefsels.
• Dit is belangrik vir spierherstel en groei.
Suiwelprodukte:
• Dit is belangrik om kalsium in die been op te bou. Onvoldoende kalsium
veroorsaak bros bene wat maklik kan breek of versplinter.
Vrugte en groente:
• Wanneer groente en vrugte geëet word, word die vitamiene en minerale
aan die liggaam verskaf wat nodig is vir algehele welstand.
• Vitamienaanvullings moet gebruik word as die liggaam te min ontvang uit
die kos wat geëet word, sodat die danser nie gereeld siek word en dikwels
van die werk of klasse afwesig is nie.
Vette:
• 'n Klein hoeveelheid is nodig sodat organe, soos die hart en brein,
optimaal kan funksioneer.
• Enige ander geskikte antwoorde, soos vloeistowwe.
Voordele van goeie voeding vir 'n danser se optrede/danswerk sluit in:
• Verhoogde energievlakke
• Verhoogde verstandelike wakkerheid
• Verhoogde fiksheidvlakke
• Handhaaf ideale gewig
• Herstel gouer van siekte/beserings
• Vermoë om hoër stresvlakke te hanteer – emosionele welstand
• Verhoogde krag – spiermassa
• Positiewe houding teenoor oefening/opleiding en optrede/dans (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
1.2 Kandidaat kan enige TWEE simptome van stres en spanning gee:
• Dansers sal moeg wees wat hulle oordeel tydens klasse/repetisies en
optredes sal aantas.
• Eetversteurings as gevolg van 'n swak dieet kan 'n danser se toekomstige
loopbaan ernstig benadeel.
• Fisies – spierspanning/styfheid, krampe, pyn, gereelde verkoues, vinnige
hartklop.
• Verstandelik/Geestelik – buierigheid, geïrriteerdheid, ongelukkigheid sal
voorkom dat die danser suksesvol met ander in die dansklas kan
saamwerk/meewerk.
• Tekort aan slaap of slaap te veel – die gevolg is 'n gebrek aan
konsentrasie in die dansklas wat tot beserings kan lei.
• Verlies aan eetlus of eet te veel – dit kan die danser se selfbeeld beïnvloed
en lei tot 'n gebrek aan selfvertroue.
• Enige ander geskikte antwoorde. (2)
1.3 Kandidaat moet enige DRIE ontspanningstegnieke duidelik beskryf, bv.:
• Skep vir jouself 'n veilige ruimte waar jy ontspanningstegnieke, soos
denkbeelde/asemhaling, kan toepas en jou gedagtes tot bedaring kan
bring.
• Afkoeltegnieke om spiere te laat ontspan, soos stadige strekwerk.
• Kandidate kan 'n spesifieke tegniek, bv. joga of meditasie, gee.
• Enige ander geskikte antwoorde. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 2: FIKSHEIDSKOMPONENTE
KOGNITIEWE VLAKKE:
5 punte = LAE vlak vir die naam en definisie
10 punte = MEDIUM-vlak vir verduideliking
MOONTLIKE ANTWOORDE:
Ken ½ punt toe as 'n kandidaat slegs die naam sonder 'n definisie verskaf.
• Kernstabiliteit: die krag in die middel van die liggaam, buik/romp en rug.
• Krag: die vermoë van 'n spier om mag/krag teen swaartekrag uit te oefen.
• Soepelheid: 'n wye reeks bewegings wat in die gewrigte moontlik is.
• Uithouvermoë: die volhardingsvermoë van die liggaam om vir langer tydperke
te dans/op te tree.
• Neuromuskulêre vaardighede: die vermoë van die brein om boodskappe met 'n
onmiddellike reaksietyd na die liggaam te stuur. (5)
Verduidelik hoe elke komponent tot 'n danser se optrede/dansvernuf bydra.
Baie van die voordele is op verskeie komponente van toepassing.
Evalueer die hele antwoord. Moenie punte vir antwoorde wat in hierdie kolpunt
herhaal word, toeken nie.
Tien duidelike feite = 10 punte.
Krag:
• Sterker spiere beteken meer komplekse bewegings wat uitgevoer kan word en jy
kan ook langer in posisie bly, d.i. die spiere kan swaartekrag weerstaan.
• Kan hysings uitvoer en hoër spring.
Soepelheid:
• Dra by tot grasie en gemak van bewegings.
• Dans sal moeiteloos lyk.
• Dansers sal groter bewegingsomvang hê.
Kernstabiliteit:
• Kan bewegings beheer.
• Maak balanseer makliker.
• Behou/Handhaaf goeie houding.
• Kan liggaamsgewig vinnig verskuif, ens.
Neuromuskulêre vaardighede:
• Kan vinnig beweeg – ratser.
• Verbeterde koördinasie.
• Beter musikaliteit.
• Verbeterde kinestetiese bewustheid, ruimtelike bewustheid, ens.
Uithouvermoë:
• Jy sal nie uitasem wees nie.
• Jy sal kan konsentreer sonder om bekommerd te wees oor hoe jy die klas gaan
klaarmaak.
• Jou arms, bene en liggaam sal nie swaar en moeg voel nie, ens.
• Enige ander geskikte antwoorde (10)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
LET WEL: Die leerders het 'n keuse tussen VRAAG 3 en VRAAG 4.
Sien slegs die EERSTE antwoord na indien beide vrae beantwoord is.
VRAAG 3: SPIERE EN AKSIES
KOGNITIEWE VLAKKE:
3.1 = 4 punte = LAE vlak – benoem spiere/groepe en beskryf waar dit gevind word
3.2 = 4 punte = MEDIUM-vlak =
2 punte vir anatomiese aksies
2 punte vir verduideliking van een dansbeweging wat die anatomiese aksie
uitvoer
MOONTLIKE ANTWOORDE:
3.1 Ken VIER punte toe vir benoeming en beskrywing van waar die VIER
spiere/groepe gevind word. Ken 'n ½ punt toe vir slegs benoeming.
• Quadriceps:
Hierdie spiergroep word aan die voorkant van die dy/bobeen gevind.
• Agterdyspiere ('Hamstrings'):
Hierdie spiergroep word aan die agterkant van die dy/bobeen.
• Adduktors:
Hierdie spiergroep word binne-in die dy/bobeen gevind.
• Gastrocnemius:
Hierdie spier word agterop die onderbeen gevind.
Enige ander spiere/spiergroep in die been, bv. Die abduktors, heuproteerders
en anterior onderbeenspiere (4)
3.2 Ken TWEE punte toe vir verskaffing van twee anatomiese aksies en
TWEE punte vir verduideliking van EEN dansbeweging vir elk van die
anatomiese aksies.
• Quadriceps:
Ekstensie/strekking van die knie – strek die knie
• Rectus femoris
Fleksie – om die been hoog voor die liggaam in 'n skop op te gooi.
• Agterdyspiere ('Hamstrings'):
Ekstensie/strekking – om die been agter die liggaam op te lig.
• Adduktors:
Adduksie – dit is 'n groep spiere wat die bene uitdraai of wegbeweeg van die
middellyn/middel af (uitwaartse rotasie).
• Gastrocnemius:
Plantaar-fleksie/Strekking van die tone – dit is verantwoordelik vir die lig
van hakskene wanner op die tone gestaan word, punt van die voete en help
om van die vloer af te lig/druk wanneer gespring word en buig die knie. (4)
[8]
Enige ander spiere/spiergroep in die been.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 4: BESERINGS EN BEHANDELING
KOGNITIEWE VLAKKE:
4.1 = 2 punte = MEDIUM-vlak
4.2 = 4 punte = LAE vlak
4.3 = 2 punte = MEDIUM-vlak
MOONTLIKE ANTWOORDE:
4.1 Verskil:
Verstuit/Swik = besering van 'n ligament.
Verrekking = besering van 'n spier of sening. (2)
4.2 Moontlike antwoorde oor oorsake van kniebeserings:
• Swak belyning van knie
• Geforseerde uitdraai van been
• Verkeerde landing na 'n sprong
• Dans op verkeerde vloer – nie geveerde houtvloere nie
• Gebrek aan krag om bewegings te beheer
• Swak tegniek
• Swak kondisionering
• Nie korrek opgewarm nie
• Val, soos in 'n ongeluk, of valbeweging, soos in die choreografie
• Gebrek aan soepelheid
• Enige ander geskikte antwoord oor oorsake van kniebeserings. (4)
4.3 Moontlike antwoorde oor hoe om jou knieë in die dansklas te beskerm:
• Pas veilige danspraktyk toe, soos hou jou knieë regoor jou middeltoon
wanneer jy jou knieë buig of land uit ʼn sprong.
• Moenie stres op die ligamente plaas deur die gewrig buite normale
omvang en bewegingsrigting te beweeg nie.
• Die knieë moet altyd voor 'n sprong buig, land deur die voet en eindig met
'n kniebuiging/demi plié. Hierdie landing sal voorkom dat die knieë en
enkels stamp/skok en ernstige skade aan die enkels en knieë veroorsaak.
• Versterking van die spiere wat die gewrig omring, bv. die agterdyspiere
('hamstrings') en die quadriceps-spiergroepe, wat agter- en voorop die
knie geleë is, stabiliseer die kniegewrig. Versterking van hierdie spiere het
'n beskermende effek op die knie, en kan stres op die kniegewrig tydens
oefening verminder. (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 5: POSTUUR/VEILIGE STREKWERK
KOGNITIEWE VLAKKE:
5.1 = 3 punte HOË vlak
5.2 = 4 punte HOË vlak
MOONTLIKE ANTWOORDE:
5.1 Verwys na die foto's. Dui korrekte of verkeerde posture/houdings aan.
• FOTO A is 'n voorbeeld van 'n verkeerde postuur. Die danser se rug is
oormatige agteroor gebuig; die pelvis is nie goed belyn nie wat ernstige
rugprobleme, soos ooreising/verrekking van die lumbale ruggraat; stywe
nek want die kop is nie belyn nie (ken vorentoe).
• Die danser se kernspiere word nie gebruik nie, wat sal verhinder dat die
danser die liggaam en ledemate tydens bewegings balanseer en beheer.
• Enige ander geskikte antwoorde.
• FOTO B is 'n voorbeeld van goeie danspostuur en is die korrekte manier
waarop die liggaam tydens optrede/dans gehou moet word.
• Die kop is omhoog, die nek is lank met kernstabiliteit en die gewrigte is
belyn.
• Danser B verstaan hoe die verskillende liggaamsdele in verhouding tot
mekaar werk en dit sal verseker dat die danser kan balanseer en beheer
oor alle bewegings het. Dit sal ook gemaklike bewegings tydens alle
aktiwiteite verseker. (3)
5.2 Verwys na die prentjies: Terreine wat by die antwoord vir eie mening en
voorstelle oor veilige strekwerk ingesluit kan word.
• Dansers moet daarvan bewus wees dat daar verskillende tipes strekwerk
is wat gebruik kan word om soepel te word.
• Albei prentjies toon gevaarlike strekmetodes wat vermy moet word om
te verhinder dat jou spiere en ligamente beseer word.
• Strekwerk moet nie pynlik wees nie – dit kan moeilik wees, maar moet nie
pynlik wees nie.
• Moet nooit jou liggaam in 'n strek inforseer of toelaat dat iemand anders
jou in 'n strekbeweging inforseer nie; dis gevaarlik en sal beserings
veroorsaak.
• Asemhaling is belangrik wanneer jy strek, want dit help om jou liggaam
versigtig/geleidelik in die strek in te laat gaan.
• 'n Danser moet altyd bewus wees van sy/haar liggaam se beperkings en
binne daardie raamwerk werk wanneer strek- en versterkingsoefeninge
gedoen word.
• Enige ander geskikte antwoorde/voorstelle. (4)
[7]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 6: GEMEENSKAPSDANSPROJEK EN LOOPBANE
KOGNITIEWE VLAKKE:
• Kolpunt 1: MEDIUM-vlak
• Kolpunt 2: LAE vlak
• Kolpunt 3: LAE vlak
Baie moontlike antwoorde sal verskaf word. Antwoorde moet verband hou met die
opvoerings/optredes by die dans-en-kunstefees. Kyk na hele antwoord voordat
punte toegeken word.
MOONTLIKE ANTWOORDE:
VIER aspekte oor die doel en die impak/invloed wat dit op die gemeenskap kan
hê, bv.:
• Identifiseer kunstenaars en talent in die gemeenskap – koester dit verder
• Maak kunste toeganklik vir die gemeenskap
• Verskaf blootstelling vir plaaslike en professionele kunstenaars
• Skep werksgeleenthede in die gemeenskap
• Gee jongmense 'n doel om na te streef
• Bring mense uit verskillende gemeenskappe bymekaar
• Inspireer jong kunstenaars
• Deel vaardighede en ontwikkel nuwe/bestaande talent
• Verskaf 'n platform vir die kunste
• Bevorder entrepreneurskap en kommersiële aktiwiteite in die gemeenskap
• Enige ander geskikte antwoord (4)
DRIE geriewe/fasiliteite en bronne wat vir die opvoerings/optredes benodig sal
word, bv.:
• Opvoerruimte binnenshuis/buite amfiteater, bv.:
o Stoele/Sitplek vir die gehoor
o Verhoog met 'n geskikte/geveerde houtvloer
o Geskikte grootte vir die tipes optredes/opvoerings
o Aantrekkamers vir die dansers/kunstenaars
• Klanktoerusting moet insluit:
o Versterkers
o Luidsprekers met genoeg volume
o Mikrofone
• Reklamemateriaal moet insluit:
o Plakkate/Strooibiljette vir reklame
o Program van nommers/optredes/items vir die fees
o Aankondiger vir die fees
o Borge
• Enige ander geskikte antwoorde (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
DRIE werksgeleenthede/-poste in kunsproduksie wat vir die dans-en-kunstefees
geskep sal word en verduideliking van die funksie van elk. Volpunte moet NIE
aan eenwoord-antwoorde toegeken word NIE. Moet NIE punte toeken vir
werksgeleenthede/-poste wat NIE met kunsproduksie verband hou NIE, bv.:
• Organiseerder(s)/Bestuurder/Funksie-organiseerder/Projekbestuurder wat al
die items/nommers en volgorde van die fees sal beplan.
• Reklameagent om die fees te adverteer en die volle deelname en samewerking
van die gemeenskap te verseker.
• Choreograwe/Regisseurs vir die onderskeie dansstukke/kunswerke wat opgevoer
of uitgestal gaan word.
• Onderwysers/Fasiliteerders om te help met die bestuur van die kunswerkswinkels
vir kinders.
• Klanktegnikus wat in beheer sal wees van die musiek gespeel/
mikrofone/aankondigings, ens.
• Dansers/Akteurs/Musikante, ens. wat vir die gemeenskap sal optree.
• Enige ander geskikte kunsproduksiewerksgeleenthede/-poste. (3)
[10]
NASIENRUBRIEK
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
• Toon uitstekende kennis van die doel van die fees en die potensiaal van die kunste
om 'n impak/invloed op die gemeenskap te hê.
• Toon 'n uitstekende begrip van die geriewe/fasiliteite en bronne benodig vir die
Uitstaande 9–10
optredes/opvoerings.
• Koppel die program met geskikte werksgeleenthede/-poste in kunsproduksie en
verduidelik die werksgeleenthede/-poste.
• Toon kennis van die doel van die fees en die potensiaal van die kunste om 'n
impak/invloed op die gemeenskap te hê.
Voldoende 6–8 • Toon begrip van die geriewe/fasiliteite en bronne benodig vir die optredes/opvoerings.
• Koppel die program met werksgeleenthede/-poste in kunsproduksie met vae
verduidelikings.
• Toon beperkte kennis van die doel en die potensiaal van die kunste om 'n
impak/invloed op die gemeenskap te hê.
Gemiddeld 3–5 • Toon 'n beperkte/minimale begrip van die behoeftes en bronne benodig vir die
optredes of opvoerings.
• Kan slegs werksgeleenthede/-poste noem, geen verduidelikings nie.
• Toon geen/minimale/vae begrip van die vraag.
Nie
0–2 • Verskaf inligting wat nie in die vraag gevra is nie.
Behaal Nie
• Skryf baie min of niks.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 7: FUNKSIES VAN DANS IN DIE SAMELEWING EN DANSVORME
KOGNITIEWE VLAKKE:
7.1 = 6 punte LAE vlak
7.2 = 8 punte HOË vlak – vergelyking
7.1 Sien slegs die EERSTE DRIE na indien meer kategorieë verskaf is. 'n Insiggewende
beskrywing word vir elke antwoord vereis.
7.2 Evalueer die hele antwoord voordat punte toegeken word. HOË vlak want die
kandidaat word gevra om in volsinne VIER ooreenkomste en VIER verskille tussen
Afrika-dansbeginsels en ENIGE ANDER dansvorm wat bestudeer is, te vergelyk en
te verduidelik. Moet NIE punte toeken indien die kandidaat ander terreine, soos
kostuums en rekwisiete, vir vergelyking ingesluit het NIE.
7.1 7.1.1 Onderwys:
• Dans kan gebruik word om die tradisies/geskiedenis van 'n
gemeenskap oor te dra.
• Dit kan gebruik word om gemeenskappe oor sosiale/ maatskaplike
kwessies op te voed.
• Dit kan mense vir loopbane/beroepe voorberei.
• Dit kan lewensvaardighede, soos dissipline en spanwerk, leer.
• Enige ander relevant antwoord. (2)
7.1. 2 Sosiale/Persoonlike transformasie:
• Dans word gebruik in baie seremonies, bv. mondigwording – kind
verander in volwassene. Troues – enkellopend verander in
getroude, ens.
• Dans word in genesingsrituele gebruik – verander van siek in
gesond.
• Baie dansers ervaar 'n gevoel van persoonlike transformasie deur
dans, bv. doelgerigtheid, verbeterde lewensvaardighede,
verhoogde bewustheid van ander mense.
• Dans word gebruik om sosiale vaardighede te bou deur spanwerk-
en vertrouensoefeninge
• Enige ander relevante antwoorde. (2)
7.1.3 Kommunikasie:
• Om idees en gedagtes oor te dra./Om in te lig sonder om woorde
te gebruik – dans is 'n universele taal.
• Om emosies op 'n nieverbale wyse te toon/uit te druk.
• Enige ander relevante antwoord. (2)
7.1.4 Godsdiens:
• Dans word in baie geestelike seremonies gebruik om die
betekenis/boodskap te versterk.
• Dans wat in godsdienstige gebruike/gewoontes of charismatiese
kerkdienstegebruik word, kan aan transformasie gekoppel word.
• Enige ander relevante antwoord. (2)
7.1.5 Protes/Verset:
• Dans word gebruik om 'n politieke stelling te maak sonder om
woorde te gebruik.
• Dans word gebruik om te betoog – toi-toi.
• Enige ander relevante antwoorde. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
7.2 Baie moontlike dansvorms kan deur die kandidate verskaf word. Afrika-
dans moet as een van die dansvorms ingesluit word.
SLEGS bewegingsbeginsels moet by die antwoord ingesluit word.
Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.
KONTEMPORÊRE VS. AFRIKA-DANS
Verskille kan wees:
• Afrika-dansbewegings is tradisioneel en verander dikwels nie.
Kontemporêre dansbewegings word dikwels deur improvisasie geskep
en verskil van een choreograaf tot 'n volgende.
• Afrika-dans en musiek staan nie los van mekaar nie. Die dansers
inkorporeer sang/liggaamsperkussie/ululasie ens. by hulle bewegings.
Kontemporêre dans kies gewoonlik vooraf opgeneemde musiek wat die
bedoeling/storie van die danswerk sal versterk en choreografeer
bewegings om by die musiek te pas en kan ook sonder musiek werk.
• Afrika-dans boots bewegings na wat in die sigbare wêreld (natuur) gevind
word.
Kontemporêre dans pas natuurlike bewegings deur abstraksie aan.
• Kontemporêre dans behels dikwels hysings/teenwig tussen dansers.
In Afrika-dans word dansmaats nie opgelig/gehys nie, maar word eerder
op lyn-/sirkelformasies gefokus.
• Afrika-dans is ritmies.
Kontemporêre dans is meer visueel.
(4)
• Enige ander geskikte antwoorde.
Ooreenkomste kan wees:
• Albei dansvorms komplementeer swaartekrag in hulle bewegings/
gee toe/dans na die grond toe.
• Albei dansvorms word meesal kaalvoet gedans.
• Albei dansvorms gebruik alledaagse bewegings/gebare.
• Albei dansvorms gebruik groot spronge en springbewegings wat
swaartekrag uitdaag.
• Enige ander geskikte antwoorde. (4)
[14]
NASIENRUBRIEK 7.2
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
Vergelyk en verduidelik, in goed geskrewe volsinne VIER verskille en VIER
ooreenkomste tussen die bewegingsbeginsels van Afrika-dans en die bewegingsbeginsels
Uitstaande 7–8
van een ander dansvorm. Toon diepgaande begrip van die bewegingsbeginsels van albei
dansvorms.
Vergelyk en verduidelik, in volsinne, VIER verskille en VIER ooreenkomste tussen die
Voldoende 5–6 bewegingsbeginsels van Afrika-dans en die bewegingsbeginsels van een ander dansvorm.
Vergelyking van VIER verskille en VIER ooreenkomste tussen die bewegingsbeginsels
van Afrika-dans en die bewegingsbeginsels van een ander dansvorm is basies/baie beperk.
Gemiddeld 3–4
Nie Kan nie vergelyk nie/Minimaal/Geen kennis van die bewegingsbeginsels van Afrika-dans en
0–2
Behaal Nie die bewegingsbeginsels van een ander dansvorm nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 8: MUSIEK VAN 'N VOORGESKREWE WERK
KOGNITIEWE VLAKKE:
8.2 = 1 punt LAE vlak
8.3 = 1 punt LAE vlak
8.4 = 4 punte MEDIUM-vlak
MOONTLIKE ANTWOORDE:
8.1 Ghost Dances Christopher Bruce
8.2 Inti-Illimani (1)
8.3 Tradisionele Chileense volksmusiek (1)
8.4 Kandidate moet ontleed hoe die musiek die werk versterk.
Eenwoord-antwoorde is nie aanvaarbaar nie.
Antwoorde kan die volgende insluit:
• Die klank van wind aan die begin berei jou op 'n onheilspellende/
spookagtige atmosfeer voor. Dit is simbolies daarvan om in 'n grot
te wees, en dit maak die omgewing meer werklik, ens.
• Die gebruik van volksmusiek met tradisionele Suid-Amerikaanse
instrumente versterk die volkstyl-bewegings en help om die storie te vertel.
• Die liedjies is hartseer en onvergeetlik en vertel van die mense se lyding.
Dit word deur hulle bewegings uitgebeeld, bv. die vrou in die rooi rok.
• Party van die liedjies en musiek is vrolik en vinnig en skep die atmosfeer
van hoe die lewe voor die oorlog was, bv. Deel 2 met die 3 mans en die
3 vroue.
• Op die sterwensoomblik is daar stilte wat tot die atmosfeer en hartseer
van die oomblik bydra.
• Enige ander geskikte antwoord. (4)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
LET WEL: Die kandidaat het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10.
Sien slegs die EERSTE antwoord na indien beide vrae beantwoord is
VRAAG 9 : CHOREOGRAAF EN DANSWERK
KOGNITIEWE VLAKKE:
2 punte = LAE vlak – inleiding/slot
20 punte = MEDIUM vlak – invloede/medewerking/assosiasies/bewegingswoordeskat/
choreografiese style/bydrae tot dans
8 punte = HOË vlak – simbolisme, interpretasie/opinie
Gebruik professionele oordeel en diepgaande kennis van die choreograaf en die
danswerk wanneer nagesien word. Kolpunte word gebruik om nasien te
vergemaklik.
NASIENRUBRIEK:
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
Uitstekende/Boeiende inleiding, opsomming en gevolgtrekking/slot vir onderhoud.
Diepgaande begrip van hoe om 'n goeie vraag te stel om 'n goeie antwoord te ontlok.
Sluit feitelike voorbeelde by antwoord in.
Toon uitstekende begrip van die onderhoudformaat.
Uitstaande 24–30 Het 'n breë en gedetailleerde kennis van beide die choreograaf en die danswerk.
Kan die simbolisme gebruik, opinie gee/ interpreteer en verskaf duidelike, gedetailleerde
voorbeelde.
Sluit alle afdelings gevra, in – invloede en medewerkings(samewerkings)/bewegings en
choreografiese styl/bydraes/simbolisme, met aandag aan besonderhede.
Duidelike, goed geskrewe inleiding, opsomming en gevolgtrekking/slot vir onderhoud.
Verstaan hoe om 'n goeie vraag te stel om 'n goeie antwoord te ontlok.
Sluit gedetailleerde, feitelike voorbeelde by antwoord in.
Skryf asof dit 'n onderhoud is.
Verdienstelik 21–23
Het 'n gedetailleerde kennis van beide die choreograaf en die danswerk.
Kan die simbolisme gebruik, ontleed en verskaf voorbeelde.
Sluit alle afdelings gevra, in – invloede en medewerkings(samewerkings)/bewegings en
choreografiese styl/bydraes/simbolisme.
Basiese inleiding, opsomming en gevolgtrekking/slot vir onderhoud.
Basiese begrip van hoe om 'n goeie vraag te stel om 'n goeie antwoord te ontlok.
Sluit voorbeelde by antwoord in.
Skryf asof dit 'n onderhoud is.
Wesenlik 18–20
Het kennis van beide die choreograaf en die danswerk.
Kan die simbolisme gebruik, ontleed en verskaf voorbeelde.
Sluit alle afdelings gevra, in – invloede en medewerkings(samewerkings)/bewegings en
choreografiese styl/bydraes/simbolisme, maar het basiese/beperkte kennis van sommige afdelings.
Beperkte inleiding. Sluit óf opsomming óf gevolgtrekking/slot vir onderhoud in.
Beperkte begrip van hoe om 'n goeie vraag te stel om 'n goeie antwoord te ontlok.
Sluit basiese voorbeelde by antwoord in.
Skryf op beperkte manier vir 'n onderhoud.
Voldoende 15–17
Het basiese kennis van beide die choreograaf en die danswerk.
Kan produksie-elemente, musiek en bewegingswoordeskat beskryf.
Sluit alle afdelings gevra, in – invloede en medewerkings(samewerkings)/bewegings en
choreografiese styl/bydraes/simbolisme, maar het beperkte kennis van sommige afdelings.
Beperkte/Geen inleiding, opsomming óf gevolgtrekking/slot vir onderhoud nie.
Stel vrae direk uit wat in die vraestel staan.
Baie min voorbeelde by antwoord ingesluit.
Gemiddeld 12–14 Skryf swak of glad nie vir 'n onderhoud nie.
Het beperkte kennis van die choreograaf en die danswerk.
Kan sommige terreine beskryf – invloede en medewerkings(samewerkings)/bewegings en
choreografiese styl/bydraes.
Geen inleiding, opsomming óf gevolgtrekking/slot vir onderhoud nie.
Sukkel om 'n vraag te stel.
Minimale voorbeelde by antwoord ingesluit.
Elementêr 10–11 Skryf swak – nie onderhoud nie.
Het baie min kennis van die choreograaf en die danswerk.
Kan minimale beskrywing van sommige terreine gee – invloede en medewerkings(samewerkings)/
bewegings en choreografiese styl/bydraes.
Geen inleiding, opsomming óf gevolgtrekking/slot vir onderhoud nie.
Sukkel om 'n vraag te stel.
Min/Verkeerde inligting by antwoord ingesluit.
Nie Behaal Nie 0–9 Skryf swak – nie onderhoud nie.
Het baie min/geen kennis van óf die choreograaf óf die danswerk nie.
Het baie min/geen kennis van die meeste terreine nie – invloede en medewerkings(samewerkings)/
bewegings en choreografiese styl/bydraes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE DANSWERK EN CHOREOGRAAF
KOGNITIEWE VLAKKE:
2 punte = MEDIUM-vlak – inleiding/gevolgtrekking(slot)/aanbieding
20 punte = MEDIUM-vlak – invloede/medewerings(samewerkings)/assosiasies/
bewegingswoordeskat/choreografiese style/bydrae tot dans
8 punte = HOË vlak – simbolisme, opinie/interpretasie
Gebruik professionele oordeel en diepgaande kennis van die choreograaf en die
danswerk wanneer nagesien word. Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.
Kandidate moet 'n aanbieding vir dansleerders oor die choreograaf, Alfred
Hinkel, en die danswerk, Bolero/Last Dance, voorberei.
Kolpunte, breinkaarte of opstelle kan in die aanbieding gebruik word en behoort
die volgende in te sluit.
'n Inleiding en slot/gevolgtrekking.
Invloede, assosiasies/samewerking, (medewerking)
Moontlike areas wat ingesluit kan word:
• Hinkel het in die Namakwaland grootgeword. Sy gesin was konserwatief.
• Hy het op die ouderdom van tien begin dans, alhoewel sy vader daarteen gekant
was.
• Hy het vir 'n kort rukkie in die vroeë 1970's sy opleiding by die UCT School of
Dance voortgesit, en toe na sy tuiste in Namakwaland teruggekeer.
• Sy daaglikse ondervinding om in die 'gekleurde' gemeenskappe klas te gee (sonder
behoorlike geriewe/fasiliteite) het die fondasie vir 'n waarlik oorspronklike en
vindingryke benadering tot dansonderrig en choreografie gelê.
• Hinkel het John Linden en Dawn Langdown in Okiep, Namakwaland, ontmoet, twee
mense met wie hy voortdurend in die jare daarna sou saamwerk.
• Saam het hulle die Namakwaland Dansgeselskap gestig.
• Hy het in 1981 as 'n danser by Jazzart Dance Theatre aangesluit en uiteindelik as
die direkteur/regisseur oorgeneem.
• Deur die onstuimige tye van die noodtoestand het hy toenemend verpolitiseer wat
ook in sy werk weerspieël is.
• Blootstelling aan werk deur improvisasie gedurende die Abamanyani-proses, het
die manier beïnvloed waarop hy begin werk het en hy het 'n unieke manier van
opleiding/onderrig en choreografering ontwikkel waarop hy uit die dansers se
wesens/kerne/innerlike put.
• Enige ander feitlike antwoorde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Bewegingswoordeskat en choreografiese styl gebruik en hoe dit innoverend was
• Bolero was 'n nuwigheid op sy dag. Hinkel se werk het elemente getoon wat nog
selde (of nooit) op 'n verhoog gesien is nie, soos:
o Afrika-dans is as uitvoerende kuns opgevoer.
o Afrika-dans is voorheen as 'n eienaardige/rare toeriste-attraksie beskou.
o Die opvoer van die vroeëre weergawes van Bolero was noodsaaklik om
'n erkende plek vir Afrika kontemporêre dans in die wêreld van die Suid-
Afrikaanse uitvoerende kunste te vestig.
o Afrika-dans is op klassieke musiek getoonset.
o Rubberstewels ('Gumboots') is deur vrouens, in besonder wit vrouens, gedra.
'n Mens moet besef dat rubbersteweldans ('gumboot dancing') by 'werkersklas
mense, meesal myners en dokwerkers' ontstaan het en dit was nie praktyk dat
vroue dit opvoer nie, veral nie wit vroue nie.
• Toe die vroulike rolbesetting van Bolero dus op die verhoog marsjeer, het hulle
'n kulturele en maatskaplike drumpel oorgesteek.
• Rubberstewels is op avant-garde wyse gebruik.
• Tradisioneel word dit met 'n krom rug opgevoer/gedans; Hinkel het getoon hoe
'n gevestigde tegniek vir kreatiewe doeleindes gemanipuleer kan word toe sy
dansers hulle eie regop weergawe van rubbersteweldans ('gumboot dancing')
opgevoer het.
• Die kontakwerk wat in Bolero getoon word, is baie innoverend vir daardie tyd.
• Die tradisionele rolle van mans en vroue is verontagsaam.
• In Bolero word mans deur mans opgelig, word vroue deur vroue gehys/opgelig,
word mans deur vroue opgelig ens.
• Die tradisionele rolle van die man en die vrou is onderstebo gedraai toe Hinkel se
stuk ondermynend voorgestel het dat vroue daarop geregtig was, en in staat was,
om aksie te inisieer en leierskap te aanvaar en dat mans swak en weerbaar kon
voel.
• Bolero het sterk politieke stellings gemaak.
• Met elke weergawe is die choreografie deur die deelnemers beïnvloed; elkeen het
sy eie uniekheid na die vertolking gebring aangesien Hinkel nog altyd improvisasie
gebruik het wanneer hy danswerke skep.
• Hy het ook verskillende dansvorms saamgesmelt, soos kontemporêre en Afrika-
dans en Indiese en kontemporêre dans.
• Enige ander geskikte antwoorde.
(Let wel dat daar oorvleueling tussen bewegingswoordeskat en simbolisme kan
wees.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 17 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Simbolisme/opinie/interpretasie
• Bolero is al op verskeie uiteenlopende maniere opgevoer om aan talle doeleindes
te voldoen In die vroeëre weergawes van Bolero was Hinkel se bedoeling om deur
dans simboliese stellings te maak oor kwessies waaroor nie gepraat mag word nie
(dit het amper een van Jazzart se beleide geword) oor politiek, misbruik,
seksualiteit, ens.
• Elke opvoering van die werk simboliseer 'n verskuiwing in die
houding/ingesteldheid van die mense en die land vanaf die apartheidsjare tot na
apartheid. Aanvanklik het dit kommentaar gelewer op politiek, toe is dit vir
feesviering gebruik (dit is by Nelson Mandela se inhuldiging opgevoer) en ook as
aansporing vir medewerking tussen klassieke en kontemporêre dansgeselskappe
as die gewer van hoop.
• Bolero is 'n werk wat 'n redelik politiese spoor volg en voortdurend transformeer
deur die herbewerkingsproses wat elke keer wat dit opgevoer word, 'n nuwe
betekenis skep.
• Die oorspronklike weergawe simboliseer die 'oorwinning oor vooroordeel' en fokus
hoofsaaklik op die Ontugwet – stellig die mees kontroversiële van die wette van die
Suid-Afrikaanse apartheidsregering wat probeer het om paartjies van verskillende
rasse te verbied om te meng.
• Die kostuums is gebruik om stellings te maak, soos kostuums wat nie
geslagspesifiek is nie, word gedra om geslagsdiskriminasie te simboliseer, leer en
sjiffon saam simboliseer die krag en sagtheid van vroue, ens.
• Enige ander geskikte antwoorde, opinies of interpretasies.
Bydrae tot dans in Suid Afrika
• Hinkel werk oorwegend met onopgeleide dansers en ontwikkel hulle talent deur
opleidingsmetodes wat ontwikkel is deur in minderbevoorregte gebiede te werk.
• Hy het in 30 jaar sy eie opleidingstyl en metode ontwikkel wat hy gebruik het om sy
dansers op te lei. Hierdie styl is nou deur baie dansers se choreograwe aangeneem
en op hulle eie manier ontwikkel.
• Hinkel kombineer ook 'n mengsel van style – kontemporêre, Afrika, Indiese en ook
klassieke elemente van dans wat ook maniere om in hierdie land te choreografeer,
beïnvloed het.
• Gebruik dans om sosiale kommentaar te lewer, veral dit wat met seksisme,
rassisme en ander vorms van diskriminasie en misbruik van mag te make het.
• Hy ontwikkel en populariseer improvisasie as 'n middel om nuwe materiaal vir
choreografie te skep.
• Hy is uitgesproke oor onregverdighede.
• Hy was 'n mentor vir baie beginner-dansgeselskappe.
• Hy het skole met kunstenaars ondersteun en demonstrasieklasse aangebied.
• Hy het baie dansers opgelei, wat die nuwe geslag meesteronderwysers en
-choreograwe geword het, met 'n opleidingsprogram wat deur Jazzart aangebied is. [30]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper